Profesie 136 Die HEILIGE DRIE EENHEID het ook Vertroosting Nodig!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 29 Mei 2017

Hierdie Profesie is ontvang op die vooraand van Shavu’ot1 2017, ook bekend as Pinkster.

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.

—Met Profete Ezra & Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand. 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6) Ezra begin gebed met intersessor tale (Rom. 8:26-27; 1 Kor. 14:15)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Prys YAH”: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN—(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD”)

Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ – as die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”) –is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na “HAAR,” en dit is so gereflekteer in die Profesie en Skriftuurlike aanhalings hieronder.



Skrifaanhalings is uit die Woord en Getuienis bybel indien anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,

selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die mond van YAHUSHUA,

jou MASHIACH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND

wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;

en MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8


(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende as waarskuwing bygevoeg word vir hulle wat spot:


“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

–2 Kronieke 36:16



Asook, in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag– om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitgeskeur het!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself en al die Bedienaars van AmightyWind Ministry – ek waarsku julle nou, 'Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie' (Ps. 105:15…1 Kron. 16:22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Profesie 136

Die HEILIGE DRIE EENHEID het ook Vertroosting Nodig!

Hierdie video was op youtube aangebied voordat dit afgehaal is deur youtube personeel. Dit het meer as 13k besigtigings gehad. Staan asseblief in ooreenstemming met ons gebede dat youtube dit vinnig sal vrylaat!


Hierdie Profesie is opgeneem d.m.v. audioband. Hier is die oorskrywing.

[Ezra bid in Heilige tale…]

Elisheva: Dis pragtig. O, ABBA YAHUVEH, ons dank U net en loof U in die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH terwyl ons voor U troon kom met danksegging en lofprysing! Dank U vir die Shavu’ot [weke]! [1] Dank U vir die aftel van die omer! [2] Dank U vir hierdie oestyd. Dankie ABBA YAHUVEH dat [soos] U die Shavu’ot 1 bring, gedenk U ook terselfde tyd HEMELSE VADER, hoe U vir my ‘n nuwe manlike leier gebring het HEMELSE VADER in die NAAM VAN YAHUSHUA. Dit is hoe baie U nie net U Bediening eer nie, maar U eer ook U Profeet.

Dit is oortreffende, oortreffende liefde HEMELSE VADER, want YAHUSHUA, U het nie net na die Kruis gegaan en U BLOED uitgestort tot VERSOENING van ons sonde nie. Want niemand van ons, niemand van ons op hierdie aarde is perfek nie. Maar in plaas daarvan, HEMELSE VADER en GELIEFDE YAHUSHUA, het U ook gesê, YAHUSHUA, dat U ons nie alleen sal laat nie (Joh. 14:18) toe U gegaan het, het U gesê dat U die TROOSTER sou stuur (Joh. 15:26; 16:7) Die TROOSTER sou kom.

En U het vir U dissipels gesê om te wag en die tyd af te tel tot die bo-vertrek en U het vir hulle die datum gegee wanneer om daar te wees en U het gesê die TROOSTER sou daar wees.

Joh.14:17-18

–die GEES van WAARHEID. Die wêreld kan HAAR nie ontvang nie, want dit sien HAAR nie en ken HAAR ook nie. Maar julle ken HAAR want SY bly by julle en SY sal in julle wees. EK sal julle nie as wese agterlaat nie; EK kom weer na julle toe.

Joh.15:26

Maar wanneer die TROOSTER gekom het, WIE EK sal stuur van die VADER, die GEES van WAARHEID, wat van die VADER uitgaan, sal SY van MY getuig.

Ons weet WIE die TROOSTER is. Dit is die HEILIGE GEES. Dit is die LIEFLIKE, LIEFLIKE HEILIGE GEES, die RUACH HA KODESH in Hebreeus, en IMMAYAH. Ons dank U en ons loof U IMMAYAH! Ons loof U ABBA YAHUVEH. Ons loof U YAHUSHUA dat U dit gedoen het!

O, ek vra nou vir ‘n Woord. Wat is dit, die Woord wat U wil sê op Shavu’ot? Vir 7 dae lank sal ons feesvier HEMELSE VADER, dat U op Shavu’ot [2016] hierdie nuwe manlike leier gebring het, ‘n Israelitiese Profeet – wat nou my geliefde man is toe ons getroud is op 2 Oktober, 2016 en dit was op Rosh ha Shana dag, terwyl ons vir U gewag het YAHUSHUA om terug te keer op ‘n Rosh ha Shana. Want U is ons eerste BRUIDEGOM.

En ons wag net vir U en ons vra wat dit is wat U nou wil sê? Asseblief, wat is op U hart? Want ons wil hê die mense moet kom en ons wil hê dat hulle U beter moet ken.

Hulle het dit nodig om U beter te ken. Hulle leer nie WIE U is nie ABBA YAHUVEH, WIE sommige “Jehovah” noem, maar U naam is YAHUVEH. U het HEBREEUSE NAME en hierdie Bediening moet die HEBREEUSE NAME onderrig.

Wat is dit wat U wil sê? Hoe kan ons die mense sover kry om U beter te ken – om te weet dat U nie net ‘n GOD VAN WRAAK is nie maar U is GOD VAN EWIGE LIEFDE & GEDULD & GENADE.

Maar daar kom ‘n tyd wanneer hulle die lyn oorsteek, wanneer hulle die BLOED teruggooi, die VERSOENINGSBLOED wat YAHUSHUA gestort het op Golgota, teruggooi in SY gesig, en sê, “Ek wil dit op my manier doen! Ek gaan die lewe leef op my manier! En ek gaan niks Heiligs doen nie want dit is vervelig.”

Maar U het ‘n Woord om te sê en ek wil weet, ons moet weet – terwyl my man gebid het in Heilige tale en dit was Heilige tale van beskerming (Rom. 8:26-27; 1 Kor. 14:15) waar dit sê ‘Raak MY Gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad nie’ (Ps.105:15; 1 Kron.16:22) – wat is dit wat U wil sê ABBA YAH? Want daar is nie weggedoen met die profete nie! Ons is nog steeds geldig en ons is U Oë en ons is U Ore en ons wil weet.

Romeine 8:26-27

En net so kom die GEES ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die GEES self tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge. En hy wat die harte deursoek weet wat die bedoeling van die GEES is, omdat SY ooreenkomstig die wil van ELOHIEM vir die heiliges /afgesonderdes intree.

1 Korintiërs 14:15

Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

Psalm 105:15 & 1 Kronieke16:22

Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY profete geen kwaad nie.

[Eliseva bid in Heilige tale 3…]



Profesie 136

Die HEILIGE DRIE EENHEID het Ook Vertroosting Nodig! Shavu’ot 2017

Profesie begin:

Hierdie is julle ABBA YAHUVEH! EK lief dit wanneer julle MY “VADER” noem. EK is julle LIEFDEVOLLE VADER! EK het MY ENIGGEBORE SEUN gegee sodat julle weer kan terugkeer Hemel toe. Want niemand van julle, niemand van julle is perfek nie! Net YAHUSHUA is perfek, WIE sommige “JESUS CHRISTUS” noem. Maar EK wil hê dat julle HOM “YAHUSHUA” noem, op SY HEBREEUSE NAAM.

Julle sal vind daar is meer Krag en Salwing in die HEBREEUSE NAAM, maar daar is steeds krag en salwing in die Naam van 'JESUS CHRISTUS.'

Net asseblief; EK wil julle beter leer ken op hierdie Shavu’ot wie 4 hulle die dag van Pinkster noem. So baie sê net, “Dis net die dag van Pinkster” – en hierdie [Profesie] moet vrygestel word op Shavu’ot – dit is waarom EK dit Shavu’ot

noem. 5 Dit is wat MY gebed 6 is vir julle MY kinders. Dit is wat EK vra vir julle MY kinders.

MY kinders! MY kinders! MY kinders! MY babatjies! MY babatjies! MY babatjies! EK wil julle beter leer ken! EK IS julle SKEPPER! Daar is geen ander! Julle sit nooit godsdienste bymekaar nie!

Hierdie gaan nie oor ‘n godsdiens nie! Dit gaan oor ‘n verhouding met jou SKEPPER. Dit gaan oor julle MESSIAS, julle REDDER YAHUSHUA WIE die PRYS betaal het op Golgota – sodat julle van die hel [gered sou wees] julle nie sou gaan nie, sodat EK weer jul gebede kon hoor, sodat EK julle kon vergewe van jul sonde - HY het SY eie BLOED gestort! Want SY BLOED was perfek! Dit het van die Hemel af gekom!

HY is nie net die SEUN VAN GOD ALMAGTIG, EK YAHUVEH, nie! HY is nie net die SEUN VAN IMMAYAH (die RUACH HA KODESH, die LIEFLIKE HEILIGE GEES) nie! HY IS ook GOD! Al DRIE van ONS IS EEN (1 Joh. 5:7; sien ook Joh. 1:1-2; 10:30; Spreuke 8:23; 27; 30! Leer hulle MY kind! Leer hulle!

1 Joh. 5:7

Want daar is DRIE wat getuig in die Hemel, DIE VADER, DIE WOORD & DIE HEILIGE GEES: en hierdie DRIE is EEN (ou Afrikaanse vertaling)

Joh.1:1-2 & 10:30

In die begin was die WOORD, en die WOORD was by ELOHIEM, en die WOORD was ELOHIEM. 2 Die WOORD was in die begin by ELOHIEM, 10 EK en MY VADER is EEN.

Spreuke 8:23;27; 30

EK [WYSHEID, DIE HEILIGE GEES] Van ewigheid af is EK geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af......27 Toe HY die hemel berei het, was EK daar....30 toe was EK 'n kunstenaar naas HOM, en EK was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor SY aangesig altyd.

Sê vir hulle om na ‘n eier te kyk! Watter gedeelte is die eier? EK het dit van die begin af vir jou geleer! EK gaan vir jou sê om dit weer te onderrig. Vertel hulle. Vertel hulle MY kind. Kyk na ‘n eier! Is die eier die dop? Is die eier die geel? Is die eier die wit? Watter gedeelte is die eier? Dit is die geheel! Die eier is ‘n eier.

ONS DRIE, die GOD DRIE EENHEID IS EEN (1 Joh.5:7)! EK die HERE jou GOD is EEN! 7 ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH (RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES) ONS is EEN! Dit is wat EK wil hê jy vir hulle moet leer op Shavu’ot!

Deut. 6:4

Hoor, Yiesraél, YAHWEH is ons ELOHIEM; YAHWEH is een!

OF

Hoor o Israel YAHUVEH is ons GOD, YAH is EEN [7]

Dit is wat EK wil hê die Jode moet verstaan! Hulle kan nie argumenteer as hulle na ‘n eier kyk nie. EK praat nou asof hulle ‘n kind is. EK praat nou asof almal van julle kinders is, want julle is kinders (Hand. 17:28)! Julle wat dink julle weet so baie, weet so min! (Job 38:2; 1 Kor. 3:19-20).

Handelinge 17:28

28 want in HOM lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook SY geslag (kinders).

Job 38:1-2

1 Daarna het YAHWEH Iyov (Job) uit 'n storm geantwoord en gesê: 2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?

1 Korinthiërs 3:19-20

19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by ELOHIEM; want daar is geskryf: HY wat die wyse mense in hulle listigheid vang; 20 en verder: YAHWEH ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

EK wil jou leer soos ‘n kind– hierdie Bediening moet geleer word asof almal kinders is (Mat.11:25; Luk. 10:21) Kom na MY toe – soos ‘n kind (Mark.10:15) Ons begin van voor af.



Lukas 10:21, sien Mattheus 11:25

21 In dieselfde uur het YAHUSHUA HOM in die gees verheug en gesê: EK loof U, VADER, MEESTER van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, VADER, want so was dit U welbehae.

Markus 10:15

15 Amein EK sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van ELOHIEM nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Moenie glo wat nou geleer word dat alle godsdienste kan saamsmelt nie (1 Kor. 8:5-6; 2 Kor. 6:14; Joh.14:6) Nee! Nee! Nee! en Nee!

1 Korinthiërs 8:5-6

5 Want al is daar ook sogenaamde elohiem, of dit in die hemel en of dit op die aarde is - soos daar baie “elohiem” en baie “meesters” is - 6 tog is daar vir ons maar EEN ELOHIEM, die VADER uit WIE alles is, en ons tot HOM, en een MEESTER, YAHUSHUA die MESSIAS deur wie alles is, en ons deur HOM.

2 Korinthiërs 6:14

14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die wetteloosheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Johannes 14:6

6 YAHUSHUA antwoord hom: EK IS DIE WEG EN DIE WAARHEID & DIE LEWE; niemand kom na die VADER behalwe deur MY nie.

Hulle wat hom “Allah” [8] noem of “Mohammed” – waar is die VERSOENING van sondes? Want daar is geen vergewing van sondes sonder die Bloed Versoening nie (Lev. 17:11; Heb. 9:22)

Levitikus17:11

11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en EK het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

Hebreërs 9:22

22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die Torah, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

YAHUSHUA is die ENIGSTE EEN WIE die PRYS betaal het! En HY het die plek geneem van daardie PAASFEES LAM! HY is daardie PAASFEES LAM! HY was selfs op dieselfde tyd doodgemaak as wat die paasfees lam gedood was. (Num. 9:2-3)!

