Profesie 129
Pasop Vir Die Toorn Van Die Lam! Yahushua Bring Sy Skeidende Swaard!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 5 Julie, 2016
EN VIR DIE BERGE EN DIE ROTSE GESÊ: VAL OP ONS EN VERBERG ONS VIR DIE
AANGESIG VAN HOM WAT OP DIE TROON SIT, EN VIR DIE TOORN VAN DIE LAM;
- OPENBARING 6:16
* * * * * * *
Hierdie Profesie bevat die HEBREUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”:
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN
HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM beteken “GOD.”
Die openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA
KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- is ook op hierdie web werf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD se BLYWENDE, HEILIGE
TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel tot dit beteken ABBA YAH ‘VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH’
Skrif aanhalings vanuit die Woord EN Getuienis vertaling mits anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH se woorde aan Elisheva wat bygevoeg moet word voor die Profesieë:
ELISABETH [ELISHEVA], EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU OM NIE HIERDIE BEDIENING
NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE, SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS. EK
HET DIT IN JOU GEES GEPLAAS, WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HAND TOT STAND GEKOM
NIE. NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE. DIT IS UIT DIE MOND VAN
YAHUVEH DAT GEBOORTE HIERAAN GEGEE WAS. DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU
MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS. DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU
IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS. AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL
MISLUK HET. DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI, DIE
HEILIGE WIND VAN HERLEWING. DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE ANDERS SOU DIT LANKAL
MISLUK HET. EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM; EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,
OF OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE. (JESAJA 42:8)
(PROFESIE 105)
IN JULIE 2010 HET YAHUVEH GOD OOK BEVEEL OM DIE VOLGENDE BY TE VOEG AS
WAARSKUWING VIR DIEGENE WAT SPOT:
“MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG, SY WOORDE VERAG EN MET SY
PROFETE GESPOT TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT
DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE.” 2 KRONIEKE 36:16
* * * * * * *
Elisheva: Goed Ezra. Ek het nodig Ezra dat jy weer in tale bid.
[Ezra praat in Heilige tale]
Elisheva: Wat wil U [YAH] sê? Salf my asseblief.
Ek bestraf en bind jou weg van my af satan in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH.
Hallelu YAH, Hallelu YAH! [Ezra en Elisheva bid in Heilige tale] O ABBA YAHUVEH
raak my lippe aan! Raak my lippe aan YAHUSHUA! Raak my tong aan IMMAYAH!
[“Die Staf” van Heilige tale begin voortkom…]
* * * * * * *
PROFESIE 129 BEGIN:
5 Julie 2016
Weg van MY af, julle valse profete! Julle valse apostels! Jou vals bruid! EK het
hierdie Bediening opgerig! EK het AmightyWind Bediening opgerig om te ontbloot
waar die onkruid en die wolwe is!
EK salf jou Ezra, en jou Elisheva, selfs op ʼn groter manier om te doen wat die
verwerpte [1] Paul Hellem geweier het om te doen! EK salf julle op ʼn groter
manier om diegene met ʼn Jesebel gees, te verjaag – wat kom om die Bediening te
vernietig wat aan MY YAHUVEH behoort, wat aan MY YAHUSHUA behoort, en wat aan
IMMAYAH behoort! Want Elisheva jou naam is nie daar nie! [2]
EK salf julle om die wolwe weg te jaag – EK salf julle altwee om die maskers van
diegene af te skeur wat kom as ‘n skaap of ʼn lam en tog is hulle verskeurende
wolwe – Ezra, vandag toe jy nie ʼn woord wou uiter oor hierdie vals herders nie,
hierdie valse profete, hulle wat MY eens op ʼn tyd gedien het (soos Elisheva sê
hulle het eens op ʼn tyd Heilig gewandel voor MY).
Hulle hét! Hulle het! Rick Joyner, Joyce Meyer, Marilyn Hickey, die lys wat EK
voorheen in die pro[fesië] gegee het [3] - die Profesieë [o.a. 91, 92, 93] ! -
in die Profesieë. Maar dis hul keuse om dit wat EK so vrylik gegee het te
verkoop. Jy kan nie MY, YAHUVEH, dien en terselfdertyd vir mammon dien nie! Jy
kan nie twee meesters dien nie (Mat.6:24). Want jy sal die een liefhê en die
ander haat!
MATTHEUS 6:24: “NIEMAND KAN TWEE MEESTERS DIEN NIE, WANT ÓF HY SAL DIE EEN HAAT
EN DIE ANDER LIEFHÊ, ÓF HY SAL DIE EEN AANHANG EN DIE ANDER VERAG. JULLE KAN NIE
ELOHIEM EN MAMMON DIEN NIE”
Hoeveel het uit verkoop vir die roem en rykdom?
En EK salf jou Ezra. Elisheva doen die al vir baie jare lank – vir 21 jaar op
die Internet alleen. En dis nie eens bereken vandat sy ʼn jong tiener was nie,
toe EK haar in kerke ingestuur het om die maskers van die wolwe af te skeur, die
sogenaamde herders. En hulle het gevrees dat daar ʼn ware Profeet was. Maar nou,
Ezra, sy kan nie die enigste een wees nie.
