Gaan terug


Elisabeth se droom i.v.m Hitler

27 September 2005


Ek, Elisheva Elisheva was onlangs 'n profetiese waarskuwing gegee in 'n droom wat 'n waarskuwing is vir alle biologiese Jode en diegene wat gewas is met die gestorte Bloed van YAHUSHUA wie geestelike Jode is. Ek sal dit die titel gee…

WEES OP JUL HOEDE! ADOLF HITLER SAL WEER UIT DIE DOOD UIT OPSTAAN!

Ek het van die onderskeiding self ontvang, sekere dele het ek nog nie die onderskeiding van nie. Vir profete wat hierdie gawe ontvang het, as julle hierdie lees, stuur asseblief vir my jou onderskeiding en dit sal geplaas word soos ek getuienis kry vir die waarheid daarin.

HITLER SAL WEER UIT DIE DOOD UIT OPSTAAN!

Ek was op 'n brug en ek het in die middel daarvan gestaan. 'n Kolossale sement brug met 'n versperring van sementreling oor die middel daarvan, sodat mense nie van die brug kon afval in die bruisende water nie. Die stroom het na die brug gevloei wat aan die linkerkant was. Iemand het my geroep en gesê, "Kyk oor die linkerkant van die brug en jy sal die dooie liggaam van Adolf Hitler sien dryf op 'n houtvlot en hy sal weer opstaan uit die dood."

Ek het gesê op geen manier kan Hitler weer uit die dood opstaan nie. Die stem het gesê, "Kyk en sien die liggaam is alreeds daar!" Ek het na die linkerkant toe gegaan en ek het gekyk oor die dik sement versperring wat ek 'n reling sal noem vir gebrek aan woorde, en ek het gesien op die bewegende water in die verte wat gelyk het soos 'n liggaam wat daar lê.

Ek het bly kyk, en skielik het ek gesien terwyl die vlot naderkom, dat die liggaam opgestaan het en toe regop gestaan het en dit was Adolf Hitler wat lewendig geword het en hy het reguit na my gestaar met 'n bose kyk in sy oë. Sy hand was gelig in die posisie van daardie saluut wat hy altyd gedoen het.

Die vlot het nader gekom en ek het daar gestaan in vrees vir wat ek sien en tog het ek met myself geredeneer en gesê terwyl die vlot nader kom na die brug waarop ek staan, daar is geen manier dat Hitler kan opklim op hierdie brug nie want dit is te hoog vir hom om by my te kan uitkom.

Tot my verbasing het Hitler se vlot tot by die rand van die brug gekom en hy het begin opkruip aan die kant van die brug soos 'n reuse spinnekop deur sy hande en voete te gebruik om te kruip! Ek het daar gestaan en gestaar en toe besef ek moes weghardloop van Hitler af en wegkruip.

Soos wat ek begin hardloop, het ander mense gekom uit alle rigtings en het begin hardloop saam met my, want hulle het gedink waar ek ookal weggekruip het sou veilig wees vir hulle ook. Ek het gehardloop en hulle het gevolg en Hitler het ons gejaag van huis tot huis terwyl ons gehardloop en weggekruip het in verskillende huise…en Hitler het ons gekry selfs waar ons weggekruip het. Maar ek het net weer gehardloop na 'n ander huis om weg te kruip en die mense het my gevolg, maar omdat so baie my gevolg het, sou Hitler my kry en weer moes ons hardloop.

Die mense het weggekruip in die laaste huis in my droom en ek het gesien hoe Adolf Hitler hulle kry en hulle vang en ek was in 'n kamer met geen uitkomkans nie behalwe vir 'n venster en ek was op 'n 2de vloer in 'n slaapkamer.

(In werklikheid het ek 'n vrees vir hoogtes en 'n slegte oogsig probleem genaamd 'n stigmatisme so dit is vir my moeilik om afstande van voorwerpe te skat.) Hitler sou my kry as ek nie ontsnap het nie toe het ek die venster oopgemaak en af gekyk van daar af, gewonder hoe ver hierdie sprong was en of ek sou lewe as ek uit die venster gespring het tot buitekant op die grond.

Ek kon hoor hoe Hitler naderkom daarom het ek gebid tot YAHUSHUA om my te help, en ek het uitgespring uit die venster tot op die grond en ek was verbaas dat die sprong regtig nie so ver van die grond af was nie, dit het erger gelyk as wat dit was, ek het nie net geleef nie maar het van Adolf Hitler af ontsnap en ek het weggehardloop na 'n plek van veiligheid.

Einde van die droom. September 2005 (Ek moet die presiese datum opkyk).


K Se INTERPRETASIE


Openbaring 13:1-3 en 17:8
1 En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.
2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos die van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

Openbaring 17:15
En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigte en nasies en tale.

In die droom, glo ek, die waters verteenwoordig diegene wat op die aarde is - mense wat onder die invloed is van die dier. Hitler was duidelik van die Antichris gees. In Openbaring 9: 14-15 word genoem van 4 (gevalle) engele wat gebind is by die Eufraat rivier. Daarom glo ek ook die rivier in die droom mag dalk hierdie verteenwoordig: die engele (wat gebind is by die Eufraat rivier) is die vier diere wat die regering sisteem beheer in Daniel 7 :1-8 en weer sal uitkom uit die Bodemlose put.

Openbaring 9:
14 En die het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak.

In elk geval, ek weet nie of Hitler letterlik uit die dood sal opstaan nie.

Maar, wanneer ek Openbaring 13:2 lees, dink ek die Nuwe Wêreld Orde regering sal lyk soos Hitler se fascistiese Duitsland (luiperd), wat voete het van die Kommunistiese Soviet Unie (beer***) en die mond het van die Britse/Amerikaanse Ryk (leeu).

Nog 'n paar gedagtes: die brug is soos Noag se ark - bo die golwe!! Die stem in die droom het gesê." Kyk en sien die liggaam is alreeds daar!" Wel, die dier se sisteem is HEELTEMAL HIER. YAH het net nodig om die bruid te verwyder en outoriteit te gee aan satan om alles te doen wat geprofeteer is. Die Nuwe Wêreld Orde wag nog net vir die donker magte om losgelaat te word. Die ENIGSTE DING wat hierdie terughou is YAHUVEH se GENADE.

Jy het geskryf "Ek was in 'n kamer met geen uitkomkans nie behalwe vir 'n venster op 'n 2de vloer in 'n slaapkamer". Lees Openbaring 3:7-8. Wat HY oopmaak kan niemand sluit nie, en wat HY sluit kan niemand oopmaak nie!!! & Jy het geskryf: "Ek het nie net geleef nie, maar het van Adolf Hitler af ontsnap en ek het weggehardloop na 'n plek van veiligheid." Jy het weggekom (Openbaring 3:10).