Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
(Profesie 105)
*******
Soos in die tye van ouds, gaan EK weereens vernietig soos EK gedoen het met die
mure van Jerigo. Nasies en ekonomieë sal tuimel. Dit het alreeds begin. Nasies
en volke wat sê dat EK nie sal doen wat EK sê nie sal MY woede voel op maniere
wat hulle nog nooit vantevore ervaar het nie. Want EK word bespot selfs op die
gesigte van diegene wat hulself afgesonderdes noem vir MY en tog wend hulle
hulself na goue afgode en verklaar dat EK voortspreek en manifesteer deur
hierdie goue afgode. Mensgemaakte en demoon-gemaakte afgode. Die huise van
aanbidding het MY eens op 'n tyd aanbid en nou alhoewel hulle MY Naam aanroep en
liedere van lofsange tot MY sing en in MY Naam bid, waar die manifestasies van
goud in monde en op liggame verskyn is EK nie daar te vinde nie. Die siele wat
hulle dink hulle na MY toe lei word in werklikheid gelei na 'n ander een toe.
Hulle sal sien wat gebeur terwyl hulle hierdie wierook gebede offer wat 'n
aanstoot vir MY neusgate is terwyl hulle hierdie vreemde vuur vir MY offer. EK
het deur hierdie profetiese diensmaagd gewaarsku soos EK gesê het vir Elia van
Ouds [Eliyahu] om te spreek en die profete van Baäl te konfronteer so gebruik EK
nou MY ‘Elia van Nuuts’ [Eliyahu] om dieselfde te doen.
Leser neem kennis as dit nog nie na julle kerke gekom het om julle te versoek
nie sal dit want satan wil diegene afsonder en MERK wat aan hom behoort sonder
dat hulle weet hulle is alreeds besig om GEMERK te word! Nie die MERK wat na
enige verlossing lei nie, maar dit is die begin van die misleiding wat sal lei
na die MERK van die DIER! Die Merk van die Dier sal net so geredelik aanvaar
word soos hierdie goue MERK nou aanvaar word. (Goue stopsels in tande of goue
tande of goudstof). Wanneer die Merk van die Dier kom sal mense dink dit is 'n
seën, wanneer hulle inderwaarheid hulle eie siele verdoem tot ewige vuur en
swael. Omdat MY Elia van Nuuts [Eliyahu] MY Woorde voortspreek word sy vermy en
beswadder deur ander wat net MY seëninge wat stig wil hoor en nie wil hoor wat
MY vloeke is vir diegene wat weier om te luister na die woorde wat EK spreek nie.
Omdat die meerderheid weier om te luister en ander te waarsku sal EK satan
toelaat om te MERK en diegene te mislei wat syne is deur hulle monde te vul met
goud uit die hel, en hulle toelaat om ‘n leuen te glo omdat hulle geweier het om
te ondersoek en hulself as beproef te bewys. Hulle het die waarheid geweier
daarom laat EK toe dat hulle 'n groot misleiding glo want hulle haat die
boodskappers wat na hulle gestuur word om te waarsku en hulle beswadder hulle op
alle maniere, spreek vloeke oor hulle uit daarom sal EK satan toelaat om monde
te vul waar waarheid vermy was met die wellus van hierdie wêreldgoud! Hulle sal
eendag na MY toe kom en EK sal vir hulle sê terwyl hulle sê "Here, Here" en EK
sal sê "Gaan weg van MY jou werker van onheil, EK het jou nooit geken nie!"
Vlug van hierdie manifestasie van goud wat gevind word in die kerke in baie
lande. Hierdie is net die begin van die misleidings wat kom vir diegene wat sê
dat hulle MYNE is en tog nie is nie. Leiers wat sê dat hulle MYNE is en onwetend
beset was deur demone en demoniese manifestasies voortbring en dink dat hulle MY
volg en tog volg hulle die god van wellus van hierdie wêreld sy naam is satan.
Diegene wat voortgaan om deel te neem aan dit waarteen EK gewaarsku het, wat
aanhou om beswadderings te maak en haat te openbaar teenoor diegene wat net MY
waarskuwings voortspreek sal MY toorn voel op maniere wat hulle nooit van
gedroom het nie. Diegene wat EK eenmaal MY vriend genoem het noem EK nou my
vyande. Goudstof het hulle oë verblind. EK waarsku julle nou vooruit, “Terwyl
julle jul hande lig teen die Profete wat waarsku, sal EK MY hand lig en julle
wegklap van MY Ware Boodskappers af wat MY boodskappe bring en nie hul eie nie!”
