Preek Dit, Onderrig Dit, Beweeg Ander Om Dit Te Glo!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
16 Oktober 1997
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke
bygevoeg word voor elke Profesie:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
MY Geliefde, EK ken jou hart en hulle wie jou valslik veroordeel, weet nie
waarvan hulle praat nie. EK is jou regter en jurie, nie hulle wie hof hou sonder
MY toestemming nie. Staan eenkant toe en moenie vra hoekom nie, want as hulle
jou nie verdedig in die klein dingetjies nie, sal hulle jou nie later in die
groot sake verdedig nie.
Jy is MY Geliefde, en hulle wat hof hou teen jou sonder enige bewyse sal sien
dat EK nie ingenome is nie. EK het jou na hierdie perseel gebring om jou te
bemoedig en jou vernielde hart te streel. Want jy en EK ken die pyn wat jy voel.
Die verwerping is egter nie teen jou nie, maar hulle verwerp 'n deel van MY.
Jy het jou sin van humor want EK het jou daardie sin van humor gegee, EK het jou
geroep en georden net soos jy is. Jy is die gawe gegee om te lag, om te help om
jou eie laste en die van ander te verlig. Lag is so goed soos goeie medisyne.
Maar selfs lag en humor het 'n balans. EK is nie in die beweging in die kerke
waar mal demone manifesteer en gekke van MY Mense maak nie.
Pasop waar enigiets aangaan, enige manifestasies wat jy jou nie kan voorstel jou
YAHUSHUA in sal deel nie. Blaf jou GOD soos 'n hond, miaau soos 'n kat en grom
soos 'n leeu? Bespot EK MY Eie Woord? Sal die RUACH ha KODESH enigiemand
verneder en veroorsaak dat mense onbeheersd raak tot op 'n punt van steurnis?
Hierdie demoniese manifestasie en erger, word toegelaat om aan te gaan en hulle
kan nie eers onderskei tussen die ware beweging van MY RUACH ha KODESH (Heilige
Gees) en die vervalste beweging van die anti-messias nie. Hulle wie agter die
kansels staan en hulle self as wys beskou, tree so geklik op. Hulle stel hulself
en die gemeente oop vir demoniese manifestasies, besetting en onderdrukking.
Bevryding moet gedoen word en MY Tempels moet skoongemaak word van almal wie
bekend was as die mees gerespekteerde geestelike leiers van vandag. As gevolg
van hierdie gekheid vergader EK nou troepe rondom die wêreld. EK sluit nooit 'n
deur sonder om 'n ander een oop te maak nie. Moenie dink dit is die einde nie
want dit is skaars die begin van 'n groter werk waarvoor EK julle gaan gebruik.
Moet vir niemand verander nie behalwe vir die Almagtige GOD YAHUVEH wat jy dien.
Jy kan nie al die tyd al die mense tevrede stel nie, so hou op om te probeer. In
jou hart weet jy wat reg is, hou net aan om dit te doen.
Luister vir MY stem, spreek MY Woorde. EK veroordeel of verwerp jou nie, maar
hulle wat jou valslik beskuldig het sal veroordeel word. Vergewe jy hulle, want
hulle was deur die vyand van jou siel gebruik en hulle weet dit nie. Nuwe wyn en
ou wyn kan nie en sal nooit meng nie. Die nuwe wyn waarmee EK jou tot oorlopens
toe gevul het, sal die sak skeur as jy probeer om die oue met die nuwe te meng.
Die ou wyn wil geen deel hê aan die nuwe wyn nie. Moenie treur oor wat jy dink
jy verloor het nie, want jy het niks verloor wat EK jou nie self meer sal
teruggee nie, ingedruk en saamgeskud en oorlopend. Jy sal geseënd wees.
Jy moet die ou salwing losmaak om plek te maak vir die nuwe salwing. Hou jou ore
en oë oop en praat wat EK vir jou sê, alhoewel jy skerp veroordeel sal word, ken
jy MY stem en jy het die dapperheid van Johannes die Doper om MY Woorde uit te
spreek. Wanneer jy dink jy klim af terwille van MY, het jy weliswaar net boontoe
en voorwaarts gestap. Moenie oor jouself treur nie, maar treur oor hulle wat EK
sal tugtig omdat hulle MY kleintjie soveel smart en droefheid veroorsaak. Treur
oor hulle wat jou valslik beskuldig het.
EK het jou lief MY Geliefde en net EK ken jou hart. Dit smag na MY soos 'n hert
smag na water. Wanneer jy om MY NAAM ontwil vervolging ly, is jy waarlik geseënd.