EK salf jou vandag MY seun terwyl EK jou vertel en wys van een wat voorheen MY
waarheid gevolg het – en nie links of regs van die pad af gedwaal het nie maar
op die smal paadjie gebly het, waar die fokus YAHUSHUA was (selfs al gebruik
hulle die naam ‘Jesus Christus’), maar toe gaan hul oë weg van die teiken af –
hul oë het weggedraai van hul EERSTE LIEFDE, EK, YAHUSHUA af en hul het hul oë
gespits op roem en rykdom.
EK vertel jou MY seun.
Sy kan nie alleen hierin staan nie. Jy kan nie jou mond bedek en sê, “Ek gaan
dit nie sê nie.” Dit kan nie uit haar mond alleen kom nie. EK het julle altwee
nodig. Om die wolwe te ontbloot! Om hulle weg te jaag met die Staf van MY Toorn!
Anders sal hulle die klein lammetjies verskeur wat EK na hierdie Bediening toe
stuur… EK het jou nodig, MY seun, om te doen wat jy nie wil doen nie.
Maar hoekom sou EK jou wys as dit nie was om jou te gebruik om ander te waarsku
nie? Onthou jy Ezra dat daar ʼn tyd was toe jy na MY toe gekom het, en toe mense
jou so [verskriklik] [4] seer gemaak het en so [verskriklik] gewond het. En
hulle het gedink dis hul vrymag. Hulle het gesê dat hul namens MY praat.
O, Ezra! Daar was ʼn tyd toe jy al hierdie wonde ingeneem het en net stil
weggeloop het met trane in jou oë. En jy sou sê “Waar is die liefde? Waar is die
liefde? Waar is die liefde in hierdie liggaam wat veronderstel is om YAHUSHUA,
‘Jesus Christus’ te wees?”
Maar Ezra! Luister na MY. EK moet sorg dat jy en Elisheva hierdie les goed leer.
Hierdie mense het níé namens MY gepraat nie. Dit was níé MY woorde wat jy gehoor
het nie. Hulle het ʼn vorm van godsdienstigheid maar daar is geen goddelikheid
binne-in hulle nie. (2Tim 3:5) EK sal jou nie so seer maak nie! EK sal jou nie
aan flarde ruk met woorde nie. EK doen dit nie.
Maar nou, Ezra, gaan dit nie langer gebeur nie. En Elisheva, dit gaan nie langer
gebeur nie. Want EK het julle voorkoppe soos graniet (keisteen) gemaak
(Esegiël3:9, Jesaja 50:7)!
ESEGIEL 3:9 JOU VOORHOOF MAAK EK HARD SOOS 'N DIAMANT, HARDER AS 'N ROTS; JY MAG
NIE VIR HULLE BEVREES OF VIR HULLE VERSKRIK WEES NIE, OMDAT HULLE 'N REBELSE
HUIS IS.
JESSAJAH 50:7 MAAR DIE MEESTER YAHWEH HELP MY; DAAROM KOM EK NIE IN DIE SKANDE
NIE; DAAROM HET EK MY AANGESIG GEMAAK SOOS 'N KEISTEEN, EN EK WEET DAT EK NIE
BESKAAMD SAL STAAN NIE.
EK gebruik yster om yster te slyp (Spreuke 27:17)
Spreuke 27:17 YSTER SLYP YSTER, SO SLYP DIE EEN MENS DIE PERSOON VAN ‘N ANDER.
Wanneer julle weet dat die woorde nie van MY af kom nie – en dat dit net bedoel
was om julle en diegene wat na hierdie Bediening toe kom, te vernietig,
vernaamlik die leierskap – sal julle MY Woorde van bestraffing gebruik! Daar sal
niks meer trane gestort word oor hierdie verworpenes nie!
Ezra jy sal nie stil wegloop nie. En Elisheva, nie een van julle sal sê – of dit
selfs oorweeg nie – dat die woorde gestuur was deur MY, YAHUSHUA, nie. Hulle sal
nie meer trane in julle oë wees nie! Julle sal besef dat EK YAHUSHUA MY Staf
vat. En EK, YAHUSHUA, beskerm die skape en lammers. En dit is die Salwing waarin
ALTWEE VAN JULLE sal staan! Nie net een nie.
Wanneer EK jou ‘n waarskuwing gee, gee EK nie om wat hulle voorheen was nie! Het
julle nie ‘n les geleer van Paul Hellem nie! Het julle nie ‘n les geleer
vanJudas nie! – wie eens op ‘n tyd een van MY dissipels was?
Hoekom dink julle het EK dit toe gelaat om te gebeur? Om te wys dat dit EK,
YAHUSHUA, was wat die skeidende swaard gebring het!
Dit is EK, YAHUSHUA, wat gewaarsku het [met die vrae], “wie is my moeder? Wie is
my vader? Wie is my sister? Wie is die broer?” (kyk Mat. 12:48-50 en Luk. 8:21)
Dit is EK, YAHUSHUA! [5]
Jy kan nie iemand [‘n Heilige] in eenheid bring met satan nie! Jy kan nie eer
wat EK minag nie! [6] Hoor julle MY? Jy kan nie eer wat ek oneer nie. Want hulle
minag MY! Hulle luister nie na MY Woord nie! Jy kan nie vir die kinders sê om
dit wat EK verenig het te verdeel nie.
Dit is die Boodskap wat EK gee.
EK skei die koring van die onkruid! Staan daar nie “Jou grootste vyand sal
gevind word in jou eie huishouding” nie? (kyk Mat. 10:36)
Mattheus 10: 36 EN ’N MENS SE HUISGENOTE SAL SY VYANDE WEES.
