Profesie 81
O, Yisrael! EK, YAHUVEH, Bestraf Julle!
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
24 Januarie 2006 om 7:00 nm. (1ste deel van die profesie)
YAHUVEH het gesê, moet dit nog nie vrystel nie, dit is nog nie klaar nie.
Vrygestel 2de deel 7 Februarie 2006 - 5:00 nm.
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë
bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva)
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat
daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur
jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit
die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou
MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH
geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is
deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige
Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja
42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
O, Yisrael, O Yisrael, EK is bedroef. Wat meer moet EK doen, want EK het MY Seun
YAHUSHUA na julle toe gestuur.
* * * * * * *
[Op Band opname]
Elisabeth [Elisheva] sê, "Hmmm."
"Stop, Stop, Stop!" [Sy was aangesê deur YAHUVEH om te stop en ons geestelike
gesag op te neem, eers satan en sy demone weg te bind van hierdie gebied waar
ons woon, alle prinse, kragte, owerhede en heersers in hoë plekke oor hierdie
gebied te bind, in die Naam van YAHUSHUA, sodat hierdie woord nie verhinder sou
word nie.] [Elisabeth (Elisheva) het voortgegaan in Heilige Tale en hierdie is
die gebed wat na vore gekom het onder die salwing.]
"Hierdie is die woord wat aan Yisrael gegee moet word na 'n droom wat die
salwing in my aangewakker het. So ek smeek U, Abba YAHUVEH, omdat U my liefhet,
omdat U my geskape het, U het hierdie lippe en tong geskape, ek sou eerder dat U
my nooit geskape het nie as om my toe te laat om ooit 'n woord vals te profeteer
in U NAAM. So as hierdie waarlik van U is, laat hierdie Woord na vore kom.
Indien nie, laat hierdie Woorde weggaan.
In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bid ek. Ek vra U Abba YAHUVEH, in die Naam
van YAHUSHUA, om U hemelse kole op hierdie lippe te plaas. Laat U woorde na vore
kom op 'n manier wat hulle nog nooit vantevore het nie. (Heilige Tale) Heilig,
Heilig, Heilig, ons loof U Abba YAHUVEH en YAHUSHUA."
[Ek het die Woord gestop om na vore te kom, totdat ek die Geestelike gesag
opgeneem het.] O, Heilige, Heilige, Heilige, Abba YAHUVEH, wat is dit wat U wil
sê?"
O Yisrael, O Yisrael, dit wat 'n appel in MY oog is wat 'n wurm daarin het, EK
besraf julle! EK, YAHUVEH, die een vir wie Abraham, Isak en Jakob aanbid en
hulle gehoorsaam het,
EK, YAHUVEH, BESTRAF JULLE!
Julle sê hoekom is ons geforseer om die land op te gee wat ons voorvaders vir
ons gegee het? EK vra julle hierdie vraag: Wandel julle in Torah? Leef julle in
Torah? Soos julle voorvaders gedoen het?
O, Yisrael, net so seker soos MY Seun YAHUSHUA 'n Judas gehad het wat HOM
verraai het vir 30 stukke silwer, so ook het julle 'n Judas, die een wat vir
julle die sogenaamde padkaart van vrede oorhandig wat net sal eindig in julle
verwoesting, om die weg voor te berei vir dit wat genoem word die antichris, die
anti-Messias.
Mense sê julle is die Heilige Land, maar EK, YAHUVEH sê daar is geen heiligheid
nie. So min van ‘n oorblyfsel het EK wat as’t ware wandel in Torah en leef in
Torah. Julle het 'n Fariseër gees. En EK sê dit vir julle: alhoewel dit nie EK
is wat julle land verdeel nie, maar EK sal die vyand toelaat om dit te doen vir
julle ongehoorsaamheid.
Maar EK sê vir julle dit; EK sweer hierby, by MY EIE Naam, EK, YAHUVEH sweer
hierby. EK sal wraak neem op julle vyande want dit is MY, en MY alleenlike
outoriteit om julle te straf op 'n manier wat EK bepaal het. Hierdie vyande wat
teen julle kom sal die lot hê van ‘n Judas. EK, YAHUVEH, sal genade hê op die
oorblyfsel wat Heilig is, die van julle wat huil, rou en weeklaag terwyl julle
‘n Judas verraad sien, die van julle wat pleit vir die land, vir Jerusalem, die
van julle wat die man van sonde bestraf en verafsku. Die van julle wat MY Naam
aanroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam, EK sal genade hê en EK sal julle seën.
Julle is nie bestem vir MY woede nie.
Maar julle o Amerika en die ander nasies wat by julle aansluit, wat dit waag om
aan te raak wat EK vir julle gesê het om nie aan te raak nie, om te verdeel wat
EK vir julle gesê het om nie te verdeel nie, julle sal die lot van ‘n Judas ly.
