Profesie 121

Is YAHUSHUA net Redder of Is HY HERE GOD ALMAGTIG van Jou Lewe?

Woord vir Sielsgenote
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang, 10 Mei 2011 – Vrygestel 29 Desember 2012


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het

EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof aan die gesnede beelde nie.
Jes 42:8

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUSHUA het hierdie Woord gespreek vir ‘n geliefde dogter in YAHUSHUA, wat die duiwel probeer skei het van haar sielsgenoot. As gevolg van vorige seerkry, was daar in die Gees doringdraad om haar hart wat haar verhinder het om liefde te gee en te ontvang maar, sy moes die een wees om vir YAHUSHUA te vra om die geestelike doringdraad te verwyder. Niemand anders kon dit vir haar doen nie.

Deur die volgende pragtige, kragtige en gesalfde Woord van YAHUSHUA was sy vrygemaak van jukke en bindings as sy maar net sou ontvang en YAHUSHUA gehoorsaam en loof YAH sy het!

Daar was ‘n langdurende telefoniese gesprek met ons geliefde dogter in YAHUSHUA wat hierdie Woord voorafgegaan het. Die volgende was pas gesê net voor die Woord van YAHUSHUA begin het.

Kathrynyah: Kosbare HERE, ons bid net vir genesing vir U geliefde dogter se hart reg nou in die naam van YAHUSHUA MASHIACH en vir haar sielsgenoot se hart.

Elisheva: Ek hoor iets. Ek hoor iets waar sy bid direk nou, jy kan alleenlik hierdie doen geliefde dogter. Jy is die enigste een wat hierdie kan doen direk nou. Jy moet daardie tweesnydende swaard vat en daar’s doringdraad wat daar gesit was om jou hart sodat mense nie te naby kan kom nie en dan kan jy ook nie naby hulle kom nie want doringdraad sal altwee uitmekaar hou. Verstaan jy? Dis soos jy gesê het jy’t “jouself gekwarantyn” maar daar’s doringdraad daar en jy, sê YAHUSHUA, moet dit vat direk nou en sien jouself - as jy hierdie regtig, regtig kan doen- sien jouself daardie doringdraad afsny van jou hart af. Kan jy dit doen?

Geliefde Dogter in YAHUSHUA: Ek kan

Kathrynyah: Kan jy dit spreek nou?

Geliefde dogter in YAHUSHUA: Nou goed ek vat my Heilige gesalfde doringdraad skêr en ek sny al die drade weg binne-in my hart en dorings en enige iets wat my verhinder om naby ander mense te kom en mense verhinder om naby my te kom. Gee vir my ‘n hart van vlees YAHUSHUA.

Elisheva en Kathrynyah: Amen!

Kathrynyah: ABBA YAHUVEH ek dank U dat U daardie gebed beantwoord. Ek bid om wonderwerke te sien gebeur as gevolg daarvan in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Elisheva: En ons bid dieselfde vir sielsgenoot want hy het dieselfde ding gedoen en dit is hoekom hulle sielsgenote is. Hy het dieselfde ding gedoen. Hy het doringdraad om sy hart en ek gaan vir hom dieselfde ding sê.

Kathrynyah: Wel daar het jy dit.

Elisheva: So ek sou nie daardie openbaring gekry het as ons dit nie so pas gebid het nie. En geliefde dogter ons weet daar kom bevryding. Maar hierdie is die begin daarvan direk nou. Reg? So ek gaan jou geliefde sielsgenoot skakel nou op die daad en ek wil nie eens die foon oproep met haar beëindig nie so lief het ek haar. Dit is nie net my liefde nie…

Elisheva: begin spreek in Heilige Tale…

* * * * * * *

Profetiese Woord Begin:

MY geliefde dogter hierdie aand het jy MY behaag terwyl jy jou vlees neerlê en sê: “Ek sal dit nie op my manier hê nie maar ek sal dit op U manier hê, YAHUSHUA. Ek sal nie my pad stap nie, maar ek is vasbeslote om U pad te stap YAHUSHUA.”Jy behaag MY, MY geliefde. Want dit is waar dat niemand jou kan liefhê soos EK doen nie, maar moenie hierdie feit betwyfel dat EK MY liefde in ander gesit het vir jou nie. En hoeveel meer sal EK doen deur jou eie sielsgenoot as julle albei MY maar net sal toelaat om MY liefde te manifesteer deur altwee van julle. Enige iets wat satan so hard beveg het MY geliefdes, verstaan julle nie hoe groot dit is dat dit MY wil is dat dit geskied nie. Want hy veg net teen MY planne. Hy wil verdeel wat EK gesê het EK saamgevoeg wil hê, maar EK sal nie enige van julle se wil dwarsboom nie. Ewemin sal EK hierdie toelaat om die toevlugsoord langer te verdeel want luister vir julle geestelike moeder. Want verenig staan julle en verdeeld sal julle val so bly verenig, julle het mekaar nodig. Julle weet nie wat gaan gebeur hierdie jaar nie.

