Profesie 100
Hebreeuse Vertaler, Kom Na Vore In Die Naam Van YAHUSHUA HA MASHIACH!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 12 Julie 2008

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * *

Verduideliking: Op hierdie 12 Julie 2008 het ek begin bid vir 'n Hebreeuse vertaler om na vore te kom. 4 Jaar gelede het ons 'n man gehad wat geskryf en gesê het hy en sy broer neem al hierdie Profesieë en hul neem hulle regoor Jerusalem. Maar omdat ons verhuis en verhuis en verhuis het, het ek altyd gedink ek sou terugkom na hom toe en toe het ander dinge gebeur en ons het vergeet om terug te skryf vir hom en ons was nie instaat om daardie e-pos weer op te spoor in die 'hotmail' nie. Of dit dalk Caleb was, weet ek nie, maar ek het ernstig begin bid en ek het begin sien hoe 'n kennisgewing op ons webwerf opgesit word en dit het gesê "Dringend! Hebreeuse vertaler benodig nou!"

Toe het ek 'n visioen gesien en ek is nie iemand vir wie visioene maklik gegee word nie, so ek weet hulle is van YAHUVEH wanneer ek dit sien en wat ek gesien het was 'n Heilige engel en ek kan nie sien of dit 'n man of 'n vrou is nie maar hierdie gaan daar opgesit word saam met "Dringend! Vertalers benodig vir die Profesieë, die Woorde en Boodskappe."

Die belangrikste ding wat ek gesien het was hierdie Heilige engel het hierdie persoon aan die skouers gestu en die persoon het stilgestaan. Die persoon is alreeds daar. Die een wat geroep was om te vertaal, om die Hebreeuse vertaler van die Woorde te wees wat aan my gegee is, lees alreeds die Bedienings webwerf, hulle het net stilgestaan, hulle het nie beweeg nie en ek sien 'n Heilige engel op hierdie dag ,12 Julie 2008 en hierdie Heilige engel stu hierdie persoon aan die skouers en die persoon hou aan om te stop en die Heilige engel hou aan stu, stu, stu en toe die laaste deel wat ek gesien het hulle na 'n rekenaarstoel gestu en die laaste ding wat ek gesien het is hy het hom afgedruk en altyd bo-op die skouers. Ons bid in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, dit gaan op die YDS se toplys wees en die Jerigo Marse en wanneer ons Nagmaal hou, dat hierdie Hebreër, hierdie persoon wat in die Hebreeuse taal kan vertaal na vore sal kom! En van hierdie oomblik af gaan hulle weet. Wanneer hulle die datum hoor 12 Julie en hulle hoor oor hoe dit gebeur het dat hulle gestu was, gaan hulle weet dit was hulle. Hulle was gestu na hierdie bediening toe.

En hulle wou nie die tyd neem nie en hulle het net hierdie (Hebreeuse Vertalers word Benodig) gelees en hulle het dit vir hulself gehou maar nou is die tyd om na vore te kom. Hulle het nie gedink hulle sou so 'n taak kon onderneem nie maar YAHUSHUA ha MASHIACH sê, "EK het julle gekies vir so 'n taak." En julle sien, ek het altyd geglo Profesie 78 kan nie vrygestel word totdat dit in die Hebreeuse taal vrygestel was nie want die Woord sê dat YAH ons eerste na die Jood stuur en dan na die Heiden maar dit het nog nie die Hebreeuse taal bereik nie. Dit was in Israel maar dit is nog nie, volgens my wete, vertaal in Hebreeus nie. So, hierdie is dringend en hierdie is belangrik.

Anthony het gesê hy het 'n droom gehad en Anthony is 'n Profeet wat definitief die toekoms sien in sy drome en hy het vir my gesê vandag op 'n Sabbat, het hy gesê hy het 'n droom gehad dat ek dit op ons privaatforum geplaas het voor ons gebedintersessors en ek het Profesie 78 vrygestel, en dit is wat ek eerste sou doen. Ek sou dit eerste vrystel aan 'n uitgesoekte groep voordat ek dit voor die wêreld sou neem want 'n profeet is onderworpe aan 'n ander profeet. En tog weet ek dat dit nog nie in Hebreeus vrygestel is nie en nog nooit was die dringendheid in my so diep, om die webbestuurder te vra om voor die hele wêreld te plaas, "Ons benodig 'n Hebreeuse vertaler nou!" nie. En ek is bemoedig deur daardie Heilige engel. So dit is wat ek gesien het. Dit is wat ek vandag gehoor het hierdie dag terwyl ons voorberei het om nagmaal te hou in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH.