Julle sal die dag berou wat julle die 30 stukke silwer na Yisrael se kant toe
gegooi het. Want soos julle die land verdeel, soos julle die een omkoop om die
land te verdeel so sal EK julle ook verdeel op elke manier. 2005 was net 'n
voorbeeld. Julle weet nie, verstaan ook selfs nie, die verskrikking wat EK in
julle rigting laat kom nie reguit uit die Hemel gestuur deur geen mens nie! O
Yisrael, O Yisrael, hoe lank sal jy nog teen MY veg? EK ken die spesifieke dag
wanneer jy jou wil sal neerlê vir MY. O, maar wat 'n bloedige pad sal julle moet
deúrreis totdat MY SEUN YAHUSHUA kom en julle sal skree, "Geseënd is HY wat kom
in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH!"
Maar tot daardie dag, o wat 'n bloedige pad sal julle moet deúrreis. Die dooies
is oral rond, na links en na regs, huilend en weeklaend vir die verskrikking wat
kom in die nag. Julle het van beter geweet, julle het van beter geweet, en
steeds het julle gedoen wat EK julle beveel het om nie te doen nie. Julle het
die omkoopgeld aanvaar, simbolies genoem die 30 stukke silwer. EK bedek MY
aangesig elke keer wat EK hoor na Yisrael word verwys as, Yisrael die Heilige
land. EK soek ver en wyd en daar is slegs 'n oorblyfsel wat Heilig genoem kan
word voor MY en hulle is diegene wat ween en weeklaag, want hulle sien wat
gebeur met hulle land.
Aborsie en homoseksualiteit, pornografie, hoerery, afgodery behoort geen deel te
hê in julle nie. Keer-op-keer sien EK die Fariseër gees regeer julle steeds.
Julle, o Yisrael het 'n vorm van goddelikheid en hoeveel Goddelikheid is binne-in?
EK, YAHUVEH, bestraf julle en EK tugtig julle en dit het maar net eers begin.
Bose Rabbis wat nie ‘n Rabbi is nie, maar hulle waag dit om hulself Rabbis te
noem, het 'n vorm van goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. Hulle
het geen vrees vir MY, YAHUVEH, of MY Seun YAHUSHUA of vir die prys wat HY
betaal het op Golgota nie. Hulle is net geskik vir die vuur van MY vernietiging.
EK het 'n oorblyfsel, so min van 'n oorblyfsel. Hulle sidder selfs vir die naam
Rabbi, want hulle is nederig voor MY en hulle is diegene wat MY behaag wat sê
daar is maar een Rabbi, en SY naam is YAHUSHUA ha MASHIACH.
O Yisrael, EK kyk oor julle land en hoeveel daarvan is Torah-loos. Wetteloosheid
is volop en julle wonder hoekom? Julle vrees julle vyande van die wêreld meer as
wat julle MY, YAHUVEH, vrees. Julle het diegene toegelaat wat julle Rabbi noem
om MY Gewyde Naam te steel, om julle te leer, "Moenie daardie Naam aanroep nie,
julle is nie waardig om die Naam van die Skepper aan te roep nie!" Julle het
hulle leuens geglo maar EK stuur MY Diensmaagd Profeet om nou vir julle te sê, "Moenie
hierdie leuens glo nie!" Roep MY aan in MY Naam, YAHUVEH weereens en gebruik die
Naam van YAHUSHUA, om by MY troon uit te kom. Julle is toegelaat om MY Naam te
ken. Watter kind ken nie die Vader se Naam nie? Glo nie hierdie leuens nie. Daar
is gesalfde Krag in MY Naam en EK sal julle uitroepe hoor en antwoord wanneer
julle kom na MY toe in MY Heilige SEUN YAHUSHUA se Naam!
Lees julle eie Skrifte. Hoeveel keer sê EK vir julle om uit te roep in MY Naam
en EK sal julle verlos? Vra julleself wie is dit wat ons sou leer dat ons nie
waardig is om die Naam van die Skepper aan te roep nie? Hierdie was die duiwel
se leerstellings se leuens vir julle geleer deur julle eie Rabbis. Bestraf
hierdie leuens. EK is nie G-d nie. EK is nie L-rd nie. Toe julle MY Naam
uitgevee het, het julle gesondig en MY Naam ydelik gebruik. EK is YAHUVEH. Hoe
julle dit ookal uitspreek (YAHVEH, YAHWEH), ten minste erken julle MY Naam. EK
daag julle uit sê vir MY waar het EK vir julle gesê in julle Heilige Skrifte
julle is nie waardig om MY Naam aan te roep nie? MY Naam is nie Ha Shem (die
naam) nie. MY Naam is nie net Adonai (Here) nie!