Maar MY geliefde dogter dit is EK wat daardie woorde in jou mond sit: ”Ek bly in die ark want dis hier waar ek veilig is.” Dit beteken nie die storms gaan nie teen die deure hamer en jou probeer verdrink nie, maar wat dit wel beteken is EK IS in die ark saam met jou. En EK sal nie die storms toelaat om jou te verdrink nie.

satan vrees wanneer een van julle bid, hoeveel te meer wanneer almal wat EK daar bymekaar gemaak het saam bid want elke een is gesalf. Maar steeds moet EK hierdie sê: niemand met die gees van rebellie kan bly nie. Want rebellie is soos ‘n vorm van heksery en indien enige iemand sê: ”Ek dring aan om dit te hê volgens my weg dan sal EK hulle moet stuur op hul weg want dit is soos ‘n melaatsheid. So, My geliefde dogter jy het die gees beveg van rebellie. Almal van julle beveg die gees van rebellie en weet net deur MY NAAM, MY BLOED kan julle daardie geveg wen teen die gees van rebellie. Want satan is die eerste om te gerebelleer het; lucifer het gesê hy sal dit op sy manier hê. Nou probeer hy diegene bedorwe wat MY kinders is met die vuil stank van die gees van rebellie waar saam met daardie een gees, ‘n legioen kan kom van demone om te teister, te beset, te onderdruk.

Moenie die gees van rebellie toelaat om binne te kom nie. Wanneer julle dit sien, dryf dit uit! Lag in die duiwel se gesig. Julle sal sien! Julle sal sien! Julle sal sien! En hierdie geld vir al die YDS wat EK hierdie Woord voortspreek: Lag in die duiwel se gesig!

Toets die gees wat praat beteken hou elke gedagte gevange! Is dit EK, YAHUSHUA, wat hierdie woorde sou voortspreek? Is dit EK, YAHUSHUA, wat vir julle hierdie gedagtes sou gee? Julle sal sien MY skatte hoeveel keer julle sal moet erken dit is of jul vlees of dit was satan. Maar in ieder geval as EK hierdie nie sou spreek nie, moet dit nie ontvang nie. O hoe lief het EK julle. EK het vir julle soveel gegee en EK het soveel meer om vir julle te gee as julle MY maar sal vertrou.

Seun, lê neer jou trots. Wees gewillig om die doringdrade af te sny van jou hart af. Want dit is MY begeerte om julle twee bymekaar te bring om te bedien sy-aan-sy. Dit is MY begeerte om al hierdie paartjies te gebruik om te bedien aan ander paartjies. Almal van julle was voortgebring deur MY eie hand. Almal van julle het gely vir MY Naam’s ontwil. Almal van julle het saam oorlog gemaak, saam gelag, saam gehuil. EK het so baie belê. Daar was nie een ongeluk wat gekom het na daardie toevlugsoord toe nie.

Vanaf hierdie nag vorentoe as almal maar sal gehoorsaam: Sal EK, YAHUSHUA, siele trek daarheen.

MY liefling dogter, geen liefde kan so bevredig soos MYNE nie, maar laat MY toe om jou lief te hê deur ander. Moet nooit dink waneer twee sielsgenote bymekaar kom is dit perfeksie op aarde nie. Want daar is geen perfeksie op aarde in ‘n verhouding nie, mits dit EK is wat voortspreek EK toegelaat [word] om voort te manifesteer, mits dit MY liefde is wat voortkom, gekombineer met julle liefde. Deur julself sal julle woorde spreek van haat. Deur julself sal julle woorde spreek van verwonding. Deur julself is julle selfsugtig.

Lê neer jul eie verlange en kyk na die ander deur MY oë. EK sal nie enige minagting duld teen die Bruid nie! Moet mekaar nie minag nie want julle betaal so 'n prys om te behoort aan MY. Almal van julle het dieselfde begeerte om MY bruid te wees, om 'n getuienis te hê soos Henog sodat EK julle kan trek tot aan MY sy!

Vergewe op die manier wat EK julle vergewe. Vat ‘n uitveër. Laat nie die ander se sonde geskryf wees in ink nie. Laat dit in potlood wees. Nou vee dit uit. Sien jouself dit uitvee asof dit nooit was nie. Is dit nie die manier wat EK julle sondes uitwis met MY gestorte bloed, so ver soos die ooste van die weste is nie? Sê EK vir julle: “Onthou, op so en so dag, op hierdie tyd en hierdie uur het julle gesondig teen MY?”

