Profesie 17
Julle Word Aanspreeklik Gehou Vir Dit Wat Julle Weet!

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu,4 Maart 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

*******

Ek spreek hierdie voort onder die salwing van die RUACH ha KODESH in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu op 4 Maart 1998

* * * * * * *

So spreek YAHUVEH:


Julle word aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet. Pasop, julle word aanspreeklik gehou vir dit wat julle nou weet. Nora Lam, BEKEER! EK het jou lief MY dogter, maar roem, rykdom en trots het jou eens Heilige sending in die lewe verdorwe. Onthou toe jou naam nie gebruik was om geld in te samel nie. Dink terug, MY Lief, toe jy verhonger, geslaan en gemartel was sodat jy YAHUSHUA sou verloën. So spreek YAHUVEH, MY Kleintjie, onthou toe EK jou enigste motivering was, jy niks anders nodig gehad het om te lewe nie? Onthou jy toe 'n broodkorsie vir jou soos 'n feesmaal was? Onthou, MY Kleintjie? Nou is jou enigste motivering om miljoene dollars IN TE SAMEL. Nora, kom terug in die liefdevolle arms van jou Vader in. Jy kan nie twee here dien nie; jy sal die een haat en die ander liefhê.

Pasop; 'n woord aan alle beroemde bedienaars, so spreek YAHUVEH, Larry Lea, wat is jy besig om te doen?? Hoekom het jy MY so beledig en MY NAAM as 'n foefie gebruik, deur die mense 'n gebed te belowe en dat jy hulle gebedsbedekking sal wees en dan sê jy, "Stuur geld daarvoor." Waar is die dienaar aan wie EK eens die salwing gegee het om MY Kinders te leer hoe om te bid? Hoekom is MY NAAM as advertensie gebruik om 'n mens te promoveer en nie die Koninkryk van die Hemel nie? Nie terwille van die verlossing van siele nie. Pasop enige iemand wat deur die mens op 'n voetstuk geplaas word. EK, YAHUVEH, sal die een wees wat jou van daardie voetstuk sal afstamp om te bewys dat jy niks sonder MY salwing van die RUACH ha KODESH kan doen nie. Benny Hinn, o MY kosbare seun, waarheen het jy gegaan? Hoekom gebruik jy MY NAAM vir jou eie doel, vir jou eie eer en bou geboue wat EK nie gesê het jy moet bou nie.

EK het vir MY Ware Profete gesê soos hierdie suster wat nou hierdie woorde met julle spreek; dit is een minuut voor Middernag! EK kom in die middernagtelike uur! Hoekom lei die herders die skape op ‘n dwaalspoor? Hoekom lei die herders hulle na die wolwe toe om hulle te verslind? Hoekom is die herders net geïnteresseerd om hulself vet te voer en nie MY Skape nie? Hoekom is die herders net besorg oor hul eie huise en of hulle kos het, of hulle klere het en die beste in die lewe het, tog sien hulle die kuddes in hul kerke en hulle is haweloos, honger, naak en arm?

Hoe kan hierdie herders die heilige tiendes gebruik om te herdekoreer of om herehuise ter waarde van miljoene dollars te bou en nogtans is MY Skape sonder ‘n dak oor hul koppe, beskutting vir die siele van die skape. So baie sal hel toe gaan, want die herders van hierdie wêreld is meer besorg om hul koninkryke te bou vir hul eer en lof en nie vir die een wat die prys betaal het sodat die siele gered kan word nie. Wees gewaarsku julle word aanspreeklik gehou vir wat julle nou weet. Die herders is veronderstel om vir die skape te voorsien geeneen moet tekort hê nie. Hierdie is MY lammers wat julle ignoreer.

So spreek YAHUVEH van die ganse Skepping, Julle het julle God, MY Seun, YAHUSHUA, geneem en HOM in die skande gesteek voor die ganse Hemel en hel. satan spot met MY Herders wat EK gelaat het om die kuddes namens MY te versorg. Die Hemel is bedroef terwyl die wolk van getuies toekyk hoe die vet herders vetter word en MY kuddes al maerder word. Niemand behoort na 'n kerk te gaan en geestelik uitgehonger weg te gaan nie, nogtans doen hulle. Niemand behoort liggaamlik honger te ly nie; deel dit wat julle het met hulle wat nie het nie. Dit is MY gebod. Hoe kan julle staan en toekyk en sê, ek sal vir jou bid terwyl julle weet julle suster of broer ly honger? Julle het voedsel, julle het beskutting, MY Kinders behoort nie haweloos te wees nie.

