Profesie 135
Besnydenis en die Verbond van Abraham

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Op 27 November 2016 – Vrygestel 10 Mei 2017


YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n bediening was. EK het dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hand tot stand gekom nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor die aarde waai. Die HEILIGE WIND van HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit lankal misluk het.

“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM: En MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot:

Maar hulle het die boodskappers van GOD uitgelag en SY Woorde verag en met SY Profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie. – 2 Kronieke 36:16

Toe in Julie 2016:

Ellende wag vir enigeen wat dit durf waag om hierdie twee gesalfdes leed aan te doen. Julle sal selfs die dag berou wat julle gebore was. Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen hierdie twee Profete geen kwaad nie. (sien ook Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22.) Dit sou vir jou beter gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitgeskeur het!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,- ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se staf op julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.

* * * * * * *

Wees vredevol MY Kinders want julle is in die palm van MY hand, julle skuil onder MY vleuels. Al hierdie jongmanne is in die hart besny en nou wil hulle volg en 'n nuwe verbond met MY sluit soos wat Abraham gedoen het. Waarom, waarom, waarom, sou ek iets toelaat om verkeerd te gaan, want jou hande is gesalf, Ezra.

O my seun Ezra, ek sal alles seën wat jou hand aanraak, elke instrument wat jy gebruik, bid 'n seëning daaroor. Herinner elke seun dat YAH tevrede is met hulle, want hulle bewys hul liefde op 'n ander manier wanneer hulle onder 'n ander verbond kom, 'n Nuwe verbond, want hulle het reeds die BLOEDVERBOND VAN YAHUSHUA. Ezra, jy sal die video maak en dit is soos jy gesê het, dat jy daar was as 'n pa, die geestelike vader, die hoof van die Bediening om by jou seuns te wees voordat hulle in die operasie ingegaan het. En net soos hulle met die kopbedekking volg, kyk hoe hulle reeds met die besnydenis volg.

Praat net in woorde wat hulle kan verstaan, Ezra. Maak dit eenvoudig genoeg dat 'n kind kan verstaan, want dit is die reëls wat ek [nog altyd] vir Elisheva gegee het.

En Ezra wanneer jy hierdie besnydenis video maak, laat jy almal wat luister, wie nie daar kon wees vir jou om hande op hulle te kon lê en hierdie spesiale vader seën te gee nie—om die volgende te weet: Soos hulle MY gehoorsaam en hierdie verbond van Abraham betree, is dit asof hulle daar staan [saam met jou].

Bemoedig hulle om vir die Bediening te skryf. Want vir almal wat in die hart besny en nou in die vlees besny is, onder die NUWE BLOEDVERBOND VAN YAHUSHUA en EK, YAHUVEH se Abrahamiese Verbond, is dit 'n dubbele seën—vir al die mans wat dit sal ontvang, is dit 'n dubbele Salwing!

Ezra, jy sê nie dat die besnydenis enige iemand red nie. Vir die vyande wat sal aanval en dit sê. Dit is nie waar nie. Jy sal altyd onderrig dat daar slegs onder die NAAM EN DIE BLOED VAN YAHUSHUA vergifnis vir sondes is. Maar die Verbond van Abraham neem dit 'n stap verder en sê: "Ek wil alles doen wat U vir my beveel het om te doen ABBA YAH," soos die jongmanne en die ou manne praat, wat aan MY behoort.

Net die volgende: EK sal MY Kinders stuur—sommige wat nog nie eens weet dat hulle MY kinders is nie—vanuit die 4 hoeke van die aarde, om van hierdie Bediening te hoor; of dit mondelings, sosiale media of deur die rekenaar is, EK vertel jou dit, hulle sal kom! En nou het hulle reeds al in 34 verskillende tale gekom.

Jy behaag my Ezra, en wanneer jy terugkom, sal jy onderrig oor die besnydenis (Genesis 17:1-27) en een vir een sal die kinders wat nie regtig kinders is nie, maar jong mans [sal ook]—want dit sal die ander jongmanne wees wat hulle voorbeeld met hulle getuienis sal volg— nadat hulle genees is en hulle die rede sal verduidelik waarom hulle ook onder die Abrahamiese Verbond wou wees. En jy Ezra sal ‘n lering gee soos ek gesê het. En Adam se video sal daar wees. Want die mense sal dit net nie verstaan ​​hoekom dit nodig is wanneer hulle reeds onder die BLOED VAN YAHUSHUA is nie.

Daarna [na die verlossing] het die besnydenis van die vlees gekom in gehoorsaamheid tot MY Wette, sodat jy onder die Verbond van Abraham kon wees (Genesis 17:1-27). Jy het jou vlees opgeoffer— jy was bereid om deur die pyn te gaan, wat slegs tydelik is. En selfs wanneer jy die bloed sien: Onthou dit is nie net Abraham se Verbond nie, maar dit is 'n herinnering aan die BLOED wat vir jou op Golgota deur YAHUSHUA gestort is.

MY geliefde seun Ezra, EK sê welgedaan! EK is so tevrede met jou onderrig van die Abraham Verbond.

