Profesie 114

Die New Zealand Baba Is Opgewek Uit Die Dood!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 18 September 2009 Vrygestel 27 September 2009


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Hier is ‘n kort verduideliking aangaande die mense wat in hierdie Profetiese Woord genoem word.

Dit was in 2007 glo ek, wat ‘n vrou genaamd Leah my gekontak het uit New Zealand. Sy het vertel hoe sy ‘n getuienis gekry het op al die Profesieë wat sy gelees het insluitende die Ware Sabbatdag van Saterdag. Haar man genaamd Osana was ‘n Pastoor in die AOG, “Assembly of God” kerk wat aanbid het op Sondag. Leah het haar man Osana gekonfronteer met die waarhede wat sy geleer het by hierdie Bediening. Osana het hierdie waarhede verwerp en probeer om Leah stil te maak. Leah het haar man verlaat en na ‘n vroue-toevlug gegaan en Osana het hulle by die toevlug opgespoor en daarheen gegaan en gedreig om vir Leah dood te maak. Leah sou nie inboet wat sy geweet het die waarheid was nie. Na ‘n rukkie het Osana gesien hoe sy vrou opstaan vir die waarheid en hy het ‘n besluit geneem om ook die waarhede te volg wat Leah geleer het.

YAHUVEH het vir Osana baie positiewe Woorde gegee vir hom om te help om Osana op te bou na sy ondervinding want Leah wou hom net afbreek. YAHUVEH het selfs Osana se naam verander na David en gesê hy het ‘n roeping soos ‘n David van ouds en moes ‘n Goliat Verslaner wees. Dinge het gelyk of dit goed gaan vir die familie, of so het ons gedink, maar dinge het nie so goed gegaan nie. YAHUVEH het Geprofeteer deur my in hierdie tyd dat daar ‘n tak van hierdie Bediening sou wees in New Zealand en daar sou ‘n Fisiese gebou wees vir die mense om te kom aanbid. Ons het almal gedink die leiers sou David en Leah wees. Om die waarheid te sê, het hulle ‘n klein geboutjie gehuur en begin Sabbatdienste hou met die hele familie en ‘n paar ander sou ook by hulle aansluit. Dinge het goed gelyk het ons gedink.

Daar het 2 mense saam met David en Leah se familie gewoon op hierdie tydstip; ‘n jong vrou en ‘n man. Daar was ook Leah se suster Moera en hulle kinders het ook by hulle gebly en Leah se moeder en vader het ook daar gewoon. Ons sou met hulle gesels oor die foon en hulle sou almal vergader rondom die foonluidspreker en na ons luister terwyl ons gesels en hulle was almal baie opgewonde om van ons te hoor wanneer ons geskakel het. Hulle het hulle probleme gehad soos alle families het en hulle sou vir ons vertel en ons sou vir hulle bid en wanneer ons ‘n Woord ontvang het vir hulle van YAHUVEH of YAHUSHUA, sou ons hulle daarvan vertel. Dit is waar dinge afdraende begin loop het. Leah was verskeie kere bestraf, maar sy sou meeste van die bestraffings nie aanvaar wat gekom het van YAHUVEH en YAHUSHUA nie. Ek het die fout gemaak toe ek eerstens begin praat het met Leah het ek vir haar gesê het dat sy in my plek staan in New Zealand omdat ek nie daar kon wees nie. Wel, uitgevind, hierdie het werklik na haar kop toe gegaan het en die gees van trots het in haar ingevaar.

Een nag uit die bloute het ons ‘n telefoonoproep gekry van David en hy het gesê Leah het hom uit die huis geskop en dat Leah nou saam met hierdie man was wat by hulle gewoon het. Leah en hierdie man het gedink hulle was Sielsgenote en hulle het geglo hulle was die Twee Getuies. Ons was in skok om die minste te sê. Ons het David ingerig in ‘n hotel op die Bediening se onkoste terwyl hy geen geld of ‘n plek gehad het om te slaap nie. Ons het toe vir Leah en hierdie man geskakel per telefoon en hulle gevra of dit wat David gesê het die waarheid was en tot ons ongeloof het beide gesê, “Ja”. Ons kon nie glo wat ons hoor nie. Hierdie man en Leah het selfs owerspel gepleeg in die huis. So gou as wat hulle vir ons vertel het dat hulle geglo het hulle was Sielsgenote en die Twee Getuies het ek in tale begin praat en‘n baie, baie sterk bestraffing het na vore gekom van YAHUVEH vir Leah en hierdie man. Na hierdie bestraffing het ek vir hulle gevra of hulle ‘n getuenis gekry het dat hierdie bestraffing van YAHUVEH was en die man het gesê hy het en het onmiddellik bekeer, maar Leah het gesê sy weet nie, dat sy verward was. Hierdie man het homself verootmoedig en vergifnis gevra by YAHUVEH en hy was vergewe. Hy het ook deur bevryding gegaan. Hierdie is die verskil tussen Leah en die man, hy het homself verootmoedig en sy het geweier.