Waar is die herders wat “EK IS” geroep het om MY Skape op te pas? Moenie jouself 'n pastoor noem as jy nie MY Skape beide liggaamlik en geestelik sal voed nie. Hou op om die heilige tiendes en offergawes te gebruik om jouself vet te voer instede daarvan gebruik dit om MY Skape en Baba Lammers vet te voer. Julle word aanspreeklik gehou want julle was vertel. Sê MY Woord nie, "Moenie vir julleself silwer en goud op hierdie aarde bymekaar maak waar die dief inbreek en steel, en mot en roes verniel nie, maar maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar."

Hoeveel van julle herders vir wie EK roem toegelaat het, sodat julle name op die tong van elke skaap is gehoorsaam die Ware Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH? Hoeveel van julle stel voorbeelde vir MY Skape en Lammers? Het EK regtig vir jou gesê om daardie 7 miljoen dollar gebou te bou? NEE! Die gees van hoogmoed het jou op ‘n dwaalspoor gelei, kyk mooi, MY liewe skapies, MY skape sal MY stem ken. Verlaat hierdie herders wat julle kaalskeer. EK is nie in hul kerke nie. EK is op die trappe en waarsku julle deur stemme soos hierdie diensmaagd wat nou hier praat. Hardloop weg terug na die verhouding wat julle eens met MY gehad het. Hardloop weg van die gees van godsdiens af. Daardie kerkgebou, so pragtig en in skuld, kan nie julle siele red nie. Daardie pastoor geklee in snyerspakke kan julle nie red nie. Die kerke is nie in MY Kleed van Geregtigheid geklee nie, maar in hul eie modeparades van smerige vodde. Stroop julself van hierdie gees van hoogmoed wat daarop uit is om mekaar te beïndruk.

Skape wat ore het om te hoor en luister en oë om te sien, onthou, hierdie soort kerke kan nie julle gebede beantwoord nie. EK kan nie julle tiendes eer as dit gaan vir dit wat EK nie gewy het om heilig te wees nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH julle Redder, staan op die trappe en sê pasop almal wat by hierdie kerke ingaan waar die herders geld hul god gemaak het en goue afgode. Pasop vir die geboue waar die herders nie MY Woorde spreek nie maar hulle woorde.

Waar die herders vergaderings hou maar geen woord oor bekering, verlossing of waarskuwing van oordeel of verdoeming genoem word nie. Wee die profete, herders wat MY Skape mislei met leuens wat die jeukende ore streel en die siele van MY Volk skade berokken. Julle, bose herders, wat MY Naam gebruik asof dit jul eie was. Julle gebruik die NAAM van YAHUSHUA (Jesus) om julle wêreldse winste te vermeerder. Julle is bang om aanstoot te gee daarom onderrig julle eenheid ten koste van die lammers wat op satan se altaar geoffer word.

Julle bose herders en vals profete, julle wat die mense leer om gelykvormig te word aan julle beeld van god en nie MY Woord wat nie kan lieg nie, die beeld van YAHUSHUA ha MASHIACH is die Woord van YAHUVEH wat vlees geword het. Julle, bose vet welvarende herders, wat van die armes geneem het en vir die rykes gegee het, julle sal aanspreeklik gehou word vir wat julle weet. Moenie dink julle sal hoor "Mooi so goeie en getroue dienskneg, kom in en rus", nie. Julle offers sal tevergeefs gedoen wees.

Waarlik, hierdie wêreldse rykdom, roem sal julle enigste beloning wees. BEKEER! Gee terug MY heilige tiendes en offergawes aan bedienings wat MY Woord preek sonder toegewings en sonder vrees. BEKEER voor die God wie julle aanstoot gegee het. BEKEER voor die kuddes wat julle kaal geskeer het. BEKEER voor die een wat EK gebruik om hierdie boodskappe te bring, want hulle sal vervolg word omdat hulle MY gehoorsaam. BEKEER, julle word aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet. Luister na MY Heilige profete wat MY woede uitspreek teenoor julle hardvogtigheid, harde koppe, harde harte. Aanvaar die teregwysing en val op julle knieë voor YAHUSHUA ha MASHIACH neer en EK sal julle vergewe.