Luister! Luister! Luister! Ja EK sê weer, Luister!
EK skei man en vrou, EK skei kinders van moeder en vader – terwille van hulle
eie siele, EK skei net soos EK gesê het EK sou (Mat 10:34-38; Luk. Luk.
12:49-53) Dis nie anders as die geval toe die “Kinders van Israel” [B’nei
Israel] [7] beveel was om afgesonder te wees nie. (Lev. 20:23-26) Hulle moes
geskei word! Hulle mag nie besoedel geword het nie.
Mattheus 10:34 MOENIE DINK DAT EK GEKOM HET OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE.
EK HET NIE GEKOM OM VREDE TE BRING NIE MAAR DIE SWAARD.
Lukas 12:51-53 51 DINK JULLE DAT EK GEKOM HET OM VREDE OP DIE AARDE TE GEE? NEE,
SÊ EK VIR JULLE, MAAR EERDER VERDEELDHEID. 52 WANT VAN NOU AF SAL DAAR VYF IN
EEN HUIS VERDEELD WEES, DRIE TEEN TWEE EN TWEE TEEN DRIE. 53 DIE VADER SAL
VERDEELD WEES TEEN DIE SEUN EN DIE SEUN TEEN DIE VADER, DIE MOEDER TEEN DIE
DOGTER EN DIE DOGTER TEEN DIE MOEDER, DIE SKOONMOEDER TEEN HAAR SKOONDOGTER EN
DIE SKOONDOGTER TEEN HAAR SKOONMOEDER.
Daar kom ‘n tyd so spoedig! Families, as EK hulle nie skei nie, sal hulle mekaar
verraai – wanneer een vír MY is en die ander téén MY, wanneer die een in
Heiligheid wil loop en die ander een in die weë van die wêreld. En EK praat van
‘familie’! [8]
Daar kom ‘n tyd so spoedig! Die moeder en die vader sal hulle eie kinders
uit-verkoop soos Judas met MY gedoen het – alles om die geldeenheid. Hulle sal
hulle eie kinders rapporteer! Die kinders sal die ouers rapporteer! Die man sal
die vrou rapporteer! En EK sê hulle sal rapporteer – [die Heiliges] sal
gerapporteer word – aan die regering!
EK skei vir hulle eie beswil. MOENIE VERENIG wat EK skei nie! Wees versigtig vir
watter huwelik jy restorasie toe bid! Wees versigtig MY kinders!
EK het dit eens gesê en EK sê dit weer!
Wie is ‘n moeder en ‘n vader? Dit is hulle wat die wil doen van ABBA YAHUVEH die
VADER – dit is diegene wat hul knie buig tot MY en diegene wat MY gerhoosaam en
MY: “HERE GOD ALMAGTIG” noem. Dít is jou moeder. Dít is jou vader. Dit is jou
suster. Dit is jou broer.
Wie is die ware BRUID van MY, YAHUSHUA? Dit is hulle wat die wil doen van Die
HEMELSE VADER en van MY, YAHUSHUA. Andersins is hulle van die valse bruid. En
wie is die valse bruid? Dis die bruid van satan!
So wees versigtig MY kinders. Wees versigtig. Moenie die wolwe verdedig nie –
selfs al het hulle eens op ‘n tyd gelyk soos ‘n skaap of ‘n lam.
Wees versigtig Ezra. Wees versigtig Elisheva. En wanneer EK julle beveel om die
Staf van YAH se Toorn te lig, moenie ag slaan op die rigting waarheen dit gemik
is nie. Moet nooit [daarheen] kyk met simpatie nie. Want hierdie is diegene wat
[op die harde manier] sal uitvind – want hul pastore sal hulle nie nou vertel
nie.
Jy profeteer nie met gestreelde ore nie, om net te wil sê wat die mense wíl hoor
nie , streel hul koppies en gee ‘n drukkie en stuur hul weg met mooi woorde wat
hulle nie tot in die Hemel sal bring nie. In plaas daarvan het dit net die vlees
gepaai!
NEE! MY ware Profete wat gebruik word in hierdie eindtyd, en EK gaan nou diegene
oordeel wat BEWEER DAT HUL MYNE IS – EN TOG IS HULLE ‘PROSPERITY PIMP PROPHETS’!
(WELVAART EN WEELDE PREDIKERS)
Hoor julle MY? Hoor julle MY?
Kim Clement! Jy boet met jou gesondheid! Jy is een van hulle! Eens op ‘n tyd toe
jy begin het, was EK jou FOKUS en jou LIEFDE. En toe spits jou oë op roem en
rykdom! En nou betaal jy die prys! Jy het vals geprofeteer!
En hy is nie die enigste een nie. Wee julle ‘prosperity pimp prophets’!
O, ja! Hulle sal in lyn staan net om ‘n ‘profesie’ van jou af te kry. O, ja! Jy
word verwelkom - in die wêreld – om die ‘goeie woorde’ wat hulle wil hoor, te
spreek. Maar ‘wee’ – die Profeet – van uit die wêreld se oogpunt [9] wat hulle
sal bestraf soos die Profete van Ouds, net soos EK Elisheva en Ezra gebruik.
Julle word beveel! Moenie bang wees om die vlees aanstoot te gee nie! Want dit
gaan nie beskerm nie en dit gaan nie MY skape en MY lammers waarsku nie.