Leah wou nie hierdie bestraffing aanvaar van YAHUVEH nie en sy het nou begin sê dat dit nie van YAHUVEH was nie. Die gees van trots en Jesebel het Leah oorgeneem. Sy het nou begin praat oor hierdie Bediening asof dit boos was. Sy het met haar hele familie gepraat en hulle sover probeer kry om hulle rûe te draai op hierdie Bediening en beweer ek was ‘n vals Profeet. Op hierdie tydstip het ek gedink die tak van hierdie Bediening wat veronderstel was om in New Zealand te wees was dood. Ek het nie gedink daar was enige manier dat dit ooit gaan gebeur nie.

Maar Leah se suster Moera het nie na haar geluister nie, LOOF YAHUSHUA!!! Moera ken die stem van YAHUVEH en sy ken die goeie vrugte van hierdie Bediening. Sy het gesien hoe hierdie Bediening niks anders as ‘n seën vir die familie was nie. Moera het nie geval vir hierdie vangstrik nie en sy het gesê sy en haar kinders trek uit om hulle eie woning kry. Hulle het uitgetrek. So Moera het nou alleen gewoon saam met die kinders. Dit het my oortuiging bevestig dat die New Zealand tak nooit gaan gebeur nie, of so het ek gedink.

Uiteindelik na vele gebede, het Moera die toetse geslaag wat YAHUVEH [vir haar] gegee het en dit gee aanleiding tot hierdie Profetiese Woord.

Die Heilige Profesieë kom voort van die RUACH ha KODESH wat die gawe van Heilige Tale gebruik deur my. Ek bid dat julle die tyd sal neem om na hierdie Gawe van Heilige Tale te luister want dit bewys dat dit nie slegs ‘n geskrewe woord is nie maar ‘n bonatuurlike wonderwerk van YAHUVEH, YAHUSHUA ha MASHIACH en die Kosbare RUACH ha KODESH. Die Boek van Handelinge beskryf hierdie gawe van spreek in heilige tale as om te spreek in die tale van mense en Heilige Engele. Hierdie gawe van die RUACH ha KODESH, ook genoem die Heilige Gees, het gekom oor die apostels in die bo-vertrek op dit wat algemeen bekend is as Pinksterdag. Julle sal my emosioneel hoor ineenstort en sukkel om aan te gaan met hierdie Profetiese boodskap wanneer YAHUVEH my weer waarsku oor verwerping. Om ‘n profeet te wees is nie ‘n gewildheids-kompetisie nie as dit was sou YAHUSHUA ha MASHIACH en al die ware profete daardie kompetisie verloor het.

Die hartseer ding is hierdie vyande wat genoem word het ek eenmaal Dogter en Seun genoem, en hulle so liefgehad, ek het geweier om hulle prys te gee totdat YAHUVEH vir ons gesê het dat Leah ‘n verworpeling geword het. Sy was vasgevang in sonde, dit bely maar dink almal moet dit net vergeet en sy wou steeds die Pastoor wees van hierdie Bediening in Upperhut, New Zealand. Sy was jaloers oor die roeping op haar man se lewe en het haar klaargemaak om sy roeping te steel en geslaag, net soos Jesebel Agab bedrieg en op ‘n dwaalweg gelei het. Leah het ‘n vals profeet geword en gemaak dat mense haar vrees. Sy het hulle selfs voor haar laat neerbuig terwyl sy gevul was met satan se mag. YAHUVEH het aangehou om profetiese boodskappe vir haar uit te spreek om te bekeer en weg te draai van die bose en die boosheid wat sy gedoen het goed te maak. Nogtans het rebellie haar hart gevul toe sy aangesê was dat hierdie Bediening nie ‘n leier kan hê wat die naam van hierdie Bediening dra en nie Heilig is nie.

