Profesie 4
Moenie Moed Verloor As Julle My Nie Langs Julle Sy Kan Voel Nie! My Toorn Is So Groot Soos MY Liefde!

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu 5 Februarie 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Ek het net vandag gesê, "YAHUVEH wat gaan aan, ek voel nie meer U teenwoordigheid soos wat ek gewoond is nie?" Ek het enige sondes bely wat ek onwetend gedoen het, maar die teenwoordheid is nie dieselfde nie. YAHUVEH praat nie so baie nie en ek raak baie bekommerd. Dit is nie wat ons doen nie, want ons weet YAHUSHUA het ons nogsteeds lief en sal ons altyd liefhê, ons doen ons bes om HOM te behaag en te gehoorsaam. Ons weet ons moet deur geloof die Woord van YAHUVEH glo. HY het ons nie verlaat nie.

Ons wandel nie volgens ons gevoelens nie, gevoelens bedrieg ons, ons moet deur ons geloof wandel! Want die regverdige sal deur geloof alleen lewe, nie deur gevoelens nie. Dit was goed toe ons toegelaat was om SY teenwoordigheid te voel, maar iets is besig om in die geestelike realm te verander en alhoewel YAHUSHUA nogsteeds aan ons sy is, is dit asof HY in die boot slaap, en ons word aangeval deur die storms van die lewe, en ons is die dissipels wat sê, "YAHUSHUA, word wakker anders gaan ons vergaan!" Dan word YAHUSHUA wakker en sê, "O julle kleingelowiges!" en bestraf die storm. Ek wag steeds vir HOM om die hewige storms te bestraf waarin ek, so voel dit, so lank is. Ons weet daar is 'n vasgestelde tyd vir ons verlossing. Terwyl ek nou hier tik ontvang ek die salwing. Ek het opgehou en in die Gees gebid en sal dit vir 'n geruime tyd doen, nadat ek outoriteit geneem het oor satan. As YAHUVEH regtig weer deur my wil spreek, sal HY. Ek sprei my hande na U toe YAHUSHUA en my verstand, my geestelike ore en geestelike oë.

Praat asseblief nou met my sodat ek 'n woord van bemoediging aan my jonger broer kan gee. In U NAAM YAHUSHUA vra ek deur die krag van die RUACH ha KODESH, deur die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. Is daar 'n woord wat U wil hê ek met U mense moet spreek? Indien wel, salf my hande nou, RUACH ha KODESH soos wat U deur hierdie ongewone salwing in die laaste 3 profetiese boodskappe gespreek het. Want U gee om vir die mense op die internet wat geen ander manier het om U boodskappe duidelik te hoor nie, sodat hulle kan verstaan en sodat verwarring hulle nie in sataniese beheer kan vasvat nie. Die salwing kom nou op my hande en die stem van YAHUSHUA praat weereens met my. PRYS YAHUSHUA!

* * * * * * * *

Vertel vir hulle MY Kind; vertel vir hulle dat EK nie langer MY Vader se woede kan terughou nie. EK het probeer. EK het om genade gesmeek vir hulle wat bewustelik alles wat Heilig is besoedel; hulle wat die betekenis van die woord sonde ontken. Hulle op die kansels wat swak verskonings bied vir sonde; kan selfs die beste verskoning die duisternis van sonde bedek? Maar terwyl EK by hulle pleit om te bely, om weg te draai van sonde, spot hulle MY en sê YAHUVEH gee nie om nie, HY verstaan. Hulle vertel vir MY Profete en Apostels om stil te bly en hulle uit te los, om hulle woorde vir hulself te hou. Hulle laat hulle nie toe om in die kerke te praat nie, maar laat demoniese okkultiese geeste toe om die kerke binne te gaan sodat selfs 'n profeet nie veilig is terwyl hy bid nie. Hierdie bose geeste lê in afwagting, wetende dat die profete kom om MY waarskuwings uit te stuur, en hulle word geblokkeer en ja, sommige selfs beseer. Hoe groter die waarskuwing, hoe meer teenkanting van die vyand.

