Oprah Sluit Aan By Die 'BILLIONAIRES' Klub 28.2.2003
Terwyl baie van die wêreld se rykste mense gesien het dat hulle fortuine weer
gekrimp het in die laaste jaar, het Oprah Winfrey s'n genoeg gegroei om haar te
plaas op "Forbes magazine" se lys van "billionaires" - die eerste swart vrou om
by die geledere aan te sluit.
Oprah se media-ryk het geleidelik sterker geword, en sy het die lys gehaal
hierdie jaar met 'n netto waarde van $1 biljoen.
($1 biljoen = 1,000 miljoen dollars! $1,000,000,000)
Maar Oprah...
Mattheus 16:26
Want wat baat dit 'n mens [vrou], as hy [sy] die hele wêreld win, maar aan sy [haar]
siel skade ly? Of wat sal 'n mens [vrou] gee as losprys vir sy [haar] siel?
Jy moet Beter Luister Na Wat Almagtige YAHUVEH Vir Jou Moet
Sê Deur Hierdie Apostel en Profeet,
Elisheva Elisheva
[ Gespreek deur YAHUSHUA deur Elisheva: ]
En nou vir Oprah Winfrey. EK het vir Elisheva daardie gebed gegee…daardie droom,
en daarin het EK haar herinner aan die gebed wat sy altyd gesê het vir Oprah
Winfrey, altyd die mense gevra het om te bid vir Oprah Winfrey. EK het haar
instruksies gegee wat om te doen. Dit is nie nodig dat dit vanaand gedoen word
nie, maar môre. Sy moet hoorbaar daardie profetiese deel lees wat praat van
Oprah Winfrey. Daardie profesie moet in twee dele verdeel word. Soos julle dit
saam lees, sal EK julle wys. Die mense moet hierdie weereens stuur vir Oprah
Winfrey.
Hierdie is Oprah Winfrey se laaste kans…voor sy eindig met die lot van dié van
Prinses Diana. In hierdie wêreld was sy 'n prinses genoem, maar nie in MY oë nie.
Onverwags sal Oprah Winfrey haar afsterwe ontmoet uit MY hand alleen. Sy dink
dat sy so opgepof is met trots dat niks en niemand haar kan aanraak as gevolg
van haar rykdom en haar roem nie. Sy vergeet wie is haar Skepper. Sy het haar
Redder vergeet. Daarom gebruik EK Elisheva weereens om haar te herinner voordat
dit te laat is.
Dieselfde ding geld vir William Gates. En die wêreld noem hom Bill Gates. Want
Elisheva het hom ontmoet op die vliegtuig en hy was gewaarsku. So daarom stuur
EK weer hierdie waarskuwing.
Waarlik dit is moeilik vir die rykes, want hulle dink hulle het MY nie nodig nie.
Watter dwase mense! Om te dink dat hulle rykdom hulle siele kan red of MY toorn
van hulle afhou.
[ uit Profesie 13, wat betrekking het op Oprah Winfrey, gespreek deur YAHUSHUA:
]
Die vermaaklikheid kunstenaars doen baie goeie werke, tog doen hulle dit nie vir
MY nie, vir MY Vader se Lof, Eer en Glorie nie. Vertel vir hulle MY kind; vertel
vir hulle namens MY. Sê hulle moet bekeer; wegdraai van hulle sondes, daar is
vergifnis in MY gestorte bloed op Golgota. EK het ook vir hulle gesterf sodat
hulle vry kan kom! Vertel vir hulle, MY kind; vertel vir hulle namens MY, want
jy is nie net gestuur na die armes en mishandelde skape nie, jy is gestuur na
diegene wat hulself bo die gemiddelde stel wat hulle eie publisiteit glo wat
hulle gekoop het. Jy is gestuur na die leiers van hierdie land, en baie nasies.
Vertel vir hulle MY kind; vertel vir hulle namens MY! Want die rykes en armes is
dieselfde vir MY, EK het MY bloed gestort vir hulle op Golgota, sodat hulle vry
kan wees van die hel! Vertel vir hulle MY kind; vertel vir hulle namens MY. Want
EK kom spoedig! Geloof sonder werke is dood! Baie van die rykes en die beroemdes
het nie hulle geloof in MY gestel nie, maar in die populariteit van hierdie
wêreld! In die mag van die een wat die meeste geld het!
Selfs 'n geliefde gasvrou van 'n geselsprogram wat die wêreld ken, was eens
MYNE, maar het nou verdwaal. Die wêreld omhels haar want sy staan vir die wêreld.
