Droom Oor Ariel Sharon
11.1.2006
Ek het gedroom YAHUSHUA en ek het gesit aan die linkerkant van 'n langwerpige
eetkamer tafel. Henry Kissenger het oorkant my gesit en Ariel Sharon het op die
kop gesit.
Toe het ek Ariel Sharon gesien as 'n jong man (ek het gedink ek was 'n vinnige
kykie gegee van hom toe hy jonk was maar wonder nou of dit iets verskillend
beteken het.) en die jong, skraler weergawe van hom het die swartste oë gehad,
boos, geen lig wat na vore kom uit hulle nie en hy het hoë hakskoene aangehad
(mans skoene maar met 'n hoë hak).
Al wat YAHUSHUA my vertel het is dat ek daar was as 'n "getuie" tot hulle
verhouding en die tafel verteenwoordig dat hulle eet van dieselfde voedsel (ek
het dit geneem dat dit beteken geestelike voedsel, boosheid.) Ek wonder of satan
iets te doen gehad het met Ariel Sharon se herstel by die hospitaal, of satan op
'n manier vir Ariel Sharon beset het.
* * * * * * * *
Visioen, Ridder te Perd
11.1.2006
Ek wil graag 'n visioen deel wat ek gesien het die ander dag en vra of enige
iemand anders so iets gesien het.
Ek het opgekyk na die oostelike lugruim en die profiel gesien van 'n middeleeuse
ridder, in pantser en te perd. Hy en die perd was dieselfde kleur, grys-silwer.
Die perd en ruiter het oos gedraai en weggery. Ek glo ek was 'n kykie gegee van
iets "belangriks".
Ek glo dit was die "vaal ruiter" wat beskryf is in Openb. 6 en dui aan die Here
laat hom vry om dood te bring na 1/4 van die aarde se bevolking. (Ek het gesien
in die verlede 1/4 van die wêreld verdwyn.) Ons weet die bose manne wat wêreld
gebeure manipuleer probeer dat die aarde ontslae raak van 1/4 van die armste van
die armes deur plae, geboortebeperking, aborsie en enigiets wat hulle na hulle
toe kan gooi.
Maar, ek bid net Yahweh se wil laat geskied en net in Sy tydsberekening sal die
perderuiter doen soos Yahweh wil. Asseblief deel of enigiemand anders enige
openbaring het hieroor.