Julle, kwaaddoeners, wat sê ons moenie die skape waarsku waar die wolwe is nie, want as ons dit doen sal ons hulle aanstoot gee, die Almagtige God YAHUVEH sê dit, "Die magtige herders sal naak gestroop word van hulle roem en wêreldse mag. EK, YAHUVEH, bevorder een en raak ontslae van 'n ander. Bevordering kom uit MY hand alleen!" Maak gereed want hierdie jaar sal julle diegene sien wat dwaling aan MY Skape verkondig het en hulle wol afgeskeer en hulle nakend gelaat het vir hul eie gewin en hulle gemors gevoer het wat nie eers goed genoeg is vir varke nie.

Julle sal hierdie jaar sien hoe EK die bome skud van hulle wat in hul eie geregtigheid staan, nie in MYNE nie wat in hul eie krag en in hul eie beeld staan. Hulle sal val soos Dawid vir Goliat verslaan het; die Goliatte wat hulself herders noem maar dit nie is nie. EK het die outoriteit en mandaat gegee om julle te waarsku want EK wil nie hê julle moet val nie maar dit is jul eie keuse. BEKEER voor die Koninkryk van die Hemel en hierdie wêreld! BEKEER want baie siele is hel toe nadat hulle jul sogenaamde kerk dienste verlaat het want julle het niks gedoen om die lammers te beskerm nie.

Julle, kwaaddoeners, wat MY Profete wil stil maak weet dit; terwyl een val, sal EK menigtes oprig wat harder sal praat as die een wat julle op ‘n dwaalspoor gelei het, aan bande gelê, gemuilband en verdoof het. EK sal profete oprig wat nie stilgemaak sal word nie soos MY Dogter wat nie in haar waagmoed, krag of geregtigheid staan nie want sy staan nie in haar krag nie, sy weet hierdie alles kom nie uit haarself nie maar van MY, die Groot God “EK IS”, wat haar stuur om die wolwe te waarsku julle maskers word afgeruk van julle gesigte af.

Julle is nie van MY kudde nie julle het weggedraai van die Ware Lewende God en het begin om 'n ander te aanbid wat nie EK is nie. MY gesig is nie op julle geldeenheid van julle land nie, MY gesig is nie op julle goue muntstukke gemunt nie, MY gesig is in die Woord van God. Wil julle MY ken, lees dan die Bybel. Val op julle aangesigte voor MY en soek wie die God van Verlossing werklik is. Bose herders, vals profete, julle sal nie die helfte van julle dae uitleef nie weens die boosheid wat julle voor MY aangesig gedoen het. Julle is gewaarsku! EK spreek hierdie waarskuwing weereens uit, hou op om aan hierdie aardse koninkryk te bou en begin om weereens aan die Koninkryk van die Hemel te bou.

Jesse Duplantis, hoor MY stem! MY Profeet kon nie jou naam onthou nie maar sy het aanhoudend jou gesig gesien. EK het jou naam op haar lippe geplaas want EK moet haar gebruik om jou te tugtig. BEKEER, want jy bou multimiljoen dollar geboue wat EK nie vir jou gesê het om te bou nie. Jy word mislei, jou naam word gebruik om weereens die kudde se wol in te samel en hulle nakend agter te laat terwyl jy, Benny en Jan en Paul Crouch dit wat hulle hande opgerig het verheerlik. Maar EK het nie vir julle gesê om die wol van die kudde te steel om julself op te pof met trots nie.

Ja julle het goed gedoen sowel as sleg maar die goeie wat julle doen word oortref deur die boosheid van die aanbidding van goue afgode van hierdie wêreld. Kenneth Copeland keer terug. Hoekom het jy so ver afgedwaal van MY Waarheid en MY wil? Keer terug! Hulle wat eens by MY Naam geroep was en nou beantwoord julle die geroep van 'n ander bose herder maar hou aan om te sê dat dit MY Naam is. Al julle offers was tevergeefs gebring. Sommige sal hul siele verloor en sal tot in ewigheid gemartel word in die hel wat julle gepreek het. EK sal julle aanspreeklik hou omdat julle nie MY kudde gevoed het nie en omdat julle hul uitgebuit en nakend, honger, blind en doof gelaat het.

