Gaan terug


Swart Ring van die Dood Plaag!

Gegee Elisheva Elisheva 17.3.2003


Ek het gedroom ek het baie wetenskaplikes gesien wat wit laboratorium jasse dra en sommige was vroue wetenskaplikes en hulle was oor mikroskope in 'n laboratorium en besig om laboratorium toetse te doen. 'n Sekuriteitswag het by die deur gestaan en gereed gemaak om te gaan vir middagete. Een van die vroue wetenskaplikes het oorgestap na hom toe en het met hom gepraat. Hy het gesê hy gaan vir 'n vetterige hamburger.

Die vrou wat met hom gepraat het, het gesê, "Wat het geword van jou dieet?" en hy het gesê, "Dis te laat, ek het dit gekry." Sy het toe 'n klein pen uitgetrek soos flitslig en het sy onderste ooglid afgetrek die lig geskyn binne-in die wit van sy oë. Ek het gesien wat sy gedoen het....daar was klein swart ringetjies soos baie klein sirkeltjies in die wit van sy oë.

Sy het 'n hartseer kyk gehad op haar gesig, want sy het geweet dit was te laat. Hy het 'n plaag gehad. Die sekuriteitswag het geweet dat hierdie plaag noodlottig was en daarom was dit nie langer nodig om te dieet nie. Hy het die vertrek verlaat. Die droom het geëindig.