Profesie 83
EK, YAHUVEH, Sê, “Maak Gereed Die Einde Is Naby!”
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die Ruach ha Kodesh
deur Apostel Elisheva Eliyahu
15 Maart 2006 op Heilige Purim Dag teen middag
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * Elisheva praat:
Ek begin praat in Heilige Tale oor die foon biddend saam met 'n ander lid van
die Bruid van YAHUSHUA, genaamd Adam, van Kanada. Hierdie profesie het heel
onverwags gekom, [dit was] opgeneem. Wanneer die aktuele opname gehoor word,
sien ek kortstondige visioene van vreeslike dinge wat gaan gebeur asook om die
woorde te hoor "Moorana, moorana, moorana." Ek weet die woorde beteken "Moord,
moord, moord."
Ek weet nie watter taal dit is of hoe om dit te spel nie. Ook is die woord
'Horror' oral saam met die woord 'Horrenda.’ Ek spel hierdie nie korrek nie,
maar in hierdie profetiese woord sal julle in audio dit meer as een keer hoor.
As enige iemand hierdie woord in 'n ander taal herken, sal ek geïnteresseerd
wees om te weet watter taal op aarde dit is. Dalk is dit net die Hemelse taal.
Ons weet die spreek in Heilige tale is om te praat in tale van mense en engele
sê die bybel. Elisheva bid:
Ek smeek U, Abba YAHUVEH, laat hierdie woord nie na vore kom, as dit nie U is,
as dit nie U tydsberekening is nie, laat daardie seël nie gebreek word nie. Ek
smeek U, Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.
EK, YAHUVEH SÊ, “MAAK GEREED, DIE EINDE IS NABY”
O MY geliefde ”Ringmaiden”! Hoe lank nog?
[Lees Profesie 76 waarin YAHUVEH verduidelik waarom Elisheva SY “Ringmaiden”
genoem word.]
Ek het die Bruid van YAHUSHUA toegelaat om in die gaping te staan soos Abraham
in die gaping gestaan het vir Lot. Hoeveel langer dink jy moet EK wag? Hoe word
EK bespot! Hoe word MY Naam gesmaad! Hoe word MY Heiliges wat MY verteenwoordig
beswadder! Hoe word hulle doodgemaak om MY ontwil regoor die werêld! Net omdat
EK dit weerhou het om na Amerika te kom tot dusver, hoeveel was as
vanselfsprekend aanvaar! Nou sê EK vir julle om ‘n nuwe gebed te sê, want die
Einde is naby.
Dit is hoekom die Bruid na MY toe moes kom op hierdie Purim en Heilig wees voor
MY – voor MY Oë! Dit is hoekom EK gesê het, "YAHUSHUA kry JOU Bruid gereed
sonder vlek of kreukel!” Want die bose het boser geword! En die Heiliges het
Heiliger geword! Voor MY Oë! MY Oë het heen en weer gegaan vernaamlik met
hierdie tyd van Purim. In die sogenaamde Christelike kerke was hierdie Heilige
tyd nie eers genoem nie– of sommiges het maar met 'n verbygaande kykie.
Dit is hierdie Bediening wat EK gebaar het deur jou wat die mense die betekenis
geleer het van die belangrikheid van die bloedlyn van Mordecai en die
gehoorsaamheid van ‘n Ester. Nou gee EK vir jou 'n nuwe mandaat om aan die Bruid
te gee. Moenie bekommerd wees oor diegene wat wil smaad en spot nie. MOENIE
BEKOMMERD wees oor die uitdrukking op hulle gesigte nie. Julle moet, net,
GEHOORSAAM en hierdie is die Woorde wat EK te sê het.
EK, YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid vir
die Twee Getuies. Bid vir die Twee Getuies! Want die tyd kom dat EK die engele
gaan stuur, o so binnekort om vir die Twee Getuies te BEVESTIG wie hulle is in
MY.
Keer-op-keer, het satan probeer om hulle lewens te neem. Net soos daar 'n Bruid
is van YAHUSHUA HA MASHIACH, IS daar 'n bruid van satan. Hierdie Bediening het
hulle keer-op-keer teëgekom en dit nie geweet nie. Daar is diegene wat jou haat
met so 'n wraak! Selfs 200 hekse was opgerig deur die hand van satan om te bid
teen jou–! die een wat EK MY “Ringmaiden” noem. [Nota: Tydens Purim, op hierdie
tyd wat hierdie Woord gegee was in Afrika, dit was op die nuus en internet: het
200 hekse byeengekom om hulle toordery en vloeke uit te spreek.]
