Profesie 80
Bruid van YAHUSHUA, Bid Dat EK, YAHUVEH, Julle Vyande Stuur na die Parskuip van MY Woede!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 18 Januarie 2006 - 1:40 in die oggend


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Bruid van YAHUSHUA, moenie langer julle pêrels voor die swyne van die wêreld gooi nie. Sommige swyne is weggesteek agter kansels, die ryk en beroemdes wat hulself Christene noem, selfs op julle luggolwe. Hierdie swyne is in alle denominasie godsdienste. Soos die Fariseërs nie vir YAHUSHUA verstaan het nie en HOM dood wou hê, ewemin sal diegene met die gees van godsdiens wat ‘n deel is van die kerke van Babilon jou nou verstaan. Hulle sal jou Shkhinah Heerlikheid lig vermy.

Bruid van YAHUSHUA, die jaar van 2006 moet julle bid vir die vrede van Jerusalem op 'n manier wat julle nog nie vantevore gedoen het nie. Besef terwyl julle bid vir die vrede van Jerusalem, dat julle bid vir die Prins van Vrede wie MY Seun YAHUSHUA is om SY koms te bespoedig en hierdie aarde te regeer as Koning van Konings, alles-verwyderend wat onheilig is van hierdie aarde af vir 'n vasgestelde en bepaalde tyd. Bruid van YAHUSHUA, besef terwyl EK, YAHUVEH, julle beveel om hierdie te doen, besef dat YAHUSHUA nie kan terugkom en heers en regeer totdat Yisrael grootliks ly nie. Vele geweeklaag, geween, smarte, en bloed sal voortvloei en net EK, YAHUVEH het vooruit geweet wat dit sou neem om Yisrael sover te kry om weer te wandel in gehoorsaamheid aan MY Torah Wette wat EK vir hulle gegee het deur Moses, en om MY, YAHUVEH, lief te hê, waar hulle nie meer bang is om MY Gewyde Naam voort te spreek waar daar gesalfde Krag is nie.

Hulle sal die leuens bestraf wat oorgedra was aan hulle. Yisrael sal YAHUSHUA erken as nie alleenlik YAHUVEH se Seun nie maar ook die enigste MASHIACH (Messias). Hulle sal die Heilige Bloed Offer aanvaar wat YAHUSHUA se geskenk is wat HY gegee het by Golgota, SY reddende, bevrydende, genesende, opstandingskrag in die Bloed van die enigste perfekte Lam van YAHUVEH. Yisrael sal nie die Prins van Vrede weer sien kom na hulle nasie toe totdat hierdie gedoen is nie. satan sal ‘n vals vrede stuur vir 'n kort rukkie om hulle te mislei maar dan sal dit wees asof Hel losgebreek het rondom hierdie wêreld wanneer daardie kort tydjie verby is.

Yisrael, julle sal terugkeer na julle Skepper en MY weereens liefhê en gehoorsaam. Yisrael onthou Koning Dawid van ouds en onthou wat hy gedoen het om die oorloë wat hy gewen het te oorwin. Hy het homself verneder voor MY, YAHUVEH, en Lofsang en Aanbidding is wat die oorwinning gebring het vir die Yisraeliete van ouds. Bruid van YAHUSHUA, julle moet bid dat Yisrael weer Heilige heersers begeer wat MY, YAHUVEH, liefhet en gehoorsaam. Wanneer Yisrael MY, YAHUVEH, weer gehoorsaam en liefhet, soos Abraham, Isak en Jakob gedoen het, dan sal EK teruggee wat by Yisrael gesteel was, dan sal EK Yisrael verlos uit die hande van die vyande.Yisrael is 'n beker van bewende verskrikking vir hierdie ganse wêreld want dit is waar die eindtyd geveg gestry sal word, goed teen kwaad. satan sal sy seun stuur om die wêreld te regeer vanaf hierdie een nasie want satan bespot MY en vervals alles wat EK, YAHUVEH, doen.

