Gaan terug


4de Gebod Hou Die Sabbat Heilig!

Droom Gegee Aan Elisheva Elisheva 5 Augustus 2005 @ 7:00 vm.

Elisheva het aanhou hoor van YAHUSHUA... "Is ALLE Sondag Kerke NOU Boos? NEE! Maar hulle sal wees in die Groot Verdrukking! As jy weier om op Sondag te aanbid in die Groot Verdrukking, sal dit jou jou lewe kos...maar as jy doen, sal dit jou jou Siel kos!"


Ek het 'n afspraak gehad by 'n polisiestasie om met 'n beampte te praat. Die polisiestasie was langs 'n winkelsentrum. YAHUSHUA het gesê ons sou nie die beampte kry in sy kantoor by die polisiestasie nie. Hy het gesê die beampte was in die winkelsentrum. Toe het ek die beampte in die winkelsentrum gesien. Ek het gesê ek soek na Zeph Daniel. Ek het geweet Zeph [Lamb Report] het ander beamptes saam met hom gebring, ek het geweet dit was Rich Keltner en Frankie [Watchmen Radio]. Hy het gesê dat hulle nie hier was nie maar hy het geweet hoe om hulle in die hande te kry want hulle moes aan diens gewees het, maar was nie.

Skielik was daar mense oral om my en die beampte, wat geluister het na elke woord wat ons gesê het. Die beampte het 'n "walkie-talkie" gehad en 'n stem het daaroor gekom wat sê, “Moenie na haar luister nie. YAHUVEH gee nie om watter dag is Sabbat nie.” Toe het 'n skerm verskyn op 'n muur in die winkelsentrum en almal se oë het gedraai na die skerm toe. Die beampte met die "walkie-talkie" het gesê, “Kyk mense, Jesus het die Sabbat gebreek.” Ek het gekyk en op die skerm gesien wat gelyk het soos afbeeldings van hoe YAHUSHUA (Jesus) gelyk het. Hy was besig om die siekes gesond te maak en ander wonderwerke te doen op 'n Sabbat.

Mattheus 12:10
En daar was 'n man met 'n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die Sabbat gesond te maak?-sodat hulle Hom sou kan aanklae. 11 Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die Sabbat in die sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie? 12 Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die Sabbat goed te doen.

Ek het hard genoeg geskree vir almal om te hoor, insluitend die persoon wat praat oor die "walkie-talkie", "Moenie na hulle luister nie. Sluit julle ore vir hulle leuens. Hulle sê YAHUSHUA het gekom om YAHUVEH se wette te kanselleer…maar sou nooit SY Vader op so 'n manier oneer aandoen nie.

Mattheus 5:17
MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Want het YAHUSHUA nie gesê nie, "Ek en my Vader is een? Die wonderwerke wat julle my sien doen is YAHUVEH die Vader wat dit deur my doen. Ek doen niks tensy my Vader YAHUVEH vir my sê om dit te doen nie. Nooit sou ek ongehoorsaam wees nie, so hoe kan enigeen sê dat YAHUSHUA die Sabbat dag weggooi en breek!”

Ek het begin profeteer hard genoeg sodat die hele wêreld dit gehoor het…

“So sê YAHUVEH. 'n Lyn is getrek in die sand."

Kliek Links Hieronder om te Kyk na Animasie Segmente



Aan die een kant is diegene wat staan vir Waarheid. Oor hulle sal Ek genade hê. Aan die ander kant is diegene wat staan vir dwaling. Daardies sal onder My toorn wees. Kies jy hierdie dag aan watter kant jy sal wees.

Die kant van dwaling staan vir kompromie en al diegene aan die kant van dwaling sal gaan deur die Groot Verdrukking. Diegene aan die kant van Waarheid sal nou My waarhede verdedig en My Heilige Sabbat dag verdedig en die beamptes van leuens ontbloot en bestraf wat sê hulle het outoriteit…maar dit is nie die outoriteit van My, Almagtige YAHUVEH nie. Diegene wat nou staan vir die Waarheid en my gebooie gehoorsaam en my heilige dae en Joodse feeste eer en my Seun en YAHUSHUA en My, YAHUVEH se AFGESONDERDE NAME eer sal nie tot my toorn bestem word in die spoedig komende Verdrukking nie. Neem julle posisie nou in. Watter kant van die lyn staan jy? Die kant van Waarheid…of van dwaling wat mensgemaakte doktrines is wat my heilige skrifte verdraai om verskonings te maak vir hulle sondes."

'n Lyn was getrek op 5.8.05 en ek het gesien mense begin hulle plekke inneem oral oor die wêreld. Hulle moes kies aan watter kant van die lyn hulle wou wees. Meer het gestaan aan die kant van dwaling as diegene wat gestaan het aan die kant van Waarheid, want meer sal moet ly deur die Groot Verdrukking as wat gered sal word daarvan.