Maar EK, YAHUVEH, sê! Hulle aanvalle kon nie deurkom nie want EK het die Bruid
van YAHUSHUA HA MASHIACH gehad wat julle bedek. Voordat hulle hierdie aarde
verlaat, voor die Twee Getuies verlos word as die eerstelinge, sal hulle WEET
wie hulle is in MY. EK beveel AL die lede van die Bruid van YAHUSHUA HA
MASHIACH! Begin NOU bid vir hierdies wat EK die “Twee Getuies” noem! Kyk, EK,
YAHUVEH, vertel 'n geheim aan die wêreld! Kyk EK doen ‘n nuwe ding! Dit is een
vrou en een man!
Omdat julle manne smaal en spot! Net soos EK Deborah opgerig het as Rigter oor
die hele Israel [Rigters 4:4], so OOK rig EK [hulle] op, so OOK was dit
voortbestem: hulle wat kom sal 'n gees hê soos ‘n Moses [Moshe] – hulle wat kom
sal 'n gees hê soos ‘n Elia [Eliyahu]. Maar terwyl hierdie twee nog in die
sterflike vlees is, het die aanvalle gekom vir hulle– EK, YAHUVEH, beveel die
ganse Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH. Laat elke gebed wat julle bid van nou af
hulle bedek: Dat hulle in goddelikke gesondheid sal wees terwyl hulle in hierdie
sterflike liggame is van vlees! Dat hulle vrymoediger sal VOORTspreek! Dat hulle
vyande vernietig sal word reg voor hulle einste oë! Net soos Elia van Ouds gebid
het, so ook sal dieselfde Salwing wees op hierdie twee. Die vyande sal
ineenkrimp uit vrees! Want hulle gaan HERKEN die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH
is hier. So is dit met hierdie Heilige tyd van Purim. EK wys julle hoe digby is
die Einde naby. Want reeds sê EK vir julle om die Twee Getuies te bedek wat op
hierdie aarde is. Ja, hulle is reeds hier maar hulle is so nederig en hulle sê,
"Sekerlik nie ek nie? As dit is, wil ek nie eers weet nie."
EK sê vir julle dit. En EK praat met hierdies wie EK weet is die Twee Getuies:
Julle sal weet dat julle weet, selfs voordat julle van hierdie aarde weggeneem
word. Julle sal in 'n verheerlikte liggaam terugkom. Julle sal STAAN voor dit
wat die Klaagmuur genoem word. En VLAMME sal voortkom uit julle lippe! En VUUR
sal voortkom uit julle hakke! En julle sal VERKLAAR wat EK vir julle sê om te
VERKLAAR! En geen MAN en geen VROU en GEEN DUIWEL en GEEN DEMOON sal staan nie!
Want DIE KONING VAN DIE GANSE SKEPPING WIE – DIT IS EK, ABBA YAHUVEH, BEVEEL die
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH hierdie dag om te bid.
Maar onthou dit, wanneer julle herken wie hulle is, sal julle dinge in hierdie
aarde sien gebeur op so 'n MANIER terwyl EK vir hulle sê om te begin loslaat in
die geestes REALM die Woorde wat EK vir hulle gegee het om te sê. So OP HIERDIE
OOMBLIK, Bruid van YAHUSHUA, BID! Dat hulle sal glo en die Salwing sal ontvang
wat EK op hulle geplaas het. Onthou hierdie. Dit is een man en een vrou. Doen
die werk wat jy het en doen dit vinnig. EK sê weer. Doen die werk wat EK vir jou
gegee het om te doen. En doen dit vining.
Die van julle wat goud en silwer opgegaar het, die van julle wat EK geseën het
met edelgesteentes– watter baat gaan dit vir jou wees wanneer dit agtergelaat
word? EK het oorvloedig geseën, finansieel en in alle maniere! En tog het
sommige van julle wat die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is nog nooit eens vir
hierdie “Ringmaiden” geskryf nie; tog het julle in geheim gegroei met kennis en
geestelik vet geword soos julle al die kennis en Salwing opgegaar het, en julle
HET NIE gedeel nie. En tog het EK julle geen tekort gegee nie. EK sal julle
aanspreeklik HOU oor wat julle doen vir die Koninkryk van die Hemel.