EK is YAHUVEH, Skepper van alles. MY Naam word nie as God gespel nie. Hierdie is
etikette en titels aan MY gegee deur julle Rabbis en vertalers van die skrifte,
wat begeer om MY Naam weg te laat deur dit te spel as YHVH of YHWH. EK het vir
elke mens 'n naam gegee. EK is YAHUVEH, EK het 'n Naam. Bewys dat julle MY
liefhet en MY vertrou deur MY Gewyde Naam te gebruik. Het Koning Dawid nie MY
Naam aangeroep vir bevryding nie? Lees julle nie julle eie Psalms nie? Wat
belowe Psalm 91 as jy MY Naam aanroep? O Yisrael so baie is by julle gesteel,
selfs terwyl die Heilige Boeke herskryf was om MY Naam uit te laat. Neem terug
wat gesteel was, en kyk wanneer julle uitroep na MY, YAHUVEH, in MY SEUN
YAHUSHUA se Naam, EK julle nie vinnig sal bevry van julle vyande nie.
O Yisrael, O Jerusalem, YAHUSHUA ha MASHIACH MY SEUN was gestuur uit die Hemel,
gebore uit 'n Hebreeuse maagdelike meisie. YAHUSHUA is 'n Jood en HY het
geprofeteer in julle land, en het wonderwerke gedoen en die blindes het gesien,
die verlamdes het geloop, die dowes het gehoor, die stommes het gepraat,
melaatses was gereinig, siekes was genees, die dooies het opgestaan, alles in
julle land, o Yisrael. YAHUSHUA het onderrig in julle eie Tempels op Shabbat, al
die Heilige Feeste gehou, want sien julle nie dat YAHUSHUA gesimboliseer word in
al daardie Heilige Feeste nie?
YAHUSHUA het ontelbare wonderwerke gedoen in julle land. Hy het onderrig en is
die Lewende Torah soos HY geprofeteer het. YAHUSHUA het gelewe en was
tereggestel selfs al was HY sondeloos, ter wille van hierdie wêreld. YAHUSHUA
het verrys uit die dood opgestaan uit 'n graf in Yisrael nadat HY SY Heilige
Bloed vergiet het uit oor julle land terwyl mense uitgeroep het, "Kruisig HOM"
by Golgota. YAHUSHUA het vir julle gebid met SY sterwens asem, "Abba vergewe
hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie." Daarom sal EK genade hê oor julle
land, o YISRAEL, o Jerusalem. Terwyl YAHUSHUA se hande vasgespyker was aan 'n
boom met ysterpenne in SY hande ingedryf, het HY meer marteling en pyniging
deurstaan as wat ‘n blote mens kan verdra.
EK, YAHUVEH, het julle land gekies o Yisrael, om geboorte te gee aan die enigste
MESSIAS van hierdie wêreld. Dit is hoeveel EK, YAHUVEH, julle liefhet en julle
begunstig o Yisrael. YAHUSHUA se bloed sal julle Yisrael weerhou om heeltemal
verwoes te word en dit weerhou om heeltemal van die aangesig van die kaart
afgevee te word alhoewel selfs die Naam van YAHUSHUA die meerderheid van Jode
daardie Naam verafsku en SY Goddelikheid verloën. YAHUSHUA se are en slagare is
uitgesprei regoor Yisrael. YAHUSHUA het SY lewensbloed uitgespuit wat die grond
binnegedring het by Golgota en geestelik nou die vier hoeke van hierdie aarde
bereik. EK, YAHUVEH, het julle gekies, o Yisrael, van al die nasies in die
wêreld om hierdie te doen. Vir wie ookal kan glo en MY Seun YAHUSHUA sal ontvang
as die enigste Heilige Bloed Offer vir die kwytskelding van sondes. YAHUSHUA is
die enigste Middelaar voor MY, YAHUVEH.
YAHUSHUA is die enigste Heilige Bloed versoening wat EK sal aanvaar. Vir diegene
wat weier dat hierdie gestorte Bloed hulle sondes wegwas, diegene wat YAHUSHUA
se sondelose Bloed weier terwyl HY tereggestel was in die plek van 'n sondaar,
julle sal geoordeel word deur Moshe (Moses) wat geen genade oor julle sal hê
wanneer julle sê dat YAHUSHUA nie waardig is om die Seun van YAHUVEH genoem te
word nie en om julle Mashiach te wees nie en julle het gedink om 'n Jood genoem
te word en die Torah te volg is genoeg om jou siel te red. Dwase mense, weet
julle nie daar is niemand perfek wat hierdie aarde bewandel het buiten MY Seun
YAHUSHUA nie. Totdat Yisrael weereens uitroep ‘Hosanna’ tot YAHUSHUA en HY
regeer as Koning van Konings, sal daar geen ware vrede wees nie totdat Yisrael
erken YAHUSHUA is MY, YAHUVEH se enig Verwekte Seun, gebore uit ‘n maagdelike
Joodse diensmaagd, geheel en al sondeloos. En YAHUSHUA is alles wat HY
geprofeteer het en alles wat geprofeteer was deur die profete van ouds
voorspellend van SY koms.