EK, YAHUVEH, het MY Seun YAHUSHUA gestuur met MY Gees om siele na die Hemel te lei en satan stuur sy gees om al diegene te mislei wat sal luister en die gees sal volg van rebellie teen alles wat waarlik Heilig is, wat hulle na die Hel lei, hulle verlok met 'n Merk. Soos YAHUSHUA diegene gemerk het wat waarlik aan HOM behoort, wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie wêreld, so ook het satan diegene gemerk wat aan hom behoort en sal hulle fisies weer Merk, bewysend diegene wat hom volg het hulle name in die boek van die vervloektes of die boek van die uitgewistes. Niemand wat satan se merk neem sal ooit in die Koninkryk van die Hemel ingaan nie.

Yisrael sal nooit ware vrede ken nie totdat sy sê, “Geseënd is HY wat kom in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.” EK stuur die Bruid van YAHUSHUA nou om te bemiddel en te bid vir Yisrael en vir mekaar en EK, YAHUVEH, spreek ‘n bruidskat voort deur hierdie diensmaagd van 'n nuwe salwing aan julle gegee deur YAHUSHUA vir SY Bruid as hulle kan glo in geloof.

Bruid van YAHUSHUA, nou moet julle glo in geloof wat hierdie woord voortpreek, maar binnekort sal julle selfs nie meer geloof hoef te hê om dit voort te spreek nie, julle sal weet dat julle weet, want soos Elia van ouds sy vyande verteer gesien het voor sy oë, so ook sal julle dieselfde sien. Julle sal oor die as loop van die vyande van heiligheid en nie terug kyk nie.

1 Konings 18:40

Maar ElíYah sê vir hulle: Gryp die profete van Baál! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en ElíYah het hulle afgebring na die spruit Kieshon en hulle daar geslag.

EK, YAHUVEH, het oorlog verklaar teen planeet aarde waar onheiligheid oorvloedig is. EK, YAHUVEH gee hierdie nuwe outoriteit nou. Wanneer gebid word tot MY in MY Seun YAHUSHUA se Naam kom onverskrokke voor MY en vra dat Yisrael se vyande in die parskuip van MY Woede gegooi word. Die tyd kom o so spoedig, so EK waarsku die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilof Fees van die Lam nou deur hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA. satan sal sy vals vrede stuur, eerstens om die ware Prins van Vrede te bespot, pogend om die wêreld te mislei en te Merk met sy Merk. satan het selfs 'n dag van die week vasgestel vir hierdie Merk om gegee te word. Diegene met ore om te hoor en luister, Pasop vir die mensgemaakte Sabbat. EK het MY Profete gestuur om te waarsku die tyd sou kom wanneer almal moet kies watter GOD hulle sal dien. Daar kom baie binnekort 'n seun van verderf wat meer gaan doodmaak as julle ergste diktators. Hierdie seun van verderf sal kom in 'n vorm wat julle nie dink nie. Hierdie seun van verderf sal kom met 'n haat vir enige iemand wat 'n ander Messias erkenning gee. Hierdie seun van verderf het 'n haat vir almal wat waarlik Heilig is en YAHUSHUA aanvaar het as MESSIAS.

1 Johannes 2:18

Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antimessias kom, bestaan daar ook nou baie antimessiasse, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

Johannes 2:22

Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat YAHUSHUA die Messias is? Dit is die Antimessias wat die Vader en die Seun loën.

1 Johannes 4:3

en elke gees wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie, is nie uit YAHUVEH nie; en dit is die gees van die Antimessias waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

2 Johannes 1:7

Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat YAHUSHUA in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antimessias.

MY Heiliges sal MY, YAHUVEH, nie verraai nie en ook nie vir YAHUSHUA ha MASHIACH nie. Net diegene met die gees soos 'n Judas sal die Merk aanvaar asook die belonings gegee deur satan wat van korte duur is. Yisrael sal altyd staan. Niemand sal haar ooit van die kaart afvee nie, want MY Seun YAHUSHUA sal SY voete plant op die Olyf Berg en heers en regeer vanuit Jerusalem. EK het 'n eed afgelê en Yisrael sal nooit heeltemal verwoes word nie. O maar hoe anders is dit wel vir diegene wat saamsweer teen Yisrael soos 'n Judas of wie gesê het hulle sal Yisrael van die aangesig van die kaart afvee. EK, YAHUVEH, is die enigste een wat die reg het om Yisrael te straf, soos 'n opstandige kind. Diegene met die gees van 'n Judas en Haman (Ester 3:1-6) moderne tyd se Hamas sal maai watter skade ookal gedoen word aan Yisrael (Ester 8:7).