EK het geen rekord sodra julle sê “vergewe my” en julle dit bedoel en julle bekeer en wegdraai van daardie boosheid nie. Hou op kinders wees en sê: “ek wil dit op my manier hê”. Het EK dit op hierdie manier gedoen? Het EK nie die voorbeeld gestel selfs om na die kruis toe te gaan nie? Het EK nie gesê: “O, ABBA soos U dit wil hê, nietemin as dit alles moontlik is” [O, my VADER as dit moonlik is, laat hierdie beker by MY verbygaan: maar nogtans, laat nie MY wil nie maar U wil geskied. Mat. 26:39] En hierdie beker kan nie by MY verbygaan nie, EK wil hê dat U wil geskied en nie MYNE nie. Hierdie is ‘n geheim om die Bruid genoem te word!

Niemand is MY Bruid as hulle nie hierdie deel kan regkry nie. As hulle nie hul vlees kan neerlê nie hoe kan hulle dan in die Gees wandel? Hoe kan hulle die Kosbare HEILIGE GEES hoor wat woon in julle? As jy jou ore bedek en jou oë bedek en jy sê: “Ek wil nie hoor wat U te sê het nie en ek wil nie sien wat U vir my wil wys nie. Ek wil nie spreek wat U wil hê ek moet spreek nie, ek wil nie gaan waarheen U wil hê ek moet gaan nie. Ek wil nie doen wat U vir my sê om te doen nie!” GAAN DAN WEG VAN MY jy is NIE MY Bruid NIE! So, daarsy! EK het dit gesê! Hoeveel maniere moet EK sê: “Gaan weg van MY jou sogenaamde ongehoorsame bruid”!? Die wêreld wil dit nie hoor nie! Die georganiseerde kerke wil dit nie hoor nie!

EK IS nie net daardie offerLAM nie. EK IS nie net die liefde van julle lewe nie. EK moet gevrees word ook! Julle wil nie ooit die grimmigheid smaak van die LAM nie (Openbaring 6:16). EK het julle lief genoeg om te waarsku! Die koms van die dae van verdoemenis is naby. Julle sal nie agtergelaat wil word nie. Niemand kan vergelyk met MY liefde wat EK het vir julle nie en MY liefde is die VADER se liefde, en MY liefde is die RUACH HA KODESH se liefde. ONS is ALMAL gekombineer. Niemand kan vergelyk met ONS liefde vir julle nie. Maar moenie mislei word nie. Want niemand kan vergelyk met ONS woede ook nie. Hulle wil dit nie preek nie so EK het hierdie bediening opgerig om dit te spreek. EK plaas in elke een van MY Bruid 'n vrees om (MY) nie aanstoot te gee nie. Wanneer hulle bekeer doen hulle dit met trane. Hulle sê: “YAHUSHUA ek wil U nie seermaak nie.”

Die vyande, hulle sê: “Jy kan genade nie wegsondig nie”. Die vyande lieg. Hulle toets MY weer en weer, keer-op-keer. Hulle sê: “want ons kan enige iets doen wat ons wil doen nou! Dit gaan alles oor die kruis. Julle word nie toegelaat om my te oordeel nie. Julle mag nie vir my sê my siel is verlore nie“ en hulle ken MY nie eens nie. Dit is die letter wat doodmaak en die gees wat lewe gee. Hulle het nie eens die Gees nie. Die HEILIGE GEES is nie binne-in nie. Hulle het die Woord gelees. Hulle het hulle gememoriseer. Hulle probeer MY eis as ‘n REDDER maar hulle sê vir MY: “Gaan weg as ‘n HERE”! Hulle sê: “Ek wil geen meester oor my hê nie, hierdie is my lewe en ek gaan dit leef op die manier wat ek wil!” O, maar ek het U lief Jesus. O, maar ek loof U! Johannes 3:16! Sien dit sê dit net hier al wat ek hoef te doen is net glo. Ek hoef nie te gehoorsaam nie! AmightyWind Bediening gaan weg! Ek kan sondig soveel ek wil wie is jy om te sê? Dit gaan nie oor wat ek doen nie – dit is wat Jesus gedoen het. Niemand kan regverdig wees nie sien dit sê dit net hier. 'Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die geregtigheid van GOD. (Rom. 3:23)”