Sy staan nie meer vir Heiligheid nie, maar instede spot sy met wat sy weet
Heilig is. Sy bespot die Heilige Woord van God waarin sy eenmaal geglo het. Soek
ander gode vir haar jeukende ore. Sy hoereer agter ander gode aan, maar vertel
haar om te bekeer en terug te kom na MY toe! Want dit is EK wat haar hierdie
guns en gewildheid gegee het, sodat sy ander sou lei na MY reddende bloed op
Golgota! Vertel dit vir Oprah Winfrey! Vertel vir haar MY kind; vertel vir haar
namens MY! Want die lot van Prinses Diana sal ook hare wees tot in ewigheid as
sy nie gou bekeer en terugkom na YAHUSHUA, Jesus Christus toe nie, wie die prys
betaal het sodat sy vry kan kom van satan se greep! Vertel vir Oprah Winfrey om
terug te kom na Golgota! Vertel vir Oprah om terug te kom na die wortels van
haar voorvaders waar sy hoort! Vertel vir haar niemand kan haar liefhê soos EK
haar liefhet nie!
Vertel vir haar EK het haar geseën met elke begeerte van haar hart, en niks kan
daardie God-gemaakte leemte vul behalwe EK nie. EK wag vir haar om terug te keer
en tog noem sy haarself MYNE, en MY Heilige Gees is ver van haar af. Vertel vir
haar namens MY, MY dogter, EK ween oor haar! EK ween oor hierdie wêreld wat sy
lei op 'n dwaalspoor! Vertel vir Oprah, MY Kind, vertel vir haar namens MY
alhoewel sy dalk mag spot, sy sal weet in haar gees dat 'n profeet van die Here,
YAHUVEH, haar gewaarsku het en die een wat EK gestuur het is jy. Vertel, MY
Kind, vertel vir haar namens MY! Keer terug na die God van Heiligheid wat sy
eens aanbid het, YAHUSHUA, Jesus Christus, wie die prys betaal het op Golgota!
Vertel vir haar sy moet leef volgens die Heilige Woord van God! Of sy sal nooit
haar familie sien wat vir haar wag in die Hemel nie. Vertel vir haar my dogter,
vertel vir haar namens MY. Want EK het jou geroep om te bedien aan die wêreld se
geselsprogram gasvrou, Oprah Winfrey.
Vertel vir haar sy was bedoel om MYNE te wees, tog het sy keer op keer
weggehardloop van MY af. Vertel vir haar MY dogter, vertel vir haar namens MY.
Waarsku al MY Kinders wat elke dag na haar kyk, en haar ryk maak en woorde
aanhaal wat sy sê, EK vonnis julle nou swaar met 'n boodskap soos hierdie. Julle
noem julleself by MY Naam, tog kyk julle daagliks na haar program en neem die
betekenis van Heiligheid en ontheilig MY Naam! Staan op en vertel vir haar,
vertel vir haar namens MY, julle is ook MY stemme wat haar moet terugbring na
die Heilige Gees van bekering deur MY bloed gestort op Golgota! Vertel vir haar
MY kinders; vertel vir haar namens MY, dis vir julle wat sy probeer behaag en
nie vir MY nie.
EK is verheug oor julle, MY kinders wie ryk is in geloof! Nie julle geloof plaas
in die rykdomme van hierdie wêreld nie! Julle kan nie twee here dien nie, julle
sal die een haat en die ander liefhê. Julle kan nie twee wêrelde dien nie, die
wêreld van die vlees, en die wêreld van die Koninkryk van die Hemel! Slegs hulle
wat die vlees ontken, lewe en wandel in die Heilge Gees sal EK spaar! Vertel vir
hulle MY kind, wees MY stem en vertel vir hulle namens MY! Aan hulle wie
YAHUSHUA, Jesus Christus, geestelike ore en oë gegee het, sal met hierdie
boodskap vrygemaak word! Vertel vir hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY!
My swart skape, maak nie saak hoe ver julle afgedwaal het nie kom terug na julle
enigste Goeie Herder, kom terug na MY toe!