Numeri 9:2-3

2 dat die kinders van Yiesraél die Pesag op die bepaalde tyd moet hou. [3] Op die veertiende dag in hierdie maand, tussen die aande, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; ooreenkomstig al sy insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou.

En HY het op daardie kruis gehang en HY was gemartel en HY was geslaan en HY was verneder en HY het jou skande gedra en elke kwaal, elke siekte (sien Jesaja 53)!

HY het dit vir julle gedoen MY kinders maar HY het nie net gesterf nie–want niemand kon SY Lewe neem nie (Joh. 10:18-19) terwyl HY op die kruis gehang het vir 3 ure, heeltemal onskuldig! Heeltemal rein en Heilig! Nie eens ‘n gedagte van sonde kon SY Kop binnedring nie (sien Heb. 4:15 ens.)!

Johannes 10:17-18

17 Daarom het die VADER MY lief, omdat EK my lewe aflê om dit weer te neem. 18 Niemand neem dit van MY af nie, maar EK lê dit uit Myself af. EK het mag om dit af te lê en EK het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het EK van MY VADER ontvang.



Alhoewel HY deur satan versoek was vir 40 dae (sien Mat. 4:1-2; Mark. 1:13; Luk. 4:1-2) het nie eenmaal selfs ‘n gedagte van sonde SY Kop binnegedring nie. Wees julle Heilig! Leef Heilig! HY het SY Lewe gegee vir jou maar dit het nie beteken dat ‘n mens SY lewe geneem het nie (sien Joh. 10:18-19 hierbo). HY is selfs die EEN wat gesê het “Dit is volbring!” en toe het HY gesterf (Joh. 19:30).

Johannes19:30

[…] sê HY: Dit is vervul! En HY het SY hoof gebuig en die GEES (LEWE) gegee.

Maar o, EK wil hê dat julle moet feesvier op Shavu’ot! Op die 3de dag het HY bewys dat HY lewendig was (sien 1 Kor. 15)! En HY het deur ‘n deur geloop wat gegrendel was (Joh. 20:19) waar die dissipels weggekruip en getreur het. Want HY het HOMSELF vertoon nadat HY hel toe gegaan het en satan en sy demone laat weet het dat hulle misluk het (sien Efes. 4:8-10)! Hulle het misluk want HY IS GOD ALMAGTIG!

HY is jou HEER en REDDER! HY is MY SEUN! Maar HY dra die titel van “HEER GOD ALMAGTIG”! HY is die MESSIAS! HY is Die VERLOSSER! En die dissipels was verheug soos EK julle vra om verheug te wees op Shavu’ot. Want julle sien HY het julle nie verlaat sonder om te sê dat HY die TROOSTER sou stuur nie. HY het voor die dissipels verskyn en gesê: 'EK stuur die TROOSTER' (sien Joh. 16:7). En die TROOSTER is die LIEFLIKE HEILIGE GEES.

Nou vertel EK julle ‘n geheim op hierdie Shavu’ot.

So baie van julle weet nie – en julle wat nie enigiets van die Bybel weet nie – hierdie woorde spreek EK nou: Julle moet eers bekeer. Gaan op jou knieë voor MY. Voorheen kon EK nie julle gebede verhoor nie want YAHUSHUA moes eers gekruisig word en SY EIE BLOED gee om jou plek te vat aan daardie kruis op Golgota. HY het gely vir jou! So wanneer jy bely en bekeer van jou sondes en werklik probeer om Heilig te lewe voor MY, nie net alleenlik die 10 Gebooie gehoorsaam nie maar ook die Torah Wette, wat die volle instruksies is van YAHUSUA wat huidiglik van toepassing is hier en nou vir hierdie tyd.

Bekeer beteken dat jy sê jy is jammer. Dit is nie soos [President] Donald Trump gesê het nie (voordat hy van beter geweet het) dat hy nooit gevra het om vergewe te word nie. Nou weet hy dat hy moet vra om vergewe te word. Almal moet vra om vergewe te word.

O, Shavu’ot is so ‘n Helige tyd! En die aftel van die omer - as jy dit nie gedoen het nie – selfs YAHUSHUA het dit gedoen. O, dit beteken oestyd!

Daar is so baie meer wat EK julle wil leer maar dis nog nie nou nie. EK sal meer Profesieë hieroor voortspreek. Nou wil EK hê julle moet weet hoeveel, hoeveel, hoeveel ONS ook julle troos nodig het.

Nou praat EK met hulle wat gered is, gereinig en gevul met die HEILIGE GEES, die LIEFLIKE RUACH HA KODESH. EK praat met hulle wat hul uiterste beste doen om MY nie aanstoot te gee nie. Dis hulle met wie EK wil praat. ONS het julle troos nodig. Weet julle dat die HEILIGE DRIE EENHEID jul troos nodig het?

EK praat met die Babatjies, Bruid, Uitverkiesdes en Uitgesoektes. Julle kom na ONS toe en julle het troos nodig en ONS is daar. Julle kom na ONS toe met jul gebede en ONS is daar. Julle vra van MY en julle ontvang, want ONS is daar.

Maar verstaan julle nie? ONS huil. EK, YAHUVEH huil. YAHUSHUA huil. IMMAYAH huil. ONS huil! ONS lag saam met jou! ONS wil saam met jou lag! ONS wil met jou speel. Julle is kinders! Watter pa wil nie met sy kind speel nie? Watter pa wil nie hê dat sy kind vir hom moet vrae vra nie? Watter goeie pa? Watter Heilige pa?

EK praat nie nou van enige iemand anders as hulle wat werklik aan YAHU-SHUA HA MASHIACH behoort nie. Die ander sal nie eens verstaan nie. En vir hulle wat nie verstaan nie, hierdie Woord is nie eens vir julle nie, so moenie eens luister nie. Moenie moeite doen om te kerm nie. Moenie moeite doen om haar ‘n vals profeet te noem nie want EK het gewaarsku, 'Raak MY Gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad nie' (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22).

EK wil‘n verhouding hê met MY geliefdes. EK wil nie net hê julle moet MY vrees nie - maar vrees is die begin van WYSHEID (sien Spr. 9:10; Ps. 111:10) – EK wil hê julle moet MY gehoorsaam.

Spreuke 9:10

Die beginsel van die Wysheid is die vrees van YAHUVEH, en kennis van die HEILIGE [EEN] is verstand.

Psalm 111:10

Die vrees van YAHUVEH is die beginsel van die Wysheid; almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. SY lof bestaan tot in ewigheid.

Strewe, strewe, strewe om Heilig te lewe! En as jy misluk – en een of ander tyd gaan jy wees soos ‘n ongehoorsame kind en jy sal misluk, maar bekeer – vra om vergifnis en moenie dink YAHUSHUA het op daardie kruis gesterf net om jou ‘n verskoning te gee sodat jy weer kan sondig nie. Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet (Mat.12:36).

Mattheus 12:36

36 Maar EK sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

Dawid was ‘n man so na MY eie hart (sien 1 Sam. 13:14: Hand. 13:22) om een rede. Hy het geweet hoe om te berou. HY het gerou en gehuil en om vergifnis gevra. En EK kon deur hom praat en EK kon met hom praat. En EK wil met julle praat.

EK gaan nou vir Elisheva en Ezra hê, die Israelitiese Profeet wat nou Elisheva se man is en die manlike leier van hierdie Bediening – EK het hom gekies, EK het hom vooruitbestem, EK het hom gesalf om die plek te vat van die vals een wat daar was en wat selfs opgehou glo het in MY meer as sewe jaar gelede. Doeke redding tel nie!

Driewiel redding tel nie! Dis net ‘n klein kindjie se fiets. Hulle begin deur te probeer doen wat reg is – en dan verlaat hulle MY. Hulle verlaat Heiligheid. Hulle sê, “Dis te moeilik om dit op YAHUVEH se manier te doen.”

O, maar julle Ezra en Elisheva, julle behaag MY! Julle behaag MY omdat julle probeer asook al julle ander met wie EK nou praat wat die kinders is van YAHUSHUA HA MASHIACH – alles as gevolg van die PRYS wat betaal was by Golgota – omdat julle glo dat HY nie dood gebly het nie maar op die 3de dag opgestaan het; en dat HY opgevaar het na die Hemel; en dat HY teruggekom het met instruksies vir die dissipels; en soos HY opgevaar het so sal HY weer terugkom (Hand. 1:11) moet net nie ‘n datum daarop sit nie.

Handelinge 1:11

['n Engel] wat sê: Ghaliliese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie YAHUSHUA wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle HOM na die hemel sien wegvaar het.

Maar EK sê vir julle dit. Kyk na die tekens van die wêreld, kyk na die tekens van die lug (sien Mat. 24; Mark. 13; Luk. 21 ens.) Lees elke enkele Profesie en verslind dit. Want julle sien, hierdie is nie net sommer woorde nie. MY dogter, wat nou hier profeteer, wie ‘n Apostel is, ‘n Profeet wat EK MY Ringleier (Ringmaiden) noem, het begin in 1995 aanlyn, [9] waar EK, YAHUVEH, geboorte gegee het aan hierdie Bediening, om siele na YAHUSHUA HA MASIACH te bring, nie een vir een nie maar by die miljoene tegelyk – in soveel verskillende tale dat sy nie eers meer kan tred hou met die aantal nie.

En selfs toe die boek geskryf was [10] wat verduidelik WIE die HEILIGE GEES is en – “The Secrets of the HOLY SPIRIT” wat so lank geneem het om te skryf, om te bevestig met Skrif – wie dink julle is WYSHEID? (sien “Books of Wisdom”) Waarom dink julle dat selfs die “King James Version Bible” HAAR ‘n SY noem? (sien Spreuke 1-9) In watter beeld dink julle was Eva geskape? (Gen. 1) Toe EK gesê het laat ons mense maak na ONS Beeld, het EK nie gesê MY Beeld nie, EK het gesê “ONS” beeld. (Gen. 1:26) Dit is nie net EK nie maar dit was IMMAYAH. En daardie IMMAYAH is die beeld van Eva. En julle manne is gemaak in die beeld van MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA.

So leer hulle! Leer hulle op Shavu’ot. Sing vir MY. Sing vir die HEILIGE DRIE EENHEID! Moenie net in gebed gaan en vrae vra nie maar sing, loof! Gaan in MY Hemelse Voorhowe in met eerbied, liefde met lofprysing in die NAAM VAN YAHUSHUA (Ps. 100:4)! Moet nooit dink dat jy in MY teenwoordigheid kan inkom in jou eie naam nie (Heb. 4:14-16) Want alleenlik sal EK luister in die NAAM VAN YAHUSHUA, WIE sommige 'JESUS CHRISTUS' noem (Hand. 4:12) Maar EK vra julle, leer die HEBREEUSE NAME nou voordat dit vervals word gedurende die Groot Verdrukking.

Psalm.100:4

Gaan SY poorte in met lof, SY voorhowe met lofgesang; loof HOM, prys SY NAAM.

Handelinge 4:12

En die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander NAAM onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Ezra & Elisheva julle behaag MY so baie want julle sing nie net vir MY nie, julle bid nie net tot MY nie, maar Elisheva jy doen soveel meer. Altwee van julle, julle onderrig alles wat EK vir julle gee. Julle lei siele na MY seun YAHUSHUA. En YAHUSHUA, JY bring daardie siele na MY toe. EK het gesê EK sal nie een mis nie.

Wanneer die name geskryf word in die LAM se Boek van Lewe, is daar ook ‘n Boek van die Verdoemenis en ook ‘n Boek van die Uitgewistes (Openb. 20:11-12; sien ook Ps. 69:28 ens)

Openbaring 20:11-12

En ek het die dode, klein en groot, voor die troon sien staan, en die boekrolle is geopen; en 'n ander boekrol, die boekrol van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle werke.

Maar EK praat van die Boek van Lewe en wanneer die naam neergeskryf word en jy het opgegee en jy het weggedraai – het EK dit reeds vooraf geweet soos Romeine 8 (v29; 9:22 ens) dit eenvoudig sê – so gou as wat die naam geskryf was, word dit onmiddelik uitgewis asof dit nooit daar was nie en dit verskyn in die Boek van die Verdoemenis.

Romeine 8:29

29 Want die wat HY voorheen geken het, hulle het HY ook voorheen verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van SY SEUN, sodat HY die EERSGEBORENE kan wees onder baie broers;

Romeine 9:22

En wat as ELOHIEM, terwyl HY SY toorn bewys en SY mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die vernietiging voorberei is, verdra het.

