Profesie 18
Pasop Vir Die Sluier van Duisternis Wat Uit Die Hel Gekom Het!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 26 Maart 1998 3:54

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Liefste familie van YAHUSHUA,

Ek het vandag hierdie ontvang terwyl ek gister gehuil het oor die jong kinders wat vermoor is vir geen rede andersins as dat die ander jong kinders deur bose gees van moord en chaos beset was nie. Hierdie 11 jarige en 13 jarige verstaan nie eers wat hulle gedryf het om onskuldige kinders van hulle eie ouderdom te skiet nie, diegene saam met wie hulle gespeel en gelag het en vir wie hulle nou vermoor het soos 'n takbok in 'n woud maar selfs die takbok het 'n kans om te hardloop en weg te kruip. satan homself het in hierdie kinders gemanifesteer op 'n manier wat ons nie kan verstaan nie.

Ja bid, maar bid dat hierdie regering wat die enigste beskerming verban het wat hierdie wêreld het, SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en die Heilige Bybel vinnig teruggebring sal word in die skole. Die Tien Gebooie weereens in die publieke skole sal hang. Jy mag nie doodslaan nie. Ons sê dit en dan vertel die regering vir ons kinders dat hulle onskuldige babas kan vermoor solank niemand dit sien nie, solank die baba veilig in die moederskoot weg van nuuskierige oë is; dit wettig is om daardie hulpelose onskuldige baba te vermoor. Dat dit die moeder se keuse is.

* * * * * * * *

So spreek YAHUVEH…


"HOE DURF JULLE! HOE DURF JULLE! HOE DURF JULLE! Julle vra MY hoe EK so 'n iets kon toelaat. Julle sê waar is YAHUVEH toe hierdie moorde op hierdie babas plaasgevind het? Maar EK was uitgesit uit julle publieke skoolstelsel. MY Naam word nie genoem nie behalwe in vloekwoorde. Hoekom word MY beskerming verlang terwyl MY teenwoordigheid nie verlang word nie? Hoekom beskou julle dit enigsins 'n groter afgryse as 'n onskuldige baba wat huil in die ma se baarmoeder wat gemartel word in die daad van aborsie? Is dit omdat net EK hulle stille krete kan hoor? Terwyl die gille van die babatjies op die skoolgrond oral gehoor was kan julle nie sien dit is dieselfde ding nie?

Die gees van moord het in die kinders gevaar wat in satan se gebied gespeel het. Het EK nie gesê wat ookal in julle harte is geopenbaar sal word nie. Kinders word bloeddorstigheid en bloed gevoer met dwang-voeding op televisie deur die rolprente en speletjies wat hulle speel. Kinders word met dwangvoeding geweld, dood, vernietiging, homoseksualiteit, pornografie, haat en rebellie gevoer om maar net 'n paar te noem. Hulle word geleer dat Heiligheid nie meer nodig is vir vandag nie. Julle sê vir MY hoekom het EK dit toegelaat? Dit sou nie gebeur het as die kinders net geleer was om in MY Naam uit te roep nie.

Diegene wat hierdie chaos waargeneem het sal getuig toe hulle tot MY uitgeroep het, was EK daar. MY engele het vir hulle geveg en hulle bedek met hul vlerke. Hierdie babas is almal in die Hemel, ja diegene wat geaborteer was en hulle wat op daardie skoolgrond gesterf het. Maar EK het dit toegelaat om te wys wat met die publieke skoolstelsel gebeur terwyl die gees van die antichris besig is om alles wat Heilig is uit die skool te skuif.

Jy betaal 'n prys Amerika en al die nasies wat haar voorbeeld volg. Hierdie dinge sal aanhou totdat die sinnelose aborsies ophou. EK sal satan toelaat om in julle kinders te manifesteer wie nie geleer was om MY aan te roep nie. EK sal satan toelaat om die musiek en media te gebruik om julle kinders te verdorwe en hulle van MY af weg te neem en van julle af weg te neem en hulle sal toegelaat word om oorlog te verklaar teen ouers, volwassenes en gesaghebbendes. Want toe julle hul geleer het om dit wat Heilig is nie te respekteer nie en wat MY Wette is nie het julle hulle oopgestel vir satan om hulle met sy bose geeste te vul wat Amerika en die skoolstelsel sal verwar en beskaam.

