Profesie 104

Wêreld, Pasop vir die Diktator van Diktators!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 24 November 2008

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Geliefde skatte van YAHUSHUA ons MASHIACH, YAHUSHUA se demon stompers, julle wat gekies was om hierdie Bediening se gebedsbedekking te wees.

Ek lees elkeen van julle plasings hardop met trane wat oor my wange stroom, en somtyds skaars instaat om te praat. Ek kon julle liefde voel gekombineer met die vele e-posse wat gestuur word deur ander van liefde en waardering vir dit waarvoor hierdie Bediening staan en wat ons doen en toe ontvang ek die profetiese boodskap hieronder. Die woorde van julle liefde en salwing het geboorte gegee aan ‘n onverwagse Profesie 104. Julle is so baie spesiaal, woorde kan nie my waardering oordra aan elkeen van julle nie.

* * * * * * *

Geliefde [Elisheva], diegene wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën is jou geliefde geestelike kinders, diegene wat jou naam oplig voor ABBA YAHUVEH, wat help dra nie alleenlik aan die laste van die Bediening nie, maar help om jou laste te dra, en die Bediening se vyande te beveg, wat YAHUVEH se vyande is. Pasop, sommige van hierdie vyande kom as wolwe in skaapsklere soekend wie hulle kan verslind. Die wolwe word gestuur deur die bose herder satan en hulle word gestuur met een doel om jou te vernietig [Elisheva] en hierdie Bediening te vernietig. Die wolwe spreek beswadderende leuens oor jou [Elisheva], hulle vrugte is vrot en ‘n stank in MY neusgate alhoewel sommige durf om MY Here te noem deur hulle dade bewys hulle EK is nie hulle Here nie. EK sal vir hulle sê, gaan weg van MY jou werker van onheil want EK het jou nooit geken nie!

Onthou dit is ABBA YAHUVEH wie wraak sal neem op al MY Heilige kinders se vyande, want hulle veg nie teen jou, ‘n blote persoon nie, maar hulle veg teen YAHUVEH. Pasop, almal wat hierdie Heilige Bediening aanval, met elke aanval teen hierdie Bediening, is dit soos om ‘n naald in YAHUVEH se oë te steek! Daar is niks wat kan vergelyk met ABBA YAHUVEH se raserny en grimmigheid nie want dit hou die hel se vuur aan die brand en dit hou die Poel van Vuur aan die brand tot in ewigheid.

Diegene wat hierdie Bediening seën, hierdies noem EK jou geestelike kinders [Elisheva] en hulle ouderdom maak nie saak nie, want jy is soos ‘n geestelike moeder en beraad hulle. Jy word gebruik om voort te spreek en MY gesalfde woorde te saai in hulle gedagtes, liggaam, gees en siel. Jou geestelike familie bemin en respekteer jou soos ‘n biologiese familie nie kan liefhê nie, tensy hulle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA jou MASHIACH, en die Kosbare HEILIGE GEES aanbid. Jy het hierdie in gemeen met almal wat dit doen.

MY Gees het elkeen van julle getrek na hierdie Bediening toe vir MY goddelike doel. Nou [Elisheva], deel EK MY aardse skatte met jou. MY heilige kinders wat MY kosbaarste Juwele is. Hulle leef Heilig omdat hulle behaaglik wil wees vir YAHUVEH en MY nie skande bring nie. Geliefde Kinders, hou aan vertoef in MY, YAHUSHUA julle MASHIACH en EK sal aanhou vertoef in julle, en vir ewig in die Hemel saam met MY sal julle woon.

Geliefdes, julle hoef nie te vrees enige iemand sal MY Bruid aanbid nie, want die wêreld sal MY Bruid verwerp, vervolg en haat soos die heidene MY haat, soos hulle alles haat wat Heilig is. Onthou hierdie altyd, net die vervalsing wat nie van MY Gees is nie word aanbid! Nooit sal MY ware Bruid dit toelaat nie. Pasop vir ‘n vervalsing wat Amerika se Verkose President is en wat niks gedoen het nie en tog deur massa gedagtebeheer, hipnose en gedagte manipulasie met woorde alleen, geskryf deur ander, soos ‘n Hitler, word hy nou aanbid en niemand kan uitpluis waarom nie.

