Profesie 102

YAHUSHUA Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 17 Oktober 2008 Gedurende Sukkot

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Hierdie was oorgeskryf vanaf oudioband:

Elisheva: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is aan die gang in ons lewens op die oomblik. Haat kom na my toe uit soveel verskillende rigtings dit voel soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat maar wat die seerste maak is diegene wat beweer hulle is lief vir JESUS (YAHUSHUA) en tog stuur hulle hul wapens van haat. En haat is 'n gees hetsy mense dit weet of nie en wanneer jy haat stuur jy 'n bose gees uit veral wanneer dit teenoor iemand is wat lief is vir YAHUSHUA.

So in elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek oor en oor en oor gesien het. Ons het gebid oor iets persoonliks in ons lewens hier in die Bruid-Toevlugsoord want die aanvalle was hewig veral sedert ons daardie $6,500 spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid te spreek vir diegene wat rense.com sou lees. Ons kry die briewe dat die teruggevallenes teruggekeer het en die nuwe bekeerlinge hul lewe gegee het vir YAHUSHUA ons MASHIACH maar ons kry haatlike, haatlike, haatlike briewe. En wee julle wat hierdie haatlike briewe stuur. Die aardigste deel is ons hoor selfs van aliens maar ons sal nie nou daarop ingaan nie want hulle is regtig nie snaaks nie en ons weet hulle is werklik. Dit is net dat selfs húlle dink hierdie Bediening is 'n bedreiging.

So hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah gebid het. Ons was biddend en hierdie is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit 'n visioen so gehad nie want ek kon hierdie vashou. Ek kon dit vashou om duidelik te sien wat daar was en dan het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah gepraat en dan maak ek weer my oë toe en dit is weer terug. Dit het 3 keer gebeur en ek wil hierdie altyd onthou. Hierdie is 'n tyd van Sukkot. Dit sal die derde aand wees vanaand en so sal hierdie 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien het was 'n reghoekige venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel was. Dit het 5 dik tralies gehad wat ondertoe kom. Ek het gekyk en ek het die tralies getel. Hulle was swart, dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster uitgekyk het kon ek vaagweg 'n boom uitmaak. Toe sê ek, "Wat is dit wat ek sien? O, dit is 'n boom." Skielik het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik sien. Daar was 5 baie lang, sterk, gesonde, ons kan dit Immergroen Bome noem maar ek hoor aanmekaar die woord "spar" boom, wat in 'n ry staan, pragtige bome. Dan maak ek my oë oop en ek sou vir Kathrynyah se, "Wow, kyk wat het ek nou net gesien". Ek is nie een wat so maklik visioene kry nie, gewoonlik sal hulle net so vinnig kom en gaan maar hierdie was 'n langdurige visioen. HY wou hê ek moes hierdie sien. Elke keer wat ek my oë oopgemaak het en dan my oë toemaak en ons selfs op 'n ander onderwerp was en wow, sien ek weer die tronktralies. Dan sien ek hulle is weg en ek sien weer die 5 bome.

Ek het hierdie bepeins agterna. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek het nie die betekenis hiervan nie dit pla my en ek sal geen vrede hê voor ek die betekenis van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit skielik so maklik en 'n Woord begin voortkom. So nou gaan ek glo in geloof dat ABBA YAHUVEH vir my hierdie sal teruggee, die betekenis van die visioen en die Woord wat HY het.