Ek moes vir haar baie profetiese boodskappe gee waar YAHUVEH gesê het sy kan dit nie hanteer om ‘n leier te wees nie, sy was vol trots en rebellie. Sy het aanhou eis dat sy die leier wou wees want sy het gesê sy was eerste gekies. Sy het uiteindelik die boodskap gekry en toe sy het het sy Osana verbied om ook ‘n leier te wees. Hierdie is so hartseer want Osana was eens ‘n geordende Pastoor van ‘n groot “Assembly of God” Kerk. Toe YAHUVEH profetiese boodskappe vir hom uitgespreek het, het YAH sy naam verander na David en gesê hy was ‘n sagmoedige reus, want hy is ‘n baie lang en gespierde man, en eens was hy verguisend maar het sagmoedig geword en het maklik openlik gehuil. Ons het hom liefgehad soos ‘n Geestelike Seun en hy het ons ook eenmaal liefgehad. Toe YAH die verguisende gees uit hom gehaal het, het satan sy kans gesien om hierdie eens magtige man van YAH te verneder en Leah sy vrou het hom misbruik en hom verneder, terwyl sy daarop aangedring het om die huishouding te regeer en gemaak het dat almal haar vrees.

Ons het geweet sy kon nie hierdie Bediening verteenwoordig nie. Ons het nooit vir een persoon die adres gestuur van waar die gemeente vergader het nie, want YAH het almal van hulle getoets. Toe ek hoor sy laat die vroue wat na die dienste toe kom hulle hoofde bedek en na die muur toe kyk en bid, het ek vir haar gesê daar is één klaagmuur in Jerusalem en hierdie is nie skriftuurlik nie. Toe sy opgestaan het en haar owerspel bely het agter die kansel met hom, beweer dat YAHUVEH haar ‘n teken gegee het dat hulle die Twee Getuies was en sy haar man moes skei en met hierdie man trou en gesê het YAHUVEH het dit goedgekeur, was dit die laaste strooi, en ek was gebruik om haar te bestraf vir die laaste keer in ‘n profetiese boodskap. Sy het so woedend geraak dat sy vir Moera geslaan het wat probeer het om vir haar die Profetiese Boodskap van YAHUVEH voor te lees, haar gestamp en grond toe geduik en die Profetiese Boodskap in stukkies geskeur het waar Moera dit gesalf het.

Hierdie Bedienings-span, saam met Moera en hulle kinders, het baie gely gedurende hierdie 1 jaar en 1 maand. Nogtans kry YAHUVEH die Eer want HY het die fisiese tak van hierdie Bediening weer opgewek, wat ons gedink het geen hoop het nie en dood was. Daar sal ‘n boek wees wat alles bevat wat ons deurgemaak het in daardie tyd as YAHUVEH dit so bepaal. Die dinge wat sy gedoen het in daardie Kerk het vir ons skande veroorsaak, en tog het hulle nooit die naam gedra van hierdie Bediening nie want ons het gewag vir YAHUVEH om vir ons te sê wanneer hulle gereed sou wees om die leierskap oor te neem in New Zealand. Ons het iemand nodig gehad daar vir al die kere wat ons nie daar kan wees nie.

Hierdie Bediening is ‘n Heilige Bediening en satan gaan ons nie skande berokken deur middel van enige verbintenis tot haar bediening nie. Die bose geeste wat deur haar gemanifesteer het het verander in heksery terwyl sy na Moera se huis toe gegaan en siekte oor die huishouding uitgeroep het. Leah is boos en tog is die hartseer ding, sy was nie altyd so nie. Moera woon in New Zealand in dieselfde stad en haar kinders, Grace, James, John en ‘n Broer in YAHUSHUA wat deel is van hierdie Bediening genaamd Gene, is groot seëninge vir hierdie Bediening. Ons kyk nou uit vir ‘n gebou en ons sal hulle getuienisse sowel as die adres van die Sabbat Tempel plaas. Net YAH weet wat ons almal gely het om die Samoaanse mense met die waarhede in hierdie Bediening te bereik en vir hulle geestelike vleis te voer wat die Heilige Profesieë is. Indien enigiemand wat hier lees van New Zealand is en eiendom het om te skenk aan die Nuwe Kerk, epos ons asseblief en laat ons weet. Dankie.

Soos ek gesê het, is hierdie ‘n kort verduideliking oor wat gebeur het. Ek kon seker ‘n hele boek skryf oor alles wat plaasgevind het, maar ek bid dat julle in staat is om hierdie Woord nou te verstaan na hierdie verduideliking.

Ek was op die foon met my geliefde suster Kathrynyah besig om te bid oor die New Zealand situasie en hierdie Profetiese Woord het voortgekom.

* * * * * * *

Profesie 114
Die New Zealand Baba Is Opgewek Uit Die Dood!


[Elisheva: O liewe? O my? Ek is in hewige barensnood.]

