Profesie 31
Julle Pasga Woon Waar Julle Geloof Woon

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 30 Maart 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * * *

“Nogtans het HY ons krankhede op HOM geneem, en ons smarte - dit het HY gedra; maar ons het HOM gehou vir een wat geplaag, deur Elohiem geslaan en verdruk is. Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op HOM, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Jesaiah 53:4-5

* * * * * * *

EK het dit teen jou Amerika! Jou leier is nie net 'n hoereerder nie, maar 'n oorlog-lustige. Jou strate vloei nie met genoeg perversiteit en genoeg bloedvergieting nie nou moet julle dit na ander nasies toe neem. Die ongeborenes slag julle met minder genade as die diere wat julle dood vir voedsel! Julle toon meer agting en meegevoel teenoor die skepsels as wat julle doen vir die babas wat daagliks uitmekaar geskeur en lewendig verbrand word.

EK het dit teen jou Amerika. Julle was 'n nasie afgesonder deur MY Goddelike Hand om die Here God Almagtig te verheerlik wie se Naam is “EK IS.” Julle wat eens bekend was vir Goddelikheid, is nou niks meer as 'n leë dop nie. Julle giet jul wraak uit op 'n nasie waarop julle geen reg het om jul oordele uit te stort nie. “EK IS” die enigste een wat hierdie reg het want die wraak is MYNE, sê die Here. Hoe kan julle splinters uit hulle oë haal terwyl julle 'n balk het in jul eie oë? Haal eers die balk uit jul eie oë en help dan iemand met 'n splinter.

Hoe kan julle skree diktator terwyl julle jul eie diktators het? Amerika EK het dit uit die Hemel bepaal, as julle nie op jul knieë val en julle sondes erken, soos EK die waarskuwing vantevore deur hierdie diensmaagd uitgeroep het nie, sal EK dit weer deur haar spreek sowel as ander profete. "Amerika BEKEER want julle sal nooit weer nog 'n oorlog wen nie!" Julle sal maai wat julle saai. Die maat van verwoesting wat julle nou uitgiet en die maat van dood wat julle uitgiet sal julle uit MY beker van toorn drink totdat daar niks meer oor is nie. Amerika, julle was eens 'n nasie wat vertrou en gerespekteer was maar nou is julle 'n bespotting van alles wat Heilig is. Julle mense het eens op ‘n tyd gestaan vir sedelikheid en julle leiers ook, maar nou word julle mense en julle leiers regoor die wêreld geken vir onsedelikheid en onbetroubaarheid. Julle verdedig die onreg en dit wat reg is wil julle stilmaak.

Julle bombardeer 'n land wat ten minste 'n God aanbid. Selfs 'n heidense God is beter as niks. Want selfs 'n heiden nasie erken hulle is nie oppermagtig nie. Amerika EK het dit teen julle. Julle dien geen God nie! Julle buig jul knie voor geen God nie, alhoewel julle geld eenheid sê: "In God We Trust, vertrou jy op geen God nie. Julle Amerika, het 'n vorm van Goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Amerika jy sal maai wat jy saai.

Julle wat sendelinge stuur na ander lande en EK seën daardie sendelinge met MY salwing en heidense lande leer YAHUSHUA ken as Heer en Verlosser. Tog bespot julle eie land dieselfde boodskap. Nie almal doen dit nie want EK het 'n volk. EK het 'n oorblyfsel wat nie beweeg sal word nie. Hulle sal nie hulle knie buig voor satan en die doktrines van die antichris nie maar ag so min. O EK ween, so baie dwaal af. Menigtes wat luister na vreemde vuur leringe, vreemde vuur demonstreer in hul kerke en selfs vreemde vuur gebede bid. Kom uit tussen hulle. Luister na die stem van MY RUACH ha KODESH julle ken die stem van julle Goeie Herder. Toets elke aksie met die woord van YAHUVEH. Toets die Gees wat praat. In hierdie tyd en seisoen lyk die vals profete so goed. Hulle spreek woorde wat sê alles is wel en vorentoe is daar net seëninge.

