Profesie 11

Staan Op, Praat! Sê aan die duiwel om Stil te bly, In MY Naam!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Moenie die gawes verhinder wat EK aan jou gegee het nie, baie is geroep, min is uitverkies. Gideon se troepe was geroep, maar min was uitverkies. EK jou Vader YAHUVEH het hulle uitgesif. MY Geliefde, so spreek YAHUVEH, weet dat, EK jou nie geroep het om te misluk nie, maar om te slaag in MY NAAM. EK begin nie 'n goeie werk en maak dit dan nie klaar nie. Hierdie roeping is nie uit jou nie maar uit MY. Sê MY Woord nie, "EK kies die swakkes sodat MY krag geopenbaar kan word" nie?

Almal sal weet dit is nie jy wat bedien nie maar EK wat bedien deur gesalfde werktuie van klei. Elisheva kan nie en neem nie die krediet vir enigiets wat sy vir MY doen nie, want sy weet dit is nie uit haarself nie maar uit MY. Sy weet dat EK nou voortspreek tot julle deur haar. Die dokters wat verstand-manipulasie praktiseer sal sê dit is 'n geestesversteuring, maar om jouself oor te gee aan die een wie jou mond, emosies en verstand aan jou gegee het, is nie 'n geestesversteuring nie.

Maar deur die erkening of selfs deur net te glo dat YAHUVEH deur 'n persoon kan praat, dink dokters dat dit geestelike versteurdheid is. Daar sou geen Bybel gewees het indien hulle daarin sou slaag om MY Dissipels hiervan te oortuig nie. Ja, daar is ‘n nabootsing en hierdie mense is geestelik siek maar MY Profete is nie een van hulle nie. satan veroorsaak geestesversteurings en die geestesversteurdes het bevryding nodig. Sou hulle nie aantygings van selfmoordneigings gemaak het oor Petrus wat op die water geloop het nie? Grootheidswaan. Die drie Hebreeuse kinders, sou hulle nie gesê het dat die Hebreeuse kinders wat in die gloeiende vuuroond gegooi was 'n martelaarskompleks en selfmoord geeste gehad het nie?

Maar die vlees is altyd in ‘n oorlog teen die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) binne-in julle. Julle moet die vlees oorwin om te kan bedien. Julle kan slaag as julle dit doen in MY Naam. Maar daar is altyd 'n oorlog. Na elke Profesie moet die Profeet veg teen sy vlees. Terwyl dit opruk en sê wie dink jy is jy om met YAHUVEH se mense te praat en te sê dat HY dit spreek? As dit nie met MY Profete gebeur nie en hulle erken nie hierdie geveg nie, dan spreek EK nie voort deur hulle nie.

‘n Gewiste teken dat MY Gees deur 'n persoon gepraat of geskryf het is as hulle daardie stem teëkom wat veroorsaak dat hulle wonder is dit regtig U YAHUVEH? Die een wat nou aan julle skryf, julle suster het voortdurend hierdie geveg want sy voel onwaardig om op hierdie manier gebruik te word. EK moet haar herinner soos EK ander sal herinner deur te sorg dat hierdie gedeel word met ander, dink jy regtig jy kan so pragtig en vol salwingskrag praat? Dink jy regtig jy het so baie wysheid? Dan moet MY Ware Profete altyd sê, “U is reg, dit kan nie ek wees nie.” Dink jy regtig jy het hierdie tipe waagmoed?

Sê dan, “Vergewe my, Hemelse Vader dit moet U wees, want ek kan nie, ook sou ek nie begeer om so iets te doen as om te sê, so spreek YAHUVEH wanneer dit nie waar is nie.” Dit is die merk van 'n ware profeet; hulle betwyfel die vlees, maar het vertroue in die RUACH ha KODESH wat hulle gebruik. Hulle weet hulle kan niks doen of begeer om niks te doen sonder dat die RUACH ha KODESH hulle salf om dit te doen nie. Hou op om die gawes te vrees wat EK vir jou gegee het. EK sal jou nie dwing om MY skape te voed nie en jy sal nog steeds Hemel toe gaan, maar jou belonings sal nie so groot wees nie en EK sal 'n ander oprig om die plek te vul waar jy moes gewees het. Daar is siele wat wag dat jy hul moet bedien.

Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Weereens spreek EK die bevestiging voort, maar moenie aanhou om MY te toets, vir dit wat alreeds bevestig is nie. Tyd is min. MY koms is spoedig. Doen wat jy vir MY moet doen nou, nie later nie. Nou is wanneer EK MY Bedienaars, MY Vegters nodig het. Nou is wanneer EK diegene nodig het wat gekies is om die oes van siele in te bring. Nou is wanneer EK julle nodig het om vissers van manne en vroue te wees. Nou is wanneer EK MY Profete nodig het om voort te spreek.

