Profesie 120
Moenie Opgee Nie! Moenie Ophou Nie! Sukkot Restourasie Profesie aan Hebreeuse Vertaler, Messiaanse-Jode & Alle Gelowiges

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu, 19 Oktober 2011
6de dag van Sukkot d.m.v. Nuwe Maan waarneming; of 7de dag, Hoshana Rabbah d.m.v. offisiële Israelitiese Kalender

Hierdie Profesie het die Salwing van restourasie, krag en onverskrokkenheid. So as jy gevegs-moeg en afgemat is, laat YAHUSHUA jou verkwik met hierdie Sukkot Profesie van Restourasie aan almal wat YAHUSHUA aanbid en Heilig lewe. Dit het ‘n Salwing van restourasie - verstand, ligaam, siel en gees, gesondheid, finansies en in alle opsigte!

Ons loof U, ABBA YAHUVEH vir die Salwing op hierdie Profesie wat jukke en bindings gaan breek tot U Lof, Eer & Glorie.

Alle Wedergebore, HEILIGE GEES gevulde Gelowiges wat YAHUSHUA ALMAGTIGE HERE GOD & REDDER, aanbid, dien en gehoorsaam, alle vervolgde, misbruikte, verwerpte, gehate – julle wat moeg is vir boosheid wat aanvaarbaar genoem word en goed wat boosheid genoem word; moenie opgee nie Heilige Gebeds-bemiddelaars, Bruid van YAHUSHUA. Moenie ophou nie selfs wanneer die bekommernisse en probleme van hierdie wêreld jou oorweldig laat voel, wanneer satan aanval, wanneer vyande jou oortref in getal! Moenie opgee nie, moenie ophou nie! Hierdie wêreld is nie ons Tuiste nie! Moenie jou geloof opgee nie in YAHUSHUA se Naam! Julle sál oorwinning hê!

Hierdie gaan soveel van die troepe herstel wat so papgeslaan was. Die moraal van die troepe het nodig om opgebou te word. Daar is geen verdraagsaamheid in Israel vir diegene wat glo in en vir YAHUSHUA volg nie.

Elisheva sê, "Dit het 'n vervolgde Jood geverg om die salwing aan te wakker in hierdie vervolgde Jood." As jy moeg en neergeslaan is, lees asseblief en luister. Daar is 'n Salwing van restourasie hierin. Daar is 'n groter Salwing in die Gesproke Woord. Luister asseblief na die klankopname in die video of lees dit hardop as jy in staat is.

Kyk asb. op die einde, was daar ‘n wonderwerk met die bandopnemer. Die battery was gevul met net genoeg krag om die lengte op te neem van die Woord self. As die telefoongesprek opgeneem was van die begin af, sou die hele Woord nie opgeneem gewees het tot die einde toe nie. Maar Loof YAHUSHUA, die opname het begin in YAHUVEH se perfekte tydsberekening en die hele Woord was opgeneem!

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

met Profeet Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee aan hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie voortbring (1 Kor 14:6)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Loof YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”

ELOHIEM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- is ook op hierdie webwerf.

(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis vertaling mits anders aangedui

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesieë:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het

EK is YAHWEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

(van Profesie 105)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte uit 2 Kronieke, by te voeg as ‘n waarskuwing vir diegene wat spot:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Profesie 120 Begin:

19 Oktober 2011

Jy behaag MY, MY kind. Moenie huiwer om MY die HERE GOD ALMAGTIG te noem nie, want MY GEES is in jou.

Jy is MYNE! Jy is Bloed-gewas!

Jy is Bloed-gekoop! En jy is MYNE.

- verstand, liggaam, gees en siel behoort aan

YAHUSHUA HA MASHIACH! EK IS jou MESSIAS!

Elisheva: “O, ek kry warm!” (Die Heilige Vuur Salwing van die RUACH HA KODESH manifesteer dikwels op hierdie manier.)

En nou vul EK jou met Vars Nuwe Olie uit die Hemel om te wandel in 'n groter Salwing om te spreek met ‘n groter onverskrokkenheid, soos Johannes die Doper.

Van die kroon van jou kop tot die einste sole van jou voete!

Vars manna uit die Hemel, gee EK vir jou om te eet!

Jy is MY geliefde! MY geliefde is MYNE!