Hierdie is geheime wat EK julle vandag vertel wat selfs groter is as die gebede wat EK voorheen gesê het, wat EK julle gesê het om te bid. Bid dat jou naam nooit gevind word in die Boek van die Uitgewistes nie omdat dit beter is as jy alreeds in die Boek van die Verdoemenis is. Want dit is die enigste beloning wat jy gaan ontvang – op hierdie aarde, is om jou lewe te leef, te leef vir die duiwel, dit op jou manier te doen in ‘n kort aantal jare en – dan kom die hel en die poel van vuur.

O, maar julle wat dit op MY manier doen! Julle is in Die Boek van Lewe om te bly! En julle sê “Ek sal dit nie op my manier doen nie want dit is nie ek wat leef nie maar ons vra U, YAHUSHUA, om U lewe deur my te leef.” (vergelyk Gal. 2:20) en jy doen dit op MY, YAHUVEH, se manier.

Galasiërs 2:20

Ek is met die MESSIAS aan 'n kruis opgehang, en ek leef nie meer nie, maar die MESSIAS leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die SEUN van ELOHIEM wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

So EK wil hê dat julle tyd sal neem om ONS te troos. Weet julle dat die GOD van julle SKEPPING, die GOD van julle REDDING en IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES – sonder die HEILIGE GEES kon julle nie na YAHUSHUA toe kom nie (Joh. 16:8-9; 1 Kor. 12:3; Joh. 3:5 sien ook Openb. 22:17; Hebr. 10:29; 1 Joh. 5:6-7; Spr. 1:20-23; 8:1-4; Spr. 9:10; 19:8; 8:35-36) SY is die EEN WIE jou dwing. SY is die EEN WIE jou nader trek, anders sou jy nie eens omgegee het nie.

Johannes 16:8

8 en as SY kom, sal SY die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel

1 Korinthiërs 12:3

3[.....] en niemand kan sê dat YAHUSHUA die MEESTER is nie, behalwe deur die HEILIGE GEES.

Johannes 3:5

5 YAHUSHUA antwoord: Amein, amein EK sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en GEES nie, kan hy in die koninkryk van ELOHIEM nie ingaan nie.

Nou wil EK hê julle moet weet wat die ander profete nog nie gesê het nie. Hoe dink julle voel ONS wanneer selfs die Naam van ‘JESUS CHRISTUS’ gebruik word as ‘n vloekwoord? Wanneer EK en YAHUSHUA en selfs alles– IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES en die Bybel, al die Heilige Skrifte nou gespot word? Hoe min wil selfs Heilig leef?

Nou, ONS Boek – die Boek wat julle die Bybel noem – maar dit is in der waarheid die Heilige Skrifte genoem want dit is nie net een boek nie. Daar is ander boeke soos die boek van Henog. Hul noem hulle “The Lost Books of the Bible” maar hulle is nie almal verlore nie. Hulle kan gevind word as jy maar net wil gaan kyk.

Lost Books of the Bible Library

EK wil julle leer. EK wil julle leer dat jul ‘n getuienis moet hê soos Henog (Heb. 11:5-6). Want hy het nie die dood gesien nie, maar hy het met MY gewandel. En hy was MY vriend en hy het die dood nie gesien nie. In plaas daarvan was hy weggeraap Hemel toe. (Gen. 5:23-24)

Hebreërs 11:5-6

5 Deur die geloof is Ganog (Henog) weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat ELOHIEM hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy ELOHIEM behaag het. 6 En sonder geloof is dit onmoontlik om ELOHIEM te behaag; want hy wat tot ELOHIEM gaan, moet glo dat HY is en 'n beloner is van die wat HOM soek.

Genesis 5:23

So was dan al die dae van Ganog (Henog) drie honderd vyf en sestig jaar. 24 En Ganog (Henog) het met ELOHIEM gewandel; en hy was daar nie meer nie, want ELOHIEM het hom weggeneem.

Hy het met MY gewandel. Die engele, terwyl Henog op hul rue was, het hom Hemel toe gedra – waar hy selfs gesien het waar [sommige van] die gevalle engele [gebind] is, net sodat EK julle nou kan waarsku (sien “Secrets of Enoch” 18:1-4) Daar is ‘n Hemel en daar is ‘n hel en daar is ‘n plek waar die gevalle engele is.

En die vyande van hierdie Bediening, EK sê dít vir julle, [om middernag uur 27-28 Mei 2017] is oorlog uitgevaardig vanuit die Hemel [11] as julle nie bekeer nie!

En aan die verworpenes, [die verdoemdes] [12] – en julle weet wie julle is – julle haat nie net hierdie Profete nie, die leierskap, en EK sê dít vir julle: hulle vat net bevele van MY, YAHUVEH, want in werklikheid is alleenlik die DRIE EENHEID die LEIERSKAP, maar EK moes iemand op aarde hê net soos EK in die ou boeke gedoen het, om MY mondstuk te wees. En dit is wat hierdie Profeet is. Sy hoor van MY. MY Ware Profete sal Heiligheid spreek.

MY ware Profete sal nie bang wees om aanstoot te gee nie – vir jou siel se ont-halwe – leer hiervan!

Op Shavu’ot [of Pinkster], toe hulle in tale begin bid het (Hand. 2:4) [13] – die dissipels wat in die Bo-kamer vergader het (sien Hand.1-2) – en die getuies wat dit getuig het, terwyl hulle vergader het en gespot het, en selfs gesê het dat hulle dronk was (Hand.2:19) maar dit is ‘n gawe van die Hemel sodat julle duideliker van MY kan hoor (1 Kor. 14:6)! Maar dit is nie – as jy nie die gawe van tale het nie, beteken dit nie dat jy ongered is nie. (1 Kor. 12:4-12; 13:1) Moenie hierdie leuen glo nie.

Handelinge 2:1-4

1 En toe die dag van Shavuot aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n GEWELDIGE RUKWIND en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. [4] En hulle is almal vervul met die HEILIGE GEES en het begin praat in ander tale, soos die GEES aan hulle gegee het om uit te spreek.



Jy is gered wanneer jy waarlik strewe om elke woord wat YAHUSHUA sê te gehoorsaam asook MY, YAHUVEH, en wanneer jy op jou knieë gaan en sê, “Kom in my hart in. Kom in my lewe in. Kom in my siel in. Kom in my liggaam in. Kom in my verstand in. YAHUSHUA neem oor. Leef U lewe deur my. Want U het U lewe gegee sodat ek vrygemaak kon word van die duiwel en van die demone en van die hel! U het dit gedoen op ‘n manier wat niemand kan misken nie.”

Dit is waarom selfs die afkorting B.C. (Before Christ) nie uitgewis was deur die tyd van geskiedenis nie want hulle weet HY het geleef. En HY leef steeds en is lewendig.

EK, YAHUVEH, praat nou met julle. ONS het nodig om vertroos te word! Sing vir ONS! Sal jy asb vir ONS sing? Sal jy asb vir ons ween?

Weet julle dat hulle nou die Heilige Skrifte niks anders noem as ‘feeverhale’ nie? Weet julle hoe baie van hierdie wêreld het weggedraai selfs om te glo in hierdie Heilige Boek genaamd die Bybel, die Tanakh. Hulle lag vir MY Torah Wette, dié wat van toepassing is op vandag– want onthou, hulle wie waarlik MY kinders is verstaan watter nou van toepassing is. Maar die 10 Gebooie (Exod. 20:1-17; Deut. 5:4-21) kan jy nie ontvlug nie. Want jy moet die HERE jou GOD liefhê – bo alles – en dit beteken die HEILIGE GOD DRIE EENHEID.

Moenie net met die VADER, EK YAHUVEH, praat nie maar praat met YAHUSHUA WIE die PRYS betaal het op Golgota en praat met IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES wat wag vir jou, wat EK voor die wêreld aankondig WIE SY is. SY is WYSHEID (Spreuke 1-9; sien ook Books of Wisdom).

Spreuke 3:15-18

SY is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan met HAAR nie vergelyk word nie. 16 In HAAR regterhand is lengte van dae, in HAAR linkerhand rykdom en eer; 17 HAAR weë is lieflike weë, en al HAAR paaie is vrede. 18 SY is 'n lewensboom vir die wat HAAR aangryp, en elkeen wat HAAR vashou, is geseënd.



Nou vertel EK julle ‘n ander geheim wat EK lank gelede vir Elisheva vertel het. Elke dag wanneer sy wakker word – en onthou hierdie Bediening is reeds aanlyn vir 22 jaar, maar lank voor dit het sy begin – om my MY te vra, “Wat is dit wat U wil hê ek moet weet vandag?”

En EK het hierdie instruksies vir haar gegee en nou gee EK dit oor aan julle, as jul sou verkies om dit te doen. Daar sal ‘n seën daarin wees, en EK praat weereens nie met die heidene nie, EK praat met hulle wat MY waarlik ken en wat waarlik MY SEUN ken en wat weet WIE die HEILIGE GEES is. Want die ander, julle sal nie verstaan nie.

Julle vat daardie Bybel, een met ‘n sagte omslag wat kan oopmaak, en jy bid oor daardie Bybel. Jy bid beskerming. Jy bestraf satan en jy maak seker daar is geen sonde van binne, dat jy om vergifnis gevra het van elke sonde. En jy doen hierdie na nagmaal. Hierdie is nuwe instruksies wat EK gee op Shavu’ot in 2017. Want EK lief dit om julle nuut te leer, alhoewel dit oud is vir Elisheva.

En jy sê, “ABBA YAHUVEH ek kom na U toe met lofprysing en liefde en danksegging. Dank U vir U SEUN YAHUSHUA om my HEER, GOD en REDDER te wees. Want so sê die Woord, ‘Onderwerp jouself aan die HEER YAHUSHUA en weerstaan die duiwel en hy moet vlug!’ (sien Jak. 4:7) So daarom haal ek hierdie Skrif aan vir julle. Want U Woord kan nie leeg tot U terugkeer nie (Jesaja 55:11). En ek vra U om nou hierdie Woord te gebruik. Praat met my. Maak hierdie Bybel oop terwyl ek nou die Bloed van YAHUSHUA daaroor pleit.”

Jy kan dit selfs salf, die omslag, en vra MY, “In die NAAM van YAHUSHUA, LIEFLIKE HEILIGE GEES, RUACH HA KODESH, IMMAYAH, waar wil U hê moet ek vandag lees?” en hou dop, terwyl jy dit toegevou in jou hand hou, kyk of EK dit nie sal oopmaak nie.

Kyk of EK dit nie sal laat oopmaak nie, deur die Lieflike Hande van die RUACH HA KODESH. Dit moet ‘n sagte omslag hê. Maar kyk en sien hoe dit so stadig oopgaan en ‘n Woord sal deur jou oë gesien word en waar jou oë raaksien, is wat EK wil hê jy moet lees.

Dalk sal dit dieselfde hele hoofstuk wees. Dalk sal dit net ‘n sin wees. Dalk soek jy net een Woord uit. EK wil met julle praat. EK wil hê julle moet MY Woord lees. EK wil hê julle moet sien dit is lewend. EK wil hê dit moet gehoor word!

“Wat is dit ABBA YAH wat U vir my wil sê vandag? In die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH, bid ek.”

Kyk en sien wat EK sal doen. Soos vir nou, EK hou aan om vir Elisheva en Ezra iets wat hulle nog nie verstaan nie te sê, maar EK gee vir julle verduidelikings. Indien nie dadelik nie, talm daarop totdat jy die boodskap kry wat EK wil hê jy moet weet. En EK het vir hulle die eerste [hoofstuk] gegee van Esegiël, vers 17. En EK het selfs vir hulle gesê om die bladsy om te blaai. EK wil hê dat hulle ‘n sekere woord moet weet. En EK sê dit net nou sodat hulle herinner kan word. Maar julle kan ook kyk.

Esegiël 1:17

Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.



EK wil net hê jy moet die dag begin – sonder enige verskonings – om MY Woorde te hoor, selfs al is dit op jou selfoon. Lees MY Woorde. Vra MY, “Watter Boek wil U hê moet EK vandag lees?” Of dit in die Ou [testament] is, of in die Nuwe [Testament] wat werklik een [Testament] [14] is, vra MY. Want dit sal iets wees wat EK wil hê jy moet weet, wat jy moet weet op die stadium van jou lewe waarin jy is.

Vir die heidene sal hierdie nie werk nie. Dit is nie soos ‘n psigiese voorspelling nie. EK spreek nou hierdie Woorde tot die Heiliges. EK wil vir julle meer gee indien julle dit kan vat. En EK wil julle wys dat MY Woord lewend is.

Wat die Profesieë aanbetref, lees ‘n Profesie per dag! Jy vra MY watter Profesie. EK belowe om jou te seën en jou te wys.

MY Woorde lewe! Die letter maak dood en die GEES maak lewend (2 Kor. 3:6)! Die HEILIGE GEES sal lewe gee en dit maak nie saak hoeveel keer julle die Profesieë lees nie, julle sal sien, net soos daardie Bybel is die Woorde lewendig.

2 Korinthiërs 3:6

[ELOHIEM] WIE ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe verbond, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.



