Profesie 13
Vertel Vir Hulle My Kind, Vertel Hulle Namens My!
Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu op 24 Januarie 1998
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY
Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY
volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Gedurende gebed vandag 23/1/98, ek was besig om saam met my vriendin Sharon te
bid. Ek was besig om vir haar te vertel van Gabriël en hoe ek steeds die visioen
van die trompet teen sy lippe sien, wagtend vir die wagwoord van Vader YAHUVEH
op die troon, om dit te blaas.
Sy het gesê, "O [Elisheva] het jy dit gesien?" En toe ek probeer om te antwoord,
het daar instede daarvan tale uit my geskeur. Maar hulle was verskillende,
dringende tale; warm trane het op my gesig geval. Toe het die RUACH ha KODESH
vir my YAHUSHUA gewys. HY was knielend op die grond. HY kyk na Gabriël en SY
gesig is met sy hande bedek en hy huil. HY snik so hard. HY het gepraat en ek
kan hierdie woorde woor. Die snikke het uit my uit geskeur asof HY deur my huil.
Die trane was so warm dat ek dit op my gesig gelos het. Wetende op een of ander
manier dat dit nie vleeslike trane was nie, maar trane afkomstig van YAHUSHUA.
Ek kan dit steeds op my gesig voel asof dit drooggeword en daar gebly het.
Hierdie is die woorde wat die RUACH ha KODESH nou terugsit in my gees want ek is
opdrag gegee, "Vertel hulle MY kind, vertel hulle namens MY!" 24/1/98 gegee aan
hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH.
* * * * * * *
Alhoewel EK juig omdat EK kom om MY Kinders uit hierdie bose wêreld weg te neem,
om MY Bruid huis toe te neem in MY arms, huil EK en snik EK want EK is in twee
geskeur. So baie sal agtergelaat word, so baie wat hulleself MYNE noem en tog is
MY Gees nie in hulle nie. Hulle sal agtergelaat word om die toorn van Almagtige
GOD YAHUVEH te verduur. Vertel vir hulle MY Dogter, vertel vir hulle namens MY.
Waarsku hulle. Baie sal luister en hierdie profesie gehoorsaam. EK huil oor die
kerke wat oorloop en waar mense in toue staan om in die kerke in te kom.
Maar MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) is nie in hierdie kerke nie. Hierdie
mense noem hulleself MYNE en hulle ken MY nie. Hulle is die kerk van die
huigelaars.Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY. Hulle sal
agtergelaat word om die toorn van die Almagtige GOD YAHUVEH te verduur as hulle
nie BEROU toon nie. Wat 'n tragedie. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle
namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH IS VINNIG AAN DIE KOM! EK ween oor die mans wat
hulle heidense vrouens sal verlaat. EK ween oor die vrouens wat hulle heidense
mans sal verlaat. EK ween want hulle het probeer, maar die heidense
huweliksmaats wou nie luister nie.
Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK kom, O so gou. EK
ween oor diegene wat dink EK haat hulle. Tog het EK vir hulle sondes gesterf en
opgestaan vir hulle.Vertel vir hulle MY Kind, Vertel vir hulle namens MY want EK
kom nou O so gou. EK weet dit klink asof so min luister en meer hulle ore sal
toedruk eerder as om te luister. Maar niks het verander nie. Het hulle nie
dieselfde aan MY gedoen nie? Het hulle nie gekyk toe EK op Golgota gekruisig is
nie? Het dieselfde persone wat die wonderwerke aanskou het wat EK gedoen het,
nie geskree 'kruisig hom aan daardie kruis' nie? Terwyl al wat EK wou doen was
om 'n seën vir hulle en vir julle te wees, en EK het vir almal gesterf om julle
vir ewig vry te maak uit satan se greep.
En tog, hoeveel lippe vervloek, ontken, is ongehoorsaam, spot en laster MY
nogsteeds? Jy sal soos 'n stem wees wat in die woestyn roep en MY Dogter, dit
sal voorkom asof jy slegs jou eie eggo hoor wat terugkeer na jou eie ore. Maar
dit is nie jou eggo nie, maar MY eggo wat die wêreld sal hoor wat oor jou lippe
kom wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit te spreek, nie jou woorde nie.
Die prys was groot wat jy en ander wat EK georden en gesalf het om MY Woorde uit
te spreek, betaal het, julle het 'n groot offer betaal. Maar julle belonings sal
groot wees. Want niks wat julle namens MY prysgee, sal onbeloon wees nie. Geen
pyn of lyding wat julle verduur het, sal onbeloon verbygaan nie. Vir wat julle
ookal om MY NAAM ontwil gely het, sal EK julle nie net op hierdie aarde nie maar
ook vir ewig in die Hemel beloon.Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle
namens MY, want EK Kom O so gou.
