Profesie 24 Deel 1
Pasop, Die Ark Se Deur En Boek Van Die Heidene Maak Toe!

Gespreek en Geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 15 November 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * *

Kom Nou in, die Arkdeur en die Boek van die Heidene maak toe. Kom in die Ark in. Kom in My arms in waar daar veiligheid is. Vir diegene wat MY noem Beminde en EK noem hulle MY beminde Bruid, MY Kinders. Kom, glo weereens in julle SALIGE HOOP, Julle ALMAGTIGE GOD, HEER, VERLOSSER en BRUIDEGOM. Glo in die SALIGE HOOP. EK sal julle red van die toorn wat kom. Want diegene wat die SALIGE HOOP weier, MY koms vir MY geliefde Bruid, om weg te glip met haar in die middernagtelike uur. Julle beledig MY om te sê EK sal haar die Toorn van die ALMAGTIGE GOD laat ly. Sy is MY geliefde, hoekom sal EK MY Bruid slaan? EK is nie 'n vroueslaner nie.

Julle is alreeds getoets en waardig bevind om MY Bruid genoem te word, anders sou EK julle nie wegvoer saam met MY nie. So, Hou Op om MY te beledig en glo EK is 'n beloner vir hulle wat ywerig na MY soek en uitsien na MY koms en verlang na MY wederkoms. Soos in die Dae van Noag, EK het Noag gewaarsku dat die reën sou kom. Alhoewel Noag nie geweet het wat 'n vloed was nie het hy MY geglo. EK het vir Noag beveel om 'n Ark te bou al was die werk moeilik en spottery en vervolging groot. Al het die werk baie jare geneem om te doen, wat EK Noag laat voltooi het as gevolg van sy gehoorsaamheid, is julle vandag hier. Al die diere wat hy gered het, behalwe vir dié wat julle laat uitsterf het, het die aarde gevul. EK het vooraf geweet wie EK geskape het om die boodskappe met vrymoedigheid voort te spreek deur MY RUACH ha KODESH (HEILIGE GEES) se krag en salwing, wat die harte oortuig van diegene met geestelike ore om te hoor en oë om te sien.

Noag het NIE getwyfel nie, en MY Profete behoort ook nie vandag nie. Maar tog doen so baie, selfs al spreek EK MY Woorde van vuur voort en gebruik hulle monde om te praat en hande om te skryf nogtans waag hulle om te twyfel en wonder of hulle van die Hemel hoor. Noag het nie getwyfel nie, Jeremia het nie getwyfel nie, Jona het nie getwyfel nie, Elia het nie getwyfel nie, Esegiël het nie getwyfel nie, Daniël het nie getwyfel nie, waarom betwyfel MY Profete MY dan vandag? EK sal die woorde wat EK spreek rugsteun. Moenie na die spotters en skimpers luister nie soos in die dag van Noag en Lot en Moses so sal dit weer wees. Daar kom 'n reën maar dit is die heerskappy van MY Heilige Skrikwekkendheid van die Groot God “EK IS” se toorn en oordeel.

Daar kom 'n vloed, nie net 'n watervloed nie, maar 'n vloed van die bakke met vloeke wat uitgegiet word sal hierdie aarde oorstroom met ‘n vloed van MY gramskap sedert die tyd van Adam en Eva se sonde teen MY. Soos EK 'n Noag gehad het om te waarsku teen die vloed, Moses om te waarsku teen die vloeke en Lot om te waarsku dat die vuur van die Hemel sou neerkom, so sal EK dit ook weer doen, waarsku EK nou deur MY diensmaagd. Dit sal julle goed doen om elke woord te bestudeer wat EK nou deur haar spreek en skryf. Altyd is daar 'n oorblyfsel wat EK het wat sal luister en MY stem sal hoor. Altyd is daar 'n menigte wat sal skimp en spot net so seker as wat die heidene vir Noag, Moses en Lot gespot het. Net so seker as die verwoesting en toorn gekom het as vloed, vloeke en vuur vir die Groot God “EK IS” se toorn en oordeel, so sal dit weer wees.