Onthou Elia van Ouds? EK het hom gestuur na ‘n weduwee van Sarfat. Al was daar
baie, baie weduwees in daardie land, het EK een met die hand uitgekies. Na wie
hierdie Bediening gestuur word, na wie toe EK MY Elia van Nuuts stuur – wat
julle gedoen het aan hulle, so ook het julle aan MY gedoen.
En EK sê vir julle dit. EK, YAHUVEH, sê vir julle dit! ENIGE IEMAND wat hierdie
Amightywind Bediening aangeraak of seergemaak het op ENIGE MANIER, of my “Ringmaiden”
op ENIGE MANIER, dit is asof jy aangeraak het en 'n skerppunt stok gedruk het in
die Pupil van MY, YAHUVEH se Oë. En EK sal wraak neem! En in MY Parskuip van
woede sal jy INGAAN. En EK sal jou vermorsel in sewe verskillende rigtings en
dit is al wat hulle sal hoor terwyl EK jou vermorsel op elke manier. Verstand,
liggaam, gees en siel! [Soos bevestig in Profesie 80]
Prophecy 80. at amightywind.com
Want het EK nie gewaarsku nie. "Moet MY Gesalfdes nie aanraak en ook MY Profete
enigsins seermaak nie" (1 Kron 16:22; Ps 105:15)? Jy dink jou tong het daarmee
weggekom om al hierdie lasterlike woorde te spreek? En jy het BOOS genoem wat EK
goed genoem het in MY Oë! EK sal jou laat wens dat EK jou tong uitgesny het
voordat jy toegelaat was om sulke ontlasting voort te spreek.
Maar diegene wat hierdie Bediening omhels, diegene wat hierdie waarhede omhels,
diegene wie hierdie “Ringmaiden” omhels – EK omhels julle. Want hierdie is nie
net 'n vrou nie, hierdie is nie net 'n blote vrou nie – hierdie is 'n tuig
waaruit EK, YAHUVEH, MY waarhede voortgespreek het! Vir die van julle wat
hierdie waarhede ontvang het, EK ontvang julle.
Vir die van julle wat gesmaad en gespot het, EK, YAHUVEH, het julle verwerp!
Lees Ester weer! EK IS gesimboliseer in daardie koning! Hoeveel van julle is
Vasties? Julle dink julle is so vol skoonheid; [dat] julle nie hoef te kom
wanneer EK, YAHUVEH sê, kom nie! –so EK het julle verban–in MY Koninkryk SAL
julle NIE inkom nie! Daar is 'n GROTER MIDDELAAR as Koningin Ester. Dit is MY
SEUN YAHUSHUA! EK sê vir julle dit, o Magtige Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.
GEEN goeie ding sal EK weerhou van julle nie (Ps 84:11). Daar is 'n Boek van
Herinnering wat opgeskryf is en al julle name is geskryf in liefde (Mal 3:16; Ps
56:8). Julle het so swaar gekry, net om Heilig te wees. So EK wil hê julle moet
weet, hoe lief EK julle het.
Dit is EK wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees. Dit is EK, YAHUVEH,
wat julle gekies het om MY SEUN se Bruid te wees.
[Onthou hierdie, die Bruid van YAHUSHUA is nie net 'n vrou nie, maar dit is mans
en dit is vroue wat sonder vlek of kreukel is – wandelend in gehoorsaamheid, en
op die punt om weggevoer te word om by YAHUSHUA te wees. BID om waardig gereken
te word om een van die Bruid te wees (Luk 21:36)!]
Vir diegene wat MY Stem ken, julle sal die GEES herken wat praat, julle is
waarlik MY lammers, julle is waarlik MY skape! Vir die ander van julle wat sê, "Hierdie
is net [Elisheva], opgepof in trots!" EK sê vir julle dit: DIS JULLE WAT EK
VERAFSKU! En EK sal julle forseer eendag om te erken dat hierdie Bediening die
een is wat EK liefhet, en al die Bedieninge wat hierdie Woorde vat en hulle rond
versprei na die vier hoeke van hierdie aarde – dit is julle wat EK liefhet! Dit
is julle wat EK omhels terwyl julle die waarhede omhels van [hierdie Profesieë]–
hierdie waarhede wat GERUGSTEUN is deur MY Heilige Skrifte. En hoe DURF enige
iemand hierdie profesieë vals noem! Vir julle om dit te sê, noem julle MY SEUN
YAHUSHUA “vals”! Want is HY nie die LEWENDE WOORD nie?
