Profesie 3
Pasop Vir Die Sataniese Vestings In Die Kerke!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 17 Januarie 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Dit is wat die sataniste die vestings (plants) noem. 'n Okkultiese gees het in die volle evangeliese kerke verrys as gevolg van hierdie vestings. Maar wanneer julle hulle sien, sal julle hulle herken! Want EK YAHUVEH, gee vir julle, die Ware Kerk van YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) nuwe oë om te sien, nuwe ore om te hoor, 'n dapper mond om te praat en nuwe hande om hulle uit te dryf. Want dit is MY hande, EK het my regterarm ontbloot, die arm van Heiligheid en soos MY Seun die boosheid uit die Huis van YAHUVEH uitgedryf het, so sal dit weer gebeur.

Hierdie jaar sal sommige bose pastore, die vestings, tydens hulle preke sterf. Want hulle preek MY Woord om MY te spot. Maar hulle ken MY nie, die Woord wat vlees geword het. satan ken die Woord, moenie mislei word nie, en vrees hy dit genoeg om sy boosheid te stop? Nee, en ook nie die vestings nie, want hulle het hulle siele verkoop aan satan en hulle sal die vernietiging maai wat hulle gesaai het. Sommige is evangeliste, maar alhoewel hulle sê hulle lei siele na Jesus Christus toe, is dit 'n ander Jesus waarheen hulle hulle lei, na die voete van die antichrist!!!

Die mense begin dan om die leier te aanbid en hierdie is julle teken. Hulle hou op om MY en MY reëls en Woord te soek en soek 'n ander woord van 'n nietige mens. Hulle gee nie om om die een en enigste YAHUVEH Almagtig, te beledig nie, die Groot “EK IS!” Maar is in plaas daarvan bekommerd om die pastoor te beledig wie 'n vesting van satan is, om verwarring, hopeloosheid, opstandigheid, vernietiging, armoede, leuen- en misleidende geeste in te bring om die bietjie geloof wat MY Skape eens gehad het, te steel.

Wanneer hulle onder die krag val terwyl die vesting (plant) vir hulle bid, val hulle nie aan YAHUSHUA se voete neer nie, maar aan die voete van die antichris en hulle verstaan nie eers dat hulle MY gesoek het nie en tog het 'n verstandbeheerde gees hulle 'n ander herder laat vind, die bose herder wat sy skape martel en afslag, wetende dat hulle by die vestings sal aansluit soos wat hulle as 'n offergawe aan satan gebied word. Dit mag vir sommige uitheems voorkom maar dit gebeur in 'Assembly of God' kerke en Pinksterkerke en in al die hoofstroom kerke.

Maar EK gaan bewys dat YAHUSHUA die enigste Goeie Herder is en EK gaan hierdie jaar MY Skape red, deur die wolwe uit MY kerke te jaag en EK sal julle gebruik om dit te doen. Soos EK MY Lewende Water en Nuwe Wyn uitgestort het. satan het die vervalsing uitgestort, die asyn wat EK geweier het, die gees van louheid om 'n vorm van goddelikheid te hê maar geen goddelikheid van binne nie.

EK treur want MY Kinders en MY Uitverkorenes is mislei. EK is 'n GOD vol van genade vir hulle wat MYNE is, maar omdat hulle mislei word deur jeukende ore om te hoor net wat hulle wil hoor, is hulle weggelei om geslag te word. EK rig 'n magtige Gideons-bende op om MY Skape met 'n nuwe salwing terug te vat soos wat sommige van julle alreeds opgemerk het.

Soos wat julle hierdie profesieë lees, sal die gawes wat EK vir julle gegee het mekaar se RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gawes tot 'n hoër graad aansteek. Nou sal diegene wie intellektuele en logiese geeste het, wees soos die Ou Wyn en die Nuwe Wyn wat probeer meng. Hierdie evangelie van YAHUSHUA is so eenvoudig dat selfs 'n baba kan verstaan hoe om gered te word.

Moenie kompliseer wat EK opsetlik eenvoudig gemaak het nie. Die rede is dat EK nooit die hel bestem het vir die mens nie, dit was vir satan en sy gevalle engele geskape. EK het vir julle 'n uitweg gemaak; hy is die ENIGSTE uitweg, die enigste waarheid, lewe en weg na die Hemel en in MY wagtende arms in waar EK verlang het om julle bymekaar te maak soos 'n moederhen haar kuikens vergader.

EK wil nie hê dat enigeen verlore moet gaan of vervloek word nie, waarsku hulle asseblief. Blaas die trompet deur die salwing wat EK vir julle gegee het. Soos 'n moeder of vader hulle kinders waarsku voordat hulle hul pakgee, sê EK in MY oneindige genade en liefde, “Waarsku hulle.” Want wanneer EK MY woede loslaat, sal dit moeilik wees om MY te kalmeer.

As julle hulle waarsku, hoewel hulle vir Moses gespot het, het hy gehoorsaam en hulle gewaarsku. Wanneer die aarde geskud word op alle maniere sal slegs MY Ware Kinders, wie MY stem hoor en MY RUACH ha KODESH ken, en bedek is in MY Seun se gestorte Bloed op Golgota, en roep op die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, YAHUSHUA MESSIAS, in watter taal julle praat. HY ken SY NAAM en die Gees deur wie SY NAAM gespreek word.

Alleenlik diegene sal gered word. Roep die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH aan en jy en jou huisgesin wie die NAAM van YAHUSHUA aanroep, sal gered word. Luister terwyl EK weereens, onverwags MY Woorde deur MY Diensmaagd, MY Profeet, MY Kind, Kryger en Bruid van YAHUSHUA geskryf het!

[Elisheva Eliyahu] het weereens nie geweet EK gaan haar gebruik om hierdie trompetgeskal bekend te maak tesame met ander wat EK rondom die wêreld in verskillende dele van die wêreld geplaas het nie. Hoor die waarskuwende trompetgeskal, EK stuur die trompetgeskal voordat die oorlog begin.

Waarsku hulle, en julle sal julle deel doen. Almal wie hierdie ontvang, het deel daaraan om diegene te waarsku wat ore het om te hoor en luister en ja, vir hulle wie verkies om doof te bly. Ten minste sal hulle nie kan sê hulle was nie gewaarsku nie.

* * * * * * *

Gegee aan Elisheva Eliyahu op 17 Januarie 1997