Dus sal julle goed doen om die woorde te hoor wat MY diensmaagd [Eliyahu] voortspreek. Hulle is nie haar woorde nie maar die woorde uit die mond van julle Skepper. Julle het gesoebat vir 'n boodskap van MY af. EK sal nou voortspreek. Hierdie woorde sal MY vyande kwaad maak en MY Kinders en Bruid sal verheug wees met onuitspreeklike blydskap en vol van Heerlikheid. Die ganse Hel het probeer om [Eliyahu] se aandag te probeer weglei daarvan om MY Woorde te hoor wat EK nou spreek maar het dit slegs gehinder en kon MY nie weerhou om te spreek en vir haar om te hoor nie. Hierdie woorde laat satan sidder, want menigtes, JA, EK sê miljoene sal MY stem hoor en hardloop in MY Seun YAHUSHUA se reddende arms in van Verlossing. Slegs deur YAHUSHUA se Gestorte Bloed sal enigeen gespaar word van dit wat kom. EK gaan MY WOEDE uitstort! Julle wat hierdie hoor of lees sal óf gespaar word deur MY wederkoms óf julle sal lewe om MY toorn te ervaar!

Wat julle nou doen tot MY Eer en wat julle gedoen het vir MY Eer alleenlik sal teweegbring dat MY Seun julle sal red van die komende afgryse van MY toorn en oordeel wat kom. Die deur na MY Ark is besig om toe te gaan; kom vinnig in terwyl julle kan. In die tyd van Noag het die heidene gehamer teen die deur van die Ark om in te kom na veiligheid maar dit was te laat nadat die toorn begin neerkom het. Die eerste druppels reën het die heidene geïgnoreer net soos wat hulle nou ignoreer, maar maak oop julle oë, die toorn het alreeds regoor die wêreld geval maar in 'n matiger graad as wat dit gaan wees. Kom gou na YAHUSHUA toe. Aanvaar HOM as julle Here, Verlosser en God. Julle ken die weg van ontsnapping, waarvoor wag julle? Die Ark is soos die Ark van MY Verbond. Die ARK is MY belofte van veiligheid. Slegs MY Seun YAHUSHUA is julle Ark van veiligheid.

EK sal alleenlik julle gebede beantwoord in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH! Julle kan nie in julle eie name bid, of in julle eie vrymoedigheid of krag nie. Moet dit nie waag om MY troon aan te raak in jul eie naam nie want daar is geen naam wat vir julle kan intree nie behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA. Moenie waag om jul eie kleed van geregtigheid te dra nie want EK weet wie het MY SEËL op hulle geplaas. Diegene wat waarlik verlos is deur die werk van MY Seun YAHUSHUA by Golgota. Kom na MY toe in die Naam van YAHUSHUA, deur SY Gestorte Bloed; Staan in SY Kleed van Geregtigheid. So as julle dit doen sê EK, "Kom met vrymoedigheid voor die Groot God “EK IS” julle GOD YAHUVEH". As julle probeer om in enige ander naam te kom, sal EK JULLE UITGOOI! Julle sal nie gered word van die vloed van MY toorn, die vuur wat sal val, die vloeke, die plae, op enige ander manier nie buiten deur YAHUSHUA nou aan te neem as MESSIAS julle Verlosser julle God voor dit te laat is.

Buddha kan julle nie red nie, hy kon homself nie red nie. Allah, Mohammed, Ghandi, kan julle nie red nie; hulle kon hulself nie red nie, ALMAL HET GESTERF! Almal is in Veroordeling omdat hulle toegelaat het dat ander hulle aanbid. Son Maan kan julle nie red nie; hy kan homself nie red van die komende Oordeel nie. Maitreya kan julle nie red nie! Daar is net een naam wat julle kan red en dit is die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Hetsy julle hom YAHUSHUA of YAHSHUA noem maak NIE saak nie roep net sy Naam aan. Julle wie julself Jode noem luister mooi. Julle kan nie in die Hemel ingaan deur net te bid en te glo in die Naam van YAHUVEH nie, alhoewel dit MY Naam is, is dit YAHUSHUA wie die enigste MESSIAS is.