Wat het MY ware Profete om te baat deur woorde te spreek waarna die meerderheid
weier om te luister? Hulle word vir seker nie finansieel vergoed selfs deur
diegene wat hulle as Profete beskou nie want hoe min sal hulle help wanneer die
tyd nodig is. Maar hierdie vertroude boodskappers van MY het die vertroue van
hul Skepper verwerf. Die klein klompie wat hierdie Profeet wat hier praat geseën
het sal EK aanhou beskerm en dit wat MYNE is is joune en dit wat joune is is
MYNE. EK beskerm en seën almal wat seën en bid vir seëninge op diegene wat MY
boodskappe verkondig soos hierdie profeet nou besig is om te doen. EK sal MY
geheime met hulle deel en hulle waarsku voordat die vyand kan toeslaan, sodat
hulle kan padgee en ander waarsku om dieselfde te doen. Heilige Skrifte word
buite konteks gespreek deur vals profete en leiers. LEES MY WOORD!
Het EK nie ‘n man beveel nie wat alles gedoen het wat hy kon om MY te behaag en
te gehoorsaam nogtans toe hy gekom het en gesê het, "Wat moet ek doen om U
dissipel te wees?" Onthou julle nie YAHUSHUA het vir hom gesê, "Verkoop alles
wat jy het en volg MY"? EK het dit gesê omdat EK geweet het dat hy 'n baie ryk
man was en sy oë op sy rykdom gevestig was en alhoewel hy MY liefgehad het en MY
wette gehoorsaam het het hy 'n ander God voor MY gestel en dit was sy rykdom. Sê
MY Woord nie dat die man omgedraai het en weggeloop het want dit wat EK hom
gevra het om te doen het hy geweier om te doen nie. Hierdie man kon MY dissipel
gewees het maar het die rykdom van die wellus van hierdie goud gekies om hom te
verlei en het hierdie rykdom gestel voor die God wat hy aanbid het. Hoeveel van
julle doen dieselfde ding?
Vir die van julle wat dit nie doen nie EK weet wie bid, Vader wys my hoe ek
hierdie geld kan gebruik om U te eer? Hoe kan ek hierdie seëninge wat U my gegee
het gebruik om U te eer? EK ken julle harte en dit behaag MY. Julle het nie die
weelde van hierdie wêreld bo julle God gestel nie en julle noem EK MY dissipels.
Waar jou skat is daar is jou hart ook. Julle kan nie twee meesters dien nie.
Julle sal die een haat en die ander liefhê of die een liefhê en die ander een
haat. EK beveel julle nie om alles te verkoop en MY te volg nie maar offer dit
liewer aan MY as 'n aangename offer. EK sal julle seën omdat julle dit doen. Hou
aan om julle skatte in die Hemel bymekaar te maak en nie op aarde nie want een
is ewig en die ander is tydelik.
Die goud wat EK julle aanbied is die goud van julle beproewinge wat julle
deurstaan. Nie die bonatuurlike opvulling van gate in julle tande nie. Nie die
sprinkeling van goudvlokkies op julle liggame nie. Sê MY Woord nie duidelik “Die
beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud nie?” Die ou boeke word nou
verwerp in dit wat EK eens op ‘n tyd MY Tempels van Aanbidding genoem het.
Verstaan hulle nie dat MY wette nie verander het nie ook het die God “EK IS” nie
verander nie. MY Seun het nie gekom om dit wat EK as wet verorden het te
verander nie. MY Torah verander nie vir enige man, vrou of kind nie! “EK IS” is
dieselfde gister, vandag vir altyd, vir ewig!
Die ganse aarde sal bewe want “EK IS” het begin om hierdie aarde hewig te voet-stamp
en dit is net met een voet. Wanneer EK hierdie aarde met BEIDE VOETE stamp sal
dit op so manier wees dat geen nasie of stad of land gespaar sal word van die
skudding nie! Maar weereens diegene wat myne is en MY Sabbatte Heilig, wat MY
aanbid in krag en in waarheid sal EK spaar, EK sal julle beskut. Leer wie “EK
IS” werklik is. EK het nog nie eens begin om op hierdie wêreld te blaas nie maar
julle sal sien wat gebeur wanneer die Skepper van Hemel en aarde en alles wat
daar tussen-in en rond-om lê, op hierdie wêreld blaas met die asem van “EK IS”
in TOORN en wreedaardige WOEDE!
