Profesie 10

Neem Terug Wat Satan Gesteel Het!

Gegee aan Pastoor Elisheva Eliyahu 4 Desember 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

*******

Profesie Begin

O Magtige Krygers, eendag sal julle hoor, "Goeie en getroue kind, kom nou in en rus nog 'n klein rukkie langer en julle Bruidegom kom." Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Hou styf vas en moenie laat los nie. Al raak julle uitgeput en moeg, dit is terwille van MY dat julle swaarkry. Want hierdie is nie julle werk, julle bediening nie, maar MYNE. Dit is terwille van YAHUSHUA (Jesus) dat julle swoeg en julle arbei nie tevergeefs nie. Want, Kosbare Geliefdes, hoor die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) wat vir julle sê.

Daar is nie een luuksheid wat julle verbeur het wat julle nie sal terugkry nie, ingedruk, saamgeskud en oorlopends toe. Sal EK dit nie in julle boesem gee en maak dat mense gee en dit ondersteun wat van MY af is en nie van julle nie? Want julle rykdom is nie van hierdie wêreld nie, maar vir die wêreld wat kom, so spreek YAHUVEH.

Julle rykdom, MY Geliefdes, word vir julle opgegaar in die Hemel julle rykdom is die siele wat julle na MY toe gebring het, julle rykdom is die gawes wat EK vrylik vir julle gegee het, julle rykdom is die magtige gebedsvegters wat julle beskerm en ondersteun met hulle gebede, julle rykdom is om MY stem duideliker te hoor, julle rykdom is om te weet dat julle omring word deur 'n wolk van getuies en hulle kyk na alles wat julle doen en sê, dit is vir MY heerlikheid en MY onthalwe wat julle gebrek ly.

Julle het baie vervolging geken, maar weet dit, die vyande wat teen julle opstaan het EK nie gestuur nie. EK het nie deur hulle gepraat nie, moenie mislei word nie, as hulle jou nie oplig nie, is hulle besig om jou af te druk. As diegene wat sê ek is jou vriend jou tog nie ondersteun in geringe kwessies nie, sal hulle ook nie in belangrike kwessies lojaal wees nie, pasop nie almal wat sê Here is MY kind of dienskneg nie. Nie almal wat sê vriend is jou vriend nie.

Daarom sê EK vir julle, julle is omring deur diegene wat sê, “Maar ek is jou vriend” en tog weet hulle nie wat die woord vriendskap en lojaliteit is nie. Hulle is Judasse wat gestuur is om julle te verraai, maar EK waarsku julle nou deur julle suster, hierdie Profeet, sodat julle waaksaam kan wees. Hulle het hul eie doelwitte; hul eie agendas om hulself te bevorder. Pasop want julle sal nou duidelik sien wat julle nie voorheen duidelik gesien het nie. Julle is nou 'n nuwe gawe gegee op hierdie dag en spreek EK dit nou voort deur hierdie suster van julle, MY werktuig gevul met MY RUACH ha KODESH.

Wat sy spreek sal gebeur terwyl julle hierdie brief lees goddelik bestuur in julle hande in. MY geliefdes EK gee julle 'n nuwe salwing sodat julle in die dieptes van mense se siele kan sien. Julle sal 'n groter gawe van onderskeiding ken as vantevore. Maar julle sal nie hou van dit wat julle sien nie, want daar kom diegene wat jy gedink het jy kon vertrou en jy sal vind dat jy hulle glad nie kan vertrou nie. Hulle is Judasse in vermommings. Pasop want hulle sal so ver gaan as om toe te sien dat bose dinge met julle gebeur. Maar EK sê vir julle, wanneer julle dit sien, bestraf hulle in MY Naam en jy sal die vyand sien vlug in sewe verskillende rigtings. Hulle sal hardloop vir skuiling want EK gee ook op hierdie dag vir julle 'n groter gawe van dapperheid.

Want EK is nie net 'n Almagtige GOD van liefde nie maar ook van oorlog en EK het oorlog verklaar teen MY vyande. EK gaan julle gebruik om die [mense] te bestraf wat opstaan teen MY en alles wat Heilig is. Hierdie woorde is nie en sal nie julle eie woorde wees nie, want julle sal weet wanneer om te praat, en wanneer om nie te praat nie. Julle sal aanhou om MY Kinders te versamel, terug te neem wat die vyand gesteel het en hulle aan MY voorlê.

Julle is 'n lewende offer vir MY. Die werk wat julle doen word nie in jul krag en mag gedoen nie, maar onder MY krag en mag. Al word julle baie keer moeg, onthou om jou op MY krag, MY dapperheid, te beroep. Onthou om jou op MY waagmoed, MY gawes, te beroep want julle sal bose magte teëkom. Diegene wat boosheid beoefen en tot ander gode bid en nogtans sal julle hul vloeke oorwin deur MY Bloed wat vir julle gestort was op Golgota met die woord van julle getuienis en met die woord van MY Getuienis.

Wanneer krag aan julle gegee word, die krag van MY Naam, Woord en Bloed gebruik dit om die vyand te oorwin. Bestraf die vyand in MY Naam. Moet hulle nie ignoreer nie. Want om hul te ignoreer dien net tot hulle versterking. Ontbloot die vyand en al die skelmstreke van die vyand en julle sal floreer op maniere waarvan julle nie weet nie.