Ja want MY Kinders sal EK beskerm. Maar onthou vir Moses en leer die les van die kinders van Israel. Die plae het nie naby diegene gekom wat hul vertroue gestel het in MY, die God van Abraham, Isak en Jakob nie. Maar hulle het die plae gesien wat oor die ander gekom het. EK stuur MY Geliefde SEUN YAHUSHUA, julle MESSIAS om te kom en om MY Bruid weg te voer. Het EK nie vir julle tekens in die Heilige Skrifte gegee waarvoor om te wag en te kyk nie? Het julle nie hierdie dinge sien gebeur nie? Het EK nie gesê waarlik, hierdie geslag wat hierdie dinge sien gebeur sal sekerlik nie verbygaan sonder dat julle die SEUN VAN GOD, YAHUSHUA se wederkoms sien nie. Hoekom betwyfel julle MY? Hoekom glo dan net 50 persent van julle wat beweer dat julle MY liefhet en dien dat EK MY Geliefde SEUN YAHUSHUA stuur om diegene te red wat nie bestem is vir MY toorn wat gaan kom nie? Vir die van julle wat weier om julle geloof te gebruik om te glo in hierdie Salige Hoop EK het nuus vir julle HY kom nie vir julle nie.

Net soos julle nie gered kan word sonder geloof daarin om te glo dat dit die waarheid is nie, net so, sal julle ook nie waardig geag word om YAHUSHUA se Bruid te wees as julle nie geloof het nie. As julle leef asof MY SEUN YAHUSHUA nie kom nie, jare vooruit beplan alleenlik geïnteresseerd in wêreldse dinge en besittings dan het EK nuus vir julle. Julle is nie ingesluit in die Bruidegom se lys wie verseël is om SY Bruid te wees nie. Nie almal is geskik om 'n Bruid van YAHUSHUA genoem te word nie. Sommige is slegs geskik om die Gaste te wees. Dit beteken nie dat jy op een of ander tyd nie gered sal word nie. Dit beteken totdat julle gewandel het in 'n wêreld wat geskik is net vir MY toorn sal julle sien wat julle gemis het, sal julle op 'n nuwe manier met 'n nuwe geloof dan na MY toe draai.

Dan is daar ander wat waardig is om MY Bruid te wees (ek glo hierdie spreek tot die 7de Dag Adventiste geloof) en tog het satan julle mislei om julle te laat dink julle doen MY 'n guns om agter te bly in die Groot Verdrukking om te bly om die mense te bedien. Julle geloof is julle wat sê "Ek sal hier bly en die groot bruilofsdag misloop sodat ek ‘n hulp vir ander kan wees!" Waar julle geloof is daar sal julle bly. Dink julle nie dat EK ander kan oprig wat hierdie tugtiging nodig het om hulle gereed te kry vir die Hemel nie? Dink julle regtig EK het nodig om MY Geliefde Bruid agter te laat wie EK in MY Heilige Skrifte gesê het bid dat julle waardig geag sal word om die toorn te ontvlug wat gaan kom. Nogtans sê julle julle is waardig en is trots daarop om agter gelaat te word. Wees gewaarsku waar julle geloof is so sal julle bly. Sommige sal wandel in die tye van Groot Verdrukking omdat hulle dit so verkies het. Nie MY keuse nie maar hulle s'n. EK sal doen wat hulle glo en sal hulle beskerm soos hulle geloof MY toelaat om dit te doen. Soveel lyding sou onnodig gewees het as hulle nou net bekeer daarvan om so te praat en te dink.

Onverdun en in volle maat sal hierdie wêreld maai wat dit gesaai het. EK het die bose Farao gewaarsku en EK waarsku MY vyande weer. BEKEER! Draai weg van Boosheid. EK het Ninive gewaarsku en hulle was gespaar maar teen die einde het hulle weer teruggedraai na boosheid en EK moes vernietig wat EK vooruit beskik het om te vernietig. Want EK ken die harte van die verworpeling. Diegene soos die Bose Farao wat praat asof hulle jammer is en hulle bose wee sal stopsit net om in die boosheid saam te voeg in die volgende asem deur vir MY en MY Mense te lieg. In die verworpeling daar’s geen waarheid in hulle nie. Ongeag wat EK aan hulle doen hulle sal MY nie dien of MY aanbid nie.