Die mens dink hulle kan die atmosfeer beheer en hulle besaai die wolke met gif.
Hulle besaai die lug met gif, hulle besaai die water met gif, hulle besaai die
voedsel met gif, selfs julle klere dra die gif om julle siek te maak en julle
weet dit nie. Selfs die ontsmettingsmiddels wat julle gebruik, die
skoonheidsmiddels, toiletware dra gifstowwe. Selfs die dokters vergiftig diegene
wat hulle veronderstel is om gesond te maak. Die dokters vermoor nou wat EK
hulle die wysheid geskenk het om te red. satan die god van hierdie aarde
vergiftig julle op alle maniere en julle dwase sien nie eens wat hy met die
leiers van hierdie land doen nie terwyl julle verstand, liggame, gees en siele
vergiftig word. Julle kerk leiers vergiftig julle geeste deur julle op 'n
dwaalspoor te lei met vergiftigde leuens en verdraaiing van die skrifte en vals
tekens, wonders en wonderwerke. Hoe min sal begeer om die waarheid te hoor wat
hulle kon vrymaak.
Nou spreek EK woorde wat julle weer nie sal wil hoor nie en nogtans waarsku ek
vooruit, moenie MY Boodskapper stenig nie, hierdie is nie haar woorde nie. Waar
is MY ander Profete wat MY stem hoor en weier om die boodskappe voort te spreek
wat die vlees van hierdie wêreld sal aanstoot gee? EK sal julle oordeel hiervoor
en nie praat teen hierdie manifestasies wat die tempels en kerke meesleur met
vals tekens, wonders en wonderwerke nie. 'n Karnaval-atmosfeer! Net “EK IS”, is
nie geamuseerd nie. Waar is MY Profete vir wie EK beveel het om hierdie wêreld
te waarsku om Heilig en afgesonderd te bly? Waar is MY Apostels en Profete en
ander wat nie volg-die-leier speel nie en besig is om te waarsku om nie deel te
neem aan hierdie demoniese MERK wat in die tande van gemeentes geplaas word en
op hulle liggame gesprinkel word en hulle laat dink hulle is Heiliger en meer
bevoorreg as die wat dit nie het nie. DWASE! satan stel vir julle ‘n lokval en
julle weet dit nie. Hitler het die goud getrek uit monde eenmaal vantevore en
die antichris sal dit weer doen. Julle wat dit glo was mislei en het goudkoors
en het die waarheid verruil vir leuens gestuur uit die hel.
EK praat nou met MY Kinders wat hierdie euwel herken as boosheid. Julle moet MY
Joshuas wees en maak soos Joshua gedoen het en watter boosheid ookal in julle
pad staan om julle in slawerny te hou marsjeer rond-om dit vir ses dae een keer
om. Marsjeer op die Sewende dag SEWE keer om en blaas op die Shofar horing as jy
een het en SKREE dan wat EK julle aansê om te sê! Julle sal oorwinning sien as
julle dit doen en alles gehoorsaam wat EK julle beveel om te doen. Maak seker
julle harte is rein en dat julle geen skatte van hierdie heidense wêreld
wegsteek soos die van Jerigo nie. Maak seker julle is opreg en wat julle ookal
vasgehou het in slawerny, as julle die geloof het om te glo en as julle Heilig
voor MY lewe, sal julle OORWINNING sien op maniere wat julle nooit van gedroom
het nie.
Is dit 'n pak sigarette wat jou in slawerny hou? Is dit alkohol of pornografie?
Is daar ‘n persoon wat jou in slawerny hou? Wat is dit MY kind? Watter muur van
Jerigo wil jy sien neerstort? Maar pasop, want onthou DOOD het vir Jerigo gekom.
DOOD het gekom vir MY vyande en ook diegene wat ongehoorsaam was. Aan die wat
die mars gedoen het, het EK oorwinning gegee! Lees MY Boek Joshua 6, die mure
van Jerigo sal neertuimel terwyl diegene wat geloof het om te glo hulle sal
weereens sien nie deur die hande van 'n vrou of man nie maar deur die hande van
Almagtige God, “EK IS” wie “EK IS” daar is geen ander!