Gaan weg van MY, gaan weg van MY! Julle HOORT nie eers hier nie! Al diegene wat
wil sit aan die bankettafel en smul aan die waarhede —en die geestelike kos sal
neem en ander voed —hoort hier. Hierdie is MY Edik. Hierdie is die Bevel wat EK
uitreik vanaf MY troon in die Hemel, en EK het dit voortgespreek op hierdie dag.
[ Read the Banquet Table dream ]
Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH! Bedek hierdie Bediening meer in gebed. Bedek
hierdie “Ringmaiden” meer in julle gebede! Wees ‘n seën vir hulle soos hulle ‘n
seën is vir julle! Of EK sal julle eendag vra waarom julle nie was nie.
Bedek hierdies wat EK die Twee Getuies noem– aan die Bruid van YAHUSHUA HA
MASHIACH– as julle MY vra en as julle glo, sal EK julle die antwoord vertel en
EK sal aan julle MEER openbaar oor wie EK die Twee Getuies noem. Hulle het julle
bedekking nodig. Hulle het julle gebede nodig–terwyl die Twee Getuies in
sterflike vlees is– satan wil hulle lewens neem om die waarhede stil te maak wat
EK gespreek het, so bedek wie ookal die Twee Getuies is in gebed!
EK, YAHUVEH was so behaag terwyl die gebede van die Bruid van YAHUSHUA voor MY
gekom het op hierdie Dag van Purim– soos 'n soet geur het hulle na MY toe gekom,
soos soet wierook–die engele het hulle oopgemaak en EK is so behaag. En dit is
hoekom EK meer genade gehad het en EK gesê het, "Hoeveel langer wil julle hê
moet EK uitstel?" O maar die Einde is naby! Wanneer die verseëlde profesie
vrygestel word [78], sal een van die seëls gebreek word (Openb 6:7-8). Wee
hierdie wêreld wanneer [Elisheva] voortspreek wat EK verberg het (Sef. 1:14-16;
Amos 5:18-20). O maar vir MY Geliefde Bruid van YAHUSHUA! Diegene wat die lede
is van Openbaring 14 & Openbaring 7– julle hoef nie te vrees nie. Al die Gaste
wat genooi is na die Bruilofs-fees van die LAM, dit is waar julle sal moet ly
vir HOM, YAHUSHUA– o maar die beloning wat julle het wat kom!
Op hierdie oomblik is die wapens wat die Bruid van YAHUSHUA het in die geestes
realm. Maar EK sê vir julle dit! In die Groot Verdrukking, net soos die Koning
die edik gegee het, die bevel, en gesê het, “Neem op julle wapens en verdedig
julself!” ook so sal dit weer wees, maar nie vir die Openbaring 14 Bruid nie.
Dit is hoekom EK hulle verlos van hierdie aarde en die Twee Getuies sal te midde
van daardie getal wees en dan sal hulle terugkom.
O, maar julle kosbare Bruid van Openbaring 7, julle is reeds verseël, geliefdes.
Niemand kan julle seermaak nie. Daar sal 'n kort tyd wees wat julle wapens sal
opneem en verdedig en die Gaste help om satan te beveg en diegene met die merk
van satan. En dan sal julle wandel in daardie verheerlikte liggaam, wanneer
julle die Woorde hoor, "En die dooies in ‘Christus’ sal eerste opstaan." (1 Thes.
4:16) terwyl julle geleer het [dit met] die woord “Christus” –is die enigste
rede dat EK dit voortspreek [op daardie manier]; dit is die ”dooies in YAHUSHUA
HA MASHIACH” wat die Twee Getuies sal wees en dan diegene gemartel in daardie
tyd. Hierdies is in die Tweede Wegraping en saam met die Openbaring 7 Bruid, en
hulle sal OPGENEEM WORD voor die heidene se oë. Hierdie is die geheime wat gereserveer is vir YAHUSHUA se Bruid.
Laat die ander smaal en spot. Hierdie is die bankettafel wat EK voor julle dek
hierdie dag. Diegene met geestelike ore sal hoor en al die ander sal doof bly.
Diegene met geestelike oë sal sien en al die ander sal blind bly. HIERDIE is die
Woorde wat EK, YAHUVEH voortspreek hierdie dag, die KONING VAN DIE SKEPPING, op
hierdie Heilige Purim Dag.