In die droom was ek gewys, dat die een wat homself Zeph Daniel noem—alhoewel nie sy geboorte naam nie—is 'n Judas in vermomming. Want op 29.7.05 wou hy hê ek moes 'n geheimsinnige gas wees op sy program. Hy het probeer om my te bel maar YAHUSHUA het nie die oproep laat deurgaan nie. Dae later was ek gelei om te luister na daardie radioprogram wat hy wou hê ek moes op wees. Daarop, het Frankie en Zeph hulle self opgestel om my regter, jurie en laksman te wees. Hulle het 'n speletjie gespeel van goeie polisieman (Zeph) en slegte polisieman (Frankie, wat homself noem 'Die Balju' of 'n generaal. Hy is een van satan se elite). Zeph het homself verkoop vir die prys dat hy vir Frankie het wat hom borg en die rekeninge betaal. Zeph het my uitverkoop ter wille van vermaak. As ek op daardie radioprogram was, het YAHUSHUA my vertel in hierdie droom dat Zeph my sou verraai het soos 'n Judas, en gelieg het op die radio. Hy en Frankie het gedink hulle het vir my 'n strik gestel. Ek was 'n Messiaanse Jood wat gegooi sou word vir die brullende leeu, wat soek wie hy gaan verslind.

1 Petrus 5:8

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind:

Waarlik dit is Zeph Daniel, Rich Keltner, Frankie en Hunter wat 'geëtiketteer' is, 'n woord wat Zeph gebruik, wat nou beteken hulle is net geskik vir YAHUVEH en YAHUSHUA se oordeel en tugtiging. Hoe meer mense hulle op 'n dwaalspoor lei, hoe groter sal hulle oordeel wees. Want die mense wat hulle op 'n dwaalspoor lei word gelei reg binne in die arms in van die seun van satan [die antichris]. Ek sidder om te dink hoe baie sal gaan deur die Groot Verdrukking want hulle het geluister na die leuens van kompromie. Ek het gevind op Watchmen Radio dat Zeph en Frankie "ipod server space" geskenk het aan Rich Keltner 'n paar dae voor al hierdie gebeur het. Hulle bevorder mekaar terwyl hulle nooit ooit aanbied om enige iets te doen vir my of hierdie bediening nie.

Eendag sal ek staan voor YAHUVEH en ek sal geen skaamte hê nie, want ek het net Sy eie woorde gespreek. Hierdie sou meer seergemaak het as wat ek sou kon hanteer want ek het vir Zeph vertrou. Ek bejammer diegene wat die leuens van kompromie volg, want wat sal jou verskoning wees op oordeelsdag? Exodus 31:12-17 kan nie lieg nie.

Exodus 31:12

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
13 Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik My Sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
14 Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle Heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die Sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
16 En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in hulle geslagte as 'n ewige verbond.
17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.

Die Bybel sê dat die Sabbat ewig is, en dit beteken vir altyd, om ons Skepper YAHUVEH te eer. Kies jy vandag watter God jy wil dien. Want satan is die vader van alle leuens.

Mense…julle mis steeds die punt. Julle kan nie sê julle was nie gewaarsku nie wanneer julle agtergelaat word en geforseer was om deur die Groot Verdrukking te gaan.

Waarlik oordeel begin by die huis van die Here (YAHUVEH en YAHUSHUA) en dit het begin met Profesie 79.

As jy glo hierdie boodskap is van YAHUVEH, staan aan die kant van waarheid, bestraf hierdie leuenaars wat skrif verdraai om hulle eie sondes te verskoon. Ek erken ek was mislei deur Zeph. Ek erken hy het my verwond want ek het hom eenmaal vriend genoem. Ek het nooit vir Rich Keltner vriend genoem nie. Ek bid dat Zeph die lig sien. Diegene wat staan vir die kant van Waarheid, bestraf hierdie mans, want YAHUSHUA sê ons versamel die troepe op die muur.

Wat jy ookal doen van nou af bewys of jy 'n lafaard van kompromie is of 'n vegter van Waarheid vir YAHUVEH en YAHUSHUA. Ek het nodig om te hoor van al diegene wat versamel wil word op die muur van Waarheid. Nou is die tyd. STAAN OP, BRUID VAN YAHUSHUA! KOM NA VORE! Julle het agter die skerms geloer, gekyk en gewag om my te kontak. My epos adres is Contact Us

Zeph noem profesie 'smack'. Dwelmverslaafdes aan kokaine noem dit ook so. Hy beweer dat hy profeteer en tog, sê hy dat sy profesieë 'smack' is? Diegene wat hulle self heilig noem in die "Lamb's Café", wonder julle nie waarom hy vir YAHUSHUA disrespekteer en die Heilige Skrifte op hierdie manier nie? Want is die Bybel nie gebaseer op profesieë nie? En is YAHUSHUA nie die Gees van profesie nie? Ek bid dit is nie te laat nie en dat Zeph sal bekeer en homself sal distansieer van Frankie en Rich Keltner en staan aan die kant van Waarheid en nie aan die kant van leuens en kompromie nie voordat hy eindig met 'n Judas se lot. Zeph bevorder Elijah die Tishbite op sy forum wat beweer om een van die twee getuies te wees en 'n profeet en is nie een van die twee nie.