O, MY kosbare een! Help MY, help MY, help MY!

Voed MY skape en lammers! Werk aan hierdie Profeet se sy.

Want die tyd is so kort!

MY BLOED deurweek die grond in Israel. Net een druppel is al wat dit verg om die sondes weg te was. Dankie vir jou om nie skaam te wees vir MY nie. Dankie vir jou om gewillig te wees om vervolg te word vir MY! Dankie vir jou vir die aanvaarding vir MY, selfs al beteken dit jou eie familie draai weg, diegene wat van jou bloed-familie is, maar nie MY BLOED-Familie nie!

MY BLOED-Familie omhels jou soos EK hierdie Profeet suster van jou, jou laat bel het hierdie dag! MY BLOED-Familie, diegene wat die wil doen van die HEMELSE VADER, omhels jou en het jou lief - herken jou vir wie jy is in MY! Onthou hierdie altyd. EK het jou lief! En EK bedank jou. Ja, jou HERE GOD, jou VERLOSSER, jou MESSIAS het jou lief! Moet nooit, nooit, nooit, nooit dat enige iemand dit wegneem nie!

EK praat met jou in die stilte van die nag. EK gee vir jou Openbarings. En groter Openbarings sal jy hê!

Onthou MY geliefde een, “Judasse” sal kom en “Judasse” sal gaan. EK het MY “Judasse” gehad. Jy het joune. [Elisheva] het hare. Almal, almal, almal wat volg agter MY aan, as hulle nie vervolg word in MY NAAM nie, beter hulself afvra, “Hoekom nie?” Want die dienskneg is nie groter as die MEESTER nie. (Joh 13:16) Dit is almal... almal het MY nie lief nie [Nie almal het MY lief nie]. Moenie van almal verwag om jou lief te hê nie – terwyl EK steeds vervolg word — in hierdie wêreld! EK IS meer gehaat as wat EK geliefd is! EK IS meer bespot as wat EK aanvaar is! Maar EK het die PRYS betaal by Golgota. En Israel – O, Israel - hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank moet EK wag vir jou om MY te aanvaar — MY lief te hê?

O! EK weet hoe lank dit sal wees! En EK ken die prys wat Israel sal betaal! En dit sal 'n prys wees wat so swaar is - want hulle word meer aanspreeklik gehou. Want EK het die strate bewandel van Jerusalem. MY BLOED, MY BLOED, MY BLOED is deurweek in die land. O hoe treur EK! Hoe rou EK!

Maar daar is 'n oorblyfsel! EK het 'n oorblyfsel! EK het ALTYD 'n oorblyfsel! Hulle is min, maar hulle is MYNE! En net soos EK vir jou het so ook is daar ander in Israel. En hulle is versprei reg oor die wêreld en hulle gaan opstaan en hulle gaan verdedig! En hulle verdedig dit wat Heilig is! En hulle ontbloot en bestraf alles wat onheilig is en waarsku dat die vals messias oppad is - maar dit sal nie gebeur voordat EK MY ware Bruid wegneem nie.

So EK neem net hierdie oomblik om te se, “Dankie”. EK stuur hierdie Profeet van MY om te se, “Dankie”. Nie een traan wat jy gestort het vir MY NAAM’s ontwil, is nie gestoor in die Hemel nie in 'n kosbare bottel, omkors met edelstene en juwele van alle soorte (Ps 56:8). En hoe groter die vervolging - EK sê vir julle dit MY geliefdes, MY geliefde Bruid - hoe sterker die geur. Die aroma is in daardie bottel van jou trane. Dit was 'n offer aan MY, jou YAHUSHUA, jou HEMELSE VADER en die KOSBARE RUACH HA KODESH.

O hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank het EK gewag om in staat te wees om MY Bruid te omhels! Maar dit sal nie veel langer wees nie! Dit sal nie veel langer wees nie! Jy sal in MY Arms wees! Jy sal MY Stem hoor!

Moet net nie opgee nie! Moet jy nie ophou nie! Want jy het so ver gekom! Moenie opgee nie! Moet jy nie ophou nie! Moenie skik met die wêreld se leuens nie!

Hoe meer die wêreld vir jou sê dat jy onheilig is, weet dat jy Heilig is! Hoe meer hulle spot en hulle lag -omdat jy die Torah wette volg- weet dat jy MYNE is!