Terwyl die Bruid van YAHUSHUA, wie MY Ester is, bid vir die vrede van Jerusalem, besef terwyl julle dit doen bespoedig dit alles wat voortbestem was. Die koms van die seun van satan, wat die seun van verderf genoem word, julle bespoedig ook die Groot Verdrukking, terwyl julle die koms van YAHUSHUA bespoedig om te heers en regeer uit Yisrael en te sit in die Heilige Tempel. Wanneer julle sê, "Kom YAHUSHUA, kom gou," besef die nuwe salwing terwyl julle hierdie woorde voortspreek in gesalfde gebed. Soos Haman elke Jood wou doodmaak, so ook wil sataniese heersers op hierdie aarde en hulle sal ook elke Messiaanse Jood wil doodmaak wat YAHUSHUA aanvaar het as die enigste MESSIAS. Esegiël 9 het reeds begin. My Heilige Mense word verseël deur MY hand alleen. EK waarsku nou vooraf, verwoesting is oppad vir die onheiliges en verworpelinge. EK het 'n oorblyfsel in Yisrael wat weggesteek is en tog deel is van die lede van die Bruid van YAHUSHUA. Nou is die tyd om op te staan en hierdie een te kontak uit wie EK hierdie woorde spreek, want julle is een.

Van hierdie jaar af vorentoe, sal julle die verraad sien van hierdie wêreld se regerings meer as wat julle ooit voorheen gesien het. Wat EK, YAHUVEH, ookal verklaar het as 'n gruwel vir MY sal gepronk word in MY gesig deur die verworpelinge vir die ganse wêreld om te sien. Nasies sal teen mekaar draai in woorde en oorloë met 'n dors vir mag, gierigheid en bloed, met 'n onversadigbare dors soos bloedsuiers of bloed suiende vampiere, politici wat swak verskonings maak om mekaar te vermoor en oorlog te voer. O hoe lank rebelse mense van hierdie aarde, dink julle kan julle jul vuiste bal vir MY, YAHUVEH, julle Skepper, en MY Manne en vroue van Heiligheid terwyl julle MY Heilige skrifte vertrap onder julle voete in bespotting en haat vir alles wat Heilig is? Hoe lank dink julle sal EK wag voordat julle mense van rebelsheid die lot sal ly van Sodom en Gomora?

EK, YAHUVEH, het vir julle kanse gegee om te bekeer, veral jy o Amerika, en tog vermeerder julle sondes net elke gruwel erger as die vorige een. EK, YAHUVEH het julle geskape, o Yisrael en Amerika om apart gestel en heilig voor MY te wees, seëninge oor julle en julle land uitgestort en mense het floreer en julle weer het EK geseën ter wille van julle oeste. Van hierdie jaar af vorentoe, sal EK die weer draai teen sekere dele van die aarde dit gebruik as 'n vyand teen MY vyande in 'n groter maat as in 2005. O Yisrael en Amerika, julle is 'n nasie wat geskape was om 'n leier te wees. Nou lei julle ander nasies in rebellie en gruwels.

Julle ander nasies het toegekyk en geweier om te luister en gehoorsaam te wees, so EK het julle ore bedek en julle oë toegemaak terwyl EK gepraat en gebrul het deur die vure, hael, orkane, vloede, tornados, droogtes, aardbewings, tsunamis en vulkane. Julle het geweier om te luister toe EK MY een voet op die grond gestamp het en die aarde laat bewe het in vrees so hewig nou dat die einste rotasie van die aarde steier soos 'n dronkaard. Wat sal julle sê as EK albei voete stamp in woede? Nasies wat MY Heilige mense slag asof hulle skape is wat ter slagting gelei word huil nou vir hulleself wanneer EK die aardbewings en tsunamis en oordeel stuur vir die moord van onskuldige Christene wat geen bloed op hulle hande gehad het nie, mans vrouens en kinders was en word vermoor as gevolg van een rede hulle weier om YAHUSHUA ha MASHIACH te verloën wie hulle Jesus Christus genoem het wie die MESSIAS is en MY, YAHUVEH se enig verwekte Seun.