Ag hoe het EK gerou, hoe het EK gehuil, hoe het EK geween vir die pyn wat jy gehad het om te verduur terwyl jy smarte het. EK het vir jou gewys [Elisheva]. EK het vir julle gewys, almal van julle wat gehuil het saam met haar, die baba (die Amightywind New Zealand Kerk) het nie doodgegaan nie! Alhoewel hulle gekyk het na hierdie baba wat spoedig gebore sou word en gesê het, “dit sal sekerlik doodgaan”. “Dit” is diegene wat jy eens liefgehad en versorg het soos ‘n kind. Jy het hulle liefgehad soos jou eie. Jy het hulle seun genoem; jy het hulle dogter genoem. Jy het hulle heilig genoem. Jy het geglo hulle was die beste, totdat EK aan jou openbaar het, hulle het maskers op (Spr 26:26).

O, die een, die man wat eens “Osana” was. EK het sy naam verander na ‘n David. EK het vir hom profesie na profesie gegee om hom op te bou waar hy afgetakel was, maar hy het jou verraai soos hy MY verraai het. Want terwyl hy die leuens gesluk het van Jesebel, het hy die roeping op sy lewe verruil want hy vrees sy vrou meer as wat hy MY, YAHUVEH vrees. Waar hy eenmaal jou vyand was, het EK [later] vir jou ‘n liefde gegee vir hom asof hy jou eie seun was. Maar onthou hierdie kleintjies, wie julle ookal verraai verraai MY, YAHUVEH (Matt 25:40, 35).

Jy het die waarheid na Leah toe geneem. Jy het haar omhels en haar liefgehad soos ‘n dogter. Jy het haar beraad, maar haar hart het vol jaloesie en afguns geword terwyl jy probeer het om haar te bemoedig; het sy het geglo sy kon jou plek inneem. Sy het geword soos ‘n diktator en haar eie huis regeer met ‘n ystervuis. Sy het alles uitgedaag wat EK gespreek het deur jou terwyl waarskuwing na waarskuwing gekom het. Maar toe rebellie [in] haar ingegaan het, toe jaloesie en afguns en twis (in haar gegaan het), het sy haarself oopgemaak vir ‘n legioen van demone en sy het ingegrawe geword in elke vorm van sonde insluitend owerspel. Jy het gewaarsku! Jy het gepleit! Jy het gehuil. Kans na kans was gegee en nou vat sy wat in waarheid gespreek was en praat asof dit leuens was (Jesaja 5:20).

Daar was’n nederige suster. Sy het hierdie alles dopgehou. Sy weet hoe dit was om te wees onder Leah Tavita se vuis. Sy het nie waardig gevoel nie, maar hulle het geweet, dat hulle geweet het, dat hulle geweet het die waarheid was in hierdie Bediening. Die waarheid is hierdie Bediening: want EK, YAHUVEH, en MY Geliefde Verwekte SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH, en die Kosbare RUACH ha KODESH, spreekvoort uit elke woord en hulle herken die stem as ALMAGTIGE GOD.

So waar Leah hierdie Bediening gebruik het om die waarheid voort te spreek tot haar familie, toe sy kwaad geword het vir jou, omdat haar sonde ontbloot was en almal nou sou weet, het sy probeer sê, “Moenie langer hierdie Bediening glo nie. Moenie langer die profesieë glo nie. Moenie langer na [Elisheva] luister nie. In plaas daarvan, luister na my.”

Sy het so opgeblaas geraak in trots, soos ‘n pronkende pou. Skreeuend harder en harder sodat alle oë sou fokus op haar, jou beswadder van ver af, delwend aan haar eie graf met elke beswadderende leuen. Sy vergeet na wie hierdie Bediening vernoem is. Sy vergeet wie spreek die waarheid en dit is nie ‘n blote vrou nie want dit is EK, YAHUVEH. EK beskerm wat MYNE is. satan het gedink as hy hierdie vrou [sou] afbring, sou daar geen kerk wees, te vinde in New Zealand, wat hierdie Bediening se waarhede sou voortspreek wat EK voortgespreek het nie.

O hulle het dood uitgeroep oor die kind; dit het doodgegaan in die moederskoot. [Elisheva], hoeveel drome het jy gehad dat jy gemiskraam het, dat die baba gesterf het? Jy het gehuil en jy gesê het? Die New Zealand baba is dood want my dogter Leah het doodgegaan vandag. Sy was die een saam met haar man wat veronderstel was om hierdie woorde te neem na New Zealand toe? Maar jy vergeet, EK het die opwekkings-krag (Joh 5:21; 11:25). EK spreek lewe oor dit wat dood was en EK wek dit weer op om beter te wees as ooit vantevore. En EK roep die ware leiers na vore wat EK al die tyd geweet het wat die toets sou slaag.