EK, YAHUVEH, sê, “Maak gereed, geliefdes! Die Einde is naby!” Soos EK
geprofeteer het deur [Elisheva] jare gelede van die Kokende Swart Bloed Plaag
[Boiling Black Blood Plague] wat sal kom as 'n teken van MY toorn– EK spreek
hierdie nou voort deur MY “Ringmaiden”: Dit is ALREEDS losgelaat. Dit het begin.
Die siekte is in die broei-fase en daar sal geen genesing wees nie.
Maar geliefdes wees verseker –almal wat Heilig is voor MY, HEILIG LEWE en MY,
YAHUVEH en YAHUSHUA eerste stel in hulle lewe en hulle liefde, hulle bes doen om
gehoorsaam te wees aan die Heilige Skrifte– die Kokende Swart Bloed Plaag sal
NIE oor julle kom nie. Dit sal wees soos in die tye van ouds toe die plae
losgelaat was deur Moses, voortsprekend onder die Salwing van die RUACH HA
KODESH en die plae het nie die Kinders van Israel geraak nie, net die Egiptenare
wat ander gode gedien en aanbid het! En so sal dit weer wees.
Soos in die dae van Moses, so sal dit weer wees. Soos in die dae van Lot, so sal
dit weer wees! Aan die sondaars wat weier om te bekeer tot dusver, VANDAG is die
dag van Redding! Julle lees of hoor hierdie afkomstig van die “Laaste Kans
Bediening.” “Last Chance Ministry”. Môre mag te laat wees. Waarvoor wag julle?
'n Godsdiens sal julle nie red nie. Slegs 'n Heilige, liefdevolle, gehoorsame
verhouding met YAHUSHUA & MY, YAHUVEH, sal julle red. Jy kan slegs terugkeer
Hemel toe deur die NAAM en die BLOED van YAHUSHUA HA MASHIACH. Almal wat
uitgenooi is na die Bruilofs-fees van die LAM, EK het hierdie waarskuwing vir
julle: In die Groot Verdrukking, die een wat kom wat algemeen die anti-chris
genoem word –wat werklik die seun van satan is, die seun van verderf - hy sal
kom en die naam gebruik en vervals wat wêreldwyd bekend is in elke volk en taal,
die naam wat Christene ken en liefhet, die naam van “Jesus Christus”!
[BAIE BELANGRIK! LEES HIERDIE VOLGENDE PARAGRAAF NOUKEURIG]
Pasop! Tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen en siele word steeds
gered [voor-Groot Verdrukking] in die naam van Jesus Christus. Moenie vrees nie.
Maar, dit was nog nie die Eindtyd nie en julle was net aanspreeklik gehou vir
wat julle geleer was; EK, YAHUVEH, het die naam “Jesus” geëer en gesalf,
alhoewel MY SEUN YAHUSHUA 'n HEBREEUSE NAAM gegee was deur SY Hebreeuse moeder
en EK IS SY VADER. SY NAAM moet MY NAAM YAH, bevat. Die naam van “Jesus” het MY
GEWYDE NAAM uitgeklad, DIE NAAM WAT BO ALLE NAME IS. MY Naam YAHUVEH en die NAAM
van YAHUSHUA vertaal na– 'n konstante herinnering in elke taal–YAH red! Is dit
nie julle gebruik om die seun te vernoem na sy vader nie? Hoekom dink julle is
dit enigsins anders vir julle HEMELSE VADER om dieselfde te doen? Dit is 'n
konstante herinnering vir julle dat EK, YAHUVEH, en MY SEUN, YAHUSHUA, EEN is.
Dit is satan en sy diensknegte wat die naam YAH vrees, maar EK ken MY Kinders se
liefdevolle harte. EK VERGEWE julle selfs vir die versaking van MY ware Sabbat
Rus Dag, verbreking van die vierde Gebod keer-op-keer, maar ek sal julle [hierdie]
nie langer vergewe nie! NOU word julle aanspreeklik gehou vir wat julle weet.
Julle word aanspreeklik GEHOU om ander te waarsku. Daar is 'n Hoër Gewyde
Salwing in die HEBREEUSE NAAM van YAHUSHUA en in MY NAAM YAHUVEH. Nou is die
Eindtyd naby en EK waarsku julle leer ander wat julle nou weet as waarheid. Daar
is meer Salwing in ONS HEILIGE GEWYDE NAME. Gebruik hulle! Maak geen verskonings
meer nie! Gedurende die Groot Verdrukking moet julle UITROEP in MY SEUN SE
HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH. MY NAAM is YAH– en dit is in SY NAAM – DIE
NAAM BO ALLE NAME (Jes 45:23; Rom 14:11; Fil 2:9-10).