Alle nasies insluitend Indonesië, EK het julle bloed en julle geliefdes geëis want julle het die lewens geëis en geneem van ware Heilige Christene. En so sal dit voortgaan na die mense van alle nasies van hierdie aarde. Julle sal maai wat julle saai; as julle Heiligheid en gehoorsaamheid saai tot MY Heilige Skrifte en MY, YAHUVEH, julle Skepper stel en YAHUSHUA erken as MY, YAHUVEH se Seun en julle MESSIAS, sal julle MY seëninge oes uit die Hemel. 2006 sal julle Jubeljaar wees as julle kan glo en geloof het in YAHUSHUA se Naam dat EK, YAHUVEH, julle sal verlos van MY toorn wat kom veral vir die getroue Bruid van YAHUSHUA wie EK MY Ester noem.

1 Tessalonisense 5:9

Want Elohiem het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die verlossing te ontvang deur YAHUSHUA ha MASHIACH.

Hierdie het EK, YAHUVEH, verklaar die van julle wat onheiligheid saai, verskonings maak om sondige leefstyle te leef, onskuldige bloed te vergiet, bespotting, rebellie, julle dienskneg kinders van satan wat weier om te bekeer van julle toorkunste, heksery, voodoo, satanisme, en alle vorms van die okkulte insluitend nekromansie, in MY parskuip van woede, MY vleismeule, sal julle ingaan. Julle verworpelinge wat lief is om te moor en oorlog te maak, wie die geeste aanbid van rebellie, diefstal, dood en verwoesting, moord en gierigheid. Julle verworpelinge wat stenig, vermoor, martel, wat MY Heilige Saad aanval en in die tronk gooi, hulle forseer om martelaars te word, binne-in MY, YAHUVEH se parskuip van woede, binne-in MY vleismeule sal julle gaan.

Openbaring 19:15
En uit SY mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en HY sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en HY trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van YAHUVEH, die Almagtige.

EK, YAHUVEH, sal diegene seën wat 'n seën is vir MY Seun YAHUSHUA en diegene wat MY Kinders van Heiligheid seën. EK, YAHUVEH, sal diegene vervloek wat 'n vervloeking is vir MY en MY Geliefde Seun YAHUSHUA en EK sal MY vloeke stuur van Deuteronomium 28 oor al diegene wat skade berokken of die vernietiging en dood wil hê van YAHUSHUA se Bruid, MY Ester. EK, YAHUVEH, sal MY Heilige mense seën met Deuteronomium 28 seëninge gereserveer vir YAHUSHUA se Bruid, wie die RUACH ha KODESH Heilige Vuur openbaar. EK deel MY geheime met MY gesalfde en ware apostels en profete. EK, YAHUVEH, sal al MY vloeke stuur van Deuteronomium 28 oor almal wat beweer hulle dien MY Seun YAHUSHUA maar in plaas daarvan in woord en daad satan dien en weier om MY te gehoorsaam en 'n vervalsing van die salwing openbaar wat vreemde vuur genoem word en hulle siele verkoop het soos 'n Esau vir roem en rykdom, wie MY Heilige Skrifte inboet, dwaling en die duiwelse leerstellings onderrig.

Die volheid van MY RUACH ha KODESH word nie gevind in enige bedienaar wat inboet wat hulle weet is waar nie of skrifte en MY gebooie verdraai om gelykvormig te word om die mens te behaag of die Regerings van hierdie wêreld nie. Moenie mislei word nie. EK, YAHUVEH, het MY nie bedink oor wat sonde is of waar onbekeerde sondaars die ewigheid spandeer nie. Julle sedes en interpretasie van sonde mag verander maar EK is wie EK is en EK, YAHUVEH, verander nie en ook doen MY Seun YAHUSHUA nie. EK, YAHUVEH, het die twee tablette van wette geskryf genaamd die gebooie in klip met MY eie vurige vinger hulle gegraveer en EK het hulle oorhandig aan Moses (Moshe). Dwase om te dink EK het MY Seun YAHUSHUA gestuur uit die Hemel om hierdie wette te verander insluitend die wette van MY Sabbat Dag.