EK het 'n boodskap vir MY geliefde wederstrewige dogter Israel. Geliefde Israel jy is nie veronderstel om te gee wat EK nie vir julle gegee het om te gee nie. Julle het heeltemal te veel weggegee EK het julle 'n land van melk en heuning belowe. EK, die God van Abraham, Isak en Jakob het belowe om julle land te seën met skoonheid en voorspoed, het EK dit nie gedoen nie? Nogtans is die leiers van hierdie land soos swak vroue wat vreesbevange ineenkrimp in 'n hoek teen die hande van 'n mishandelende maat. Israel glo die leuens van 'n boelie. Israel bid tot die God “EK IS” en vra vir bevryding maar wys deur hulle handelinge dat hulle nie glo “EK IS” kan en sal 'n land beskerm waar MY SEUN YAHUSHUA eendag baie spoedig SY voete op die Olyfberg sal sit nie. Israel weier om te glo die God van Abraham, Isak en Jakob het reeds MY liefde vir hulle bewys deur vir hulle hul MESSIAS te stuur hulle VERLOSSER, YAHUSHUA is SY Naam!

MY Geliefde Joodse Mense, EK het MY SEUN gestuur as een van jul eie, HY is nie 'n Verlosser alleenlik vir die Heidene nie maar ook vir julle geliefdes. MY begeerte is beide Jood en Heiden word soos een in YAHUSHUA. Hoekom wag julle vir 'n ander Verlosser? Terwyl EK MY beste vir julle gegee het. satan wil julle verlei met sy beste. EK stuur MY Profete en EK stuur hulle weer om vir jou te vertel o pragtige en wederstrewige dogter van MY, luister na julle eie skrifte. Kyk met nuwe oë van onderskeiding na julle eie Feeste en feesvieringe. Moenie net helfte van MY liefhê nie wees lief vir MY as geheel.

Julle wat sê julle behoort aan die God van Abraham, Isak en Jakob en EK het 'n oorblyfsel wat dit doen, net soos in ander dele van die wêreld, maar julle moet alles van MY aanvaar.
Want YAHUSHUA is MY Geliefde SEUN wat doodgemaak was as 'n perfekte vleklose offerlam vir almal wat die Reddende Bloed by Golgota sal aanvaar vir die kwytskelding van sondes. SY Bloed het die grond op Golgota deurdrenk maar terwyl dit in die grond ingevloei het het dit ook Jerusalem met genade bedek. “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie, is vir julle ook.” EK het meer geduld met jou gehad geliefde wederstrewige kind wat MY wil behaag en nogtans MY Geskenk op Golgota van die hand wys. Die enigste weg na die Hemel is deur YAHUSHUA; daar is geen ander naam wat kan red nie behalwe SYNE.

EK wou julle jaloers maak en het hierdie insig vir die Heidene gegee, diegene wat nie eens na 'n MESSIAS soek nie. Nou kom EK terug na julle toe deur hierdie profeet en ander wat EK stuur en EK sê moenie vir YAHUSHUA weggooi nie. HY is nie net 'n MESSIAS vir die Heidene nie maar HY was eerste gestuur na die Joodse mense vir wie EK liefhet met 'n liefde wat julle nie eens kan begin verstaan nie. Was YAHUSHUA nie, gebore uit die lendene van 'n Joodse diensmaagd nie? Jy Israel moenie die reuse in die land vrees nie. Hoekom vergeet julle dat EK belowe het om diegene te beskerm wat afgesonder en verlos is?