As julle hierdie nie nou leer nie, [dan] in die Groot Verdrukking wanneer julle
bid vir bevryding of genesing, en julle gebruik die naam ”Jesus”, ONTHOU dat die
seun VAN satan gaan hierdie naam gebruik as GOD. Hoe kan julle verwag om genees,
bevry of geseën te word deur DIESELFDE naam te gebruik wat die seun van satan
sal gebruik? Julle sal roep op die naam van die seun van satan en dit nie weet
nie. In die Groot Verdrukking, sal die seun van satan sy eie dag hê om eenkant
gesit te word om aanbid te word –en dit sal Sondag wees. Wanneer Sondag
aanbidding verpligtend is (Dan 7:25; Ps 94:20-21) en julle BEVEEL word, REGOOR
DIE WÊRELD om te gaan na julle naaste plaaslike Sondag kerk, pasop! Moenie gaan
nie.
Dit is 'n vangstrik van die seun van satan. Want elkeen wat 'n Sondag kerk
bywoon gedurende die Groot Verdrukking– hulle sal die deur binnegaan
gemesmeriseerd, gevange gehou met die geeste van illusie en gedagte manipulasie
en afgodery en rebellie onder vele ander kragtige demoniese geeste. Waarsku
hulle nou! Hulle sal die “merk van die dier” aanvaar het en 'n kerk van
verontreiniging binnegegaan het, en gekies het om die “dier” te aanbid en sy
fisiese sowel as geestelike merk aanvaar. Waarsku mense nou, voor dit te laat
is.
Dit beteken nie dat alle Sondag kerke nou boos is nie, maar julle is so naby nou.
Die Einde is naby. Julle moet die mense waarsku waar die pastore misluk om dit
te doen. Julle moet die waarheid onderrig van die HEBREEUSE GEWYDE NAME van MY,
YAHUVEH & MY SEUN YAHUSHUA, DIE ENIGSTE MESSIAS, DIE ENIGSTE BLOED WAT VERGIET
IS VIR DIE MENSDOM vir die kwytskelding van sondes. EK sal geen ander bloedoffer
aanvaar nie! En GEEN ander middelaar kan vir julle bemiddel nie! En dit sluit in
GEEN sogenaamde dooie heiliges nie, nie eens YAHUSHUA SE EIE moeder, Miriam (ook
genaamd Maria) nie. Want selfs sy het YAHUSHUA nodig gehad as haar MESSIAS.
Hierdie is die ENIGSTE rede hoekom ENIGE van YAHUSHUA se Bruid na ‘n Sondag kerk
behoort te gaan! Om die skape en lammers die waarheid te leer waar die pastore
geweier het! Selfs as dit een persoon op 'n keer is! Hier is die goeie nuus: Net
soos MY geliefde kinders, wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe en
voortbeskik is–so ook is satan se “Boek van die Verdoemdes.”
YAHUSHUA SAL NIE EEN SIEL VERLOOR NIE! [HULLE] WIE SE NAME GESKRYF WAS IN DIE
LAM SE BOEK VAN LEWE voor die GRONDLEGGING van hierdie wêreld! Julle KAN NIE per
ongeluk kies om die “merk van die dier” te aanvaar nie! Julle sal WEET om dit
nie te doen nie en eerder doodgaan voor julle dit doen.
Die enigste ware genesing, tekens, wonders en wonderwerke en opstandings kom uit
die Hemel. ENIGE ander genesing of bevryding is 'n illusie! En gedurende die
Groot Verdrukking gaan daar illusies wees wat lyk of dit waarheid is, maar IS
leuens direk van die troon van satan. Leer NOU! En waarsku ander NOU! In die
Groot Verdrukking, SLEGS in die NAAM VAN YAHUSHUA, NIE in die naam van Jesus nie,
sal ware verlossing, genesing, opstandings-krag voortkom. Mense wat nou vir
“Jesus” liefhet en dien sal wonder hoekom hulle gebede nie beantwoord word nie–en
hulle geloof sal ly, en hulle sal selfs STERF vir hulle geloof, sonder om te
verstaan hoekom bevryding nie gekom het in daardie naam nie.
Waarsku hulle, sodat hulle gewoond sal raak om die HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA, en
YAHUVEH en die RUACH ha KODESH te gebruik– satan wil nie die NAAM vervals die
NAAM “YAHUSHUA” met MY NAAM “YAH” binne-in nie.