Speletjies wat begin het as onskuldig en prettig, wat kinders geleer het hoe om met ander klaar te kom hits nou een teen die ander aan om te sien wie kan mekaar vermoor. Sê MY Woord nie wanneer julle in jul hart sondig, het julle teen MY gesondig nie?" Julle verbeelding is nie julle s'n nie, elke denkbeeld, elke gedagte moet gevange geneem word vir MY inspeksie. As dit teen jou broeder sondig is dit sonde. Die grootste van al die Tien Gebooie is om jou naaste lief te hê soos jouself.

Dit sluit ook in dat jy nie mag moord pleeg nie. Maar in julle kinders moor hulle en hulle vermoor die goeie sowel as die bose in speletjies. Pasop, soos EK voorheen deur hierdie diensmaagd gevra het, "Wat is satan besig om julle kinders vanaand te voer deur die media, deur hulle maats, deur die speletjies of boeke wat hulle lees en deur hulle musiek?" Pasop, satan weet EK het as 'n onskuldige kindjie in hierdie wêreld ingekom en nou wil hy die kinders straf, om hulle siele te verdorwe en hulle uiteindelik saam met hom hel toe te neem.

Julle babas raak swanger en word dan meegedeel dat alles reg is, kry net 'n aborsie word vir hulle vertel. Nie een gedagte aan die onskuldige kind wat nooit geleer was dat multi-seksuele gedrag 'n SONDE is wat tot korrupsie van die siel lei nie. Nie een gedagte aan die marteling van daardie onskuldige baba terwyl dit in die ma se baarmoeder lê nie. Alhoewel die moeder self nog 'n jongeling mag wees, sondig sy teen MY, Almagtige God YAHUVEH en sy sondig teen haar ongebore baba wat net gebore wou word, terwyl sy dit laat teregstel. Daar is geen verskil tussen 'n vuurwapen wat gebruik word vir moord en 'n dokter wat gebruik word vir moord nie. Dit is alles moord in MY oë. Die moeder sondig ook teen haar liggaam, siel en Gees. Haar verstand sal nooit vergeet nie, alhoewel EK kan vergewe as sy MY vra en wegdraai van hierdie boosheid.

EK profeteer nou iets so afskuwelik om te bepeins maar die moorde gaan meer algemeen word. Die ouers sal hulle kinders vrees. Die kinders sal hulle ouers beheer aangesien hierdie rebellie toegelaat was om te groei. Die state sal sê ‘hulle besit julle kinders.’ Die state sal wette uitvaardig wat verhoed dat julle kinders deur die ouers gedissiplineer word. Ouerlike regte is stukkie vir stukkie afgestroop totdat julle ouers binnekort geen regte meer sal hê nie. Moenie dat hierdie voortgaan nie! satan kan nie vat wat julle nie vir hom gee nie. Vat terug julle kinders in MY Naam! Vat julle kinders uit hierdie hole van ongeregtigheid; julle is besig om hulle te onderrig ten koste van hulle siele.

Soek MY terwyl EK nog maklik te vinde is en EK sal vir julle 'n ander weg wys om julle kinders te onderrig, beide die dinge in die geestelike en fisiese ryk. EK sal weer vir hulle die begeerte teruggee na heiligheid en vir moraliteit. Daar is 'n sluier van duisternis wat neergedaal het oor die publieke skoolstelsels en die mantel van duisternis het uit die putte van die hel gekom en dit bedek baie van die jeug van hierdie nasie, wat MY nie aanbid as hulle Heer en Verlosser nie. Die kinders ly as gevolg van die ouers se sonde om nie vir hulle te vertel wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie! EK is hulle enigste beskerming! satan was verwelkom in julle skole en onheiligheid vier hoogty in hulle.

Staan op ouers; haal julle kinders uit skole uit wat nie MY heiligheid wil toelaat om deel te wees van die opvoeding van julle kinders nie. Staan op ouers en sê vir die regering hierdie kinders het julle die reg om te dissiplineer. EK dissiplineer diegene wat EK liefhet! Hulle moet weereens die vrees van Almagtige God YAHUVEH ken en die vrees vir hulle ouers. Goddelike, respekvolle vrees wat karakter bou en die siel voed wetende dat daar reëls is en as jy hierdie reëls breek sal jy betaal.

