Profesie 98
Die Ewige Fakkel Is Weer Aangesteek In Afrika!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 22 Mei 2008 Vrygestel 3 Junie 2008


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

LOOF YAHUSHUA die Ewige fakkel is Weer Aangesteek in Afrika. Hier is die geboorte van nog ‘n Tak van Almightywind Bediening in Afrika. Gaan asb na www.amightywindafricaforyahushua.com om die nuwe Bediening Webwerf te besoek.

Daar is ook nog ‘n woord vir ‘n ander Judas in hierdie Profetiese Woord. In hierdie Woord word Sheree Rondon van New Zealand genoem sowel as Nico Arnold weereens. Laat ek julle vertel van Sheree. Sheree het vir my geskryf aan die einde van Januarie en vir my gesê sy stem saam met wat YAHUVEH spreek deur hierdie bediening. Hieronder is haar eerste e-pos aan my. Na hierdie e-pos het ek met Sheree gepraat oor die foon en sy het gesê sy was deur YAHUVEH aangesê om haar eerste-vrugte tiende en 2 Eilande, Mana Eiland en nog ‘n Eiland wat sy blykbaar in New Zealand besit het te gee vir hierdie Bediening. Sy het vir ons inligting gestuur deur die poskantoor aangaande hierdie Eilande en hulle geskiedenis en toe ontdek dat Mana Eiland ‘n baie vervloekte verlede het. Hulle het die Eiland onder kwarantyn geplaas in die verlede en moes al die skape op die Eiland doodmaak as gevolg van ‘n sekere siekte en nou het die regering dit as ‘n voël-bewaring verklaar en niemand woon op die eiland nie.

In elk geval, het ek het met Sheree nog ‘n paar keer oor die foon gesels en sy het vir my begin sê die woorde 'God' en 'Here' is heidens en teen die bybel en dat ons veronderstel was om hierdie woorde af te haal van die bediening webwerwe. Ek het vir haar gesê ek sal nie die woorde op die webwerwe verander nie en hierdie was inderdaad die woorde wat YAH tot my gespreek het in die verlede. Sy het toe vir my nog ‘n e-pos geskryf wat sê sy gaan nie langer hierdie bediening ondersteun met haar eerste-vrugte nie en sy vat die Eiland terug. Hieronder is daardie e-pos ook.

Sheree se eerste e-pos aan my.

LIEWE KOSBARE SUSTER [ELISHEVA] ELIYAHU AS EK JOU OP DIE HEBREEUSE UITSPRAAK MAG NOEM, SHALOM IN DIE MAGTIGE Naam VAN YAHUSHUA HA MOSHIACH,YAH HET MY WAARLIK GESEËN.EK WAS NOG NIE UIT HIERDIE WEBTUISTE NIE SEDERT 22.1.08 TOE EK HIERHEEN GELEI WAS. EK IS EENSTEMMING MET DIE WOORD VAN YAHUWEH WAT DEUR HIERDIE BEDIENING UITGESPREEK IS. DIT IS ‘N EER OM HIERNATOE GELEI TE WORD DEUR ONS MAMMA RUACH HA KODESH. EN ALLES WAT NUUT IS MAG DIT OPGENEEM WORD IN MY HART EN GESPREEK WORD UIT MY MOND. OM ANDER TE SEËN. HALLELUYAH. BID ASB EN VRA ONS HEMELSE VADER HOE EK KAN MEEDOEN VIR JOU EN HIERDIE BEDIENING OP ENIGE MANIER. MY MAN EN EK GEE OP DIE OOMBLIK ONS TIENDES EN BYDRAES AAN ‘N BEDIENING IN AMERIKA UIT HEBREEUSE OORSPRONG LERINGS AANGAANDE SABBAT EN HEBREEUSE FEESTE. EK STEM NIE SAAM MET DIE DINGE WAT HY VAN AMERIKA SÊ NIE. TERWYL HY ONDERRIG DAT AMERIKA DIE BESTE PLEK OP DIE AARDE IS. SY 18 JARIGE DOGTER ONDERSKEI DAT DIT NIE DIE WAARHEID IS NIE. WANNEER EK E-POSSE NA HOM TOE STUUR, ARRIVEER HULLE NIE. MAAR EK HET BEDENKINGE OOR HIERDIE BEDIENING, EK SOU GRAAG ALLES WOU STUUR WAT MAMMA RUACH MY WYS OM TE GEE AL DIE INLIGTING VANAF HIERDIE WEBTUISTE, EK SAL NET DIE NODIGE VOORRAAD VIR MY PRINTER MOET KRY OM AAN DIE GANG TE KOM, EN PASOP WÊRELD HIER KOM YAH. EK SAL DIE BESTE DOEN WAT EK KAN MET WAT EK HET. DANKIE DAT JY GEHOORSAAM IS. HALLELUYAH. EK SAL GEHOORSAAM WEES OP ENIGE MANIER HOE EK KAN WAT JOU SEËN. VRA ASB VIR YAHUWEH OK. LIEFDE SHEREE.