Die prys wat MY Seun op Golgota betaal het was vir julle Verlossing, beide Jood en Heiden dieselfde. YAHUSHUA was gekruisig en gemartel en het gesterf en weer opgestaan terwille van julle. HY het die losprys vir julle sondes betaal. Beide Jood en Heiden hoor MY; daar is geen ander Verlosser as YAHUSHUA nie. HY is julle Verlosser, die enigste weg ter ontsnapping van MY toorn wat kom. MY Kinders wie EK geskape het wat Joods gebore is hoor MY. Julle wag vir 'n ander Verlosser, maar julle wag tevergeefs. Daar is geen ander buiten MY Seun YAHUSHUA nie. Die een wie julle geleer was om te haat is die enigste Ark van veiligheid. Julle kan MY nie liefhê maar tog MY Geliefde Seun haat nie. YAHUSHUA is die een wie EK aarde toe gestuur het om die losprys vir julle sondes te betaal.

Dit is hoekom Israel en Jerusalem geen vrede ken nie, elke nasie wat YAHUSHUA as MESSIAS weier SAL GEEN VREDE KEN NIE. HOOR MY WEER! KEN YAHUSHUA EN JULLE SAL VREDE KEN! YAHUSHUA bring 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan. YAHUSHUA is die Prins van Vrede. Hoe kan julle vrede hê en die enigste Prins van Vrede verwerp. Soos in die dae van Noag, was die werk moeilik om die ark te bou. Die tyd was lank om die ark te bou en die diere bymekaar te maak. Net soos dit moeilik is vir die profete van ouds en die profete van vandag, dit is nie maklik om MY Woorde voort te spreek nie. Dit verg onverskrokkenheid en julle sal meer aanstoot gee as seën. YAHUSHUA was 'n aanstoot vir baie. So ook MY Profete wat nie woorde spreek vir jeukende ore nie, maar eerder woorde wat oortuig en MY geheime voortspreek, waarsku om te bekeer, maar ook altyd hoop en genade bied.

Die werk van die Profete en apostels is nie maklik of gewild nie. MY Profete raak gefrustreerd om mense sover te kry om te luister wetende dat hierdie woorde nie hulle woorde is nie. Hulle gee hul eie finansies om die profetiese boodskappe te preek aangesien EK altyd 'n oorblyfsel het wat MY stem sal hoor en gehoorsaam. EK sal altyd 'n oorblyfsel hê wat sal begeer om te hoor wat die profete spreek. Maar, hoe bedroef is EK omdat so min gewillig is om te arbei saam met MY Profete aan hul sy, hul laste te deel. Sê MY Woord nie, "Glo 'n Profeet en so sal julle floreer" nie, EK sê nou vir julle, "Beloon 'n Profeet en julle sal dieselfde beloning as hulle in die Koninkryk van die Hemel en op aarde ontvang". Wanneer papiergeld nuttelose papier word en nie langer enige waarde het nie, sal EK onthou of julle MY Profete gehelp het of hulle behoeftig gelaat het.

Onthou die Weduwee van Sarfat, indien julle dit betwyfel. Het EK nie alreeds geweet wie gewillig sou wees om Elia van Ouds se laste te deel nie? Het ek 'n vrou van weelde opgerig om Elia te onderhou? Nee, EK het iemand opgerig wat behoeftig was net soos hy. Hulle was albei honger was hulle nie? Hulle het albei geen fisiese rykdom gehad nie het hulle en tog het EK ‘n klein Weduwee van Sarfat gekies want EK het haar hart geken. Sy was nie selfsugtig nie alhoewel sy besorg was, dit was haar en haar seun se laaste maaltyd en dan sou sy sterf en haar seun. Nogtans het sy die Profeet vertrou en die profeet geglo en daarom was sy nie meer behoeftig nie. Sy het die behoeftes van die Profeet bo haar eie behoeftes gestel. Onthou hoe EK haar kruik met olie vermeerder het en dit nie opgedroog het nie. Onthou hoe EK die meel in haar skottel vermenigvuldig het sodat dit nie leeg was nie.