YAHUSHUA se hartklop pols dwarsdeur Yisrael, SY are en slagare dra die enigste
Heilige Bloed offer wat die stank van sonde wegwas regoor die wêreld, vir
diegene wat sal erken dat EK YAHUSHUA gestuur het in MY, YAHUVEH se Naam om die
enigste MASHIACH te wees.
O Yisrael, daar is geen kwytskelding van sonde sonder 'n bloedoffer nie. Waar is
julle bloedoffer? Dink julle regtig 'n dier sal weer genoeg wees? O Yisrael, o
Jerusalem, kan julle nie sien daar sal geen ware vrede wees nie. Die vrees,
geweeklaag en bloed sal aanhou vloei van julle land totdat jy die Judasse
bestraf wat ook kom in die vorm van politici en bose Fariseers, bose Rabbis, met
'n vorm van goddelikheid maar met geen Goddelikheid van binne nie. Yisrael,
pasop vir die koms van die seun van satan, hy is die seun van verderf wat sal
kom met sy vals vrede en sal lieg vir julle wanneer julle dink vrede het
uiteindelik gekom, nou kan julle jul waaksaamheid verslap. In plaas daarvan
vertrou die enigste Prins van Vrede en aanvaar die enigste sondelose
bloedversoening wat EK vir julle gegee het deur MY SEUN YAHUSHUA by Golgota.
Daar is geen redding, geen ware vrede vir julle nie o Yisrael, tot julle nie
langer die nuwe BloedVerbond verwerp wat EK vir julle gegee het deur YAHUSHUA
nie, aangesien YAHUSHUA die enigste Heilige MASHIACH (Messias) is! Die ou
bloedverbond kan nie julle siel red van die Hel nie. Die ou bloedverbond was net
daar tot die vasgestelde tyd wanneer daar 'n beter, nuwe bloedbedekking verbond
sou wees. O Yisrael, moenie langer gelykvormig wees aan ander nasies se beeld
oor wat sonde is nie. In plaas daarvan wees soos ‘n Koning Dawid weereens. Loof
MY, YAHUVEH, verneder julself en bekeer van julle sondes in MY SEUN YAHUSHUA se
Naam. Moenie op enige nasie vertrou om julle te red van vernietiging nie, want
julle sal seerlik teleurgestel word.
As gevolg van die verbond wat EK gemaak het met Abraham en MY SEUN YAHUSHUA, sal
EK julle land genees wanneer julle bekeer voor MY, YAHUVEH, en weer terugdraai
om die wette te volg van Torah wat Moshe (Moses) vir julle gegee het op die berg
Sinai. Staan vir Heiligheid selfs al spot die wêreld julle. O Yisrael, moenie
die Profete stenig, of in die tronk gooi of die Profete doodmaak wat EK vir
julle sal stuur om julle te bestraf nie. In plaas daarvan wees dankbaar dat EK
julle lief genoeg het om julle te tugtig en julle te waarsku voordat EK MY woede
loslaat op diegene wat weier om gehoorsaam te wees en wie MY vyande is.
Julle klaagmuur is deurdrenk met trane en is geweek in gebede smekend om genade.
Julle vyande omring julle aan alle kante. Nou het diegene wat julle mislei het
julle oorreed om Jood teen Jood te draai, selfs om mekaar dood te maak, mekaar
uit te sit uit julle huise en lande, verloënend teenoor mekaar. Julle hardloop
weg van julle Goliatte in plaas daarvan om na MY te draai soos Koning Dawid
gedoen het as 'n skaapwagterseun. EK kan julle nie seën, totdat julle nie staan
vir Heiligheid nie. O Yisrael, EK maak hierdie belofte aan julle en herinner
julle deur hierdie diensmaagd van MY. Julle sal neergevél word, maar nie totaal
vernietig nie. O Yisrael en Jerusalem, julle sal verbysterd wees maar nie
verlaat nie. EK, YAHUVEH sal vir julle hoop stuur wanneer dit lyk of daar geen
uitkoms is nie. EK, YAHUVEH sal julle tugtig maar nie verlaat nie. Julle sal
vertrap word deur die heidene, maar julle sal weer verrys tot groter heerlikheid.
Soos in die tyd van Moses, sal EK diegene seën wat my gehoorsaam en seën, en
diegene vervloek wat verontagsaam en MY, YAHUVEH vervloek.