Julle profete wat mekaar toejuig en by 'n profete-klub aansluit sodat julle profesieë kan vergelyk en sien wie kan die vinnigste op watter TV-kollig verskyn. EK profeteer dit nou, julle sal 'n profesie sien waar word terwyl julle MY toorn sal ken, vir die voortspreking van woorde wat EK nie gespreek het nie. Want julle het nie gedoen wat hierdie diensmaagd nou doen nie, julle het nie die vet herders gewaarsku om hulle sondige maniere te staak nie. Julle het MY ware waarskuwing van oordele gesensor omdat julle gewild wou bly. Julle sal verantwoordelik gehou word. As julle weet waar boosheid is behoort julle dit uit te spreek. Het EK nie die bose profete gewaarsku deur Jeremia, Elia [Eliyahu], Johannes, Jona en die lys gaan aan. Het EK gesê, "Sjuut” moenie name noem nie, ons wil in eenheid bly of het EK gesê dat die boosheid wat in die donker gepleeg word van die huise se dakke af geskree sal word. In hierdie geval die internet wat die grootste dak is wat EK op hierdie aarde kan vind.

Diegene wat probeer om MY boodskappers stil te maak wat uit gestuur word met hierdie waarskuwing, PASOP, die ROEDE van MY toorn kom op julle neer. Hoe meer julle hulle wil stil maak, intimideer, hulle skei en hulle as vals profete etiketteer. Julle was gewaarsku hierdie is die jaar van die God wat julle gevrees het. Maak MY Profete los laat hulle vry om MY Woorde voort te spreek van HEILIGE GEES Vuur. Haal die muilbande van hulle monde af, haal die blinddoeke af. Julle hou konvensies en noem julleself bondgenote en beoordeel mekaar se profesieë! Enigeen wat probeer om hul profesieë deur 'n mens te laat beoordeel en nie deur Almagtige God YAHUVEH nie wat die outeur is van ware profesieë en geen oordeel van man of vrou nodig het nie, PASOP.

Jy, Pam Clark, sê jy het 'n profete-alliansie, maar jy is nie van MY alliansie nie. Jy vra geld vir gebede en EK het NOOIT vir enigiemand gesê om vir MY Skape te sê hulle moet iemand betaal om vir hulle te bid nie. Jy sê jou tyd is waardevol, hoeveel te meer was MY tyd waardevol op Golgota? Bekeer, val op jou knieë en bely teenoor MY en die mense. Gee elke sent terug wat jy van MY kudde gestroop het! Julle wat tiendes en liefdesoffers gegee het aan diegene wat MY skape op ‘n dwaalspoor lei, julle moet julle geld terug eis. Sê vir hulle julle weet julle het verkeerd gedoen. Sê vir hulle julle veroordeel hulle nie maar die Woord van God het hulle veroordeel. Maar moenie verwag om julle tiendes en offergawes terug te kry nie maar bewys aan MY dat julle jul fout besef het. Julle word aanspreekliklik gehou waar julle jul tiendes en offergawes gesaai het.

Pam Clark (Paz), jy skryf 'n boek en MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) word nie toegelaat om die waarheid voort te spreek nie want jy het enige profeet weggejaag wat jou opreg gewaarsku het om te bekeer. Jy sê 'n engel verskyn aan jou en sê vir jou wie om weg te jaag en wie nie. Maar EK sê vir jou die Hemel het nie hierdie engele uitgestuur nie. Hel het weereens jou jeukende ore mislei. Jy omring jouself met profete wat jou hoogmoed net meer sal oppof. Jy noem jouself 'n leraar en tog onderrig jy dwaalleer.

BEKEER Pam Clark en Craig Martin. BEKEER Andrew Strom. Julle gaan die toorn voel van die ROEDE van GOD Almagtig se woede en EK sal julle op maniere straf wat julle nie ken nie en al die ander wat julle bose werke toejuig. Julle kan die mense mislei en so plegtig en heilig lyk en tog kan julle nie die een mislei wat julle harte ken nie. Omdat EK julle liefhet, alhoewel julle MY seergemaak het, sal EK weereens vir julle sê voordat dit te laat is, VERBRAND die boeke! Begin weer van vooraf en die keer, spreek waarlik MY Profete se woorde ongeredigeer. Daar is nog tyd vir julle om julself te spaar van dit wat gaan kom. MY Mense, weet dit; 'n profeet is nie 'n gewildheids-wedstyd nie.