En jy sal Woorde lees en jy sal 'n sin sien wat jy voorheen nie verstaan het nie. Dit sal wees asof dit van die bladsy af spring en dit sal woorde wees wat jy moet weet op daardie stadium van jou lewe.

Dit is wat EK julle wil leer op Shavu’ot, op hierdie viering – ‘n feesviering! - soveel duisende was gered (Hand. 2:41; 47 ens) terwyl die LIEFLIKE HEILIGE GEES neergekom het op so baie tegelyk en hulle in nuwe tale gepraat het.

Dit was nie net tale van mense van (menslike) tale wat hulle nie geken het nie, maar dit is ook tale van engele (1 Kor. 13:1). En die duiwel kan nie begryp of verstaan nie, selfs die Woorde wat nou gepraat word. So EK begeer dat julle hierdie lesse nou moet leer.

MY Woorde is ‘n lamp vir jou voete (Ps. 119:105). Laat EK jou deur MY Woorde lei.

Psalm 119:105

U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

Hulle is voetstappe – vir selfs in die donkerste van die donkerste uur.

Mediteer op Psalm 91: Die antwoorde is daar selfs vir die Jode as hulle maar net wil verstaan; die NAAM VAN YAHUSHUA is daar – onderrigting van Redding, onderrigting van die Heilige Name, hulle wat MY naam aanroep! Jode hoor MY!

Psalm 91:14-16

Omdat hy MY liefhet, sê ELOHIEM, daarom sal EK hom red; EK sal hom beskerm, omdat hy MY NAAM ken. 15 Hy sal MY aanroep, en EK sal hom verhoor; in die nood sal EK by hom wees; EK sal hom uitred en eer aan hom gee. 16 Met lengte van dae sal EK hom versadig, en EK sal hom my verlossing laat sien.



Watter kind ken nie die pa se naam nie? (Spr. 30:4)

Spreuke 30:4

WIE het na die hemel opgeklim en neergedaal? [ ] Wat is SY NAAM? En wat is die NAAM van SY SEUN – as jy dit weet?

–satan het julle mislei! hy wil nie hê dat julle MY NAAM moet voortspreek nie.

In MY NAAM en in die NAAM VAN YAHUSHUA, MY SEUN wat gekruisig was op Golgota en weer opgewek is uit die dood sodat julle vrygemaak kon word, o, MY geliefdes, luister na MY!

Die Boek is nie feeverhale nie! En wanneer EK sê “die Boek” praat EK van die Heilige Skrifte, die Bybel, selfs sommige van die ‘Lost Books’ (sien ‘library’) maar sommige is vals so pasop–satan vervals altyd die werklike.

En wanneer julle saam bid en wanneer jy alleen bid, vra MY in die NAAM VAN YAHUSHUA, “PAPPA YAH, ABBA YAH, wat is dit wat U vir my wil sê?

Selfs al doen jy dit net eenmaal per dag. Maar wanneer jy ookal ‘n Woord nodig het van MY, vir wanneer jy ‘n trooswoord nodig het, het EK hierdie Boek gegee. En hulle wat sê, “Ag dit was net deur mense geskryf” sal dieselfde een wees wat sal sê, “Ag dit is net ‘n Woord wat van ‘n vrou af kom” maar dit is soveel, soveel meer (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21).

2 Timotheus 3:16-17

Die hele Skrif is deur ELOHIEM ingegee [ GEÏNSPIREER] en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van ELOHIEM volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

2 Petrus 1:20-21

20 terwyl julle veral dit moet weet, dat geen Profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; 21 want geen Profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die HEILIGE GEES gedryf, het mense van ELOHIEM gepraat.

Onthou dit sal die teksvers wees waarop jou oë sal val en dalk sal jy ‘n bladsy moet omblaai om die konteks daarin te plaas. Onthou die konteks van die verse wat jy lees moet van toespassing wees.

ONS IS die HEILIGE DRIE EENHEID. Laat niemand julle vertel dat ONS nie is nie. En soos julle neerbuig voor MY, YAHUVEH, buig julle neer voor YAHUSHUA & IMMAYAH die LIEFLIKE RUACH HA KODESH. En ONS sal julle oplig en ONS sal vir julle sê dat julle net kinders is in ONS Oë. Julle kan nie Hemel toe kom op enige ander manier nie ongeag hoeveel geleerdheid jy dink jy het (Mat. 2:3-4). Wanneer jy Hemel toe kom sal dit weggegooi word en alleenlik die Woorde wat EK gespreek het sal van toepassing wees, die Woorde wat YAHUSHUA gespreek het (Mat. 24:35).

Mattheus 2:3-4

3 en HY sê: Amein EK sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie! 4

1 Korinthiërs 3:19-20

want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by ELOHIEM; want daar is geskryf: HY wat die wyse mense in hulle listigheid vang; 20 en verder: YAHUVEH ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

Luister na IMMAYAH. Luister na die LIEFLIKE HEILIGE GEES, die woorde van WYSHEID WIE [die] “King James Version” Bybel ‘n “SY” noem (sien Spreuke, Mat. 11:19; Luk. 7:35). Luister na die woorde sodat ONS kan praat. En terwyl jy luister, moenie net luister nie, lees dit hardop. Moet dit nie net vir jouself lees nie. Laat die woorde van jou lippe afvloei. En doen jou bes en streef om gehoorsaam te wees. En leer [dat] die instruksies wat EK julle gegee het moet, móét gehoorsaam word.

Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is, julle weet reeds wie julle is want julle koester hierdie woorde. Julle koester die Shavu’ot [weke] –julle weet dat julle nie gered kon word sonder, nie net die NAAM en BLOED VAN YAHUSHUA nie maar [ook] die TROOSTER moes kom, die LIEFLIKE HEILIGE GEES. EK sal julle nie in die steek laat nie! EK het dit vir julle gesê!

ONS koester julle! Weet julle dat ONS elkeen van ONS kinders verskillend koester?

Weet jy dit? ONS ken ONS kinders: ONS weet waar julle swak is; ONS weet waar julle sterk is. IMMAYAH, die LIEFLIKE RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, wanneer jy waarlik gered is, leef binne-in jou – hoe kan SY nie weet nie?

En dit hang af van die hoeveelheid wat julle gedoen het. Wat het jy gedoen vir YAHUSHUA? Hoeveel siele het jy na YAHUSHUA toe gebring – selfs as jy net een vertel het?

Weet julle dat YAHUSHUA julle as ‘n geskenk gee aan MY?

En [HY] sê, “Sien, VADER, EK gaan nie een mis wie se naam geskryf is in die LAM se Boek van Lewe nie. Maak nie saak wat gedoen moet word nie, selfs al moet EK hulle tot hul laagste bring – selfs al dink hulle hul lewe is vernietig – EK sal dat hulle opkyk en EK sal dat hulle bekeer en om vergifnis vra en MY, Die BLOED VERSOENING, aanvaar. En EK sal vir hulle sê om te gehoorsaam en EK sal vir hulle sê dat EK hulle vergewe.”

En dan sal EK hulle bied as ‘n geskenk aan U.

En dan hang dit van hulle af of hul sal voortgaan om Heilig te wandel en luister na die Woorde wat EK spreek en die Woorde is in die Heilige Skrifte. Dit is hul keuse en dit is reeds vooraf bepaal soos Romeine 8 duidelik sê.

Romeine 8:29

Want die wat HY voorheen geken het, hulle het HY ook voorheen verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van SY SEUN sodat HY die EERSGEBORENE kan wees onder baie broers;

En dan sê EK, “Hier, EK bring nog een vir jou, en dan bring EK nog een.”

Maar hoe doen EK dit? EK gebruik julle MY kinders. EK gebruik julle soos hierdie kleintjie wat nou hier praat. EK gebruik MY Profete. EK gebruik julle, selfs hulle wat nie profete is nie.

Jy hoef nie ‘n profeet te wees om ‘n siel Hemel toe te bring nie. Spreek net die waarheid wat in die Heilige Skrifte is. Vertel hulle net dat hulle die Heilige Skrifte moet gehoorsaam en sê vir hulle as hul val [het hulle ‘n MESSIAS] – want niemand is perfek nie (Rom. 3:23) selfs die Profeet wat nou praat het ‘n MESSIAS nodig want niemand is perfek nie. Maar om die 10 Gebooie te hou is die eerste baba treetjies wat jy moet gee, dan gaan jy oor tot die Torah wat van toepassing is op vandag.

Julle sien, YAHUSHUA is ook GOD – onthou ONS is EEN! Onthou hoeveel keer het HY gesê, EK kan niks doen as EK MY VADER dit nie sien doen het en steeds doen nie. EK kan nie enige iets spreek wat HY nie spreek nie en gespreek het nie. (vergelyk Joh. 5:19-30)

Johannes 5:19

YAHUSHUA het toe geantwoord en vir hulle gesê: Amein, amein EK sê vir julle, die SEUN kan niks uit HOMSELF doen tensy HY die VADER dit sien doen nie. Want alles wat HY doen, dit doen die SEUN ook net so. 20 Want die VADER het die SEUN lief en toon HOM alles wat HY self doen. En groter werke as hierdie sal HY HOM toon, sodat julle verwonderd kan wees.... 30 EK kan uit MYSELF niks doen nie. Soos EK hoor, oordeel EK; en MY oordeel is regverdig, omdat EK nie MY wil soek nie, maar die wil van die VADER wat MY gestuur het

Want YAHUSHUA kan nie lieg nie. EK YAHUVEH kan nie lieg nie, en die LIEFLIKE HEILIGE GEES kan nie lieg nie. (Rom. 3:3-5) So onthou dit MY liewe kinders.

Kinders, o kinders, o kinders, o kinders, julle is in die einde van die eindtyd – nou – is dit nie meer minute ver nie, julle is sekondes ver in MY tyd. En EK gee julle hierdie nuwe instruksies.

Julle slaan nie nagmaal oor nie. Dit is ‘n herinnering van die PRYS wat YAHUSHUA betaal het op Golgota maar onthou jy moet eers berou oor jou sondes. Julle moet berou hê en ‘n lewe van Heiligheid leef. Anders, MY kinders, drink julle die beker van oordeel. (1 Kor. 11:28-29)

1 Korinthiërs 11:28-29

Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink. 29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die MEESTER nie onderskei nie.



Onthou dit MY kinders, vra om vergifnis voordat julle daardie wafelbeskuitjie in jul mond sit, ‘n stukkie brood, wat julle ookal het om die brood te verteenwoordig wat die [liggaam van] vlees is van YAHUSHUA wat op daardie kruis gehang het.

En die bloed, is versoening vir julle sondes. HY het die PRYS betaal. Een druppel is al wat dit sou neem om hierdie wêreld te reinig van die sondes wat nou daarbinne is as hulle maar net wou ontvang.

So jy vat die druiwesap of jy vat wat jy ookal het. Jy gaan en jy lees die instruksies vir nagmaal, dit is nooit dieselfde nie – sou jy dieselfde woorde van liefde tot ‘n geliefde spreek, jou eggenoot? Praat met YAHUSHUA asof HY jou eggenoot is want HY is veronderstel om die LIEFDE VAN JOU LEWE te wees, soos EK die LIEFDE VAN JOU LEWE IS, soos die HEILIGE GEES die LIEFDE VAN JOU LEWE IS. Niemand moet ooit voor dit kom nie.

Jy moet altyd onthou, moenie die gawes wat EK jou gegee het meer liefhê as die GEWER VAN LEWE nie, EK die SKEPPER en YAHUSHUA jou MESSIAS en die LIEFLIKE RUACH HA KODESH. Jou kinders, jul eggenote moet altyd tweede kom.

O, MY kinders, MY kinders, MY kinders, MY kinders! MY Babatjies, MY Bruid, MY Uitgesoektes,almal van julle is besig om getoets te word.En julle was deeg-lik getoets. Maar vir die van julle wat jul beste doen om in Heiligheid te lewe en die res te laat by die kruis op Golgota en YAHUSHUA te vra, “O, maak my vry en vergewe my,” julle is vergewe. Maar pasop vir die kerke wat nou staan (Judas 1:4). Want baie van hulle sê – ja, EK vertel jou die meerderheid sal vir jou sê - “Moenie meer bekommerd wees oor sonde nie.”

Judas 1:4

Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, afvallige mense wat die guns van ons ELOHIEM verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, ELOHIEM, en ons MEESTER YAHUSHUA die MESSIAS verloën.

Julle kan nie die godsdienste saamvoeg nie. Het YAHUSHUA nie gesê, voordat HY weggegaan het, soos die woord sê, die Heilige Skrifte, die Bybel, “MY begeerte vir julle is om een te wees” nie? (Joh. 17:20-23)? Dit is nie ‘n Moslem nie. Want hulle ontvang nie YAHUSHUA as MESSIAS nie. Hulle het hul eie profeet, Mohammed, en dit sal julle nie in die Hemel bring nie.

