Profesie 106

EK, YAHUVEH, Sê, “Maak Skoon jou Huis”!!!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu 4 Januarie 2009


Hierdie Profetiese Woord het voortgekom terwyl ons gebid het vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA. Die hele woord is nie geplaas nie want dit is persoonlik maar hierdie is deel van daardie woord wat van toepassing is op baie ander en ons is beveel deur YAH om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit net vir een persoon nie maar vele.

Die onderstaande uittreksel van Profesie 105, is nie op hierdie audioband nie. [Die nou ex-webbestuurder] het vergeet om dit op te sit op Profesie 105 oorspronklik. Ons het dit bygevoeg daar en YAHUVEH het vir ons opdrag gegee om dit op te sit van nou af met elke nuwe Profesie. Dit bewys hierdie Bediening is van YAHUVEH. As hierdie woorde myne was, soos YAH gesê het, sou dit misluk het lank gelede.
Vanaf Profesie 105

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jes 42:8).

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende uit 2 Kronieke by te voeg voor elke Profesie .

2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


Die Profesie was opgeneem op audio. Hier is die oorskrywing.



EK het vir julle gesê in 2009 sal enigiets en alles wat geskud kan word geskud word. Moenie verbaas staan nie, [Elisheva] want julle gaan diegene wat julle die YDS noem geskud sien, ons sal net sien hoe ferm hulle is van MY, ons sal net sien hoeveel wil die prys betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien soos julle gesien het wat gebeur in New Zealand. Dit is maklik, dit is so maklik as daar geen toetsing is nie, is dit so maklik om te sê, U wil geskied O YAHUVEH. Wanneer MY wil egter gaan teen julle wil, sal julle steeds sê, U wil geskied, O YAHUVEH?

Tot diegene wat weier om heilig te wandel, selfs tot diegene wat EK met MY eie hand bymekaar gevoeg het, sal EK met MY eie hand verdeel. Nie net in hierdie huishouding spreek EK voort nie maar tot al diegene wat beweer hulle behoort aan MY. (Lukas 12:51-53) Wil julle gelos word in die Groot Verdrukking? Wil julle hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie enigsins eenvoudiger maak as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet dat julle niks anders as stof is nie en deur MY genade het EK daardie stof geneem en ‘n mens geskape en EK het asem ingeblaas in daardie mens in. (Psalm 111:10)

Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet MY nie (enigsins) langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van Heiligheid. (Handelinge 5:9)

In die einste midde van die YDS; dit wat EK openbaar het in New Zealand die boosheid te ontbloot wat weggesteek was, so ook sal EK doen deur diegene wat eis hulle wil deel wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie Heilige Bediening, maar jy sien dit is soos jy gesê het geliefde seun Sylvester, op die oppervlak lyk dit of dit so is. Solank as die leierskap nie weet nie kan ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, diegene wat EK die YDS genoem het; diegene wat genooi was na die YDS forum om samekomste te hou, julle word meer aanspreeklik gehou.

Wees verseker in 2009 sal wat ookal verborge was geopenbaar word. (Mattheus 10:26) Watter sonde julle ookal dink julle weggesteek het, deur die salwing van die RUACH ha KODESH sal dit geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie eindtye word die bose boser maar MY Heiliges moet Heiliger word en enigiemand wat ‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie sal ontbloot word. EK sal hulle nie toelaat om deel te wees van hierdie Bediening nie. EK sal dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So nou is dit julle keuse, wie kies julle regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel? So jy sien EK het ‘n ander rede [Elisheva] hoekom jy na jou seuns toe moet gaan.

MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie maar jy moet kies, jy moet kies hierdie dag. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.

EK skud hierdie ganse wêreld. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17) Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n Bekeervolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bekeer nie, dit is iemand wat bekeer met hulle kop en hulle hart en vasberade om MY nie te mishaag nie. EK het vir julle (hierdie wêreld), gesê julle is op die rand van ‘n holocaust. Wil julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle beskerm? Wil julle hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle ruk uit YAHUVEH se hand nie, of wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle met MY eie hand werp in die vlamme van die hel?

Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle hê EK moet julle beraad? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag en Abednégo, soos hulle gewandel het en hulle in die brandende vuuroond gegooi was? (Daniël 3). Nogtans, het EK selfs nie dit toegelaat wat hulle gebind het om verbrand te word nie. EK het nie eens hulle klere toegelaat om geskroei te word nie, hulle eie klere wat hulle gebind het want julle sien dit was die vyande wat verbrand was. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het wat verbrand was. Wil julle wees soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo? Wat geloop het in die brandende vuuroond maar die 4de man was daar en daardie 4de man is YAHUSHUA julle MASHIACH.

Wil julle wees soos Daniël toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie geëet nie al was die leeus rasend-honger. (Daniël 6) Dit is julle keuse. Wil julle MY beskerming hê? Wil julle wees soos die weduwee by Sarfat? (1 Konings 17:10) Die een waarheen EK Elia van Ouds gestuur het. Wanneer dit neerkom op julle laaste krieseltjie brood, wil julle hê EK moet dit vermenigvuldig vir julle, sodat julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te Verheerlik.

In hierdie jaar soos die mens die tyd merk, sê hulle dit is 2009. Julle sien EK vra nie net hierdie vrae vir julle nie, EK vra hierdie vrae vir al diegene wat glo die Waarheid kom voort uit hierdie Bediening en dat EK voortspreek. Wat wil julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet die Rooi See weer oopmaak sodat julle veilig kan oorsteek terwyl die vyande julle agtervolg? (Exodus 15:4) Wil julle hê hierdie vyande moet verdrink word sodat hulle jul nie kan seermaak nie? Wat wil julle hê moet EK doen?

EK is YAHUVEH en deur julle dade sal die hoeveelheid van (julle) beskerming wees. EK speel nie speletjies nie. Wil julle skuil onder die beskerming van MY vlerke soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met diegene wat sê hulle het MY lief. EK praat net met diegene wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, MY enig verwekte Seun. EK spreek hierdie nie voort tot die heidene wie se name nie geskryf is in die Lam se Boek van Lewe nie. Julle is net geskik vir oordeel. Julle is net geskik vir die hel. Julle is verworpe. Julle is verwerpte silwer.

Maar EK praat met diegene nou in die jaar wat julle merk as 2009, en EK sê vir julle, MAAK SKOON JOU HUIS! Jou huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1 Korintiërs 6:19). Jou huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat MY aanstoot gee, gooi dit uit. EK spreek uit hierdie Elia van Nuuts en EK spreek die woorde wat Elia van Ouds gespreek het, kies julle hierdie dag watter God julle sal dien. Bekeer en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net woorde hê nie EK wil aksie sien agter daardie woorde. Want geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg gehad van julle verskonings oor hoekom julle sondig. Watter soort voorbeeld is julle?

As die wêreld van die verworpeling ‘n hofsitting sou hou vandag, is daar genoeg bewyse teen jou dat jy MY dien? Dat jy siele bring vir YAHUSHUA? Dat jy Heilig lewe vir MY? Sal jy moet sê, “Ek pleit skuldig aan al hierdie dinge” want dit is wat EK verwag? Is jy gewillig om jou lewe neer te lê vir YAHUSHUA soos HY gewillig was om SY lewe neer te lê vir jou?

Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?

Weet julle nie dat dit die hoogmoediges is wat neergewerp word nie. Trots kom voor ‘n val. (Spreuke16:18) O hoeveel van julle wat hierdie sal hoor en hierdie lees is so opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie geroer word nie, wanneer YAH hierdie wêreld skud in 2009 sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade en Bloed van YAHUSHUA alleen dat jy nie geskud sal word nie en dit hang af van wat jy gedoen het. (Kolossense 1:13-20) Het jy geheime sonde? Dink jy niemand weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien binne-in jou einste hart in. EK weet wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet wie probeer nie eers nie en maak net verskonings vir hulle sondes.

EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle gesê wat EK verwag van julle. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag was want julle is omring daardeur. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle aan die plae en EK herinner julle hoe dit nie gekom het oor die kinders van Israel nie. Dit het net gekom oor MY vyande. Versteek julself in die klere van MY geregtigheid. Versteek julself vir MY toorn. Want diegene wat EK MY kinders noem as julle maar net sal strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlik bekeer en wegdraai van boosheid sal EK julle wegsteek. Sal EK julle vertroos. Sal EK julle Seën. Sal EK voorsienvir julle. Sal EK julle salf, as julle maar net elke woord sal gehoorsaam wat EK sê en ophou verskonings maak vir sonde.

EK weet reeds watter weg julle geneem het. Die weg hel toe is so breed, so wyd. Daar is net ‘n smal weg Hemel toe. Hoeveel van julle wat hierdie lees en luister hierna sal daardie smal weg kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n reguit weg nie, dit is ‘n kronkelpad terwyl toets na toets sal kom, want die beproewings van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)

EK is die een wat julle beproef. EK bring julle na hierdie Bediening toe want dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n toetser van metale. Hoeveel het hierdie leierskap sien kom. Hoeveel het hulle gesien val. Hoeveel, hoeveel, hoeveel trane het [Elisheva] gestort terwyl diegene wat sy so seker is nie sal val nie, diegene wat sy seker is wandel Heilig voor MY en hulle val. Hoeveel staan nooit weer op nie.

(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word genoem: 'Verwerpte silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)

Waar is jou toewyding? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy werklik die RUACH Ha KODESH, jou IMMAYAH binne-in? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of luister jy na die dwaasheid van satan homself? Dit is jou keuse.

Sien, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal hierdie leierskap nie toelaat ‘n woord te preek wat hulle nie wandel nie. [Elisheva] weet sy beter wandel wat sy spreek. Die res wat deel is van hierdie Bediening weet hulle moet wandel wat hulle spreek anders sal satan hulle verskeur in klein stukkies.

Julle wat julself YAHUSHUA se demon stompers en gebedsintersessors noem, sommige van julle het geheime sonde. EK het hierdie nog nie onthul nie, maar wees verseker dit sal ontbloot word as julle nie vinnig bekeer nie. Julle moet kies hierdie dag wie julle sal dien. Hierdie geheime sonde kan wees om vas te klou aan ‘n maat wat EK vir jou gesê het om te laat gaan vir jou eie siels-onthalwe, jou eie lewens-ontwil. Waar jy jou toewyding meer betoon het aan hulle as wat jy gedoen het tot MY.

Jou geheime sonde is om nie die werk te doen wat EK jou geroep het om te doen nie. Wanneer EK vir jou ‘n taak oorhandig en EK sê “Doen hierdie om die tale van jou mense te bereik” en jy sê, “O nee, ek het te veel van my eie persoonlike probleme nou” en jou oë is meer gefokus op die heidene as die siele, meer as die skape en die lammers wat nodig [het om] te voed. Hierdie is sonde in MY oë, wanneer jy jou hand aan die ploeg slaan en jy kyk terug. Jy het jou hand afgehaal van die ploeg af. Jy het opgehou om daardie grond om te spit en dit te besaai en hierdie Woorde voort te spreek in jou eie moedertaal sodat ander gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie aanhou wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek te neem. (Elisheva het ‘n visioen gesien op hierdie tydstip met die woord China).

Enigiemand wat hierdie Bediening haat, wees versigtig voor. Want hulle haat werklik dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.

EK praat nou met diegene wat die waarheid liefhet wat voortkom uit hierdie Bediening. Julle weet EK, YAHUVEH, spreek voort. Julle weet julle MASHIACH YAHUSHUA spreek voort. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, spreek voort, Moeder Wysheid. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste leidende lig te wees. (1 Petrus 2:9)

Want diegene wat spreek teen hierdie Bediening, want diegene wat [Elisheva] ‘n vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisheva en hierdie Bediening se vrugte). Maak hulle verskonings om te sondig? Maak hulle verskonings om nie die Torah wette te volg nie, soos MY Shabbat? Ondersoek hulle vrugte, julle antwoorde lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan vir my sê wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om vrug-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het reeds vooruit gewaarsku julle ergste vyande kan gevind word in jul eie fisiese bloedlyn.