Hoe meer jy die Sabbat verdedig, die Shabbat en sê: "Dit is nie 'n Sondag nie" — weet net dat jy MYNE is! Moenie opgee nie. Moenie ophou nie. Alhoewel die vervolging so swaar is en alhoewel dit swaarder gaan word, onthou vir WIE SE NAAM jy vervolg word! Onthou vir WIE jy gehaat word!

O, hulle sal jou naam gebruik en jou naam sal hulle skend en allerhande boosheid spreek daarteen, maar dit is nie regtig jou naam wat hulle haat nie. Dit is WIE jy verteenwoordig. Dit is wie jy is in MY. Dit is die Boodskappe wat jy bring wat kom direk uit die Hemel.

So moet jy nie opgee nie! Moet jy nie ophou nie!

Want EK gaan Wraak neem op hierdie vyande! En hulle sal bid vir die einste berge om hulle te verberg - van HOM WIE OP DIE TROON SIT (Openb 6:15-17) En die HEILIGE LAM wat geslag was, gekruisig en weer opgestaan het! YAHUSHUA HA MASHIACH IS MY NAAM!

En EK sê vir jou - MOENIE OPGEE NIE! EN MOENIE JY OPHOU NIE! Want EK IS met jou!

Bereik MY mense. Bereik MY mense. EK praat nie net met die mense in Israel nie, maar EK praat met die mense van die wêreld. Bereik MY mense. Hou aan om MY Skape en Lammers te voed. Hou aan om nie skaam te wees vir jou getuienis nie want jou Getuienis is nie wie jy is nie, jou GETUIENIS is WIE EK IS - in jou! Dit is wat die duiwel haat! Dit is wat jou vyande haat!

Maar daardie einste GETUIENIS bewys wie EK IS - want EK verander lewens! O groot, groot, groot, groot, groot, groot, groot is die belonings wat wag vir diegene – in die Hemel – wat gewillig was, gewillig om hulle reputasies neer te lê, hulle name neer te lê, gewillig was om vervolg te word vir MY NAAM’S ontwil! Groot, groot, groot, groot, groot is julle belonings wat wag vir julle in die Hemel.

Jy sal sien MY geliefde. Jy sal MY HEERLIKHEID, MY HEERLIKHEID sien. Met jou eie oë! Sal jy sien! Dis nie ver weg nie! Moenie ontmoedig word terwyl jy die datum-bepalers sien kom en gaan nie. Luister net en jy sal sien. Nuwe Openbarings sal kom na jou toe.

Staan op vir mekaar! Nou is nie die tyd om alleen te staan nie. EK bring MY Bruid bymekaar van een uithoek tot die ander [van die] wêreld deur hierdie Internet, andersins sou julle twee wat nou praat, nie ontmoet het nie. En nogtans, is dit asof julle in dieselfde kamer is want julle is een Gees.

Jy sal weet wie is MYNE. Hulle sal veg aan jou sy. Hulle sal alles verdedig wat Heilig is. Hulle sal die wolwe ontbloot in skaapsklere. Moenie mislei wees nie. Al diegene wat eis hulle spreek in “die Naam van 'JESUS CHRISTUS'” is waarlik nie [almal] sprekend van MY nie. Enige iemand wat staan teen hierdie Heilige Bediening, die einste Bediening geordineer deur YAH ... Wee hierdie vyande wat staan teen alles wat Heilig is! Want julle staan teen ALMAGTIGE GOD!

So MY geliefde, weet dat EK jou gekies het. Weet dat jy die Hebreeuse vertaler is en daar is nog meer wat kom, maar hulle het getalm. So hierdie is jou beloning hierdie dag. Jy wou 'n Woord gehad het. Jy het 'n Woord gekry.

[Elisheva] jy het gesê, "Ek weet nie wat ek gaan sê nie!" Dis reg MY dogter, want hierdie is nie woorde van jou vlees nie! Hierdie is Woorde wat kom uit die Hemel - om die Hebreeuse vertaler te seën wat MY Woorde sal neem na die Hebreeuse volk, [en] ywerig sal werk. En EK oorvloedig sal seën!