Hierdie is Sheree se e-pos wat net die teenoorgestelde sê van haar ander e-pos.

EK SKRYF OM JULLE TE LAAT WEET, EK SÊ DIT IN LIEFDE, EK WIL JULLE NOU LAAT WEET DAT EK ALLE BANDE VERBREEK HET RAKENDE DIE GEE VAN TIENDES EN OFFERANDES EN EERSTE-VRUGTE VANAF HIERDIE HUISHOUDING AAN JULLE. ONS HET DEUR DIE PASGA GEGAAN, UIT DIE WÊRELD SISTEEM GEKOM [KERK SISTEEM EN HET GEEN BEGEERTE OM DAARHEEN TERUG TE KEER NIE [EGIPTE], SO EK SAL ALLES WAT EK GESTUUR HET, TERUGGESTUUR, WAARDEER, DANKIE. AS ‘N LID VAN DIE GEMEENTE VAN YISRAEL.VERGEWE MY EK HOU GEEN GRIEWE NIE. ALLES IN DIE MAGTIGE Naam VAN YAHUSHUA. SHALOM.

Nou hier is die e-pos wat Sheree na ons Suster in New Zealand gestuur het pogend om haar om te koop om hierdie Bediening te verlaat.

5.6.08

Shalom

Ek is beveel om hierdie brief te skryf, bevestiging het gekom deur Lorraine van Napier, daarom het ek geen keuse nie. Vader het met haar gepraat, & sy het vir my daardie woord gegee, daarom skryf ek om te seën, & te waarsku.

Die laaste e-pos, wat ek gestuur het, was om jou te vertel dat ek Woord ontvang het van Ons Verbonds Vader, In antwoord op daardie Woord. Ek het gesê ja ek sal dit doen. Ek het Vader Yahuweh gevra om jou en die Gemeente te wys dat Hy dit gedoen het, Yah het my vertel dat jy en jou familie die eerste-vrugte van Hongoweka Bay & alle eerste-vrugte, afkomstig van my, sou hê. Ek het gesê dat ek dit sou doen. Maar ek waarsku jou, solank as wat jy jouself verbind aan Egipte (Almightywind Bediening) en enige iemand in Egipte wat nie onderdompel is nie soos Yahuweh jou en jou familie in daardie onderdompeling ingebring het. Jy het ‘n Verbond met Hom gesluit, Hy het hierdie saamgevoeg getroud met mekaar, Hy het dit gedoen. Jou verbond is met Hom en nie met die mens nie.

Enige iemand wat tussen hierdie huwelik kom sal oordeel oor hulself bring, ons is in die wildernis op hierdie oomblik terwyl ek praat. (hierdie brief skryf.) Ons is in beproewing. Hy het lammers apart gestel van die bokke. Ons wat in die beloofde land ingaan moet geskei wees van hulle wat ongehoorsaam is, die Almightwind.com Bediening is ongehoorsaam nie alleenlik het Yah my gestuur nie maar ander. Hulle het jul arms to Israel gehad asook die herstel skrifte twee jaar gelede toe het Vader Yahweh die waarheid gestuur, Vader Yahwe het & sal ander op die mense se pad bring totdat daardie deur gesluit is, nie Sy wil nie, maar hulle wat daardie keuses maak.