EK het julle gesalf! En EK het MY Woorde in jul monde gesit! EK beskerm MY skape
en MY lammers! En hoeveel bedieninge is gewillig? Om vervolg en geaffronteer te
word? Om te doen wat EK [YAH] doen? [10]
O, Nee! Dis so veel makliker om bedieninge te hê waar net liefdevolle woorde
gesê word, waar net die swakste van melk gegee word. O! Hoe min Bedieninge het
EK! O! Hoe min Profete en Apostels het EK – wat bereid is om die prys te betaal?
[11]
Maar het EK nie gesê “Die dienaar is nie groter as die Meester nie” (John.
13:16; en 15:20)? Wat hulle aan julle doen, het hulle reeds aan MY gedoen. Julle
waarsku hulle. Hulle luister nie.
Elisheva, van ‘n baie jong ouderdom af, het jy jou lewe vir MY gegee. En jy het
bedien van die oomblik af wat jy MY in jou hart ingenooi het. EK was jou PASSIE.
EK IS jou LIEFDE BO ALLES. En EK het jou in hierdie kerke ingestuur. En hulle
het gevrees vir dit wat hulle sien. Die pastore het MY Aangesig op jou aanskou
en hulle het geweet dat hulle te midde van ‘n ware Profeet was. En so was jy
misbruik. Maar EK het jou steeds gebruik – want nooit was daar nie iemand wat
vrygeraak was nie.
Nou gebruik EK julle altwee in ‘n Internasionale Bediening! Ja EK sal julle
seën! Ja EK het julle geseën! – finansieel, maar julle hoef nie uit te verkoop
nie.
Julle hoef nie te dink of bekommerd te wees wanneer EK hierdie name noem nie –
dit is vir hulle eie beswil. Om hulle te herinner om terug te keer na hul EERSTE
LIEFDE! Hoe veel het hul EERSTE LIEFDE verloor? En hoe baie maak aanspraak
daarop dat EK nog steeds hul EERSTE LIEFDE is en tog is hulle ver, ver, ver van
MY af?
So ja, vergewe. Maar doen dan die volgende. Lewer hulle oor in MY Hande. Want
onthou in die boek van Openbaring, wanneer die Toorn kom is dit nie net van ABBA
YAH WIE op die Troon sit nie maar ook EK – hulle het die vrees nodig vir die
TOORN van die LAM (Spreuke 9:10 Openbaring 6:16 en Psalm 2:12)!
SPREUKE 9:10 DIE BEGINSEL VAN DIE WYSHEID IS DIE VREES VAN YAHWEH, EN KENNIS VAN
DIE AFGESONDERDE [HEILIGE] IS VERSTAND.
OPENBARING 6:16 EN VIR DIE BERGE EN DIE ROTSE GESÊ: VAL OP ONS EN VERBERG ONS
VIR DIE AANGESIG VAN HOM WAT OP DIE TROON SIT, EN VIR DIE TOORN VAN DIE LAM;17
WANT DIE GROOT DAG VAN SY TOORN HET GEKOM EN WIE KAN BESTAAN?
PSALM 2:12 KUS DIE SEUN, DAT HY NIE TOORNIG WORD EN JULLE OP DIE WEG VERGAAN
NIE; WANT GOU KAN SY TOORN ONTVLAM. GESEËND IS ALMAL WAT BY HOM SKUIL!
Niemand – Hoe selde wil enige iemand onderrig dat EK, YAHUSHUA, weer sal kom
maar dat dit nie nét in liefde sal wees nie. Dit sal nie net in genade wees nie!
Maar dit sal met DIE TOORN VAN DIE LAM WEES!
En hulle sal uit roep en sê: “Berge bedek my! Verberg my van HOM wat op die
Troon sit en van DIE TOORN VAN DIE LAM!” (kyk Lukas 23:30; Openbaring 6:16) Wie
sal dit preek? Wie sal dit onderrig – as dit nie julle twee is nie? [12] O, ja,
EK het ander maar hulle is o so min. Wie sal dit preek? Wie sal dit onderrig –
as EK nie die Bediening gebruik nie – wie sal waarsku?
O, vyande van YAH! Julle gaan weggeblaas word – whoosh![YAHUSHUA maak die geluid
van wind wat die vyande wegwaai] soos kaf in die wind!
PSALM 1:4 SO IS DIE AFVALLIGE MENSE NIE, MAAR SOOS KAF WAT DIE WIND VERSTROOI
EK het ‘n ander rede hoekom EK hierdie Bediening “AmightyWind” noem! Want dis
nie net as gevolg van die Bo-Vertrek nie (Handelinge 2). Dis omrede EK dit
gesalf het om die verworpe vyande weg te waai – whoosh! [YAHUSHUA maak die
geluid van wind]- kaf in die wind!
Dis omdat daar ‘n Salwing op hierdie Bediening is wat al langer as 21 jaar groei
– en dit was gebore nog voor die Internet hier was – maar nou [is dit] die
Salwing van julle altwee saam!
Soos julle begin wandel in die volheid van die Salwing en almal aanskou die
liefde wat julle vir mekaar het, wat net die Salwing versterk – EK sê die vir
julle – almal wat hierdie Bediening en hierdie Profesieë as ‘n seën beskou,
almal wat die leierskap oplig met gebede van seën en hierdie Bediening seën, wat
hierdie Bediening bedek met gebede van beskerming – hulle salwing is so die,
whoosh [YAHUSHUA maak die geluid van wind], en sal op almal van hulle waai oor
die wêreld!