Nou is wanneer EK die evangeliste, Geeste soos Johannes die Doper nodig het om na vore te kom. Nou is die tyd van redding, môre mag dalk te laat wees. So baie van die geroepenes wag tot môre totdat omstandighede net reg is vir hulle. Tog breek môre en die regte omstandighede nooit vir hulle aan nie. Word wakker, hierdie is 'n skelmstreek van die vyand.

'n Ander skelmstreek is, "Ek is nie waardig om die Evangelie van YAHUSHUA te verkondig nie, ek het te veel probleme. Ek het 'n verlede wat my in die skande steek, U kan my nie gebruik nie". WORD WAKKER, EK is die een wat kies wie MY moet dien. Nie jy nie. Het EK nie vir Paulus (Shaul) gekies om MY op 'n magtige manier te dien nie en hy was 'n moordenaar van duisende Christene? Wat ‘n erger verlede kon hy hê? Nogtans het EK daardie verlede gevat en dit gebruik tot MY Lof, Eer en Heerlikheid. Wat satan bestem het vir onheil het EK omgeswaai vir jou ten goede. Dit is wat EK doen; EK roep nie mense in die bediening in wat nie gely het nie. Hulle sou nie met MY lydende kinders identifiseer nie. Jy weet nie hoe seer 'n wond is, totdat jyself verwond was nie.

Wie des te beter is daar om die gewonde skape te versorg as iemand wat die pyn geken het? Jy sal nie weet hoe om iemand uit sonde te bring en na die voet van Golgota se Kruis, as jy nie self iets gehad het waarmee jy met hulle kon identifiseer nie. 'n Sondaar gered deur genade. Hoe kan jy die teruggevallenes bedien as jy nie self op een of ander tydstip gedink het dat jy jou geloof in MY verloor het nie? Jou grootste swakheid sal EK jou grootste sterkpunte maak, want EK sal daardie swakheid gebruik en jou help om dit te oorkom, en die werklikheid van YAHUSHUA bewys. As EK bevestig dat jy gekies is moenie daar staan en MY bevraagteken, "Hoekom ek?" nie. Weet net, EK is die groot “EK IS” en EK maak nie foute nie. Dit is steeds jou keuse of jy gehoorsaam wil wees. Maar jy sal misrabel wees en altyd daarvan bewus wees dat jy MY roeping op jou lewe verontagsaam het indien jy dit weier.

Dit is hoekom EK gesê het, "Baie is geroep en min is uitverkies." Wat sal jy kies om te wees? EK weet reeds wat jy gekies het. Sê MY Woord nie dat diegene wat hul hand aan die ploeg slaan en omkyk, nie geskik is nie? Slaan jou hand aan die ploeg; los jou verlede by die voet van die Kruis van Golgota. EK het die dinge wat gebeur het toegelaat om jou sterker te maak vir MY, nie swakker nie. Want jy het 'n getuienis wat van goud gemaak is nie brons nie. Gebruik dit om siele na MY toe te bring, gebruik dit om Lof, Eer en Heerlikheid aan MY te bring.

EK jou Meester YAHUSHUA ha MASHIACH kom gouer terug as wat jy dink. Terwyl die boosheid hewiger word in hierdie wêreld, en die bose pronk met hul sonde in MY gesig en sê, "Wat gaan jy daaromtrent doen YAHUSHUA?" EK sal hulle wys wat EK daaromtrent gaan doen. Soos EK MY Kinders wys, wanneer EK hulle pakslae gee, so sal EK diegene straf wat MY Gebooie, homoseksualisme, onsedelikheid, en die Bybel in MY gesig versmaad en dit durf waag om MY te tart. Dit kom, MY wraak kom na hierdie aarde toe onverdun.

Terwyl hulle die babatjies leer om te sondig en dat MY Woorde nie meer van toepassing is op vandag nie, gaan hulle op 'n magtige manier boet. EK was slegs eenmaal die offer Lam; volgende keer kom EK terug as 'n magtige vegter. Maar eers versamel EK MY Kinders huis toe. MY wraak is gereserveer vir MY vyande nie vir MY Kinders nie. MY Kinders diegene wat MY liefhet en dien van wie die sondes gewas is in die gestorte Bloed van Golgota het niks om te vrees nie.