Daar is miljoene wat hierdie lees wat die Gaste sal wees by die Bruilofs-fees
van die LAM. En geseënd sal julle wees (Op 19:9)! Maar, julle sal sien alles of
'n gedeelte van die Groot Verdrukking, en julle oë sal gedwing word om die
afgryse te aanskou. Onthou hierdie, MY woede is nie bestem vir julle nie. Dit is
BESTEM vir MY vyande.
Bly Heilig! En moenie toegewings maak nie! En ROEP die NAAM VAN YAHUSHUA aan! En
VERTROU op SY Krag en Salwing en hou styf vas aan julle geloof want dit gaan nie
maklik wees nie. Want daar gaan gedagte-golwe in die lug wees wat julle sal
probeer breinspoel–leer die Heilige Skrifte nou om te gebruik as 'n wapen
gedurende die tye wanneer Bybels verban gaan word. Maar [tog] sal selfs satan
nie in staat wees om al die Bybels te verbrand nie!
YAHUSHUA sal die Heilige engele gebruik en Openbaring 7 Bruid & Openbaring 14
Bruid, asook die Twee Getuies om te weet waar die Gaste is en om hulle te help
soos hulle benodig. Die Twee Getuies sal die Gaste verdedig en wraak neem vir
hulle. Leer MY ware Sabbat want EK, YAHUVEH, sal veral diegene seën en beskerm
wat MY eer op die dag wat EK, die KONING VAN DIE GANSE SKEPPING, eenkant gesit
het as die Sabbat Dag van Rus. Net soos YAHUSHUA die aarde bewandel het en
tekens, wonders en wonderwerke gedoen het op die Sabbat– selfs in die Groot
Verdrukking, veral op MY Sabbat, MY Heilige Dae–sal dieselfde gedoen word in die
NAAM VAN YAHUSHUA onder die Salwing van die RUACH ha KODESH.
Daar is geheime wat EK nog nie gespreek het nie. Weet net dat EK, YAHUVEH, nooit
enige iemand sal verlaat of begewe wat YAHUSHUA en MY, die KONING VAN DIE
SKEPPING, waarlik liefhet, aanbid en dien nie. Leer MY NAAM. Dit is YAHUVEH! DIE
EWIGE EEN! YAHUSHUA is MY SEUN. YAHUSHUA HA MASHIACH is julle ENIGSTE REDDER –
DIE ENIGSTE NAAM & WEG TERUG HEMEL TOE! Aan al diegene wat smaad en spot tot
hierdie Profetiese Woord, julle sal op die harde manier leer dat dit gekom het
uit MY, YAHUVEH se mond, en gegee aan hierdie “Ringmaiden”. Aan MY skape en
lammers rondom hierdie wêreld– neem hierdie Woord soos 'n kettingreaksie en laat
dit lui reg rondom die wêreld. Onthou, selfs die noukeurig Uitgesoektes [elect]
sal mislei word–indien moontlik (Mat 24:24) want julle pastore het die lammers
en skape verhonger. Wanneer julle hierdie Profesieë lees, smul julle en eet
Heilige, geestelike vleis.
Alle ander wat hierdie Woord verloën, selfs al beweer hulle om “Jesus” lief te
hê, en tog weier om die HEBREEUSE GEWYDE NAME, die Sabbat en Heilige Dae en
Feeste te leer – hulle sal aanhou om te voed op melk. Want hulle wil nie
geestelike tande hê om hierdie geestelike vleis te eet nie. In die Groot
Verdrukking, sal hulle onthou wat hulle gelees het en sommiges sal bekeer en
weet dat hierdie Bediening was werklik uit die Hemel gestuur. Vir MY Babas,
Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes, kyk op! Julle Verlossing kom
nader. Op een of ander manier, SAL julle weer terugkom Huis toe, Hemel toe!
So was dit gespreek, so was dit geskryf op hierdie Heilige Dag van Purim op 15
Maart 2006.
Gegee aan hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH en YAHUSHUA, Apostel Elisheva Eliyahu Persoonlike nota…
Ek is geïnteresseerd om te hoor van diegene wat hierdie vraag vra van YAHUVEH in
die Naam van YAHUSHUA en 'n antwoord gegee is, sal julle vir my skryf en dit met
my deel? Ek weet dit, dat die Twee Getuies, wie hulle ook al is, die gebede en
die liefde van die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilofsmaal van die
LAM, nodig het. Ek het wakker geword met hierdie somber openbaring en uitgeroep
vir die beskerming van die Twee Getuies, nadat ek hierdie woord gegee was. Openb.
