Profesie 86
Weg van MY, Jou Ongehoorsame Sogenaamde BRUID!
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
12 Mei 2006
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
'n Verduideliking is nodig oor hoe hierdie profesie voortgekom het. Dit sluit in
privaat dinge in ons lewe wat ons eintlik eerder nie sou wou deel nie, maar ons
het werklik geen keuse nie. Jammer dit is so lank. Hierdie sal ook ingesluit
word in die komende boek wat binnekort vrygestel sal word.
Hierdie woord het voortgekom terwyl baie van die Bruid saam met ons in gebede
was by die hotel, Annecy, in Frankryk, na 'n teleurstellende dag van
huis-soekery om op te stel as 'n toevlugsoord in Frankryk. Na vele dae se gesoek
op die internet en verskeie telefoon oproepe, was ons uiteindelik gelei deur
YAHUVEH om na twee huise te kyk omtrent so 80 myl geleë van waar ons was.
Die huise het baie goed gelyk op die internet en het gelyk of dit voldoen aan al
ons behoeftes, dus het ons 'n afspraak gemaak om na albei huise te gaan kyk. Na
'n pragtige rit met vele lofprysing en sang tot YAHUVEH en YAHUSHUA, en baie
vertroue dat ons 'n huis kry hierdie dag, het ons by die eienaar se persoonlike
woning aangekom en sy het ons genooi vir middagete by haar huis in Frankryk. Ons
het 'n wonderlike middagete gehad voorberei deur haar en haar dogters.
Toe het ons na die eerste huis toe gegaan en was baie teleurgesteld met sy
ouderdom en kondisie. Hierdie was waar met die tweede huis ook. Toe het sy 'n
derde huis gehad waarna ons sou kon kyk wat sy behartig het vir 'n privaat
besigheid. Ons het na die derde huis toe gegaan en dit was net pragtig. Ons het
almal baie goed gevoel oor hierdie moontlikheid totdat sy vir ons gesê het wat
die huur was per maand! Sit julle almal? Dit was 11,000 Euros per maand, wat
ongeveer gelykstaande is aan $15,000 USD per maand.
Wel, dit was heeltemal buite ons prysklas, so ons het geen keuse gehad as om
terug te gaan na waar ons pas vandaan gekom het nie. Almal was heel teleurgestel
en het gedink ons het net 'n hele dag gemors om net in sirkels te ry en het baie
vrae gehad wat in gebede opgeneem moes word.
Dit is waaroor ons gebid het toe hierdie profetiese woord na vore gekom het.
Terwyl ons almal in tale gebid het, het ons heeltyd gehoor dat ons verhinder
was. Daar was twee vroue, Cathy O. en Hirut in Alaska, wat geroep was om die
Bruid van YAHUSHUA te wees maar as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, was ons
verhinder om te doen waarvoor ons geroep was in Europa, om 'n Europese Veilige
toevlugsoord tot stand te bring.
Beide hierdie vroue moes saam met ons gewees het in Europa, albei het gesê hulle
sou by ons wees waarheen ons ookal gaan. Dit was YAHUSHUA se wil, want HY het
dit gespreek. Ons het Pasga spandeer saam met beide hierdie vroue in Anchorage,
Alaska, en hulle het albei geweet wat hulle moes doen aangaande die
voorbereiding om te vlug wanneer hulle aangesê was om te vlug. Albei het
gewillig gelyk om enige iets te doen wat hulle moes doen en om gereed te maak om
te vlug. Ons het op daardie tydstip nie geweet ons gaan Europa toe nie. Ons het
gedink dat ons na Suid Amerika sou gaan op daardie tydstip.
Cathy O. is in 'n ongelyk gejukte huwelik en ons het haar verskeie kere
gewaarsku oor haar sielkundige man Alex wat bewus was van hierdie bediening maar
dit nie ondersteun het nie. Hy is 'n heiden wat die bestaan van God bevraagteken.
Ons het vir haar gesê dat sy net moet doen wat YAHUSHUA vir haar sê om te doen
en om nie te luister na haar man nie want sy is ongelyk gejuk. Ons het haar
gewaarsku teen die gedagte-beheer en manipulasie wat hy teen haar sou gebruik.