Nou praat EK van hierdie komende aardbewing wat geprofeteer was wat hierdie
aarde sal verwoes soos nog nooit vantevore nie. EK stel nou hierdie Profeet vry
om te spreek wat EK dae gelede aan haar vertel het. Wat sal EK doen albei MY
voete nou stamp weens die goddeloosheid van hierdie wêreld en toelaat dat die
mensgemaakte boosheid MY skedule vooruit gaan? Wat sal EK doen? EK het die vas
gesien en die gebede gehoor om uit te stel wat EK sou toelaat. Maar sê MY Woord
nie "As MY volk hulself verneder en op hul aangesigte neerval sal EK hulle land
genees" nie? Nie baie doen dit nie en dit bedroef MY maar wat sal EK doen met
die klompie wat treur oor oorloë en treur oor die goddeloosheid van hierdie
land? Wat moet EK doen? As EK dit toelaat, sal MY mense wat vertrou dat EK dit
nie sal doen nie en dit dan wel gebeur dink hulle gebede en vas was tevergeefs
gewees. Selfs satanistiese volgelinge en aanbidders, hulle wat die knie voor
Baäl buig weet daar is krag in gesamentlike vas, hoeveel meer krag wanneer MY
Mense wat by MY Naam geroep is dit doen. Sê MY Heilige Skrifte nie sommige dinge
verander alleenlik deur vas en gebed nie.
Maar as EK dit nie doen nie en nie MY woede ten toon stel deur te voet-stamp op
lande van hierdie wêreld op een slag nie, sal MY Profete gespot word en vals
profete genoem word! Hulle sal geëtiketteer word soos Jona geëtiketteer was toe
die mense van Nineve gedink het dat hy vals geprofeteer het. Hy het kwaad geword
vir MY. Maar EK sê vir julle dat hulle wat geprofeteer het van die groot
verwoesting wat sou kom op 8 Mei nie vir julle gelieg het nie. Maar as gevolg
van die vas en gebede en rein harte en trane het EK die Oordeel uitgestel vir
slegs 'n baie kort tydjie. Daar sal voet-stampings wees maar nie tot die mate
wat gespreek was nie op hierdie tydstip nie, julle het ‘n opskorting van
teregstelling gekry, gebruik dit met wysheid. Moet dit nie waag om MY Profete
wat julle gewaarsku het te beswadder of te bespot nie. Wees eerder baie dankbaar.
As hulle nie gewaarsku het nie sou Mei 'n maand gewees het soos geen ander tot
dusver op die aangesig van hierdie aarde nie.
Nou vir die slegte nuus omdat EK MY Oordeel vir 'n kort tydjie teruggehou het
word MY woede net wreedaardiger want EK hou MY Toorn terug maar dit word warmer
teen die boosheid van hierdie wêreld. Julle gebede het slegs die onvermydelike
vertraag net soos Nineve. Moet dit nie waag om te spot nie want hulle wat MY
Profete bespot sal sien wat gebeur wanneer EK hulle spot. Hulle wat spot en nie
dankbaar is vir die opskorting van die teregstelling nie, PASOP. Ongeag wat
ander van julle dink sal EK julle oordeel deur die woorde wat julle spreek.
Julle sal nie ‘n opskorting van teregstelling kry nie maar op 'n vasgestelde tyd
sal die God van die Hemel julle vernietig en julle ganse huishouding wat saam
met julle spot en alles wat julle besit, EK sal die seëninge vir MY Geliefdes
gee wat dit nie waag om te spot nie maar MY eerder loof vir die opskorting van
teregstelling.
EK doen dit sodat baie kan sien EK is 'n God van Genade en liefde sowel as toorn.
EK doen dit sodat julle die krag van gebed en vas sal sien wanneer dit
gekombineer word met die Naam van YAHUSHUA sal dit MY hand in beweging bring en
MY komende oordele vertraag. Maar geliefdes, terwyl die oordeel vertraag word,
so ook is MY koms. Wanneer EK weer kom sal groot verwoesting op die aarde
plaasvind soos nog nooit ter eniger tyd nie. Geen waarskuwings sal gegee word
nie buiten dit wat die Profete spreek en volgens MY Heilige Boek Rolle wat julle
Skrifte noem.