Moera, EK het gekyk na jou nederige hart wat bevraagteken “wie, ek?” En EK roep jou na vore, en EK verras jou hierdie dag. Terwyl jy so hard werk en so baie gegee het, en jy op-offer en jy soveel pyn verduur terwyl die haat en die beswaddering gedraai het teen jou en jou naam uitgegooi word as drek. EK roep jou na vore en EK sê vir jou: jy is ‘n pêrel van pêrels. En EK roep jou na vore, want jy was gewillig om te ly vir MY. Jy het jou eie suster beveg, biologies praat EK, want nou is sy nie meer ‘n suster nie (Matt 12:48-50; Lukas 8:21) sy is die vyand der vyande (Matt 10:36). Sy is die vyand van alle vyande.

Maar EK sê vir julle dit: Moera kan vertrou word. Jy word beskuldig om die familie te verdeel maar wanneer sal hulle hierdie regkry? Dit is MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH wat die skeidings-swaard bring (Matt 10:34; Lukas 12:51) en hierdie eerste profesie, wat nou geplaas word voor die wêreld, is die eerste waarheid [dat] EK hierdie gebring het. En is die eerste waarheid wat nou geplaas word wat wys [dat] die baba gelewe het en nie gesterf het nie. EK neem hierdie geleentheid om te sê dat die volgende ding op die lys die fisiese gebou gaan wees waar die samekoms sal wees.

Die hoof van hierdie leierskap, verklaar EK nou uit die Hemel, is jy MY geliefde Moera, ‘n nederiger vrou kan nie gevind word nie en tog so gesalf.

Nou [Elisheva], het EK ‘n Woord gespreek wat jou geskok het. Dis wat die salwing aangewakker het terwyl jy vir Kathrynyah gelees het wat geplaas moet word en EK vir jou hierdie verrassing vertel. EK herinner jou weereens: jy word gestuur na die Pinkster kerk want dit was in‘n Pinksterkerk waar jy gevul was met die HEILIGE GEES. Dit was in ‘n Pinksterkerk waar jy die eerste keer jou lewe oorgegee het aan YAHUSHUA jou MASHIACH, MY Enig Verwekte SEUN.

So nou stuur EK jou uit en EK sê vir jou hierdie: jy moet jou arms aanbied van omhelsing vir die Pinksterkerk, vir die pastoor. Die een wat jou naam verdedig het toe hierdie pastoor gevra het, “Vertel vir my die waarheid oor hierdie Almightywind Bediening want ons het gehoor wat Leah gesê het. Is sy, [Elisheva], waarlik ‘n vals profeet? Sy word daarvan beskuldig dat sy die familie verdeel het, maar ek is oortuig om te kom en die waarheid te vra van jou”.

En [Elisheva] EK sê vir jou dit: al vrees jy verwerping en pyn, moet jy jou arms aanbied uitgestrek aan hierdie pastoor wat [gesê het], “Dankie dat jy vir my die waarheid vertel“ terwyl Leah Tavita se sondes ontbloot was.

Nou weet hy en hy vertel vir ander. Dit is MY begeerte, sodat hierdie pastoor nie kan sê dat julle hom nie op enige manier probeer kontak het nie, kontak julle hom. Want dit is MY begeerte dat hierdie Pinksterkerk die waarhede ontvang van hierdie Bediening wat EK aan jou deelagtig gemaak het. Dit sal sy keuse wees en jy kan dit nie beheer nie, hetsy hy jou terug omhels [in antwoord] of hy in jou gesig spoeg. Maar EK sal hom oordeel. Dit sal of ‘n seën wees of dit sal ‘n vloek wees, want hy het die waarheid gehoor.

Nou word hy aanspreeklik gehou hiervoor. Sal hy jou Naam suiwer? Sal hy hierdie Bediening verdedig? Sal hy sy-aan-sy werk en deel word van jou? Sal hy MY Moera toelaat om agter die kansel te staan en die waarheid te spreek wat EK gegee het vir hierdie Bediening? Sal hy mensgemaakte leerstellings versaak: Sal hy die Sabbatdag omhels? Sal hy gewillig wees om die titel neer te lê wanneer die georganiseerde kerk hom dreig?

