Profesie 5
Julle Is My Verborge Skat, Julle Is My Verborge Wapen!

Gegee aan Eerw. Elisheva Eliyahu 14 Maart 1997

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Ek het in die RUACH ha KODESH se tale begin bid en die volgende ding wat ek weet, het YAHUVEH my gesalf en die onderstaande boodskap het uitgekom. Alhoewel ek gedink het dat dit net vir Daniël sou wees, het dit geblyk dat dit vir baie bedoel is. Wees geseënd terwyl julle hieronder lees en kyk of die RUACH ha KODESH nie vir julle wys dat dit vir julle ook is nie.

As julle aanhou om MY aangesig te soek en vir MY vra, "Wanneer sal U my gebruik?" Dit is vir wie hierdie boodskap is. As julle MY stem in hierdie profesie hoor, dan is hierdie boodskap vir julle, MY Seuns en Dogters. MY Gees sal in julle bevestig of hierdie boodskap vir julle is. Want dit sal tot die gees in julle getuig. Al die ander sal doof bly en dit sal slegs woorde wees. Hulle sal twyfel of dit regtig YAHUVEH is wat deur hierdie Diensmaagd spreek. Julle is reg, as dit is hoe julle voel, is dit nie vir julle bedoel nie.

* * * * * * *

MY Liefste Kinders, julle is soos 'n verborge skat, julle is soos 'n verborge pylkoker met pyle, wanneer hulle slegs 'n boog sien. EK sal julle gebruik om kragdadig te spreek en julle sal doen wat julle suster nou doen, julle sal waarsku oor die komende oordeel. Julle is ook 'n wagter op die muur. Kyk vir die tekens in die lug, soos Elia gedoen het, want julle sal gewaarsku word en gee dit dan aan ander deur. MY Kinders, EK het julle gesalf om die gawes wat EK vir julle gegee het, te deel. Julle het nog nie die vrymoedigheid gehad om dit te doen soos wat EK julle gesalf het om te doen nie. Maar EK het op hierdie dag bepaal dat julle MY Diensmaagd ontmoet en haar gawes en julle gawes het een geword. Julle het mekaar se gawes opgewek. Moenie dink dit is toevallig nie, want julle is een in MY Gees.

MY Woord wat in julle is brand soos 'n vurige swaard. Die tweesnydende swaard sal diep sny. Daar is baie vuur in julle beendere opgesluit en julle weet nie wat om daarmee te doen nie. Begin dit uitspreek. MY Woorde kan nie leeg na MY terugkeer nie, dit moet doen waarvoor EK dit uitgespreek het om te doen. EK het vir julle baie in die geheim vertel en julle het dit nie met ander gedeel nie. Dit is nou tyd om die trompet te blaas en te waarsku oor die komende oordeel oor hulle wat spot en ignoreer. Maar 'n tyd van seëninge vir hulle wie gehoorsaam en MY aangesig nederig soek, hulle wie luister vir MY stem en MY Skape ken MY stem en gaan na geen vreemdeling toe nie. Hulle het niks om te vrees nie.

Alhoewel die dood hulle omring, en jy hulle vertel, sal dit nie diegene benadeel wie MYNE is nie en as hulle martelare word sal die bloed in die grond ingaan en slegs meer Paulusse voortbring wie eers Saulusse was en meer Stefanusse sal gebore word. Julle is soos 'n Stefanus; julle is MY geheime wapen wat EK weggesteek het. EK sê weer, julle ken MY stem en julle het vanaand bevestiging ontvang van een van MY ander Profete. Julle sal en word kragdadig gebruik vir diegene wat julle alreeds aangeraak het. Moenie die begin van klein dingetjies verag nie want selfs 'n magtige eikeboom het as 'n klein saadjie begin. Julle is soos 'n magtige eikeboom van geregtigheid, MY geregtigheid. Julle is nie opgepof met trots nie, en EK sal dit ook nie toelaat nie, want EK sal julle van jul troontjie af slaan as julle selfs net probeer. Julle het nederig voor MY gebly en EK het julle so baie lief, want EK sien julle studeer tot laat in die nag, EK voel julle alleenheid aan as julle wonder waar julle hoort.

Die voetstappe van die Godvresendes is deur YAHUVEH georden. Hou aan om in MY voetspore te volg en lei ander na MY toe. Volg MY voetstappe en lei ander na die kruis op Golgota. Volg MY voetstappe en lei ander na die poorte van die Hemel. EK het julle geleer, nie 'n mens nie. EK het julle georden, nie 'n mens nie. Julle is MY verborge skatte, MY verskuilde wapen en EK sal julle kragdadig begin gebruik in hierdie eindtye, en moenie mislei word nie, dit ìs die eindtye. Maar nie die einde vir MY Kinders nie, vir hulle is dit 'n wonderbaarlike nuwe begin.