In 2006 en hierna, sal MY Heilige mense groei in Heiligheid hard daarna strewe om MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, te gehoorsaam, lief te hê en te dien in alle weë. MY Heilige Mense sal nie ‘n kompromie aangaan met die vyand nie. Die Bruid van YAHUSHUA het MY permissie en gesag om hulle te beroep op MY, YAHUVEH, in YAHUSHUA se Naam en MY te vra om die demone wat hulle teister binne-in MY Hemelse parskuip van woede te sit genoem MY vleismeule, demone wat gestuur was wat julle teister of julle verloste geliefdes of die verloste mense. Julle was 'n mandaat gegee om te bemiddel in gebed vir bevryding.

Bruid van YAHUSHUA, roep MY aan om julle te bevry van die menslike diensknegte van satan wat julle dood en vernietiging wil hê. Kom voor MY troon met vrymoedigheid en sonder sonde en vra MY in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, om MY julle Abba YAHUVEH in YAHUSHUA ha MASHIACH te vra om hierdie verworpeling vyande van MY en van julle in MY vleismeule, die Parskuip van MY Woede te sit. Diegene wat waag om hulle vloeke, towerspel en heksery te werp en allerhande boosheid doen om te probeer om die Bruid van YAHUSHUA wat MY verseëldes is seer te maak te verwoes of dood te maak. Wraak is MYNE, sê YAHUVEH. EK sal die vyande van die Bruid van YAHUSHUA terugbetaal en hulle fynmaal in sewe verskillende rigtings.

Bruid van YAHUSHUA, julle moenie wraak neem wanneer hierdie menslike dienaars van satan julle seermaak nie. Bruid van YAHUSHUA, vergewe julle menslike vyande maar lewer hulle oor in MY, YAHUVEH se hande. Dit is 'n skrikwekkende ding om in MY, YAHUVEH se hande te val. Julle mag nie wraak neem nie maar laat EK, YAHUVEH, wraak neem vir julle. EK, YAHUVEH, sal al julle verworpeling vyande se verstand, liggaam, gees en siel, fymaal. Daar sal niks oor wees nie behalwe die geluid van krakende bene wanneer EK, YAHUVEH, klaar is met hulle op aarde. Enige vyand van die Bruid van YAHUSHUA is 'n vyand van YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Sommige van hierdie vyande proklameer die naam van Jesus Christus en tog is die Messias se Heilige Gees nie in hulle nie. Hulle is werkers van onheil, wat net hulself flous.

Sommige wat hierdie lees sal sê, "Wie is die Bruid van YAHUSHUA?" EK sê vir julle dit; julle dade spreek harder as julle woorde. Die Bruid van YAHUSHUA aanbid, bemin en bewonder MY en MY Seun YAHUSHUA (bemin ons bo al die ander), verlangend na ons wil in hulle lewens en bid hoe om ONS te dien en ONS te behaag, hoe om 'n glimlag op die gesig te sit van YAHUVEH en YAHUSHUA. Hulle weier om ‘n kompromie aan te gaan; hulle weier om satan se leuens te glo. Die Bruid van YAHUSHUA strewe om MY wette te gehoorsaam soos uitgestippel in die Heilige Bybelse Skrifte. Die Bruid van YAHUSHUA lewe Heilige lewens want hulle is Heilig. Hulle omhels die Joodsheid van YAHUSHUA terwyl hulle MY Sabbat hou en eer en die Heilige Feeste beskou as 'n seën, en hulle vier en YAHUSHUA MESSIAS hulle Bruidegom erken in almal van hulle.

Van hierdie dag af vorentoe beveel EK die Bruid van YAHUSHUA, MY Ester van nuuts, om die Fees van Purim te vier en vrolik te wees. Vier fees en loof MY vir die verlossing van Ester, want sonder haar, hoe sou die bloedlyn van YAHUSHUA voortgekom het? Daar sou nie enige Hebreërs op die aangesig van die aarde oor gewees het as Haman geslaag het nie. Wat Haman eenkeer probeer doen het sal weer gepoog word op dieselfde manier. Belonings sal geplaas word op alle Jode en gelowiges in YAHUSHUA. Daardie selfde Gees het weer gekom deur die Gees van Hitler, so sal dit weer gedoen word, wanneer die seun van verderf kom, wie die seun van satan is. Bruid van YAHUSHUA, bestudeer die boek van Ester.