Sal hy sê, “Ek is vasbeslote om ABBA YAHUVEH te volg? Dit sal wees soos HY bepaal het, selfs al stroop julle die georganiseerde naam van die naam Pinksterkerk van my af. Ek is vasbeslote, ek volg geen mens nie; ek is vasbeslote, ek volg YAHUVEH. Ek is vasberade om die waarheid te preek en YAHUSHUA ha MASHIACH spreek die waarheid vanuit hierdie Bediening. [Elisheva Eliyahu] is nie ‘n vals profeet nie. Maar Leah, vol van die vyand van satan is jy, en ‘n legioen van demone spreek voort uit jou mond (Joh 8:44) terwyl jy die een beswadder wat jy eens gesê het jy liefgehad het. Alles, omdat jou sonde ontbloot was vir almal om te sien??

So, hierdie Samoaanse pastoor, MY Moera, jy sal hierdie woord na hom toe neem; jy sal [Elisheva] se liefde na hom toe neem. Wat hy doen daarmee, weet EK reeds.

Julle sien MY geliefde kleinode, hoewel julle huil en ween en julle sê, “O, YAHUSHUA, kom asseblief,” terwyl die Fees van die Basuine kom. Maar dit is nog nie tyd nie, EK het julle net gebruik om geboorte te gee. Julle het nog nie New Zealand bereik nie (Jesaja 42:10) en daar [is] so baie ander tale wat nog kom (die Profesieë vertaal in baie meer tale) (Matt 24:14; Rom 11:25; Hand 1:7). MY tydsberekening is perfek en EK sal nie een siel mis nie. Al diegene wat geroep is om die waarhede te hoor van hierdie Bediening sal nie enige verskoning hê wanneer hulle staan voor MY, YAHUVEH nie.

Daar is steeds vyande wat steeds oplyn in ‘n ry. En satan vul hulle harte (om) “daardie Bediening te vernietig” maar dink hieroor, net diegene wat die vernietiging wil hê van hierdie Bediening, net diegene wat die dood wil hê van MY Ringmaagd [Elisheva], hulle kan onmoontlik gevul wees met MY HEILIGE GEES. Hulle kan onmoontlik aan MY behoort (2 Tim 2:19) en gewas wees in MY gestorte Bloed by Golgota. Hulle was MY vyande voor hulle na hierdie aarde toe gekom het. Hulle het MY vantevore verraai en hulle verraai MY nou. Nie almal wat hulself Christene noem het Christus in hulle nie; hierdies is die sinagoge van satan (2 Kor 11:12-14). Diegene wat hulself Jode noem en nie is nie, hulle is die sinagoge van satan (Open 2:9; 3:9).

So jy ween en jy huil omdat jou naam beswadder word en wanneer [een] leuenaar na die ander in ‘n ry staan, maar EK herinner jou MY dogter [Elisheva] aan wie jy behoort en jy is MYNE. Ek herinner julle, o vyande: wraak kom MY toe, EK sal vergeld (Rom 12:19; Deut 32:35)! Julle grawe net julself na benede tot die vlak van die hel [tot] waar julle sal afdaal. Met elke asemteug wat julle neem kom julle nader aan jul graf want EK luister na elke woord wat julle sê, vernaamlik diegene wat die goedheid gesmaak het van hierdie Bediening (Heb 6:4-6) en omdat ‘n Woord uitgegee was wat julle veroordeel het oor jul sondes (het julle dieselfde gedoen as Leah) en julle het haar [Elisheva] weereens verraai.

Keer-op-keer sê EK, nie een traandruppel val wat gestort word deur MY heiliges wat EK nie opvang en in MY flessie sit nie (Psalm 56:8)! En EK sal vir julle eendag jul trane wys! EK sal vir julle wys hoe lief EK julle het! EK het elke enkele flessie geëtiketteer. En elke vyand wat daardie trane veroorsaak het om te val, hulle sal verantwoordelik gehou word. Want elkeen wat spreek teen MY heilige, wat spreek teen hierdie heilige waarhede wat EK vrygestel het deur hierdie Bediening en ander, hulle sal verantwoodelik gehou word en EK sal vir hulle daardie flessies wys. En Leah, die rak is vol van al die flessies met trane wat jy veroorsaak het!

Wee MY vyande! Wee die vyande van hierdie Bediening! Wee diegene wat hulself Christene noem! Julle is geen Christen nie! Julle kan MY nie flous nie! Julle het ‘n naam. Julle etiketteer julself Christene maar daardie naam was besmet keer-op-keer. Diegene vir aborsies! Diegene vir homoseksualiteit! Hulle staan agter die kansel, hulle durf selfs om MY Woord te lees en hulle noem hulself Christene. EK waarborg julle dit: geen gebed van hulle word gehoor nie (Jesaja 1:15; Sagaria 7:12-13).