satan probeer hard om MY Profete en Apostels en hulle wie aangesê is om die mense te waarsku, stil te maak. Waarsku hulle van 'n GOD in Nahum 1, wat sê HY praat in die storms en aardskuddings. Waarsku hulle dat YAHUVEH 'n jaloerse GOD is en HY sal geen ander God voor HOM toelaat nie. Waarsku hulle dat YAHUVEH se woede nie maklik kalmeer kan word nie. WAARSKU HULLE! Nogtans stuur EK, YAHUSHUA MY Boodskappers uit om hulle te waarsku en soos in die Bybel word hulle geslaan en sommige selfs doodgemaak. EK het oor die sataniese vestings in die kerke gepraat; niemand luister nie.

So min het selfs probeer om hulle te ontbloot. EK het hulle gewaarsku dat satan in die kerke se midde is en hy is besig om te veg vir valse leerstellinge, geeste van opstandigheid, 'n gees om die kerk te vul dat sonde nie sonde is nie. Maar EK is 'n HEILIGE GOD en EK beveel julle om Heilig te wees soos wat EK HEILIG is. EK het MY eie Gees in julle geplaas sodat julle die verskil tussen reg en verkeerd sal ken. Sonde is swart en nie grys nie, Heiligheid is wit en dit is geen ander kleur nie. Sommige sal satan nou toelaat om dit te vat en 'n rassistiese konnektasie uit dit te maak. Stop dit nou, julle weet wat EK bedoel. Slegs rooi sal hierdie sonde van julle verstande afwas, en dit is die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota. EK waarsku nou, die rede hoekom MY teenwoordigheid nie gevoel word soos voorheen nie, is omdat EK treur. EK huil vir wat EK binnekort moet doen.

Het hulle na hierdie Profeet geluister wie EK nou gebruik, toe EK vooruit waarsku het dat China MY woede sal smaak deur aardbewings, die grootste een het nog nie voorgekom nie, maar dit kom. Hulle het so baie van MY Kinders vermoor en gemartel en MY Kinders opgesluit, MY Boodskappers. Die regering sal hewig boet hiervoor en die land sal uitmekaar geskeur word deur aardbewings omdat hulle probeer om MY Volk te verdeel en hulle weg te draai van MY af uit vrees om die GOD wat hulle eenmaal gedien het, openlik te aanbid en nou vrees om openlik te dien. Soos wat hulle MY Volk verdeel het so sal EK hulle land verdeel.

EK beskerm die wat MYNE is en EK weet wie MYNE is. EK het soos in die ou dae die tronkdeure geskud sodat die gevangenes wie die evangelie verkondig het, dit was hulle enige oortreding, vry kon kom. EK kom op 'n kragdadige manier en EK het dit alreeds hierdie jaar gedemonstreer, alhoewel julle plaaslike nuusstasies weier om die verwoesting en woede te erken. EK sal begin om op maniere te demonstreer wat hulle nie langer instaat sal wees om te ignoreer nie. Hulle blameer moedernatuur daarvoor. Daar is maar net een Skepper en EK is die Vader van alle skepping. “EK IS” wie “EK IS!” Daar is geen ander nie. EK deel MY Glorie met niemand anders nie, veral nie 'n moedernatuur nie. EK het die waarskuwings vooruit op televisieprogramme gestuur, ja, die rots het uitgeroep, maar luister hulle, so min, o so min. Moenie dink EK juig oor wat EK moet doen nie want EK doen nie, maar EK moet, want die kinders dink nou hulle regeer die ouers.