Johannes 17:20-23

20 Maar EK bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in MY sal glo - 21 dat almal een mag wees net soos U, VADER, in MY en EK in U; dat hulle ook in ONS een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U MY gestuur het. 22 En EK het hulle die HEERLIKHEID gegee wat U MY gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos ONS EEN is. 23 EK in hulle en U in MY, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U MY gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U MY liefgehad het.

So dit wat Trump gedoen het – selfs wanneer die Pous eis dat hy god is ['LINK' NA PROFESIE 66] – EK sal julle in die geheim vertel wat aangaan op ‘n ander keer.

Want die Trump waarvan Elisheva geprofeteer het, daar is meer as een [Trump]. Klone is werklik en dubbels is werklik. So EK sal meer hieroor verduidelik op 'n ander keer.

Julle kan nie Katolisisme meng nie–wat die Pous nou preek en sê nie, terwyl hy ‘n verwronge kruis dra wat YAHUSHUA bespot en homself as god verklaar, dat hy enige iets te doen het met YAHUSHUA [Reddingsgebed] – enige iets te doen het met die Heilige Skrifte.

Want sonde is sonde en dit het nie verander nie, ongeag die sogenaamde moderne tye waarin julle dink julle is.

Onthou die beproefdheid van julle geloof is baie kosbaarder as goud (1 Pet. 1:7). Julle wat baie ly en julle wonder hoekom wanneer jul aan MY behoort en jul leef Heilig voor MY – en julle aanbid YAHUSHUA en SY NAAM is voortdurend op jul lippe en julle bid aanhoudend en julle bring siele na MY toe en julle werk so hard vir MY – en tog ly julle soveel, onthou dit. “Die beproefdheid van julle geloof [is] kosbaarder as goud” (1 Pet. 1:7).

Onthou vir Job. Lees die boek van Job. Onthou “menigvuldig is die teëspoede van die regverdige” (Ps. 34:19) – EK het nie gesê min nie, EK het gesê – menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar EK die HERE jou GOD YAHUVEH sal in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, julle verlos van elke een. As dit nie hier op aarde is nie sal dit in die Hemel wees.

Psalm 34:19

19 Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dit alles red YAHUVEH hom.

En Elisheva, en nou praat EK met jou MY geliefde Israelitiese Profeet Ezra, MY Apostel, soos beide van julle is – en EK praat met altwee van julle wat die “Ringmaiden” en die “Ringbearer” is, noudat die vals een weg is, nou vertel EK julle dit. Enige een wat probeer om julle verhouding as man en vrou uitmekaar te ruk, hoe sterker sal EK MY wraak neergiet. En dit sal reguit uit die Hemel kom.

En EK sal nie alleenlik die lewens van hulle neem op ‘n gepynigde manier wanneer hulle dit die minste verwag nie, maar EK sal alles waardevol vat insluitende hulle werk (sien Deut. 28). EK bedoel enige iets en enige iemand, hul kinders ingesluit. [Dit geld] vir enige iemand wat probeer om hierdie Heilige Bediening te vernietig wat aan geen man of vrou behoort nie, maar wat werklik gebore is uit die Hemel en enige een wat probeer om die Heilige Profesieë, wat kom van geen man of vrou, uitmekaar te ruk en te skeur – EK gebruik net hierdie vrou as ‘n Heilige werktuig, ‘n Boodskapper wat EK kan vertrou, [ook] soos EK hierdie Heilige man gebruik.

Dit is wat ‘n Profeet doen. Hulle vertel die geheime sodat julle nie verbaas sal wees, waar die ander nie hul oë sal oopmaak nie. Julle sal nie alles in die Heilige Boek, genaamd die Bybel, vind nie want daar is ander boeke soos EK gesê het, en dit is die Boek van Henog – daar is ander boeke selfs genoem in die Skrifte van die Bybel: die Boek van Jasher wat julle beveel was om te bestudeer en te lees – hoeveel weet selfs hiervan? - en die Boek van Henog.

LOST BOOKS OF THE BIBLE

EK waarsku julle. Julle beter hierdie gesalfde een nie aanraak nie – julle beter nie MY gesalfde seuns en dogters aanraak nie. Jy beter jou mond bedek.

Jy sal ‘n vals profeet uitken. Hulle sal jou nie Hemel toe lei nie. Hulle sal nie vir jou sê om te bekeer nie. Hulle sal jou nie sê om die duiwel te bestraf nie. Hulle sal jou nie leer hoe nie. Hulle sal nie vooruit vertel wat kom nie. Hulle sal net die nuus gebruik wat enige iemand kan gebruik.

EK sê dit weer. Moenie hierdie Bediening aanraak nie! Want dit sê eenvoudig en nederig – en Elisheva word selfs nie toegelaat in ‘n video nie, sodat julle nie aan haar dink of opkyk asof sy GOD is nie net omdat sy GOD se woorde voortspreek nie; sy is ook net gered deur die Bloed, dieselfde Bloed as [waardeur] julle gered is.

En EK het haar en Ezra eenkant gesit om die Missie en die take te doen waarvoor EK hulle voortbestem het en aangestel het soos EK jou aangestel het om te doen.

Maar jy moet die een wees wat MY soek om uit te vind: Waarom was ek gebore op hierdie aarde? Hoe kan ek U help? Hoe kan ek U troos? Wat is dit wat U wil hê ek moet sê? Wat is dit wat U wil hê ek moet doen?

Moenie van hierdie Profeet verwag om die antwoord vir jou te hê nie. Met tye sal EK vir haar sê maar hulle kan nie antwoord op duisende der duisende eposse nie. Hulle kan nie antwoord op duisende der duisende, ja EK sou selfs sê miljoene briewe nie, of foonoproepe en kommunikasies. Hulle kan nie eens jou taal praat nie. Hulle moet op ander staatmaak om die tale te vertaal.

O, vyande, julle verworpenes, julle is hulle vir wie EK haat! O, maar julle sê, “U moet ons nie haat nie!” Maar het Dawid nie gesê, “Sou ek hulle nie haat wat vir U haat nie? Ek haat hulle met ‘n volkome haat” (Ps. 139:21). Wat is ‘n volkome haat? Dit is hulle wat EK verworpenes noem [15] – Jeremia 6, lees dit!

Psalm 139:21-22

21 YAHUVEH, sou ek hulle nie haat wat vir U haat, en 'n weersin hê in die wat teen U opstaan nie? 22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!

Jeremia 6:28-30

28 Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. 29 Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. 30 Hulle word genoem: Verworpe silwer; want YAHUVEH het hulle verwerp.

Die verhaal van die [5] Wyse Maagde! Lees dit! (sien Mat. 25 hieronder). Daar is net 5 Wyse Maagde en EK bedoel nie letterlik die getal 5 nie – EK bedoel hulle wat werklik gehoorsaam is.

En daar is die gebedsvoorbidders genaamd “YAHUSHUA’S demon stompers” waar EK die Heilige engele persoonlik na haar toe gestuur het, met haar eie oë het sy hul vlerke gesien. Sy het die vere gevoel. Sy het die woorde gehoor. En EK het daardie naam gegee! En wee enige een wat deel was van hierdie gebeds voorbiddings groep, wie EK vertrou het – tog het EK geweet, net soos Judas kon dit net vir so lank wees en hulle het hulle (die Bediening) verraai want hulle kon nie die lewensstandaard hanteer nie asook die Heiligheid nie.

Let hierop en EK het die geheim vir hulle vertel: Toe Moshe (Moses) opgegaan het na die spits van die Berg Sinai vir die 10 Gebooie, die 10 Wette wat EK, YAHUVEH, geskryf het met MY vurige vinger, en EK saam met hom gemediteer het [16] terwyl EK hom soveel geleer het. EK het geluister na hom wat praat en EK het geluister na sy vrae, hulle was baie. En hy het met MY gepraat en hy het vir MY vrae gevra en daar was baie.

O, maar die kinders van Israel wat EK voortgebring het uit die slawerny van Egipte, hulle kon nie wag vir hom om terug te keer nie. En hulle het vir Aaron gevra, “waar is hy? Hy kom nie terug nie, so ons gaan ons eie gode maak.” En hulle het die goud en silwer gevat en hulle het die juwele en edelgesteentes gevat, en hulle het ‘n goue kalf gemaak om te aanbid en hulle het voor dit neergeval. En hulle het iets aanbid wat hulle kon sien en alle soorte losbandigheid was gedoen van homoseksualisme tot hoerery, tot al die sondes wat EK nie hoef te noem nie, tot waar toe Moses afgekom het, is dit wat hy aanskou het (sien Exod. 32).

En Ezra en Elisheva julle het gewonder hoekom is daar hulle wat by die YDS, “YAHUSHUA’S demon stompers” gebedsvoorbidders, aangesluit het wat gekom het en eintlik saam met jul gewoon het maar hul kon nie die standaard van Heiligheid wat nodig is om die Bruid van YAHUSHUA te wees, die 5 Wyse Maagde, hanteer nie (sien later, Mat. 24). Maar nou verstaan julle terwyl EK ‘n persoonlike Woord vir julle vandag gegee het en vir julle gesê het moenie langer huil en treur wanneer hulle julle verlaat nie en in ‘n vyand verander of net stille-tjies wegloop nie.

Nou kyk julle na hulle en treur nie meer nie. En julle moet onthou dat hulle weggedraai het van dit wat EK onderrig het. Want almal van hulle het geweet dat die Profesieë waar was, selfs hulle wat weggeloop het. En iemand wat voorheen ‘n leier genoem was, voor Ezra, het dit eendag vir jou vertel – op julle 14de [huweliks] herdenkingsdag en jy weet dat dit meer as 7 jaar was [dat] hy geweier het om te doen wat EK hom beveel het om te doen. Hy was nooit ‘n leier nie.

Daar was nooit ‘n leier vir hierdie Bediening nie, maar een, en dit is totdat Ezra gekom het. Nou is daar ‘n manlike leier. Voor dit was dit net jy. Voor dit was dit net jy, Elisheva. Daar was nooit ‘n ander leier nie behalwe een en dit was jy Elisheva wat MY instruksies van die Hemel gehoor het en gehoorsaam het.

Maar nou bring EK Juda en Efraim bymekaar (Eseg. 37:19). En EK wil hê dat julle dit moet vier op Shavu’ot. EK bring vir julle ‘n Israelitiese Profeet, Ezra, en hierdie Bediening het in ‘n ander rigting gegaan soos EK julle meer leer, die Joodse gebruike, soos Juda en Efraim saam getrou het.

Esegiël 37:19 – 22

19 sê dan vir hulle: So sê die Meester YAHUVEH: Kyk, EK sal die stuk hout van Yosef neem, wat in die hand van Efrayiem is, en die stamme van Yiesraél, sy bondgenote, en EK sal hulle by hom voeg, by die stuk van Yehudah, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. 20 So moet dan die houte waar jy op skryf, in jou hand wees voor hulle oë; 21 en sê vir hulle: So sê die Meester YAHUVEH: Kyk, EK gaan die kinders van Yiesraél haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en EK sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. 22 En EK sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Yiesraél; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.

Nie een van hulle sal jou ooit leer om sonde te doen nie. Indien hulle jul ooit leer om sonde te doen, is dit wanneer julle moet weghardloop. Hulle sal jou nooit vertel om na enige ander god te kyk buiten die HEILIGE DRIE EENHEID nie. Hulle sal jou nooit leer om weg te draai van die Heilige Skrifte nie, en jou dan vertel dat daar ‘n ander MESSIAS is nie. Want EK het hulle gesalf om jou net die waarheid te vertel.

So EK sê weer oorlog is uitgevaardig uit die Hemel, vanaf MY, YAHUVEH. [17] Vir almal wat hulle woorde geskryf het, wat op hierdie internet gebly het, en vol leuens en lastering, julle is verworpenes in MY oë! Julle sal hang waar die gevalle engele hang in die plek wat Henog die 3de Hemel noem [18] maar julle ken dit as die hel. En julle lyding en julle marteling sal selfs groter wees as die van die gevalle engele, vir julle wat dit gedoen het.

Julle wou nooit bekeer nie al het julle geweet EK spreek die Waarhede deur haar. Julle het ‘n ooreenkoms met die duiwel gemaak en julle weier om daaruit te kom. En julle sal ‘n prys betaal vir elke traan wat gestort was,wanneer julle hierdie leierskap seergemaak het asook dié wat saam haar bedien het.

Vir elke keer wat julle gelaster het en hulle name belaster het, vir elke traan wat gestort was, EK vermenigvuldig dit nou ‘n miljoen keer – terwyl EK weereens wag en vir hulle sê moenie hierdie Woord vrystel voor Shavu’ot nie – julle wat die Heilige tale bespot het, EK sal julle wys hoe EK julle spot terwyl alles weggeneem word. Vir al julle verworpenes en almal van julle wat weier om te bekeer, luister hierna. Gaan lees Deuteronomium 28, die vloeke van MY, YAHUVEH! Want julle sal elke enkele een maai!