EK weet wie MY heiliges is. Hulle is diegene wat die vyande aanval. Maar wee die vyande, want EK het julle gewaarsku vantevore, en EK waarsku julle weer, wanneer julle hierdie Bediening aanval val julle die Alef en die Tav aan (Sagaria 2:8). Val julle MY, YAHUVEH aan. Val julle MY Enig Verwekte Seun, YAHUSHUA julle MASHIACH aan, maar HY is nie julle MASHIACH nie, julle eis HOM net as sulks.

[Elisheva], onthou dit: hulle kan die naam van Jesus Christus sê maar jy weet wie het MY Gees binne-in hulle. HY is jou MASHIACH; hulle eis HOM net as hulle s’n. Hierdie is die skrif wat sê hulle noem hulself Jood, maar is van die sinagoge van satan (Open 2:9; 3:9).

So vyande, julle het verloor! EK het hierdie dag bepaal: die geboorte van die Bediening wat die naam sal dra, van hierdie Bediening. En EK het bepaal wie sal staan in [jou] plek en die woorde voortspreek: dit is MY Moera, en EK gee die Samoaanse pastoor ‘n kans om deel te word van al hierdie want hy sê hy het ‘n hart vir MY. Hy sê hy soek net die waarheid. EK gee vir hom die antwoord op sy gebed en EK weet reeds wat hy gaan doen, maar [Elisheva] EK gaan jou nog nie sê nie. Jy moet gehoorsaam en julle moet julself voorstel as leierskap tot leierskap.

So jubel hierdie dag! [Elisheva] jy het begin om die pyn te voel op 27 Augustus, meer as ‘n jaar gelede. Die kraampyne was so hewig. Fisies het EK jou die pyn laat voel. Jy is soos ‘n vrou wat geboorte gee en jy het uitgeroep na MY vir 6 dae en op die 7de dag het EK jou vir Leah laat skakel. En EK het voortgespreek uit jou mond dat die eerste fisiese kerk wat in ‘n gebou sal wees gebaar sal word in New Zealand. En wat EK gespreek het hierdie dag, sal jy nou sien gebeur terwyl die eerste Samoaanse Profesie (Psalm 2:8; 22:27; Jesaja 42:10) gebore was en voor die wêreld geplaas word uiteindelik. En seëninge vir hierdie nuwe leierskap, seëninge vir jou Moera - vir jou opofferings en gehoorsaamheid, vir jou getroue liefde. Want jou eie Moeder en Vader het jou verlaat, maar EK, jou ABBA YAHUVEH, het nie (Psalm 27:10) en EK seën jou hierdie dag op ‘n manier wat jy nooit van gedroom het nie.

Terwyl jy hierdie Woord hoor, terwyl [die web-besturder] dit voor die wêreld plaas, gee EK vir jou ‘n seën wat geen geld kan koop nie. Want jy was beproef en jy was getoets in die vlammende vuuroond en jy en jou kosbare kinders, Grace, James en John, het soos die suiwerste goud daaruit gekom, want julle weier om die leuens te glo van die vyand. Julle weier om hierdie Bediening te verlaat hoewel dit julle familie verdeel het. Maar EK moes julle skei. EK moes julle uitroep vir julle om hierdie seëninge te ontvang.

Alles moes gebeur net soos dit het. EK moes die koring skei van die wieke, die trotse van die nederige, diegene wat waarlik MY waarheid soek en diegene wat eerder die leuens sou glo. So EK het MY Geliefde YAHUSHUA gebruik, MY Enig Verwekte SEUN, om die skeidings-swaard te gebruik vir almal om te sien en niemand kon ontken nie dat wat EK Profeteer gebeur het. (Jesaja 52:6).

Selfs hierdie einste Woorde wat EK, YAHUVEH gespreek het, sal die volgende Woord wees wat vertaal word in Samoaans. Want watter nut sou hierdie hê as dit net gaan na die Engelssprekende mense toe? Elke taal van elke vertaler sal hierdie uitvaardig in al die tale want EK, YAHUVEH spreek hierdie seën voort en wat EK bepaal kan niemand van MY wegneem nie. Dit is gedoen.

So Leah jy wou beroemd wees! So, EK het vir jou gegee waarvoor jy gevra het op ‘n ander manier! Nou sal jou naam in die geskiedenis opgeteken word en jy sal jou kop hang voor MY terwyl daar van jou naam gepraat word as ‘n vloek (Jesaja 65:15)! En jy Osana! Jy het MY naam David gevat wat EK vir jou gegee het - want jy moes soos ‘n David van Ouds wees en jy moes ‘n Goliat Verslaner wees. Jy kon die demone verslaan het binne-in haar (Leah). Jy kon hulle uitgedryf het, maar in plaas daarvan wat het jy gedoen? Jy het gehardloop in vrees! Jy wil ‘n Osana wees? Dra die naam want EK sal jou nooit weer David noem nie!