'n Reeks vulkane gaan op dieselfde tyd opskiet, dit sal MY rooi warm lawa wees wat uitspoeg, wat MY woede simboliseer. Hoe min probeer nog om Heilig te wees. Hulle dink EK knip MY oë teen sonde. As hulle maar net wil bely. As hulle maar net wil besef EK is 'n GOD wat nie verander nie. EK is dieselfde, gister, vandag en vir ewig. Julle moet verander, nie die groot “EK IS” nie, “EK IS” wie “EK IS” en EK maak verskoning teenoor niemand nie. Die groot YAHUVEH is woedend en selfs MY Seun, die een wie EK vir julle as 'n Verlosser gegee het, kan nie MY woede veel langer kalmeer nie. EK is op die punt om sommige van MY woede uit te laat, pasop, almal wie MY en die Woord van YAHUSHUA bespot het en diegene wie die salwing as MY Boodskappers het, stilgemaak, mishandel het, gemartel en opgesluit het in menslike tronke. EK IS woedend! EK het Sodom en Gomorra gewaarsku en EK waarsku julle nog 'n maal. Die wêreld is 'n hedendaagse Babilon, hierdie wêreld. EK IS 'n Skepper wie Heiligheid vereis; EK het in elke mens 'n plek geplaas wat hunker na Heiligheid en 'n verhouding met hulle Skepper.

EK sal nie net die vulkane stuur wat in 'n kettingreaksie sal uitbars nie, maar EK sal die aarde skud soos 'n ouer 'n ongehoorsame kind skud. EK gaan nie net een deel van die aarde op 'n slag skud nie, maar baie dele van die aarde op 'n slag. EK gaan MY voete uitstuur wat die grond in woede sal stamp. Want MY woede is groot teen die opstandiges wie hulle vuis in MY gesig geskud en gesê het hulle weier om 'n boek en reëls te gehoorsaam wat so baie duisende jare gelede geskryf is. Vir hulle wie MY NAAM as 'n vloekwoord gebruik. Vir hulle wie MY Seun se Bloed bespot wat vir hulle op Golgota gestort was. EK gaan die orkane uitstuur om die trane te demonstreer wat EK oor MY onberouvolle kinders gestort het en oor hulle wie EK geskape het wat MY Kinders moes wees maar geweier het om MY as Vader te erken.

Hulle wie na onheiligheid gedraai het en nie eers probeer het om MY te behaag of MY te soek nie. Oorstromings sal kom en sal baie dele van die aarde op 'n slag bedek. Dit sal MY trane simboliseer, want so baie het Hel bo Hemel verkies. Hulle wat satan bo YAHUSHUA verkies. EK sal die tornadoes uitstuur en dit sal MY vuis wees wat die vlieënde wind uitstuur. EK sal dit nie op een plek demonstreer nie, wanneer julle sien menigte vergader saam sal julle weet EK praat en EK is woedend en MY woede word nie maklik gekalmeer nie.

Daar was nog altyd aardskuddings, vloede, tornadoes, orkane hier en daar, maar wanneer julle dit sien soos 'n kettingreaksie, baie op 'n slag, dan sal julle weet dit is die tyd waarvan EK gewaarsku het. BELY NOU, voordat dit te laat is. EK het MY woede te lank teruggehou. Terwille van MY Seun en SY gebede vir julle mense. EK het MY toorn teruggehou. Maar satan bespot MY en tart MY omdat EK julle nie straf nie. Hy gebruik MY eie skepping om MY te spot en te tart. Die monde wat EK geskape het. Die monde wat EK eens op 'n tyd gesalf het. Ja, selfs in MY eie kerke word EK gespot omdat die Heilige Woord verdraai word om die mens se beeld te pas. Nie in 'n Heilige GOD se beeld nie. Hulle verkondig dat homoseksualiteit van MY af kom, dit is nie sonde nie, dit is YAHUVEH se skuld, dit is 'n geboorte-defek.