Onthou hoe EK haar gevra het om haar geloof te gebruik om die laaste te gee van dit wat sy gehad het. Onthou dit MY Kinders, sy moes gaan potte en houers leen by haar bure en toe hulle haar vra wat sy daarin gaan sit moes sy sê dat haar God die leë houers gaan vul. Soos EK vir haar gedoen het so sal EK weer doen. Glo net! Geloof sonder werke is dood. EK sal dit doen vir diegene wat glo dat EK vir hulle sal voorsien net soos EK vir die weduwee van Sarfat gedoen het vir diegene wat MY Profete seën. Julle sal verlang dat EK jul seën wanneer julle papiergeld en kaarte waardeloos is. EK sal nou onthou of julle tiendes en aalmoese gegee het toe EK vir julle gesê het om te deel. Sê MY Woord nie, "Maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar waar diewe nie kan steel en roes nie kan verniel nie". Maak vir julle seëninge bymekaar soos julle jul skatte bymekaar sou maak. Waar julle hart is, waarin julle jul vertroue stel, is julle God.

EK sê dit vir julle; enige een wat vir Noag gehelp het was gespaar. Maar wie het saam met Noag gearbei? Net sy familie! So ook sal dit weer wees. Slegs MY ware kinders sal begeer om die Profete te help om voort te spreek en nie te muilband nie of die voete van die osse vasbind terwyl hulle die ploeg trek nie. Bid vir die Profete veral vir die diensmaagd wat hierdie voortspreek. satan wil MY stem op hierdie aarde stilmaak want die Profete waarsku altyd voordat EK MY toorn stuur of voordat satan aanval. Dit is met MY Profete waarmee EK MY geheime deel. Nooit stuur EK MY toorn en oordeel totdat EK die Profete stuur om te spreek en te waarsku om te BEKEER nie! satan haat veral die profete. Die amp van die profeet is nie maklik nie. Niemand is 'n profeet tensy hulle bekend is met lyding nie. Hulle het gely vir die salwing om te profeteer.

So nou sê EK, "Seën my Profete en EK sal julle seën. Beskerm MY Profete en EK sal julle beskerm. Arbei saam met MY Profete en julle seëninge sal groot wees veral wanneer julle in nood verkeer. Bied aan om MY Profete weg te steek en EK sal julle wegsteek. Deel met MY Profete en EK belowe julle sal nooit honger ly of haweloos wees nie." Die tyd is hier dat dit gevaarlik is om jouself 'n profeet te noem. Dit raak gevaarliker namate YAHUSHUA naderkom vir SY Bruid. EK behoort nie vir julle te sê wat EK gespreek het nie, julle behoort dit reeds te weet. Skaam julle om nie te doen wat julle weet EK in julle Gees gespreek het om te doen nie. Menig maal het EK gesê, "Help hulle", en tog het julle geweier. Hoe kan julle sê dat julle MY liefhet wanneer julle MY nie gehoorsaam nie? Kom in die Ark van MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH in.

Glo EK is 'n God wie diegene beloon wat ywerig na MY soek. As julle glo dat julle die toorn sal verduur wat op die punt is om die aarde te oorspoel, dan sal julle daardie toorn en oordeel verduur. As julle glo is EK 'n God wat diegene beloon wat ywerig na MY soek, ywerig luister vir MY stem en MY wil doen en nie julle wil nie, loop wanneer EK sê loop, hardloop wanneer EK sê hardloop, staan stil wanneer EK sê staan stil, praat wanneer EK sê praat, blystil wanneer EK niks sê nie en doen niks nie totdat julle hoor van die Hemel. 'n Soldaat volg nie net sy eie bevele nie; hy wag vir die bevelvoerder om die bevele te gee. So wag, al lyk dit of MY antwoord talm, dit sal voortkom. Die oorlog in die Hemele woed voort. Die klankgolwe is tot dusver geblokkeer. Hoe sou MY Profete, soos hierdie diensmaagd, kon praat as die klankgolwe nie geblokkeer was nie, hulle sou weg wees. Dit is ter wille van julle dat EK toelaat dat die oorlog in die Hemele woed. Die seëls van die verlostes is verseël net soos satan diegene gemerk het wat syne is.

