Gaan terug


Droom oor Herehuis

Ek het 'n droom gehad op 20 Januarie 2006, wat YAHUSHUA my vertel het wat ek met julle moet deel, en voel vry om dit te deel met almal wat jy ken. Asseblief bid vir onderskeiding van hierdie droom, ek glo ek het reeds baie daaroor.

Ek het 'n herehuis besit. Daarin was 3 enkellopende mans wat woonstelle gehad het in my huis. Hulle was in verskillende dele van hierdie baie groot herehuis. Al die baie groot woonstelle het dieselfde gelyk op elke manier, daar was niks verskillend nie. Die woonstelle was baie skoon.

Ek het die man dopgehou wat gesit het in die eerste woonstel, rustig gesit in 'n stoel. Ek het musiek gehoor wat begin speel en toe het ek 'n baie groot ontploffing gesien en gehoor so gou soos wat die musiek begin speel het. Die lied wat gespeel het was "Bid Vir Die Vrede van Jerusalem."

Ek het gehardloop na die 2de woonstel in my herehuis omdat ek die volgende ontploffing moes stop en uitvind wat was verskillend in hierdie kamer teenoor die ander kamer waar die man nou dood was en die kamer afgebreek was, nie langer meer lyk soos 'n kamer nie. Ek het 'n man sien sit in 'n stoel, doen niks, alhoewel hierdie man die ontploffing gehoor het en geweet het van die dood van die ander huurder van die woonstel.

Ek het die kamer deursoek onder elke stukkie meublement, die kamer het vlekloos voorgekom, en toe het ek die musiek gehoor wat begin speel "Bid Vir Die Vrede van Jerusalem." Toe BOOM!...die ontploffing en die kamer het ontplof en die man was dood.

Ek het gehardloop na die 3de woonstel in my herehuis, ek was vasberade om uit te vind wat was verskillend in hierdie 3 kamers. As ek net kon uitvind wat was verskillend mag ek dalk in staat wees om die naderende ontploffing te stop. Ek het 'n man gesien sit in 'n stoel al die stoele was houtstoele wat die mans in gesit het, hy het nie 'n spier beweeg nie en tog het hy geweet dat die ander huurders dood is en syne was die laaste woonstel.

Ek onthou ek het die vloere deursoek selfs vir 'n flentertjie papier op die vloer en tog kon ek nie enigiets verskillend kry nie. Ek was desperaat om te weet, terwyl ek gesoek het kon ek nie enigiets verskillend kry nie. Toe het die musiek begin die eerste 3 woorde wat gesing is was identies dieselfde as wat ek voorheen gehoor het "Bid Vir Die Vrede van Jerusalem."

Ek het geweet die volgende ding wat ek sou hoor was die ontploffing en ek het geweet ek het misluk om die ontploffing te stop. Ek het wakker geword en hardop gebid vir Jerusalem wetende dat YAHUVEH vol woede is met wat Amerika vir Israel geforseer het om die land van Israel te verdeel. Asseblief profete stuur vir my jou interpretasie van die droom.