Profesie 42
GEE OOR!!! Vyande Van MY, Laat Val Julle Wapens! Beide Geestelik en Vleeslik!

Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu 18 Desember 2000

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

O, gee oor so spreek, YAHUVEH. O gee oor, gee oor, gee oor. Weer sê EK aan die vyande van MY, die vyande wat hierdie gesalfde Apostoliese/Profetiese Bediening omsingel, hierdie diensmaagd van MY, [Elisheva Eliyahu], die vyande wat ander gesalfde Apostoliese/Profetiese Bedienings omsingel het EK spreek dit weer, “almal van hulle wat Israel omsingel, almal van hulle wat Jerusalem omsingel, laat val julle wapens beide geestelik en vleeslik voordat EK die Groot Elohim “EK IS” vuur uit die Hemel laat val en EK sal almal van julle geheel en al verdelg en uitwis. (Esegiël 38:23-24).

AFGRYSE, AFGRYSE, AFGRYSE, geween, weeklaag, dood en so baie begrafnisse dat daar nie genoeg plek sal wees om hulle in begraafplase te sit nie. Die hand van MY oordeel, wat julle eenmaal geklap het, sal nou in ‘n vuis verander en EK sal julle verpletter. EK die Groot Elohim “EK IS”, in MY genade, waarsku elke nasie, elke volk, elke verwantskap, elke taal, los MY Geliefde Jerusalem met rus. Die bloed van die gevallenes sypel in die grond in en roep uit na MY. Die bloed van die gevallenes in Israel was nie tevergeefs nie. EK hoor die geween en innige klaagliedere, van die mense wat vir MY, YAHUVEH, liefhet, EK hoor MY Naam uitgeroep deur hulle wat doodgemaak word.

Watter land, watter nasie het die lojaliteit, watter staat, watter provinsie, watter eiland, het die liefde en die lojaliteit wat Israel toon terwyl hulle veg om die land te behou, wat die Groot Elohim “EK IS”, YAHUVEH, aan hulle voorvaders gegee het lank gelede? EK praat met die geestelike leiers, onthou vir Dawid en Goliat? Dawid het nie weggehardloop van Goliat af nie, maar het na Goliat toe gehardloop, wetende dat die geveg MYNE is. Die vyand bring nou vreemde gode in julle land in o Israel, en tog is hulle geen god hoegenaamd nie. Die vrouens en mans van die vyande bring hulle vreemde leerstellings en sou probeer om die mense van Israel in ‘n vorm van binding te verstrik wat EK nie verorden het nie. Israel, EK spreek voort uit hierdie diensmaagd, onthou julle is die land van melk en heuning, julle is die land wat Abraham geseën het, julle het niks om te vrees nie, maar vrees opsigself.

Gaan elke geveg voortuit soos dit in die verlede gedoen was met musikante, lofliedere, aanbidding en gebede. Glo julle nie die woorde in die Torah nie? Israel, julle is die nasie wat die wêreld nie verstaan nie, so beny en mishandel, so gehaat sonder oorsaak. Want julle begeer vrede en nogtans het julle nooit vrede geken nie. Julle gee grond en huise weg wat EK nie vir julle gesê het om weg te gee nie, net om vrede te hou. Weet julle nie hoe meer julle weggee, hoe meer sal hulle eis nie? Weet julle nie, julle kan nie die gees van gulsigheid bevredig nie? Kyk na MY o Israel, weereens want die Groot Elohim “EK IS”, YAHUVEH is julle Verlosser.

Die feesviering van Hanukkah kom, vir almal van julle wat die fees waarneem, verwag weereens wonderwerke want EK is die Lig wat julle pad sal verlig in duisternis. Bedek julle leiers met gebed want hulle word deur satan gesif soos sandkorrels. Julle was deur leiers verraai wat julle vertrou het van die kleinste tot die grootste vir vuil gewin wat nie hulle siele sal koop nie. Vas en bid, vir MY perfekte wil om te geskied want EK is opgekrop met woede teen die moord, geliegery, valsheid wat gedoen word.

EK beveel almal om te bid vir die vrede van Jerusalem. As julle dink dit is nou erg, die moorde het nou maar pas begin, maar moenie vrees nie want julle Vader Elohim YAHUVEH sien en hoor. MY laaste opdrag is, seën die wat jou seën, o Israel, moet niemand wegwys wat Israel, Jerusalem, of MY Uitverkore volk liefhet nie. EK sal almal seën wat jou seën o Israel! EK die Groot Elohim “EK IS” sal almal vervloek wat jou vervloek o Israel.

‘n Waarskuwing aan MY vyande, onthou Bileam se Donkie. Moenie ‘n Bileam wees nie (Num 22-24). EK gaan een stap verder, EK praat deur hierdie Apostel en waarsku julle die vernietiging wat julle uitmeet sal sewe-voudig teruggedraai word. Die seëninge wat julle aan Israel en MY Joodse volk uitgee sal sewe-voudig na julle terugkeer. Seëninge of vloeke, julle besluit, Deut. 28 lieg nie. So is dit gespreek, so is dit geskryf 18 Desember 2000 om 2:53 nm. en vir seker in MY tydsberekening sal dit gebeur.

‘n Aanstoot vir sommige, verligting vir ander. Toevertrou aan MY kind, vegter, bruid, [Elisheva Eliyahu]


Persoonlike nota van Eerw. Apostel Elisheva Eliyahu

As hierdie profesie jou bemoedig of geseën het, sal jy my asseblief e-pos na die onderstaande adres en lig asseblief my naam op in gebed. Enige bemoediging en finansiële ondersteuning sal welkom wees. (Elijah) [Eliyahu] is my nooiensvan en ek is nie skaam vir hierdie Joodse bloed in my nie).