Ek het na hierdie twee mans toe gekom in liefde en hulle spreek haat, spottery en laster uit. Oordeel het waarlik begin by die huis van YAHUVEH en YAHUSHUA. Profesie 79 is net vir diegene wat hulle self kerke noem [lees oor hierdie kerke in Openbaring], dit is nie vir die heiden nie.

Hierdie mans het my omgepraat en probeer om my te stenig met hulle woorde want ek spreek die Waarheid soos die Bybelse Elia van Ouds. Soos Jezebel, met woorde het hulle gesoek om my dood te maak. Wat het ek gedoen om hierdie te verdien? Hulle kan nie sê dat YAHUSHUA hulle gestuur het om hierdie bediening te vernietig nie. Want net satan soek die vernietiging van hierdie bediening, so vertel dit nie duidelik vir julle vir wie hulle werk nie?

Eer die Sabbat dag en hou dit heilig, want dit het nie verander nie en YAHUSHUA is nie 'n dag nie!

Die Bybel sê daar is geen rus vir die wat boos is en daar sal geen rus wees vir hierdie drie nie totdat hulle berou het dat hulle die skape en die lammers op 'n dwaalspoor gelei het. Zeph het my uitverkoop, maar vir watter prys? Onthou hoe Judas vir YAHUSHUA verraai het en 30 stukke silwer ontvang het. En hy was hard geoordeel vir sy sonde.

Diegene wat sê hulle sit in sy forum, genoem die "Lamb's Café" wat hulle self lammetjies noem, ek het lank gelede onderskei dat daar lammetjies daar is, maar hulle het nodig om standpunt in te neem en uit te kom van dit wat die wolf se blyplek geword het voordat dit te laat is. Ek weet nie aan watter kant van die lyn Zeph se vrou is nie…want sy het my geskakel op die 20ste Mei toe ek baie siek was en letterlik naby dood. Sy het gesê dat ek gesond sou wees binne drie dae, en dit is presies wat gebeur het. Ek bid sy is aan die kant van Waarheid en dat sy Zeph bestraf vir wat hy doen.

Hierdie mans spot en laster hierdie bediening en vir my, hulle gebruik die radio-luggolwe om hulle spottery en laster uit te saai en hulle verdraaiing van die skrifte. Daar is mense met radiostasies wat sal staan aan die kant van Waarheid en wie weet dat hierdie bediening die Waarheid praat en nie 'n kompromie sal aangaan nie. Asseblief vra vir hulle om nou na vore te kom.

YAHUVEH sê dat ek hierdie boodskap moet neem oor die radio-luggolwe. Wie ookal staan aan die kant van Waarheid en wie weet dat die bediening die Waarheid soek…asseblief kontak my onmiddellik [[epos is beskerm]] en vir diegene wat hierdie lees, kontak julle heilige radiostasies en vertel hulle van hierdie bediening en die aanvalle teen dit deur die waarheid te vertel oor die Sabbat. Om vir YAHUSHUA (Jesus) te aanvaar as Redder en Messias gee jou NIE toestemming om te sondig en onheilig te wees nie, ook nie om enige van die 10 Gebooie te breek nie. Want deur net die 4de te breek, het jy hulle almal gebreek. As jy nie 'n Vegter van YAHUSHUA is sonder kompromie of dwaling nie, kan HY jou eenvoudig nie gebruik nie en jy sal nie die Groot Verdrukking vryspring nie. Genade is nie 'n verskoning om aan te hou sondig sonder bekering nie.

Diegene met geestelike ore om te hoor sal luister en YAHUVEH gehoorsaam. Al die ander sal geestelik doof bly en aanhou om te loop in kompromie en dwaling…en sal hier wees gedurende die Groot Verdrukking.

Gee sommige aanstoot met die Waarheid in YAHUSHUA, verlig andere wie die Waarheid van YAHUSHUA sien,

Apostel Elisheva Elisheva


5 Augustus 2005 @ 7:00 vm.
BEVESTIGENDE DROOM VAN LYNN

In my droom, het Zeph Daniel en Rich Keltner op 'n bank gesit. Elisheva het gesit in 'n stoel oorkant hulle. Ek het gestaan agter die twee mans. Elisheva was besig om hulle te bestraf en te tugtig. Hulle was besig om te argumenteer oor skrifte met Elisheva. Hulle het opgestaan om te gaan. Ek het hulle gevolg, hulle het nie geweet ek was daar nie. Hulle was besig om Elisheva te spot agter haar rug.