EK spreek MY oordele voort deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde en MY leiding voort deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede voort deur hierdie Bediening wat nie die naam dra van ‘n man of ‘n vrou nie maar slegs die Naam van die Heilige Drie-Eenheid. EK sal altyd ‘n mondstuk hê. (Amos 3:7) EK het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY mondstuk te wees. Die Profeet wat bo alle Profete is want YAHUSHUA julle MASHIACH is die einste Gees van Profesie.

Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY geheime vertel aan die Heiliges.

So dit is die Woorde wat EK het om te sê. Moenie verbaas wees oor wie volgende val nie want hulle kan staan solank as hulle nie getoets was nie, maar wanneer die toetsing kom vir diegene wat speletjies gespeel het, julle sal val. Maar julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is SY Bloed wat julle afwas, maar onthou hierdie, as die verlore seun nie teruggekeer het nie sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)

Moenie MY barmhartigheid en MY genade vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder jou voet vertrap dit onheilig maak en ontwy terwyl jy sondig keer-op-keer en dink HY is net ‘n verskoning om te sondig nie. EK weet wie speel speletjies en EK weet wie is opreg. EK weet wie is ‘n seën vir die Koninkryk van die Hemel en EK ken diegene wat dit skande gebring het alhoewel hulle dit gedoen het in YAHUSHUA se Naam.

Daar is niks wat jy kan wegsteek nie, daar is geen plek waar jy kan gaan om weg te kruip nie want EK, YAHUVEH is daar. EK het jou geskape en MY oog is vir ewig op jou. (Psalm 139)

Kies jy hierdie dag watter God jy waarlik sal dien nie net met jou mond nie maar met jou dade want hulle spreek harder as jou woorde.

Want wat julle sien in Israel, gebeur met geestelike Israel. Julle word gebombardeer, missiele word gestuur uit die hel om julle te probeer vernietig. Om julle uit te wis. Alleenlik in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA sal julle staan, julle een en enigste MASHIACH.

Einde van Woord

Elisheva begin bid:

Dank U Abba YAHUVEH want hierdie Woorde het onverwags (gekom) terwyl ons gebid het vir ‘n ander in die moeilikheid, een wat ons ons seun noem in YAHUSHUA. Abba YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. O, Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief, asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Asseblief laat ons hierdie aarde verlaat met ‘n getuienis dat ons behaaglik gevind was vir U. Daar is geen hoër begeerte nie en ek spreek voort nie net vir myself nie maar vir al die res van die ware Bruid wat Heilig is voor U.

Onheiligheid, ons is net nie geïnteresseerd daarin nie. Dit het vir ons geen aanloklikheid nie. Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die vuilheid van hierdie wêreld, die dwelms, die alkohol, hulle verlok ons nie. Ons het een begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geblus kan word nie en dit is net een, meer as ons begeerte om ons geliefde te behaag, en dit is die begeerte om behaaglik gevind te word vir U YAHUVEH. Om behaaglik gevind te word vir U YAHUSHUA ha MASHIACH en U alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring. Daar is geen hoër begeerte nie as om te weet, dat ons weet, dat ons weet, ons doen alles wat ons kan doen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om boosheid te verslaan, om sonde te verslaan. Om dit nie enige deel van ons lewe te laat hê nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te draai van dit wat U aanstoot gee.

Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringmaagd roep uit na U en sê, “Kom, YAHUSHUA, Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-slykput maar terwyl ons hier is wil ons vir U skitter. Gee vir ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n droom gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n hoop ontlasting is nie, niks anders as mis nie, niks anders as uitskeiding nie. Dit is soos dit is wanneer U kyk na die aarde. Behalwe dat U klein skitterende edelgesteentes het, klein sprankelende juweeltjies, wat weggesteek is te midde van hierdie uitskeiding en ons sprankel vanuit die Hemel (Elisheva het hier bedoel om te sê aarde en nie Hemel nie) vir U.