Die leuen en misleidende geeste kom uit hulle wat 'n vorm van goddelikheid het, maar geen goddelikheid binne-in hulle nie. EK sal persoonlik met hierdie bose herders afreken op maniere wat die mense sal wys dat EK nie 'n GOD is wat gespot kan word nie. EK is nie 'n GOD wat maklik kwaad word nie. EK sal skerp optree en julle sal sien hoe hulle op die kansel dood neer sal slaan, hulle wat hierdie dinge en aborsie aanmoedig. EK het elkeen van julle geken nog voordat julle in julle moeder se skoot was. EK het julle lewens geskape, gevorm en beplan soos wat EK dit wou gehad het. Dit was julle keuse of julle sou word wat EK beplan het.

Moenie MY blameer nie, want EK wou net die beste vir julle gehad het. Selfs dié van julle wat swaargekry het en 'n lewe gely het wat gelyk het asof dit nie geseënd was nie, sal en het EK vir MY Glorie gebruik, julle het te midde van julle swaarkry, MY geëer sodat ander kan sien dat julle MY steeds prys, dien en aanbid. MY salwing vloei voort in julle lewens, selfs groter as hulle wie lewens gely het met min probleme. Julle lewens was nie so geseënd soos ander s'n nie, maar dit was nie omdat EK julle nie so liefhet soos die ander nie, dit is omdat julle net soos YAHUSHUA op hierdie aarde geplaas was om te ly terwille van ander en julle belonings sal groot wees in die Hemel as julle getrou bly tot die einde.

Sommige van MY Kinders het verbitterd geraak as hulle die heidene sien, hulle wat nooit 'n knie buig of 'n dankgebed tot MY rig nie, en MY Kinders sê: watter tipe GOD is dit? EK sê vir julle, julle hoef nie die rykes of die goddeloses te beny wie geen kennis van MY het nie. Dit lyk asof hulle elke seën in die lewe geniet, maar dit is al wat hulle ooit sal hê en dan sal dit ewige vervloeking en ewige Hel en marteling wees. Hulle het die ewigheid in die Hemel prysgegee vir kort jare op aarde waar hulle deelgeneem het aan elke vorm van sonde, veral die sonde om te dink hulle het nie 'n Verlosser nodig nie.

Julle aan die ander kant, sal die Hemel aanskou as julle getrou bly en julle sal vir 'n kort tydjie op aarde lyding, haat en mishandeling ken, maar moenie verbitterd raak nie, moenie wegdraai van MY af nie. Instede daarvan, draai na MY toe. Kyk watter liefdevolle Vader EK is. EK het julle vooraf gewaarsku sodat wanneer hierdie dinge oor die aarde kom, julle alreeds vooraf gewaarsku was, sodat julle kan bely en ander waarsku voordat MY woede uitbars. EK stuur MY Profete om te waarsku voordat EK die verdoeming stuur. Maar julle wie MY getrou liefhet, MY dien en julleself in die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH was sodat julle Heilig kan bly voor MY aangesig, julle het niks om te vrees gedurende hierdie tyd nie, julle sal nie onverhoeds betrap word nie.

EK sal almal beskerm wat MYNE is en EK ken almal wat MYNE is. EK ken elkeen van julle se harte en EK het julle siele in MY hande want julle het julle lewens en siele vir MY gegee toe julle YAHUSHUA as julle Heer en Verlosser aangeneem het. Julle het julle liggame as lewende offers vir MY Glorie aangebied. EK is nie kwaad vir julle nie. EK het julle lief en EK sal julle koester en beskerm. Ja, selfs wanneer julle die wêreld sal sien skud weens MY woede, roep uit na MY. EK sal daar wees om julle te troos.

Die rede hoekom so baie van julle nie nou MY teenwoordigheid aanvoel nie, het niks met julle te doen nie. Ja, selfs die een wie EK gebruik om hierdie woorde te spreek en nie weet watter woord sy volgende gaan tik nie, vind dit moeilik om MY teenwoordigheid aan te voel sedert EK haar laas gebruik het om die mense te waarsku. EK het aan haar hierdie ongewone salwing gegee om MY mense se aandag te kry, met wie sy op geen ander manier kan spreek nie, want EK het julle dwarsoor die wêreld versprei. MY Profete en Boodskappers sal hoor en het geestelike ore en o? en 'n dapper stem om die mense te waarsku wie nie luister nie.

