Gaan terug


Elisheva Lees 'n Boekrol In Die Hemel

'n Droom Wat Die Salwing Aangewakker Het
Vir Profesie 81 Om Gespreek Te Word Deur Elisheva

24 Januarie 2006

Ek het 'n droom gehad wat die salwing aangewakker het in my vrou Elisheva en toe het Profesie 81, "O Yisrael, EK, YAHUVEH, Bestraf Jou!" voort gekom net toe ek die droom hieronder vertel het.

YAHUVEH het gesê dat ons twee drome moet plaas en die Profete sou na vore kom met die gawe van onderskeiding van drome. Hierdie is die enigste rede waarom ons hierdie drome deel want die Bybel sê, 'YAHUVEH spreek voort in drome, visioene, openbarings en profesieë'. Hierdie twee drome sê YAHUVEH, is baie belangrik dat die Bruid van YAHUSHUA korrek verstaan en onderskei.

Asseblief bid en vra vir die onderskeiding en stuur dit vir ons. Ons sal dan plaas wat die RUACH ha KODESH getuienis voor gee.

Droom...

Ek het 'n klein groepie mense dopgehou wat op loop teen 'n lang stel trappe. Die volgende ding wat ek weet, was ek bo in 'n kamer en hierdie mense was in hierdie kamer en hulle het almal gesit by verskillende tafels. Die indruk wat ek gekry het was dat hulle gewag het vir iets. Daar was een vrou op wie ek gefokus het en het opgemerk dit was Elisheva wat gesit het by 'n tafel, alleen. Ek het oor gestap en agter haar gestaan en my hande op haar skouers geplaas.

Toe het Elisheva opgestaan en drie ander vrouens by die ander tafels het ook opgestaan en hulle het almal gegaan in wat ek gedink het 'n badkamer was. (Elisheva het die woord skoonmaak kamer gehoor toe ek haar hierdie droom vertel het). Toe die vrouens in die badkamer was, het ek 'n akwarium in die kamer gesien en ek het gegaan en langs dit gaan sit en ek het gekyk in die akwarium in maar ek het nie enigiets daarin gesien nie. Toe kom die vrouens uit die badkamer uit, en hulle het almal gestaan in die middel van wat gelyk het soos 'n dansvloer en hulle het begin dans en gekyk na mekaar, singend en dansend en baie opgewonde, geskree met vreugde want hulle liggame het verander. Hulle kon nie glo wat hulle gesien het nie, hulle liggame het so pragtig en anders gelyk.

Toe het Elisheva en nog 'n vrou na die akwarium gekom. Elisheva en die vrou het in die akwarium gekyk en hulle kon sien en 'n boekrol lees in die akwarium wat niemand anders kon sien nie. Elisheva het begin om dit hardop te lees. Ek kan nie die begin van die boekrol onthou wat sy gelees het nie, maar ek onthou sy het hierdie gelees:

"Jy sal daarvan hoor en jy sal weet en jy sal sien Elisheva Elisheva, en julle moet beter glo wat sy spreek en die woorde gehoorsaam wat EK vir haar gee, want EK gaan net 67 mense van hierdie boekrol red!"

Ek het gekyk na Elisheva en ek het gesê, "Hierdie boekrol is van YAHUSHUA want HY is die enigste een wat siele kan red. YAHUSHUA het daardie boekrol geskryf!" Ons was net verbaas en stomgeslaan in ongeloof.

Die volgende ding wat ek geweet het, daar was 'n groep mense wat saamgedrom het rondom Elisheva terwyl sy gebid het. Hulle het onmiddellike wonderwerke verwag terwyl sy gebid het. Baie kere het die wonderwerke nie dadelik gebeur nie en die mense het mismoedig geraak en selfs Elisheva self het begin mismoedig raak. Ek was daar om hulle te vertel om nie mismoedig te wees nie, dat hulle hierdie wonderwerke SAL sien gebeur in YAHUVEH Se tydsberekening. Sommige mense was kwaad en mismoedig en het begin om Elisheva 'n vals profeet te noem.

Toe het Elisheva gebid in Heilge Tale oor wat gelyk het soos 'n Chinese kook wok en het een van haar hande gehou oor die wok. Ek het in die wok gekyk van bokant haar en skielik het groen olywe begin verskyn in die wok. Daar was 3 rye met 4 olywe in elke ry, 12 olywe in totaal en hulle was almal geskei van mekaar. Toe terwyl sy besig was om te bid, het sy begin om die wok te skud en al hierdie olywe het saamgerol tot op die bodem van die wok. Sy het baie opgewonde (gelukkig) geraak en het begin om al die mense te wys wat was in die wok.

Einde van droom.

Na daardie droom, terwyl ek dit vir Elisheva vertel het en sy gehoor het van die olywe, het sy begin praat en bid in Heilige tale en sy het geskree van vreugde, "Twaalf stamme! YAHUSHUA het gesê die olywe is die 12 stamme en HY gaan my gebruik om hulle bymekaar te bring!"

Toe die volgende ding wat gebeur het was profesie 81 terwyl sy in Heilige Tale gebid het. "O, YISRAEL, EK, YAHUVEH, BESTRAF JOU!"