Hierdie Skrifgedeeltes is uit die Ou Afrikaanse Vertaling 1933/53

Jesaja 12:2
Ja, GOD is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die Here HERE is my krag en my psalm, en HY het my tot heil geword.

Jesaja 26:4
Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is ‘n ewige rots.

Psalm 68:4
Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van GOD, en hulle is vrolik met blydskap.

Lees nou hierdie selfde skrifgedeeltes in die, New King James Version Bible (In Engels)

Jesaja 12:2
Behold, God is my salvation, I will trust and not be afraid; ‘ For YAH, the LORD, is my strength and song; He also has become my salvation.’”

Jesaja 26:4
Trust in the LORD forever, For in YAH, the LORD, is everlasting strength.

Psalm 68:4
Sing to God, sing praises to His name; Extol Him who rides on the clouds, By His name YAH, And rejoice before Him.

* * * * * * *

Oor die laaste paar jare het ons Profetiese Woorde ontvang dat die antichris die name Jesus Christus sal gebruik in die Groot Verdrukking. As die antichris eenmaal bekend gemaak is en die naam Jesus gebruik, sal YAHUVEH NIE enige gebede hoor wat in die naam van Jesus gesê word nie. Hoe kon HY, wanneer die antichris die naam gebruik en biljoene mislei. Jy moet die Gewyde Name van YAHUSHUA en YAHUVEH/YAHWEH in die Groot Verdrukking gebruik of jou gebede sal NIE gehoor word nie.

Ons plaas die uittreksels van die Profesieë wat verwys na die Gewyde Name en veral waarom jy nie die Naam van Jesus Christus sal wil gebruik in die Groot Verdrukking nie. Hierdie is ‘n “moet lees”. Hierdie is baie belanglik vir die moeilike tye wat voorlê!


Prophecy 77 - AANSKOU, EK, YAHUVEH STUUR JOU VOORT
Wanneer hulle MY Seun aanroep, nie net in die naam JESUS CHRISTUS nie, wanneer hulle die erfdeel eer wat EK vir hulle op die aarde gee. Want HY het gekom van die Lyn van Dawid, HY het gekom as 'n Hebreër, so leer hulle! EK wil hê dat HY ge-eer word, en dat HY op SY naam YAHUSHUA geroep sal word. EK maak 'n belofte en lê 'n eed af, die wat gehoorsaam is, die wat hulleself Pinksterlikes noem, julle is wêreldwyd verspreid, dit is waaroor satan skud en bewe. As julle net die waarheid van die Joodsheid van die Messias, vir wie julle jul lewe gegee het, sal aanvaar.

Prophecy 83 - EK, YAHUVEH, Sê “MAAK GEREED, DIE EINDE IS NABY!”
Almal wat uitgenooi is na die Bruilofsmaal van die LAM, EK het hierdie waarskuwing vir julle, in die Groot Verdrukking, die een wat kom wat gewoonlik die anti-chris genoem word - wie werklik die seun van satan is, die seun van verdoemenis - hy sal kom en die naam gebruik en namaak wat wêreldwyd bekend is, in elke familie en taal, die naam wat Christene ken en liefhet...die naam van “Jesus Christus!”

[BAIE BELANGRIK! LEES HIERDIE VOLGENDE PARAGRAAF AANDAGTIG]

Pasop! Tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen en siele word steeds gered [voor die Groot Verdrukking] in die naam van Jesus Christus. Moenie bang wees nie. Alhoewel, dit was nog nie die Eind tyd nie en julle was slegs verantwoordelik gehou vir wat vir julle geleer is. EK, YAHUVEH, het die naam “Jesus” geëer en gesalf, al was MY SEUN YAHUSHUA 'n Hebreeuse naam gegee deur SY Hebreeuse moeder. En EK IS SY VADER, SY Naam sal MY Naam YAH, bevat. Die naam van “Jesus” het MY GEWYDE NAAM uitgevee, DIE NAAM WAT BO ALLE NAME IS. MY Naam YAHUVEH en die Naam van YAHUSHUA vertaal na - 'n konstante herinnering in elke taal - "YAH Saves"! Is dit nie julle gewoonte om die Seun na die vader te vernoem nie? Hoekom dink julle is dit enigsins anders vir julle HEMELSE VADER om dieselfde te doen? Dit is 'n konstante herinnering vir jou dat, EK, YAHUVEH, en MY SEUN, YAHUSHUA, EEN is.

