Gaan terug


Die V.V.V.s Is Oppad! Wat Gaan Jy Doen?


Ek het nog nooit geglo in V.V.V.s (vreemde vlieënde voorwerpe) of bose buiteruimse wesens van ander planete nie totdat ek 'n droom gehad het iewers in Maart 2005. Van toe af het ek openbarings gekry oor wat dit is en die ergste van alles is, dit is werklik. Dit is die Droom wat MAMMA WYSHEID van praat in PROFESIE 89. Hier is wat SY gesê het, "EK het jou die droom gegee wanneer die vlieënde pierings kom waarlik hulle is satan se weermag maar hulle het 'n reg tot diegene wat sal uitroep in die verkeerde naam (Jesus) want hy (die seun van satan) sal eis "Hier is ek." Na wie toe sal julle uitroep wanneer dit gebeur?

Die V.V.V.s Is Oppad! Wat Gaan Jy Doen?


Ek het myself gesien in wat gelyk het soos 'n Stad. Ek het gesien hoe mense vreesbevange weghardloop van die V.V.V.s. af, veral 'n baie groot sigaarvormige V.V.V met 2 vinne op die een punt van die V.V.V. Mans en vrouens het geskreeu," JESUS HELP MY!" Toe het ek gesien hoe hierdie sigaarvormige V.V.V. 'n enkel blou/groen ligstraal uitskiet. Die blou/groen lig sou die mense tref en dit het hulle opgetel en ingetrek binne-in die ruimtetuig in. Die mense het geskreeu, "Jesus help my!" Tog was hulle steeds deur daardie ligstraal gevat tot in die maag van die sigaarvormige V.V.V. Die mense kon nie van die V.V.V. af weghardloop nie.

Toe het die sigaarvormige V.V.V. oor my gesweef en ek het probeer om daarvan weg te hardloop, maar kon nie. Ek het gesien hoe die ligstraal na my toe kom in die lug en ek het geskreeu terwyl dit reg oor my was, "YAHUSHUA bewys aan my dat U my gebed hoor, help my!" Die ligstraal het gestop in die middel van die lug en gegaan na die persoon naaste aan my wat geskreeu het "JESUS" en hulle was opgetel deur daardie ligstraal, skoppende en gillende van vrees tot reg binne-in die maag van die sigaarvormige V.V.V.

Einde van die droom.

Hierdie bediening waarsku hoekom dit dringend is vir mense om die Hebreeuse NAAM te ken van ons Messias YAHUSHUA of YAHSHUA. Die naam van JESUS CHRISTUS het nou verlossende, salwing, genesende, vrymakende, opstandingskrag, maar SAL NIE hê in die Groot Verdrukking nie. Ek glo nie ek sal in die Groot Verdrukking wees in hierdie aardse liggaam nie, ek was daar om julle nou te waarsku. Nietemin in die droom is dit 'n waarskuwing dat die antichris, wat die seun van satan is, die naam van JESUS CHRISTUS sal gebruik omdat Christene regoor die wêreld, in menigte tale, die geliefde naam van JESUS CHRISTUS gebruik. Die mees beroemde TV evangeliste berei die mense voor vir die blou straal wegraping, wat 'n vals wegraping is.