En almal van julle wat strewe om YAHUSHUA & EK YAHUVEH & IMMAYAH (die LIEFLIKE RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES), te gehoorsaam en te aanbid, lees Deuteronomium 28, die seëninge wat EK vir julle bewaar het wie daarna streef om elke Woord wat EK sê te gehoorsaam.

Waarom sou EK sê, “Wees Heilig want EK is Heilig” (1 Pet. 1:16 ens.) Dit is omdat EK die RUACH HA KODESH binne-in julle sit sodat julle kan weet wat is reg en wat is verkeerd en julle weet wanneer julle sonde doen en wanneer nie.

Moenie aanneem dat jy elke dag sondig nie. Want wanneer EK sê dat almal gesondig het en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van YAH (Rom. 3:23), beteken dit net dat iewers in jou lewe het jy dit gedoen voordat jy jou lewe vir YAHUSHUA gegee het. Maar niemand, niemand, niemand wat werklik aan YAHUSHUA behoort sal sonde vooraf beplan nie (1 Joh. 5:16-17), vooruit beplan om te sien hoe ver hulle oor die hel kan leun voordat hulle inval nie.

1 Johannes 5:16-17

16 As iemand sy broer 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee - vir die wat nie 'n sonde tot die dood doen nie. Daar is 'n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. 17 Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie.

Hierdie is die Woorde van Troos wat Ek vir julle het terwyl julle die tyd neem om MY te troos.

Ween vir ONS, die HEILIGE DRIE EENHEID. Jul sien ONS wou nie gehad het nie – en hel was nie gemaak vir die mensdom nie. ONS wou nie gehad het dat julle moes sondig nie. ONS wou nie gehad het dat julle moes rebelleer in die Hemel nie. Julle het reeds daardie besluit uitgewerk, aan wie se kant jy sou veg, of dit aan YAHUVEH s’n sou wees of lucifer s’n. [19] En nou werk jy jou eie heil uit met vrees en bewing (Fil. 2:12). Want jou siel weet reeds waarheen dit sal gaan.[20]

Maar niemand is verwerp indien hul steeds die begeerte het nie – en selfs hierdie woorde nou hoor en weet dat dit die Waarheid is. Bekeer net. Vra om vergifnis vir YAHUSHUA. Vra vir ‘n nuwe begin en jou sondes sal so ver weg wees soos die Ooste is van die Weste.

Want daar is een sonde wat nooit vergewe kan word nie en dit is lastering [teen die HEILIGE GEES] (Mat. 12:31 ens). [21] Maar onthou as jy dit wat goed is boos noem (Jes. 5:20) is jy ook in groot gevaar vir jou siel omdat jy nie die persoon beledig het nie. Jy het MY, YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH beledig. Daar is verskillende definisies van die woord lastering, so bekeer jou terwyl daar nog tyd is.

Jesaja 5:20

Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

Troos ONS. Hoe dink julle voel ONS terwyl ONS weet as een wat sê hy het ONS lief van die begin af, die Bediening aanvaar, die Profesieë in liefde aanvaar, hulle bedank omdat hulle hul na YAHUSHUA toe lei. Hoeveel eposse kom en hoeveel keer word daar gesê, “Dankie, dankie dat jul ons lei en leer dat aborsie 'n sonde is, homoseksualiteit 'n sonde is”. (want julle kerke wil nie meer preek wat Heiligheid is nie) en dan raak julle afvallig. En julle val nie eens vinnig nie. Julle val stadig terwyl rebellie en jou eie begeerte om te leef stadig inkruip. En eendag maak jy jou oë oop en jy besef dat jy van die Genade afvallig geword het. Jy het van Barmhartigheid afvallig geword. Al wat nou oorbly is verwerping.

Jy word verantwoordelik gehou vir dit wat jy weet (Mat. 12:36).

Daarom het EK instruksies gegee vir Elisheva en vir Ezra. Elisheva mag nie nog ‘n traan stort vir ‘n ander een wat sy ‘n “kind” noem [en wat tog afvallig word] nie.

Want julle sien, en EK praat nou met almal reg oor die wêreld, julle is nie net ‘n gemeente vir hulle nie. Wanneer julle die waarhede in hierdie Bediening aanvaar en die Profesieë, is hulle beveel om julle “kinders” te noem. En hulle bid vir julle as kinders. En Elisheva is die hart van IMMAYAH gegee. En MY Ezra, hy is soos ‘n Moses van Nuuts en sy is soos ‘n Eliyahu van Nuuts. So pasop as julle hulle aanstoot gee.

Maar weet as julle seëninge stuur – selfs al kan hulle nie vir julle terugskryf of bel nie, hulle kan dit nét doen wanneer EK vir hulle so sê – hulle lees die seëninge en hulle stuur daardie selfde seëninge terug na julle.

En “YAHUSHUA’s demon stompers”, die werklike getroues, Elisheva en Ezra ken nie eens al jul name nie want julle is versprei reg oor die wêreld. En daar is 500,000 wat versamel is op ‘n muur. Dis ‘n geestelike muur want hierdie Bediening is ‘n Tempel sonder mure want dit omvou die wêreld nou in 45 tale waarvan hulle weet.

Maar dit is versprei deur woord, en selfs wanneer hulle in tale spreek, want die Heiliges [gelowiges] [22] weet nie eens dat hulle hierdie twee se name oplig nie. En EK sê vir julle luister, luister, luister, luister en vra MY wie hulle is. En vir die Heiliges [gelowiges wat Heilig leef] EK sal julle die waarheid vertel. En julle sal verheug wees wanneer hulle ‘n seën terug stuur aan julle.

Hierdie is die Woorde van troos wat EK vir julle het.

Wanneer EK huil, wanneer ONS huil, die HEILIGE DRIE EENHEID, en ONS huil vir elke een wat val selfs al weet ONS jy gaan val en nooit weer opstaan nie en dat hel jou woning gaan wees – het ONS jou nogsteeds gemaak en ONS het jou as baba liefgehad tot die tyd wat jy ‘n verworpeling geword het.

En vir die gaste, onthou almal is geseënd wat genooi is na die Bruilofsfees van die LAM (Openb. 19:9). Die Bruid is net 288,000 (Openb. 14 & 7) en ONS dun hulle uit en dit het alles te doen met gehoorsaamheid. Sal jy gehoorsaam? Of sal jy wegdraai? Sal jy net louwarm wees en steeds dink jy gaan Hemel toe?

Onthou weer die gelykenis van die 5 Wyse Maagde. Onthou daar was ook die dwase [maagde] daar, maar daar is nog een groep (Mat. 25:11-12) wat selde genoem word: en dit is hulle wat aan die deur van die BRUIDEGOM kom hamer nadat YAHUSHUA in die bruilofsaal ingegaan het en HY die deur gesluit het. En hulle het aan die deur gehamer en gesê, “Laat ons inkom” net soos hulle gedoen het met Noag se ark, en HY het gesê, “Gaan weg julle werkers van ongeregtigheid want EK het julle nooit geken nie.” [23]

GELYKENIS VAN DIE 10 MAAGDE

Mattheus 24

DIE TIEN MAAGDE: 5 WYS EN 5 DWAAS

1 Dan sal die Koninkryk van die Hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. 2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. 3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. 4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. 5 En terwyl die Bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. [6] En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!..11

11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! 12 Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê vir julle, ek ken julle nie.

13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarin die SEUN van Adam [ SEUN van YAH] kom nie.

Maak seker julle weet regtig WIE IS GOD DIE VADER en GOD DIE SEUN en GOD DIE HEILIGE GEES, dat AL DRIE EEN IS, maak seker WIE jy werklik ken alhoewel ons apart is stem ONS altyd saam en is altyd EEN.

En hierdie is die verworpenes wat aan die deur hamer. Hierdie is hulle vir wie daar geen vergifnis is nie.

O treur vir ONS! Huil vir ONS! Troos ONS!

EK gee vir julle ‘n pragtige wêreld. Nou is die lug giftig. Die water is giftig. Die kos is giftig. Julle moet oor alles bid. Moet niks van selfsprekend aanvaar nie. Selfs die einste klere wat julle aantrek–julle weet dit nie–chemikalieë is daarin gesit om julle dood te maak!

Nou het die heersers van hierdie bose wêreld van satan (Efes. 6:12 ens) – toe Adam geval het, het hierdie wêreld in die hande van satan geval, en die satanistiese elite, die illuminati, opgestaan en al wat hulle nou sê is, “Ons moet uitmoor. Daar is 'n te groot populasie.” En so vergiftig hulle die lug en noem dit “chemtrails” en dit is bedoel dat plae moet instap.

Dis waarom EK vir julle gesê het om Psalm 91 te memoriseer soos EK vir Elisheva gesê het in 2001. Herhaal dit elke dag. Eis dit. Staan daarop en ook Psalm 23, hou vas daaraan. Moenie laat los nie! En al meer sal julle maniere vind om ONS te troos terwyl ONS sien wat hulle met hierdie wêreld gedoen het – terwyl ONS sien wat Monsanto gedoen het, terwyl ONS sien dat hulle nou selfs juwele maak van die geaborteerde fetusse en julle weet dit nie. Julle dink julle sit gesig room aan om jul jeug te herstel. En julle weet dit nie en daar is bloed van DNA.

O, MY kinders! MY kinders! MY kinders! Daar is net 2 maniere uit hierdie wêreld uit! Julle beter nou op jul knieë kom voor dit te laat is!

EK vertel julle dit, huidiglik is Redding gratis maar as jy nie van die Bruid is nie, die 288,000 (Openbaring 7 & Openbaring 14) – en [Bruid van] Openbaring 14, EK vertel julle dit, julle gaan voor [Bruid van ] Openbaring 7 gaan. En daar is nog ‘n geheim wat EK nie nou gaan onthul nie waarvan Elisheva en Ezra en “YAHUSHUA’S demon stompers” weet, daar is nog een ding wat moet gebeur. En EK praat nie van die dinge van hierdie wêreld nie. EK praat van ‘n Hemelse Openbaring, ‘n geskenk wat EK gegee het aan Ezra en Elisheva, maar hulle is steeds Openbaring 14 – vir die ander sê EK: As jy dit nie nou kan doen terwyl dit gratis is nie, hoe gaan julle dit doen in die Groot Verdrukking?

Hoe sal julle MY aanvaar in die Groot Verdrukking, MY SEUN YAHUSHUA in die Groot Verdrukking, wanneer julle vertel word, “Alle gelowe moet een wees” ? – terwyl dit alreeds is – ‘n President het dit reeds onderteken as ‘n uitvoerende bevel, dit wat EK nie gedoen wou hê nie. Want alle gelowe en die wat ander gode dien, dien nie MY, YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH nie.

Nooit kan alle gelowe saamsmelt en verwag om in die Hemel gevind te word nie – as hulle nie bekeer en wegdraai van die valse gode nie – het hulle niks meer gedoen as om ‘n goue kalf te bou nie soos in die tyd van Moses (Moshe) op Berg Sinai waarvan EK nou net die verhaal vertel het.

ONS het nodig om vertroos te word. ONS het nodig om te weet – dat ons bemin word. ONS het nodig om te hoor dat ONS gekoester word. ONS moet weet dat julle omgee wanneer die geaborteerde babas net weggegooi word soos vullis en hulle organe word verkoop en hulle word uitgeskeur selfs terwyl hulle nog leef.

Dink julle nie ONS huil wanneer die satanistiese rituele misbruik en marteling en sodomie – selfs [aan] die pasgeborenes – gedoen word nie? Is daar enige iets mooier as ‘n pasgeborene of ‘n kind? Tog staan julle daar, stil en doen niks nie! Julle is selfs te bang om by ‘n optog aan te sluit om te betoog en te sê, “Ons moet ons kinders beskerm! Ons moenie ons kinders doodmaak nie!”

Hoeveel van julle is hier by hierdie optogte terwyl hierdie mans nie bang is om hul lewens neer te lê en selfs opgesluit te word nie? Julle is lafaards in MY Oë en by die Troon van Oordeel sal julle weet en julle sal hoor wat EK te sê het terwyl EK vir julle sê, “ Gaan weg van MY julle werkers van onheil” want julle het nooit eens omgegee wanneer julle gehoor het van hierdie afskuwelikhede wat EK die pedofiele noem nie.

Julle weet nie, julle verstaan nie. Julle dink julle kan wegkom deur net die waarheid te ontken maar julle sal nie nadat julle hierdie gelees het nie! Nee, julle sal nie nadat julle hierdie gelees het nie! Want julle gaan verantwoordelik gehou word vir wat julle weet (Mat. 12:36)!

Wat doen julle om hulle te ondersteun? Hoe en – wat doen julle om diegene aan te moedig wat hul lewe sal neerlê om te sê, “Aborsie is verkeerd, aborsie is sonde, aborsie is moord!”

Jy kan nie hoereer met kinders en dink dat EK, die SKEPPER YAHUVEH, MY Oë blind hou en MY Ore doof hou en MY Mond toe hou vir die uitroepe en gille van die onskuldige kleintjies nie.

