Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 2 Oktober 2008 om 3 vm. Rosh HaShanah
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
2 Oktober 2008 om 3 vm.
Rosh HaShanah Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
[Die webbestuurder] was besig om te werk aan 'n verduideliking oor die 10 Dae
van Ontsag om op die Bedienings-webwerf te plaas en hy het my gevra of ek enige
iets gehad het om in te sluit by die verduideliking oor hoe YAHUSHUA ons
MASHIACH inpas in hierdie Heilige tyd. Terwyl ek begin het om vir YAHUVEH vra
wat sê ek, het hierdie lering na vore gekom, asook tot my groot verbasing, was
'n splinternuwe Profesie gebore op die eerste dag van Rosh haShanah, 2 Oktober
2008.
Hierdie is wat ek gehoor het vir die lering oor die 10 Dae van Ontsag.
Hierdie is 'n tyd wanneer ons nadink oor ons verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA
en of ons 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding het met hulle. Ons het almal
gesondig en dit ontbreek ons aan YAH se heerlikheid want daar is geen perfekte
persoon wat die aangesig van hierdie aarde bewandel het nie behalwe vir YAHUSHUA
ons MASHIACH. Selfs 'n verkeerde gedagte is ‘n sonde. Die Ortodokse Jode glo nie
dat die Messias al gekom het nie so hulle het geen bloedoffer vir die versoening
van hulle sondes nie. Hulle verwerp YAHUSHUA ons MASHIACH as die MESSIAS en die
enig verwekte Seun van YAHUVEH.
Hierdie Heilige tyd is nie net 'n tyd van feesvieringe nie maar dit is 'n tyd
van groot vrees vir diegene wat nie weet of hul naam geskryf is in die Lam se
Boek van Lewe nie. Ons wat ons opgestane MESSIAS YAHUSHUA dien en aanbid weet
daar is slegs een middelaar voor ons Skepper YAHUVEH en net een weg na die Hemel
deur YAHUSHUA ons MASHIACH se Naam en gestorte Bloed by Golgota. YAHUSHUA ons
MASHIACH is ons bloefoffer. Ons Messiaanse Jode hoef nie te treur en rou op Yom
Kippur omdat ons geen bedekking vir ons sonde het nie, soos diegene wat vir
YAHUSHUA verwerp het doen nie. Ons moedig julle aan in hierdie Heilige tyd om
nader te kom aan YAHUSHUA ons MASHIACH as wat julle ooit vantevore het.
So spreek EK, YAHUVEH, moenie wag om te bekeer van julle sondes nie, doen dit
dadelik. Moenie 'n vorm van godsaligheid hê nie, maar hê Goddelikheid van binne.
Laat elke gedagte gevange gehou word tot MY, YAHUVEH. Moenie sonde voor-af
bedink nie, draai weg van boosheid, en moenie verskonings maak vir sonde nie.
Hou op om die duiwel te blameer vir julle gedagtes en dade, want hy kan nie
enige iets doen wat julle hom nie toelaat om te doen deur julle nie. Ek spreek
hierdie woorde tot die van julle wat sê hulle behoort aan YAHUSHUA ha MASHIACH,
wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat bid in
die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH en nogtans waarsku EK, YAHUVEH julle nou aan
diegene wat hul liefde verklaar aan MY en MY Seun YAHUSHUA, EK ken julle harte
en julle dade spreek harder as julle woorde!
Hou op om die RUACH ha KODESH te toets, hou op om MY Gees te bedroef. Hierdie
wêreld staan nou by die rand van 'n afgrond, die afgrond is die Groot
Verdrukking. Roep YAHUSHUA ha MASHIACH nou aan terwyl daar nog tyd is. Op Yom
Kippur gedurende hierdie 10 dae van Ontsag onthou, EK hoor slegs die gebed van
die nederige van hart. Moenie selfvoldaan wees in jou eie verlossing nie.
In tye van ouds het die kinders van Israel grootliks gesondig teen MY. Hulle het
hul goud en silwer gevat wat EK vir hulle gegee het as 'n seën en 'n goue kalf
gemaak om te aanbid en voor neer te buig, dit is geensins anders nou nie.
Hierdie wêreld vat die goud en silwer en buig neer voor die rykes en aanbid
hulle, maar EK wys vir julle terwyl EK hierdie wêreld skud asof jy springmielies
gaarmaak op 'n stoof en diegene wat so opgepof is in hoogmoed wat gesê het hulle
is god, hulle het geen ander god nodig nie, hulle smaad MY Heilige Woorde, hulle
smaad MY Heilige Gebooie, hulle besmet alles wat Heilig is en soos oorgaar
springmielies sal julle die stank ruik terwyl julle hul sien verskroei en brand.
Wee die bose, bose manne wat hulself pastore noem. Julle wat die naam kerk gevat
het en die geestelik verhongerde mense gebruik om julle eie finansiële ryke te
bou. Julle sal skroei en julle sal brand en julle finansiële ryke sal EK,
YAHUVEH, afbreek met MY eie hand en julle sal ontbloot word vir die boosheid wat
julle is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en Gomorra nie, wee die wêreld
wat volg in hulle voetspore! Julle is op die rand van 'n afgrond en net diegene
wat waarlik 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding het met MY, YAHUVEH en
YAHUSHUA ha MASHIACH, sal gered word. Bekeer vandag want môre mag te laat wees.
Die planne wat die vyande het, in beide die regering en in satan se koninkryk is
vir boosheid, om te steel, moor en te vernietig. Om uit te honger, om die einste
lug te vergiftig wat julle inasem. Om te eksperimenteer met die water wat julle
drink, waar allerhande soorte gifstowwe alreeds julle water besoedel. Die rykes
wil die aarde ontvolk, om al die hulpbronne te spaar vir hulle, maar EK, YAHUVEH
sê, EK sal die laaste woord hê. EK sal nie bespot word nie. EK sal diegene
beskerm wat MYNE is en die vyande se eie wapens sal hulle verteer.
Dit is nou die tyd om op te staan en standpunt in te neem vir Heiligheid terwyl
julle nog kan. Hou op skik met die duiwel en met die diensknegte van satan.
Vrees om MY, YAHUVEH aanstoot te gee meer as om blote sterflike mense aanstoot
te gee. Einde van Profetiese Woord.
Deut 31:8 - En dit is YAHWEH self wat voor jou uit trek; HY sal met jou wees, HY
sal jou nie begewe of verlaat nie. Jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
Gegee deur Apostel Elisheva Eliyahu
Rosh haShanah, 2 Oktober 2008 om 3 vm.