Profesie word duidelik gesien & wat gesaai word uit hierdie bediening, soos Yahweh my gewys het, gaan satan die enigste wenner wees hier.

Ek het oordeel sien kom oor mense waarheen Yahuweh my gestuur het. Ek is niks. Maar Hy wat in my is, is die Magtige een. Hy het my gestuur om vir jou Sy woord te gee, ek het my deel gedoen.

As jy nie die beloofde land wil hê nie & die erfenis wat Yahoshua (Joshua) en Kaleb het nie, is die bloed nie aan my hande nie.

Ek was beveel en gee hierdie woord vir jou in liefde.

Yah ken reeds die antwoord, jy weet hoe om te ontkoppel, jy het dit met my gedoen. En ek is jou familie. Ek neem nie aanstoot nie ek vergewe.

Hongoweka Bay en alles wat Yah my gee alles wat ek vrystel aan Yah deur eerste-vrugte sal aan jou gegee word wanneer jy in lyn kom as Yisrael.

Yah het ander verbondskinders om julle plekke te neem. Yah sal Sy wil laat geskied, wat gebeur het met diegene wat in die wildernis gebly het. Hulle wou teruggaan na Egipte en hulle het gesterf. Hulle het oordeel gebring oor hulself.

Ek het gesien wat gebeur het met Gill (Jill). Nou het sy teruggekeer om Yahuweh te dien, sy het teruggekom voor pasga en is vergewe sy het Egipte verlaat om nooit weer terug te keer nie. Yah se genade. Wow wat ‘n Vader dien ons.

Wat my en my huis aanbetref ons sal vir Yahuweh, Yahushua, & Mamma Eema Yah dien. Shalom.

Sheree


Daar het julle dit mense. Weereens probeer die vyand om hierdie Bediening en ons familie af te koop. Ons het nooit enigiets aan Sheree gedoen nie tog probeer sy om hierdie Bediening te verdeel en te vernietig.

"Die Ewige Fakkel is Weer Aangesteek in Afrika!"
22 Mei 2008


(Begin met Heilige Tale…) O [Elisheva], [Elisheva], dink dit nie as ‘n toeval nie, so gou as wat julle die Ewige Fakkel aansteek wat so helder brand wat Suid-Afrika bereik, die hele Afrika bereik, en binnekort sal die wêreld dit helder verlig sien, dat julle onder aanval kom nie.

Onthou die Profesie wat EK vir jou gesê het EK sal voortspreek uit jou? Dit was begin en was nooit klaar gemaak nie. Jy behoort nie nodig te hê om die gees van ander Profete te toets terwyl Coenrad vir jou ‘n Profesie stuur om getoets te word nie. EK het vir jou gesê EK sou 'n Woord voortspreek deur jou. satan sou eerder jou lewe neem as om daardie Woord voortgespreek te laat word. Hy probeer aanhoudend hierdie dag. Die Heilige troepe wat EK het om jou te omring en beskerm in hierdie huis, MY Heilige Toevlugsoord, sal intree en sal bid en hulle gedagtes sal nie op kruideniersware wees nie, (vandag was kruideniers-inkopie dag) hulle sal nie hierdie huis verlaat nie want EK is op die punt om geboorte te gee en dit klaar te maak wat EK in jou begin het, want die Afrikaners smag na ‘n Woord, nie ‘n “goed voel woord” nie, nie ‘n woord wat hulle op die rug klop, hulle op die kop paai en sê, "Moenie bekommerd wees nie Suid Afrika. Moenie bekommerd wees nie Afrika. YAHUVEH sal julle seën. Moenie bekommerd wees om terug te keer tot Heiligheid nie. Moenie bekommerd wees om julle dreun-sang “chanting”, en julle voodoo te staak en dan in ‘n kerk in te stap nie, moenie bekommerd wees nie, YAHUVEH sal julle sëen."

