Profesie 138
Manlike Masturbasie, bekeer jou voor YAH se aangesig!

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang 28 September 2016 - Vrygestel 15 Junie 2017

Spreuke 6:27
Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? (1953 Vertaling)
Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? (1983 Vertaling)

Deuteronomium 23:10
As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.

-Met Profete Ezra & Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Hand. 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6) Ezra begin gebed met intersessor tale (Rom. 8:26-27; 1 Kor. 14:15)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Prys YAH”: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER; YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN-(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD”)

Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ - as die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”) -is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, daar word verwys na “HAAR,” en dit is so gereflekteer in die Profesie en Skriftuurlike aanhalings hieronder.

Bybelaanhalings is in die 1953 Vertaling of 83 vertaling

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die mond van YAHUVEH wat geboorte gegee is.
Dit is uit die mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH wat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH wat geboorte gegee was.

As dit net deur eie toedoen was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou gees (Ruach) nie, anders sou dit misluk het.

EK IS die HERE YAHUVEH, dit is MY NAAM;
en MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende as waarskuwing bygevoeg word vir hulle wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHUVEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
-2 Kronieke 36:16

Asook, in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sou beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitgeskeur het!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:


Ek waarsku julle almal - diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en myself en al die Bedienaars van AmightyWind Ministry - ek waarsku julle nou, 'Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie' (Ps. 105:15…1 Kron. 16:22) anders ontvlam die Toorn van YAH op jou. Maar vir hulle wat geseënd is deur en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, die getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang,baie seëninge sal op jul daal - alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Deuteronomium 23:10 (Verse in Afr33)
10 As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.

Genesis 38:8-10 (sien ook Deut 25:5-6)

Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer 'n nageslag.
9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
10 En dit was verkeerd in die oë van die Here wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.

Kolossense 3:5
5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is

Romeine 13:14
Maar beklee julle met die Here YAHUSHUA, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Galasiërs 5:16:17
MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Efesiërs 4:22
22 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan

2 Timotheus 2:22

Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

2 Timotheus 4:3-4

want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

Spreuke 16:2
Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.

Spreuke 30:12
...'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie

Romeine 6:19
...want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.

Galasiërs 5:1
STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

Galasiërs 5:13
Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

1 Petrus 2:16

Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,
as vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.

Profesie 138
Manlike Masturbasie, bekeer jou voor YAH se aangesig!

Hierdie Profesie is met klank opgeneem. Hier is die teks weergawe.

Elisheva: Bid weer in tale my lief.

Kathrynyah: Ek sien 'n tennisbaan.

Elisheva: Sien jy 'n tennisbaan? Dis soos 'n liefdeswedstryd.

Ezra: Dis wat ons nou doen. Ons pas dit bymekaar.

Elisheva: Met liefde.

Kathrynyah: Dis 'n liefdeswedstryd.

Elisheva: 'n Liefdeswedstryd 'Baby'.

Ezra: Goed...

[ Ezra bid in Heilige tale. En begin dan in vinnige vuurige Staf van Tale bid. Kathrynyah sien 'n visioen van Ezra besig met 'n swaardgeveg. Hy gooi demone uit die pad uit.]

Elisheva: O tog, VADER ek weet nie om die te doen nie. Hulle is my seuns. Ek weet hulle is ook Ezra sin, maar hulle is myne eerste. Ek kan net nie...Ek weet nie wat om hiermee te maak nie.

Profesie begin:

Eerstens Ezra, het jy agter gekom hoe jou tale net verander het? Jy het die vinnige vuurige tale gekry soos die wat Elisheva het. Dit het gebeur toe jy jou trouring aansit. Jy sal oplet daar gaan meer en meer gawes van haar af na jou toe kom.

'n Nuwe Salwing sal voort kom wanneer jy die oorlogskreet hoor - alles van dit.