11:3-13.
Voel asseblief vry om hierdie profesie te kopieer en te deel. Die oes is groot
en werkers so min. Al wat ek vra is dat julle asseblief net sal terug “link”
indien julle op julle webblad publiseer en hou asseblief hierdie boodskap
ongeskonde insluitend hierdie persoonlike nota wat ek deur die RUACH gelei was
om te deel. Vertalers, sluit asseblief alles in wat geskryf is.
Die werk van die Twee Getuies sal wees soos geen ander werk wat gegee is nie. Ek
ween vir hulle onder die Salwing, omdat die werk wat hulle moet doen nie beny
moet word nie. Hulle sal meer afgryse sien as wat nog ooit op hierdie aarde
gesien was. Doen asseblief soos YAHUVEH gesê het en bid vir die Twee Getuies.
Bid asseblief vir seëninge oor hulle op alle maniere. Terwyl hulle in hierdie
sterflike liggaam is, bid dat die Heiliges vir hulle liefdevolle ondersteuning
en bemoediging sal gee. Bid asseblief dat hulle die salwing wat aan hulle gegee
is, sal glo en ontvang en sal gehoorsaam en alles sal doen wat hulle moet doen.
Bid vir beskerming van Die Heilige Muur van vuur wat hulle sal omring van alle
kante sodat geen man, vrou, demoon, duiwel, hulle sal kan seermaak terwyl hulle
in daardie sterflike liggaam is nie.
Pasop Pronkende Geveinstes!
Enige iemand wat spog dat hulle een van die Twee Getuies is, soos die een wat
homself "Elijah the Tishbite" noem, of die man Hawkins wat godslastering geskryf
het in die “Book of YAHUVEH” is nie een van hulle nie selfs wanneer die Twee
Getuies in die straat lê, het hy gesê hulle lê daar vir 3 ½ jaar in plaas van 3
½ dae, ek het dit gelees met my eie oë, hierdie mans en ander wat dit doen in
trots.
Die regte Twee Getuies wil nie eers daardie roeping erken op hulle lewens nie.
Hulle is nederig en glo nie dat hulle waardig is vir so 'n hoë roeping nie en
hou aan sê, "Sekerlik het julle iemand beter." Dit is wat YAHUVEH my gewys het,
dis hoekom die skrifte sê hulle is geklee in sak en as. Dit is simbolies van
nederigheid en rou vir die afgryse en sonde wat hulle sal sien en wat hulle nou
sien.
Ek het geweet sedertdien ek ‘n Geestelike Staf gegee was, en my, destydse
6-jaar-oue seun, een van my identiese tweeling seuns, het dit gesien in die
Geestes ryk en dit beskryf en ek het die gewig daarvan gevoel, 19 jaar gelede,
en elke keer wanneer dit in die Geestes ryk gebruik was het dit net swaarder
geword tot op 'n punt waar dit nou ander neem om my arms bo te hou, wanneer dit
gebruik word onder leiding van YAHUVEH.
Hierdie Bediening het iets te doen met die opsporing van die Verbonds Ark, die
144,000 soos in Openbaring 14 en die Twee Getuies. Alleenlik soos die jare verby
gegaan het, het ek begin verstaan en is daar meer openbarings gegee deur die
profetiese woorde gegee aan my. Daar is 'n boek wat nou geskryf word deur 'n
ander lid van die Bruid van YAHUSHUA [Openbaring 14] wat al haar tyd spandeer en
skenk om al die profesieë, visioene, drome en hoorbare woorde van YAHUVEH
gepubliseer te kry. Bid asseblief vir haar, want hierdie is ‘n groot werk. Bid
asseblief vir die regte uitgewer ook. Ons probeer om die Profesieë in
verskillende tale vertaal te kry sodat hulle ook in boekvorm kan wees. Wanneer
ons nie langer op die internet is nie, sal die boeke dan ten minste hier wees
tydens die Groot Verdrukking.
Ons het nog steeds 'n Hebreeuse vertaler nodig onder baie ander tale. Kom
asseblief na vore as jy jou tyd vrywillig wil aanbied om hierdie werk te doen.
Ons het toegewyde en gefokusde vertalers nodig wat hierdie werk so ernstig sal
opneem soos ek, nie verbygaande skepe in die nag nie. Bid asseblief en kyk of
dit jy is.