Profesie 46
Waarsku Die Vyande Eenmaal .... En As Hulle Nie Luister Nie, Sê Vir Hulle Om Die Dae Af Te Tel Voor Die Woede Van YAHUVEH Neerkom!
Gegee aan Apostel Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)
20 April 2001
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2
Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:
2Kronieke 36:16,
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Op 18 Maart 2001 tydens Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) se
inhuldigingsdiens, het God bogenoemde woord voor getuies gespreek aan al die
vyande wat opstaan teen hierdie Messiaans-Joodse Apostoliese Bediening en
bedienaar en al die ware apostels en profete.)
As EK my glinsterende swaard skerpmaak en My hand na die strafgerig gryp, sal EK
wraak uit oefen op My teëstanders en My haters vergeld. Deut 32:41
Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan die wat
vervaard is van hart; Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle ELOHIEM kom
met wraak, met goddelike vergelding; Hyself sal kom en julle verlos. Jesaja
35:3-4
* * * * * * *
O, Barbara (asook alle louwarm Christene en al die vyande van MY ware apostels
en profete), alhoewel jy MY Apostels en Profete spot, stuur EK vir jou hierdie
profesie; dit is jou keuse wat jy met die woorde doen. Jy sal aanspreeklik gehou
word omdat jy hierdie ‘n sekte noem, omdat jy dit wat goed is boos noem en wat
boos is goed noem. Want hierdie is nie die werk van ‘n persoon se hande nie,
hierdie is die werk van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees).
Jy is waarlik besig om die genade van YAHUSHUA te beproef. EK het jou verswakte
gesondheid verleng maar EK sê nou vir jou pasop jou gesondheid het die lyn
oorgesteek na geleende tyd. As jy volhou om MY gesalfdes aan te raak en MY
Apostels en Profete en hierdie bediening en ander ware apostoliese bedienings
skade aan te doen, sal jy maai wat jy saai. EK waarsku jou dat jou mond soos ‘n
oop graf is en jy het die graf gevul met ‘n oorvloed vullis terwyl jy jou haat,
woede, geskinder, beswadderings, boosaardigheid, jaloesie, afguns, rassisme en
antichris gees uitstoot. Pasop, want jy laster die RUACH ha KODESH.
Jy het ‘n godsdiens gees en nie ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met die
een wie jy jou Verlosser noem nie, maar EK ken jou nie meer as MY Kind nie. Jy
het so ver afgedwaal. Jy is soos die Verlore seun en die wêreld is jou varkhok
alhoewel jy kerk bywoon. Die kerk wat jy bywoon is slegs 'n formaliteit en jy en
ander gebruik dit as afgode. Daardie pastoor is nie die goeie herder nie. EK,
YAHUSHUA, is die enigste Goeie Herder en Redder.
EK alleen het daardie prys op Golgota betaal. EK sal hierdie woorde gebruik om
ander te waarsku, alhoewel dit jou haat vir hierdie apostoliese diensmaagd is
wat MY woede laat opvlam het omdat jy sê jy sal haar en hierdie bediening
vernietig? Jy en watter weermag van satan? Jy kan nie vernietig wat EK Almagtige
God, gebou het nie. Pasop al die vyande van hierdie apostoliese bediening en
ander ware apostoliese bedienings want EK het hierdie bediening opgerig as ‘n
seën vir die wêreld en nie om ‘n vloek te wees nie. En tog sal die wyse waarop
jy hierdie dienaar en bediening behandel die manier wees waarop EK sal
terugbedien aan jou. Jy is gewaarsku en EK stuur altyd MY Apostels en Profete om
te waarsku voordat EK MY Oordeel stuur.
EK vermaan, bemoedig sowel as bestraf en waarsku om te bekeer alleenlik diegene
wie se harte nie so koud soos die bose farao s’n is nie sal ore hê om te hoor.
Wanneer mense na jou kyk dink jy regtig hulle sien vir YAHUSHUA? Jy bedroef my,
want kerkbywoning gaan jou nie in die Hemel bring nie en ook nie hoeveel tiendes
jy gee nie. EK is nie beïndruk met julle kerkbank verwarming, julle modeparades,
of julle klieks nie.
EK is Almagtige God en EK was tot dusver genadig maar jy toets MY geduld wanneer
jy teen hierdie apostoliese diensmaagd praat en vir Shandra minag wat ‘n magtige
vrou van God is en ook ‘n profeet van MY. Jy sien die kind in haar en weier om
die 19 jarige vrou raak te sien. EK is bedroef wanneer EK die woorde hoor wat jy
sê wat haar sny tot in die murg van haar gebeente. EK is die een wat haar hoor
huil wanneer sy verlang na liefde en waardering en tog dink jy sy is te koop?
Watter pryskaartjie hang jy op haar? Sy is onskatbaar in MY oë en MY dogter se
oë.
EK het MY diensmaagd, Sherrie [Elisheva Sherrie] opgerig, en alhoewel die kleur
van haar vel verskillend is as joune, deel beide van hulle MY RUACH ha KODESH
met 'n begeerte om ander lief te hê en te seën en hulle Hemel toe te lei.
Hierdie gaan nie oor ‘n denominasie nie maar oor ‘n persoonlike verhouding met
YAHUSHUA. Watter soort verhouding het jy werklik met MY? Watter soort geloof het
jy werklik in MY?
Jy sê jy glo die Bybel en tog bewys jy die teendeel deur die woorde wat jy nou
uitspreek teen MY dogter en die een wat jy jou dogter noem, en MY ander
bedienaars wat jy beswadder? Pasop, want jy beswadder nie ‘n persoon of persone
nie. Wanneer jy hierdie gesalfde Messiaans-Joodse Apostoliese bediening [bedienaar]
aanraak of ander gesalfde Apostoliese Bedienings beswadder insluitende die ander
kerk van Shandra, beswadder jy die een aan wie die bedieninge behoort en dit is
die Groot God YAHUVEH en die RUACH ha KODESH.