Hierdie wêreld sal sien wanneer MY woede uitgestort word in hierdie eindtye, dat
EK diegene sal wegsteek wat weggesteek is in MY SEUN YAHUSHUA. Al die plae wat
uitgestort was in die tyd van Moses sal uitgegiet word in 'n groter maat oor MY
vyande uit MY, YAHUVEH se hande. Daar sal steeds weer martelaars wees soos die
apostels en profete van ouds, en al diegene wat Heilig is, wie se bloed gevloei
het destyds selfs soos dit nou steeds doen in verskeie dele van die wêreld, want
MY Heiliges sal nooit ‘n kompromie aangaan of ontken dat YAHUSHUA die enigste
MASHIACH en MY enig Verwekte SEUN is nie gestuur uit die Hemel om te heers en
regeer. O Yisrael, EK het jou 'n beker van sidderende verskrikking gemaak vir
die wêreld en hulle sal daarvan drink. Die vyande kners hulle tande vir julle en
ontbloot hulle kloue vir julle, afgunstig op alles waarmee EK, YAHUVEH, julle
land geseën het. Julle vyande tel die aantal dae voor hulle sal probeer om julle
te plunder en julle mans, vrouens, en kinders dood te maak sonder genade.
Weer sê EK EK het 'n eed gesweer EK sal julle nooit verlaat of versaak nie, EK
sal en EK het begin om julle te tugtig totdat julle staan vir Heiligheid en sê,
"Geseënd is HY wie kom in die Naam van die Here YAHUSHUA HA MASHIACH." Dan sal
EK, YAHUVEH, julle verdedig o Yisrael direk uit die Hemel, en die wêreld sal
sien, net soos in die tyd van Moshe (Moses) kon niemand, behalwe EK, YAHUVEH,
hulle bevry uit die hand van die vyand nie en so sal dit weer wees. Daar is 'n
geheime goue kis genoem die Verbonds Ark wat geheimenisse van ouds bevat in
julle land, o Yisrael. Die Ark wat niemand sal aanraak nie behalwe die wat EK
voortbestem het wat waarlik Heilig is voor MY, YAHUVEH. satan wil vernietig wat
in daardie goue kis is, want daar is 'n gesalfde krag behou in die voorwerpe
binne-in daardie goue kis. satan stuur sy seun genaamd anti-messias om die Ark
te soek en te vernietig.
Van al die nasies in die wêreld het EK jou gekies o Yisrael om weg te steek wat
beskerm was totdat dit benodig word. In die hele wêreld het EK julle gekies o
Yisrael en Jerusalem, om vir MY Lof, Eer en Heerlikheid te bring. EK, YAHUVEH,
het YAHUSHUA ha MASHIACH se Heilige bloed gekies om te drup en in te vloei in
die grond in en bo-oor die Versoendeksel en dit is in Yisrael waar EK satan sy
finale hou sal toedien. Hierdie Geheime kis bevat die staf wat die Rooisee
verdeel het onder ander wonderbaarlike voorwerpe soos die Manna uit die Hemel.
Die Verbonds Ark is 'n duplikaat van dit wat in die Hemel is. EK sê dit vir
julle nou as 'n waarskuwing soos in die tye van ouds, dink nie dat net enige
iemand sal leef wat hierdie kis aanraak nie genoem die Verbonds Ark, mits hulle
vooraf bestem was om waardig genoeg te wees om dit aan te raak en dit oop te
maak.
Bestudeer julle Skrifte en sien alleenlik met baie gebed en lofprysing en
Heilige hande gewas in MY Seun YAHUSHUA se Bloed kan Die Verbonds Ark oopgemaak
word en dit sal weereens gebruik word op 'n vasgestelde en voorafbepaalde tyd.
Net soos in die tyd van Moshe (Moses), sal dit gebruik word om YAHUVEH se volk
te bevry op 'n manier, in 'n tyd wat julle nie dink vir MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA
alle Lof, Eer en Heerlikheid sal bring nie. O Yisrael, weet julle toe die
Romeinse soldate YAHUSHUA se klere afgestroop het en SY kledingstukke verdeel
het soos gesê word in die Tanakh, “Hulle het MY klere onder mekaar verdeel en
oor my gewaad het hulle die lot gewerp." (Johannes 19:24)
“En hulle het vir mekaar gesê: laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot
daaroor werp, om te sien wie s'n sal dit wees." O Yisrael, sien julle nie net
soos die Romeinse soldate YAHUSHUA se klere verdeel het, so ook word julle land
verdeel en Rome het 'n hand daarin agter die skerms. Net soos daar oor YAHUSHUA
se kleed gedobbel was, sal die een met die hoogste bod om julle land te verdeel
julle blootlê en verraai vir die hele wêreld om te sien.