Maar EK sê vir julle hierdie, die gebed van die regverdige vermag baie (Jakobus 5: 16) omdat julle geregverdig is deur MY want julle is soos 'n David en wanneer julle wel sondig teen MY onwetend, [en wanneer julle dit besef] is julle vinnig om te bekeer. Julle vrees nie om te bekeer nie. Julle weet dat EK vir julle sê om vir MY te wys hoe lief julle MY het, is om MY te gehoorsaam. (Joh.14:15) EK sê dit vir julle en niemand anders sal dit preek nie so EK sal dit voortspreek deur hierdie werktuig van klei. EK kan nie net ‘n REDDER wees nie, EK moet julle HERE GOD ALMAGTIG wees. Dit gaan alles saam as een. Dit is waarom hierdie bediening apart-gestel is. Dis nie net gestuur na die laaste-kansers nie. Dit word nie net gebruik ‘n Smelters-oond nie. Dis gestuur na diegene wat geroep is om MY Bruid te wees. Selfs hierdie nag sien julle 'n woord het voortgekom. [Elisheva] kon nie skakel, in haar eie tyd, na jou toe nie want hierdie Woord was nog nie daar nie. EK moes vir haar 'n droom gee. EK moes die woorde voortspreek wat EK het hierdie nag.

My geliefde dogter jy moes ontvang. Jy moes jou vlees neerlê en sê: “Ek sal dit doen op YAHUSHUA se manier” en jy het en jy het die woorde gespreek en as gevolg van jou MY liefling dogter het hierdie Woord voortgekom. Maar EK het geweet dit sal. Dit was nie die tyd hierdie (afgelope) naweek nie. Dit was nie die tyd vir hierdie Woord om gebaar te word nie so EK het die fone toegelaat om af te gaan. Andersins, [Elisheva], was jy in sulke desperaatheid. Jy wou dit net oor en verby kry het die ergste verwag. Wanneer het jy ‘n gedagte gevange geneem vir jou om te dink dat die ergste sou voortkom? Want die ergste het nie voortgekom nie die beste het voortgekom! En jy het verbind saam met jou dogter in ‘n manier deur trane en doringdraad was gesny en sy het die begeerte vir haar sielsgenoot omdat EK dit daar geplaas het want EK het vir haar, haar sielsgenoot gegee. Daar is geen ander.

Nou sal EK jou lippe salf om voort te spreek tot die ander helfte. Onthou MY skat, MY juweel soos geen ander want almal van julle glinster teen ‘n verskillende graad. Almal van julle, almal van julle glinster. Sommiges moet gepoleer word en die manier wat EK poleer is met trane, trane, trane en pyn en smart. Want kyk na 'n klont steenkool hoe hard dit gepers moet word voordat dit verander in 'n diamant. Almal van julle, almal van julle, almal van julle was so hard gepers maar dit was nie tevergeefs gedoen nie. Al hierdie het voortgekom hierdie nag omdat EK 3 gehad het wat gehoorsaam het. [Elisheva] jy het MY stem gehoor terwyl jy geslaap het. Kathrynyah jy was daar vir [Elisheva] om te help om die salwing te vermeerder, en geliefde dogter, EK gaan nie jou naam sê nie maar jy weet wie jy is, jy moes ontvang. Jy moes jou hart oopmaak. Jy moes begeer om die woorde te hoor wat EK te sê gehad het. Jy moes voorberei word. EK het jou lief.

EK het elkeen van julle lief. Diegene wat YAHUSHUA se “Demon Stompers” maak, julle beteken so baie vir MY! Julle is vernoem na MY! EK het vir julle jul eie temalied gegee! [I’m Going To The Enemy's Camp] want julle gaan na die vyand se kamp en neem alles terug wat die duiwel gesteel het en hierdie nag dogter vat jy alles terug wat die duiwel gesteel het want satan is ONDER JOU VOETE! En die vyande is verslaan! Moenie gaan volgens dit wat jou oë sien nie! Jy het nie ‘n idee wat EK gedoen het aan die vyande se kamp nie!

Julle is so spesiaal, diegene wat bly in YAHUSHUA se “Demon Stompers” en diegene wat moet kom. Julle is so baie spesiaal dat EK MY Heilige Engele gestuur het om die geboorte te verklaar van daardie spesiale tak van bediening en die vyande hoon en spot en hulle sê: “niemand kan Heilig wees nie”. Hulle oordeel julle weens dit wat húlle is want daar is geen Heiligheid in hulle nie. Hulle begeer nie Heiligheid nie. Hulle begeer nie om MY Stem te hoor nie. Hulle bedek hulle ore wanneer hulle dit hoor en hulle noem hierdie Profeet allerhande bose name en enige iemand anders wat die Woorde herhaal wat EK sê.