Bruid van YAHUSHUA, wees weer verbly, EK, YAHUVEH, sê wees bly. Hierdie is die Jubeljaar. Moenie gefokus wees op die oordeel en wraak wat EK gaan uitgiet oor julle vyande, die verworpelinge en heidene nie. Want diegene wat MY Seun YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, aanbid, liefhet, dien en gehoorsaam, julle is gered en gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA en julle is nie bestem vir MY woede nie, maar in plaas daarvan sal julle geseën word as julle maar net, in geloof, glo julle sal jul Jubeljaar ontvang.

Bruid van YAHUSHUA, so baie van julle sukkel met broos, sieklike of verouderde liggame wat oud geword het voor hul tyd, as gevolg van konstante fisiese, emosionele, geestelike aanvalle en aanslae van satan se dienskneg kinders of demoniese geeste. Julle vyande het julle uitgemergel fisies en verstandelik tog geestelik hou julle aan groei en word sterker in YAHUSHUA se Naam en deur SY gestorte Bloed by Golgota.

Wees bly Bruid van YAHUSHUA baie binnekort nou sal julle weggevoer word om YAHUSHUA lewendig te ontmoet in die lug en julle liggame sal verander word in 'n oomblik, in ‘n oogwink. En wanneer julle terugkom, sal julle nie meer verhinder word in brose aardse werktuie van klei nie, maar in plaas daarvan bonatuurlik in krag, jeuglike voorkoms en gesond op elke manier. Niks sal ontmoontlik wees vir julle nie.

Oorwinning oor al julle vyande en elke demoon. As julle kos wil eet kan julle eet soveel as wat julle wil tog is kos nie dit wat julle voeding sal gee nie. In plaas daarvan sal die salwing van die RUACH ha KODESH julle voed. Elke Geestelike Woord wat uit jul mond kom deur die Heilige Skrifte sal julle voed.

Matheus 4:4
Maar HY antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.

Lukas 4:4

Maar YAHUSHUA antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van YAHUVEH.

As julle wil slaap kan julle, maar slaap sal nie nodig wees om julle kragte te herwin nie.

Jesaja 40:31
maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Geen tronk tralies sal julle binne hou nie; geen deure sal julle verhinder om te gaan waarheen EK vir julle sê om te gaan nie. Julle sal liggame hê wat onsigbaar kan wees soos julle dit wil hê; julle kan verskeie vorms aanneem soos julle dit wil. Geen afstand sal onmoontlik wees nie selfs al is dit Hemel toe of 'n ander planeet of na die uit-eindes van die wêreld of selfs die maan. Dit sal so maklik wees as om te dink aan 'n plek en julle sal arriveer. Geen man, vrou, demoon, nie eens satan homself sal julle kan weerhou om te gaan waarheen YAHUVEH en YAHUSHUA vir julle sê om te gaan nie.

Johannes 20:19

En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het YAHUSHUA gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!

Julle sal wees soos Elia en Henog van ouds. Die Bruid van YAHUSHUA sal liggame hê wat nie seergemaak of doodgemaak kan word nie behalwe vir MY Twee Getuies tydens daardie skriftuurlike tyd deur 'n bonatuurlike wapen uit die bodemlose put geïnspireer deur satan. Maar 3 en 1/2 dae later sal MY Twee Getuies weer lewe in daardie Verheerlikte Liggaam en sal opgeneem word om by YAHUSHUA ha MASHIACH die Bruidegom te wees.

Geliefde kinders, moenie vermoeid raak in goed doen en in gehoorsaamheid aan MY, YAHUVEH en julle Messias YAHUSHUA nie hetsy julle die Bruid is of die Gaste. Geseënd is al diegene wat genooi is na die Bruilof Fees van die Lam. Soos julle sien, die bose groei met rasse skrede. Dit bespoedig net YAHUSHUA se wederkoms.