Jy Israel moenie meer enige grond weggee wat EK nie vir julle gegee het om weg te gee nie. EK het hierdie vir julle gegee deur julle voorvaders. Hierdie land kan nie gevat word nie maar julle kan en was geboelie om te dink dat die reuse die land sal besit en hulle kan nie vat wat julle nie vir hulle gee nie. MY Mense roep uit vir 'n “Pasga van die bose Farao weereens.” MY Mense, “EK IS” beveel die RUACH ha KODESH om diegene te kry wat glo “EK IS” 'n God wat nie verander nie en dieselfde bly en almal sal beskerm wat sê dit wat MYNE is, is joune wat joune is, is MYNE. Moet net nie voor 'n ander god neerbuig nie, Israel! Israel, moenie buig voor die heiden mans wat nie 'n god is nie maar net stof is wat onder julle voete vertrap moet word.

Moenie luister na die strelende woorde van die vyande wat sê gee vir ons 'n bietjie meer grond, dan sal ons weggaan en julle in vrede laat nie. EK het MY Kinders in die Heilige Skrifte beveel om te bid vir die Vrede van Jerusalem. Vandag, deur hierdie profeet, spreek EK weereens hierdie woorde. Moenie diegene vertrou wat soos reuse 'n klein kindjie kom intimideer nie. Julle is nie 'n klein kindjie nie, Israel. EK het MY salwing op julle land uitgestort. Gebruik dit tot Eer van “EK IS.” Julle traan bevlekte Tempelmuur is altyd voor MY. Julle uitroepe weerklink in MY ore. O EK verlang om MY arms om julle te vou en julle te troos en EK sal. Maar moenie langer wegdraai van MY Geskenk wat EK op Golgota vir julle gegee het nie, SY Naam is YAHUSHUA. HY alleen is julle Verlossing.

Moenie net die gebede opsê wat julle spreek nie Israel, maar glo die gebede wat julle opsê. Moenie net Pasga vier nie glo dit is julle Pasga “Passover”. Dit geld vir al MY geliefde Kinders wat MY wil behaag, wat MY gehoorsaam, wat MY dien, MY aanbid, MY die groot God “EK IS” en YAHUSHUA eerste stel bo alle dinge. EK stuur hierdie boodskap uit en het dit alreeds gespreek tot menigtes deur MY RUACH ha KODESH. As julle 'n Pasga verlossing verlang uit die hande van die vyande, dan moet julle fees vier en glo en mekaar bemoedig. Dit is julle Pasga en julle sal waardig geag word om die toorn van “EK IS” te ontvlug wat gaan kom. Die plae sal “Passover” bo-oor julle verbygaan en julle nie raak nie, al die plae, soos in die tyd van Moses so sal dit weer wees maar julle sal 'n weg van ontvlugting hê. Julle sal weereens 'n Pasga hê. Die Bloed van YAHUSHUA is julle Pasga. As julle hierdie lees word julle aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet. Wat sal julle daarmee doen?

Die Pasga is julle belofte! Die God van Abraham, Isak en Jakob, die groot God “EK IS” sal julle weereens verlos op maniere wat julle nie dink nie as julle net kan glo. Waar julle geloof is dit is waar julle Pasga is. Diegene wat in Amerika woon en EK het die toorn wat kom geprofeteer, hierdie is waar maar diegene wat glo “EK IS” die Pasga en soos Moses, sal EK ‘n weg van ontvlugting vir julle voorsien, julle sal nie beskaamd wees omdat julle geglo het nie. EK sal bewys die groot God “EK IS” kan en sal nie vir julle lieg nie. Waar julle geloof is daar sal julle Pasga wees.

MY geliefde moenie dink dat EK sê geeneen van julle sal ly nie, want in hierdie wêreld is daar pyn en lyding maar EK het 'n weg van ontvlugting gestuur. EK stuur MY SEUN soos EK belowe het. Maar dit beteken nie sit nou agteroor en doen niks nie. Nou is die tyd dat julle die eindtyd-oes moet insamel terwyl daar nog tyd is. Gebruik julle papier en plastiek as saad om aan MY Eer te bring. Ondersteun met julle gebede en aalmoese, bedienings waarvoor EK julle laat intree en mee saamwerk. Nie sodat hierdie bedienings rykdom op aarde kan opgaar nie, vir hierdie bedienings wat dit doen, sal EK persoonlik toesien dat alles wat hulle doen stoppels word net vir vernietiging.