Die seëninge sal groot wees wat EK gereserveer het vir almal wie MY dien,
gehoorsaam, tiendes gee, wie Heilig is en MY aanbid. Vertel vir hulle MY Kind;
vertel vir hulle namens MY want EK Kom O so gou. EK sê vir jou dat ander hierdie
profetiese eggo oor die ganse wêreld sal hoor en hulle sal nie die stem van 'n
vrou hoor wat praat nie, maar hulle sal die stem van die Almagtige GOD YAHUVEH
hoor wat praat. Hulle sal nie net een stem hoor nie, maar MY stem sal deur baie
ander weerklink.
Selfs die heidene sal gedwing word om MY stem te hoor. Kan julle nie 'n eggo,
selfs van veraf hoor nie? Al druk hulle hul ore toe, sal hulle MY stem hoor
praat. Dit is hulle keuse of hulle gaan gehoorsaam, maar EK sal hulle dwing om
te luister. Moenie die vyand se haat, toorn of verwerping en dreigemente vrees
nie. Soos wat die wêreld MY gehaat het, so sal hulle julle ook haat en almal wat
waarlik aan MY behoort. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir hulle namens MY
sodat siele steeds in MY NAAM en Bloed vrygemaak kan word van die toorn van
YAHUVEH Almagtig wat gou oor hierdie wêreld gaan kom. EK kom eerstens om MY
Kinders O so liefdevol huis toe te neem! EK weet wie MYNE is; hulle wie MY Gees
in hulle het, het alreeds onsigbare vlerke om mee te vlieg.
Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want EK kom O So gou.
Hulle wie EK MY Kinders noem, sal MY stem hoor en herken. Hulle wie nie MY
Kinders is nie maar van die kerk van die huigelaars (pretenders) is, sal hulle
ore toedruk en sê, "Gaan weg, ons wil nie hoor wat jy sê nie." Selfs as dit wat
EK profeteer, uiteindelik gebeur, sal hulle jou blameer dat jy dit veroorsaak
het. Want jy spreek dit uit en wat jy profeteer aan ander, sal baie vinnig
gebeur.
Hierdie wêreld sal NOOIT MY Kinders omhels nie. Hierdie wêreld is vol sonde en
'n stank in MY neusgate. Die stank van sonde in Amerika en in hierdie nasie se
leiers en van hierdie wêreld, laat MY verstik en EK wil vrykom van hierdie
stank. Dit is hoekom EK kom om MY Kinders veilig huis toe te neem. Dan sal die
oordeel van YAHUVEH op hierdie aarde neerkom op 'n manier wat nooit van gedroom
is of nooit weer sal gebeur nie. En dit sal met hierdie heidense land gebeur.
Maar as die wêreld julle omhels wanneer EK kom, weet dit dan en pasop, want jy
is dan nie MY Kind nie. Jy behoort aan satan, en jou naam is nie in die Lam se
Boek van die Lewe onder die opskrif 'verlostes' geskryf nie. Julle is slegs
geskik vir die oordeel en toorn van Almagtige GOD YAHUVEH. Die Hel is al wat
julle sal sien.
Daar is 'n Lam se Boek van Lewe wat geskep is voordat die wêreld gevorm was en
EK het vooraf geweet wie se name ingeskryf sou word en onder watter opskrif.
Daar is slegs drie opskrifte daar. Die Verlostes .... uitgewistes (blotted out)
..... die verdoemdes .... jou naam is alreeds daar in een van die plekke. Selfs
hulle wat onder die verlostes gelys is, se name kan uitgevee word en as dit
uigevee is, sal dit wees omdat julle die goedheid van YAHUVEH die Vader geken
het, maar gekies het om die god van hierdie wêreld te dien met vleeslike
begeerte en julle rug op MY gedraai het en slegs voorgegee het om julle harte en
lewens vir MY te gee. EK het dit alles vooraf geweet en geweet watter keuses
julle sou maak, want EK is die GOD van alle wysheid en kennis en EK word nooit
verras deur enigiets wat gebeur nie.
Onthou, wat ookal, wie ookal julle die liefste het, is die God wat julle dien.
Die wêreld omhels en klap hande vir Mick Jagger, tog dien hy 'n ander god. Die
god van boosheid en alhoewel EK die roem en rykdom toegelaat het, is dit al wat
hy ooit sal ken want hy het lank gelede sy siel aan die hel verkoop. Nou probeer
hy net om ander saam te neem waar hy heengaan. Daar is so baie 'rock'sterre,
soos wat hulle genoem word, en satan bespot MY selfs met hierdie naam, want hy
weet dat daar maar net een Lewende Rots (Rock) is en dit is EK, julle Here
YAHUSHUA ha MASHIACH. Weet dit; 'rock' musiek is nie van die Lewende Rots (Rock)
nie. 'Rock'sterre het nie die Gees van die Lewende Rots (Rock) nie. Hulle het
hulle siele verkoop vir roem en rykdom. Verbonde met die duiwel aangegaan wat EK
maklik kon breek en baie maal doen EK dit. Maar hulle kan nogsteeds berou toon,
wegdraai en hulle in MY Gestorte Bloed op Golgota was.