Elisheva: ABBA YAHUVEH ek gee myself oor aan U en my wil is onderdanig aan U al is hierdie 'n onderwerp wat alles binne my wil teenstaan. Die is my geliefde seuns. Ek sien hulle as klein kinders en ek weet hulle is mans. So help my geliefde YAHUSHUA om dit te doen. Dis een van die moeilikste dinge, IMMAYAH asseblief.

[ Elisheva bid in vuurige Tale (Rod of Tongues) ]

Profesie gaan voort:

MY geliefde Elisheva, jy word nie verantwoordelik gehou vir wat Paul Hellem [die eks-man, wat nooit 'n leier was nie maar net 'n beeld daarvan] sê nie. Hy teken namens jou - hy het jou epos adres gehad. Dit was so maklik om te sê "Ma stem met my saam". Nou het jy vir Ezra.

Aan die ongetroudes en ek praat nou met die ongetroude mans: Jy moet jouself Heilig en reinig hou voor MY aangesig. Gooi terug in die hel in wat Paul Hellem jou geleer het. En moenie sê die 'leiers' het jou geleer nie. Want daar was slegs een leier en dit was nog heeltyd Elisheva tot en met Ezra. Hy [Paul Hellem] was net 'n indringer, wat 'n leier wou wees maar glad nie 'n leier was nie. Dit was soos wat Chelsea dit gesê het - niemand het van hom gehoor nie tensy dit iemand was wat hy wou mislei het.

Weer 'n keer praat ek met die ongetroudes, die jong manne-

[ Elisheva sukkel. ]

Elisheva: U weet ABBA YAHUVEH dat hierdie rergtig moeilik is. Ek worstel met die ma wees en ek worstel as die Profeet. En ek wil regtig nie hierdie dinge sê vir ons seuns nie.

Profesie gaan voort:

Praat dan net as 'n Profeet, Elisheva. Sê wat EK jou gee om te sê.

[ Elisheva praat in Heilige tale maar sy kry nie die Profesie se Woorde om uit te kom nie.]

Elisheva: Eerstens seuns, ek het iets om te sê voor ek voortgaan. Ek't 'n werklike worsteling hiermee want ek moet die die ma-wees skei van die Profeet. En ek wil hê die moet op rekord gaan. Die kom van die Profeet af. Ek weet julle is almal jong manne en ek weet julle almal sukkel en ek weet julle het vrae gehad en julle wou dit nie na my toe bring nie want julle het geweet - julle wou dit net nie na my toe bring nie. En daarom was daar slegs een ander man waarna toe dit kon gaan en dit was die Judas, die verworpene [Soos Jer 6:30]. En ongelukkig het hy my naam daar geskryf. Hy't gesê ek stem met hom saam. En as ek gevra het wat hy julle gesê het dan het hy gesê dis nie my besigheid nie en hy sal dit hanteer. So ek vra omverskoning dat julle die verkeerde adviese gegee was.

Maar nou het YAH vir julle 'n nuwe pappa gegee. Een wat HY gesê het ons nooit sal mislei nie en volwaardig kan vertrou. En ek staan in totale ooreenstemming met wat hy julle gaan vertel maar voordat ek aangaan, wanneer julle hierna luister - en ek wil nie hê hy moet dit voorlees nie. [ Ezra het aangebied om die Woord voor te lees ]. Ek gaan nie so 'n groot lafhaard wees nie. GOD vertrou my om die Woord te gee so ek moet dit doen - maar nie as die ma nie. Dit is al wat ek vra jul moet doen want ma sal nie sulke woorde gebruik nie. Ma gebruik nooit die woorde nie

Pa gaan nou in tale praat maar ek gaan dit nog een maal sê. Skei die ma en die apostel van mekaar, ok? Dit is al wat ek gaan doen want hierdie is 'n 'So sê die HERE'. Gaan voort, Pa. Bid nog eenmaal in tale.

[ Ezra bid in tale - en dan vinnige vuurige Heilige Tale. ]

[ Elisheva bid in vinnige vuurige Heilige Tale. ]

Profesie gaan voort:

Genoeg met die omverskonings, Elisheva net oordat EK jou mond en jou stem gebruik. Die seuns gaan weet dit is nie die ma wat praat nie. Die is EK YAHUVEH WAT PRAAT! WEES HEILIG WANT EK IS HEILIG!