Pasop vyande van MY! EK kan dieselfde ding doen vir julle. EK kon jou naam laat opteken in die geskiedenis op ‘n manier wat jy nie wil hê nie. Net soos in die Bybel, word die helde se name genoem (Heb 11; Num 32:12 ens.) en so word MY vyande (Judas 11; 2 Tim 2:17-19; Rom 9:13-17 ens.) Dit is julle keuse. Wat sal dit wees?

Vir al diegene wat geluister het en wat gelees het, en wat hierdie heilige Profesie sal lees, dit is julle keuse. Is jy ‘n vriend van hierdie Bediening? Of is jy ‘n vyand van hierdie Bediening? Wat jy ookal besluit, onthou dit: jy besluit aan wie se kant jy is en of EK, YAHUVEH jou vandag sal seën of vervloek. Dit is jou keuse.

Vir die heiliges, bid seëninge hierdie dag op die pasgebore baba waaraan EK sopas geboorte gegee het in New Zealand en op die nuwe leierskap wat EK nou net aangekondig het voor die wêreld.

Vir al diegene wat saad wil saai in hierdie Bediening, EK sal julle uitermate en oorvloediglik seën. EK, YAHUVEH het gespreek hierdie dag en EK seën hierdie baba hierdie dag. En nou ‘n salwing, ‘n veldbrand RUACH ha KODESH salwing swiep voort (oor) hierdie land terwyl hierdie Woorde geplaas word selfs al het die meeste dit nie gelees nie en (nietemin) gebruik EK dit as‘n standaard teen die bose en sonde wat hierdie land deurtrek.

Uit die ganse wêreld, het EK New Zealand gekies om soos MY Nuwe Sion te wees. Want hierdie is waar EK gekies het vir die eerste fisiese tak van die Bediening om navore te kom. In die geestes realm sal die vyande hulle tande kners in raserny. O, maar die Heliges wat na vore sal kom! EK sê vir jou hierdie [Elisheva]: jy sal verbaas wees en jy sal weet, elke traan wat jy gestort het, elke pyn van verraad wat jy gevoel het was dit alles werd. EK belowe jou dit. EK belowe jou dit en EK, YAHUVEH, kan nie lieg nie, EK belowe jou dit.

Ondersoek die vrugte van diegene wat hierdie Bediening aanval. Hierdie Bediening bring siele na YAHUSHUA julle MASHIACH, MY Enig Verwekte SEUN. Ondersoek die vrugte! Ondersoek die vrug! Wie, wie, wie behalwe satan sal ‘n Bediening aanval wat slegs heiligheid preek, nooit niemand lei om te sondig nie, die naam verhef van YAHUSHUA ha MASHIACH aan die ganse wêreld nie net in een taal nie, maar in soveel as hulle kan. En meer vertalers sal na vore kom. Hierdie is nie die einde nie! Hierdie is die begin!

So jubel MY geliefde skatte, EK gee hierdie geskenk aan julle! EK blaas die basuin uit die Hemel en EK verklaar seëninge oor die New Zealand baba, seëninge op die Heiliges in New Zealand en seëninge op almal wat hierdie Bediening en die nuwe leierskap wat EK navore geroep het sal seën. Seëninge op al diegene wat hierdie Bediening verdedig teen die stormloop van beswadderende leuens! EK spreek seëninge, seëninge, seëninge - drievoudig vir elkeen wat ‘n vennoot in hierdie Bediening was, wat bemoedig het, wat hulle ondersteun het, wat hulle name oplig in gebed. EK spreek seëninge driemaal tot julle, drie keer meer as wat julle voorheen gehad het.

Hierdie is die Woorde wat EK, YAHUVEH te sê het. Dit is die geskenk wat EK vir julle gee terwyl julle die Fees nader van Basuine. EK blaas die basuin eerste en EK proklameer dit aan die wêreld: die baba, die baba het gelewe en nie gesterf nie en EK het tot geboorte gebring wat EK geprofeteer het.

Weereens bewysend [Elisheva], jy is nie ‘n vals profeet nie. En wee enigeen wat jou dit noem, want ‘n vermenigvuldiging van folterings sal hulle hê terwyl die hel en die Poel van Vuur hulle tuiste sal wees. En EK, YAHUVEH belowe jou dit!

So is dit gespreek, so is dit geskryf op 18 September 2009

‘n Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,

Apostel Elisheva Eliyahu