Die skole betaal nou. Die regering betaal nou. Die ouers betaal nou. Hulle wil wette uitvaardig en dit sal gebeur, net as julle dit toelaat, dat julle verbied sal word om julle kinders pak te gee. Meeste van alles, die jeug van hierdie nasie en wêreld betaal nou. Hulle het MY nodig en tog leer so min ouers hulle dat EK die enigste weg, waarheid en lewe is. Heiligheid is noodsaaklik en dit moet in hierdie eindtye beklemtoon word. Vrees hierdie wet! Beveg hierdie wet! Want as julle dink julle kinders is nou rebels het julle nou net 'n vlugtige kykie van hierdie rebellie gehad. Die bloed is nie alleenlik op die hande van hierdie kinders wat gemoor het nie, die bloed is op die Raad van Onderwys. Die bloed is op die ouers se hande wat nie hulle kinders heiligheid geleer het nie. Die bloed is op die regering se hande. Die bloed is op Amerika en dit is nie die Bloed van MY Seun, YAHUSHUA ha MASHIACH wat nou hierdie nasie bedek nie, maar die onskuldige bloed van die miljoene babas wat daagliks, 24 uur per dag vermoor word.

Toe julle gesê het dit is wettig om die babas te vermoor solank hulle in die ma se baarmoeder is en ons nie hulle stille krete en geweeklaag kan hoor wat EK alleen kan hoor nie. Sê EK vir julle dat die gille en geweeklaag sal kom van die kinders wat julle kan hoor, kinders van die heidene, kinders wat julle kan sien, kinders wat so onskuldig is maar nie anders as die babas in die baarmoeders wat vermoor word nie. Een moord is dieselfde, een rebellie is dieselfde, en die gees van onheiligheid is dieselfde. EK sien alles! EK hoor alles! Mits hierdie nasie bekeer oor die vermoorde kinders, sal julle meer vermoorde kinders sien. Moenie dink EK is 'n God wat langer bespot sal word nie.

Julle kerke verkondig MY liefde en nogtans wil hulle nie MY Kinders leer dat EK ook 'n God van Almagtige liefde en Almagtige wraak is nie! In die tye van ouds het EK kinders voor die dorpsplein laat stenig. Rebelse kinders wat ouers nie kon beheer nie en wat net tot meer rebellie gelei het, EK het laat die ouers die eerste klip gooi. Nou is daar wette wat die kind beskerm om selfs nie eers pak te kry op 'n agterstewe wat EK vir hierdie doel geskape het nie. Nou, is daar wette wat die kinders kwytskel met 'n piets op die gewrig na ‘n kortstondige inperking. Verstaan dit, EK sê dit vir julle, hierdie kinders sal weer moor want daardie bose gees is nogsteeds in hulle en volgende keer sal dit 'n groter omvang hê as hierdie gees nie uitgedryf word nie. Julle jeug huise het YAHUSHUA nodig om die demone weg te dryf van hierdie kinders af. Hulle verstaan nie eens dat dit nie hulle is wat die snellers getrek het, of die planne beraam het nie, hulle was pionne in 'n skaakspel en hulle het slegs die bewegings ervaar.

Amerika, bekeer oor die sluier van duisternis wat uit die hel kom wat julle laat dink wat julle in die geheim doen sal nie ontbloot word nie. Homoseksualisme is net nog 'n ander lewenswyse wat julle wil onderrig, maar dit is die duisternis van die hel wat verhoed het dat julle die lig van die waarheid sien. Hierdie is 'n gruwel vir MY! EK het vir julle VIGS gestuur as 'n wekroep en julle het MY geïgnoreer en genesing probeer vind. EK stuur 'n baie erger plaag as dit. SWART KOKENDE BLOED PLAAG! Dit sal kom oor almal wat julle kinders die gees voer van homoseksualisme deur dwangvoeding op silwer lepels. Dit begin by Ellen Degenerate (Degeneres) en dit het in die Withuis ingegaan. Julle bespot MY!

Julle dink omdat EK onsigbaar is kan EK nie hoor of sien wat julle gesê en gedoen het nie. Julle dink die heilige instelling van die huwelik moet bespot word. Julle dink MY Tien Gebooie is van geen waarde vir hierdie tyd en era nie. EK is KWAAD en EK sê vir almal wat julle onheiligheid pronk in MY gesig. Julle sal sien dat EK nie 'n God is wat bespot moet word nie. Julle sal ly! Julle kinders sal ly! Julle land sal ly! Maar nie diegene wat aan MY behoort nie, EK sal al MY Kinders beskerm, beskut, seën en lei wat hulle harte, lewens, Gees en siele aan die God van die skepping en God van Verlossing gegee het.