Vermaaklikheidskunstenaars, julle het julle siele verkoop. Julle word betaal om
alles wat Heilig is en MY NAAM te vervloek, bloot vir wêreldse roem en rykdom.
Maar julle kan nie toegang tot die Hemel koop nie. Die rykes en beroemdes van
hierdie wêreld is nie die rykes en beroemdes in Almagtige GOD YAHUVEH se oë nie.
Julle is armlastiges, maar julle weet dit nie. Julle is uitgehonger vir die
Brood van die Lewe, maar julle weet dit nie. Julle sterf van dors na die Lewende
Water, maar julle weet dit nie. Julle is naak en het geen bedekking nie, maar
julle weet dit nie. Julle is oppad hel toe, en julle weet dit nie. Julle is ryk
aan wêreldse besittings, maar armlastiges in geestelike gawes. Julle geld kan
nie koop wat EK gratis aan MY Kinders gee nie. MY Kinders dien MY en plaas MY
eerste in hulle lewens, leef Heilig voor MY en getuig van MY, en ly om MY NAAM
ontwil. MY Kinders gee tiendes, gee offergawes om die werk te ondersteun wat EK
vir ander bedienaars beveel het om te doen, deur die Heilige tiendes en
offergawes te gebruik.
Om hierdie rede sal EK hulle spaar op die Oordeelsdag. MY Kinders is nie bang om
op te staan vir Heiligheid nie. Hulle sal teen homoseksualisme en aborsie,
pornografie en alle maniere van sondes praat. Het EK nie lief genoeg gehad om
selfs die Fariseërs te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? Het EK nie vir
Moses gestuur om die bose Farao te waarsku nie? Hoeveel te meer moet julle? MY
Kinders weet dat EK dieselfde beloning belowe het as wat hierdie prediker in die
Hemel sal ontvang deur aan die mense te preek, en siele na MY toe te bring, en
te bid, en te onderrig, en die gevangenes in MY NAAM vry te maak. Om teen
onheiligheid te praat en MY Profetiese Boodskappe te verkondig.
Dieselfde skat is weggelê vir enigeen wie hierdie Apostels, Profete, Evangeliste,
Pastore, Leraars ondersteun, bemoedig en vir hulle bid. Hulle sal ook dieselfde
beloning ontvang wat vir hulle in die Hemel weggelê word.
EK vermaan julle, saai julle saad slegs in bedienings wat die volle waarheid
preek en verkondig, selfs as dit beledig. Bid vir hierdie bedienaars, ondersteun
hulle. EK praat nie van mensegemaakte lisensies wat hierdie wêreld geestelike
geloofsbriewe noem nie. Baie het dit en het ook enorme groot kerke, tog gebruik
hulle dit om die mense te mislei. Slegs Almagtige GOD YAHUVEH orden, nie 'n mens
nie.
Want EK ken die Gees van daardie man of vrou, EK weet of hulle geskik is om 'n
geestelike leier te wees. Die mens speel weereens god. Baie is geroep en min is
deur MY uitverkies. So, moenie toelaat dat satan julle mislei nie. Julle sal
verantwoordelik gehou word as julle tiendes en offergeld aan 'n kerk gee wat
julle weet nie die Ware Evangelie van YAHUSHUA verkondig nie. As daardie pastoor
dwaling verkondig en ander mislei en julle help hom met julle tiendes en
offergawes, sal julle veroordeel voel as julle hierdie lees, en julle sal weet
dat EK nie ingenome is nie. Want deur dit te doen het julle die vyande gehelp om
MY Kinders nederlaag te laat lei.
EK het behae daarin as julle tiendes en offergawes aan hulle gee wie daagliks sy
of haar lewe neerlê vir MY. Wie daagliks 'n dienaar vir die mense en vir MY is.
Hulle word meeste van die tyd mishandel, verwerp en gehaat deur op te staan vir
heiligheid, en MY booskappe uit te spreek.
So baie van die bedienaars dra alleen die finansiële las. Waar is MY Kinders vir
wie EK geseën het? Hoekom saai julle saad in harde, droë en onvrugbare grond?
Hoekom bid julle nie en gevra waar om julle Heilige tiendes en offergawes te
plant nie? Ja, EK het satan se vervalsers ontbloot wie MY beroof deur die
Heilige tiendes en offergawes te steel en dit slegs gebruik tot hulle eie
voordeel. Die wolwe in skaapsklere is ontbloot en hulle sal op die Oordeelsdag
voor Almagtige GOD YAHUVEH staan vir wie hulle beroof het. Ellende wag op
hierdie bedienaars.
Bid dat EK vir julle die onvervalste teenoor satan se vervalsing sal wys. EK het
'n gulsige dissipel gehad, 'n seun van die hel, maar dit beteken nie dat al die
dissipels verraaiers was nie, het dit? So is dit weereens waar. Julle het gevra,
"Hoekom word ek nie geseën omdat ek my tien persent gee nie?" EK sal vir julle
vertel, dit is omdat julle saad in harde, droë grond saai wat dwaalleer
verkondig en ander verlei tot in die ingewande van die hel. BEROU VANDAG! As jy
MY Kind is en jy gee nie tiendes en offergawes nie dan is jy nie gehoorsaam aan
MY nie. Hoekom sê jy dan dat jy MY liefhet as jy MY nie gehoorsaam nie. BEROU
VANDAG! Sodat EK jou kan seën op dieselfde manier as die wonderwerk van die
brood en vissies. Sodat jou gebede vinnig beantwoord kan word.
EK hoor hoe sommige van MY Kinders nou sê, "Ag nee, ek gaan nie van MY geld vir
'n bediening gee nie, ek glo nie in tiendes gee nie" en ander sal sê, "Ek gee
vir 'n bediening, ek hou nie daarvan nie en ek erken dat ek nie gewillig gee nie,
maar ek gee wel, nie veel nie, maar ek gee." Hier is MY antwoord aan die eerste
groep wie hulleself MYNE noem. Ondersoek julleself, want as julle nie die Woord
van YAHUVEH gehoorsaam nie, hoe kan julle sê dat MY RUACH ha KODESH in julle
woon? Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet en MY nie gehoorsaam nie? Vir hulle
wie spaarsamig en onwillig gee, sê EK dit, EK sal ook spaarsamig en onwillig aan
julle teruggee.
Want met dieselfde maat waarmee julle meet, en dieselfde gesindheid, met
dieselfde gesindheid sal EK aan julle teruggee. So daar het julle nou julle
antwoorde. As EK nie julle gebede vinnig beantwoord nie, weet julle nou hoekom
nie. Wanneer dit lyk of julle sakke gate in het, en die vernietiger kom en eet
julle saad op sodat daar nie genoeg is om julle skuldenaars te betaal nie, weet
julle nou hoekom. Daar rus 'n vloek op almal se finansies wat nie onthou om die
10% as ‘n tiende te gee nie. ‘n Offergawe is enigiets bo dit. Wanneer dit lyk
asof alles wat verkeerd kan gaan in julle lewens verkeerd gaan. Nou weet julle
hoekom.
Julle het YAHUVEH beroof. Maleàgi 3 het nie verander nie. Die beroemde
bedienaars van hierdie wêreld praat nie altyd die waarheid nie, maar instede
daarvan, ondersoek wat hulle sê, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH of
verdraai hulle die skrifte om in lyn te wees met die Woord van YAHUVEH of om by
die mens se beeld aan te pas? Julle tiendes en offergawes, ongeag hoe groot die
offer, is nie vir MY Heilig as julle in satan se koninkryk saai nie. En dit is
wat julle doen as julle iemand ondersteun wie dwaling verkondig en mensgemaakte
leerstellinge onderrig, nie die Heilige Woord van YAHUVEH wat nie kan lieg nie.
EK is die Woord wat vlees geword het. Julle word nou verantwoordelik gehou vir
wat julle nie geweet het, of wat julle nie geleer is nie.
BEROU VANDAG!
EK kan geld uit die Hemel laat reën om die bedienaars se behoeftes te vul, tog
het EK verkies om dit nie te doen nie maar wil instede daarvan hê dat julle in
die seën deel deur julle 10% tiendes en offergawes te gee om die werk van
YAHUSHUA te ondersteun. Baie van julle dink die tiende is na belasting, na julle
julle rekeninge vereffen het, maar lees Maleàgi 3 versigtig deur en julle sal
sien dit is die beste, nie die oorskiet nie. BEROU, voorheen het julle nie van
beter geweet nie, nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Julle
sal weet julle is waarlik MYNE, wanneer julle begeer om tiendes te gee en julle
sal opgewonde raak as julle dit in julle Gees ervaar. Wanneer julle tiendes gee
gaar julle net julle seëninge in die Hemel op wat losgemaak sal word wanneer
julle dit benodig en vinnige antwoorde op julle gebede. Beproef MY en kyk of EK
'n GOD is wat lieg. Lees Maleàgi 3 en beproef MY dan.
Aangesien EK weet dat die meeste nie sal tyd maak om dit te lees nie, sal EK MY
dienaar hier laat ophou en dit uit tik vir julle. Onthou die duiwel het julle
mislei deur sy dienaars te gebruik om julle te laat dink dat alle pastore Rolls
Royces ry, privaat stralers het en hulle sakke vul met silwer en goud. Hulle wat
hierdie dinge doen, roof die tiendes en offergawes van predikers wie dit nodig
het en vir wie EK MY Mense aangesê het om tiendes en offergawes voor te gee.
Hoekom praat EK van dit deur hierdie profetiese boodskap? Dit is omdat julle nie
hierdie waarhede in die ryk bedienings sal hoor nie, hulle is te bang om iemand
te beledig. Hulle sal julle nie waarsku waar die wolwe is nie. Hulle sal nie vir
julle sê sonde is sonde nie, YAHUVEH het nie verander nie, die mens het. Die
welgestelde bedienaars neem die heidene se geld en vertel nie eers vir hulle
hulle moet berou, want hulle is oppad hel toe nie.
Die bedienaars wat EK oprig sal MY Woorde uitspreek; hulle het nie die rykdom
van hierdie wêreld wat hulle bang sal wees om te verloor nie. Maar in hierdie
eindtye het hulle het ook julle ondersteuning nodig. Dit sal hierdie bedienaars
wees wie in dapperheid net soos Johannes die Doper sal wees. Baie van MY Kinders
dink omdat die ryk en beroemde bedienaars kerke het wat oorloop, daar toue staan
wat wil ingaan, en dieselfde beroemde name verskyn op TV en radio, dat die
tiendes weliswaar meer saad sal maai as wat dit aan iemand gegee word wat MY
Werk doen, maar wie nie beroemd is of die materiële besittings het wat hierbo
genoem is nie. MY getroue bedienaars ondersteun die bedienings met hul eie
finansies. Hulle maak op MY staat om die mense se harte te beweeg om saad in die
nederige bedienings te saai. EK het met hierdie dienaar gepraat wie EK nou
gebruik om hierdie boodskap oor te dra toe sy MY gevra het hoekom EK nie die
visse met die goue geldstukke in hulle bekke gestuur het nie. So spreek die
Almagtige GOD YAHUVEH aan al MY dienaars en bedienaars wie hierdie selfde vraag
gevra het. EK het hulle gestuur, EK het vir hulle aangesê om te gee, maar hulle
gehoorsaam nie.
Daarom sal EK gehoorsame dienaars oprig wie hulle saad in die vrugbare
sielewenner-bedienings sal saai. Ja, selfs hierdie bediening, want die arbeider
is die loon werd. Hoekom is dit so dat as 'n persoon 'n wêreldse werk doen,
almal dink, ja hulle moet betaal word vir die harde werk. Maar as die persoon
vir MY werk en selfs harder werk, want 'n bedienaar werk elke wakker oomblik,
elke dag van hul lewe. Tog, hoe min verstaan dat hulle ook 'n salaris werd is.
Is hulle nie? Dit is waarvoor die tiendes nodig is. Het EK nie beveel dat die
eerste tiende na Aaron, die Priester moes gaan nie? Lees die hele Maleàgi 3 en
vra vir MY om julle te onderrig hoekom daar 'n seën hierin is, nie net vir die
grond waarin die saad geplant was nie, maar ook vir die saaier van die saad. MY
RUACH ha KODESH oortuig en wys nou vir julle wie nou hier lees, of julle
gehoorsaam is of nie. (Maleàgi 3:6-18. EK YAHUVEH verander nie. So julle, O
kinders van Jakob, is nie vernietig nie.
Sedert die dae van julle voorvaders het julle van MY insettinge afgewyk en dit
nie onderhou nie. Keer terug na MY en EK sal na julle terugkeer, sê die
Almagtige GOD YAHUVEH. Maar julle vra: hoe moet ons terugkeer? Mag 'n mens
YAHUVEH beroof? Nogtans beroof julle MY. Maar julle vra: waarin het ons U beroof?
In die tiendes en die offergawes. Julle is onder 'n vloek, die hele nasie, omdat
julle MY beroof. Bring die hele tiende na die pakhuis, sodat daar voedsel in MY
huis kan wees. Beproef MY hierin, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en kyk of EK nie
die vensters van die Hemel (sluise) sal oop gooi en so baie seën sal uitstort
dat julle nie genoeg plek vir dit sal hê nie. EK sal verhoed dat plae julle
oeste verslind en die wynstokke op julle lande sal nie hulle vrugte afgooi nie,
sê die Almagtige GOD YAHUVEH. Dan sal almal julle geseënd noem, want julle land
sal genotvol wees, sê die Almagtige GOD YAHUVEH en julle het skerp woorde teen
MY gesê, sê YAHUVEH.
Nogtans vra julle: "Wat het ons teen U gespreek"? Julle het gesê: "Dit is
tevergeefs om YAHUVEH te dien, wat het dit ons gebaat om sy behoeftes uit te
voer en soos rouklaers voor die Almagtige GOD YAHUVEH te wandel?" Maar nou noem
ons die verwaandes geseënd. Die kwaaddoeners floreer sekerlik, en selfs hulle
wat YAHUVEH uitdaag, ontsnap. Toe het die wat YAHUVEH vrees, met mekaar gespreek
en YAHUVEH het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor Sy aangesig
geskrywe vir die wat YAHUVEH gevrees het en SY NAAM geëer het. Hulle sal MYNE
wees, sê Almagtige GOD YAHUVEH, op die dag wat EK my kosbare besittings opmaak,
sal EK hulle spaar, net soos 'n man sy seun spaar wat hom dien en julle sal weer
die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat
YAHUVEH dien en die wat HOM nie dien nie. Hulle wie MY Bediendings ondersteun
wat MY Woord uitspreek, doen dit nie vir hulle lof, eer en glorie nie, maar vir
MY Lof, Eer en Glorie. Sodat hulle goedheid 'n weerkaatsing van die GOD is wie
hulle dien. Wat 'n vreugde is julle vir MY.
O die skaamte wat EK vir julle het wie wel MY bedienaars ondersteun maar dit
doen vir 'n belastingvrystelling. Daar sal weliswaar geen ander seën as dit wees
nie. Pasop vir hulle wie vir liefdadigheidsorganisasies gee sodat hulle geld op
hulle belasting kan terugkry. EK ken julle harte. Dit is ver van MY af. Dit is
'n stink offergawe wat nie aangenaam in MY neusgate is nie. BEROU VANDAG! EK het
baie miljoenêrs maar so min ondersteun hulle wie dit waag om MY Boodskappers te
wees. Hulle sal verantwoordelik gehou word op die Oordeelsdag.
BEROU VANDAG!
Belê in siele. Julle kan nie die geld en besittings saamneem wanneer julle
hierdie aarde verlaat nie. EK sal aan hulle wie oorvloedig geseënd was vra, "Hoe
het julle jul geld vir MY Eer gebruik, vir MY Kinders?" Wat sal julle sê? satan
het laat mense saad in bose werke saai, bose herders wat MY Woorde verdraai,
boodskappe uitspreek wat nie beledig nie, sodat hulle nie finansieel sou ly of
hulle belastingvrystellingstatus verloor nie. Of wie bang is om die heidene te
beledig en nie bang is om Almagtige GOD YAHUVEH te beledig nie. Ellende wag op
julle. EK het bedienaars opgerig wie nie wêreldse rykdom het nie maar met
dapperheid MY Woorde uitspreek, en MY Mense en vir MY seën.
EK praat tot die harte van MY Mense, en sê, gee tiendes, gee liefdesoffers en
hulle tree op asof hulle doof en blind is vir die nood van die bedienaars.
Ellende wag op julle opstandige kinders! EK sal dit wat EK vir julle gegee het,
wegneem en vir een van MY Kinders gee wie nie gulsig is nie. Die werk wat julle
het, het EK vir julle gegee, nie om op te gaar vir ingeval julle dit eendag sal
nodig kry nie, maar om dit te gebruik om die Evangelie oor die hele wêreld te
verkondig. EK praat nou tot die harte van hulle wie materiële besittings meer
aanbid het as vir MY. Wie geld meer aanbid het as vir MY. Hierdie dinge sal
julle nie spaar wanneer EK weer kom nie. Maak vir julle skatte in die Hemel
bymekaar, waar mot en roes nie kan verniel en waar diewe nie kan inbreek en
steel nie. Hoeveel van julle doen dit? Klee julle die wat naak is? Voed julle
die armes? Nie in julle naam nie maar in MY NAAM! Nie vir julle eer nie, maar
vir MY Eer?
Vermaaklikheidsterre en die rykes gee vir allerhande liefdadigheid en dink dit
sal MY woede kalmeer, maar dit doen nie. Want baie doen hierdie dinge, gee 'n
bietjie uit hulle oorvloed vir hul lof, eer en glorie en nie vir MYNE nie, in
hulle name nie in MY NAAM nie. Weliswaar is dit hulle enigste beloning. Geld kan
nie die leemte vul wat EK veronderstel is om te vul nie. Elkeen het 'n leemte;
dit is 'n vakuum wat binne in elke mens geplaas is wat na MY beeld geskape is om
MY lief te hê en begeer om hulle Skepper lief te hê. Tog vul die mens daardie
leemte met so baie wêreldse dinge, materiële dinge en soek na ander gode, tog is
EK die enigste een wat daardie leemte kan vul. EK ween want die wêreld dink dat
as iemand wat ryk en beroemd was, deur die dood weggeneem word en almal ken
daardie persoon se naam, dat hierdie persoon terwille van sy roem en rykdom op
hierdie aarde, die Koninkryk van die Hemel sal beërwe. Tog is dit 'n leuen uit
die hel. As die rykes en beroemdes deur hierdie wêreld bemind was, en nie
verwerp is omdat hulle aan MY behoort nie, dan sê EK weer vir julle dat hulle
nie die Gees van die Lewende GOD in hulle het nie.
Vertel vir hulle MY kind; vertel vir hulle namens MY, is dit regtig die prys van
ewige hel werd? Vertel vir hulle dat slegs deur YAHUSHUA ha MASHIACH te dien en
te aanbid en lief te hê, MY eerste te stel in hulle lewens, MY te gehoorsaam,
Heilig te lewe, Heiligheid te verdedig, ander genoeg lief te hê om hulle te
waarsku, dit sal hulle in die Hemel bring. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir
hulle namens MY, hulle het die liefde en bewondering gesteel wat bedoel was vir
MY. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, as hulle verlossing
wil hê, dit kom deur die Bloed wat EK op Golgota gestort het.
Die Vermaaklikheidsterre doen so baie goeie werke, tog hulle doen dit nie vir
MY, vir MY Lof, Eer en Glorie nie. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle
namens MY. Sê hulle moet BEROU; wegdraai van hulle sondes, daar is vergifnis in
MY Gestorte Bloed op Golgota. EK het ook vir hulle gesterf sodat hulle vry kan
kom. Vertel vir hulle, MY Kind; vertel vir hulle namens MY, want jy is nie net
na die armes en mishandelde skape gestuur nie, jy is ook na diegene gestuur wie
hulself bo die gemiddelde stel wie glo hulle het hul eie publisiteit gekoop. Jy
is na die leiers van hierdie land gestuur, en baie [lande]. Vertel vir hulle MY
Kind; vertel vir hulle namens MY want vir MY is die rykes en armes dieselfde, EK
het MY Bloed vir hulle op Golgota gestort, sodat hulle vry kan wees van die hel.
Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY want EK kom gou. Geloof
sonder werke is dood. Baie van die rykes en die beroemdes het nie hul geloof in
MY gestel nie, maar in die populariteit van hierdie wêreld. In die mag van die
een wat die meeste geld het.
Selfs 'n geliefde gasvrou van 'n geselsprogram wat die wêreld ken, was eens
MYNE, maar het nou verdwaal. Die wêreld omhels haar want sy staan vir die wêreld.
Sy staan nie meer vir Heiligheid nie, maar instede spot sy met alles wat sy weet
Heilig is. Sy bespot die Woord van YAHUVEH waarin sy eenmaal geglo het. Sy soek
ander gode vir haar jeukende ore. Sy hoereer agter ander gode aan, maar vertel
haar sy moet BEROU en terugkom na MY toe want dit is EK wat haar hierdie guns en
gewildheid gegee het, sodat sy ander na MY reddende Bloed op Golgota kon lei.
Vertel dit vir Oprah Winfrey. Vertel vir haar MY Kind; vertel vir haar namens MY
want die lot van Prinses Diana sal ook tot in ewigheid hare wees as sy nie gou
berou en terugkom na YAHUSHUA ha MASHIACH, wie die prys betaal het sodat sy vry
kan kom van satan se greep nie. Vertel vir Oprah Winfrey om terug te kom na
Golgota en terug te kom na die wortels van haar voorvaders waar sy hoort. Vertel
vir haar dat niemand haar kan liefhê soos EK nie.
Vertel vir haar dat EK haar geseën het met elke begeerte van haar hart, en
niemand kan daardie leemte wat GOD gemaak het, vul nie behalwe EK. EK wag vir
haar om terug te keer en tog noem sy haarself MYNE, en MY Gees is ver van haar
af. Vertel vir haar namens MY, MY Dogter, EK treur oor haar! EK ween oor hierdie
wêreld wat sy verlei. Vertel vir Oprah, MY Kind, vertel vir haar namens MY
alhoewel sy dalk mag spot, sy sal in haar gees weet dat 'n Profeet van YAHUVEH
haar gewaarsku het en die een wat EK gestuur het, is jy. Vertel vir haar MY
Kind, vertel vir haar namens MY, keer terug na die GOD van Heiligheid wat sy
eens aanbid het, YAHUSHUA ha MASHIACH wie die prys op Golgota betaal het. Vertel
vir haar dat sy volgens die Heilige Woord van YAHUVEH moet lewe, of sy sal nooit
haar familie sien wat vir haar in die Hemel wag nie. Vertel vir haar; vertel vir
haar namens MY, MY Dogter want EK het jou geroep om die wêreld se geselsprogram
gasvrou, Oprah Winfrey te bedien.