Cathy O. wou glo dat haar man gered sou word en sy het verantwoordelik gevoel
dat dit haar werk was om hom gered te kry. Maar ons het anders geweet. Hierdie
man is verworpeling en ons het dit geweet, maar sy wou ons nie glo nie. Om 'n
lang storie kort te maak, Cathy O. het ongelukkig haar ongeredde man gekies bo
die Bruid van YAHUSHUA te wees.
Voor Pasga, het Cathy O. hierdie bediening gekontak en gesê dat sy deur YAHUSHUA
gelei was om hierdie bediening 'n ruim offerande te gee. Sy het vir ons gesê dit
was haar pensioenfonds van 'n vorige werk en nie haar man s'n nie. Sy het gesê
dat sy nie op daardie stadium gevoel het om nie haar man daarvan te vertel nie
en ons het saamgestem want ons het al baie keer vantevore gesien satan steek sy
lelike kop uit in hierdie situasies. En mense eindig in ongehoorsaamheid aan
YAHUSHUA as gevolg van 'n ongeredde man of vrou en doen dan nie wat hulle weet
hulle moet doen nie. Cathy O. hét vir hierdie bediening die offerande gegee net
soos sy gelei was om te doen, maar sy het gesukkel om nie haar heidense,
verworpeling man te vertel nie.
Om 'n lang storie kort te maak, ek (Elisheva) het vir Cathy O. vertrou en vir
haar die telefoon nommer gegee terwyl ons in 'n hotel in Frankryk was. Sy het
gebel en het met my gepraat en vir my gesê dat sy uiteindelik vir haar man
vertel het van die offerande wat sy vir die bediening gegee het en vra toe vir
my of ek met haar man wou praat. Ek het gesê "NEE" maar toe begin haar man met
my praat op 'n ander lyn.
Ek het geen idee gehad dat hy op die ander lyn was nie en het uiters verraai
gevoel deur Cathy O. het gevoel of ek in ‘n strik gelei was. Hy het gesê hy wil
sy geld terughê. Hy het gesê hy wou weet wat ons gedoen het met sy geld. Die
punt was, hy wou sy geld terughê en hy sou alles doen wat hy kon om dit te kry.
Hy het selfs my sogenaamde eerste man gekontak. Die enigste manier hoe hy dit
kon regkry was met behulp van Cathy O. Ek hoop ons is verkeerd vir haar onthalwe,
maar ek weet nie hoe anders hy hom in die hande kon kry nie.
Ons het nooit enige iets gevra van Cathy O. nie. Sy het die offerande gestuur
omdat YAHUSHUA dit op haar hart gelê het om dit te doen.
Hirut het ons tydens Pasga vertel dat sy geweet het sy is veronderstel om haar
werk te bedank en so ook het Cathy O. selfs voor hulle ons ontmoet het en moes
gereed maak om te vlug. Sy het 'n pensioenfonds gehad waarvoor sy moes aansoek
doen en sou dit binne 30 dae of so ontvang. Ons het vir haar bevestiging gegee
hieroor nadat ons gebid het maar sy het gesê dat sy nie kon bedank sonder dat
haar werkgewer eers 'n plaasvervanger in haar plek kry nie. Ons het vir haar
gesê om nie te wag nie, dat sy dadelik moes bedank omdat satan alles sal doen
wat hy kan om seker te maak daar word nie 'n plaasvervanger gevind nie om haar
te verhinder om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH.
Haar ander verskoning was haar twee honde. Een hond is dood net na Pasga en nou
het sy net een hond oor. Sy wou nie haar oorblywende hond los nie. Nodeloos om
te sê, Hirut het toe nie haar werk bedank nie, en sover ons weet, werk sy nog
steeds daar. Sy het geweet sy moes bedank voordat sy ons ontmoet het. Selfs die
wat saam met haar gewerk het het haar soos ‘n vyand begin behandel en daar was
geen vrede daar nie.