Maar nie julle nie MY geliefde, nie die ware Bruid nie, julle ken MY woorde. Julle herken hulle en EK het julle lief en groot, groot, groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel. Al wat julle hoef te doen is oorkóm. Wees oorkómmers en neem elke gedagte gevange. En wanneer julle 'n gedagte hoor wat julle weet is nie van MY af nie met 'n stem wat nie van MY af is nie, vat dit asof julle dit vasgryp met julle hande en in die naam van YAHUSHUA, bestraf dit. Daardie leuenagtige misleidende gees! En bestraf satan en sien julself met daardie gedagte wat nou verander het in die demoon wat dit gestuur het en sny die hande daarvan af! Met MY tweesnydende swaard sny dit af! En gooi dit weg en werp dit weg en sê: “Ek sal niks van jou leuens hê nie satan!” Want die planne wat EK het vir julle is ten goede en nie vir onheil nie: al diegene wat MY stem kan hoor; hierdie geld vir die gaste ook.

Roep MY aan. Vertrou MY! Steun nie op julle eie insig nie maar erken MY in al julle weë en EK sal julle paaie rig. Vertrou MY! Hou op om dit op julle manier te doen en doen dit op MY manier, julle HERE, julle REDDER, julle MEESTER, julle REGEERDER. EK gaan nie een verloor nie! EK ken elkeen wie se naam geskryf is in die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde en EK sal nie een naam verloor nie.

So wanneer vyande kom en vyande gaan. Judasse kom en Judasse gaan. Wanneer julle alles doen wat julle kan, jy jou kop stamp teen die muur maar jy nie daardie persoon op hul knieë kan kry vir MY en te erken dat EK nie net veronderstel is om hul REDDER te wees nie, EK IS moet hulle MEESTER wees - EK IS ALMAGTIGE GOD, YAHUVEH se Enig Verwekte SEUN en julle moet MY voetspore volg, nie in jul eie nie. As julle volg in jul eie voetspore sal hulle julle reguit hel toe lei, dis hoekom EK na hierdie wêreld toe gekom het om vir julle voetspore te gee om in te volg.

So hierdie is die Woorde wat EK te sê het, 'n onverwagse geskenk aan MY kosbare YDS. Want julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle werk so hard in hierdie oesland. Die werkers is so min maar julle kla nie. [Elisheva] sal sê:” Hierdie moet gedoen word en dat moet gedoen word” en niemand van julle kla nie. Julle slaan jul hand aan die ploeg en ongeag wat na julle toe kom, is julle oorkómmers! Net oorkómmers is YAHUSHUA se Demon Stompers! Onthou dit. Diegene wat misluk kon nie opweeg nie.

So EK laat julle met hierdie Woorde om ‘n seën te wees vir julle. EK het julle lief. Dit sal nie lank wees voor EK julle sien nie. Hou net styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laatlos nie! Ongeag wat julle sien in hierdie wêreld, moenie laatlos nie. Hou net styf vas. Moenie dat die gees van godsdiens steel wat EK vir julle gegee het nie. Moenie dat die gees van twyfel of kommer of vrees of paniek steel wat EK vir julle gegee het nie.

Geen godsdiens sal julle red nie! Geen! Geen! Geen! Alleenlik 'n liefdevolle gehoorsame verhouding tot MY, YAHUSHUA ha MASHIACH sal jul siel red.

Dankie dogter. Dankie vir die aanwakkering van die salwing in hierdie Ringmaagd van MY! Ek weet [Elisheva] jy het selfs gehuiwer om daardie woorde te sê want daardie woorde was besmet met leuens van satan maar jy is MY Ringmaagd en die Woorde en die Profesieë lui reg rondom hierdie wêreld. En satan jy weet dit. Jy kan hierdie nie stop nie want EK het hierdie verklaar. En meer tale sal voortkom. MY dogter hierdie nag het EK jou gesalf op 'n nuwe manier. EK salf jou nou met 'n nuwe hart en die doringdraad was weggesny. Moenie dat dit ooit weer groei nie. Moet nooit terugkyk nie en kyk net vorentoe en terwyl jy aanhou om jou wil neer te lê, terwyl jy aanhou om elke gedagte gevange te hou, elke begeerte gevange! Sien as dit van MY is, sal jy meer groei in die Salwing van die RUACH HA KODESH en dit geld vir almal wat luister na hierdie Woord nou.

Einde van Woord

Elisheva: Sug, dis dit! Dis asof ek nie asem gehaal het die hele tyd nie. Dis die hemel se suurstof…

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

aan Apostel Elisheva Eliyahu

Offensief vir meeste en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid

van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS