Profesie 133
Profetiese Uitgehongerde Baba Droom!

Geskryf / Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 19 Desember 2001 – Hervrygestel 10 Mei 2010

Hierdie is ‘n oorskrywing:

'n Profeet sien dinge vooruit. YAH waarsku altyd deur SY ware Profete. En ek het hierdie droom gehad, 'n baie duidelike droom, wat YAH vir my sê om [mee] te waarsku en dit was op 19 Desember 2001. En die rede waarom ek dit deel is nie om vrees te veroorsaak nie, maar eerder om julle gebede te vra dat hierdie droom NIE plaasvind nie!

Ten tye van hierdie droom [in 2001], was dit DRINGEND en dit het gelyk of dit in Amerika gaan gebeur. Ons wat glo in YAHUSHUA, ons het 'n kragtige 'militêre beskerming' wat direk uit die Hemel kom en dit is die engeleskare, die gevegs-engele. En net ABBA YAHUVEH sal instaat wees om ons meer genade te gun want wanneer hierdie gebeur, wat hierdie droom gaan beskryf, is 'n kernaanval!

En in die mees onlangse Profesie wat ek gegee was wat binnekort geplaas sal word, waarsku dit en ook in Donald Trump se Profesie het dit gewaarsku (131 Donald Trump is soos Springmielies wat spring! [skakel] )

Daar is 'n wedloop om te sien wie daardie knoppie gaan druk, daardie rooi knoppie. Want wie ookal doen, wel dis kernaanval. En daar sal weerwraak wees!

So ek noem hierdie droom,"Die Uitgehongerde Baba Droom."

Droom Begin

Ek het buite gestaan en gekyk na ‘n pragtige blou lug. Alles was vreedsaam. Terwyl ek opgekyk het het ek gesien 4 sirkels word in die lug geteken asof die Vinger van GOD YAHUVEH hulle baie stadig geteken het. Toe die 4de sirkel geteken was, het ek ‘n harde brullende geraas gehoor. Ek het in die huis ingegaan, en ‘n ENORME wind het gekom vernietigend en dodelik. Dit was ‘n kern ontploffing, soos van die gevolge van ‘n atoombom! Ek het in afgryse die dood en vernietiging aanskou.

Binne-in my huis, het ek ‘n vrou gesien met ‘n klein babatjie in haar arms. Ek het gekyk na die baba. En die baba het dood gelyk en so ondervoed. En ek het vir die vrou gesê, die moeder, “Hoekom het jy nie die baba gevoed nie?”

En sy het kil na my gekyk en gesê: “Want die baba vas.”

Toe voordat ek die baba by haar kon vat, het sy die venster oopgemaak en dit uitgegooi by die 2de verdieping venster uit. Ek het uitgehardloop in die bestraling en die verwoestende wind, en die baba in my arms gegryp, en die baba het weer begin asemhaal!
Terwyl ek daar gestaan het het ‘n man na my toe gekom en hy het net verby my geloop sy gesig was so verbrand van bestraling van die atoom ontploffing, en dit was rooi met 3de graadse brandwonde of selfs erger. Hy het nooit ‘n woord gesê nie. Hy het net aangehou om verby my te loop.

Ek het teruggegaan in my huis in, ten volle beskerm teen bestraling want ek het geweet niks kan my seermaak nie saam met die baba. En ek het die baba melk gevoer uit ‘n bottel.

Na ‘n wyle het die verwoestende winde opgehou. Alles het vreedsaam gelyk. Ek het toe weer na die lug gekyk, en ek het die eerste sirkel sien begin, ek het begin skree, “BEKEER en draai julle harte na YAHUSHUA! Want weereens het die oordeel gekom!”

So min het geluister! Ek het die ander 3 sirkels gesien almal in ‘n ry 4 altesaam.

Toe die geluid van ‘n brul wat ek nie instaat is om te beskryf nie. Toe kom die verwoestende winde weer. En dit was nog ‘n kern ontploffing wat afgegaan het!

Einde van Droom

Dit is waar ons is. En ons bid net dat ons meer tyd het om meer siele te bereik. En in hierdie droom, het ek ‘n verheerlikte liggaam gehad van een of ander aard, omdat die bestraling, die ontploffings ek nie gevrees het nie, die wind nie. Ek was in ‘n verheerlikte liggaam.

Daar’s ook wanneer YAH ‘n visioen gee, drome of profesieë, kan daar meer as een betekenis wees. En so, onderskei ek ook dat hierdie ook ‘n dubbele betekenis kan hê. Want ons weet die kern aanval gaan gebeur. Dis net ‘n kwessie van tyd!

Die vrou is godsdiens. En die baba is die gemeente. Die georganiseerde godsdiens en die georganiseerde kerke verhonger die mense: dwing hulle om te vas van meer geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings; meeste kerke sal nie eens ‘n Profeet toelaat om te profeteer nie.

Die pastoor sal die persoon vra voor die tyd, “Voor jy profeteer, wil ek sien...” Hulle sal vir hulle hierdie sê, “Ek wil sien wat jy gaan sê.” Dis onmoontlik vir ‘n ware Profeet!