Moenie kritiseer wat jy nie verstaan nie dit is beter om jou mond te bedek en
nederig te wees. EK het vir Shandra ‘n geestelike moeder gegee omdat jy haar nie
liefhet, versorg, onderrig en bemoedig in die weë van die Here nie. EK,
Almagtige God YAHUVEH waarsku jou dat jy louwarm is en EK ken jou hart en
motiverings wanneer jy die kerk besoek en dit is vir een rede, en dit is omdat
jy opgeblaas is met trots en wil hê dat almal moet dink jy is heiliger as wat jy
is.
Jy is van die Fariseër-Gees. EK ken jou hart en dit is boos en EK hoor jou
vloeke en uitbarstings teen MY en teenoor hulle wat waarlik geseënd is. Jy
oordeel ander deur die dikte van hulle beursies en oordeel hulle nie aan die
vrugte van MY RUACH ha KODESH nie. Wees gewaarsku, MY dogter is na jou toe
gestuur met hierdie profesie al haat en spot jy haar en ander sal jy
aanspreeklik gehou word vir wat jy nou weet.
Luister waar jou volgende tuiste sal wees AS jy voortgaan in jou louwarm weg. (Kyk
na ‘Citizen in Hell’). EK sal jou uit MY mond braak en die hel sal jou volgende
woning wees. Bekeer, vyande van MY, julle ken nie die Apostoliese Diensmaagd wat
julle aanraak nie, ook nie die Heilige Vloeibare SalwingsVuur wat op haar en
hierdie bediening is nie. Maar jy sal weet terwyl EK gate in jou sakke sny en
alles wat verkeerd kan gaan, gaan verkeerd. Jy sal gedwing word om toestelle te
vervang wat nie vervang moes word nie. Jou voertuie sal duur herstelwerk benodig.
Jy het nie meer die guns of gees van groot-vertoon wat ander geflous het nie en
hulle sien jou vir wie jy is. En jy sal in die spieël kyk en die beeld haat wat
jy sien en jy sien jouself verouder voor jou oë. Terwyl jy dokter toe gaan en
slegte verslae ontvang, sal jy die dag onthou; toe jy MY Dogter en Apostel
Sherrie Elijah [Elisheva Sherrie Eliyahu] ontmoet het. Jy sal onthou en die dag
berou toe jy haar probeer vervloek het en hierdie bediening probeer vernietig
het asook ander soos hierdie! Jy sê dat jy jou privaat speurders het? Jy weet EK
ken die waarheid en nogtans hou jy aan om op MY Dogter te lieg en haar en
hierdie bediening te beswadder terwyl jy haar glad nie ken nie. Hou op ander
probeer in-sleep om in jou straf te deel.
MY Apostel doen slegs MY wil en is lief vir MY dogter Shandra en ander, met ‘n
liefde wat EK vir haar gegee het en onderrig hulle in MY Heilige weë in die
bybel, sy doen Shandra, of hulle, geen skade nie. Maar jy noem jouself ‘n moeder
en tog is jy geen moeder hoegenaamd nie. Dit verg meer as om geboorte te skenk
aan ‘n kind om die woord moeder te verdien. Omdat jy MY apostoliese diensmaagd
gespot het toe sy deur tye van beproewing gegaan het sal jy nou die smart ken
wat sy gely het en jy sal die trane huil wat sy gestort het, want EK het die
laste van MY Dogter gelig maar jy sal nou die volle las dra. Selfs die
skeidingswaard sal op jou huishouding kom en jou eie man sal na jou kyk in
walging en skaamte. Bekeer!
Jy het hierdie dinge oor jouself gebring soos Deut 28:19 dit duidelik verklaar
aan almal wat MY Woord minag. Jy sal vervloek wees wanneer jy ingaan en vervloek
wanneer jy uitgaan. Die seëninge sal nie meer daar wees nie. Jy het die geeste
gebruik van manipulasie, intimidasie en die gees van vrees om jou eie sin te kry.
Selfs jou eie man, al probeer hy beswaar maak ken jou ware hart van vernietiging.
Jy dink jou manier is die enigste manier, maar, kom terug na MY toe terwyl daar
nog tyd is en laat ons die saak uitmaak, bekeer en draai weg van jou bose weë.
Die vrou wat jy as ‘n vyand beskou is slegs MY boodskapper wat MY woorde
voortspreek, EK kan al hierdie vloeke verander in seëninge as jy maar net MY
Woord wil glo wat jy vir soveel jare gehoor het, en tog glo jy nie eens EK is
dieselfde God gister, vandag en môre nie. Hou op om MY gesalfdes aan te raak en
MY Profete skade aan te doen. EK het jou gesondheid aangeraak om jou aandag te
kry, wat meer moet EK doen? Want EK tugtig diegene wat EK liefhet. Hoeveel meer
straf moet EK vir jou gee om te maak dat jy sal erken dat MY weg en nie jou weg
nie die enigste manier is om die Koninkryk van die Hemel binne te gaan?
Leer van MY Apostels en Profete, want in hulle rus MY salwing. Hou op om na
Shandra te kyk as ‘n kind, sy is soos ‘n arend wat leer om te vlieg, en
binnekort sal sy sweef saam met die ander arende en voor-af bestemdes. Hou op
probeer om die magtige vrou van God terug te hou anders sal EK jou
verantwoordelik hou.
* * * * * *
20/4/01. ‘n Aanstoot vir Sommige, Verligting vir Ander, hierdie diensmaagd van
YAHUSHUA
Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]