Daar is ‘n prys om te betaal wanneer jy goed meng met kwaad. EK gaan die Waarheid voortspreek uit jou [Elisheva], die nuwe Afrika webblad, sal die Ewige Fakkel oplig, maar dit sal die RUACH HA KODESH VUUR wees wat voortkom uit die Amightywind Bediening! Dit sal nie ander promoveer nie! Julle ken nie hulle geeste nie. Julle ken nie hulle lewens nie. Pasop My Geliefde Seun Coenrad. Pasop wie jy promoveer in die Naam van JESUS CHRISTUS. Pasop My Geliefde Seun Coenrad. satan haal hierdie Bediening af (die Suid-Afrikaanse webwerf wat Coenrad & Nico Arnold opgesit het) maar EK sê vir jou, EK het dit opgewek soos ‘n Lazarus! En wat Nico Arnold probeer het om te doen het misluk! En nou sal die stem net harder voortspreek.

EK het Migael (Die Aartsengel) gestuur na [Elisheva] toe op die 27ste Junie, hierdie herdenking kom. EK wil dit geplaas hê, nie net in Afrikaans nie maar ook in Engels want daar was ‘n rede en daar is ‘n plan. Net so seker as wat EK [‘n verbygaande suster] gestuur het op daardie dag, omdat sy moes kom voor Migael sou kom, want (sy) weet dit nie maar sy is ook gebruik as ‘n saad wat geplant was in hierdie huishouding en in hierdie Bediening, nie alleenlik om die Nederlanders te verteenwoordig nie maar om haar geboorteland, Suriname te verteenwoordig.

EK gaan nie veel meer spreek nie, verstaan net hoekom die aanvalle op julle geloots word [Elisheva]. Die rituele was gedoen. Nico Arnold het ‘n verdrag met die duiwel gesluit dat hierdie Bediening sou ondergaan.

Sheree, jy praat nie namens MY nie! Hierdie Bediening is nie te koop nie! Nie vir beroemdheid nie ook nie vir rykdom nie! Want [Elisheva] het ‘n eed afgelê lank gelede, sy sou nie soos ‘n hoer wees en MY uitverkoop nie. Daar is geen prys op hierdie Bediening nie buiten die prys wat mens moet betaal om jou kruis op te neem en MY te volg! Buiten die prys om Heilig te lewe voor MY! Buiten die prys om gehoorsaam te wees aan MY! Julle wil weet wie die Bruid is? Voldoen julle aan hierdie kwalifikasies? Hierdie Bediening is nie vir almal nie. Dit is óf vir die vyand se vernietiging of dit is vir die seëninge van diegene wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe. Maar nie almal sal geseënd wees nie. Daar is ‘n prys om te betaal om hierdie Ringmaagd te wees. Daar is ‘n prys om te betaal om "Die Vyf Wyses" genoem te word. Daar is ‘n prys om te betaal om die Bruid te wees van YAHUSHUA ha MASHIACH! Hoeveel van julle is bereid om daardie prys te betaal?!

O EK luister en EK skud MY kop en EK ween terwyl die een wegrapings-datum na die ander gegee word en selfs hulle, as die waarheid gesê sou word, voldoen nie aan hierdie kwalifikasies nie. Hulle sê, "Genade, genade, al wat dit verg is genade! Dit maak nie saak hoe ek sondig nie. Dit maak nie saak hoe ek vir YAHUVEH en YAHUSHUA aanstoot gee nie. Ons sal dit op ons manier doen. Ons sal die datum bepaal. Laat ons sien, kom ons doen wiskunde, ons sal dit in lyn kry! Ek het wakker geword om 4:44… nee, ek het wakker geword om 1:11..." Weg van MY!!! Weg van MY!!! Weg van MY!!! Hierdie is nie die kwalifikasie vir julle om weggevoer te word om MY in die lug te ontmoet nie!!! Waar is hierdie in die Heilige Skrifte?