‘n Ware Profeet maak net hulle mond oop en ABBA YAH, YAHUSHUA spreekvoort! Net die vervalste kan dit doen [voor die tyd wys]. En ek word gebruik, ek was gebruik om die mense te voed wat uitgehonger is, en tog steeds na hulle kerke toe gaan aan die gang 22 jaar op die internet kom 4 April 2017.

En die pastore offer die mense terwille daarvan om hulself, rykdom en beheer te voer. En hulle dink hulle BESIT DIE SKAPE, (die mense, die gemeente)! En hulle sal in spoghuise woon, en ry die Mercedes [Benz’e], Rolls Royces! Het die stralers, hulle eie persoonlike straalvliegtuie! En besit nooit net een spoghuis nie, maar gewoonlik vele!

En hulle vergeet daar is net EEN GOEIE HERDER. En dit is YAHUSHUA HA MASHIACH (WIE sommige nou JESUS CHRISTUS noem)! Asseblief waarsku almal!

YAHUVEH het met my gepraat in daardie droom en my gewaarsku waarom HY SY heining van beskerming weer sal lig, en dit is omdat selfs die heidene ‘n heidense god aanbid, maar vir wie aanbid Amerika werklik? Watter god aanbid enige land in hierdie wêreld? Die Jode aanbid vir ABBA YAH, YAHUVEH. Hulle het baie ‘name’ [vir HOM]: HaShem, Adonai, maar ek noem HOM op SY NAAM YAHUVEH!

Droom Begin:

In November (weereens van 2001) het ek ‘n soortgelyke droom gehad.

Ek het pad-af geloop en ‘n koei gevul met melk het my gevolg waar ek ookal gegaan het. Dit was nie eens my koei nie. ‘n Boer het my beskuldig dat ek sy koei steel! Ek het gesê ek kan nie die koei keer om my te volg nie, dit was die koei se keuse!

Ek het 3 vierkante in ‘n ry gesien geteken deur die Vinger van YAHUVEH in die lug. Ek het ‘n geluid gehoor soos ‘n brullende geraas wat ek nie kan verduidelik nie. Dit, dit was... dis so hard!

Toe het ek gesien ek was in die berge en groot rotsblokke het gekom in my rigting. Ek het na die oseaan toe gehardloop waar my huis was in die droom. Ek het in die huis ingegaan en toe sien ek die 3 vierkante word weer in die lug geteken. Ek het in afgryse toegekyk, en probeer dink, wat was die minste pynlike manier om dood te gaan.

Want ek het gedink die oseaan sou die huis verswelg en alles daarbinne sou verdrink as ek gebly het.

So ek het besluit om weer na die berge toe te gaan. Ek het die brullende geluid gehoor. En toe direk nadat die 3de vierkant geteken was, het ek selfs voor ek kon beweeg vuurwerke in die lug gesien. En die eerste, ligkleuriges, was die eentonige soort wanneer die vuurwerke net begin. Toe was dit helder kleurige vuurwerke! Dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie gehardloop nie, ek het net na die vuurwerke gekyk.

Einde van Droom

Ek is geïnteresseerd in die uitleggings van hierdie drome.

Ek weet die koeie is mense gevul met melk, hulle het die Melk van die Woord. Maar hulle het meer nodig. Hulle het geestelike vleis nodig. Net die vurige gebede van die regverdiges vermag baie (Jakobus 5:16) “As MY volk” op hul aangesigte sal val en “hulself verootmoedig [...] Sal EK [hulle gebede] verhoor... en hulle land genees“ (2 Kor.7:14)! Neem asseblief hierdie drome ernstig op.

Die een goeie ding is as jy behoort aan ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA, kan jy staan op die Skrif van Psalm 91, dat HY jou sal wegsteek onder SY Vlerke: die Geheime Plek van die ALLERHOOGSTE GOD, soos gesê in Psalm 91!

Is enige iets te moeilik vir YAH?


Die 3 Hebreeuse kinders (Dan. 3) was in die vlammende vuuroond gegooi 7 keer warmer en niks was verbrand nie behalwe die toue wat gebruik was om hulle hande en voete vas te maak. YAHUVEH kan ons beskerm teen enige leed gedurende hierdie tyd ook! Nie eens hulle liggame het geruik na rook nie! So wat ek te sê het is ons weet hierdie gaan gebeur.

En vir diegene wat die Bruid is van YAHUSHUA, hulle sal óf in verheerlikte liggame wees of hulle sal in die Hemel wees.

Ek bid in die Naam van YAHUSHUA dat julle hierdie drome ernstig opneem. Donald Trump was pas aangekondig as die volgende President. Hy is nie 'n oorlogstoker nie; Putin wil vrede maak met Amerika. Ek was 'n Profesie gegee oor Donald Trump (Profesie 131, Donald Trump, Spring soos Springmielies!) En hierdie [AmightyWind] Bediening hierdie Messiaans-Joodse Bediening ons was aangesê om te bid dat Donald Trump President sou word. En LOOF YAHUSHUA hy is!

* * * * * * *