MY geliefde seuns - EK praat met die ongetroudes; Ek praat met diegene wat masturbeer agter hulle vrouens se se rug, die wat pornografie kyk en masturbeer wanneer hulle 'n lieflike vrou by die huis het - wandel in MY Heiligheid!

My geliefde seuns, hoeveel van julle word selfs verlig deur dit wat julle "nat drome" noem? Hoeveel van julle droom van seks hê met vrouens en verlig jouself hier deur? Weet jy dan nie dit is nie van die Hemel nie?

Luister na Ezra. Hy sal jou nie mislei nie. Hy weet wat reg en verkeerd is. Hy is man soos julle.

Wanneer jy oorval word met temptasie en jy word wakker met 'n ereksie - jy kan dit met jou verstand beheer. Tel die Woord op en lees. Kry jou gedagtes weg van jou liggaam af. Oefen jou liggaam. Die van julle wat vir 'n sielsgenoot bid moet nooit dat hierdie jou gedagtes binne gaan nie. Dan wonder jy hoekom jy worstel met die begeerlikheid van die vlees.

Wanneer jy een word met 'n vrou weet jy dan nie hoe EK jou sal seën nie? Want jy't vir haar gewag. Jy het die begeerlikheid van die vlees beheer.

En wanneer jy hierdie drome het wat jy te skaam is om te vertel. Hulle is nie gestuur van die Hemel nie maar gestuur deur die hel. En daar was 'n deur wat oopgemaak was en vir so baie van julle was dit pornografie, op watter ouderdom ookal. En selfs nou kyk jy na prente van vrouens op 'n Internet blad, hoeveel van julle dink jouself in saam met daardie vrou? 'n jezebel vanuit die hel.

Vra om vergifnis vir dit!

Kry beheer oor jou verstand. EK waarborg jou: Begin die Woord lees en begin om te bid. Begin om daardie begeerliheid van die vlees te bestraf en dit sal makliker en makliker word. Wees Heilig want EK IS Heilig.

Wanneer jy wakker word - [Elisheva fluister: ] Ek kan nie glo ek doen hierdie nie - [Profesie gaan voort:] en jy het die tiepe droom gehad waardeur jy verlig was: weet jy dan nie dit was 'n demoon ['demoness' maw. vroulik], wat jou in die nag besoek het nie?

Almal praat van demone, niemand praat van bose vroulike geeste nie ('demonesses'). Hulle kom as sukkubus. Wees versigtig waarna jy luister.

Ek't vir Elisheva gesê om die ma eenkant te sit so onthou dat hierdie Woorde van MY YAHUVEH af kom. Want sy bly sê sy wil nie soos dit praat nie, maar dit is nie sy nie, dis EK.

EK wil hê jy moet om vergifnis vra en EK wil hê jy moet ophou hiermee. Ek wil nie hê - jy moet nog langer dit doen nie! - en dink dat die leierskap dit vir ander leer nie.

En vir die getroudes, die getroude mans. Ek sal op 'n ander tyd met julle praat, want 'n paartjie, saam moet hulle 'n spesiale Woord van MY af kry. Onthou net dat selfs die wat getroud is het ook hiermee gesukkel. Jy het toegelaat dat jou vlees doen wat dit wou doen en jy het nie dat die GEES beheer kry oor jou liggaam op hierdie tye nie want jy het nie uitgeroep na MY nie.

Almal van julle is jong mans. Almal van julle het skreeuende hormone. Van julle wil net trou om toe te gee tot die hormone maar EK vertel jou as jy dit doen sal dit nie liefde genoem word nie en daai huwelik sal nie geseënd wees nie.