Ons konstante gebed is ons sal aanhou om waardig genoem te word in die oë van YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie liggame sal aanraak nie. Dat ons tussen diegene sal wees wat U eerstevrugte genoem sal word van Openbaring 14 en Openbaring 7 en weggevoer sal word om U in die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O, asseblief poleer hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U juwele. Poleer ons asseblief tot waar ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer ons asseblief so helder dat die einste sprankel die oë van die vyande sal verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek is een van hulle glo ek, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, diegene wat die vernietiging van die Heiliges wil hê na die parskuip van U woede tereg hier op hierdie aarde, stuur hulle na die parskuip van U woede.

Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n. Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring. Vir al die getroues en al die opregtes praat ek nou. Wys vir ons hoe ons U meer kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane kan afvee van U oë af wanneer U seergemaak word. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan troos. U is ons Pappa, U is ons Daddy, ons het niemand anders nie.

My hart is nou so oorvol op hierdie oomblik terwyl ek een na die ander sien wat ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlak het hulle Heilig gelyk maar toe ons ‘n bietjie dieper delf, toe U (hulle) ontbloot het, is dit is soos ‘n vrug, ek sien ‘n visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan wanneer jy ‘n diep genoeg hap vat in daardie vrug, sal jy sien dit was vrot binne-in. Of jy sal ‘n wurm vind in daardie appel. Ons het dit gesien en ek het dit gesien so lank reeds dat ek U gesmeek het, het ek nodig om hierdie aan te hou sien? Vir diegene wat ons vertrou, vir diegene in wie ons glo.

O Abba YAHUVEH, die pyn wat ontstaan het soos die geboortepyne sowel as die trane wat gestort was oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel meer pyn moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het was Heilig en ek sien hulle val voor my oë. Net U is instaat om daardie verlore dogter terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind in te blaas wat gesterf het. En soos Elia van Ouds gebruik was om lewe in daardie kind te blaas, U noem my U Elia van Nuuts. (1 Konings 17:17-24) Ek vra hierdie, dat hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie kind sal blaas. ‘n Begeerte om Heilig te wees, nie net ‘n woord van bekering uit haar mond nie maar om weg te draai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele familie saam met haar vat.

Abba YAHUVEH, ek vra dat U my gebruik soos daardie Elia van Ouds om my liggaam op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters noem in YAHUSHUA. Ek vra U, blaas lewe in diegene, blaas lewe in diegene wat begin het om U te volg. Wat begin het deur Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba YAHUVEH om hierdie Elia van Nuuts te gebruik. Laat hierdie woord lewe voortblaas in hulle in ‘n groter vasberadenheid as ooit vantevore om sonde te versaak, satan te versaak, boosheid te versaak, enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is wat U lê op die begeerte van my hart om te bid.

Want ek weet dit is U woorde omdat ek nooit so iets sou gespreek het, nooit so iets sou gedink het nie. Gebruik hierdie liggaam nou om hulle te bedek. Gebruik hierdie woorde nou om lewe in hulle in te blaas. Gebruik hierdie woorde nou sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid hulle sal vrymaak. Want U Woord sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sou nie vir ons sê om dit te doen as dit onmoontlik was nie.

Dank U dat U my gebed verhoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U omdat U hom terugbring soos die verlore seun was. Dank U Abba YAHUVEH.

Vir diegene wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag vir hulle ‘n begeerte gaan gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille gaan van hul oë afval en die was gaan uit hul ore kom en geestelik gaan hulle hoor, fisies gaan hulle sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan leef.

Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening op ‘n groter manier as wat U ooit vantevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir U Heerlikheid.

Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.

Ek het dit gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart ons werk is nie tevergeefs nie. Laat ons hoor van julle. Laat ons hoor van julle. Laat ons weet. Laat ons weet hoeveel bereik was deur hierdie woord tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Diegene van die verlore seuns en dogters, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug. Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Moenie dat sonde julle langer verlok nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer verlok nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH noop julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, noop julle. Verlore seuns en dogters, kom huis toe. Laat julle getuienis alle Heerlikheid bring aan YAHUSHUA ons MASHIACH. Onthou saam met daardie getuienis kom toetse van alle vlakke en net sodra jy een slaag, sal YAH ‘n ander een oor jou bring, maar dit is dit werd.

Amen
Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu
4 Januarie 2009