Dit is AmightyWind!
So julle sien MY kinders hierdie is nie ‘n Bediening wat net in Engels voortgaan
nie. Dit sal in alle stamme en tale wees. En dit het [13] alreeds begin “in
‘meer’ as 28 tale.” En EK sê dit altyd want julle verstaan nie eers nie (net
omdat hulle nie vir julle skryf nie): hierdie Profesieë word oorgeskryf in
soveel meer tale [as] wat julle op hierdie oomblik kan verstaan. Want julle het
niemand, sê julle, wat dit in hierdie tale vertaal nie.
Maar selfs nou na hierdie Woord gespreek is, sal meer na julle toe kom en sê:
“Ek wil hierdie Profesieë gratis vertaal. Ek wil my nasie bereik. Ek wil my land
bereik. Ek wil my area bereik. Ek wil my eiland bereik. Ek wil bereik en ek sien
daar is geen taal wat vir my praat nie. Daar is geen taal wat vir my mense praat
nie”
So MY kinders hierdie is die Woorde wat EK te sê het. Onthou, EK YAHUSHUA, het
die skeidende swaard gebring. En dit is nie nou anders, as hoe dit was, met die
Kinders van Israel nie. EK skei hulle wat Heilig is van die wat nie Heilig is
nie. EK skei die koring van die onkruid. EK skei hulle wat gewas is in MY
GESTORTE BLOED, van die verworpelinge.
Wees gewaarsku, o, julle wat koud is! Julle wat MY tart! Julle satanistiese
‘elite’ gebore met die silwer lepel in die mond! Julle luister na die Profeet
wat praat. Julle het die Profesieë gelees. En julle spot! Want julle sê : “Ek is
nie warm of louwarm nie. Ons is die koues. Ons harte is van klip gemaak.”
Die satanistiese ‘elite’ bestudeer die Skrifte. Die satanistiese ‘elite’ kom in
alle vorms. Die satanistiese ‘elite’ sal selfs hierdie Profesieë vat en op hulle
eie manier [14] dinge laat plaasvind vir hul eie gewin. En niks daarvan lei tot
redding nie.
Dit is om verderf – hulle wil chaos veroorsaak. Dit is vir die verderf – selfs
vir MY eie kinders wat in MY BLOED gewas is, wat MY GETUIENIS dra (Psalm 94:21 ;
Openbaring12:11) En hulle soek hulle vernietiging! – soos EK weer in die
Profesieë gewaarsku het – pasop vir enige staat op die aangesig van hierdie
aarde. Want, EK sê vir julle, nie één verteenwoordig MY nie!
Psalm 94: 21 HULLE BESTORM DIE LEWE VAN DIE REGVERDIGE EN VEROORDEEL ONSKULDIGE
BLOED.
Openbaring 12:11 EN HULLE HET HOM OORWIN DEUR DIE BLOED VAN DIE LAM EN DEUR DIE
WOORD VAN HULLE GETUIENIS, EN HULLE HET TOT DIE DOOD TOE HULLE LEWE NIE
LIEFGEHAD NIE.
Versigtig, pasop want dis ‘n muisval – en hulle plaas ‘n klein stukkie kaas, wat
die muis in die val in lok – om hulle koppe af te kap.
Maar moenie vrees nie MY kleintjies! Moenie vrees nie!
Moenie vrees nie MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes, en Uitgesoektes wanneer
julle al hierdie uitvindsels sien gebeur nie, al hierdie maniere om privaatheid
te skend/vermy. [15] Moenie vrees nie! Moenie vrees nie MY klein, kleinste
kleintjies! EK sal julle wys. EK sal julle maniere van beskerming wys wat EK nie
nou kan sê nie. En EK sal lag vir hierdie vyande! Want hulle dink hulle kan die
SKEPPER uitoorlê!
So dis die Woorde, wat EK vandag te sê het. EK het hierdie Bediening op ‘n nuwe
manier gesalf. En dit is om die wolwe in skaapsklere te ontmasker. En dit is om
die verskeurende, hondsdol wolwe te ontmasker – wat nie eens probeer om ‘n
masker te dra nie. En wanneer hulle hierdie Woord hoor gaan hulle hul tande
kners in woede want hulle gaan weet dat hulle ontmasker is! En EK gebruik jou
weereens om te herinner aan wat die kerk weier om te leer. En EK, YAHUSHUA, het
die skeidende Swaard gebring. En EK het vir jou gesê wie jy kan vertrou, dis nét
diegene wat MY gehoorsaam!
Nie een van die Bruid sal hierdie aarde verlaat, in die Wegraping, as hulle nie
kies om MY eerste te sit in hul lewens en liefde nie. En dit beteken: om hulself
af te sny van die verworpelinge. Hulle moet uitroep na MY en vra om hulle te
bevry van die ongelyke jukte (2 Kor 6:14-18) [16] Of dit nou is in besigheid, en
of dit familie is, Hulle moet uitroep na MY en sê: “YAHUSHUA skei my, selfs van
hulle wat sê dat hulle my lief het.”
2 KOR. 6:14-18
14 MOENIE IN DIESELFDE JUK TREK SAAM MET ONGELOWIGES NIE, WANT WATTER
DEELGENOOTSKAP HET DIE GEREGTIGHEID MET DIE WETTELOOSHEID, EN WATTER GEMEENSKAP
HET DIE LIG MET DIE DUISTERNIS?