O Yisrael, EK stuur altyd MY Profete om te waarsku voor die Oordeel kom. Julle
was gewaarsku hierdie dag maar net die Heilige oorblyfsel sal luister en
gehoorsaam. Vir wie ookal roep tot MY, YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH, wie ookal sal bekeer, wegdraai van hulle sonde en vir MY, YAHUVEH, om
vergifnis vra, MY liefhet en gehoorsaam, glo en MY en MY SEUN se Godheid ontvang
sodat YAHUSHUA jou enigste middelaar kan wees voor MY. Want HY alleen is waardig
om te kom voor MY in SY Naam. Moenie probeer om MY Hemelse troon te nader sonder
YAHUSHUA se Naam nie. Moenie kom in julle geregtigheid nie maar kom eerder
geklee in SY klere van geregtigheid. Dan sal EK hoor en julle gebede beantwoord
en julle sal van die Hel se vuur gered wees.
O Yisrael en o Jerusalem, julle, wat kies om doof te bly, EK, YAHUVEH, herhaal
MYSELF keer-op-keer vir julle onthalwe. Word nou wakker, want die tyd is laat.
EK sê nie vir julle om oor te skakel na Christendom nie want selfs hulle sien
YAHUSHUA net gedeeltelik. Hulle het die belangrikheid verloën om die Joodsheid
te onderrig van YAHUSHUA. Hulle het die salwing verloën in die spreking van
YAHUSHUA en MY Heilige Name. Hulle het MY Sabbatte verloën, MY Heilige Feeste en
Heilige Dae, diegene wat hulleself Heilige Christene noem en tog moet leer om
die Joodsheid te omhels wat EK in julle geplaas het met en deur Abraham, Jakob
en Isak se saad.
O Yisrael en Jerusalem, word nou wakker uit jul sluimerende slaap. Dit was as
gevolg van julle hardkoppigheid, en terwille van die Heidene, dat EK jul oë
toegemaak het, maar die tyd het nou gekom, maak julle oë wawyd oop, ontbloot
diegene wat bose leuens vertel.
‘n Aanstoot vir sommiges, ophelderend vir ander in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH.
* * * * * * *
Geliefde Familie, voel asseblief vry om die profesieë te kopieer en ons te help
om die nasies van hierdie wêreld te bereik, veral Yisrael en Jerusalem. Alle
nasies van hierdie wêreld word geaffekteer deur dit wat gebeur in Yisrael. Al
wat Elisabeth [Elisheva] vra is laat die boodskap asseblief onveranderd, selfs
haar persoonlike notas.
Elisabeth [Elisheva] weet name word nie gewoonlik alles in hoofletters geskryf
nie, maar die RUACH ha KODESH het vir haar gesê dat die name van ons SKEPPER en
MESSIAS apart gestel en anders geskryf moet word, om die gewydheid en respek te
toon vir HULLE name. Uit respek vir dit wat aan haar gesê was, doen asseblief
dieselfde wanneer julle die profesieë vertaal.
Elisabeth [Elisheva] maak verskoning vir die lang tyd wat dit geneem het om die
profesieë gepubliseer te kry, maar daar was 'n prys om te betaal vir profesie 80
en 81. Dit was 'n geveg teen satan, maar as gevolg van julle gebede en
ondersteuning in die Naam van YAHUSHUA, het ons die oorwinning gekry oor daardie
geveg. Alle Lof, Eer en Heerlikheid aan YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Omdat ek beide 'n biologiese Jood is van my biologiese ma en pa en 'n Geestelike
Jood deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Het ek 'n liefde vir Yisrael en
Jerusalem en die Joodse volk, selfs al weet ek die meeste in Yisrael sal my haat
vir hierdie woord. Ek is maar net 'n Profeet, gestuur deur YAHUVEH om SY woorde
voort te spreek en ek doen dit met ontsag en bewing. Enige ware profeet wat dit
nie doen nie, bevraagteken ek… hoe kan hulle 'n Heilige Profeet wees?
Ek bid dat ek nie een woord uitgelaat het of een bygevoeg het nie, en lewer nou
hierdie profetiese boodskap en vra al diegene wat Yisrael en Jerusalem liefhet
om hierdie te kopieer en te plaas op hulle webwerwe. Ons het al ortodokse Jode
en Moslems gekry wat YAHUSHUA aanvaar het as MASHIACH en jy weet nooit wanneer
ons saad saai wat sal groei tot pragtige vrugte van Redding nie. Hierdie
profetiese boodskap het gekom na 'n droom oor my en die 12 stamme van Israel.
Dit sal so gou as moontlik gepubliseer word. Die boodskap het na vore gekom op
24 Januarie 2006 maar YAHUVEH het gesê moet dit nog nie vrystel nie want HY was
nie klaar nie. Op 7 Februarie 2006 het YAHUVEH weer begin profeteer en dit was
die voortsetting van hierdie profesie.