Julle is in die aftelling van die omer en EK is in die aftelling van MY geduld! Hoe meer hulle probeer het om hierdie Bediening te vernietig, het EK julle keer-op-keer in kennis gestel en twee wat net geskik is vir MY Oordeel, binnekort nou sal hierdie Profetiese Waarskuwing uitgaan terwyl EK name noem en hierdie is net die begin! EK het vir julle gesê 2008 sal ‘n oorlog sal wees soos geen ander! EK IS YAHUVEH en EK LIEG NIE!! Julle kan nie MY Ringmaagd doodmaak nie! Julle kan julle offers doen, julle voodoo, julle heksery, julle hoodoo, julle kan kontrakte sluit met satan maar julle kan nie my Ringmaagd doodmaak nie! Julle kan nie die Ewige Lig stop wat so helder skyn deur die Aleph en die Tav en die Almightywind RUACH ha KODESH Vuur Bediening nie!

Vir dié van julle wat dink julle kan aanval, julle het net in satan se vangstrikke geval en hy lag vir julle want hy weet wat EK aan julle gaan doen. Vir dié van julle wat sê, "EK sal vir julle grond gee. Hier Amightywind, hier [Elisheva Eliyahu] hier ek sal vir jou grond gee. Ek sal vir jou huise gee. Ek sal vir jou eilande gee. Ek sal vir altyd tiendes gee in julle Bediening, doen dit net op my manier." Weg van MY! Daar is geen toutjies verbind aan enige geskenke wat julle gee vir hierdie Bediening nie! Al wat julle gedoen het was om ‘n tou te vat en julself te hang! Elke, elke, elke Profesie wat EK voortgespreek het uit hierdie Bediening, moet vertaal word in Afrikaans en ander van Afrika want EK het direk in jul midde Profete geplaas waarvan julle wel hul geeste ken.

EK het voorheen gewaarsku. Luister noukeurig na wat EK sê, wolwe wil insluip. Hulle wil hulle woorde voortgespreek hê uit hierdie Bediening maar julle sal onderskei wie die skape en lammers is en wee enige wolf wat dink hulle het julle geflous want EK sal die masker van hulle afruk en hulle ontbloot soos EK vir hierdie twee gaan doen waarop die Oordeel aangekondig word.

Nico Arnold, EK het vir [Elisheva] gesê dat sy jou kon vertrou. Op daardie tyd wat EK hierdie Woorde gespreek het: "Kon jy vertrou word." Maar toe het jy verander in ‘n Judas. Want om Heilig te lewe is net te moeilik vir jou. Jy kan nie opweeg teen die Gees van Geregtigheid nie. So jy sal eerder dele van die Bybel uitgooi. Jy het gaan soek totdat jy gevind het waarna jy gesoek het en net soos ‘n Judas het jy MY verraai, so ook diegene wat jou liefhet, jy verraai hulle, gaan sover om selfs te probeer omkoop, nie net ‘n ander lid van die Bruid nie, maar ‘n lid van hulle familie, want hulle webbestuurder is geen gewone webbestuurder nie, hy is geheel en al uitverkoop aan MY. En wanneer jy na hom toe kom met jou ooreenkoms, bestraf hy jou vir die duiwel wat jy is.

Sheree, wat so gemaklik sit daar in New Zealand, jy kom soos ‘n klein skapie en ‘n lammetjie en jy sê, "Leer my. Beraad my." Want waarlik is dit MY begeerte dat jy leer. Maar EK ken jou hart. En EK ken die hart van die een genaamd Jill. EK ken julle motiverings. Weet jy nie dat die letter doodmaak en die GEES gee lewe nie!? EK is nie beindruk oor hoeveel Skrif jy kan memoriseer nie want haal selfs satan dit nie ook agterstevoor aan nie? Jy sê jy neem aanstoot omdat hulle die woord "Here" en "God" gebruik, omdat hulle die Naam van Jesus Christus het terwyl hulle die Hebreeuse Woord onderrig wat Gewy is van YAHUSHUA ha MASHIACH sy-aan-sy. Wie is jy om vir hulle te sê? Wie is jy om haar te leer? Sy het net een LEERMEESTER en EK sit in die Hemel! Wie is jy om hierdie Bediening "Egipte" te noem en te sê, "Dit is nie van Israel" nie? Watter prys het jy betaal? Watter Standaard van Heiligheid leef jy volgens? Jy sal die prys betaal. Jy en jou krygsbende Jill. Want EK sê vir jou dit, die grond wat jy aanbied as omkoopgeskenk sal onbewoonbaar bly. Jy kan nie aan ‘n Heilige Bediening grond weggee wat vervloek is nie, geskik net vir die voëls. Jy kan nie sê, "YAHUVEH het vir my gesê ‘n tiende van alles wat EK het gaan aan hierdie Bediening," dan omdraai en sê, "Wag ‘n oomblik, EK het van plan verander nie. Jy het dit nie op MY manier gedoen nie. Jy het MY nie toegelaat om hierdie Bediening te manipuleer nie. [Elisheva], jy het geweier om my marionet te wees." Weg van MY Sheree!

