Gaan terug


Rhonda se Droom Oor 'n Vals Wegraping

Geplaas 11.1.06

Ek is die mandaat gegee om te waarsku oor 'n VALS WEGRAPING wat bedoel is om jou geloof te steel vir wanneer diegene wat getrou gehoorsaam, liefdevol, vertrouend uitkyk vir die 2de koms van YAHUSHUA, sal dink dat hulle agtergelaat is. Satan wil meer hê as julle lewe, hy wil julle siele hê en daardie verwag van jou en my om die Messias YAHUSHUA, te laat vaar en ons geloof in hom wat ons red met sy gestorte bloed by Golgota, en ook sy belofte van "bid dat jy waardig geag word om die verdrukking te ontsnap wat kom" Pasop soos die skrifte sê selfs die einste uitverkorenes sal mislei word AS dit moontlik is, want satan sal kom met leuenagtige tekens en wonders.
1 Thessalonicense 4:16 belowe duidelik 'n wegraping.

Gedagtebeheer en misleiding is sommige van satan se strategieë. Satan kan nie enigiets nuuts doen nie hy is nie 'n skepper nie maar 'n nabootser, aangesien hy bekend is om alles na te maak wat YAHUVEH doen is dit binne die realm van moontlikheid vir hom om 'n vals wegraping te kan laat gebeur. Ja, net soos in die profesie gegee aan my "MAAK GEREED VIR 'N SKOK, GABRIEL HET SY HORING GEBLAAS", daarin waarsku YAHUVEH oor 'n vals wegraping om en by dieselfde tyd wat die werklike een plaasvind. Moenie geflous word nie.

'n Ander profeet het vir my geskryf, sy is my geliefde vriendin sy het my vertel sy het die begin gesien van die nagemaakte wegraping! Onthou in die Bybel wanneer YAHUSHUA kom en hy sê, "Sal EK steeds geloof vind op die aarde wanneer EK kom?" As hierdie vals wegraping gebeur voor hom, hoe baie teleurgestelde Christene wat geglo het wat mislei sal wees sal hulle geloof opgee? Dit is waaroor dit alles gaan. Ja, daar is 'n werklike wegraping, maar kom die vals een eerste?

Die hoorbare woorde van YAHUVEH wat aan my gegee was, was "eers een wegraping, dan 'n ander vir diegene wat EK liefhet". In een van die mees onlangse profesieë het YAHUVEH gesê dat dit die is wat dood is in Christus wat sal gaan in die eerste een en dan sal ons wat lewe opgeneem word om hom te ontmoet in die lug. Maar daardie is die geheimsinnige ontvlugting, hy kom soos 'n dief in die nag reg? Wat daarvan wanneer elke oog hom sal sien en hy stuur sy engele om sy oes in te samel, van die Noorde, Suide, Ooste en Weste? Is hierdie die tweede wegraping? Want elke oog sal sy koms sien en die prag van sy koms!

Ek weet wanneer hy spreek deur profetiese boodskappe dat daar meer as een betekenis is. Moet net nie jou geseënde hoop opgee nie, maar wees ook waaksaam vir 'n vals wegraping wat eerste mag kom. Ek bid dat dit nie doen nie want in die vals wegraping kan sommige gelowiges stilletjies weggeneem en doodgemaak word of in die tronk gegooi word. Maar ek waag nie om te sê wie dit sal doen nie, maar leser weet net dat die antichris realm is alreeds op ons, net gesig van die antichris is skaars sigbaar want dit kan een van baie wees op die oomblik.

Hier is 'n droom wat 'n ander suster vir my ingedien het:

PASOP VIR MOONTLIKE VALS WEGRAPING!


Ek het 'n droom gehad waar dit aand is en ek was by 'n kerk. Ek het buite toe gegaan en opgekyk in die lug. Ek het 'n baie groot bol gesien op in die lug, wat op pad was na die aarde toe. Terwyl ek gekyk het, was die beeld van YAHUSHUA skielik op in die lug. Ek het hom gehoor sê iets tot die effek van "Al die profesieë is vervul en ek is julle Messias, en ek het teruggekom om te regeer en te heers op die aarde." Ek het hierna gekyk in verwondering, die volgende ding wat ek gehoor het was" NEE, hierdie is (Operation Blue Beam) Operasie Blou Straal"! Toe het ek wakker geword.

Ja inderdaad, daar is sprake van Operasie Blou Straal, 'n plan om 'n vals wegraping van die kerk te kan laat gebeur. Doen julle eie navorsing. Sit die woorde "blue beam" (blou straal) in soek engin. Jy sal verbaas wees met wat jy vind!

Hierdie droom was ingedien deur 'n betroubare bron en sy word nie maklik mislei nie. Is 'n vriendin vir jare. Neem haar waarskuwing ernstig op en maak seker jou visioene is in lyn met die Woord VAN YAHUVEH die Heilige Bybel.

Liefde, vrede, seën, in YAHUSHUA se naam,

Apostel Elisheva Elisheva