YAHUVEH het vir haar elke teken gegee. Hoekom sou enige iemand 'n wêreldse
beroep kies bo dit om Bruid van YAHUSHUA te wees en aan HOM gehoorsaam te wees
vir jou eie veiligheids onthalwe indien geen ander rede nie. Ons verstaan dit
net nie. Hoekom sou Cathy O. kies om YAHUSHUA te verraai vir 'n heidense,
verworpeling man? Ons moet al hierdie noem anders sal julle nie die toorn van
YAHUSHUA verstaan in die profesie hieronder in verband met hierdie twee vroue
nie. Europese Bruid van YAHUSHUA, julle ken nie eers hierdie twee vroue nie en
tog affekteer dit julle, want ons kon nie ‘n verdere seën vir julle wees nie.
Dit is hoekom YAHUSHUA so kwaad is. As Cathy O. en Hirut gehoorsaam was, sou
hulle in Frankryk saam met ons gewees het en ons sou genoeg finansies gehad het
om 'n toevlugsoord te skep en 'n vergader plek vir die Bruid van YAHUSHUA. Ons
was verhinder om te doen waarvoor ons geroep was om te doen in Frankryk en
Switzerland as gevolg van ongehoorsaamheid deur daardie twee wat hulself die
Bruid noem.
Ons weet baie dinge was geaffekteer as gevolg hiervan. Hierdie is die boodskap
wat YAHUSHUA wil hê ons almal moet hoor. Ongehoorsaamheid affekteer nie net
diegene wat ongehoorsaam is nie maar dit affekteer ander ook. Ons kon nie doen
wat ons geroep was om te doen in Europa nie. Ons is bedroef want ons voel dat
ons misluk het in dit waarvoor ons daarheen gestuur was om te doen. Ons het 'n
groot huis in Europa nodig om 'n toevlugsoord te wees ‘n plek van heenkome vir
die Heiliges wanneer vervolging kom.
Cathy O. verstaan nie dat ons gebruik was om 'n seën te wees vir ander in Europa
nie. Cathy is getroud met 'n miljoenêr en Alex se god is geld. Ons het so hard
probeer daardie dag op die telefoon om sy siel te bereik vir YAHUSHUA, maar al
wat hy wou doen was om te stry. Sy pa is 'n miljoenêr sendeling in Afrika. Cathy
het so 'n vrygewige hart en as sy kon, het sy selfs aangebied om haar huis vir
ons te gee. Dit maak regtig seer wanneer 'n vriend jou vertroue verraai. Hoeveel
te meer kry YAHUSHUA seer wanneer dit gebeur?
Cathy het altyd gesê sy het geweet sy gaan Alex verlaat omdat hy selfs gesê het
as die merk van die Dier kom, sal hy haar en haar kinders dwing om dit te vat.
Sy was gereed om hom te verlaat, maar omdat hy 'n sielkundige is, weet hy hoe om
‘n verstand te manipuleer. Ons vra julle om vir haar te bid om bevry te word van
die demoniese invloed van hierdie man en van satan.
Ons vra julle om te bid vir Hirut. Sy bly saam met haar ma en haar ma glo nie in
die Sabbat of in die Joodsheid van die Messias nie.
Albei word beïnvloed deur diegene saam met wie hulle woon. Ons bid dat hierdie
alles vrygekoop sal word in die naam van YAHUSHUA, want ons was vertel en hulle
het geglo waarheen ons sou gaan sou hulle by ons wees. Onthou Nahum 1 sê YAHUVEH
is 'n jaloerse God en HY sal wegneem wie ookal meer bemin word as HY.
Asseblief, wanneer julle hierdie profesie deel sluit ook die verduideliking in
anders sal sekere dele daarvan nie verstaan word nie. Dankie.
******* Profesie 86
WEG VAN MY, JOU ONGEHOORSAME SOGENAAMDE BRUID!
Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu
12/5/06
Want waarlik het EK voortgespreek. Moet jou hele liggaam nie funksioeer as 'n
eenheid nie? Kan die een voet sê dit gaan linkerkant toe loop en die ander voet
sê dit gaan regterkant toe loop? Kan een kant van jou mond sê ek gaan praat uit
een kant en die ander aan die ander kant? Dit is hoe dit is wanneer EK probeer
deel met ‘n ongehoorsame sogenaamde Bruid. EK sê, "Loop hierdie kant toe" hulle
sê, "Nee; ek wil daardie kant toe loop." Onthou julle toe EK gesê het, "Dit is
die laaste roep vir die Bruid?" Weet julle hoeveel mis dit omdat hulle weier om
na MY stem te luister? EK is nie 'n aardse man nie, wanneer EK 'n bevel gee
verwag EK dat dit gevolg word. Wanneer EK sê, "Lê dit neer op die offeraltaar”,
verwag EK dat dit neergesit word.
Weet julle hoeveel rook steeds sigarette? Weet julle hoeveel word nog steeds
dronk agter toe deure? Weet julle hoeveel lees steeds pornografie? Weet julle
hoeveel het wellus in hulle harte? En tog sê hulle, "EK wil deel wees van die
Bruid". Weg van MY, julle ongehoorsame sogenaamde Bruid! Wanneer EK vir julle sê
om alles neer te lê, wanneer EK vir julle sê om julle finansies neer te lê,
wanneer EK vir julle sê om te verenig met die ander, om weg te gaan van die
ongelowiges af, wanneer EK vir julle sê lig en duisternis pas nie bymekaar nie.
In plaas daarvan hou julle aan probeer om 'n profeet te vind vir julle jeukende
ore. Wel, julle gaan dit nie hier kry nie.
Die “Ringmaiden” sal MY waarhede voortspreek, sy sal nie skik nie. Julle dink
julle haat haar nou, diegene wat nie van MY is nie? Julle het nog nie enige iets
gesien nie. Maar diegene wat waarlik behoort aan MY, julle sal 'n liefde hê soos
julle nooit gedroom het moontlik is nie want julle sal die waarhede omhels wat
EK voortspreek. Vir die van julle wat gehoorsaam is, wat waarlik wag en smag na
MY iedere woord...
GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT, GROOT! Sal
hulle seëninge wees!
O hoe LIEF HET EK JULLE! Hoe omhels EK julle! Wanneer julle sê, "Sê vir my die
pad, verlig die pad, ek sal doen wat U ookal sê al druis dit in teen my vlees,
selfs al beteken dit ek moet finansieël opoffer, sal ek dit op U manier doen."
Hierdies is MY Bruid. En julle herken mekaar want julle is ‘n familie soos geen
ander familie nie. Julle dink met een gedagte en julle bemin met een hart en MY
Naam is nooit ver weg nie.
Ieder en elk van julle omhels MY met 'n liefde opnuut. Hierdies is MY Bruid.
Julle begeerte om Heilig te leef voor MY groei net sterker elke dag. Julle sê, "Praat
met my my geliefde, ek wil ‘n vlugtige kykie hê van U" en EK sê "EK is hier en
EK omhels jou en EK soen jou en EK is lief vir jou en EK druk jou en EK hou jou
vas" Hierdies is MY Bruid. Hulle is nie 'n ongehoorsame sogenaamde Bruid nie.
Diegene wat in ongelyk gejukte huwelike is wat EK nooit gejuk het nie, dit is
asof dit 'n tou om hulle nek is en julle word gehang, maar wanneer EK kom om die
tou af te sny sê julle, "Nee, nee laat my hang!" Weg van MY jou ongehoorsame
sogenaamde Bruid. Jy is ‘n Bruid nie meer nie. In jou oë noem jy jouself 'n
Bruid, in jou gebede eis jy om 'n Bruid te wees, maar EK toets jou
gehoorsaamheid want EK ken jou hart. EK weet wie jy die liefste het.