Ek het reeds gevra en ek het reeds die Bloed oor my lippe gepleit van YAHUSHUA ons MASHIACH. Ek het reeds 'n slot en ‘n grendel op hulle gesit. Ek het HOM reeds herinner HY is die SKEPPER van hierdie lippe en HY is die enigste EEN wat hierdie lippe kan weerhou om enige woord voort te spreek wat nie van HOM is nie. Ek moedig enige iemand aan wat glo dat hulle die gawe van 'n profeet het, dat hulle dieselfde ding moet doen want waarlik is vals profete op hierdie oomblik oral en dan is daar diegene wat vals profeteer en tog het hulle YAHUSHUA lief en ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer gebeur nie en hulle was mislei deur 'n bose gees of hulle vlees spreek uit. In ieder geval was hulle mislei en tog het YAHUVEH gesê hierdie is nie "vals profete" nie maar hulle het vals geprofeteer. 'n Vals profeet is iemand wat bewustelik mense mislei vir hul eie motiewe, hulle na 'n ander waarheid sal lei, na 'n ander god toe.

Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry Shriner wat wil hê julle moet jul geloof in 'orgone' stel, wat nou die afskuwelikste leuens teen my en hierdie Bediening spreek, maar nou ja, wat kan jy verwag van 'n aliën? So in elkgeval, nou vra ek vir ABBA YAHUVEH om hierdie Woorde aan my terug te gee.

In die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH. So ABBA YAHUVEH, weer vra ek vir U of U asseblief vir my sal herhaal, as dit U was wat hierdie Woorde gespreek het, herhaal asseblief dan weer vir my, wat was die tronktralies wat ek gesien het? Hoekom was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die spar bome?

* * * * * * *

Elisheva spreek in Heilige Tale:

O ABBA YAHUVEH, asseblief gee dit weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie gereed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Wanneer ek sê ons was nie gereed nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is so broos.

Die Profetiese Woord Begin.....


O MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, met hierdie tyd van feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK spreek met diegene wat MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wat nie skaam is vir die Naam van YAHUSHUA julle MESSIAS nie. Alle ander gaan net voort en bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle op hierdie tydstip nie.

EK wys vir jou [Elisheva] 'n visioen van 'n tronkvenster met 5 tralies. MY kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in die Gelykenis in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te verstrik en op te sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een manier uit. Daar is net een uitsig.

Want reg voor jul oë [Elisheva], verwyder EK daardie tralies want dit is MY belofte aan MY Bruid en julle sal staan soos daardie sparboom geplant by die water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed en EK spreek die seëninge gereserveer vir diegene wat gehoorsaam in Deut 28. En die 5 bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wat MY Ware Bruid verteenwoordig.

EK sal altyd 'n weg voorsien vir julle van ontvlugting, selfs wanneer julle dink die vyand het julle ingehok. Keer-op-keer het EK dit gesê vir [Elisheva], julle wandel in geloof en nie deur aanskouing nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5 verskillende maniere, sal die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na hierdie wêreld toe kom, probeer om julle op te sluit op 5 verskillende maniere.

EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer veilig is vir julle om te bly waar julle is nie, bid dat EK ‘n huis van veiligheid vir julle oprig, 'n veilige toevlugsoord. EK vertel julle vooruit wat die vyand beplan om te doen.

Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd.

Weeg julle woorde versigting af. Geliefde Bruid raak gewoond daaraan om oor jul rug te kyk want selfs diegene wat julle liefhet, as hulle nie gered is nie, sal aanval. Pasop MY Bruid. Bewaar jou tong. So was die dae van ouds. Hartseer om te sê hierdie dae het gekom vir sommige. Vir ander sal dit later kom.

Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om julle elke beweging dop te hou. Hulle verdraai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart in te druk. MY geliefde Bruid, daar is nie meer so iets soos vryheid op hierdie aarde vir julle nie behalwe as dit deur MY is. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH, daar is vryheid in MY. So, verberg julself vir 'n kort rukkie totdat MY grimmigheid en MY raserny en MY toorn oorbeweeg oor diegene wat net geskik is om MY vyande te wees. Want die haatlike woorde en dade gedoen aan julle, want die vervolging wat kom na julle toe, dit is omdat hulle MY sien in julle.

Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand waarheen om hul wapens te slinger. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar goed van gepraat word as boosheid en van boosheid word gepraat as goed, waar seksuele sonde woed en al die moraliteits-grense geheel en al verdof is; selfs in die meerderheid van die kerke weier hulle om te spreek wat moraliteit is! Hulle vrees die regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore boet. Julle het julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellings-status. Hoe bediening vir MY julle kon vergoed geldelik.

Sommige van julle het bekeer want julle het nie geweet wat julle gedoen het nie. Sommige van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellings-status (Elisheva sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nie skyn nie!" Julle behaag MY. Julle is vergewe. Julle het hierdie verkeerdheid reggestel.

Maar vir die ander pastore van die ander kerke wat hierdie omkopery van die regering gevat het om 'n slot en grendel oor julle lippe te sit, (Elisheva sê, o, my hand is lam!") het EK gesê, “Weg van MY! EK het julle nooit geken nie! MY Gees word nie gevind in julle kerke nie!”

Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel, sal jy betaal! Jy is niks meer as die Redenaar (Spreker) nie. Jy staan agter 'n preekstoel maar daar is niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie saal vul en die kerkbanke vul vlak-vir-vlak nie, EK ken nie enige van julle nie! Julle is nie Heilig nie.

Julle kom net om julle ore gevul te kry met net dìt wat julle die begeertes van jul harte gee. Julle wil nie enige iets weet wat te doen het met jul geeste nie behalwe blymoedige gedagtes te dink en bly te wees nie! Julle is onder ‘n dwelm; julle is onder 'n illusie! Julle is onder gedagtebeheer, julle is onder gedagtemanipulasie! Julle vul die offerborde oorlopend, hoop die rykdom op vir iemand wat homself beskou (Elisheva begin probleme ondervind om te praat. Die duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar stembande aan) as 'n keiser.

Joel Osteen, en EK praat met al die pastore wat in sy voetspore volg, EK gaan die goue kalf stroop reg voor jul oë weg van julle af! Julle sal die vloeke dra van Deut 28, soos 'n tweede vel want julle het die mense op ‘n dwaalweg gelei. Die blinde lei die blinde. Julle het hul oë gefokus op die rykdom van hierdie wêreld sodat hulle nie sal kyk na die armoede van hul siel nie!

Dis net ‘n kwessie van tyd!

Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan hierdie vyande sien val. EK waarsku julle MY kosbare Bruid, jul grootste vyande sal gevind word in julle eie huishouding. Diegene wat nie hul lewens en hulle liefde oorgegee het aan MY nie, diegene wat MY nie eerste stel in hul lewens en hul liefde nie, diegene wat weier om die Waarhede te glo in die Heilige Skrifte, diegene wat weier om te erken daar’s net een weg Hemel toe, deur MY Naam en gestorte Bloed, diegene wat weier om te glo daar’s 'n hel om te betaal vir die gevolge van onbekeerde sonde .

Jou ergste vyand sal gevind word in jou eie huishouding want hierdies is diegene wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is nie enige iets nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag en dis net 'n kwessie van tyd, diegene wat julle beskou as julle geliefdes sal julle verraai, sal julle uitlewer aan die geregshowe van die land, sal antwoord op die beloning op jul hoof wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"

Dis net ‘n kwessie van tyd.

Dit is hoekom EK vir julle sê nou, wees voorbereid want Bruid voor EK julle huis toe neem Hemel toe, voor julle weggevoer word saam met MY, gaan EK julle moet leer hoe om te hardloop en weg te kruip, weg te kruip vir die vyande se oë maar dit is alles wel MY geliefdes want dis net 'n kwessie van tyd.

Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle buite slaap in jul Sukkhas, onthou dat daardie net 'n tydelike tabernakel is, net soos hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle veilig hou in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl julle MY eer op die Heilige Feeste terwyl julle die feesdae vermy van hierdie wêreld, terwyl julle aan MY vasklou soos 'n Geliefde wat julle nie die omhelsing wil verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel te meer sal EK julle liefkoos?

