Profesie Uittreksel van die spoedig komende Aardbewing:
Ek het in 'n vertrek gestaan. Skielik het die aarde geweldig hard begin skud.
En ek het gesê, "Daar's geen manier dat die aarde hierdie kan vat nie!" Dit het
gevoel asof dit uitmekaar val.
Toe het ek gegil, "YAHUSHUA, HELP!" Daar was 'n groot TV op 'n voetstuk wat
begin het om af te gly op die vloer. Ek het my hand uitgesteek om die TV vas te
gryp voordat dit van die voetstuk af gly. Toe het die skudding gestop.
Toe ek gedink het die aardbewing was verby, het ek 'n stem hoor sê...
"EINDE VAN RONDTE EEN...NOU VIR RONDTE TWEE!"
Toe het die skudding weer begin en dit was net so gewelddadig soos voorheen.
My familie en ek was nie beseer terwyl daar massiewe vernietiging oral om ons
was nie. Hierdie aardbewing het plaasgevind gedurende die dag.
Ek het buitentoe gestap en lede van my familie het gesê hulle moet na die winkel
toe gaan vir nood voorrade.
Ek het gesê, "Nee, asseblief moenie. Bly by my."
Toe het ek in die lug op gekyk en gesê, "Kyk! Kyk!"
My familie en ander mense wat rondom my staan het op gekyk na waar ek wys.
Hulle het geantwoord, "Kyk na wat?"
Ek het gesê, "Kan julle dit nie sien nie?"
Hulle het gesê, "Sien wat?"
En ek het begin beskryf wat ek gesien het. Dit was soos 'n kleurvolle olie
skildery van die Laaste Avondmaal wat lewendig geword het. Ek het YAHUSHUA (Christus)
gesien wat omring was deur Sy dissipels, wat nagmaal doen. Dit was so pragtig!
Dit was lewensgroot.
-- Einde van droom --
Toe ek wakker geword het, het ek vir YAHUSHUA gevra waarom ek gedroom het deur
die Here se Laaste Avondmaal te sien, en Hy het my vertel...
"WANT DIE SKUDDING SAL WEES OP 'N PASGA."
Ek weet nie watter jaar, op die Pasga, hierdie sal gebeur nie.