Eet die brood van smarte wat matzoh genoem word. Eet dit nie net omdat dit 'n simbool is van wat die Israeliete geëet het toe hulle gevlug het voordat die brood kon rys nie. EK wil ook hê julle moet deelneem aan die dae van ongesuurde brood en die brood van smarte eet as ‘n herinnering aan YAHUSHUA en hoe HY die prys betaal het as die brood van smarte. HY was geteister ter wille van julle. Die brood is hard want die prys wat HY vir julle betaal het het nie maklik gekom nie. Neem deel aan die HERE se Laaste Avondmaal soos YAHUSHUA gedoen het. Doen dit in herinnering aan die Bloed wat YAHUSHUA gestort het sodat julle gered kon word en die Brood wat in die Bloed gedoop was, want YAHUSHUA is die Brood van Lewe en SY Liggaam was geoffer sodat julle gemeenskap kon hê met “EK IS” en die kwytskelding van sonde sodat julle 'n weg van ontvlugting kon hê van die vlamme van die hel. satan het geen aanspraak op hulle wat waarlik MYNE is nie.

Elke keer wanneer julle bid onthou nou is die tyd om te bid dat julle waardig geag sal word om die oordeel te ontvlug wat gaan kom op die aarde. Die toorn van “EK IS” is nie net 'n humeur-uitbarsting nie, dit het opgebou en dit is ‘n vreeslike ding om in die hande van 'n Lewende God te val. Maar MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes hoef nie te vrees nie. EK sal julle net oorlaai met MY seëninge en nie MY toorn nie. Ween oor dit wat Amerika en haar bondgenote nou doen. Ween want selfs die heidene aanbid 'n god. Ween want sommige is julle broers en susters in YAHUSHUA, op wie die bomme val. Hierdie bloed wat vergiet word en wraak wat afgemeet word en “EK IS” kyk toe en dit word tot dusver toegelaat want diegene wat daaraan deelneem, is net besig om verwoesting op te hoop oor hul eie lande en oor hulself. Moenie deelneem aan hierdie oorlog nie moenie die propaganda wat uitgespreek word glo nie, die verskonings wat gemaak word nie. Die regerings het hul eie motiverings en om die Groot God “EK IS” te behaag is nie een van hulle nie. Om die vertraptes te red is nie een van die redes nie. Om op te tree in arrogansie en hoogmoed is een van die redes. Bid dat julle leiers sal bekeer van hierdie boosheid voor dit te laat is.

Protesteer, spreek uit teen hierdie oorlog. Amerika, julle het dit oor julself gebring deur julle hoogmoed en julle dominerende gees. Julle het dit wat gaan kom gebring oor 'n nasie wat EK persoonlik met MY hand beskerm het tot nou toe. Oorlog het nie na julle kuslyne toe gekom nie maar sal. Ter wille van MY geliefdes sal EK die hand van die laksman vir nog 'n kort rukkie [af]wend maar o so 'n kort rukkie. Julle stuur oorlog na ander nasies toe. Julle sal oorlog smaak in julle nasie vir optrede in arrogansie. Julle praat teen 'n ander nasie en tog hoor julle nie die ego van dit wat julle sê terugkeer na jul eie ore nie. Want dit is die woorde waarvan julle ander beskuldig wat julle leiers hulself doen in die geheim. Elke Amerikaner behoort te sidder oor dit wat gedoen word. Julle leiers beide polities en geestelik beter bekeer en wegdraai van dit wat hulle doen. As MY Volk wat hulself volgens MY Naam benoem hulself verootmoedig en op hul knieë val en bekeer, sal EK hulle land genees! EK sal hulle vergewe. O maar hulle is hardnekkig en eiesinnig, sê hulle sondig nie en tog sien die hele wêreld die sonde behalwe die Amerikaanse politici en diegene wat die booswigte navolg wat hierdie dinge doen.