EK sê weer vir julle, MY Profete en Kinders, moenie moed verloor en dink EK het julle verlaat as julle MY nie meer langs julle kan voel nie. EK het nêrens heengegaan nie, EK is nogsteeds hier; EK is slegs stil want dit is die stilte voor die storm. EK word stil voordat EK MY humeur verloor want EK probeer die woede terughou, maar sedert die vloed van Noag het dit gegroei en EK is weereens bedroef as EK sien wat EK alles gedoen het, selfs MY eniggebore Seun as 'n offer gegee het. Abraham het 'n ander offer gehad; EK het MY Seun gegee as julle Verlosser. Hoe min sal HOM aanvaar. EK IS WOEDEND! EK het SY liggaam gegee sodat julle genees kon word. Hoe min sal glo dat daar genesing is in die wonde aan SY Liggaam. EK het SY Bloed gegee sodat julle vergewe kan wees. Hoe min sal daardie geskenk op Golgota aanvaar. EK het SY lewe gegee, sodat julle gered kan word. Ag, dit is hoekom julle MY teenwoordigheid mis. Was julle nog nooit so kwaad vir julle kinders dat julle geen begeerte het om te praat nie, uit vrees vir julle eie woede? Was julle nog nooit so hartseer dat julle net stil wou wees nie of was julle nog nooit so kwaad dat julle net wou stil wees en dit nie waag om julle woede uit te stort nie uit vrees vir wat kan gebeur nie. EK IS DAAR!

EK is nie kwaad vir hulle wie MY teenwoordigheid mis nie. EK is kwaad vir hulle wat nie eers opmerk dat EK stil is nie, en MY teenwoordigheid nie eers mis nie. Vir dié van julle wat voel dat MY teenwoordigheid weg is, en treur oor dit, en wie bely en wonder wat julle verkeerd gedoen het, EK praat nou voort uit MY Diensmaagd en sê vir julle, julle het alles gedoen wat reg is, dit is hoekom julle MY stilswye opmerk en nie MY teenwoordigheid aanvoel nie. EK praat nie met hulle wie sondig en MY nooit geken het nie of MY gemis het nie. Julle weet met wie EK praat. Net MY Kinders sal verstaan. Maar julle wie MY Kinders was maar louwarm geraak het, kom nou terug, EK smeek julle. Mis MY en verlang om weer MY stem te hoor. EK het nooit weggegaan nie, julle het.

Bely omdat julle dwaasheid verkondig. Bely omdat julle verkondig dat sonde nie onheilig is nie en daar nie so iets soos sonde is nie, want 'n liefdevolle YAHUVEH sal julle vergewe, maak nie saak wat julle doen nie. Dit is nie nodig om te bely of weg te draai van sonde nie. Kan julle nie sien dit is 'n leuen van satan nie. Die duiwel sê julle het nie 'n Verlosser, MY gawe, MY geliefde Seun YAHUSHUA nodig nie. Kan julle nie sien hoe EK ween wanneer EK dink aan die prys wat MY Geliefde vir julle betaal het nie? As julle sê daar is nie so iets soos sonde nie en dat alles aanvaarbaar is vir MY want EK is 'n GOD wat nie meer omgee by wie of wat julle slaap nie.

Watter onskuldige bloed word gestort? Selfs die ongeborenes, dit is nie sonde om hulle te vermoor nie solank julle hulle nie kan sien nie. Selfs al sien julle hulle, solank hulle onskuldige babas vermoor om die lewens van ander te red, ag wel, hulle is nuttig vir iets. Dit is moord en dit is sonde. Predikers, julle sal aan MY persoonlik rekenskap gee vir wat julle gesê het, julle is in MY diens, maar julle het teen MY gewerk. Homoseksualiteit is SONDE! Aborsie is SONDE! Moord is SONDE! Opstandigheid is SONDE! Heksery is SONDE! Julle weet wat SONDE is! Lees die 10 Gebooie. Predikers, Apostels, Profete, Onderwysers, Evangeliste, keer terug om te preek dat sonde is sonde. Slegs 'n berouvolle sondaar sal vergewe word.