Julle heidene wat gruwels in MY oë doen, en dit op die media sit en selfs in julle liedere, julle wat wil hê dat elkeen 'n keuse moet hê vir aborsie, genadedood en homoseksualiteit, julle wat die regte van ouers wegneem om hulle kinders op te voed met 'n Goddelike vrees en respek. Julle sal uitvind EK is YAHUVEH (God) en EK is woede in gelyke balans met liefde en julle sal sien wat gebeur wanneer hierdie straf op julle neerkom van nêrens anders as MY hand nie. Nêrens om heen te vlug as na MY toe nie. Hierdie nuwe plaag het reeds geweldige moegheid begin, hoë koors, julle bloed sal lyk of dit swart is, geen immuniteit, julle bloed sal uit julle monde stroom. Oormatige Bloeding!

Want julle bespot die Heilige Bloed wat vir julle op Golgota gestort was en nou sal EK julle terugspot met bloed wat die onheiligheid in julle bloed wys. Julle sal bid om dood te gaan maar die dood sal nie maklik kom nie. BEKEER NOU! Hou op om MY ongebore babas te vermoor. Hou op om die jeug en hierdie wêreld met julle stank van onheiligheid te verdorwe. BEKEER NOU Amerika! Kyk hoe diegene vir wie julle as leiers aansien nie meer leiers is nie. BEKEER NOU! Die ladings uit die hel wat alles vervloek wat Heilig is op julle media, wat die kleintjies na-sê en nie eers verstaan hoe kwaad hulle MY maak nie moet stop. EK gaan julle slaan met MY ROEDE van Toorn totdat julle bekeer.

Hulle wie MYNE is en julle weet wie julle is, julle het 'n verhouding met julle Verlosser en julle het MY lief en stel MY eerste in alles wat julle doen. Julle herken die vervalsing terwyl satan MY bespot in Garland, Texas. Julle is nie mislei nie, julle weet julle YAHUSHUA kom spoedig weer en wanneer die bespotting en vervalsing plaasvind sal julle nie mislei word nie. Julle MY Geliefde skatte waardevoller as wat woorde kan sê julle weet op watter Naam julle vertrou om julle en jul siele te verlos. Julle kinders is veilig en beskut in die palm van MY hand en MY ander hand bedek hulle asof hulle 'n pasgebore kuiken is. EK sal diegene beskerm wat aan MY behoort, hulle wat begeer om aan MY te behoort, EK wag vir julle. EK het geen begeerte om julle met MY ROEDE van teistering te slaan nie. MY ROEDE en staf is om julle te vertroos om julle te beskerm en te lei.

MY ROEDE is om MY Kinders te beskerm terwyl EK wraak uitstort op hulle vyande en MYNE. MY ROEDE word ook gebruik as tugtiging soos julle julle kinders moet pakslae gee so moet EK MYNE met tye pakslae gee wanneer nodig. MY ROEDE van woede is net gereserveer vir hulle wat in uiterste rebellie is. Pasop die ROEDE kom na Amerika toe. Pasop die ROEDE van Toorn is oppad na ander nasies van die wêreld wat bepaal het dat hulle 'n ander god sal dien. MY begeerte is EK wil julle met MY Herderstaf lei wat julle beskerm en julle rig en slegs die vyande wegslaan, die wolwe wat in vermomming kom as die goeie en in plaas daarvan boos is.

My geliefde kinders weet dat godsdiens hulle nie gaan red nie slegs 'n liefdevolle verhouding met YAHUSHUA ha MASHIACH, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH sal hulle red. Slegs die waarheid daar is geen verlossing behalwe deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Bloed wat EK vir julle op Golgota gestort het en die Heilige Woord kan julle red wanneer dit gespreek word in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH! Slegs bekering en wegdraai van sonde en ‘n strewe om 'n lewe van heiligheid te leef en MY te gehoorsaam kan julle red. Wetende dat julle nie perfek is nie maar dat julle daagliks werk om MY te behaag en doen wat julle weet EK wil hê julle moet doen. Vir al die ander sê EK, HOE DURF JULLE?