Bestraf satan en vlug van hierdie demone van onheiligheid! En julle sal nog die
Hemel sien! Vertel vir hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY, Almagtige
YAHUSHUA, Jesus Christus, het die prys betaal op Golgota! EK het alles gedoen
wat EK kan doen, nou laat EK die keuses vir julle. Vertel vir hulle almal wat
ore het om te hoor en oë om te sien, gee hierdie boodskappe deur wat EK met
julle gespreek het, sodat julle op die komende dag waardig sal wees, soos EK MY
uitverkorenes in MY arms bymekaarmaak en hulle huis toe neem, sal julle weet as
gevolg van julle woorde sal julle nie alleen gaan nie. Vertel vir hulle, MY
kinders, vertel vir hulle namens MY, YAHUSHUA, Jesus Christus, kom o so spoedig!
Want Gabriël hou sy oë op julle Heilige Vader, die trompet word teen sy lippe
gedruk, hy wag slegs op Vader God YAHUVEH se teken, en dan sal MY Vader na MY
toe draai en sê, "Gaan! Nou is die tyd! Gaan en kry Jou bruid!" Tot dan wag EK,
kyk en luister, wetende wie sal gehoorsaam, en hierdie waarskuwing deurgee van
die komende Oordeelsdag!
Vertel vir hulle MY kinders, vertel vir hulle namens MY, laat julle stemme
weerklink saam met hierdie profeet van MY terwyl daar nog tyd is! Vertel vir
hulle MY kinders, vertel vir hulle namens MY! Vertel vir hulle MY kind, vertel
vir hulle namens MY! Om geloof te hê in MY, is die sleutel tot hulle bestemming.
Maar dis nie genoeg om net te glo wie EK YAHUSHUA, IS nie, MY kinders moet die
Groot GOD YAHUVEH 'EK IS' gehoorsaam, liefhê en dien! Vertel vir hulle MY kind
alhoewel baie nie sal luister nie, vertel vir hulle namens MY! Hemel of Hel is
vir ewig! Vertel vir hulle MY kinders, vertel vir hulle namens MY julle is
gewaarsku hierdie dag, wat sal dit wees? Sal EK sê, "Welgedaan goeie en getroue
dienskneg, kom in!", of sal EK sê, "Gaan weg van MY, jou werker van
ongeregtigheid en sonde, julle het nooit die Heilige Gees van die Here in julle
gehad nie! Julle het die god van hierdie wêreld en sonde gedien! Nou julle wat
satan gedien het, julle sal vir ewig ly saam met hom". Vertel vir hulle MY
kinders vertel vir hulle namens MY. YAHUSHUA Messias kom spoedig! Vertel vir
hulle MY kind, vertel vir hulle namens MY!
[einde van profesie]
[ Gespreek deur YAHUSHUA deur Elisheva: ]
Oprah Winfrey, jy is 'n armlastige, tog weet jy dit nie. Jy is uitgehonger vir
die Brood van die Lewe, tog weet jy dit nie. Jy sterf van dors vir die Lewende
Water, tog weet jy dit nie. Jy is naak en het geen bedekking nie, tog weet jy
dit nie. Jy is op pad na die Hel en die Poel van Vuur, en jy weet dit nie. Jy is
ryk in wêreldse besittings en tog 'n armlastige in geestelike gawes. Jou geld
kan nie koop wat ek vrylik gegee het aan MY kinders nie. MY kinders dien MY en
plaas MY eerste in hulle lewens, lewe heilig vir MY, getuig vir MY, ly vir MY
Naams ontwil. MY kinders gee tiendes en gee offergawes om die werk te ondersteun
wat EK ander bedienaars beveel het om te doen, die heilige tiendes en offergawes
te gebruik. Vir hierdie rede sal EK hulle spaar op die dag van oordeel, want
hulle waarsku. MY kinders is vertel om nie bang te wees om op te staan vir
heiligheid nie. Hulle sal uitspreek teen homoseksualiteit en aborsie,
pornografie en alle soorte sonde.
Oprah Winfrey, EK gee jou hierdie waarskuwing. HIERDIE IS JOU LAASTE KANS! En
aan al diegene wat EK MY kinders noem, vertel vir haar, MY kinders, vertel vir
haar namens MY. Gee hierdie waarskuwing aan Oprah Winfrey.
[ Elisheva: ]
Bid vir Oprah Winfrey se siel nou. Weer en weer, het Vader haar gelê op my hart.
Weer en weer in my drome is sy gewys as 'n vriendin. Hierdie is haar laaste kans,
dis al wat ek weet. Ek wil nie haar bloed op my hande hê nie. Soos dit staan in
Esegiël 3:17-21, en nou het julle die waarskuwing gehoor en as julle niks doen
met hierdie waarskuwing nie, dan sal die bloed ook op julle hande wees deur my
nie te help om die waarskuwing by Oprah Winfrey te kry nie.