15 EN WATTER OOREENSTEMMING HET DIE MESSIAS MET BELIÁL, OF WATTER AANDEEL HET
DIE GELOWIGE MET DIE ONGELOWIGE?
16 OF WATTER OOREENKOMS HET DIE TEMPEL VAN ELOHIEM MET DIE AFGODE? WANT JULLE IS
DIE TEMPEL VAN DIE LEWENDE ELOHIEM, SOOS ELOHIEM GESÊ HET: EK SAL IN HULLE WOON
EN ONDER HULLE WANDEL, EN EK SAL HULLE ELOHIEM WEES, EN HULLE SAL VIR MY 'N VOLK
WEES.
17 DAAROM, GAAN ONDER HULLE UIT EN SONDER JULLE AF, SÊ YAHWEH; EN RAAK NIE AAN
WAT ONREIN IS NIE, EN EK SAL JULLE AANNEEM;
18 EN EK SAL VIR JULLE 'N VADER WEES, EN JULLE SAL VIR MY SEUNS EN DOGTERS WEES,
SÊ YAHWEH, DIE ALMAGTIGE.
Hulle moet verstaan hoe gevaarlik dit is vir man en vrou. [17] EK sê weer roep
na MY voor dit te laat is.
En soos EK Elisheva [van een] bevry het – wat eens op ‘n tyd selfs die
verlossings gebed gebid het, en nou, bestempel EK hom as verworpeling, ( want hy
kon nie eers beter as ‘n baba loop nie en daar was geen groei van vrug op die
wingerdstok nie vir baie jare nie) – en wat sê dit in MY Woord? – EK sal hulle
afsny van die wingerdstok af (John 15:2; Mat. 3:10; 7:19). As hulle nie groei
nie bederf die vrug.
So bewaak jul vrug! Wees vrug-inspekteurs! Dis nie julle wat oordeel nie maar EK
gee julle onderskeiding van geeste – om die vrug van ander te inspekteur sodat
julle kan sien wie werklik MYNE is, wie namens MY praat.
So wees versigtig saam met wie julle vergader en bid. Moenie dat enige iemand
[saam met julle] vergader - as julle nie onderskei dat die gees van die ander
person waarlik van MY is nie – moenie eers hul hande aanraak nie want daar kan
‘n oordrag van geeste wees.
Wees versigtig MY kinders! Alles is nie soos dit voorkom nie! So baie etiketteer
hulself as “Christen” en EK het gesê gaan weg van MY julle werkers van
ongeregtigheid! Pasop MY kinders!
En dis hoekom EK vandag, Ezra en Elisheva, julle ‘n groter gawe van
onderskeiding gee, van vrymoedigheid, meer as wat jul ooit van te vore gehad
het. En julle het jul gesigte en voorkoppe soos graniet gehou. En gesê: “Ek sal
nie terug deins nie, want ek vrees dit meer om YAHUVEH aanstoot te gee as om ‘n
man of ‘n vrou aanstoot te gee.”
En ter wille van hul siele, sal jul sê wat EK wil hê julle moet sê. Julle sal
doen wat EK wil hê julle moet doen, ter wille van die Koninkryk van die Hemel.
Want EK het lief genoeg om aanstoot te gee. Onthou dit altyd o, Heilige vrou en
o, Heilige man – en onthou haters weet net hoe om te haat. Die verworpelinge sal
als wat Heilig is haat en op dit fokus (zero in) – net soos die Jezebel gees,
net soos Haman – hulle sal fokus (zero in) en aanval. Maar EK het julle ‘n
arsenaal gegee uit die Koninkryk van die Hemel, om terug te veg in MY NAAM.
Dis die Woorde wat EK te sê het terwyl julle vandag met MY vergader.
Tekens , Wonders en Wonderwerke elke dag – volg julle alreeds want julle volg
MY, YAHUSHUA, en jou ABBA YAHUVEH. Die SHKINYAH GLORIE het julle op maniere
gewys – selfs nou – dit behoort nie ongewoon te wees nie. Want elke dag gee EK
julle ‘n nuwe mate van geloof soos julle meer tekens en wonderwerke aanskou.
Sommige sal julle deel. Sommige nie. Sommige is so persoonlik: Dis net bedoel
vir mekaar. Sommige sal EK jul gee as ‘n geskenk om vir mekaar te gee.
Julle sal sien, selfs al verstaan julle nie nou nie.
Maar onthou die musieknote – dis ‘n lering vir julle: hoe belangrik jul liefde
vir mekaar is want dis nie net sterflike liefde nie. Dis gekombineer, die
kombinasie van MY, YAHUSHUA, van ABBA YAHUVEH en julle IMMAYAH die SHKHINYAH
GLORIE.
En EK vertel julle dit. Mense gaan dit sien en hulle gaan bemoedig word deur die
Woorde en liefde wat EK deur julle twee wys. Hoe julle saam lag! Mekaar
onderrig! Die Salwing! Die Salwing! Die Salwing – sal oor die mense kom op ‘n
nuwe manier!
En wanneer hierdie Woord vrygestel word, sal julle hoor en hulle sal antwoord.
En hulle met die gawe van Profesie, wat teruggehou het, sal skryf en profeteer
en hulle sal weet dat hulle geseënd is terwyl hulle julle seen.