As Amerika nie bekeer nie sal “EK IS” hulle land vernietig, sal EK 'n bespotting maak van die land wat eens bekend was as die vrye en die onverskrokke. Vir al MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes wat hierdie lees, draai nie teen Jerusalem nie. Draai nie teen Israel nie. Bid vir die vrede van Jerusalem sodat EK julle kan seën. Bid vir die nasies teen wie die hand van oorlog gestuur was deur NATO. Bid MY Volk en rou oor dit wat gedoen word. Weereens word MY Heilige Dae besoedel deur die heidene. EK is nie 'n God wat gespot moet word nie. Al diegene wat 'n PASGA verlang vir MY toorn gee EK dan hierdie bevel wat nog nooit verander het nie, onderhou en bid vir julle PASGA om te kom. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH en bid dat julle waardig geag sal word om MY toorn en verdrukking te ontvlug wat gaan kom. Berei 'n vlugsak ingeval julle dit benodig voor julle MESSIAS kom vir jullle. Daar is diegene wat hier lees wat deur die vuur van MY toorn en verdrukking sal loop. Sommige sal dit doen en EK sal hulle beskut op 'n manier wat julle nie dink nie.

Ander sal hier lees en die diensmaagd spot wat hierdie boodskap bring. Pasop, hierdie is nie haar woorde wat julle bespot nie so pasop weereens. Hierdie woorde wat julle nou bespot sal terugkeer en by julle spook want julle bespot die Groot God “EK IS” nie [Elisheva Eliyahu] se woorde nie. As hulle net haar woorde was sou hulle net asem dampe gewees het, maar wanneer dit MY Woorde is wat gespreek word is dit woorde van lewende krag en EK sal doen wat EK spreek. EK stuur MY Profete en apostels uit om te profeteer voordat EK die Verdoeming of seëninge stuur. Die van julle wat spot sal MY toorn smaak wat gaan kom. Sy was beveel om MY Woorde te spreek ongeag of dit strelend op julle ore is of nie. Sy sal aanspreeklik gehou word indien sy terughou en skik as gevolg van vrees vir wat julle of ander in outoriteit sal sê. Al MY Profete wat die Groot God “EK IS” hoor enige van julle wat geskik het en net woorde wou spreek strelend vir ore en tog baie droefheid sal bring wanneer dit wat julle spreek nie gebeur nie. Julle is bekommerd oor wat jul Profeteklub te sê het en nie wat die Groot God “EK IS” spreek nie. Julle vergelyk notas en onderskei deur jul wysheid en openbaring, nie MY wysheid en openbaring nie.

Pasop diegene wat hulself MY Profete noem en nooit die woord BEKEER spreek en wegdraai van sonde nie. Pasop diegene wat net praat van onheil wat kom en tog nie vir MY Kinders hoop gee nie! “EK IS” is nie in hierdie profesieë nie. Daar is altyd 'n weg van ontvlugting vir MY geliefde Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes. EK sal 'n weg voorsien wanneer dit lyk of daar niks is nie. Net omdat julle dit nie nou weet nie, dit is soos 'n mens met 'n reiskaartjie, hulle het nie die kaartjie nodig nie totdat dit tyd is om te vertrek. Julle het nie nou die wysheid nodig nie want as EK nou vir MY Profete sou vertel van MY maniere van ontvlugting dan geliefdes, sal die vyand ook weet. EK het MY 'Verborgenes' dit is al wat julle nou nodig het om te weet. Nie almal sal aangesê word om te Vlug nie. As julle MY dit nie hoor spreek en bevestig en dit in jul Gees getuig nie, dan sal EK julle beskerm waar julle is. As EK nie nou vir julle sê waarheen om te vlug nie, dan sal EK vir julle sê wanneer dit tyd is om te gaan.