(Elisheva sê, "Ow, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")

O, hoe lief het EK julle. Terwyl julle verlang om na MY toe te kom, hoeveel te meer verlang EK om te kom na julle toe! Ek vang elkeen van julle traandruppels. Wanneer julle uitroep tot MY omdat julle vervolg word, die flessies word gestoor hier in die Hemel en EK vang elke een van julle traandruppels! Goue flessies omkors met juwele en elkeen van julle het 'n verskillende een. Elkeen het 'n ander mooiheid. Dit hang af van die lyding wat julle gedoen het vir MY, hoe julle gewillig julle was om vervolg te word, allerhande bose name genoem word, hoeveel julle gely het en gewillig was om dit te doen tot MY Heerlikheid. Dit is hoe mooi julle flessie is. Hoeveel julle opgeoffer het vir MY. Hoe die van julle wat jul weduwee se laaste penning gegee het vir hierdie Bediening, verstaan julle nie? Niks was vermors nie.

Vir diegene wat opgeoffer het en opgestaan het vir moraliteit, julle lê jul lewens neer om ‘n ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te word en in die tronk gegooi te word om te protesteer teen aborsie, dieselfde-geslag huwelike. Op soveel verskillende maniere, afhangend van waar julle is in hierdie wêreld. Sommige was geslaan; sommige was gemartel; sommige was opgesluit. O MY dierbaarstes! Afhangend van die vervolging, afhangend van die lyding wat julle gedoen het, is hierdie die beskrywing van jou pragtige flessie wat jou trane in het wat kom as 'n soete geur vir MY neusholtes en EK liefkoos hierdie flessies liefdevol want EK ken die prys wat julle betaal vir MY! En MY dierbare Bruid, dit gaan nie enigsins makliker word nie! (YAHUSHUA huil deur Elisheva). Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle! Want MY lof is voortdurend in jul mond! Hy sê woedend, "Loof my! Aanbid my!" Maar in plaas daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte Bloed van YAHUSHUA staan teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!

EK het vir julle ons Heilige Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en nooit te skik deur te doen wat julle weet is verkeerd nie! Julle treur en julle huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man beveel om 'n vrou te skei of 'n vrou om 'n man te skei. Moenie hierdie Profeet haat wat praat nie want sy sê niks wat nie in MY Heilige Woord is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie ongelyk gejuk wees nie". Hierdie is die Eindtyd.
(2 Kor 6:14) (Mattheus 10:34 Oor skeidingswaard.)

Dis net 'n kwessie van tyd.....

Alles wat geprofeteer was deur hierdie Bediening, sal gebeur!

Die gevalle engele gaan verrys. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer glo in hierdie Bybel nie! Dit is outyds! Dit is net 'n boek vol feëverhale! Hierdie is die 'Moderne Era’” Homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike ..... hulle sal skree hulle is reg om die ongebore baba dood te maak in die ma se baarmoeder.

Politieke leiers, waar satan hul harte gevul het tot oorlopens toe, sal raas en skree, "Julle wat glo in hierdie YAHUSHUA, julle koppe sal rol!"

Dis net 'n kwessie van tyd.

En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met diegene wat die Gaste sal wees by die Bruilofsfees van die LAM. Julle moet gewillig wees om jul lewe neer te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir die van julle wat sê, "Dit is te erg, te moeilik om te leef, om Heilig te wees, ek sal dit regkry teen die Groot Verdrukking." EK sal vir julle dit sê, as jy dit nie nou kan doen nie en daar’s geen opoffering wat jy moes gemaak het tot dusver nie, jy was nie gesê om jou lewe neer te lê nie, om jou kop onder die guillotien te sit nie, wat laat jou dink jy kan dit dan doen as jy dit nie nou eens kan doen nie? Wat laat jou dink jy sal meer geloof hê dan wanneer uithongering en dood en verwoesting, wanneer afgryse onbegryplik jy reg rondom jou sien? Wanneer die paaie, jy deur die bloed sal moet voortsukkel? Wat laat jou dink jy sal meer geloof hê dan? Nou kos dit jou niks meer as om 'n “Bybel dweper” genoem te word nie.