Dis wat EK sê vandag. Gaan nou in vrede en gaan jul gang.
Want weereens, Elisheva en Ezra, terwyl jul vergader en MY NAAM verhef met
Katrynyah aan jul sy – en almal wat selfs nou, in die vier uithoeke van die
aarde het EK ‘n oorblyfsel (en hulle weet van AmightyWind: hulle ken miskien nie
die naam van hierdie bediening nie, maar hul weet daar is ‘n Bediening wat
spesiale beskerming nodig het) en selfs in hul Heilige Tale roep hul jul naam
uit, alhoewel hulle dit nie weet nie – EK het julle onder bedekking MY seun en
dogter.
EK het julle onder bedekking nie net [deur] hulle wat na hierdie bediening toe
kom deur middel van die Internet nie, deur die Boeke nie, deur die Profesieë
nie, maar EK bedek julle MY seun en dogter deur gebedsbemiddeling – [18] En
natuurlik is julle altyd onder die beskerming van ABBA YAHUVEH se Vlerke. Psalm
91, julle leef dit elke dag. EK bedek julle met legioene van MY beste
gevegs-engele.
EK bedek julle so julle hoef nie te vrees nie.
Julle is bedek, meeste van alles, deur MY GESTORTE BLOED op Golgota. Julle is
bedek – terwyl julle jul gebeds versoeke doen in MY NAAM, YAHUSHUA.
Almal wat sal luister en almal wat hierdie nuwe Profesie sal lees en EK bedoel
regtig MY Stem hoor terwyl EK voort gespreek het deur Elisheva, ‘n nuwe Wind van
Herlewing – [YAHUSHUA blaas SY Asem van Herlewing] – waai op julle terwyl die
Salwing van Die RUACH HA KODESH so pas vermeerder het oor julle.
En julle sal in nuwe seëninge wandel. Julle sal wandel in nuwe geloof terwyl
julle besef dat EK nie ‘n aannemer van persoon is nie (Handelinge 10:34) EK
verlang om saam met jul te verkeer soos EK doen met Ezra en Elisheva.
Glo net! Be-oefen geloof! En julle sal ook wandel in tekens , wonders en
wonderwerke – as, as, as julle YAHUSHUA gehoorsaam, as julle ABBA YAHUVEH eerste
plaas in jul lewens en liefde en gehoorsaam en bekeer en besef dat satan
nabootsings het. Moenie agter tekens, wonders en wonderwerke aan hardloop nie!
In plaas daarvan sal EK YAHUSHUA dit na jou toe bring.
Ezra: Hallelu YAH! Dankie YAHUSHUA ! Dankie IMMAYAH vir hierdie Woord wat U het
– wat voortgekom het na ons toe ABBA YAHUVEH. Ons dank U! Ons verheerlik U! Ons
verheerlik YAHUSHUA! Ons verheerlik U IMMAYAH, SHKHINYAH GLORY! Ons verhef U
NAAM bo alle dinge. En ons gehoorsaam U alleen – in die NAAM van YAHUSHUA. Ons
seën U ! Ons seën U! Ons seën U!
Elisheva: O, ja.
Ezra: Dankie! Dankie ! Dankie!
Elisheva: Dankie vir hierdie seën. Dankie vir my geliefde Ezra! Dankie! Want ek
kyk na hierdie Heilige man en vandat hy in my lewe ingekom het, wat 4 maande sal
wees op 7 Julie[2016] –
ABBA VADER [nou] selfs voor die 4 de maandelikse herdenking – dit is
ongelooflik! En die Salwing! Elke enkele dag! Mense julle moet verstaan! Kyk na
die aantal Profesieë wat voor die wêreld geplaas word, en selfs al was daar
duisende en duisende – en Katrynyah en ander is getuie – dit was nie voor die
wêreld geplaas nie so skenk alleenlik aandag aan die wat geplaas was voor die
wêreld.
Maar vandat hierdie pragtige, kosbare, geliefde Heilige man van YAH[hier is] –
wat my hart en siel hou, en wat ek liewer het as wat enige iemand ooit sal weet
(want net ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH is eerste in my lewe en liefde maar
dán kom hierdie man) Want as jy die regte Salwing het en die regte sielsgenoot:
Gaan jy groei. Daar is geen keuse nie. Jy gaan groei – en ek wil net sê dat – in
hierdie 4 maande binnekort, o my! Elke enkele dag , dink ek, is daar ‘n nuwe
Profesie!
En dis nie net vir ons nie! Dit is bedoel as ‘n seën vir almal van julle wat so
lank gewag het - wat so lank gewag het. En kyk nou, VADER dek voor julle ‘n
banket tafel. Ons kan nie die videos vinnig genoeg maak nie. Ons werk daaraan,
maar ABBA YAHUVEH het gesê ons sal moet jaag om by te hou met alles wat HY doen
in hierdie bediening, en dit het alles begin op 7 Maart 2016.
En so vra ek dat julle Ezra bedek met spesiale gebede en ék vra om in jul
spesiale gebede te wees want die oorlog raak nou warm, die oorlog tussen goed en
boos. So YAHUSHUA seën julle almal! Ons is lief vir julle! Ezra wat het jy om
vir die mense te sê? Het jy nog een iets om te sê?
Ezra: Ja.
Elisheva: Wat het jy om te sê?