N.S. Dringend. 'n Profeet 'n broer in YAHUSHUA het vir my geskryf verlede jaar
uit Jerusalem en vir my gesê hy neem die profesieë wat aan my gegee was regoor
Israel en waarsku mense. Ek het nooit ‘n kans gehad om hierdie man te bedank nie,
en ek wil dit nou doen. Ek is so jammer dat ek nie in staat was om vir jou terug
te skryf nie want ek het jou e-pos adres verloor. Ek ken nie jou naam nie, maar
ek wil hê jy moet weet dat ek regtig dankbaar is en jy is in my gebede en dat jy
my weer sal e-pos.
Ek het gebid vir 'n Hebreeuse vertaler om die Engelse profetiese boodskappe in
Hebreeus te vertaal. Gedurende gebed, het YAHUSHUA my vertel dat HY alreeds die
vertaler gestuur het wat hierdie kon doen en YAHUSHUA het my aan jou herinner.
Stuur asb weer vir my 'n e-pos. Ek het geen twyfel dat hierdie Broer 'n lid van
die Bruid van YAHUSHUA is nie. Indien enige iemand wat hier lees weet van iemand
wat Hebreeus vlot kan praat en skryf sodat die profesieë wat aan Yisrael gegee
is opgeteken kan word in Hebreeus, stuur dan aseblief vir my 'n e-pos so vinnig
as moontlik: Contact Us Ek het geen twyfel daar is sommige van die Bruid van
YAHUSHUA wat woon in Israel en veral Jerusalem.
Kom asseblief na vore, want die tyd is nou so kort om Yisrael te bereik. Ons is
'n asemteug weg van die Groot Verdrukking. Asseblief, lede van die Bruid van
YAHUSHUA, stem saam met my in gebed dat hierdie man weer vir my sal skryf, en
dat 'n Hebreeuse vertaler na vore sal kom. Hierdie jaar moet ons oë nie op
onsself wees nie, maar op Yisrael. Bruid van YAHUSHUA, bid asseblief vir die
vrede van Yisrael en Jerusalem, op 'n nuwe manier. Bid dat die Prins van Vrede
YAHUSHUA ha MASHIACH, weereens sal kom.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
7 Februarie 2006 om 5:00 nm.
*******
E-POSSE ONTVANG I/S: PROFESIEË 80 EN 81:
*******
Hi sus,
Het net ‘n bybel gevat en wou sommige daarvan uitlig om vir iemand te gee. En ek
het dit oopgemaak by Openbaring 14:14-20. Hier praat dit oor dit wat jy gehoor
het. Die Parskuip van God se toorn. Saam met die groot oes. En voor dit dat
YAHUSHUA SY bruid gereed het en verseël. So ons is op die punt om die plae te
sien kom oor hierdie wêreld, onverdun. Dit alles ontvou, want die antichris is
nie ver nie.
L
*******
Seëninge vir jou huishouding,
Ek moet vir jou sê dat ek vir ‘n groter salwing gebid het vanoggend van Profesie
81 en toe ek ‘n bemiddelings gebed gehad het vir iemand anders vanmiddag het die
salwing so sterk oor my gekom dat dit geklink het asof ‘n ander stem uit my kom
met trane! Wow dit was oorweldigend maar meer as welkom en ek is gereed om te
doen wat Yahu’weh en YAHUSHUA vir my het om te doen.
Shabbat Shalom.
Michelle
*******
Liewe Sus,
Ek het so pas die Profesieë 81 & 80 gelees en ek wil en moet jou laat weet dat
hierdie soos ‘n bevestiging is vir jou. 2 weke gelede op ons Sabbat Samekoms het
ons gebid en terwyl ons bid het ek die salwing gevoel soos ek dit vir ‘n rukkie
nie gevoel het nie. En dit was oor Israel en Jerusalem en Haman(S). Hulle is
dieselfde vyand in ‘n nuwe vorm. Maar die naam staan vir dieselfde ding. En ek
het geweet dat die komende Purim ‘n feesviering behoort te wees dat net soos
Haman nie geseëvier het nie, so sal Hamas ook nie seëvier nie.
L……’n Lid van die Bruid in (Holland)
*******
Geliefde suster Elisabeth (Elisheva),
Ek bid vir jou gesondheid en welstand. Ek het so pas die nuutste Profesieë
gelees van jou webblad. Profesie 80 is baie versekerend en kom ons bid vir die
vrede van Israel! Wanneer ek die profesieë lees, kry ek die gevoel van die
teenwoordigheid van ons hemelse vader YAHUVEH! Dit voel so goed.
Baie liefde in YAHUSHUA,
Stephen
*******
Shalom in Yeshua!!!
Die inhoud van 80 en 81, Het RUACH HaKodesh my reeds laat bid!!! HalleluYAH!!!
Broer Tito
*******
Shabbat Shalom in Yeshua!!!