En EK praat nie met die lande nou wat dit julle soveel meer kos nie, EK spreek vir die meerderheid van hierdie aarde waar hulle gesê het, “O, dis te moeilik vir my om Heilig te lewe! O, die duiwel versoek my so met pornografie! O, ek kan nie die sigarette neerlê op die altaar nie! O, ek kan nie die booze neerlê nie! O, dis te moeilik om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer wat uit my lippe kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie Heilig lewe nie!" Wat laat jou dink dit gaan enigsins makliker wees dan?

Fil. 4:13
“Ek is tot alles instaat deur YAHUSHUA wat my krag gee”

Nou is jul mae vol! Nou is julle tonge nie verdroog van dors nie! (YAHUSHUA huil deur Elisheva.) En nogtans kan julle MY nie nou Loof nie? Wat laat julle dink dit gaan makliker wees dan?!

Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moet jy dit nie waag om te praat van die hel en die gevolge van sonde nie!" Julle spot Bedieninge soos hierdie! Julle sê, "Julle is niks anders as ‘verdoemenis en droefgeestigheid’ nie." EK sal vir julle verdoemenis en droefgeestigheid wys!

En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening & diegene wat [on]heiligheid preek. EK sal vir julle verdoemenis en droefgeestigheid wys. EK sal julle wys wat dors is. EK sal julle wys wat honger is! Diegene wat hul oë gefokus het op die Goue Kalf van hierdie wêreld, EK sal julle wys wat honger is! Julle sal julle tonge knaag van honger! Julle wat so ryk en magtig is, julle vertrap en voetstamp op diegene wat nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal julle wys. EK sal julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal julle wys!

Sien, EK was net daardie geslagte LAM eenmaal. EK het dat die vyand MY gesig slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die vernedering van hierdie aarde gevat! Maar dit was net eenmaal..... EK het op daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het dors gely vir julle! EK het dors gely vir julle ongeregtigheid! EK het honger gely vir julle! EK was gespot en EK was gesmaad! Hierdie (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op hierdie aarde! En hoe min erken dit selfs! Hulle sal 'n heidense vakansiedag neem toegewy aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) direk uit die put van die hel en hulle het vir MY daardie verjaarsdag gegee? Maar op hierdie tyd van Sukkot hoe min vereer MY? Hoe min vereer die prys wat EK betaal het?...

O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was net eenmaal! Dit was net eenmaal wat EK moes sterf! En geen mens het MY lewe geneem nie! Dit was EK en EK alleen, EK YAHUSHUA, wat gesê het dit is volbring! En dit was MY tyd! EK het nie gesterf in die mens se tyd nie! EK het nie opgestaan in die mens se tyd nie! EK het opgestaan in YAHUVEH se tyd!

So, EK sê vir julle dit o vyande van MY, die van julle wat hierdie lasterlike leuens skryf oor hierdie Profeet en Bediening, dis net 'n kwessie van tyd, EK gaan voetstamp op julle! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die vyeboom vervloek het wat nie vrugte geproduseer het nie! Dis net 'n kwessie van tyd! So gaan voort en werp julle towerspreuke. Gaan voort en probeer die Profeet vernietig wat spreek. Julle sien, EK rig haar net op keer-op-keer! En sy kom net terug en spreek weer MY Woorde voort. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit behoort nie aan julle nie! satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan voort en doen afbreuk aan hierdie Bediening! Beskuldig haar van "te Heilig wees", "te regverdig". Gaan voort en spot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien Wette gehoorsaam en Heilig leef want YAH is Heilig. Gaan voort en spot...

EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle "adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK dieselfde vir julle!

Dis net 'n kwessie van tyd!