O julle sal sien! Op hierdie aarde dink julle julle is vry om hierdie gruweldade te doen en EK praat met jou wat jouself ‘n “pa” noem! Jy is geen pa nie! Jy is bio-logiese sperm wat bewerkstellig was om met daardie eier te kombineer om ‘n kind te maak, maar jy is geen pa nie!

Jy wat ‘n kind sal kwaad aandoen (Mat. 19:6; Mark. 9:42)!

Markus 9:42

En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in MY glo, laat struikel, dit is beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gewerp word.



En julle satanistiese elite wat dink dis pret want julle het al die roem en rykdom en julle het elke sonde gedoen wat gedoen kan word. So julle wend julself selfs nog meer na satan en julle sê, “Wat meer kan ek doen om jou te dien?” So selfs wanneer hy vir jou sê om ‘n kind uitmekaar te skeur in twee, sal jy met jou kaal hande probeer om hul arms af te ruk! Jy sal hulle vingers afbreek. Jy sal hulle bloed drink. Jy sal dit op die gesig smeer en hulle sal dit ‘gesig room” noem.

Julle weet nie wat in daardie room is nie! Julle weet nie wat in daardie lipstiffie is nie! Julle weet nie wat hulle gedoen het nie – net die satanistiese elite terwyl hulle vir julle lag.

Selfs hulle wat dink dat hulle uitgespreek het teen hierdie gruweldade, julle moet werklik bid oor alles wat julle gebruik op hierdie aarde!

Julle weet nie wat is in die lug wat reeds verberg is vir jul oë nie. Al wat julle sien is die stroke van wit, maar julle weet nie wat neerdaal nie. EK sal julle sê wat neerdaal maar dit sal nog nie op hierdie Shavu’ot wees nie. Nie op die huidige oomblik nie. Hierdie sal EK wel vir julle sê. Dis nie op hierdie dag nie en nie in hierdie Profesie nie, maar dit kom. En selfs hierdie Profeet gaan ‘n kans waag want sy weet wie is in beheer van die Internet.

Kinders, hulle wie EK MY kinders noem, neem MY woord ernstig [om te veg teen pedophilia] (sien Mark. 9:42 hierbo).

Julle wat hierdie gedoen het, rituele misbruik, satanistiese offers van kinders en hoerery en sodomie, julle sal hang op die vlak van hel, net soos die Boek van Henog sê, saam met die gevalle engele. En hulle wat gedink het hulle is so groot en magtig, en eens op ‘n tyd was hulle, en nou sê dit net in die Boek van Henog, hulle skree in marteling. Dit is waar julle sal heen gaan.

So julle dink jul het weggekom met moord. En julle weet van wie EK praat, o politikuste. Julle is in die Kongres. Julle is in die Senaat. Julle is in die Regstelsel. Julle was selfs presidente en EK praat nou met die VSA. En tog stop EK nie daar nie. EK praat met die UK.

EK praat met elke nasie rondom hierdie wêreld. Julle weet, en die mense sal weet, wie hulle is.

EK probeer om die tale nou korter te hou, sodat julle nie belangstelling verloor nie. Terwyl EK die vrymoedigheid opbou in MY kind, hierdie Profeet hierdie Apostel, MY Ringleier “Ringmaiden”, maar EK wil reguit praat.

Selfs aan hulle wat hulself die Bruid van YAHUSHUA noem, julle beter net bid dat julle waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word totdat julle werklik die Hemel bereik.Want daar is baie vangstrikke wat satan gestel het. En hoeveel het reeds daarin geval?

So troos ONS! Vra ONS, wat kan ons doen vir U, o HEMELSE VADER?

Weet julle dit? Die Woord sê dit – en dit is die Bybel – dat die klippe dit sal uitroep en MY loof wanneer julle MY nie loof nie.

Weet julle dit? EK vertel julle ‘n geheim.

Wanneer YAHUSHUA kom in al SY HEERLIKHEID – en EK praat nie van die Eerste Koms nie, EK praat nie van wanneer dit tyd is vir die wegraping nie, [rapture] – EK praat van wanneer die hele wêreld sal weet, [wanneer] verworpelinge gaan uitroep. Hulle sal uitroep na die berge om op hulle te val en hulle weg te steek vir HOM – EK YAHUVEH – WIE OP DIE TROON SIT en van die Wraak van die LAM WIE YAHUSHUA is (Openb. 6:16)!

Julle sien, net eenmaal was YAHUSHUA gekruisig! Net eenmaal het HY gesê, “VADER vergewe hulle ” (Luk. 23:34) Want hulle weet dit nie. Net eenmaal – behalwe as julle bekeer – sal HY vra om jou vergifnis.

O, maar wanneer YAHUSHUA kom en almal sal sien – EK vertel julle hierdie geheim – daar gaan ‘n simfonie wees. Daar gaan die mooiste musiek wees wat die hele wêreld gaan hoor.

Dit is wat MY hemelse mensies, julle Heiliges wat nou luister, gewas in die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA, wat bid in die NAAM VAN YAHUSHUA, wat leef vir die NAAM VAN YAHUSHUA, wat jul eie lewens neergelê het en gesê het ”Leef U lewe deur my – nie my begeertes geskied nie maar U begeertes geskied, nie my woorde gespreek word nie maar U woorde gespreek word.”

EK spreek tot julle ‘n geheim – want Ezra, MY geliefde Ezra, jy kom na MY toe soos ‘n kind en jy ‘verheug MY so’ wanneer jy sê, as EK jou vra deur hierdie lippe van klei van Elisheva en EK sê, “Ezra wil jy ‘n geheim hoor?” En o, hoe verheug is EK deur jou, hoe baie lag en glimlag IMMAYAH, hoe baie glimlag YAHUSHUA met ‘n groot glinster in SY Oog terwyl jy sê, “Ja, ja! Vertel ons ‘n geheim.”

Daar sal ‘n simfonie wees en dit sal wees waarvoor die hele skepping wag. Want hulle kreun en sug nou en julle weet dit nie (Rom. 8:19-23) – terwyl uitsterwing, uitsterwing kom van dit wat op hierdie aarde was en nie meer is nie maar weer sal wees.

En die skepping sal – en die manifestasies, dit sal daar wees: die manifestasies van die seuns van YAH en dit sluit die dogters in. Hulle sal help om al hierdie teweeg te bring. Want hulle roep uit en hulle sê – die hele skepping roep uit en hulle wag en hulle sê (Rom. 8:19-23) – en EK praat weereens van die wesens van hierdie aarde. Hulle wag en hulle wag en hulle wag. En dit is net soos die res van die Bruid wag vir die manifestasies van die seuns van YAH, en hulle wag en Ek vertel julle dit, julle gaan hierdie simfonie hoor, dit sal elke skepping wees wat vir MY gaan sing.

Hulle gaan sing, net soos die voëls elke oggend liedjies sing van lof, ten spyte van die sogenaamde – gifstroke wat hulle 'chemtrails' noem – 'chemtrails' wat veronderstel is om julle dood te maak, en tog sal EK die wetenskaplikes beskaamd laat. En hulle wat waarlik aan MY behoort en staan op Psalm 91, dit sal hulle nie so vining affekteer soos dit al die ander gaan affekteer nie. EK sal julle beskerm. EK sal julle beskerm as julle onthou om te bid, pleit die BLOED van YAHUSHUA wanneer julle uitgaan.

Maar EK sê dít vir julle. Luister nou na MY.

Kan jy jou die leeu voorstel wat brul? Kan jy jou die tier voorstel? Kan jy jou voorstel, nie net die voëls wat sing nie maar ook die paddas wat kwaak? Kan jy die kriek voorstel wat sing? Het jy geweet dat elke dier eens op ‘n tyd ‘n stem gehad het? Al die stemme van die diere en al die stemme van die krieke wat was – al die stemme –van selfs, selfs die hommelby, hulle sal ‘n lied sing vir MY net soos in die tuin van Eden voor dit geval het.

EK vertel julle dit. Adam kon – terwyl hy hulle benoem het, het hy met elkeen van hulle gepraat en hulle het teruggepraat. En die stemme sal weer terugkeer. Maak dit julle nie opgewonde nie geliefdes? Wil julle dit nie graag hoor nie? Wil julle nie nog meer geheime hoor nie? Gehoorsaam MY dan net, want hierdie is net klein geheimpies wat EK julle gee.

EK kon nie net alles in een boek sit nie. Daar is so baie boeke en hierdie Profesieë en hierdie Openbarings wat julle nou hoor – dink net daaraan, dink net daaraan MY kinders – julle kan nie eens begin om te begryp wat EK vir julle in stoor het nie, vir almal van julle wat gely het en [wat] vervolg word as gevolg van MY SEUN YAHUSHUA se NAAM.

O MY kleintjies, o MY kleintjies, o MY kleintjies! Hoe baie lief het EK julle! Nie net MY Bruid nie, maar julle wat die Gaste genoem sal word by die Bruilofsmaal van die LAM! Weet julle nou hoe baie lief EK julle het? Verstaan julle nie? EK wil julle hê, om julle vas te hou. EK wil hê julle moet op MY skoot sit. O, MY liefling mensies, hoor MY.

Hoor MY vandag, O hoor MY vandag.

ONS het julle nodig om ONS te troos. ONS het julle nodig om vir ONS te sing. ONS het julle nodig om ONS te koester en lief te hê. Nie net van ONS te vra nie, gebede wat benodig word te vra nie, maar vra ONS, “Wat wil U vandag hê moet ek vir U doen? Hoe kan ek behaaglik wees vir U?

Weet julle hoe baie dit ONS sou seën? Het julle enige idee hoe baie dit ONS sou seën?

Weet julle hoekom Ek julle geskape het? Weet julle dat dit was vir samesyn? Verstaan julle dat EK ‘n klomp modder bymekaar gesit het? EK het ‘n rib uitgehaal uit ‘n man en dit gevorm tot ‘n vrou. Julle wonder, “Hoe het die hare daar gekom in elkgeval ?” – dis Elisheva, jy lag en jy sê. En dan draai jy na Ezra en jy sê, “Wel Liefie ek glo dit is net dieselfde manier hoe jy jóú hare gekry het.”

En Ezra jy het die vraag geantwoord [24]:

Ezra: “The Book of the Secrets of Enoch” hoofstuk 30 vers 10, “And on the 6th day I commanded MY WISDOM to create men from [7] consistencies: one his flesh from the earth; two his blood from the dew; three his eyes from the sun; four his bones from the stone; five his intelligence from the swiftness of the angels and from clouds; sixth his vein and his hair from the grass of the earth and the seventh, his soul from MY BREATH and from the SPIRIT.”

Eliseva: En dit is van die Boek -

Ezra: The Book of the Secrets of Enoch.

Elisheva: En Liefie op watter bladsy is dit?

Ezra: Dis hoofstuk 30:10.

Elisheva: En moet asb nie daarvoor gaan soek elders nie. Dit is hier op hierdie Bediening.

http://amightywind.com/library.html

As julle sal kyk na die biblioteek van die “Lost Books” van wat hulle die Bybel noem, wat waarlik nie verlore is nie.

Profesie gaan voort:

En dit is die Woorde wat EK te sê het – nog een laaste ding – en dit is hierdie: EK wil hê dat julle moet weet dat julle MY kinders is en EK wil saam met julle lag. EK wil hê dat julle vir MY moet vrae vra wat julle dink dom is, en EK wil saam met julle lag en EK wil vir julle die antwoorde gee. EK wil verbly wees en julle leer. EK wil vir julle geheime openbarings gee soos vir Elisheva en Ezra. EK het groot behae in hulle wat MY YAHUSHUA waarlik liefhet en wat waarlik elke dag daarna strewe om te gehoorsaam. En wanneer hulle dan wel sonde doen berou hulle vining, vining. Vra dadelik om vergifnis.

En hierdie is nie net die opsê van ‘n eenvoudige gebed nie, “As ek U vandag aanstoot gegee het vergewe my asseblief.” Vertel MY wat jy gedoen het sodat EK jou kan reinig van daardie sonde.

O MY kleintjies op hierdie Shavu’ot gee EK julle hierdie geskenk. En EK praat duidelik met julle, nie net in tale nie. Ek praat duidelik sodat almal kan verstaan.

EK weet wie is MY ware kinders en net omdat EK julle gevorm het, soos die boek [van Henog] gesê het – EK vertel julle dit, wanneer julle die klone en die robotte sien wat lyk asof hulle vlees is: Onthou satan vervals. Maar kan hy enigsins moontlik doen wat EK die SKEPPER so pas gesê het, waar kan hy daardie soort skepping doen? – hy kan nie – hy kan jou net ‘n weerspieëling gee. Hulle kan maak dat julle na mekaar lyk en hulle noem hulle klone ‘clones’ maar EK vertel julle dit, EK lag vir hulle sogenaamde [clones], nabootsings!