EK het jou lief! EK het jou liefgehad! Moet nooit, ooit, ooit, ooit, ooit vergeet EK het jou lief nie. EK ken IEDER & ELKE traan wat ALMAL van julle gestort het! EK ken IEDER & ELKE keer wat jou naam vervloek word op hierdie aarde, maar dit is nie deur MY nie.

Want EK stuur vir jou Seëninge!

Ek berei 'n tafel voor jou IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN JOU vyande (Ps 32) EN EK SEËN JOU!!!! En die GANSE hel is VERWOED want hulle KAN NIE die STEM STILMAAK van jou ALMAGTIGE LEWENDE YAHUVEH nie!

So [vyande] kners julle tande in woede!!!!

EK IS nie daardie OFFERLAM

wat meer gemartel word nie! Dit was eenmaal!

Nou IS EK die LEEU uit die Stam van JUDAH

En EK KOM OM MY vyande te VERSLIND!!!!!

WANT EK & DIE VADER IS EEN!

ONS beide seën en ONS beide vervloek!

Deuteronomium 28, die Seëninge en die Vloeke:

Die Seëninge vir diegene wat GEHOORSAAM!

Die Vloeke vir diegene wat VERONTAGSAAM!

Julle wandel in MY seëninge. Diegene wat die Wil doen van die HEMELSE VADER wandel in MY Seëninge.

EK toets. EK weet reeds wie is waardig om die Groot Verdrukking te ontvlug. Almal van julle is in ‘n toets! Jy het nou 'n splinternuwe Profesie [Elisheva Eliyahu]. Jy’t gewag en jy’t gewag en die vyande het gevrees maar EK het gewag en EK het gewag todat jy hierdie stem gehoor het - van die Hebreeuse Vertaler - om die salwing aan te wakker binne-in jou.

Want ISRAEL, EK het jou lief.

Hoor jy MY, O Israel?

EK het jou lief. EK begeer om jou te red.

Dit is jou keuse.

Dit sal vervolging verg

— soos die een waarmee jy praat nou,

vervolg was en soveel meer.

Maar EK het MY Bruid in Israel.

Hulle is MY Versteekte Bruid.

Daar is nie net fisiese Israel nie, en

— daar is Geestelike Israel.

En EK het MY Bruid.

Want MY Geestelike Israel is in Israel ook.

O MY Skatte!

Lees die Hooglied van Salomo.

Sien MY Liefde vir julle. Sien MY liefde vir MY Bruid.

Julle weet nie hoe graag EK julle wil trek aan MY Sy nie!

En dit sal nie lank wees nie! Dit sal regtig nie lank wees nie!

EK sien julle trane. EK hoor julle treur. EK hou dop terwyl julle huil en weeklaag:

"Ek wil nie lewe op hierdie aarde meer nie."

Julle is omring deur boosheid aan alle kante.

Maar hoe dink julle voel EK?

Wanneer MY einste naam verag word?

Dit sal nie lank wees nie.

Moet net nie opgee nie! Moet julle nie ophou nie!

Die goeie werk wat EK begin het, sal EK voltooi.

Einde van Profesie

Elisheva: HalleluYAH! Loof YAHUSHUA! Yeay! [vreugdevolle gelag] O ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, KOSBARE RUACH ha KODESH! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Dank U! Almal het gewag en almal het gesê: "[Elisheva], dit was so lank vandat daar nog 'n Profesie was. Waar is die profesie? Jy het Profesieë gehad wat opgestoor was."

Maar ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA, dank ons U en loof ons U nou! Hierdie is die volgende Profesie en dit het 'n Hebreër geverg uit Israel om dit los te maak, in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH! HalleluYAH! O man, ek kry warm! Loof U YAHUSHUA! Woo hoo! Ek weet nie wat dit sê nie, wat sê dit?

[Die gesprek gaan voort, antwoord gedemp vir ‘n paar oomblikke langer totdat die battery heeltemal pap is].

Elisheva: O Ok, die battery flikker dat dit pap is - maar maak seker die boodskap is daar... O asseblief GOD ALMAGTIG ...”

Opname eindig hier.

Voortgespreek uit 'n werktuig van klei, maar 'n magtige vegter vir YAHUSHUA.

So is dit gespreek, so is dit geskryf hierdie dag 19 Oktober 2011, in die middernag-uur.

* * * * * * *