Wow!!! Ek het die Shofar geblaas soos ek gesê het vir jou en jou familie, en vir
YHVH om ‘n Vyand te wees vir ons vyande. Ek weet nie of ek flou geword het nie
en of YHVH deur RUACH my platgeslaan het grond toe nie, maar ek het inderdaad
grond toe gegaan!!!
HalleluYAH!!!
*******
Shalom Elisabeth (Elisheva),
Dankie dat jy die droom deel “Elisabeth (Elisheva) en die “Wok” i/s: olywe in
die gaarmaak proses. Dit val bymekaar op die bodem. Die getroue bruid genaamd
“Israel”
Wat ingedagte opgekom het oor die olywe, ja ek stem saam die olywe
verteenwoordig die 12 stamme van Israel.
Hierdie 12 stamme is die oorblyfsel van YAHUVEH wat getrou is en sy gebooie
gehoorsaam, en die getuienisse het van Yahushua. Dit is nie die Israel (sekulêr)
wat ons vandag dink nie. Die ware Israel is die gelowiges wat wandel en sy stem
hoor. Hulle is die getroue bruid sonder kreukels en vlekke. Wanneer al 12 stamme
bymekaar kom soos een. Sal dit baie kragtige en groter salwing word in die
eindtyd voor Yahushua terugkom. Yahushua sal nie terugkom voordat die 12 stamme
bymekaar kom nie. Daar is baie reiniging nodig om gedoen te word tussen die
gelowiges. O laat ons ontslae raak van ons kreukels en vlekke om gereed te maak
vir ons komende bruidegom, Yahushua.
John Davies
*******
Hi Elisabeth (Elisheva),
Miskien is dit tyd vir die Twee Getuies om herken te word of geroep te word deur
Yahuveh. Ons moet bid siende dat die salwing oor hierdie mense kan kom en Satan
mag dalk baie kwaad wees. Ons het die heiliges nodig om te bid vir die Getuies
se beskerming. Hulle word op die uiteinde geprofeteer om doodgemaak te word maar
weer opgewek na drie dae.
Dit is tyd om vir jou ‘n artikel te stuur oor Elijah en die Profete van Baal.
Dit is baie insiggewend. Ek het dit nie geskryf nie, maar dit het my hart geroer
nou reeds vir baie jare.
Ek stuur dit uit oor nuusgroepe elke nou-en-dan.
Ek is eenstemmig met die Yahushua wat die 12 stamme bymekaar bring deur
Elisabeth (Elisheva). Daar sal sommige helpers wees hierin. Ek het die
versugtinge in my gees gehad om die ‘Verlore Tien Stamme’ te verbind met die
webblad Kosher for Gentiles wat reeds onder konstruksie is. Ek het gewag vir
bevestiging op my webblad en vir Yahushua om my te help om dit te bou. Dit is al
meer as 1 jaar terwyl ek wag vir ‘Sy tydsberekening.’ Ek glo ek moet eers
gereinig word voor hierdie gebeur. Ons moet almal geduldig wees en soos Koning
David sê, “wag vir Yahuveh se Tydsberekening.”
Die bestraffing mag wees omdat Juda nie die 10 stamme toegelaat het om terug te
kom nie omdat hulle soos die gelykenis van die Verlore Seun (10 stamme) gaan
hoereer het agter ander gode aan (Christenskap) en het Heidene geword, hulle is
in die proses van terugkering na die Vader se huis (Torah) en die getroue seun (Juda)
wat tuisbly is jaloers op die terugkerende seun en verwerp hom as deel van die
Familie (Israel). Juda het geweier om Ephraim te laat huis toe kom. Ephraim se
iedere poging was deur Juda beskou as nog ‘n poging van vervangings teologie of
dispensasionalisme.
Tweedens, ewenwel soos die 12 hoofde van die stamme (die broers) vir Josef
(Ephraim) verkoop het as slaaf (sonde) en Josef toe tweede in bevel gekom het om
te heers oor die regerende ryk (Amerika) toe hy homself aan hulle gewys het aan
sy broer (Juda) het hulle hom (Ephraim) nie herken nie totdat hy homself aan
hulle openbaar het. Yahuveh het hulle oë geopen en toe was die Familie herenig.
Ek sal die Jode moet insluit, aangesien hulle nuuskierig sal wees oor Gentiles
and Kosher.
Michelle
*******
Liewe Elisabeth (Elisheva),
Daar was ‘n bose gees wat my gebind en weerhou het van lofprysing en gebed en
het gaandeweg by die punt gekom om nie instaat te wees om die Naam van YAHUVEH
en YAHUSHUA te spreek nie. Ek het gewag vir SY perfekte tydsberekening om
hiervan bevry te word, en toe ek eers die nuutste profesieë 80 & 81 gelees het
is ek VRY!!!!! Loof YAHUVEH, YAHUSHUA en RUACH HA KODESH!!!!!