Soos in die tyd van Lot en Moses so sal dit weer wees, “EK IS” sal vir julle jul Pasga stuur. YAHUSHUA is julle Pasga. Moenie dat sononder verbygaan sonder om te bid vir julle Ware Pasga, YAHUSHUA, om te kom nie. Onderhou hierdie dag nie in wettisme nie maar doen wat julle kan. Leer en bewys julself as beproef om te weet wat om te doen op hierdie dag. Is dit werklik te veel gevra van julle om vir 8 dae nie Suurdeeg te eet nie? Om die Brood van Smarte te eet om julle te herinner aan die een wat die prys betaal het as die Brood van Smarte om aan julle jul Pasga te bring.

EK het bestem dat die Israeliete nie sou tyd hê vir die brood om te rys nie. EK het dit bestem want hulle het dit nie geweet nie maar dit was geen ongeluk dat EK toegelaat het dat hulle gevlug het sodat dit sou gebeur nie. Want weer het die Jode deelgehad en was die Brood van Smarte eerste aangebied wat Matzoh Brood genoem word, en nou gee EK die kennis hulle was dit gegee selfs destyds, want dit was YAHUSHUA wat sou kom, gegee as 'n herinnering. YAHUSHUA is beide Jood en Heiden se Pasga. Daar was en is geen ander perfekte Offerlam wat geslag kan word vir die kwytskelding van sondes nie, hulle wegwas asof hulle nooit eers een was nie. SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH, SY Naam is VERLOSSING! HY alleen is julle Pasga. Vier dit en leer die ware betekenis van die Pasga wat was en die Pasga wat gaan kom.

Eer die Sabbat Dae, so ook die Hoog Heilige Dae, 1 April, 2 April. Eer al die Sabbat Dae wat op Vrydag sononder tot Saterdag sononder is...nie Sondag nie terwyl so baie MY op ‘n Sondag gedenk en lewe soos die duiwel op Vrydag- en Saterdagaande deelneem aan die wêreldsheid op die dae wat afgesonder is vir ons Sabbat. Bid vir die Pasga van die toorn wat gaan kom oor hierdie wêreld. Bid dat julle waardig geag sal word en dat hierdie skale en basuine van MY toorn by julle verby sal gaan en julle waardig geag sal word om te ontvlug. Want “EK IS” is 'n God wat nie kan of sal lieg nie, EK profeteer wat gaan gebeur deur MY Profete sodat niemand kan sê “EK IS” het nie die mense gewaarsku nie.

Wanneer julle Oorgaan “Passover” na die anderkant toe sal dit Hemel wees of hel en vervloekings? Wanneer julle Pasga kom, sal julle Wegraping ervaar of Groot Verdrukking soos hierdie wêreld nog nooit geken het of nooit weer sal ken nie. Wat sal julle doen met hierdie profetiese boodskap van “EK IS”? Sal julle dit laat Verbygaan en dit vergeet dit afmaak as dwaasheid of gekskeerdery? Of sal julle voorberei vir julle Pasga wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is? Bid vandag vir almal wat dit lees en nie weet hoe om gereed te wees sonder vlek of kreukel nie. Skryf aan hierdie Pastoor. Sy sal julle aan die ware Pasga Lam voorstel wat geslag was en weer opgestaan het uit die dood op die 3de dag. Wat SY lewe gewillig neergelê het vir jou sodat jy gered kon word deur al jou sondes weggewas te hê met die perfekte Bloed van die ware Pasga perfekte sondelose lam van God, Seun van “EK IS” wie se Naam YAHUSHUA ha MASHIACH is HY alleen is julle MESSIAS vir diegene wat “EK IS” se Pasga geskenk op Golgota aanvaar het.

Vir hulle wat “EK IS” liefhet, dien, hard probeer om “EK IS” se gebooie te gehoorsaam, wetende indien julle misluk het julle 'n PasgaLam wie se Bloed by Golgota gestort was vir julle sondes, tog weet julle ook dat julle MY nie kan toets en opsetlik sondig omdat julle dink jul kan nie. “EK IS” word nie bespot nie en elke persoon moet sy eie heil uitwerk met vrees en bewing want net “EK IS” ken jou ware hart en motiewe en intensies. Nou het EK gepraat Wat gaan julle doen met jul Pasga? Vir baie van julle wat hier lees sal daar geen kanse meer wees om die Pasga te vier nie. Dit is tyd vir jou om te besluit, dit is jou keuse. Pasop EK weet reeds wat julle gekies het. Sal julle MY eer op hierdie Pasga?

