Gaan terug


Droom met Uitgehongerde Baba!


19 Desember 2001


Ek het buite gestaan gekyk na ‘n pragtige blou lug, alles was vreedsaam. Terwyl ek opgekyk het, het ek gesien 4 sirkels word in die lug geteken asof die vinger van GOD YAHUVEH hulle baie stadig geteken het. Toe die 4de sirkel geteken was, het ek ‘n harde brullende geraas gehoor, het in die huis ingegaan, ‘n ENORME wind het gekom vernietigend en dodelik dit was soos ‘n kern ontploffing van die gevolge van ‘n atoombom! Ek het in afgryse die dood en vernietiging aanskou. Binne-in my huis het ek ‘n vrou gesien met ‘n klein babatjie in haar arms. Ek het daarna gekyk en die baba het dood gelyk en so ondervoed. Ek het gesê, “Hoekom het jy nie die baba gevoed nie?” Sy het kil na my gekyk en gesê: “Want die baba vas.”

Toe voordat ek die baba by haar kon vat, het sy die venster oopgemaak en dit uitgegooi by die 2de verdieping venster uit. Ek het uitgehardloop in die bestraling en die verwoestende wind, en die baba in my arms gevang, en dit het weer begin asemhaal! Terwyl ek daar gestaan het, het ‘n man na my toe gekom sy gesig was so erg verbrand deur bestraling, en dit was rooi met 3de graadse brandwonde, hy het nooit ‘n woord gesê nie, hy het net verby my geloop. Ek het teruggegaan in my huis in, ten volle beskerm teen bestraling, en ek het geweet niks kon my seermaak nie saam met die baba en ek het dit melk gevoer uit ‘n bottel.

Na ‘n wyle het die verwoestende winde opgehou. Alles het vreedsaam gelyk. Ek het toe weer na die lug gekyk, en ek het gesien die eerste sirkel begin, ek het begin skree, BEKEER en draai julle harte na YAHUSHUA (Jesus) want weereens het die oordeel gekom! So min het geluister! Ek het die ander 3 sirkels gesien almal in ‘n ry, 4 altesaam, toe die geluid van ‘n brul wat ek nie in staat is om te beskryf nie. Toe kom die verwoestende wind weer, asof nog ‘n kern ontploffing afgegaan het!

Ek het onderskei die vrou is godsdiens, en die baba is die gemeente, die georganiseerde godsdiens verhonger die mense: dwing hulle om te vas vir meer geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings. Ek word gebruik om die mense te voed wat verhonger in hulle eie kerke, die pastore offer die mense ter wille van hulle eie rykdom, beheer, dink hulle BESIT DIE SKAPE! Vergeet dat daar net een Goeie Herder is.

Asseblief waarsku almal! YAHUVEH het met my gepraat in die droom en my gewaarsku waarom hy weer sy verskansing van beskerming sou lig, selfs die heiden aanbid 'n heidense god, wie aanbid Amerika?

* * * * * * *

In November het ek ‘n soortgelyke droom gehad.

Ek het pad-af geloop en ‘n koei gevul met melk het my gevolg waar ek ookal gegaan het. Dit was nie my koei nie. Die boer het my beskuldig dat ek sy koei steel! Ek het gesê ek kon nie die koei keer om my te volg nie, dit was die koei se keuse! Ek het 3 vierkante in ‘n ry gesien geteken deur die vinger van YAHUVEH in die lug. Ek het ‘n geluid gehoor soos ‘n brullende geraas. Ek kan dit nie verduidelik nie. Toe het ek gesien ek was in die berge en enorme rotsblokke het gekom in my rigting. Ek het na die oseaan toe gehardloop waar my huis was in die droom. Ek het in die huis ingegaan. Toe het ek gesien die 3 vierkante word weer in die lug geteken. Ek het in afgryse toegekyk, en het probeer dink wat was die minste pynlike manier om te sterf, want ek het gedink die oseaan sou die huis verswelg en alles daarbinne sou verdrink as ek gebly het. So ek het besluit om weer na die berge toe te gaan. Ek het die brullende geluid gehoor en toe direk nadat die 3de vierkant geteken was, het ek voor ek kon beweeg VUURWERKE in die lug gesien, eers ligkleuriges eentonige soort, toe helderkleurige vuurwerke! Dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie gehardloop nie, ek het net gekyk na die vuurwerke.

Asseblief stuur vir my julle onderskeiding oor die drome. Ek weet die koei is mense gevul met melk van ander pastore se leringe, maar hulle wil meer hê.

Net die vurige gebede van die regverdiges vermag baie, AS MY volk op hul aangesigte sal val en hulself verootmoedig, sal EK hulle gebede verhoor en hulle land genees! Neem asseblief hierdie drome ernstig op. YAHUVEH het hoorbaar met my gepraat 3 jaar gelede en 2003 sal die 4de jaar wees. Hy het gesê "In vier seisoene sal jy weet." As ek reg onderskei, is die 4 seisoene jare. Het ons regtig so lank of sal die einde vinniger kom? Want te veel het die begeerte om Amerika te vernietig en het die mag en net YAHUVEH en YAHUSHUA (Jesus) kan dit stop! Hy sal ons gebede gebruik! Wie sal ons help intree? Ons moet meer tyd hê om hierdie wêreld te bereik vir die koninkryk van die Hemel.

Die een goeie ding is EK IS BESKERM! So sal julle ook wees as julle onder die vlerke van YAHUVEH is soos in Psalm 91, die geheime plek van die allerhoogste GOD! Is enige iets te moeilik vir GOD? Die 3 Hebreeuse kinders was in die vlammende vuuroond gegooi 7 keer warmer en niks was verbrand nie behalwe die toue wat gebruik was om hulle hande en voete vas te bind. GOD YAHUVEH kan ons beskerm teen enige leed gedurende hierdie tyd ook.

Asseblief vertel vir ander van die reddened genade van YAHUSHUA sodat hulle ook gered kan word. Moenie die mens vrees wat net die vlees kan vernietig nie, maar werk eerder jou eie heil uit met vrees en bewing met 'n GOD YAHUVEH wat jou vlees kan doodmaak en jou gees gooi binne-in die poel van vuur. Omdat ek lief is vir julle, waarsku ek julle. Eseg 3 17:21 Die bloed is nie op my hande nie. Asseblief onthou die ware Sabbat dag en hou dit Heilig.

Soos in die tyd van Moses sal daar seëninge van beskerming wees vir die mense wat die Ware Sabbat hou uit liefde vir YAHUVEH en YAHUSHUA! Hierdie instruksies was gegee aan ons met Adam en Eva, en die Bybel sê die Sabbat is ewigdurend en sal nooit verander nie. Katolisisme het die ware Sabbat verander, aanbid alle dae maar kom veral nader op die ware Sabbat! YAHUSHUA het gekom om die wet van Moses te vervul, nie om dit te kanselleer nie! Die huis waarin ek gehardloop het is my ARK van veiligheid! Wees seker jy is in die Ark wanneer hierdie gebeur, die beskerming van Psalm 91. Onthou roep op die naam van YAHUVEH en YAHUSHUA! Daar is krag in die Afgesonderde Name!

Liefde en seëninge in die Ontsagwekkende name van YAHUVEH en YAHUSHUA

Apostel Elisheva Elisheva