Vertel vir haar dat sy bedoel was om MYNE te wees, maar sy het keer op keer
weggehardloop van MY af. Vertel vir haar MY Dogter, vertel vir haar namens MY.
Al MY Kinders wat elke dag na haar kyk en haar ryk maak, en woorde aanhaal wat
sy sê, EK vonnis julle nou swaar met 'n boodskap soos hierdie. Julle noem
julleself by MY NAAM, maar julle kyk daagliks hoe sy die betekenis van
Heiligheid ontheilig. Staan op en sê dit vir haar, vertel vir haar namens MY,
julle is ook MY stemme wat haar terug moet bring na die Gees van bekering deur
MY Gestorte Bloed op Golgota. Vertel vir haar MY Kinders; vertel vir haar namens
MY dat dit vir julle is wie sy probeer behaag en nie vir MY nie.
EK is verheug oor julle, MY Kinders wie ryk is in geloof. Nie julle geloof in
die rykdomme van die wêreld plaas nie. Julle kan nie twee here dien nie. Julle
sal die een haat en die ander liefhê. Julle kan nie twee wêrelde dien nie, die
wêreld van die vlees, en die wêreld van die Koninkryk van die Hemel. Slegs hulle
wie die vlees ontken en in die RUACH ha KODESH lewe en wandel sal EK spaar.
Vertel vir hulle MY Kind, wees MY stem en vertel vir hulle namens MY. Aan hulle
wie YAHUSHUA geestelike ore en oë gegee het, sal met hierdie boodskap vrygemaak
word. Vertel vir hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY. MY swart skape, maak
nie saak hoe ver julle afgedwaal het nie, kom terug na julle enigste Goeie
Herder, kom terug na MY toe.
Bestraf satan en vlug van hierdie demone van onheiligheid en julle sal die Hemel
aanskou. Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA het die
prys op Golgota betaal. EK het alles gedoen wat EK kan doen; nou laat EK die
keuses vir julle. Vertel vir hulle, almal wie ore het om te hoor en oë om te
sien, gee hierdie boodskappe aan wat EK met julle gespreek het, sodat julle op
die komende dag waardig geag sal word wanneer EK MY Uitverkorenes in MY arms
gaan bymekaar maak en huis toe neem, julle sal weet want deur julle woorde sal
julle nie alleen gaan nie. Vertel vir hulle MY Kinders; vertel vir hulle namens
MY, YAHUSHUA ha MASHIACH kom gou. Want Gabriël hou sy oë op ons Vader YAHUVEH,
die trompet teen sy lippe, hy wag slegs op Vader YAHUVEH se teken en dan sal
YAHUVEH na MY toe draai en sê, "GAAN, NOU IS DIE TYD, GAAN HAAL JOU BRUID!" Tot
dan wag, kyk en luister EK wetende wie sal gehoorsaam en hierdie waarskuwing oor
die komende Oordeelsdag deurgee.
Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Laat julle stemme saam
met hierdie Profeet van MY weerklink, terwyl daar nog tyd is. Vertel vir hulle
MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Vertel vir hulle MY Kind, vertel vir
hulle namens MY. Om geloof in MY te hê is die sleutel tot hul bestemming. Maar
dit is nie genoeg om net te glo wie EK is nie, MY Kinders moet die Groot GOD
YAHUVEH 'EK IS' gehoorsaam, liefhê en dien. Vertel vir hulle MY Kind, alhoewel
baie nie sal luister nie, vertel vir hulle namens MY! Hemel of hel is vir ewig.
Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir hulle namens MY. Julle is op hierdie dag
gewaarsku, wat sal dit wees? Sal EK sê, "Welgedaan goeie en getroue dienskneg,
kom in," of sal EK sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid en
sonde, julle het nooit die RUACH ha KODESH van VADER YAHUVEH in julle gehad nie.
Julle het die god van hierdie wêreld en sonde gedien, nou sal julle wie satan
gedien het, vir ewig saam met hom ly". Vertel vir hulle MY Kinders, vertel vir
hulle namens MY, YAHUSHUA ha MASHIACH KOM GOU! Vertel vir hulle MY Kind, vertel
vir hulle namens MY.
Gegee aan Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA, Profeet Elisheva Eliyahu op
24//1/1998 om 12:46 vm.