EK het verrassings gebêre vir julle – hoe EK julle sal beskerm! Wanneer julle bose elite dink julle het dit – en EK weet julle luister na die ware profete en julle probeer om te dupliseer en julle probeer MY vooruitgaan sodat dinge nie kan gebeur nie. En julle probeer om die tyd te laat aanbreek voor dit reël op reël is en gebod op gebod (Jesaiah 28:10). EK ken reeds jul gedagtes. EK weet reeds wat julle gaan doen en EK het julle reeds vooruit gegaan!

En EK weet reeds hoe EK MY geliefde Babatjies, Bruid, Uitverkiesdes en Uitgesoektes gaan beskerm!

En dit is die Woorde van troos wat EK gee vir julle.

Nou wanneer julle dit hoor en julle ontvang dit, gee MY lof, eer en heerlikheid want EK het die tyd geneem om deur MY Ringleier “Ringmaiden” te praat. En EK het vir julle hierdie tyd gegee omdat Ek julle so liefhet. EK wil julle beter leer ken. EK wil hê julle moet leer om te gehoorsaam.

EK wil hê dat julle YAHUSHUA moet gehoorsaam en HOM nooit verloën nie selfs al beteken dit – en EK praat nou met die Gaste van die Bruilofsmaal van die LAM, julle kan nie opweeg om die Bruid te wees nie en julle weet dit, maar wees gehoorsaam. Strewe net om te gehoorsaam en moet nooit verloën nie, in die tyd wat EK noem Jakob se Benoudheid (Jer. 30:7). Moet nooit, nooit die NAAM van MY SEUN YAHUSHUA verloën [tydens] dit wat genoem word die Groot Verdrukking nie, moet nooit SY NAAM verloën nie selfs al sou dit jou lewe beteken – selfs al sou dit beteken dat jy jou kop moet neersit op ‘n koue harde staal guillotine.

En jy sal weet voordat dit afkom op jou kop, sal jy ook uitroep na YAHUSHUA en jou gees sal geneem word selfs nog voordat jou vlees die lem kan voel.

En julle sien, o vyande van MY, julle sien hulle het geen [eer] gehad, hulle het geen eer nie. 25 Want julle het dit nie eens gevoel nie! In plaas daarvan staan julle voor MY in die Hemel in wit geklee. “O, wie is hulle wat kom uit die Groot Verdrukking geklee in wit” in ‘n getal so groot om te tel (Openb. 7:13-17)?

Dit is julle wat die die Gaste genoem sal word by die Bruilofsmaal van die LAM.

Dit is die Woorde waarmee EK julle troos. Met watter woorde sal julle MY troos? Hoe sal julle gehoorsaam? Hoe sal julle protesteer teen die aborsies en die gruweldade wat vandag aangaan in hierdie wêreld? Sal julle net aanhou stilbly? Want wanneer die goeie manne stilbly heers die bose. Hoeveel van julle is stil?

En waar is MY kerke? Waar is hulle wat die naam van JESUS CHRISTUS verkondig? Waarom bevraagteken julle nie eens die sogenaamde pous nie? Waar is hy? EK sal julle vertel waar hy is. Hy is nie aan julle kant nie.

Maar julle moet protes aanteken! Julle moet praat! Julle moet op een of ander manier iets doen om te bewys dat julle regtig aan MY behoort en YAHUSHUA dien.

En onthou dit. Niks, niks, niks is dit werd om nie alleen EK YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES, te mis nie. Maar niks is die moeite werd om die Hemel te mis nie! En o, die gevolge as jy doen!

ONS wil baie verbly wees en jou verwelkom! Maar weereens, dit was alles voorafbestem: of jy sal luister, of jy sal gehoorsaam, of jy sal bekeer en na YAHUSHUA toe sal kom vandag.

Daar is ‘n bladsy van redding. (Kliek hier om dit te sien) Soek daarvoor op hierdie aanlyn webwerf en jy sal sien hoe om te bid.

En dan wanneer satan sê, ‘Ah ha! Ek het jou gevang in sonde vandag!” onthou dat EK gesê het, roep dadelik uit – in die NAAM van YAHUSHUA – sê, “O, ek is so jammer dat ek dit gedoen het. Help my asseblief om dit nie weer te doen nie.” En glo dat dit vergewe is by die Kruis, so lank jy nie aanhou om [sonde] vooraf te bedink nie, so lank jy nie sê, ‘O nou het ek ‘n verskoning om op elke manier te sondig want YAHUSHUA het die prys betaal vir my op Golgota.” Dit is nie waarom dit gedoen was nie!

En julle weet julle dwase die prys wat julle sal betaal oor die lering – en EK praat nou met die kerke wat dit doen – dat “daar nie meer so iets soos sonde is nie; moenie meer bekommerd wees daaroor nie.” En julle weier om Heiligheid te spreek. Julle weier want julle is stil – [stilgemaak] deur die regerings.

Maar selfs [President] DonaldTrump het gesê, ‘n uitvoerende bevel gemaak dat julle toegelaat word om uit te spreek gedurende hierdie tyd. Gebruik dit terwyl julle kan. Gebruik dit terwyl julle kan want die tyd kom o, so spoedig en julle sien dit reeds terwyl Youtube sensor en Google sensor en Facebook sensor en elke sosiale media – julle dink EK ken nie hul name nie? Julle dink dat EK nie vooraf geweet het dit is wat gedoen sou word nie?

Gebruik hierdie vryheid MY kinders terwyl julle – En EK spreek hierdie waarskuwing reg oor die wêreld. Gebruik hierdie vryheid terwyl julle kan op enige manier wat julle kan.

En dit is die Woorde wat EK te sê het op hierdie, en dit sal vrygestel word op, Shavu’ot 2017.

Einde van Woord.

Ezra: Dank U, ABBA YAHUVEH, dank U YAHUSHUA, dank U IMMAYAH vir hierdie wonderlike Woord wat U vir ons gegee het, pragtige openbaring en geheime. Ons seën U HEILIGE NAAM. Ons troos U ABBA YAH. Ons troos U YAHUSHUA. Ons troos U IMMAYAH in die NAAM VAN YAHUSHUA. Amen.

Elisheva: ABBA YAHUVEH, ek wil U dank. Ek wil U loof. Ek is glad nie anders as enige iemand anders nie, soos U gesê het. Ek is net U Boodskapper. Wanneer hierdie mond oopgaan weet ek nie wat U gaan sê nie. Ek leer openbaringe saam met enige iemand anders. Ek is nie een van daardie geleerde dwase nie. Ek leer nie van enige teologiese skool nie. Ek is net ‘n sondaar gered deur genade. En Ezra en ek leef ons lewens elke dag om ‘n getuienis te hê soos die van Henog, om behaaglik gevind te word vir U.

Dit is ons versugting en dit behoort elkeen se versugting te wees wie deel wil wees van die Bruid van YAHUSHUA. Vra dat jy ‘n getuienis sal hê soos die van Henog, dat jy behaaglik gevind sal word vir ABBA YAHUVEH (Heb.11:5-6) en dan sal jy nie hoef dood te gaan nie en jy sal weggeraap word in die Hemele in, in die lug in.

Hebreërs 11:5-6

5 Deur die geloof is Ganog (Henog) weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat ELOHIEM hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy ELOHIEM behaag het. 6 En sonder geloof is dit onmoontlik om ELOHIEM te behaag; want hy wat tot ELOHIEM gaan, moet glo dat HY is en 'n beloner is van die wat HOM soek.

Einde van Opname.

So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,

29 Mei, 2017

Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu



1Savu’a is Hebreeus vir week en shavu’ot weke. Aan die begin van die audio bedank Elisheva YAH vir beide Hag Shavu’ot (Fees van Weke) oorspronklik ‘n een dag fees, en die 7 voorafgaande weke. Hierdie is ook die oorspronklike naam vir Pinkster, Grieks, vir vyftigste dag.

2Die aftel van die omer, in Hebreeus sefirat ha omer, is die aftel van 49 dae of 7 weke tussen Paasfees en Shavu’ot, dit begin op die eerste dag na Paasfees‘n hoë sabbat (Lev. 23:15-16; Deut. 16:9) Hag Shavu’ot is ook ‘n oesfees; omer beteken gerf en was ‘n tipe van ‘n beweeg offer.

3Sien die Profesie inleiding vir meer oor Heilige tale.

4 Alternatiewelik mag dit wees, :…Shavu’ot wat hulle noem….” i.p.v. ”wie hulle noem…” maar in Joodse tradisie, word Heilige dae soms verpersoonlik, veral die Sabbat, soos ‘n KONINGIN of BRUID WIE die HEILIGE GEES is wat vroulik is, in Hebreeus RUACH HA KODESH. Die personifikasie beklemtoon die heiligheid van die dag en dat GOD SE TEENWOORDIGHEID in ‘n groter mate verwag word. Shavu’ot is ‘n dag van rus, ‘n hoë sabbat en YAHUVEH verwys na die Heiligheid van hierdie tyd – dat dit nie ligtelik opgeneem moet word nie, hanteer word asof dit “net maar” nog ‘n dag is nie.

5 YAH wil hê dat SY mense meer moet leer van Pinkster daarom noem HY dit op die oorspronklike Hebreeuse naam Shavu’ot.

6 Gebed beteken nie net ‘n petisie of versoek tot GOD nie, maar enige versoek in die algemeen; gebed kan ook ‘n hoop of ‘n wens wees. o.a. YAH se gebed, versoek vir SY kinders is om HOM beter te leer ken.

7 Shema, Israel, YAHUVEH ELOHEYNU, YAHUVEH ECHAD vanuit Hebreeus kan ook vertaal word as “YAH is ons GOD; YAH is EEN” terwyl die NAAM van YAHUVEH naby verwant is aan die werkwoord “om te wees” of “te bestaan.” Hoveh beteken “HY is”

8 o.a. Hulle wat GOD aanspreek as “Allah” van die Koran. Dis nie genoeg om te glo in EEN GOD sonder om versoening en vergifnis te hê van sondes nie.

9 Die Bediening was gebore 10 April 1988 in Griffith, Indiana, USA; alhoewel die aanlyn bediening webbladsy lewendig geword het 4 April 1995.

10 o.a Secrets of the HOLY SPIRIT (RUACH HA KODESH) deur Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

11 Profeet Elisheva was in gebed gedurende die middernag uur van die 27ste en 28ste. YAHUVEH het opgestaan van SY Troon af en ‘n oorlog uitgevaardig teen die vyande van hierdie bediening en het die Hemelse leerskare uitgestuur om te veg teen die bose mense.

12 GOD het aan die mens ‘n vrye wil gegee en wens dat niemand vergaan nie (2 Pet. 2:9; Deut. 30:15-19), daarom is redding en of verdoemenis ‘n keuse wat gemaak was deur ons siel toe dit bestaan het voor die grondlegging/skepping van hierdie wêreld (Ps. 139:16; Jer. 1:5; Rom. 8:29; Openb. 13:8 sien Profesie 71) Daarom het ons eie siel ons vooruit bestem vir die Hemel of die hel – daarom word ons gesê, “Werk jou eie heil uit met vrees en bewing” (Fil. 2:12). Verworpeling kan beskryf word as ‘n persoon wat deur GOD verwerp is sonder die hoop op redding (Jer. 6:26-30); Heb. 6:4-8) wat die HEILIGE GEES gelaster het. (Mat. 12:31; Heb. 10:26-31) wat die enigste onvergeeflike sonde is (Luk. 12:10) en moes daarom vooraf bestem gewees het tot verdoemenis (Rom. 9:22).

13 Sien Profesie inleiding vir meer oor Heilige tale.

14 Testament – iets wat dien as teken of bewys van ‘n spesifieke feit, gebeurtenis of kwaliteit.

15 Sien voetnota 12 wat verworpeling verduidelik.

16 In Hebreeus, mediteer (Strong’s #H787) kan beteken gesels, bepeins, spreek, praat, bid.

17 Sien vorige voetnota hieroor.

18 Hierdie verwys nie na die Hemel soos ons dit ken nie maar na hemelse en ander-wêreldse ryke.

19 lucifer is die naam van die duiwel maar ons skryf dit opsetlik nie met ‘n hoofletter nie.

20 Sien voetnota 12

21 VERDUIDELIK LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES.

22 Heilige (saint) beteken letterlik “ ‘n heilige een” en dit is wat die Bybel die volgelinge van YAHUSHUA noem. (Heb. 6:10; Rom. 8:27; Ps. 31:23; Kol. 1:11-13; 1 Kor. 1:2; Dan. 7:27 ens.)

23 Die Bybel het dit nie op rekord dat Noag hierdie woorde gesê het nie, maar hulle kom voor regdeur die Skrif; Ps. 8:6; 119:115; Mat. 7:23; 25:41; Luk. 13:25, 27 ens.

24 YAH vertel van ‘n vraag wat Elisheva gevra het dae tevore, en Ezra het die antwoord geken uit die Boek van Henog.

25 Die bose kan nie eer geniet deur die dood van die gemartelde heiliges nie – selfs hierin het YAHUSHUA oorwinning oor dood en SY kinders word selfs tydens afsterwe verlos van die pyn van dood.