Nie meer 'almal sluit julle oë, ons wil niemand verleë maak nie' sodat hulle hul hande kan opsteek en YAHUSHUA ha MASHIACH as hulle Verlosser kan aanneem nie. Het julle 'n idee hoe kwaad dit MY maak? Sedert wanneer is dit 'n bron van verleentheid om na YAHUSHUA toe te kom vir die vergifnis van julle sonde. Daar kan geen verlossing wees sonder belydenis van julle sonde voor ander nie. Belydenis is gemaak vir verlossing. EK sê vir julle as julle MY nie voor die mense bely nie, sal YAHUSHUA julle nie voor MY, die Vader bely nie. MY eie kinders, MY eie Evangeliste, Profete, Pastore, Onderwysers en Apostels het dit gedoen.

O die pyn. Die hartseer wat EK hieroor verduur het. Hoe lank dink julle sal hierdie mense, wie te skaam is om op te staan en te bely dat hulle 'n Verlosser nodig het, gered bly? Die vyand sal dadelik daardie klein saadjie steel wat geplant is. Dié van julle wat dit gedoen het, BELY! Weier openlik om dit langer te doen. Want julle sal boet vir die verlore siele wat gered kon word. Dié van julle wie MY aangesien het as 'n GOD van bedrog/misleiding omdat julle sê hulle kan hulle hande in die geheim opsteek en sê 'YAHUSHUA kom in my hart' sonder om hulle eers te leer dat hulle moet huil en hulle sondes bely en wegdraai van hierdie sondes af, en bereid te wees om YAHUSHUA eerste in hulle lewens te plaas en Heiligheid na te volg, nie onheiligheid nie. Ook julle sal aan MY persoonlik rekenskap moet gee en vir almal wat gedink het, 'eenmaal gered, altyd gered, nou kan ons enigiets doen wat ons wil, al ons sondes is bedek'. Julle het nie vir hulle geleer, "Hoekom sê julle julle het MY lief en julle gehoorsaam my nie?"

Dié van julle wie die gees van misleiding gebruik het om die mense sover te kry om hulle hande op te steek terwyl almal se oë gesluit is, net om hulle sover te kry om op te staan en voor die mense te staan nadat julle hulle gelei het om te glo dat hulle dit in die geheim kon doen. Julle het hulle gewys dat YAHUVEH 'n GOD van misleiding en kullery is. EK IS NIE! Julle sal boet vir dit, as julle nie bely nie. Ja, voordat die aarde begin skud, EK is selfs nou besig om die ongoddelikes en die godvresendes te skud en te verdeel in wat veronderstel is om MY Kerke en MY Tempels te wees. EK praat nou van die plekke van samekomste, want die Ware Kerke en Tempels is MY Mense.

Maar julle sal in die kerkgeboue sien wat gebeur met hulle wie MY Skape mislei het. Of hulle wat skape wou wees maar in bokke verander het, want die bose herder is 'n wolf wat onder MY Skape ingestuur is om hulle te verslind weens gebrek aan kennis en onderskeiding. EK IS KWAAD! Julle het alreeds in die kerkgeboue die verdeling sien gebeur. EK stel die vyand in julle kampe bloot. Pasop, stop, kyk en luister na die stem van die RUACH ha KODESH. Hou weereens aan om MY aan te roep en te sê, "Ek mis U teenwoordigheid", want dit is hulle wie gewoond daaraan is om MY teenwoordigheid te voel en gewoond daaraan is om MY stem daaglliks te hoor en nou MY stilswye opmerk.