Ek vra julle om my te e-pos om my te laat weet hoe baie staan op en bid vir haar.
Ek vra jou om asseblief hierdie te stuur na meer as een e-pos adres want met tye
het ek probleme om my e-pos te kry. Ek vra jou om asseblief www.amightywind.com
en www.almightywind.com in te sluit sowel as my adres. Ek vra hierdie nie vir my
onthalwe nie maar vir Oprah Winfrey se onthalwe. Asseblief doen dit. In die Naam
van YAHUSHUA vra ek. Laat ons staan in die gaping vir Oprah Winfrey. Sy kan so
'n kragtige hulpmiddel wees teen Satan veral in hierdie eind tye. Asseblief bid
vir Oprah Winfrey
Gesalfde Antwoord Van Nadean
27/6/02
OPRAH WINFREY
SOOS JY VERSOEK HET EN SOOS EK STERK GLO IN MY HART...
Hierdie mag heel moontlik Oprah se laaste roeping wees! As 'n Afro-Amerikaner
myself, kan 'n mens skaars grootword sonder die ryk tradisie van God en die kerk
wat ingeplant is in ons geheue. Op net omtrent elke hoek in die swart gemeenskap,
sien 'n mens 'n oorvloed van kerke. 'n Groot aantal van ons het grootgeword deur
ons begin in die lewe te kry, uit die kerk. Selfs soos Oprah self gesê het, haar
ouma het haar geleer hoe om te lees deur vir haar die bybel te gee om te
bestudeer, as ek reg onthou. Wat 'n ontsagwekkende hulpmiddel kan sy wees vir
die koninkryk van God. Sy mag dalk baie verloor as sy 'n standpunt inneem vir
die Here, en hier is waar ek baie besorg is vir haar onthalwe. Ek verstaan hoe
moeilik dit kan wees. Baie swartes word groot in verarmde omstandighede en ons
grootste droom is om uit te kom uit daardie hartseer posisie en regtig baie goed
vir ons gesinne te sorg. Nie net om te leef salaris tot salaris nie. Immers,
hierdie is die Amerikaanse droom! is dit nie? God het waarlik vir Me. Winfrey
geseën en tog tot my uiterste ontsteltenis, het ek haar hoor verwys na God op
een van haar programme as 'n "sy"? Haar gaste het baie new age filosowe
ingesluit-- Gary Zukov, Iyanla Vanzant om 'n paar te noem. Oprah praktiseer en
bemark yoga as 'n manier om haar gees te verjong van dag tot dag, in plaas
daarvan om op die Almagtige te steun wie alleenlik die ware vrede gee wat sy en
so baie ander voor soek. So lief as wat ek vir Maya Angelou is, (wie terloops
Oprah se groot mentor is), ten spyte van die ryk tradisies van die kerk wat aan
haar gegee is, het sy ook 'n klap weg van new-age ideologie.
Ek weet nie wat om te dink van alles hiervan nie. Ek is baie kwaad dat so baie
swart vermaaklikheid kunstenaars wat grootgeword het in die kerk [Sammy Davis
Jr., Otis Redding, Sam Cooke, Marvin Gaye (sy vader was 'n Pinkster Prediker),
Patti Labelle, Gladys Knight en die Pips, Whitney Houston, haar moeder Cissy
Houston, Dionne Warwick, Aaliyah, die Jacksons, Diana Ross en die Supremes, die
Temptations, die "Four Tops", baie van die Motown Acts, Aretha Franklin--
terloops, volgens my opinie, niemand sing Amazing Grace op die manier wat Aretha
doen nie, en tog het sy ook die weg verloor!!! en haar vader was prediker as ek
my nie misgis nie, ens. ens.] so maklik verstrik is deur die duiwel, en skynbaar
besef hulle dit nie eers nie!!!
Ek sal aanraak en saam met jou stem om te bid vir Oprah en 'n klomp ander wat ek
kan byvoeg. Ek bid sy draai na die God wat sy eens geken het, voordat dit regtig
teeeeeeeeee laat is. Terloops, ek het 'n nuusberig gehoor wat gesê het voordat
Prinses Diana gesterf het, wou sy hê Prins Charles moet weet sy het hom vergewe.
Hierdie het my 'n sprankie hoop gegee dat die regte persoon op haar pad gestuur
was om Christus te aanvaar voor haar afsterwe. Ek hoop so vir haar part. Dankie
dat jy die tyd neem om my e-pos te lees en daarop te reageer.
Jou suster in Christus,
Nadean