'n Tuiskoms gaan plaasvind en kyk na al MY Kinders wat rondom die bankettafel vergader is. Ja, MY Seuns en Dogters, julle sal rondom die bankettafel vergader, gouer as wat julle weet of dink. Eers begin die insameling van die oes, want dit is so groot en die arbeiders is so min. Die spottery word harder soos wat EK hoor hoe leraars, wie voorheen MY Evangelie gepredik het, nou hulle eie evangelie verkondig. Hulle noem hulself gode. EK sal aan hulle bewys wie GOD YAHUVEH is. Hulle sal dit berou omdat hulle dit ooit gepredik het want baie het afgedwaal as gevolg van hierdie leuen. Baie het gesterf en was verbaas omdat hulle MY nie ontmoet het nie; instede daarvan is dit die bose een wat hulle sien. Maar moenie mislei word nie, want EK word nie maklik bespot nie. Baie leuens is vertel deur hierdie geestelike leiers vir wie julle eens kon vertrou. Hulle sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle weet. Hulle verkondig opstandigheid en het dit as evangelie geëtiketeer. EK vertel vir julle, hulle sal op 'n kragdadige manier boet. Want hulle noem MY Vader en weet nie eers wie EK is nie. Maar nie julle nie, MY Seuns en Dogters. Nie diegene wie MY stem herken deur die profetiese boodskappe wat EK deur MY Diensmaagd spreek nie.

MY Skape sal MY stem ken. Alhoewel die vreemdeling se stem wat hulle hoor van 'n gerespekteerde pastoor kom, of 'n geestelike leier, wat julle in die verlede kon vertrou, maar nie meer nie. Moenie na 'n mens kyk as julle geestelike leier nie maar kyk slegs na YAHUSHUA alleen. Is dìt wat hierdie geestelike leiers sê, in lyn met die Heilige Woord van YAHUVEH of neem hulle dit en verdraai dit om die mens se beeld te pas? Julle moet na die RUACH ha KODESH draai en hy sal julle in die waarheid lei en vir julle geestelike oë en ore gee om te hoor. Vertrou 'n leier net totdat die RUACH ha KODESH sê nie meer nie. Baie bedienings is besig om reg voor julle oë te val. Dit is slegs die begin van die jaar en wat EK geprofeteer het is besig om plaas te vind en meer sal val voordat hierdie jaar eindig. Moenie oor die gevalle bedienings of leraars treur nie, want hulle was gewaarsku.

Treur oor die skape wat mislei was en MY nou nie meer vertrou nie. Treur oor die skape wat in die wolwe se lêplekke instroom en hulle sal verslind, omdat hulle 'n masker van 'n skaap dra. Hulle sal hulle verslind want die skape word weereens in die vyande se kampe verstrooi deur hulle jeukende ore. Bewaar julle ore MY Kinders. Bewaar julle oë. Moenie mislei word deur wat 'n tong spreek nie, want al klink dit so glad soos heuning, onderskei die Gees wat dit uitspreek. Onderskei met julle oë, is dit in lyn met die Woord van YAHUVEH? Dink hulle, 'aha, ek het nou so baie gestudeer, ek het 'n nuwe openbaring' en daardie openbaring bring julle nie nader aan MY nie, maar veroorsaak dat julle weggaan van MY af. 'n Ware geestelike leier sal julle nader bring, bemoedig en versterk. 'n Ware geestelike leier is nie opgepof met trots nie.

Hulle weet hulle is nie 'n GOD nie, nie eers 'n kleintjie nie. Hulle weet wie hulle is; hulle is na MY beeld geskape, bedoelende hulle het 'n neus, oë en ore. Komaan; kyk in die spieël, julle weet wat 'n weerkaatsing is.

Moenie toelaat dat hierdie dwase onderwysers julle mislei nie. Julle is aangeneem, EK het slegs een Eniggebore Seun, het EK nie? Maar alhoewel julle aangeneem is, het EK julle net so lief soos wat EK MY Eniggebore Seun het. Vertel vir ander waarvan EK vanaand praat want alhoewel dit begin het vir een, het dit verander in woorde vir baie. EK is YAHUVEH, julle GOD en EK mors niks nie. Selfs hierdie gesprek was vooraf bepaal. Julle ontmoeting was vooraf bepaal.

EK sê nou vir julle, YAHUSHUA kom vir SY Bruid, en hulle wie HOM nie verwag nie, sal AGTERGELAAT word! Hulle wie leef asof HY nie enige dag gaan terugkom nie, sal AGTERGELAAT word. Raak doenig met MY dinge en doen die werk waarvoor EK julle geroep het om te doen. Maak nie saak of hulle glo of nie, los dit tussen hulle en MY. Hulle het ook nie in die dae van Noag geglo nie. Soos in die dae van Lot het hulle nie geglo nie, maar moenie mislei word nie, die stem in hierdie profesieë spreek tot MY Kinders, en EK sal nie toelaat dat hulle mislei word nie, tensy hulle so verkies.

Hoe meer tekens EK van MY toorn stuur, hoe groter sal die woede opstyg teen die Profete wie hierdie boodskappe uitspreek. Maar weet dit, EK stuur altyd die Profete om te waarsku, terwille van MY liefde en genade. EK wil nie hê dat enigiemand moet swaarky of omkom of ewige verdoemenis ly nie. So, blaas weereens die trompet, hulle wie geestelike ore het om te hoor, sal MY stem duidelik hoor en al die ander sal doof en blind bly. Dit is hulle keuse nie julle s'n nie.

* * * * * * *

Gegee aan hierdie erdekruik op 14 Maart 1997.
KOM YAHUSHUA, KOM!
Eerw Elisheva Eliyahu