Dit is satan en sy dienaars wat die naam YAH vrees, maar EK ken my Kinders se liefdevolle harte. EK het julle selfs vergewe omdat julle MY ware Sabbat Rus Dag verlaat, die vierde Gebooie oor en oor breek, maar ek sal dit nie verder vergewe nie. Nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Julle word verantwoordelik gehou om ander te waarsku. Daar is 'n Hoër Gewyde Salwing in die Hebreeuse Naam van YAHUSHUA en in MY Naam, YAHUVEH. Nou is die Eind tyd naby en EK waarsku julle, leer ander wat julle nou ken as waarheid. Daar is meer Salwing in ONS Heilige Gewyde Name. Gebruik hulle! Moet geen verskonings meer maak nie! Gedurende die Groot Verdrukking moet julle roep op MY SEUN se Hebreeuse Naam YAHUSHUA HA MASHIACH. MY Naam is YAH - en dit is in SY Naam – DIE NAAM BO ALLE NAME (Jes 45:23; Rom 14:11; Fil 2:9-10).

As julle dit nie nou leer nie, in die Groot Verdrukking wanneer julle bid vir bevryding, of genesing, en julle gebruik die naam ”Jesus”, onthou dat die seun van satan hierdie naam gaan gebruik as God. Hoe kan julle verwag om genees, bevry of geseën te word, deur die dieselfde naam te gebruik wat die seun van satan sal gebruik? Julle sal die seun van satan aanroep en dit nie weet nie.

Die enigste ware genesing, tekens, wonders en wonderwerke en opstandings kom van die Hemel. Enige ander genesing of verlossing is 'n illusie! En gedurende die Groot Verdrukking gaan daar illusies wees wat voorkom of dit waar is, maar is leuens direk van die troon van satan. Leer nou! En waarsku ander nou! In die Groot Verdrukking, slegs in die Naam van YAHUSHUA --nie die naam van Jesus – sal ware verlossing, genesing, opstandings krag vorendag kom. Mense wat 'Jesus' nou lief het en dien sal wonder hoekom hulle gebede nie beantwoord word nie. En hulle geloof sal swaarkry en hulle sal selfs doodgaan vir hulle geloof, sonder om te verstaan hoekom verlossing nie gekom het in daardie naam nie.

Waarsku hulle nou. Sodat hulle gewoond sal raak om die Hebreeuse Naam YAHUSHUA, en YAHUVEH en die "RUACH ha KODESH” te gebruik. satan wil nie die naam YAHUSHUA, met MY Naam YAH binne in, vervals nie.

Al die ander wat hierdie Woord ontken, al gee hulle toe dat hulle “Jesus” lief het, en steeds weier om die Hebreeuse Gewyde Name, die Sabbat en Heilige Dae en Feeste te leer – hulle sal aanhou om met melk gevoed te word want hulle wil nie geestelike tande hê om hierdie Geestelike vleis te eet nie. In die Groot Verdrukking, sal hulle onthou wat hulle gelees het. En sommige sal berou en weet dat hierdie Bediening werklik van die Hemel gestuur was. Want MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Verkiesdes, kyk op! Julle Verlossing kom nader. Een of ander manier sal julle weer terugkom huis toe, na die Hemel!

Prophecy 84 - PASOP VIR DIE ILLUSIE!
Net omdat die Grieke MY SEUN 'n naam gegee het, net omdat die "King James" bybel die naam van Jesus Christus oor en oor herhaal het, beteken nie dat SY Naam verander het nie. Dit sal altyd 'n Hebreeuse Naam wees, 'n Naam wat die Naam hou van MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH, 'n Naam wat 'n herinnering vir hierdie aarde is, vir die prys wat MY Seun YAHUSHUA moes betaal het. Weer, EK sal dit weer en weer en weer en weer en weer sê…jy kan hierdie profeet godslasterlik noem, jy kan haar belaster, jy kan sê dat sy hel toe gaan, maar EK vertel dit vir jou…EK, die Koning van Skeppings, EK die Heilige Ewige Een, vertel dit vir jou…SY Naam wat bo alle Name is, is genoem na MY, YAHUVEH. EK, YAHUVEH. Dit beteken "YAH SAVES."