Die dienskneg is nie verhewe bo sy meester nie. EK het vervolging gely,
vernaamlik van hulle wat hulself godsdienstig genoem het, en so het jy ook. EK
ken hulle harte soos wat EK hulle ken wat jou valslik beskuldig het. Hou jou
hande skoon van toorn, en laat EK wraak neem. Want as hulle nie berou toon voor
MY nie, sal hulle sien die wraak is MYNE, sê YAHUVEH en EK sal waarlik vergeld.
Moenie MY oordeel volgens wat ander doen wat voorgee dat hulle MY verteenwoordig
en jou veroordeel nie.
Jy is MY Geliefde en MY Kryger en EK het jou geroep en jou georden en niemand
kan dit van jou wegneem nie. Die pad van 'n Profeet is uitgelê met beproewinge
en verdrukkings en smartlike misverstande. So min wil waarlik hoor wat die
Almagtige GOD YAHUVEH te sê het. Hulle wil glo dat EK slegs liefde en genade is,
en vergeet dat “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS” ook 'n GOD van balans in alle
dinge. Dit meen dat saam met liefde en genade EK ook gebalanseerd is met toorn
en oordeel en ja, haat. So baie vergeet dat EK toorn en haat vir MY vyande het.
Sê MY Woord nie, "Jakob het EK liefgehad, Esau het EK gehaat" nie? Sê MY Woord
nie, "Seëninge vir hulle wat gehoorsaam. Vloeke vir hulle wat ongehoorsaam is"
nie? Julle moet verkondig wie EK in totaliteit is. Nie net die kant van YAHUVEH
wat nie beledig nie, maar die kant van Almagtige GOD YAHUVEH wat baie beledig.
SONDE IS SONDE en EK het nie gewankel of verander nie, EK sal nooit nie. Kyk na
Openb. 19 en Openb. 20. Hoe min verstaan dat EK slegs eenmaal die geslagte Lam
was. EK was slegs eenmaal 'n slagoffer. EK het vir julle die slagoffer geword.
Maar nou is EK nie langer daardie sagmoedige, sagsinnige Lam nie. Wanneer EK
weer kom om hulle te vernietig wat MY en Heiligheid teëstaan, sal julle sien dat
EK Almagtig is selfs in oorlog. MY Kinders hoef nie te vrees nie, maar MY vyande
sal bewe en hulle bewe wel want hulle weet EK is 'n GOD wat wraak sal neem op MY
vyande. EK is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. EK het MY woede
ingehou en opgebou vir daardie dag. Niemand sal in MY pad staan nie.
Verkondig dit; onderrig dit sodat ander dit sal glo. EK is 'n GOD wat nie net
verlossing bring nie, maar verdoeming oor hulle wat kies om MY teen te staan en
MY Reddende Bloed en Reddende NAAM te weier. Daar is geen verlossing anders as
om deur die Gestorte Bloed op Golgota en deur die NAAM van YAHHUSHUA ha MASHIACH
te kom nie. EK ken MY Kinders en hulle ken MY, en EK ken almal wat MY vyande is.
Wanneer hulle julle aanraak, raak hulle MY aan. As hulle julle onskuldig
benadeel het MY Kinders, sal EK vergewe want die vyand is daarop uit om te
bedrieg en te verwar. Maar as HULLE bewustelik daarop uit is om julle te
vernietig, vertel vir hulle om te pasop.
Want dit is MY toorn wat hulle in hul nekke sal voel blaas. Slegs deur belydenis
sal hulle weer MY guns geniet. EK tugtig hulle wie EK liefhet. EK vernietig
hulle wie EK haat. Wat nie Heilig is nie, is nie van MY nie. Maak nie saak wie
staan agter die kansel en sê, "God is liefde, Hy sal verstaan" nie. SONDE IS
SONDE! EK is 'n GOD wat nie verander nie, die mens verander, EK, die Groot “EK
IS” verander nie. Verkondig dit; onderrig dit, sodat ander dit sal glo. Hulle
wie MY stem ken sal erken dat EK gespreek het, al die ander sal doof bly. Want
vir MY vyande is dit 'n vreeslike ding om in die hande van 'n lewende GOD
YAHUVEH en YAHUSHUA te val. Ja, somtyds moes EK julle pakgee, maar MY hande
beskut, lei en beskerm julle ook. MY hande want MY Kinders, wie probeer om MY te
gehoorsaam, het niks om te vrees nie, hulle wie gewas is in MY Reddende Bloed.
Maar hulle wie MY haat en haat waarvoor EK staan, het alle rede om te bewe en
hulle sal ook. Berou, die Koninkryk van die Hemel is op hande. EK het julle die
gawe van Verlossing aangebied, nou is dit julle keuse of julle verlossing of
verdoeming kies. Kies julle vandag watter GOD julle sal dien. Verkondig dit;
onderrig dit sodat ander dit kan glo.
Gegee aan hierdie Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH op 16/10/1997