En die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is nadat julle hierdie Boodskap hoor. Sal julle bekeer? En die van julle wat bid en julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het nooit gesê daar is geen krag in daardie Naam op hierdie tydstip nie. In hierdie Profetiese Boodskappe het EK voortgespreek keer-op-keer, daar is vergifnis, genesing, bevrydingskrag in die Naam van JESUS CHRISTUS.

Maar dis net 'n kwessie van tyd en wanneer die Groot Verdrukking kom en die man van verderf daar staan, Judas weereens teruggekeer het, sal hy alles bespot wat Heilig is. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA vermy want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen! Want wanneer julle bid in die naam van Jesus Christus en hy lig sy hand op en sê, "Hier is ek", wat gaan julle dan doen?

Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal deug". En dan praat EK met diegene wat aandring om te sê "Yeshua", keer-op-keer het EK het gesê: "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK is SY enig Verwekte SEUN. EK het vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie maar laat ons hierdie nou nie tot die uiterste neem nie want enige naam sal nie deug nie.

O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf, hoe durf sommige van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor beter julle op julle aangesigte val voor MY. Julle beter bekeer en julle beter 'n brief skryf vir hierdie Bediening en probeer om die wonde te versag wat julle toegedien het omdat sy durf om oor die hel te waarsku, omdat hierdie Bediening preek oor Heiligheid, omdat hierdie Bediening waarsku oor die gevolge van sonde, omdat hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.

Wat dink julle is 'n Profeet? En vir diegene wat lag en smaad en sê, "Daar is nie so iets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer so iets soos Profete nie," wat sal julle doen met MY Heilige Skrifte? Besef julle nie EK is die GEES VAN Profesie nie! Wat sal julle doen met MY Heilige Skrifte?! EK is PROFEET VAN DIE PROFETE! EK is Profesie! Die Profete het geprofeteer EK sou kom! As daar nie so iets soos Profete was nie wat gaan julle doen met die boek van Openbaring? Hoe dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die Openbaarder het geprofeteer wat gaan kom.

Openb. 1:1
dat dit Die openbaring van YAHUSHUA HA MASHIACH is, wat YAHUVEH aan hom gegee het om SY diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.

Openb. 1:1-2
Die openbaring van YAHUSHUA HA MASHIACH..... HY het dit bekend gemaak deur SY engel na sy kneg Johannes te stuur, wie van alles getuig wat hy gesien het -- wat die woord van YAH en die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH is.

Openb. 19:10
Want die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH is die gees van profesie." En die profesie wat YAHUSHUA HA MASHIACH aan ons gegee het is die boek van Openbaring.

Openb. 22:16
"EK, YAHUSHUA, het MY engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan die gemeentes oor te dra.

Wee diegene wat nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Wee! Wee! Wee! Wee! Wee diegene wat nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat julle gedoen het nie. Julle weet nie wat julle gedoen het nie! Maar julle sal dán. Sommige sal die Gaste wees. O hoeveel het julle hierdie Bediening gehaat! Op daardie tydstip sal julle huil en julle sal bekeer oor die gees van verwoesting wat julle gestuur het. O, julle sal bekeer, maar dit gaan julle jul lewens kos. En julle sal [Elisheva] in die oë moet kyk in die Hemel, julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle sal haar bedank vir die prys wat sy betaal het. En al diegene wat hierdie Waarheid preek. Al diegene wat jy gesmaad en gespot het, jy sal hulle in die oë kyk en jy sal om verskoning vra.

Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd…

Dis net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug val. (YAHUSHUA huil dwarsdeur hierdie laaste gedeelte).

O, satan spot en hy sê, "Hierdie datum sal die ruimteskip kom." Hy spot wetende dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.