MY Geliefdes, o, hoe verlang EK om julle in MY arms toe te vou en EK sal eendag. Want wanneer julle die eensaamheid aanvoel is wanneer EK die naaste is. EK staan by julle terwyl julle vir MY staan. Die poorte van die hel sal nie seëvier teen MY Kerk nie. Julle is MY Kerk. Wanneer julle verlate en vergete voel al kan julle MY nie sien nie, sal julle weet dat EK daar is. EK sal julle nooit verlaat of begewe nie en EK het julle lief met 'n liefde waarmee geen mens kan begin om te vergelyk nie. EK ken MY Kinders, MY Krygers en MY Bruid. Julle is alles hiervan en soveel meer, EK profeteer nou tot julle deur MY Diensmaagd wat nie weet wat sy volgende gaan sê nie.

EK neem julle na 'n hoër vlak as wat julle voorheen was. Maak gereed, want wanneer die vyand julle omring, weet dit, dit is omdat die vyand weet julle is nie van hierdie wêreld nie, maar slegs in hierdie wêreld en julle is in hierdie wêreld om MY te dien, besig om MY wil te doen, terwyl EK die gawes van MY RUACH ha KODESH vrylik oor julle uitstort. Wat voorheen moeilik was sal maklik word. Wat voorheen maklik was, sal julle dink het moeilik geword.

Maar dit is omdat EK julle hoër opskuif as wat julle voorheen was. Julle sal soos Petrus wees en EK sal sê, "Gooi julle net dieper in die see in," en julle sal sê, "Maar Vader, ek het dit nog nooit vantevore gedoen nie, of was nie voorheen daar nie." En EK sal sê, "Maar Geliefde, die vis is oorvloedig aan die ander kant. Gooi julle net aan die ander kant. Gaan in die gebiede in waar julle nog nie gewaag het nie. Moenie vrees nie, want EK is die Meester-Visserman. Ek weet watter aas om te gebruik wanneer EK julle in die see ingooi. Julle sal nie met leë hande terugkom nie vertrou MY net EK sal julle lei en aanvoer om selfs groter vissers van mense te wees.

Wat sy in MY Naam gespreek het, sal gebeur. EK begin nie met iets goeds en maak dit nie klaar nie. Die bediening waaraan julle vandag toevertrou word sal met rasse skrede groei. Die ganse hel sal sidder want hulle sal julle al dieper in hul gebiede sien ingaan en gevangenes terugneem terwyl julle hul vrymaak in MY Naam.

Lees hierdie profesie hardop, want die krag is nie net in die geskrewe woord nie maar die gesproke woord. Lees hierdie vir ander sodat hulle in akkoord kan staan. Moenie verbaas wees oor die afguns en begerigheid wat rondom julle sal verrys nie, want EK gaan nou die skille van julle oë laat afval en dit wat julle geweier het om te erken sal julle nou duidelik sien, dit wat julle nie wou hoor nie, sal julle nou duidelik hoor.

MY Geliefdes, weet dit; alles wat gebeur word georkestreer deur die hande van die Meester. Alhoewel dit boos voorkom, sal EK dit ten goede omswaai. Selfs satan se planne sal EK omswaai en julle op so 'n magtige manier verlos. Mense sal moet erken dat die GOD wat julle dien, YAHUSHUA ha MASHIACH, steeds regeer en heers en leef en dat daar niemand soos EK is nie.

Wanneer julle bid, sal blinde oë oopgaan, dowes sal hoor, die dooies sal weer lewe. Siele sal gered word, vyande sal val, net so seker as wat Dawid vir Goliat verslaan het. Die vyande sal val deur MY hand alleenlik. Maar EK sal die woorde van bestraffing uitspreek wanneer hulle teen julle kom met hulle vloeke. Julle sal sê, "Die GOD wat EK dien, YAHUSHUA ha MASHIACH, is groter as enige boosheid wat julle aan my kan doen, en HY sê dat geen haar van my hoof sal val as ek nie vrees nie en ek vrees geen mens of duiwel nie, want ek het die sleutels tot die Hemel, YAHUSHUA is daardie Heilige Sleutel."

Profeteer hierdie tot hulle, so spreek YAHUVEH van die Leërskare, “Dit sal die vyande wees, wat opstaan teen my en my lewe en die vernietiging van hierdie bediening verlang wat sal omkom. Deur die hand van die Lewende GOD wat sê, moenie mislei word nie EK word nie maklik bespot nie. Hulle sal maai wat hulle gesaai het maar MY dienskneg sal nie omkom nie maar lewe om MY werke te verkondig.” So spreek YAHUVEH van die Leërskare want dit is 'n vreeslike ding vir MY vyande om te val in die hande van 'n Lewende GOD. Maar daar is skuiling en liefde daar vir julle MY geliefdes.

Doen soos wat EK julle op hierdie dag beveel het om te doen, soos EK aan MY Dogter die woorde gegee het vir julle om te sê MY Geliefdes en gaan voorwaarts en geniet oorwinning in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Alpha & Omega AlmightyWind Holy Ghost Fire Ministries.

Gegee aan ‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA
Profeet Elisheva Eliyahu 4/12/97