18 Junie 2003
Ek het 'n droom gehad dat 'n planeet massa vernietiging gaan veroorsaak en
regerings van die wêreld was alreeds in voorbereiding hiervan deur geld te laat
instuur soos dit beskikbaar raak in ondergrondse stede vir die rykes en verskeie
regeringsbeamptes. Die regerings en rykes was teleurgesteld want hulle het
gedink hierdie sou reeds gebeur het en in plaas daarvan het hierdie katastrofe
nog nie gebeur nie, hulle het gewonder of al hulle ondergrondse stede tevergeefs
gebou was.
In my droom het die gemiddelde persoon nie geweet van enige gevaar nie want die
regerings van die wêreld wou nie die mense waarsku nie want die mense sou geëis
het dat beskerming ook vir die massas gebou word. Die Regerings van die wêreld
het geen intensie gehad deur tyd en geld te mors om enigiemand te beskerm
behalwe die rykes en magtiges nie. Amper elke Regering in die wêreld was
ingelaat by hierdie geheim. Alle Regeringsamptenare het 'n eed afgelê om nie die
mense wat hulle verkies het te vertel nie. Alle Regeringsamptenare was in vrees
dat die ander hierdie geheim sou uitlap en die regerings van die nasies het fyn
dopgehou wat op mekaar se nuusstasies was.
Ek het gesien toe hulle mekaar gegroet het en ek het gesien hoe elkeen
geheimsinnig bang was dat iemand van hulle geheime sou vertel, byvoorbeeld die
mense wat die lugversorging geïnstalleer het, of gehelp het om die ondergrondse
stede te bou. Die Regeringsamptenare het gevrees dat die werkers die mense van
hulle nasies sou vertel van die geheime ondergrondse stede rondom die wêreld.
Die Regeringsbeamptes het selfs kop speletjies gespeel met mekaar en sou iets sê
op hulle nuus soos, "Hierdie jaar sal die ergste wees vir tsoenami’s, tornado's,
vloede, oorstromings, daar sal tekort wees van voedsel, ens." Maar hulle sê
nooit die rede waarom nie.
Ek het gehuil vir die siele wat nie gewaarsku was in die droom nie; ek wou hulle
vertel en kon nie. Ek het gesien in die droom waar Amerika besig was om al die
troepe te stuur na vreemde lande om in oorloë te veg wat nie nodig was nie. Ek
het Amerika gesien nie langer meer met Amerikaanse troepe om dit te beskerm nie
en hierdie land was binnegeval deur VN troepe wat bedoel was om te beskerm en
het in plaas daarvan die land oorgeneem. Ek het gesien oorlog in Amerika met
geen manier om dit te beskerm nie en die landsburgers het nie gewere gehad nie
want wette was ingestel om alle wapens oor te gee.
Ek het wakker geword in trane en gebid dat hierdie nie gebeur in ons leeftyd nie.
Einde van Droom