EK laat nie net enige droom toe om geplaas te word by hierdie Bediening nie. Hierdie is Heilige Bemiddelaars. En EK het vir hulle droom-op-drome gegee vooraf waarskuwings oor wat kom uit die lugruimtes wanneer die mens sal opkyk na die lug en hulle harte sal beswyk van vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen idee wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat voortgespreek word, lasterlike leuens wat gespreek word teen hierdie Profeet en hierdie Bediening, onderskei die vrug van waar dit vandaan kom en julle sal sien EK het dit vervloek.

Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie neer, opoffering na opoffering in maniere wat julle nie kan begin om te verstaan nie net om een siel te bereik op maniere wat nie een van julle sal ken nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel van julle het selfs 'n weduwee se penning gegee? Hoeveel kan sê hulle het deel aan hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug om te sê "Dankie"? Dit is niks anders as toe EK tien melaatses genees het, net een teruggekom het om "Dankie" te sê nie. Julle sien wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen doen EK dit nie net om ‘n seën vir hulle te wees nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën! Julle wat al hierdie lees, julle wat luister, julle hoef nie op te geoffer het nie, julle hoef nie die prys te betaal het nie, want met elke Profesie gespreek deur [Elisheva] is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die Salwing hoe groter prys word betaal. Ware Profete weet wat lyding is.

Die Lammers word ter slagting gelei. Die Slaghuise sal die Sondag kerke wees. In die Groot Verdrukking sal hierdie die Slaghuise wees. Martelaars sal gevoer word soos nagmaalbrood. Die wyn in hul bekers sal die bloed wees van die martelaars. EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier. Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek? Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil nie hoor nie?"

Maar, met die Gaste praat EK nou. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle staan op die rant van die afgrond. En julle sal hier wees. En dis net 'n kwessie van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie fyn instel want as julle nie genoeg geloof nou het om MY in die klein dingetjies te glo nie, hoe kan julle MY glo vir die groter dinge in die Groot Verdrukking? Sal julle die geloof hê om vir ‘n klip te sê in MY Naam is hierdie brood? Vir diegene wat EK wegsteek en vir diegene wat EK voorsien, sal dit wees soos manna, soos doudruppels op die gras in jou agterplaas. Maar net jou oë sal dit sien en dit is net as jy geloof het en glo in MY. Jy beter jou geloof fyn instel nou. Anders gaan jou geloof net genoeg wees om jou lewe te gee.

Openb. 14:12
Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van ELOHIEM en die geloof in YAHUSHUA bewaar.

Openb. 12:17
En die draak …het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van ELOHIEM bewaar en die getuienis van YAHUSHUA HA MASHIACH hou.”

Dis net 'n kwessie van tyd.

Dit is net diegene wat nou uitroep tot MY wat beskerm word teen die Gedagtebeheergolwe wat in die lug is. Hulle beheer julle gedagtes deur die water en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die ‘chip’ wanneer julle dit die minste verwag om julle op te spoor soos 'n hond om presies te weet waar julle is. As dit so erg is nou, kan julle indink hoe dit sal wees in die Groot Verdrukking?

Dis net 'n kwessie van tyd.

Maar vir My Bruid, vir MY kosbare, kosbare Bruid EK het vir julle die tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle jul gaan opsluit op 5 verskillende maniere en EK het vir julle die visioen gewys wanneer EK die tralies wegneem en daar sal julle staan, julle wat MY Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring saam met MY belonings! En elkeen van julle vereer EK liefdevol!. Julle BRUIDEGOM kom!

Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie kyk deur die oë van die vlees nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH HA KODESH, julle IMMAYAH! Kyk deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wysheid want julle het dit nodig nou! En o, julle wat die Gaste is, bid vir meer Wysheid! Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nodig nou nie, julle gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid. Julle gaan dit nodig hê in die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens aangesien en aanbid en vereer word! Julle het julle afgode nou o wêreld. Julle noem hulle rolprentsterre of bose demoniese politici maar EK sê vir julle dit, daar kom 'n man wat die seun gaan wees van verderf, die einste seun van satan. Pasop! Julle was gewaarsku! Wees gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig! Wees wakker! Wees op julle hoede! Want diegene wat julle dink jul kan vertrou as hulle nie vol is van MY GEES nie, as hulle nie hul knie gebuig het tot MY nie, as hulle nie gehoorsaam leef tot MY nie, as hul hart gevul is met rebellie nou, dink hoeveel erger dit sal wees. Julle was gewaarsku!