Maar EK sal nie altyd stilwees nie MY Geliefdes, dit is slegs vir 'n kort tydjie wat julle MY hartseer sal aanvoel en julle moenie deur julle gevoelens gelei word nie want dit is vlees. Julle moet deur julle geloof wandel want dit is uit die Gees. EK het vandag gekies om deur hierdie Diensmaagd te spreek, moenie onder julleself argumenteer en sê, "Hoekom sal YAHUVEH deur 'n vrou spreek of haar hande salf". nie. EK laat julle met dit, EK kies wie EK wil kies en is teenoor geen mens verantwoordlik nie en as EK slegs haar mond gesalf het soos wat sy gewoond is aan, en nie haar hande op die sleutelbord nie, sou julle MY vandag hierdie boodskap deur haar hoor spreek het? Julle het jul eie vraag beantwoord.

Waarsku nou asseblief die mense, alhoewel baie nie in die tyd van Noag wou luister nie. Nogtans, moenie die bloed op julle hande hê soos Eseg 3:17-21 sê nie, "Moenie dat die bloed aan julle hande gevind word nie." WAARSKU DIE MENSE! Daar is slegs nog 'n klein tydjie oor, terwille van MY Seun het EK genade vir die mense, maar die tyd van wraak en oordeel kom vinnig nader. Waarsku hulle en soek MY terwyl EK nog te vinde is. Neem kennis van hierdie datum en kyk stip na die gebeure in die wêreld, 5 Februarie 1997. EK het MY Diensmaagd, [Elisheva Eliyahu] verbied om een woord te verander wat EK gespreek het. Alhoewel sy weet dat nie almal sal verwelkom wat EK gespreek het nie.

Weereens, EK waarsku hulle wie MY vyande is, maar voorgee om MY vriende te wees, Judasse, pasop, want as julle probeer om hierdie boodskapper te benadeel, benadeel julle die een wat haar geskape en gesalf het. Julle sal die eerstes wees wat MY toorn sal ervaar en julle sal MY teenwoordigheid ervaar op maniere wat julle liewer nie van sou wou weet nie. EK IS KWAAD, en julle wie MY gesmeek het om te praat, het dieselfde stem van liefde, versekering, smart en intense woede gehoor. Julle het die stem van die Groot YAHUVEH, 'EK IS' hoor spreek uit 'n gebroke kleipot vandag. Bid vir hulle wie se harte julle probeer aanraak, maar wie MY nogtans wegstoot. Bid dat hulle vandag sal bely want môre mag dit te laat wees.

Gegee aan Profeet Elisheva Eliyahu
5 Februarie 1997

* * * * * * *

Broer Noel, ek het dit nou net aan my opstandige tienerseun voorgelees en gesê daar sal regoor die wêreld mense wees wie bid en YAHUSHUA soek om te sien of wat ek geskryf het, van YAHUVEH af is. Was dit regtig YAHUVEH die Vader, wie deur die salwing van die RUACH ha KODESH, deur my gespreek het? Dit sal getoets word en deur baie profete, pastore, apostels, onderwysers, evangeliste bevestig word. Hulle het vantevore die ander profetiese boodskappe hierdie jaar bevestig wat YAHUVEH my gegee het. Nou vra ek vir jou my seun, was dit die stem van YAHUVEH wat deur my gespreek het? En die beste bevestiging vir my was toe my seun vir my gesê het, "Yeah".

LOOF YAHUSHUA! Ek het vir hom gesê daar is nog hoop vir hom. Want selfs 'n opstandige tiener kan die stem van YAHUVEH hoor. Dit is dit grootste toets nog, en ek het geen twyfel daaraan dat YAHUVEH self hierdie woorde vandag aan my gespreek het om te tik nie. Kopieer dit asseblief en stuur dit aan almal wat die RUACH ha KODESH vir julle sê. Deel dit met julle kerk, selfs al sal hulle nie luister nie.

Sien ‘Proof Behind The Prophecies’ rakende die aardbewings en vreemde en verwoestende weersomstandighede wat nou gebeur (in Engels)