Pasop en vermy diegene wat dink dit is. MY Ware Profete is diegene wat verwerp word omdat hulle die waarheid voortspreek, die harde waarheid. MY Ware Profete sidder in vrees om een woord, selfs grammatika te verander, wat hierdie wêreld as onvanpas sou beskou. MY Ware Profete sê, "YAHUSHUA, moet ek hierdie spreek, want ek wil niemand aanstoot gee nie. Ek wil geliefd wees deur almal en in eenheid bly?" Maar daar kan geen eenheid tussen onheiligheid en Heiligheid wees nie. Tog sê EK vir hulle, "Daar kan geen eenheid wees tussen diegene wat met die bose geeste van satan gevul is en hulle wat met die RUACH ha KODESH gevul is nie." Julle was in 'n profeet se midde gewees terwyl julle hierdie lees en MY skape sal die stem wat uit haar voortkom herken as hulle enigste goeie herder! EK, YAHUSHUA ha MASHIACH, het hierdie woorde gespreek, nie om te beskuldig nie, maar om diegene wat EK genoem het te oortuig. Hulle is voorheen gewaarsku, persoon tot persoon want EK het baie profete gestuur om dieselfde woorde te spreek, nogtans sluit hulle hul ore.

Nou het EK hierdie webwerf gesalf en geplaas waar die wêreld MY woorde sal hoor en niemand sal instaat wees om MY apostel en profetiese diensmaagd [Eliyahu] stil te maak of te intimideer nie want sy het die vervolging gely deur die einstes na wie EK haar gestuur het om lief te hê, te beskerm en te waarsku. Nogtans het sy Almagtige God YAHUVEH en YAHUSHUA gehoorsaam en dit gedoen onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie vir beloning of wins nie want sy is waarlik 'n profeet wat geen wêreldse wins maak deur die woorde wat EK vir haar sê om te spreek nie.

Haar wins sal wees in die wete dat sy die een gehoorsaam het wat haar salf en haar stuur om te praat in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH soos EK ander profetiese vegters salf en stuur om dieselfde te spreek. Pasop, enigeen wat haar aanstoot gee, gee die een aanstoot wat haar stuur en salf. As julle haar seën en bemoedig is dit soos murg in haar gebeente en julle het YAHUSHUA jul Verlosser geseën. As julle haar vervloek het julle die vloeke op julself gelê want julle het haar nie vervloek nie maar die een wat haar stuur.

Julle was gewaarsku! Julle het 'n moeder van profete in julle midde, sy verstaan nie eens hoekom EK haar vereer het met so 'n titel nie maar eendag sal sy. EK het 'n werktuig gekies wat nie 'n mens se keuse is nie maar Almagtige God YAHUVEH se keuse is vir MY eie redes en nie die wysheid of openbaring van hierdie wêreld nie. EK het hierdie woorde deur hierdie profeet gespreek en sy is in julle midde saam met menige ander profete wat EK stuur. Wat sal julle doen met MY seuns en dogters wat julle net wil seën deur MY seëninge te proklameer of van MY vloeke te waarsku dit is julle keuse. MY Ware profete staan in julle midde wat sal julle met hulle doen? Aan diegene wat aanstoot neem nadat hulle hierdie gelees het gaan dan terug na julle profete toe wat julle jeukende ore sal streel, julle oë verblind, julle ore verdoof en julle monde toestop.

Gaan terug en sit onder die 3-ape en die 3-aap-vloeke. Meeste sal nie bekeer nie, hulle harte is verhard en tog sal sommige bose herders hul sonde erken, sal bekeer, besef EK kom en dat dit die middernaguur is en sal die kudde gereed kry sonder vlek of kreukel. Bou vir die Koninkryk van die Hemel nie die geboue van hierdie aarde nie. Selfs 'n tent sal beter-af wees en meer gesalf as diegene wat hierdie miljoen dollar geboue bou want MY RUACH ha KODESH sal nie daar gevind word nie. Ook sal MY ware Profete en herders nie daar welkom wees nie. Skape en lammers waarsku die herders wat EK genoem het sodat hulle kan bekeer. Net EK weet wie die hart sal hê om MY stem te hoor en dieselfde woorde teenoor hulle pastore uit te spreek wat so besig is om te herdekoreer en te herbou en nuwe dinge bedink hoe om die wol van die skape te af te skeer, hulle nakend agter te laat en selfs MY Heilige Woord te verdraai om hierdie te doen tot hul voordeel. Waarsku hulle, want EK jaag hulle met MY ROEDE van toorn en oordeel hierdie jaar! So spreek Almagtige God YAHUVEH.

* * * * * * *

Gespreek deur hierdie gebroke werktuig van klei maar magtige vegter vir YAHUSHUA ha MASHIACH en toevertrou aan Elisheva Eliyahu
4/3/98, 5:35 NM.