So ook het EK, julle Vader YAHUVEH, gemerk wie MYNE is. Die Goddelikes sal Heiliger word. Die bose sal onheiliger word. Wee die aarde want dit sidder en beef. Nie alleen trek die hemelruim krampagtig saam namate YAHUSHUA die aarde nader nie maar die aarde sidder in vrees en bewe in vrees want dit ken die boosheid wat gedoen is. Die aardbewings is die aarde wat in angs bewe en hulle sal toeneem in intensiteit en storms sal erger word en die lawa in die berge sal voortstu want die lawa word verhit deur MY woede! Dit kook vurig teen die heidene van hierdie aarde wat MY bevel weier, wie YAHUSHUA se geskenk by Golgota weier en wat alles haat wat Heilig is. Die aarde sal hewiger skud namate die Seun van God nader. Die hemelruim skud weens satan se woede en die oorlog in die Hemele. Die hemelruim het smarte soos 'n vrou wat geboorte gee. Dit sal wees asof die sterre uit die lug val. Die prins en mag van die lug skud die hemelruim, want satan weet.

"YAHUSHUA KOM VIR SY BRUID, YAHUSHUA KOM WEER!" satan moet vinnig sy boosheid doen want hy weet sy tyd is nou baie kort. Hy wil soveel as moontlik siele saam met hom hel toe neem want hy weet dit is die enigste manier hoe hy YAHUSHUA kan seermaak! Want MY Seun het die prys by Golgota betaal sodat satan julle nie saam met hom Hel toe kon neem nie. Amerika, ja, daar kom oorlog na jou kuslyne en land toe. Maar EK het jou tot dusver beskerm. EK het vir Amerika gewag om te BEKEER en tog bedroef hierdie nasie MY net. Vertoorn MY! Die Politieke leiers toon geen skaamte of berou nie en raak net meer verwerplik. Die mense wat vir hierdie skandelike leiers stem toon geen berou of skaamte nie.

In plaas daarvan spreek hulle nie vir heiligheid nie maar stem selfs meer onheilige heidene in die amp in. Amerika julle het gekry waarvoor julle gestem het. Die enkele Godvresendes en regverdiges wat EK in die amp gehad het was openlik beskaam. Naak gestroop en hulle poste gesteel alles omdat hulle dit gewaag het om teen die vals profeet van hierdie land te praat alles omdat hulle opgestaan het vir sedelikheid en heiligheid. Wee die mense wat 'n keuse gehad het om die Goddelikes in te stem en nogtans eerder die heidene gekies het met die geeste van die antichris. EK het MY Mense daarvan gered wat uitgestem was uit hul ampte wat opgestaan het vir geregtigheid om in die Withuis te wees wanneer die ganse hel losbreek in daardie plek en EK MY toorn openlik ten toon stel teenoor die verwerplike politici. Die Hoer, onthou Sodom en Gomorra, dit is in die Withuis. EK sal diegene seën wat gestem het teen die boosheid in Washington D.C. en EK sal diegene vervloek wat gestem het vir die bose onsedelikheid met hul stemme.

EK sal Amerika openlik beskaam voor die ganse wêreld. Julle leiers sal openlik ween vir dit wat EK gaan doen. Maar nie MY Kinders nie julle sal weet wat om te doen wanneer die tyd kom. Die rede hoekom julle nie weet nie dis nog nie tyd nie. EK is nooit te vroeg of te laat nie, EK julle Here God is altyd betyds, julle dink net EK is laat. MY tydsberekening is perfek. Julle kan nie voor MY uitgaan of agter MY aan nie maar moet reg langs MY sy bly. Al MY Kinders diegene wat behoort aan YAHUSHUA verlang na SY wederkoms reg oor die wêreld, hoor MY, die stem van julle Skepper, die groot God “EK IS.” Ek sal, terwille van julle, wonderwerke stuur soos julle nog nooit tot dusver gesien het nie. Want julle sien MY Seun YAHUSHUA julle MESSIAS nader hierdie aarde, soos hierdie diensmaagd [Elisheva Eliyahu] voorheen vir julle gesê het, herhaal EK weer.