Hoe durf julle MY blameer vir die onheil wat julle oor julself gebring het en dié van julle kinders? Julle het die duisternis van die hel gemaai en daar is geen verlossing nie behalwe deur die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. EK is julle enigste bron van lig maar hoeveel sal MY aanroep sodat hulle gered kan word? EK spreek weereens hierdie waarskuwing voort deur MY profetiese diensmaagd Pastoor [Elisheva Eliyahu] nie oor wie sy is nie maar oor wie “EK IS!” EK, die Groot Almagtige God YAHUVEH, het gespreek! Hulle met ore om te hoor luister en leer en hulle wat doof en blind is sal net geestelik blinder en dower word.

* * * * * * *

26/3/98 3:54 NM gegee aan hierdie nederige werktuig van klei Profeet Elisheva Eliyahu


Terwyl ek dit aan my webbestuurder voorgelees het het ek 'n koue rilling deur my voel trek terwyl ons oor die foon praat toe ek by die deel van die nuwe plaag kom wat hierdie wêreld erger gaan tref as VIGS. Toe begin tale, tale van oorlogvoering. Toe, terwyl my oë gesluit was, het ek donderwolke gesien, swarter as swart. Ek het besef dat dit die donderwolk van SY woede was en dat HY nou net SY woedende woorde deur my mond gebulder het. Volgende kom die weerlig! HY sal SY teikens tref! Wee die opstandiges wat nie hierdie waarskuwing herken nie. YAHUSHUA stuur my uit as SY spreekbuis om hierdie waarskuwing voort te spreek terwille van SY genade sodat hulle kan bekeer. Dan kom die verdoeming. Pasop vir die ROEDE van Almagtige YAHUVEH! Draai terug na die God van ons voorvaders. Draai terug na YAHUSHUA ha MASHIACH, Amerika, voordat dit te laat is.

Hieronder is nog 'n profesie om te bevestig wat YAHUVEH deur die jongste profesie gespreek het wat HY aan my gegee het, "Pasop die sluier van duisternis het gekom." Die onderstaande woord was deur iemand anders aan my deurgegee. 'n Kleed van duisternis op ons skole: YAHUVEH het vir my gewys dat 'n kleed van duisternis uit die duisternis op ons skole gegooi is.

Ons moet bid en vas vir die wegneem van hierdie kleed, want YAHUVEH sê ...EK hoor die gebede van MY volk wanneer hulle met hulle hele hart bid. Daar is meer verwoesting wat sal verskyn tensy ons bid en dit in die geestelike ryk beveg, nie die fisiese natuurlike ryk nie. Wat doen die vyand om ons te vernietig? Hy werk van binne. Ons het meer om oor besorg te wees huishoudelik as oor bedreigings van buite. Bid en tree nou in vir hierdie generasie. Dit is goed om 'n spesiale dag van gebed opsy te sit, maar MY intersessors moenie wag nie want dit is nou die tyd vir die swaard van die Gees wat MY Woord is om getrek te word en die gebede in die Gees om te begin terwille van hierdie kleintjies van MY.

Het EK nie vir julle gesê dat dit beter is vir ‘n mens dat 'n meulsteen om sy nek gehang word en in die see gegooi te word as om een van hierdie kleintjies wat in MY glo, te laat struikel nie? Vegters trek julle wapenrusting aan en gaan veg want dit is MY, YAHUVEH se geveg, en EK, YAHUVEH sal daardie beskikbare werktuie gebruik daardie werktuie wat oop is gereed om MY Gees te ontvang in mate uitgestort om julle te bekragtig om in die geestesryk te veg. Moenie bang of verslae wees nie want EK, YAHUVEH, julle God het voor julle uitgegaan en EK stuur beskermengele vooruit in massa getalle wat julle nie kan tel nie, om hierdie kleintjies te beskerm en MY Kinders te bewaak, so spreek YAHUVEH.

Ek het 'n droom gehad op 3/9/92, wat ek glo op 'n ander blad geplaas sal word. YAHUSHUA het alreeds vir my van hierdie plaag vertel wat gekom het maar ek het dit nie verstaan nie en ek sal die droom deel terwyl ek dit van my notas af kopieer. Ek beweer nie dat ek die volle openbaring het nie. As die RUACH ha KODESH aan een van julle die volle betekenis wys, e-pos my asseblief en ek sal die betekenis plaas soos die RUACH ha KODESH lei.