Niks het verander nie. Omdat EK die naam van Jesus Christus geëer het, omdat EK die naam van Jesus Christus gesalf het, omdat EK gered het in die naam van Jesus Christus, omdat EK vrygemaak het en tekens, wonders en wonderwerke gedoen het in die naam van Jesus Christus, omdat EK dit steeds doen in die naam van Jesus Christus, beteken dit nie dat julle nie SY Ware Hebreeuse Naam hoef te ken nie. Jy sal en jy word verantwoordelik gehou vir wat jy weet. Omdat EK al hierdie tyd toegelaat het dat julle byeenkom en Sondag MY Sabbat dag noem, het EK dieselfde ding gedoen, EK het dit toegelaat. Dit was nie MY wil nie, EK het dit toegelaat. Maar in die Groot Verdrukking sal satan julle wys hoe hy gaan namaak.

Want EK sê weer, selfs die baie ryk evangeliste wat hierdie waarheid ken, het hierdie waarheid uitverkoop, het ‘n kompromie aangegaan met hierdie waarheid, sal julle reg in die arms van die anti-messias lei, die seun van satan. En hulle sal sê, "Dit is Jesus Christus, dit is jou Messias, hy het gekom. Hy het gekom en nou is daar vrede regoor hierdie aarde, moenie bekommerd wees oor die Hel nie." Hoekom kan julle nie sien nie? Hulle wil MY nie namaak nie. MY Naam is YAH. “King James" sal betaal. "King James" het betaal toe hy MY SEUN se Heilige Naam uitgeklad het. LEES! LEES! LEES! Bestudeer en wys jouself waardig. Dit was nie altyd "King James" nie, lees die heilige manuskripte. Lees waar die Hebreeuse vertalings is. Lees waar selfs die "Aramaic" SY Naam ken. HOEKOM? HOEKOM? HOEKOM wil julle nie glo nie?

Die Christelike kerk gaan deur soveel lyding gaan, omdat hulle die Messiaanse Jode uitgegooi het. En julle van die Messiaanse Joodse sinagoges, EK wys MY vinger ook na julle. Julle wat MY Naam YAH uitgehaal het en gesê het, "Yeshua sal reg wees". Jy wou nie die ortodokse Jode beledig nie. Julle het ‘n kompromie aangegaan. Julle wat hierdie Profeet van MY wat praat, 'n Heilige Naam gebruiker noem, julle is reg, dis hoekom EK haar gesalf het en nie julle nie. Julle wat dit waag om MY Naam te spel as 'G-d'. Wat is dit? Wat is dit veronderstel om te beteken vir MY? Julle neem selfs MY Godheid weg en dan wonder julle waar is die wonderwerke van die ou tye? Hoekom kan ons nie die dooies in die kerke inbring nie? Hoekom staan hulle nie op nie? Waar is die wonderwerke van ouds?

Prophecy 89 - GEHEIME VAN DIE RUACH ha KODESH
In die Woord wat vertaal is, lees jy hoe hulle dit durf waag om MY SEUN YAHUSHUA, die seun van die mens te noem. HY was nog NOOIT die seun van die mens nie. HY is die SEUN van YAHUVEH! Die SEUN van YAH!7 Hoe lank terug het EK jou nie al bedroef laat word, wanneer jy dit in die vertalings sien nie. Jy het nog nooit vrede hieroor gehad nie, en jy het ook besef dat dit in al die vertalings so uitgebeeld word. Dit is nie deur my hand dat dit so moes wees nie! Dit is a.g.v. satan se plan. Al was HY as ‘n mens gebore en al het hy die pyn op die kruis verduur, was HY nooit–nooit-nooit die seun van die “mens” nie! HY is die Seun van YAH en SY Naam9 is aan die wêreld bekend gemaak! Hoekom dink jy het satan probeer om HOM minder te ag en HOM die naam van ‘n mens gegee? EK moes dit maar toelaat en hierdie tyd: voor die Groot Verdrukking, sal die naam Jesus nog staan.

O, maar in die Groot Verdrukking, gaan diegene wat nou gered is en Heilig voor MY lewe, in wie MY Gees is, wat gered was in die Naam van “Jesus”, nogsteeds op daardie naam na HOM roep (tydens die Groot Verdrukking). Moenie MY verkeerd verstaan nie, daar is Krag, Hemelse Krag in daardie Naam, (voor die Groot Verdrukking) a.g.v. die Genade van julle ABBA YAHUVEH. Maar tydens die Groot Verdrukking gaan so baie doodgaan (wat roep op daardie naam), alhoewel hulle nou gered is. So baie sal wonder hoekom hulle gebede nie geantwoord word nie. Dit is nie omdat ONS hulle nie liefhet nie. (En EK praat nie nou van die wat na die Sondag kerke sal gaan en die merk (van die dier, Openb 13:16; 14:9) sal kry nie! EK praat met diegene, wat “in die Naam van “JESUS”,” sal uitroep, wat weet dat HY die EEN was wat gekruisig was en wat op die 3de dag uit die dood opgestaan het.