Terwyl julle die onheilige ryk en beroemdes sien wat blote mans en vrouens is wat niks meer as illusies is nie, afgode van hierdie wêreld wat vergeet hulle liggame is maar net van stof gemaak in MY hande en in MY tydsberekening sal EK hulle klei liggame terugstuur tot stof weereens. Tog sal hulle geestelike liggame ly vir ewig in die Hel en dan in die Poel van Vuur vir die sondes wat hulle gepleeg het in hulle aardse liggame. So beny hulle nie.

Moenie mislei word nie, want daar is ‘n ewige prys om te betaal wanneer julle YAHUSHUA en MY, YAHUVEH bespot. Dit is soos om 'n naald te probeer steek in MY, YAHUVEH se oog en EK sal vergeld. En EK sal hulle fynmaal onder MY voete maalvleis maak van hulle lewens tot en met hulle laaste asem op hierdie aarde. Dan sal hierdie vyande die verterende vuur van MY woede voel in die Hel en die Poel van Vuur. EK, YAHUVEH, verdedig MY Seun YAHUSHUA se Bruid die verloste verseëldes op 'n manier wat EK nog nie vantevore gedoen het nie.

Want dit is op hierdie bestemde eindtyd en uur op 14 Januarie 2006, waar EK vir Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] wakker gemaak het en vir haar gesê het nadat 'n menslike vyand wou kom vir haar terwyl sy geslaap het pogend om haar dood te maak deur die geestes ryk, om te bid tot MY en MY te vra om haar verworpeling vyande te stuur na MY Parskuip van woede ook genoem MY Vleismeule. EK het haar gesalf gedurende gebed saam met haar [huishouding] nie net vir hulle nie, maar vir die ganse ware Bruid van YAHUSHUA hulle het ook outoriteit om MY te vra om dieselfde te doen.

Genoeg is genoeg! Die Bruid van YAHUSHUA is nie bedoel om ondervoet vertrap te word deur die dienskneg kinders van satan nie. EK, YAHUVEH, gee hierdie nuwe salwing aan die Bruid van YAHUSHUA. Die dienskneg kinders van satan en die bruid van satan, wat die Bruid van YAHUSHUA aanval, sal die vloeke van Deuteronomium 28 'n duisendvoudig maai en hulle dra soos 'n tweede vel. Hulle sal weeklaag in sielesmart en sê, “As dit nie was vir slegte geluk nie, het ons hoegenaamd geen geluk gehad nie." EK sal persoonlik hierdie vyande van die Bruid van YAHUSHUA onder MY voete vertrap en julle bloed sal vloei soos ‘n karmosyn rivier terwyl EK, YAHUVEH, die vyande van die Bruid van YAHUSHUA in die parskuip van MY woede insit.

Lede van die Bruid van YAHUSHUA, julle was 'n unieke salwing gegee. EK gee hierdie salwing aan vir julle, deur YAHUSHUA se “Ringmaiden” Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] dit te laat voortspreek deur gesalfde gebede en geskrewe woorde. Lede van die Bruid van YAHUSHUA, as julle bereid is om hierdie nuwe outoriteit onverskrokke te glo en te ontvang wat EK, YAHUVEH, vir julle gee sal EK julle onverskrokke verlos van julle en MY vyande op 'n manier wat julle nog nie voorheen aan gedink het nie. Bruid van YAHUSHUA, vra MY en kyk of EK die demone wat julle teister, nie sal stuur in YAHUVEH se vleismeule in nie wat die parskuip van MY woede is, waar EK hulle tot niet sal maak.

Bruid van YAHUSHUA, EK gee vir julle hierdie nuwe outoriteit en nuwe salwing hierdie dag wanneer julle MY vra in YAHUSHUA se Naam nie net ter wille van julle gee EK hierdie salwing nie, maar ter wille van Yisrael. Hoeveel sal kies om hierdie standaard te aanvaar teen die bose in hierdie wêreld? Dit is julle keuse. Dit is alleenlik gereserveer vir die Bruid van YAHUSHUA. Alle ander wat hiervoor bid sal geweier word.

Aanstootlik vir sommiges wat weier om te luister, ophelderend vir ander wie die stem hoor van YAHUVEH.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu), 18 Januarie 2006 om 1:40 in die oggend.