O Amerika, onthou die profetiese droom wat EK vrygestel het deur [Elisheva] oor Hitler wat verrys, so pasop Wêreld vir die diktator van diktators, want dieselfde gees wat vir Hitler gedryf het, is dieselfde gees wat weer Washington D.C. sal bestuur. Julle was gewaarsku. Wanneer julle ‘n persoon sien aanbid en vergelyk word met MY, YAHUSHUA, besef hierdie is ‘n vervalsing gestuur deur satan om MY te bespot.

Regerings in verskeie dele van die wêreld het gedagtebeheer metodes toegepas op die massabevolking in verskeie vorme, op verskeie maniere, en deur verskeie metodes. Al hierdie om voor te berei vir die een genaamd Die Vals Profeet, en die een genaamd die anti-chris. MY Heilige kinders is nie mislei nie en sal nie die vervalsing aanbid nie, hulle sal bestraf en waarsku teen die vervalsing.

Almal van julle wat vergader hier by hierdie Bediening, was hierheen gelei om te wei op groen weivelde as MY Skape en Lammers. Almal van julle hier, sal geestelik groei terwyl julle die waarhede ontvang wat hier gevind word. Stel MY, YAHUSHUA julle MASHIACH eerste in julle liefde en lewe, en wees lief vir mekaar wie MY HEILIGE GEES in hulle het. Julle is MY kosbare Skape en Lammers en EK is YAHUSHUA, julle GOEIE HERDER. MY skape ken MY stem en EK spreek MY boodskappe voort uit MY Ringmaagd en dit is hoekom julle almal geroep was na hierdie Bediening toe. Hierdie is julle groen weiveld waar julle geestelike voedsel eet uit die Hemel, en Nuwe Wyn drink asof dit water was.

EK is YAHUSHUA julle MASHIACH en al hierdie woorde is van toepassing op almal wat hierdie Bediening as ‘n seën beskou, en aan MY geliefdes wat hierdie Bediening seën deur ‘n helper te wees. EK spreek ‘n woord van liefde en waardering veral teenoor diegene wat YAHUSHUA se demon stompers genoem word, MY voorste linie Heilige gebedsintersessors soos geen ander.

EK spreek ‘n woord van waardering en liefde aan MY vertalers wat die profesieë en boodskappe neem en dit oorskryf in die tale van verskillende spreektale.

EK spreek ‘n woord van liefde en waardering aan diegene wat hierdie Bediening getrou ondersteun met hulle tiendes en offergawes. Julle wat ‘n seën is vir hierdie Bediening sal geseën word in ‘n groot mate. Terwyl julle die naam oplig van hierdie Bediening en seëninge bid op almal wat daarin bedien en magtige krygers is in MY Naam en veg op die voorste linies, die leuenaars bestraf wat beswadder, en geestelike oorlogvoering doen teen die vyande van hierdie Bediening, en alles verdedig wat Heilig is. Groot sal julle belonings wees wat julle sal volg Hemel toe.

EK, YAHUSHUA julle MASHIACH, belowe julle EK sal julle nooit begewe of verlaat nie, julle sal nie honger, dors, of sonder skuiling wees nie. Julle sal bedek word soos ‘n baba kuikentjie in die palm van MY hand, weggesteek en beskud terwyl julle voortgaan om julle vleeslike begeertes neer te lê en wandel in MY HEILIGE GEES, in gehoorsaamheid aan MY Heilige Skrifte uit liefde en waardering, meer as vrees.

Gegee aan hierdie Ringmaagd van YAHUSHUA ons MASHIACH,
Elisheva Eliyahu
op 25 November 2008.