EK wag vir hulle in die Hemel! Maar hulle moet verstaan, alhoewel daar nou (voor die Groot Verdrukking) krag in daardie Naam is, sal daar in daardie tyd (tydens die Groot Verdrukking), geen krag in daardie naam wees nie. Dit beteken nie - dat diegene wat nog steeds Heilig voor MY is - nie Hemel toe sal gaan nie, maar dit beteken (tydens die Groot Verdrukking) dat EK hulle nie sal kan antwoord nie. Dit is net soos EK gesê het, dit is (deur) MY Salwing soos om ‘n soen na ABBA YAHUVEH te blaas, wat sal maak dat hulle gebede beantwoord sal word. Maar op daardie Dag kan EK nie die woorde wat hulle sê ondersteun nie. Want daar sal ‘n ander een op die aarde wees wat sal sê, "Ek is Jesus."

En alhoewel EK sal weet van watter Jesus hulle praat en na uitroep - sal hulle gebede nie die Hemel bereik nie, omdat daardie naam ‘n vervloeking sal wees. En hulle sal wonder hoekom…. Dit is hoekom jy hulle nou waarsku! (voor die Groot Verdrukking!) Dit is die belangrikheid van daardie Hebreeuse Naam! Jy sien, satan wil nie die woord “YAH” gebruik nie. O, EK het baie vyande daar buite wat dit nou durf waag om bedieninge te bestuur en die Naam ‘YAH’ gebruik om die wolwe en die skape te mislei.

So diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf is, sal tydens die Groot Verdrukking terugkom Hemel toe, maar dit sal beteken dat hulle hul lewens moet opoffer (hulle wat aandring op die naam J-E-S-U-S). Maar hulle moet NOOIT, OOIT in ‘n Sondagkerk ingaan nie, want hulle name sal uitgewis word. En daar sal geen (nuwe) redding in daardie tyd, in die naam J-E-S-U-S wees nie, net in YAHUSHUA (se Naam)! Party sal sê “YAHSHUA” maar die NAAM “YAH” sal nie uitgelaat word nie.

Want die gesalfde 144 000 sal nie die naam van J-E-S-U-S leer nie. Dit is nou. Dit sal dan gebeur. EK het aan julle hierdie boodskap gegee om weer te waarsku.11 Dit is net nou (voor die Groot Verdrukking), dit beteken nie dat almal wat nou na Sondagkerke toe gaan, nie aan MY behoort nie en nie met MY GEES vervuld is nie. Maar dit beteken wel dat dit nie in die Groot Verdrukking toegelaat sal word nie, omdat hulle dan hulself aan die Dier sal verkoop. Verstaan julle dit? (voor die Groot Verdrukking,) Siele word nou gered in die naam van J-E-S-U-S. EK salf in die naam van J-E-S-U-S. EK genees in die naam van J-E-S-U-S. EK bevry in die naam van J-E-S-U-S. Maar dit sal nie dan gebeur nie. (tydens die Groot Verdrukking)

Waarsku hulle. Hoe kan EK hulle antwoord? Hoe kan MY Seun YAHUSHUA hulle antwoord? wanneer hulle uitroep, "Jesus! help my!" en die seun van satan is daar en sê, "Hier is ek!" Hulle sal dan sê) "Jesus red my, vergewe my my sonde!" En die seun van satan sal sê, "Hier is ek!" Kan julle nie die gevaar sien nie?! Kan julle nie verstaan nie?! Julle besef nie watter droefheid EK gaan voel wanneer diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf is, wat van beter weet as om na ‘n Sondagkerk toe te gaan, gaan hardloop en wegkruip en hulle lewens sal moet opoffer, omdat hulle gaan uitroep en nog maar steeds gaan weier om te sê, "in die NAAM van YAHUSHUA!"

Hulle sal vashou aan dit wat hulle geleer was, en hulle sal sê, "in die Naam van Jesus", en hulle gebede sal nie die Hemel bereik nie, omdat EK dit nie soos ‘n soen sal blaas nie, omdat die seun van satan gaan uitroep, "Hier is ek." Dit beteken nie dat hulle name uitgewis is nie; Dit beteken net ..EK kan nie hulle lewens red nie. EK kan hulle nie wegsteek nie. EK kan nie vir hulle kos gee nie. EK kan hulle nie bevry nie.