Ezra: Ja, ek wil julle bedank dat julle ons bedek met gebede en dat julle wag
vir die HEER om te beweeg daarin en om nie te jaag agter tekens, wonders en
wonderwerke aan nie maar om agter die EEN aan te jaag wat dit gee!
Elisheva: Amen!
Ezra: Dan sal dit volg, al die dinge wat HY belowe het. Wees getrou, gehoorsaam
en soek HOM konstant met alles wat jy het. So dit is wat ek te sê het vandag.
Elisheva: En ‘n groot Amen daarop!
Einde van Opname.
So is dit Geskryf. So is dit Gespreek in die NAAM van YAHUSHUA
5 Julie 2016
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
Gespreek gedurende gebed saam met my geliefde Profeet Ezra van Israel
* * * * * * *
1 2 Tim. 3:8 “… so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in
die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.” Tit 1;16 “Hulle bely dat
hulle Elohiem ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik
en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” ‘n Verwerpte kan gedefinieer
word as ‘n persoon wat deur God verwerp, ongeskik verklaar (reprobate), sonder
hoop op reddening. (Jer 6: 26-30; Heb. 6:4-8) wat teen die HEILIGE GEES gelaster
het. (Mat.12:31; Heb. 10: 26-31) dit is die enigste onvergeeflike sonde (Lukas
12:10) en moes dus ‘voortbestem’ gewees het tot die verdoeming (Rom. 9:22)
Verwerpte (reprobate) kan ook gebruik word as ‘n beskrywing van hierdie
toestand.
2 Elisheva se naam is nie in die Titel/naam van die Bediening nie en ook nie in
die daarop volgende sinsnede nie, waar die Heilige Drie EENHEID genoem word as
EIENAARS van AmightyWind.
3 Binne-in vele Profesieë, soos o.a. 91-93, gegee jare gelede, kan ‘n lys van
vals herders en profete gevind word.
4 “so” – bedoelende met so ‘n groot omvang bv. “jou so seergemaak” of “ maak jou
so seer”
5 Dubbel betekenis – 1]”EK YAHUSHUA” wat gewaarsku het 2] Dit is YAHUSHUA se
teenwoordigheid te midde van ons geestelike familie wat maak dat ons ware
familie is.
6 Die Tien Gebooie sluit in dat ons vader en moeder moet eer (Eks 20:12 Deut
5:16) maar het duidelik betrekking op goddelike ouers in die HERE (Effesieërs
6:1-2) en meeste van alles teenoor ons Hemelse OUERS ABBA YAHUVEH en IMMAYAH. So
ook moet die regering gehoorsaam word (Rom. 13:1-5) slegs wanneer dit GOD eer,
SY wette hou en dit nie teëgaan met teenoorgestelde of onregverdige wette nie
(Ps. 94: 20-21 Openb. 13:15-17).
7 Kinders van Israel is “B’nei Israel” dit verwys na die hele Huis van Israel as
‘n geheel, hulle was afgesonder (een kant gehou) van die heidene sodat hulle nie
hulself besoedel/verontreinig nie.
8 Familie lede, “familie” sal verraai – self hulle in dieselfde basiese eenheid
(ma, pa, kinders , broers en susters) Die biologiese band van ‘familie’ word
soms geïdealiseer, hoër ge-ag as YAHUVEH ALMAGTIG. In plaas daarvan dat YAHUVEH
eerste moet wees en familie tweede.
9 Weë uit ‘n wêreldse oogpunt, nie in YAH se opinie nie.
10 Dit is om YAH se wil te doen – om SY instrument te wees hier op aarde.
11 Hierdie is ‘n dubbele bedoeling en kan op twee maniere vertolk word – As ‘n
beskrywing van die ware Apostels en Profete van YAH en as dieper vraag van wie
lewe op hierdie aarde bereid sal wees om die prys te betaal vir gehoorsaamheid.
12 Verwys na Ezra en Elisheva se baie unieke hoë roeping, en hul outoriteit as
voorbeelde vir ander, tesame met die vooraf Salwing op AmightyWind.
13 Teenwoordige tyd want die Woord van YAH is Lewend en SY Hand beweeg ook selfs
huidiglik.
14 o.a. hul eie agenda
15 Die bose skend mense se privaatheid en verhoed dat mense enige privaatheid
oor het. (Engelse woorde is invade en evade)
16 Apostel Paulus het die juk gebruik as metafoor (vergelyking) om te wys dat
ons nie met ‘n ongelowige gemeenskap moet hê nie – en verseker nie met ‘n
verwerpte een nie (‘n “reprobate” ) (2Kor. 6;14-18) ‘n Juk is ‘n hout raam wat
twee trek-diere wat saam trek, verbind by hul nekke, so trek hulle saam aan die
swaar laste of ‘n ploeg deur die landery – en om in staat te wees om reguit te
ploeg, moet altwee diere dieselfde grootte / afmetings hê. Deur twee diere in ‘n
ongelyke juk te sit, plaas jy enorme ongelyke druk op een van die twee. “Jy mag
nie met ‘n os en ‘n esel tegelyk ploeg nie” (Deut22:10)
17 o.a. man en vrou in ‘n ongelyke gejukte ‘huwelik’
18 YAH verwys na diegene wat bo-natuurlik weet deur die HEILIGE GEES van YAH, of
hulle die naam van “AmightyWind” by die naam ken of nie, om in tree in gebed.
YAH herhaal in ander woorde die frases in die vorige paragraaf.