EK moet ook hierdie waarskuwing uitreik deur MY Diensmaagd nou wat EK vir haar
in ‘n droom gesê het op 20 April 1999, en haar nog nie vrygestel het om te
spreek tot nou toe nie behalwe aan 'n klompie getroues. Nou is die tyd wat EK
dit voortspreek. Moet dit nie waag om teen MY boodskapper uit te vaar nie want
weereens wat het sy om te baat deur 'n boodskap vry te stel wat jeukende ore nie
sal wil hoor nie?
EK het met haar gepraat in haar droom en vir haar gesê om vir julle te sê dat
die tyd gekom het dat dit gevaarlik is om in dieselfde wonings as die
ongelowiges te woon. Want eggenote sal mekaar verraai, kinders sal die ouers
verraai en so aan. Julle wat ongelyk gejuk is en nogtans daarin geslaag het om
saam te leef met beide wat verskillende Gode dien alhoewel die ongelowige daarop
aanspraak gemaak om in 'n God te glo, is dit nie die God wat jy dien en aanbid
en eerste stel nie. Bid nou vir 'n manier om te ontvlug voordat julle oorgelewer
word om 'n offer te wees. Vir hulle wat geen weg van ontvlugting het nie en tog
vir 'n uitweg gebid het vir jou sal EK 'n uitweg maak. Ek verstaan, noem dit net
in gebed en EK sal doen wat EK nog nie voorheen gedoen het nie Ek sal die muur
van Jerigo vir jou verpletter en die ongelowige sal nie meer 'n hindernis vir
jou wees om MY te aanbid en te dien nie. Jy sal waarlik kan sê "Maar wat my en
my huis aanbetref ons sal die Here dien!"
Baie van julle het EK 'n uitweg voorsien finansieel en nogtans het julle nie
beweeg toe EK gesê het ‘VLUG NOU!’ nie. Baie van julle het plekke om heen te
gaan en kies nogtans om by die ongelowiges te bly. Julle het jul bed gemaak en
sal daarin lê. EK is bedroef hieroor.
Baie van julle het gesmeek en gehuil vir 'n uitweg en het niks gevind nie. Dit
is hulle vir wie EK sal verlos op maniere wat hulle nie dink nie. Nie een traan
wat julle gestort het oor die goddeloosheid wat jou in jou huis omring, deur ‘n
ander een binne-in jou huis, deur julle eggenote of kinders, het ongesiens verby
gegaan nie. Al die trane is opgevang en EK sal al julle trane afvee en julle
seën op maniere wat julle nooit gedroom het moontlik kan wees nie. IS EK NIE
JULLE PASGA NIE? Het EK nie in MY Heilige Woorde gesê, "Wat het Lig te doen met
Duisternis"nie? MY kind, daar sal of duisternis of Lig wees daar kan nie albei
wees nie. Waar lig is daar woon EK, waar duisternis woon daar woon satan. Praat
nou en bewys aan MY watter God jy dien! Terwyl jy geduldig was was EK geduldig
maar die tyd kom nader en die jaar is naby die einde en as julle nie nou luister
nie sal julle volgende jaar bid dat julle MY kan gehoorsaam en weggaan van
werkers van onheil af, weereens vir menigtes sal dit te laat wees.
Die ongelowiges sal julle as 'n offer opoffer en EK waarsku julle nou vooraf oor
dit wat gaan kom. EK het MY profeet van ouds beveel soos dit in die Heilige
Skrifte opgeteken is om MY priesters opdrag te gee om te skei van die heidene
wat ander Gode aanbid het, het EK nie? Die priesters het kinders by hierdie
heidense vroue gehad en nogtans het EK nie hierdie huwelike verorden nie. Julle
het gesien dat 'n huis wat teen homself verdeel is nie kan staande bly nie. Soos
dit toe was, so sal dit weer wees. Die priesters het hul teëgesit en EK het dat
my Profeet hulle in die gesig slaan en hulle baarde uittrek. Wil julle hê EK
moet dit weer doen? Net hierdie keer sal dit nie 'n Profeet wees nie maar
Almagtige God “EK IS” wat hierdie doen en veel erger! Moenie moedeloos word nie
MY Kinders; diegene wat verlang om vry te wees en nog steeds nie weet hoe om dit
te doen nie.
