Profesie 19
Gooi Af Julle Donker Sluier Van Pyn, MY Kinders, MY Kleinode!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 10 April 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om hierdie by te voeg uit 2 Kronieke voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Opmerking van Elisheva Eliyahu: Hierdie Profesie was aan my gegee, maar VADER het vir my sê dat dit van toepassing is op ander gesalfde kinders van YAH met gawes van RUACH ha KODESH wat vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH dien.

*******

Profesie Begin:

So sê YAHUVEH; MY geliefde wat EK koester soos geen ander skat wat jy op aarde het nie. EK sien jou pyn. Dit is diepgaande vernietigende pyn want jy word so misverstaan. Hoe kan mense wat nie van MY Gees is nie jou pyn voel of sien wat EK vir jou gewys het of vir jou vertel het? Sou hulle nie ook vir Johannes die Doper kranksinnig genoem het nie? Sou hulle hom nie ook wou bedwelm vir sy gedrag nie en Elia, Jeremia en al MY Profete? Dink wat hierdie moderne wêreld van vandag wat die stem van die Almagtige YAHUVEH uitblok sou doen met hierdie profete van ouds?

Jy is soos 'n Jona wat na Nineve gestuur word en hoe min het geluister na MY waarskuwings of dit gehoor. Maar hulle sal sien terwyl dit wat EK deur jou gespreek het gebeur. Moet dit nie vreemd vind nie want diegene wat jy dink is gered, is hulle werklik? Ken jy waarlik hul harte, hulle wat groot gapende wonde in jou siel veroorsaak? EK het hulle nie gestuur om jou te pynig nie want jy is MY geliefde kleinood.

Moenie op jou eie insig staatmaak nie maar erken MY en EK sal jou weë rig. Moet niemand vertrou nie behalwe diegene deur wie jy weet jy MY stem hoor. Moet niks doen nie mits EK vir jou perfekte vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. EK het jou nie verlaat nie en EK sal ook nooit nie. EK is jou eerste liefde; al die ander is tweede tot die Almagtige GOD YAHUVEH wie jy dien. Hou aan praat van MY genade en liefde maar waarsku oor MY toorn en wraak en komende verdoeming as hulle nie wegdraai van hulle bose weë nie en die Bloed aanwend wat vir hulle gestort was op Golgota, wat elke stank van sonde wegwas en daarvan wegdraai nie.

Hierdie middele het jy gebruik as 'n kruk maar EK gaan jou verlos van enigiets wat jy voel jy nodig het om vir jou vrede en troos te bring, want EK is al wat jy nodig het. EK, YAHUVEH, is genoeg in alle dinge. Maar alles het 'n tyd en 'n seisoen en EK sal nie meer op jou plaas as wat jy kan verdra nie. Ja MY geliefde jy het om MY Naams ontwil gely. Ja jy is sielsiek genoem maar diegene wat jou hierdie name noem, is geestelik siek! Jy ween maar hulle is MY trane. Jy sug maar dit is MY versugtinge. Jy treur maar dit is MY droefheid. Diegene wat sê dat hulle jou liefhet ken nie die ware betekenis van liefde nie anders sou hulle hierdie verstaan het. Moet hulle nie te skerp veroordeel nie want hulle doen die beste wat hul kan met die geeste binne-in hulle.

Hierdie sal ook verbygaan al voel dit asof die riviere van wanhoop oorstroom MY Geliefde. Hierdie sal ook verbygaan. Jy sal weer verheug wees. Jou lewe is nie verby nie. Dit het nog net begin. Wonderwerke is net om die draai. Hoekom dink jy vertel satan vir jou om nou op te gee. Jy het dit lank beveg moenie nou opgee nie.

* * * * * * *

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
10 April 1998