* * * * * * *

Profetiese Woord: [Elisheva] MY Geliefde Een, daar is selfs 'n ander rede van belangrikheid, waarom hierdie Hebreeuse vertaler moet gehoorsaam want dit is hoekom die engel hom gestu het, hulle stu want daar is meer as een wat geroep is. Jy kan nie Israel binnegaan voordat die Woorde voortgekom het in Hebreeus nie.

Vir baie jare nou het jy geweet en jy het selfs probeer om MY tydsberekening vooruit te gaan toe ‘n ander jou gebel het maar dit was voor MY tydsberekening en terwyl hy daar gesit en wag het en selfs gesê het hy het die akkommodasies—wou satan gaan voor MY tydsberekening. Al hierdie gaan ingesluit word want EK spreek nou tot die hart van die Hebreër wat hierdie lees. Hoe lief het jy jou mense? Wil jy nie hê hulle moet ook die Waarheid ken nie? Die Heilige engel stu jou want jy stel ander dinge voor die werk wat EK beskik het vir jou om te doen. Jy sien [Elisheva], EK sê vir jou julle gaan visvang. EK gee vir julle 'n les oor visvang en dan sê EK vir julle om na die 3de mees gelese nuus webwerf (rense.com) op die internet te gaan visvang en wys hulle die Waarheid wat EK voortgespreek het vanuit hierdie bediening, nie uit 'n nuusleser se lippe nie.

Nou sê EK vir jou hierdie! Selfs die nederige 'myspace', [Elisheva], het EK vir jou gesê sal jy miljoene siele bereik. Almal van hulle is lokaas om hulle hierheen te lei, om die Waarheid te kry wat hulle nie kry van enige georganiseerde kerk nie. O EK het 'n oorblyfsel. EK het min maar daar is meer wat nie MY Waarheid spreek nie, so min en dun gesaai. En nou sê EK vir jou hierdie, die Hebreeuse vertaler sal na vore kom want hierdie is selfs dieper vreemde waters waarin EK jou stuur. Maar pasop want as jy dink die veldslae was taai tot dusver, wanneer EK jou in heiden waters instuur, wanneer EK jou uitstuur in die waters waar die Ortodokse Jode woon, sal selfs die kaballah teen jou gebruik word. Hulle sal hul vloeke werp. Maar wat hulle gaan uitvind, daardie vloeke sal terugkeer in hul eie gesig want Israel is vol van die okkulte, okkulte wat jy nie verstaan nie, nooit geleer het nie, want EK het jou nooit eens toegelaat om selfs te hoor van hierdie dinge nie maar jy sal Wysheid hê wat jy nie nou het nie, waar jy nog nie die vyand teëgekom het wat teen jou sal kom wanneer hierdie Profesieë vertaal word in Hebreeus nie. Die einste seun van satan sal verrys en ander stuur om te probeer om jou te verslind. Onthou hierdie, geen Zionistiese Jood is van MY nie. Zionisme is nie Heilig nie.

EK sê hierdie vir jou vooruit sodat jy sal verstaan hoekom die Hebreeuse vertaler nog nie na vore gekom het nie. Maar nou is die tyd! EK het gehandel met hierdies want daar is meer as een en alhoewel hulle teruggehou het, stu MY Heilige engele hulle nou voort! Skryf vir hierdie Ringmaagd! Skryf vir hierdie bediening! EK spreek tot die hart van die vertalers nou en EK kon selfs jul name gee maar EK sal nie die vyand toelaat om jul name te ken nie. En woorde vir die verstandige, vir die Hebreeuse vertalers, moenie julle regte name gebruik nie.

Einde van Woord.


Elisheva: Dit is al wat ek hoor. Loof YAHUSHUA!

Aanstoot vir meeste, Verligtend vir Sommige

Apostel Elisheva Eliyahu