EK het geboorte gegee aan hierdie Bediening jare gelede deur een genaamd [Elisheva Eliyahu]. Wie is jy, jy Sheree van New Zealand om hulle aan te val, om ‘n ander tak van die Bediening aan te val? En die Ewige Fakkel word aangesteek in New Zealand as nog ‘n tak van hierdie Bediening. Jy kan (hulle) nie omkoop nie. Jy kan nie sê, "Los net vir [Elisheva] en doen dit op my manier. Los Amightywind en EK sal jou die grond gee. EK gee vir jou my tiende" nie. (Diegene in New Zealand) lag in jou gesig. Hou jou vervloekte grond want dit is nie eens joune nie. (Van wat ons nou verstaan, was die eiland wat Sheree veronderstellend vir die Bediening gegee het oorgeneem deur die regering en was verklaar as ‘n voël bewaring. Sheree sê die eiland is steeds hare en sy betaal belasting daarop maar dit is ‘n regerings-voëlbewaring. ‘n Bietjie verwarrend om die minste te sê.)

En jy Nico Arnold, jy probeer die webbestuurder vat en jy sê, "Los hulle en EK sal jou my internet ‘server provider’ laat gebruik, maar as jy hulle nie los nie, dan sal ek dit wegneem" en so ís dit wat jy gedoen het, maar jy sien, Nico Arnold en al diegene agter hom in die geheim wat lê en wag, julle kon nie hierdie Ewige Fakkel keer om weer aangesteek te word nie en nou gaan dit voortspreek selfs op ‘n magtiger manier want daar was geen salwing in enigiets wat jy gedoen het nie Nico Arnold, jy wat gesê het jy sal ‘n webblad maak, ‘n nuwe een vir Almightywind. Jy het aanstoot geneem terwyl jou harde werk teruggegooi was in jou gesig want al wat jy ken is tegniek en niks oor die salwing nie. Dit is waar bitterheid en gekrenktheid ingekom het terwyl jy keer-op-keer vertel was, "Ons kan dit nie gebruik nie, dit is nie gesalf nie." So in plaas daarvan om MY Salwing te soek, in plaas daarvan om die berading te ontvang van Waarheid, het jy die gees van Judas toegelaat om in te sluip.

Hierdie Woord gaan diegene bemoedig wat die Waarheid ken wat voortspreek in hierdie Bediening, wie EK gesalf het as Profete van Afrika om te skryf aan [Elisheva)] [wie] sal onderskei en julle ligte sal saamsmelt en selfs helderder skyn, want Afrika EK het julle nie verlaat nie. Maar EK paai julle nie op die kop en sê, "Alles is reg" nie. Want alles is nie reg nie. Maar hierdie Profesie sal voortkom en is gebore in [Elisheva] nou en wat EK begin het sal klaargemaak word maar nie nou dadelik op hierdie tydstip nie.

Einde van Woord

Elisheva: 22 Mei 2008. Ek het wakker geword met hierdie Woord nadat ek etlike aanvalle moes bestraf, etlike voodoo en heksery en ons het nagmaal gehou en dit het aangehou en ons het gehoor dat daar ‘n Woord gaan wees en gister op 21 Mei 2008 was aan africaforyahushua.com geboorte gegee en ons moet haar net mooimaak, haar ‘n bietjie skoonmaak en dit gaan ingeskakel word vanaf www.amightywind.comen dis al. Oor en uit. Loof YAHUSHUA! Amen.

‘n Aanstoot vir Meeste, Verligtend vir Ander.

Apostel Elisheva Eliyahu