Julle kan probeer om ander te beïndruk, julle kan bid in MY naam, o maar EK ken
julle harte. Julle sal huil en julle sal weeklaag eendag, wanneer julle uitvind
hoeveel van julle EK moes weg-roep. En EK sal sê, "Weg van my, julle
ongehoorsames wat julself MY Bruid noem"
MY Bruid kom bymekaar en sê, "Wat is dit wat ek kan deel? Wat is dit wat ek kan
doen vir jou? Hulle het mekaar lief met 'n liefde wat O, so eg is! Hierdies is
my Bruid!" EK het gewaarsku en EK het weer gewaarsku, EK het gesê, "Gee op julle
sonde." EK sê nie julle is nie gered nie. Maar EK sê julle is nie waardig om MY
Bruid genoem te word nie. O, maar hierdies wat hier vergader, O, wat 'n liefde
het julle vir mekaar. EK stuur julle uit om die Europese Bruid te roep, en die
ander
[lande] daarnaas.
Hoeveel gee om wanneer julle 'n behoefte het en julle plaas die behoefte
daarbuite? Die Bruid sal julle nie in die steek laat nie. Die Bruid sal vrygewig
wees, hulle sal weet jou behoefte is hulle behoefte. Net so seker as wat EK Elia
van ouds gestuur het en die weduwee van Sarfat aangesê het om met Elia te deel
en hy gesê het, "Deel met my jou laaste maaltyd, sodat dit nie jou laaste
maaltyd sal wees nie." So ook, stuur EK hierdie Nuwe Elia om dieselfde ding te
doen. EK stuur haar na die weduwees van Sarfat wat sê, "Ek het geen behoefte nie."
O, maar so uiters vinnig sal julle sien, julle sal desperate behoeftes hê. Dit
is omdat julle jul ore doof gehou het toe MY “Ringmaiden” geroep het, dat EK MY
ore sal doofhou wanneer julle roep.
Want daar kom meteoriete en hulle sal uit die lug val, regoor die wêreld sal
hulle hardloop en wegkruip! Die aarde sal bewe nie net in een plek nie en
vulkane sal uitbars soos 'n kettingreaksie sal dit ontplof. En net diegene wat
waarlik gevestig is in MY, in die Lewende Rots sal beskud bly. Storms soos julle
nooit gesien het nie, dit is net die begin wat sal kom. Maar diegene wat
gevestig gebly het in MY en MY Vader ABBA YAHUVEH julle sal beskud bly wanneer
julle beskud word in MY Naam. Julle wil julle ore toedruk wanneer EK sê, "Eer
die Sabbat Dag en EK bedoel nie die mensgemaakte een nie." Julle wil julle ore
toedruk wanneer EK sê, "Eer die Heilige Feesdae en EK bedoel nie die
mensgemaaktes nie, die heidense vakansiedae in plaas daarvan sal julle eerder
eer, in plaas van MY Vader ABBA YAHUVEH se Heilige Dae.” ONS is dieselfde gister,
vandag en vir ewig MY Vader en EK. Net omdat julle jul idee verander van sonde,
beteken nie dat ONS het nie.
EK weet MY geliefdes hierdie is nie eens waaroor julle gebid het nie, maar die
woorde wat op MY hart was [Behoort jou hele liggaam nie as ‘n eenheid te werk
nie?” d.i. behoort die hele liggaam van YAHUSHUA nie te werk as ‘n eenheid nie]
— julle kan sien wat gebeur wanneer daar ongehoorsaamheid is van diegene wat
geroep is om MY Bruid te wees. Ek gee nie om as jy ‘n biljoen doller gee nie. As
jy ongehoorsaam is sal EK sê, "Weg van MY, hierdie beïndruk MY nie." EK gee nie
om watter offer jy neerlê nie, as jy nie gehoorsaam is aan YAHUVEH nie, as jy
nie gehoorsaam is aan MY nie, sal EK sê, "Weg van MY jy is nie MY Bruid nie."
Die tyd is kort, die tyd is sekondes weg van MY koms vir MY geliefde Bruid. Geen
tyd om speletjies te speel nie, geen tyd vir kerkbankverwarmers nie, geen tyd
vir die louwarmes nie. Waarlik spoeg EK hulle uit MY mond.