So voor Yom Kippur sal die Woord aan julle gegee word en jou ma en pa is in ooreenstemming met dit. En hulle het gebid en 'n onderwerp bespreek wat tot dusver die moeilikste was. Want jou ma sukkel om die Profeet wat praat af te sonder, maar dis vir jou eie beswil. [Wat] as niemand jou sê dis verkeerd nie? Leer die ouer jou nie reg van verkeerd nie? En nou het jy dit vandag gehoor.

Die advies wat Paul Hellem gegee het, het die deur selfs groter oopgemaak vir die gees van seksuele begeerte. En moet nie vir Elisheva beskuldig nie. Sy het nie eens die epos wagwoorde gehad nie. En Kathrynyah kan dit beaam. Dit was op daardie tyd wat haar gesondheid die mees kritiek was op daardie Sabbatsverlof. Woorde was geskryf wat sy geen idee van het nie. En hy het dit nie net met julle gedoen nie. Daar was ander wat geskryf het en gevra het vir seksuele advies en Elisheva sal nooit weet wat namens haar geskryf en geteken was nie. En sy het geen deel daarin nie.

Onthou nou my seuns voorheen kon jy sê jy het nie geweet nie maar nou sal jy geen verskoning hê nie. Wanneer hierdie gebeur en jy's by die huis hou daai Bybel naby wanneer jou liggaam probeer om jou verstand te heers en vra my vir 'n Vers. Bestraf satan!

Onthou, en die is EK YAHUSHUA, as jy nog op die aarde is op hierdie tyd dan het ek 'n baie spesiale vrou wat wag vir jou. So moet nie nou ingee tot die begeertes van die vlees nie. Leer wat Pa Ezra en Elisheva ook leer: Ek het nogsteeds vir hulle die instruksie gegee dat die liggaam altyd laaste is. Twee ontmoetings en die liggame wat een word beteken nie 'n huwelik gaan hou nie. So fokus op dit wat geestelik is. Want die gees is gewillig maar die vlees is swak (Matt 26:14; Mark14:38).

MY seuns ek belowe jou dit sal makliker word as jy net die eeste stap van gehoorsaamheid vat. En jy het Pa Ezra wat sal verstaan en vir jou bid.

En ek praat met die getroudes. Daar is nooit 'n verskoning vir jou om in die geheim te masturbeer nie. Dit is hoekom ek jou 'n vrou gegee het om na elkeen se behoeftes om te sien. Vra om vergifnis as jy dit gedoen het.

Hou jou oë gefokus op MY, EK YAHUSHUA. Hou jou oë gefokus op die werk wat EK jou gegee het. En slaan die deur van begeerliheid toe! Wanneer dinge met jou gebeur in die nag vra vinnig om vergifnis in die more. Dit is die advies wat EK aan julle moet gee, want EK'T julle so lief en die twee ouers ook wie ek voorberei het, wie EK aangestel het, wie EK gekies het om julle reg van verkeerd te leer.

En dit is IMMAYAH wat verkeerdhede uitwys ('convicts'). Hoeveel van julle wat luister sal aan Pa Ezra erken - sal selfs voor die ander mans erken dat hulle nie alleen voel nie?

Onthou dat satan jou siel soek en hy wil hê jy moet in haas trou, maar moet nie hierna luister nie. Onthou dat die Bruid van YAHUSHUA meer Heilig wil wees. Dit is waarna julle almal strewe.

Einde van die Woord.

Elisheva: Dis dit! Prys YAHUSHUA!

Ezra: HEMELSE VADER, YAHUSHUA & IMMAYAH: Ons bedank U vir die Woord. Ons dank U vir hierdie instruksie. Ons dank U vir wat U vir ons gedoen het vannaand. Ons bedank U. Ons gee U die glorie vir als wat U gedoen het, vir als wat U gesê het want als sal manifesteer en gebeur in ons leeftyd soos wat U beveel het in YAHUSHUA se NAAM bid ons.

Kathrynyah: Amen

Einde van die teksweergawe.

Vir YAHUSHUA se Glorie
Man en vrou, Israeli Apostel, Profeet Ezra
& Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

So was dit gespreek, so was dit geskrywe,