EK is so tevrede met jou. Nou sal hulle almal in 'n nuwe Salwing wandel. Hulle was bereid om vir die pyn van die vlees te ly om die GEES te gehoorsaam en EK is so tevrede met hulle. Dit geld vir elkeen wat mekaar se voorbeeld gevolg het—soos jy die weg en die leer gelei het.

Nou moet jy almal by Amightywind Bediening leer.

Weereens sal elkeen van die kinders in 'n sterker Salwing wandel [as voorheen]— diegene wat daar is wat onlangs besny is, en dit gaan weereens vir almal, almal, almal wat nuut besny word.

[In hospitale, was dit eens 'n beleid dat 'n baba besny moes word]—dit was net aangeneem, dit het niks met Heiligheid te doen gehad nie. En toe het die reëls ver-ander. Want satan wil nie hê hulle moet in daardie nuwe verbond wandel nie, so sekerlik wil hy nie hê dat hulle in die NUWE BLOEDVERBOND VAN YAHUSHUA moet loop nie, maar jy gaan die belangrikheid beklemtoon en selfs die getuienis deel van hoe die duiwels vlug en dit sal dit nog makliker maak om MY, EK YAHUVEH en MY SEUN YAHUSHUA en IMMAYAH, die LIEFLIKE RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES te gehoorsaam.

EK is so trots op jou seun vir die verantwoordelikheid wat jy geneem het en vir wat jy gedoen het vir almal wat besny was. En MY geliefde seun, ek wil hê jy moet die tyd neem om selfs die Poolse gemeente te vertel hoe belangrik en hoe tevrede EK YAHUVEH is dat hulle nou onder die Abrahamiese Verbond is. In MY tyd seun, gaan jy daardie video aanmekaar sit en hieroor onderrig, en die belangrikheid daarvan. Want dit was nie jy Elisheva wat hieroor moes onderrig nie, in al hierdie jare. Dit was nie jy Elisheva wat die Torah moes onderrig nie. Jy het gedoen wat jy gesê was om te doen. Jy moes net vir jou Ezra wag om te kom om te vervul en te help om te voltooi, wat EK gedoen wil hê!

Elisheva: ABBA YAHUVEH, is daar enigiets anders wat U wil sê?

ABBA YAHUVEH, dit is die manier waarop U my nou lei om te bid. U vertel my om te bid vir vrede, vrede, vrede, oor hierdie jongelinge en vrede—ek wil net hê jy moet weet dat ek net hierdie oor en oor bly hoor hoe tevrede YAH met jou is. HY bly my net vertel om jou te sê hoe tevrede HY met almal van julle is, hoe lief HY julle het! Hoe jy al hierdie jongmanne lei en selfs deur die hand sal YAH jou hand lei Ezra. Want jy is hulle geestelike Pa. Jy is ook hulle pastoor.

En HY gebruik jou, net so seker soos wat jy gesê het, moet jy hulle vertel wat YAH presies gesê het wat jy my geleer het. Herinner hulle dat die ma nie daar moet wees [eerder] dit is die vader wat die baba vashou (op 8 dae oud, net soos YAHUSHUA ook besny was op 8 dae oud) Dit sal die jongmanne troos.

En bid net oor elkeen van hulle. Bid vir vrede vir elkeen. Ek het sopas ‘n visioen gesien en YAHUSHUA gaan reg langs elkeen van hulle staan, elkeen van hulle. En YAHUSHUA gaan aan hulle sy wees, soos hulle op daardie tafel lê. En YAHUSHUA vertel my om jou gerus te stel dat HY daar gaan wees om jou te kalmeer.

Elisheva, EK is lief vir hulle almal, selfs meer as wat jy vir hulle lief is. En EK sal nie toelaat dat enige iets met hulle gebeur nie, veral met jou geliefde man Ezra. EK ABBA YAHUVEH en EK YAHUSHUA en EK IMMAYAH herinner jou ONS is lief vir jou: almal van julle, al ONS seuns en al ONS dogters.

Onthou om hulle in gebed te hou. Want EK het legioene van Heilige engele gestuur om julle almal te beskerm.

So hou aan om die vertalers voort te roep Ezra, die Hebreeuse vertalers, sodat hulle jou kan help. Sodat jy hulle kan voed. Sodat jy vir hulle kan sorg. Die Internasionale Bruid van YAHUSHUA is verstrooi in die 4 hoeke van die aarde en so is die gaste wat by die Bruilofsmaal van die LAM sal wees.

Einde van Woord.

Elisheva: ABBA YAHUVEH, dit is al wat ek hoor om te sê. Dank U en prys U! Soos ons geestelike kinders op hulle lang reis gaan saam met Ezra vir hiedie operasie.

So is dit gespreek

So is dit geskryf

gegee aan my Elisheva Eliyahu

Einde van Woord

Elisabeth: Dank U. Dit is al wat ek hoor! Prys YAHUSHUA, ABBA YAHUVEH! HalleluYAH KOSBARE RUACH HA KODESH! Dank U. Dank U. Dank U.


* * * * * * *