Julle sê, "O YAHUSHUA, U sal nooit so met ons praat nie." Julle vergeet EK was
‘n lam net eenmaal, nou is EK ‘n Leeu. EK is 'n balans in alle dinge, soos MY
ABBA YAHUVEH is. ONS is almagtig in liefde en ONS is almagtig in oorlog. Het EK
nie die vyeboom vervloek wat nie vrug voortgebring het nie? Wat laat julle dink
EK het verander? EK het kruis toe gegaan vir julle; EK het MY Lewe en MY Bloed
gegee vir julle en julle sê, "U vra te veel van my, ek kan nie my sonde opgee
nie."
Moet dan nie verwag om MY Bruid te wees nie. Sê die Woord nie, in die eindtyd
sal die Heiliges Heiliger wees en die onheiliges, sal onheiliger wees nie.
Aanskou die eindtye, want dit is hier. Geen tyd meer om julle pêrels voor die
swyne te werp nie. Gaan na diegene vir wie EK jou sê om na toe te gaan en as
hulle nie die waarheid ontvang nie, skud die stof van julle voete af en gaan aan.
Daar is diegene wat bedoel was om hier te wees (in Frankryk saam met ons). Hulle
het nie net vir julle in die steek gelaat nie. Hulle het MY in die steek gelaat.
Hulle stel hulle beroepe voor MY, hulle stel 'n ongeredde geliefde voor MY,
hulle stel hulle kinders voor MY wanneer EK vir hulle gesê het hulle kinders sal
wel wees. Hulle het die geld en luukshede gestel wat hulle wou gehad het. Hulle
gee nie om dat julle alles agter gelaat het nie. Hulle gee nie om dat julle nie
'n woning het nie. Hulle gee nie om dat julle nie 'n voertuig het nie, hulle gee
nie om dat julle alles gelos het vir ander nie.
O, maar EK het 'n Bruid wat sal omgee en o EK bring hulle na julle toe. Hulle
sal geseënd wees en hulle sal ge-eerd wees om julle te dien. In hierdie wêreld
se oë stuur EK koninklikes na julle toe om die pad voor julle oop te maak [en
julle het die woorde gehoor], "Julle sal nooit weer tekort hê nie en nooit weer
behoeftig wees nie."
Elisheva roep uit, "O my hand!" verduideliking: Gedurende hierdie boodskap en
gebed en om te bevestig dat dit YAHUSHUA is wat praat, sit YAHUSHUA SY hand oor
[myne] en dit voel soos vuur en ys tegelyk, omdat die vlees kan nie die gesalfde
aanraking van YAHUSHUA kan hanteer nie is dit so kragtig en dit is baie pynlik.)
EK het julle na haar toe gestuur omdat julle 'n seën vir mekaar behoort te wees.
Soos julle jul lewe sou neerlê vir mekaar, so ook sal diegene wat EK MY Bruid
noem dieselfde doen vir julle. En geen goeie ding sal hulle van julle weerhou
nie want hulle ken die prys wat julle betaal het om MY op so ‘n manier te
gehoorsaam. En [Elisheva] as jy dink jy was gehaat tot dusver, as jy dink jou
naam word vervloek tot dusver, omdat dit 'n vervloeking is op die heidene se
lippe, dit 'n vervloeking is op die louwarmes se lippe, dit 'n vervloeking is op
satan se diensknegte se lippe!
O, maar EK sê vir jou dit, die seëninge gaan net sterker word en vir diegene wie
se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe hulle sal jou liefhê met 'n
liefde wat jy nooit gesnap het nie. Diegene wat die Bruid is wanneer hulle
hierdie boodskap hoor sal hulle herken, hulle sal hulle gesigte bedek en hulle
sal huil en hulle sal sê, "Wat kan ek vir jou doen?"
Want julle sien hierdie een vir wie die wêreld koninklik noem, en jy MY “Ringmaiden”,
al sal niemand op aarde ooit ‘n kroningsplegtigheid op jou sit nie, in die Hemel
sal jy jou kroningsplegtigheid hê, EK bring julle almal bymekaar. EK bring julle
bymekaar as een.