Dit is hoekom EK Bedieninge soos hierdie oprig, wat die NAAM van YAHSHUA leer, wat die NAAM van YAHUSHUA leer - dit maak nie saak nie (of julle YAHSHUA of YAHUSHUA sê). So baie weier om die NAAM wat EK aan julle gegee het, te spreek (YAHUSHUA), maar DIE NAAM “YAH” kan nie uitgelos word nie, omdat SY NAAM self beteken dat “YAH RED”.

EK het aan jou die droom gegee wanneer ruimtetuie kom. Hulle is waarlik satan se weermag, maar hulle het volmag oor diegene wat op die verkeerde naam sal uitroep want hy (die seun van satan) sal sê, "Hier is ek."

So wees gewaarsku! Dit het nou alreeds begin. Daar is een wat opgestaan het. Hy het volgelinge wêreldwyd en hy noem homself ‘Jesus Christus’. Maar die waarheid is dat hy alles uitgooi wat Heilig is. Wees versigtig vir die een wat gaan kom! Hierdie man is maar nog net ‘n mens. Maar wees versigtig vir die een wat gaan kom! Dit sal wees asof Judas weer teruggekom het. En hy is waarlik die seun van satan, die seun van lucifer.

Waarsku hulle nou. Daar is ‘n tyd en daar is ‘n seisoen. Jy sal weet wanneer om hierdie Woord vry te stel. Maar Elisabeth (Elisheva), nooit weer hoef jy te smag na die liefde van ‘n moeder nie. EK het dit aan jou gewys en EK het daardie leemte gevul.

Prophecy 90 - Wat is die Naam Van Die RUACH HA KODESH?
Elisabeth [Elisheva], EK IS jou “MOMMA SHKHINAYH GLORY”. EK IS die een wat jou salf vir tekens, wonders en wonderwerke, en dit sluit in, profetiese eienskappe en om in Heilige tale van mense en Heilige engele te bid. EK IS jou “MOMMA SHKHINYAH GLORY”. EK IS die EEN wat vir alle Heilige kinders intree, terwyl EK jou gebede na die Troon van YAHUVEH dra, soos ‘n soen wat in die lug geblaas word, wanneer dit gedoen word in die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. Dit sluit ook die Naam van “JESUS CHRISTUS” in, vir nou, maar wees versigtig, die seun van satan sal tydens die Groot Verdrukking, die naam van ‘Jesus Christus’ vervals. EK sal op daardie stadium nie instaat wees om gebede in die ‘naam van Jesus’ te stuur nie, omdat die duiwel se eie saad ook die naam ‘Jesus Christus’ sal gebruik. Leer nou die HEILIGE HEBREEUSE NAAM VAN YAHUSHUA & YAHUVEH vir almal wat geestelike ore het om te hoor en wat wil gehoorsaam wees. Leer en word vertroud daarmee om die ware Hebreeuse NAAM – van die een wat meeste nou ‘JESUS CHRISTUS’ noem – te ken en te gebruik, nou, voordat dit te laat is. Sê vir die mense, “Moenie wag tot die Groot Verdrukking om dan op die harde manier te leer nie.”

Roep dit uit totdat hulle dit hoor en hierdie boodskap regoor die wêreld lui. Tydens die Groot Verdrukking sal daar ‘n groot misleiding plaasvind. En in daardie tyd, sal YAHUVEH nie meer instaat wees om gebede in die naam ‘Jesus Christus’ te beantwoord nie. Alleenlik die HEBREEUSE NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH, sal Genesing, Bevryding en Opstandings Krag hê! Want die een wat nou die seun van satan genoem word, sal miljoene der miljoene – mislei met valse tekens, wonders en wonderwerke –terwyl die naam van ‘Jesus Christus’, voor die hele wêreld vervals gaan word. Indien moontlik, sal selfs die uitverkorenes mislei word (Mat. 24:24; Mark.13:22). Wees versigtig, op hierdie oomblik is daar bose mense wat die gees van die antichris het en hulle gebruik die naam ‘Jesus Christus’, maar hulle haat die HEBREEUSE NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH. Want dit is ‘n aanhoudende herinnering dat YAH RED! YAHUSHUA is die enigste MASHIACH (MESSIAS).