EK weet wie van julle is instaat om dit te doen, en wie is nie instaat om dit te
doen nie, EK sal diegene bevry wat nie instaat is nie maar hulle moet dit tot MY
spreek, bid tot MY en MY eerste stel, dit waag om aanstoot te gee waar hulle nog
nooit vantevore aanstoot gegee het nie! MY Mense moet die ongelowige, die
spotter, die koggelaar, nie vrees nie want alhoewel hierdie wêreld julle as een
beskou, het EK julle nooit as een verklaar met die ongelowige nie. EK sal
weereens bevry soos ek Joshua verlos het by Jerigo. Glo nie net met julle
verstand nie maar met julle Gees. Doen 'n Jerigo-mars rondom dit waarvan jy wil
hê MY hand jou moet bevry. Bid en EK sal jou MY verlossing wys. SOOS EK DIT
VOORHEEN GEDOEN HET SAL EK DIT WEER DOEN!
MY Diensmaagd wat hierdie woord spreek het die prys betaal vir die salwing om
hierdie Profetiese Boodskap voort te spreek om die gevangenes te bevry in die
Naam van YAHUSHUA! Net EK ken die prys wat sy betaal asook diegene wat teen haar
sal opstaan, want satan sal gedwing word om menigte los te laat wat in ongelyke
huwelike en huishoudings gejuk is.
Vas en gebede weereens en Jerigo-Marse sal die mure forseer om te tuimel na
benede. Maar MY Mense wat dit doen sal nie in 'n gees van armoede verval nie
want lees weer MY Boek van Joshua en sien hoe EK hulle geseën het, deur die
rykdom van die goddelose te vat en dit vir die regverdiges te gee. Hierdie
rykdom word nie gebruik vir die genot van hierdie wêreld nie maar vir MY
Koninkryk om voort te gaan om die klein klompie Profete te ondersteun wat EK het
soos hierdie Diensmaagd wat dit waag om te spreek wat geen Profeet al ooit
gewaag het om so onverskrokke te spreek nie ten spyte van die gevolge. Hoeveel
van julle sal MY Profete en dissipels versteek wanneer die tyd kom?
Wie sal doen wat Ragab in die boek van Joshua gedoen het? Julle hoef nie te
vrees nie want het EK nie vir Joshua gesê om die prostituut en haar familie en
haar hele woning en al haar besittings te spaar nie? Voordat hy die stad
ingeneem het nadat die mure neergetuimel het. Jerigo mure wat opgerig was om
hierdie bose stad te beskerm en nogtans het EK MY Mense gebruik om 'n
OORLOGSKREET te skree en die MURE het inmekaargestort tot STOF! EK het MY Mense
gebruik wat MY Stem gehoor het en MY gehoorsaam het en nie 'n woord gesê het nie
terwyl hulle een maal om-marsjeer het vir ses dae en toe sewemaal-om op die
SEWENDE DAG en toe die oorwinnende oorlogskreet geskree het! Want eenheid is
belangrik verenig en doen wat Joshua gedoen het.
EK beveel hierdie Profeet nou om te bid vir 'n dag wat afgesonder is wanneer
julle saam sal skree en 'n Jerigo-Mars sal uitvoer vir wat julle ookal verwyder
wil hê uit jul lewens wat MY nie Lof, Eer en Heerlikheid bring nie! Selfs
diegene wat niks het wat verwyder moet word nie, beveel EK om gesamentlik deel
te neem in hierdie Jerigo-Mars terwille van julle Broers en Susters wat
bevryding nodig het! Hou op om selfvoldaan in julle eie seëninge te wees ingeval
EK dit wegneem van julle af en aan ander gee. Julle hoef nie eens fisies
bymekaar te wees nie, weet net wat verwyder moet word. Marsjeer rondom julle eie
huise terwille van diegene wie se huise verdeeld is deur ongelowiges en
gelowiges.
Bid en EK sal julle wys hoe om te help om julle broers en susters in YAHUSHUA te
BEVRY! Dit sal julle vas en gebede en Jerigo-Marse wees wat gebruik sal word
soos 'n sleutel wat die slotte sal draai wat al so lank daar is dat dit al
vasgeroes het, maar in die Naam van YAHUSHUA terwyl julle dit in eenheid doen
sal dit oopgemaak word en wat “EK IS” oopmaak sal geen mens of duiwel weer
toesluit nie as julle in geloof kan glo sal julle hierdie bevryding uiteindelik
sien. Breek die slot van julle gevange broers en susters en maak hulle vry in
eensgesindheid. Offer alle ongelyk-gejukte huishoudings aan MY op soos Abraham
met Isak gedoen het en kyk wat EK met julle offers doen. Menigtes sal bevry word
as julle net kan GLO!