[Elisheva], jy het gevrees om Afrika toe te gaan, jy sê, "My vel is te lig wat
sal hulle dink, sal hulle my haat?" EK sê vir jou, diegene met MY Gees sal jou
omhels en jou liefhê. Hulle kyk nie na die kleur van jou vel nie, net soos jy
nie na hulle s'n kyk nie en EK stuur jou daarheen om vir jou hierdie te wys, in
Afrika dat julle een is.
Jy sal nie enige goeie ding tekort kom nie. EK gee nie om hoe klein dit is nie.
EK stuur vir jou koninklikes om die weg te baan. Julle ken mekaar; julle sien
mekaar in die ander een se oë. Jy [Elisheva] het hierdie nooit ondervind met ‘n
ander [suster] nie.
Maar weer sê EK, in die Hemel voor julle afgekom het na hierdie aarde toe was
almal van julle voor MY troon en het uitgeroep tot MY en gesê het, "Stuur my,
stuur my, stuur my!" en jy het gesê "Maak my 'n leier, maak my 'n leier!" soos
'n klein kindjie sou sê, "Maak my 'n leier" en EK het jou gekroon.
O [geliefde kinders], hoekom dink julle was julle lewe so moeilik? O, hierdie is
die lewe van die bruid van YAHUSHUA want die dienaar is nie beter as die meester
nie. As dit maklik was vir MY, sou dit maklik gewees het vir julle maar op
hierdie aarde was dit nie maklik nie. As hulle almal MY sou ontvang het, sou
hulle almal julle ontvang het maar EK was verwerp meer as wat EK ontvang was net
soos nou.
Hulle hardloop na die profete toe wat net goeie dinge profeteer. Hulle hardloop
na die profete toe wat die profeetskole begin en hulle onderrig om net te stig
en op te lig en nooit iets negatiefs te sê nie. EK noem hierdie vals profete. MY
profete word gestuur om te waarsku van die oordele wat gaan kom. MY profete word
gestuur om te profeteer oor wat gaan kom. Die gees van profesie is van MY,
YAHUSHUA ha MASHIACH.
Maar julle sê, "YAHUSHUA, hierdie is nie enige van ons vrae wat beantwoord word
nie". Wat as dit nog nie MY begeerte is om julle te vertel nie? Beteken nie dat
EK nie sal nie. In plaas daarvan kies EK om julle te gebruik om Profesie 86,
voort te bring! (Ons het gebid vir rigting.)
Hoeveel soek MY in gebed? EK bedoel nie die slapenstyd gebede nie. Hoeveel soek
MY ABBA YAHUVEH en tree waarlik tussenbeide en bid waarlik. EK het instruksies
vir MY Bruid gegee om die Twee Getuies te bedek in gebede. Hoeveel van julle is
gehoorsaam? Hoeveel lig hierdie Bediening op? Hoeveel help dit op enige manier?
En tog eis julle steeds julle is MY Bruid? Weer sê EK, “Weg van MY, julle wat
julself MY Bruid noem, wat in ongehoorsaamheid is! Dit maak nie saak wat julle
julself noem nie. EK ken MY Bruid. As julle nie help nie, hinder julle, as julle
hinder, is julle nie van MY nie. Vir die van julle vir wie EK opgerig het om
opofferend te gee keer-op-keer, O, hoe het julle jul skatte opgebou in die Hemel.
Want waarlik sê EK vir julle, MY Bruid sou hierdie doen en diegene wie se name
gevind word in die Lam se Boek van Lewe.
Dit is wat op MY hart is hierdie dag. EK sal julle vrae beantwoord MY geliefdes,
EK sal julle vrae beantwoord MY geliefde Bruid, maar op die oomblik is hierdie
op MY hart. Dit is hoe dit (ongehoorsaamheid) julle geaffekteer het, wanneer
julle uitroep na MY en sê, "Watter rigting moet ons gaan? Waar woon ons? Wat
doen ons vir 'n kar? “en tog sê EK, "As diegene wat ongehoorsaam is sou luister
en gehoorsaam het sou julle nie nou uitgeroep het nie. So EK rig net nuwes op om
die plek te neem van diegene wat geweier het om te gehoorsaam.