Julle kla omdat EK huwelike opbreek maar hierdie is huwelike wat EK nooit georden het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die veiligheid, vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die Gaste vat EK MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat hulself manlike eggenote en vroulike eggenote noem, susters en broers, lede van die familie en vriende, EK skei diegene wat ongelyk gejuk is in besigheid, op alle maniere. Julle kan net diegene vertrou wat uitroep in MY Naam.

Dis net 'n kwessie van tyd. Dis net 'n kwessie van tyd.

EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Openb. 7 en 14, o julle sal aan MY sy wees, maar verberg julself vir nog 'n klein rukkie. Verberg julself vir 'n klein rukkie totdat MY toorn verbygaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word nie.

Dis net 'n kwessie van tyd.

En dink aan die belonings wat julle sal verdien het en al hierdie sal verbygaan en julle sal weet dit was alles die moeite werd, watter lyding julle ookal voortbeskik was om te doen doen dit net soos vir MY. Wanneer julle vervolg word om MY Naams ontwil besef hulle sien MY in julle.

Dis net 'n kwessie van tyd.

En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So neem MY Goedertierenheid en neem MY Genade. Neem MY hand. Laat EK MY arms vou om julle! Laat EK julle omhels! O hoeveel bedank EK julle dat julle MYNE is, dat julle gewillig is om die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te word.

Einde van Woord

Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu
Sukkot 17 Oktober 2008

Elisheva: Dit is al wat ek hoor. Ek dank U vir hierdie eer geliefde YAHUSHUA dat U voortgespreek het deur hierdie lippe van klei en ek is net 'n mondstuk vir U en ek bid dat ek elke Woord gehoor het op die manier wat U dit gespreek wou gehad het. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir hierdie eer. Ons bid dat hierdie beide die Bruid en die Gaste bemoedig en ons bid hierdie veroorsaak vrees in die vyande. Ons dank U. Ons loof U. Ons aanbid U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie aanstoot te gee en sommige te verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U Geliefde YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U! En tog weet ons dis net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.

Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande!

Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisheva se hande lam geraak! Wanneer YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisheva gesê was dit asof 'n Krag van Bo ingestuur was soos 'n stukrag in haar liggaam in! Haar liggaam het letterlik gespring wanneer hierdie gebeur het! En sy het energie gevoel na die ontvanging van hierdie Woord. Maar die Salwing was so sterk ons het deur twee stelle batterye gegaan om die Woord op te neem en toe daarna te luister! Die Salwing “zap” batterye se krag vinnig!

Openb. 6:9:
Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die woord van YAHUSHUA en die getuienis wat hulle gehad het...

Die Man van Wetteloosheid


2 Tess. 2:1. Aangaande die koms van ons YAHUSHUA HA MASHIACH en ons wat bymekaar gemaak gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of verskrik raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van ons af te kom, wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3. Moenie laat enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek nie) totdat die afvalligheid kom en die man van wetteloosheid geopenbaar is, die man bestem vir vernietiging. 4. Die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt om geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom kies as hulle God? Sal hy eers verkies word en dan later sy eis aankondig om God te wees en aandring om aanbid te word? Die verworpeling sal neerbuig en hom aanbid as hulle Messias, maar niemand sal dit doen tensy hulle name nie opgeskryf is in die Boek van Lewe nie, wat geskryf was voor die grondlegging van die wêreld. Moenie bang wees nie, julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net diegene wat YAHUSHUA HA MASHIACH verloën sal die een aanbid genaamd antichris.