Dit is waar dat Gabriël reeds sy basuin geblaas het. Die klankgolwe was geblokkeer deur die oorlog in die Hemele maar Gabriël se basuin sal gehoor word en die klankgolwe geopen. Julle liggame sal verander word in ‘n oomblik, in 'n oogwink. Die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en julle wat oorbly sal opgeneem word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Maar julle sal in julle verheerlikte liggame loop en van MY getuig, waarsku om NIE die Merk van die Dier te aanvaar nie 40 dae lank. Dan sal julle die grootste getuienis van MY Woord wees. Maar vir dié wat onveranderd is hulle sal bedroef wees want hulle sal weet hulle moet deur die Verdrukking gaan.

Dan sal julle saam met MY kom om MY in die lug te ontmoet en saam sal ons mekaar in die lug ontmoet. MY Bruid is nie bestem vir MY toorn nie. satan sal neergewerp word op die aarde in groot woede saam met sy demone uit die lug val. Wee die bewoners van die aarde. MY BRUID SAL JUIG OOR MY VERSKYNING! Die gelowiges wat gespreek het en geglo het dat YAHUSHUA nie SY Bruid voor die Groot Verdrukking sal red nie sal verras wees terwyl YAHUSHUA kom wanneer hulle die Bruidegom die minste verwag om te kom vir SY Bruid! Diegene wat vasberade is dat hulle deur die Groot Verdrukking sal gaan sal aan die slaap wees terwyl MY Seun YAHUSHUA kom en wegglip met SY Bruid in die middernagtelike uur, sterflike liggame verander in onsterflike liggame.

Dan sal hierdie, wat aan die slaap was en so seker was dat hulle reg was, sal sien dat hulle verkeerd was. Hulle sal huil en weeklaag omdat hulle hul weg van ontsnapping gemis het vir die toorn wat gaan kom. Hulle sal moet wag vir hul verheerlikte liggame. Die heidene sal verwoed wees en die Almagtige God vervloek en intense haat sal opvlam teen die gelowiges van YAHUSHUA! Want na die 40 dae van die Verheerlikte Heiliges wat getuig en gewys het wat hulle gemis het sal groot droefheid en intense woede verrys. Bid nou dat julle waardig geag sal word om MY Seun YAHUSHUA se Bruid genoem te word. Bid dat julle waardig geag sal word om die uur van hierdie groot versoeking te ontvlug om die Merk van die Dier te aanvaar.

Roep MY nou aan in YAHUSHUA se Naam. EK is 'n Hemelse Vader wat diegene wat na hierdie woorde luister en dit ontvang en gehoorsaam nie sal verwerp nie. Tot MY Glorie alleen het EK met julle gespreek dus kan julle nie sê YAHUVEH het julle nie gewaarsku nie. Daar is slegs een middelaar, een ARK van veiligheid en dit is die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH! Soos Noag bo die waters van MY toorn was glo net so en julle sal ook bo MY toorn wees toekyk uit die Hemel veilig teen die Groot Verdrukking. Diegene wat daarop aandring om MY te toets en glo dat EK nie MY Bruid voor die Verdrukking sal red nie, glo dat EK niemand waardig sal ag om die uur van oordeel te ontvlug nie, daar is hoop vir julle ook. Glo dat EK julle sal beskerm soos EK LOT beskerm het en GEHOORSAAM MY en julle sal ook die Hemel aanskou.

EK waarsku julle in daardie tyd sal julle meer in geloof wandel en nie deur aanskouing nie as in enige ander tyd in die geskiedenis. Niemand wat louwarm in geloof is sal MY toorn oorleef nie. As julle dit nou moeilik vind om geloof te hê, hoeveel moeiliker sal julle dit vind om te glo dat EK julle sal red en tog sal die meerderheid van geloof sterf en hulle sal gewillig hulle lewens gee as ‘n martelaar, verkies dit om alleenlik in geloof voort te leef. Hulle sal onthoof word vir hierdie geloof en die dood kies bo lyding. Tog sal almal wat die Merk van die Dier in die Verdrukking weier gered word.

* * * * * * *

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, toevertrou met hierdie woord, YAHUSHUA se Kind, Kryger, Bruid Pastoor Elisheva Eliyahu
15/11/98 12:00 NM Sondag