[Elisheva]: Gedurende hierdie profesie het ek 'n visioen gesien van die gesalfde
ring wat ek die Rooisee ring noem wat ek vir 10 jaar gedra het en ek deurweek
het in gebed.]
Ek sien 'n visioen — ek sien die Rooisee-ring. Ookal wanneer 'n pad nie oopgaan
nie, wanneer jy terug is in jou tuisland of enige ander plek beveel dit om oop
te gaan in die naam van YAHUSHUA. Beveel die hindernis om verwyder te word. Want
YAHUSHUA herinner my dat baie lyding moes voortkom vir daardie tipe salwing om
in daardie ring te wees want dit is kragtig.
[Profesie gaan voort:]
Almal van julle behaag MY soveel. Almal van julle behaag MY soveel. O MY kosbare
Bruid julle weet wie julle is, EK HET JULLE SO LIEF. Kan julle nie MY tere
woorde hoor nie? Weet julle nie hoeveel julle beteken vir MY nie? Daar is geen
opoffering wat julle gemaak het wat nie behaaglik was vir MY nie. EK IS LIEF VIR
JULLE MY KOSBARE BRUID!
Vir die van julle wat gaste is by die Bruilofsmaal van die Lam, EK sal dans met
julle, EK sal lag saam met julle, EK sal julle soen, EK sal vir julle druk, EK
sal julle bedank. Want nie almal was bestem om MY Bruid te wees nie. O, maar die
kosbare gaste, wat 'n prys het julle betaal, wat 'n prys sal julle betaal om by
die Bruilofsmaal van die Lam te wees. Die Bruid sal julle omhels en die Bruid
sal julle bedank vir die prys wat julle het en sal betaal.
(Lof en aanbidding gaan uit) Heilig, Heilig, Heilig, ons aanbid en loof U
YAHUSHUA, kom YAHUSHUA, kom vir U Bruid. Neem ons na 'n hoër salwing. Ons
verlang om U gesig te sien, Kom YAHUSHUA, kom vir U Bruid. Asseblief kan dit
hierdie Rosh Hashanah 2006 wees? Ons wil weggevoer word saam met ons Bruidegom.
Ons wil weggevoer word om U in die lug te ontmoet. Ons Aanbid U. Ons Loof U. Ons
Bewonder U. Ons val op ons aangesigte voor U. Kom YAHUSHUA kom. U “Ringmaiden”
roep uit na U en sê, "Kom YAHUSHUA kom." Ons Aanbid U. Ons Aanbid U. U is ons
alles. Ons stel U eerste in ons lewe, liefde en huwelike. Niemand kan met U
vergelyk nie. Ons wil met U getroud wees, by U aansluit vir ewig. Ons sê kom
YAHUSHUA kom, kom vir U Bruid. Kom vir U vrou.”
[YAHUSHUA PRAAT WEER]
EK sê, aanskou MY Bruid. Julle is Koninklikes in MY oë, regoor die wêreld is MY
Bruid Koninklikes in MY oë. Hoe kan MY Bruid nie koninklik wees nie wanneer
julle verloof is aan die Koning!
Het EK nie gesê julle is soos 'n Koningin Ester nie; julle is Koninklik voor die
ganse Hemel. Wee enige een wat MY Bruid aanraak. Wee enige een wat MY Bruid
vervloek. Wee enige een wat MY Bruid beswadder. Wee enige iemand wat probeer om
MY Bruid seer te maak of MY Bruid seermaak. Dit sou beter-af gewees het as jy
nooit gebore was nie.
EK gee hierdie woord vir julle terwyl die Dag van Pinkster nader; verwag die
salwing om net sterker te word. Ontmoet MY op die Dag van Pinkster. Verwag 'n
groter salwing; verwag om van MY te hoor, en groter openbarings sal julle sien.
So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing vir die Heerlikheid van
YAHUVEH en YAHUSHUA.
Op 12/5/06 geëindig om 8:30 n.m in Annecy, Frankryk.
Apostel Elisheva Eliyahu