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 30 Maart 1999 4:26 vm, deur MY Diensmaagd [Elisheva Eliyahu], onder MY salwing van die RUACH ha KODESH wat alle bande en jukke sal breek.

* * * * * * * *

Persoonlike boodskap van Eerw. Elisheva Eliyahu. Voel asseblief vry om te bemoedig en vir mekaar aan te stuur om te onderrig en te bemoedig, ook om te waarsku. Ek het hierdie boodskap gespreek en geskryf wat soos 'n vuur in my beendere opgesluit was wagtend vir die tyd en seisoen. Hierdie Pasga soek ek verlossing van die Bose Farao's wat probeer het om my en hierdie bediening te vernietig en ook vir die geliefde gemeente. Ek verwag om verlos te word van al die onheilige jukke en bande.

EK vier vir die eerste keer Pasga soos wat baie van julle deur die RUACH ha KODESH gelei is. Hierdie jaar van 1999 is die onsekerste jaar wat ons tot dusver in die gesig gestaar het. Maar deur die dae van ongesuurde brood en die Pasga te gedenk kan ons verseker weet ons het ons God YAHUVEH en YAHUSHUA se aandag. Ek wil hê die bose moet verbygaan en nie myself of my geliefdes, bediening of hulle wat deel is van hierdie gemeente, aanraak nie. Skryf asseblief en laat weet ons waarvan julle verlossing soek gedurende hierdie Pasga. As julle dit goedkeur sal ons julle behoeftes voor ander plaas sodat hulle ook kan bid. Ons almal benodig verlossing van iets of iemand.

Vir hierdie bediening sien ek ook uit na 'n Pasga vir vryheid van die bande van skuld. Ons werk nou agter die skerms om nog 'n blad op te rig en aan die gang te kry vanaf ISP in Israel. Hierdie is 'n groot stap in geloof en die duurste onderneming ooit. EK het 'n mandaat om dit te doen want as die ‘magte wat is’ my wil stilmaak in een gebied in die wêreld sal ons aanhou spreek vanuit ander gebiede van die wêreld. “EK IS” het vir my die mandaat gegee om dit te doen alhoewel die mensdom dit as dwaasheid mag beskou gehoorsaam ek God en nie mense nie. Indien iemand deur die RUACH ha KODESH gelei voel om my met hierdie stap in geloof behulpsaam te wees e-pos of skryf vir my. Ons het nou persele in Kanada, VSA en binnekort in Israel. Nog een daarna, indien die Here vertoef om te kom, sal in Afrika wees. Voel asseblief vry om te kopieer en te versprei aan hulle wie nodig het om die waarheid te hoor wat hulle sal vrymaak. Al wat ek vra is om geen gedeeltes uit te haal of te verander nie, om die volle boodskap in geheel te lewer selfs die laaste deel wat ek skryf. Ek gee niemand toestemming om hierdie Heilige Boodskap te plaas indien dit bedoel is om my of hierdie boodskap te bespot nie.

Ek is verootmoedig om weereens gebruik te word om die Almagtige GOD se boodskappe uit die Hemel af te lewer. Om 'n profeet te wees is beide 'n beloning en tog kan dit soms voel soos 'n vloek want ons almal vrees wat as ons GOD nie korrek hoor nie? Het ek alles gespreek wat GOD wou sê? Ek vra nou om vergifnis as ek ooit die doel mis ek doen die beste wat ek kan om te hoor wat YAHUVEH met die RUACH ha KODESH in my spreek. Ek moet die boodskappe aflewer en nie toegee deur toe te laat dat die gees van vrees inkom nie.

'n Werktuig van Klei maar magtige Vegter in YAHUSHUA, Apostel Elisheva Eliyahu