Maar MY vyande sal nooit sulke vrees ken nie. Want dit wat hulle gevrees het sal oor hulle kom en wat hulle nooit gevrees het nie sal hulle verteer. Terwyl MY Naam as 'n vloekwoord gebruik word op die luggolwe en alles wat heilig is bespot word oor die luggolwe, sal EK bewys dat EK Almagtige God is, die groot YAHUVEH “EK IS” en dit is nie EK Wie gespot en vervloek word nie. Dit is jy wat hierna luister en nie droefheid voel om dit te hoor nie en jou hart verhard het en dit toelaat en nie daarteen uitspreek nie. MY Kinders, neem die luggolwe terug in MY Naam. Julle hoor nie dat Boeddah vervloek word of satan of Mohammed nie.

Maar julle hoor hoe word die naam van Jesus Christus (YAHUSHUA ha MASHIACH) vervloek. Julle hoor hoe word die God wat julle dien verdoem. Dit is nie God Almagtig wat verdoem word nie; dit is die een wat hierdie vervloekings oor hulself uitspreek. Slegs die Bloed van YAHUSHUA sal hulle skoon was van hierdie sonde.

EK sê vir julle kyk na die vulkane en aardbewings, die skrikbeelde in die lug en julle sal weet hoe spoedig MY koms is. Aangesien EK daardie een ding beheer wat die mens nie kan nie en nooit die elemente in die lug en die weer sal beheer nie. Die mens kan nie die vulkane, aardbewings, sneeu of koue of hitte, tornados, orkane, oorstromings as gevolg van stortreëns keer nie terwyl boosheid toeneem in onheil, word die goeie heiliger. EK skei MY Mense nou en MY koms is onafskeidelik. Doen dit wat julle vir MY gaan doen vinnig.

Die bejaardes behoort liefdevol en met respek behandel te word want hulle is ouderlinge wat die stoorkamers van vele wysheid is. Hulle is MY skatte op hierdie aarde, maar hoeveel is vergete, weggesluit, behandel soos ongewenste vullis? Hulle eie kinders vermoor wettiglik die siekes en gestremdes. Hulle is 'n finansiële las. “Laat die armes sterf, doen weg met welsyn, tot watter nut is hulle?" Het EK nie gesê, "Die armes sal altyd met julle wees nie?" Maar julle moes dit wat julle het met hulle gedeel het.

Voed die armes; klee die wat naak is, julle broers en susters. Diegene wat by MY Naam geroep is, gewas is in MY Bloed en julle gee voor dat julle hul nie raaksien nie. EK SIEN HULLE! EK HOOR HULLE UITROEPE! EK laat dit toe om te sien hoeveel gee om. Maar deur die genade van God YAHUVEH daar gaan julle. Julle is jul broer se hoeder. Wanneer een deel van die liggaam van YAHUSHUA swaarkry, ly die geheel. Hou op om die pyn te ignoreer.

Soos die moorde op onskuldige babatjies nog in die baarmoeders van hulle moeders so wreedaardig uitmekaar geskeur word en julle dink omdat hierdie sondige wêreld dit wettig, is dit wettig vir MY. Selfs vir julle moordenaars in die dodeselle, probeer julle genadige en vinnige teregstellings uitdink. Die wet gee ten minste 10 jaar meer in sommige gevalle ten koste van belastingbetalers, julle belastinggeld, om hulle lewens te verleng. Om genadiger maniere uit te vind om diegene dood te maak wat lewens geneem het sonder enige genade. Maar babatjies so kosbaar vir MY, babatjies waarvan EK die dae afgetel het tot hul geboorte, MY Gees in hulle geplaas het, toegesien het dat hulle sterk en gesond in hul ma se baarmoeder gegroei het, sodat hulle ten tye van geboorte sal asemhaal, en hierdie onskuldige babatjies het nooit enige kwaad geken nie word gemartel terwyl hulle stille krete weergalm in MY ore.

Diegene wat hierdie aborsies gepleeg het en nie bely het en om vergifnis gevra het en weggedraai het van hierdie sonde nie, die ganse ewigheid sal julle die gille van al daardie babas hoor. As een van julle strawwe wat vir julle in die hel wag en nooit 'n blaaskans weg van die gehuil van die vermoorde babas, of die gille nie. Weet julle hoe 'n huilende baba op jou senuwees werk? Verbeel jou miljoene in jou ore vir ewig.

BEKEER NOU, verpleegsters, dokters, vrouens wat hierdie dinge doen vir julle eie onthalwe. BEKEER NOU, politici wat hierdie wette uitgevaardig het. Hooggeregshof, julle is nie verhewe in MY oë nie. Julle is nie verhewe bo MY wette nie. Almagtige God YAHUVEH alleen is Oppermagtig. Almagtige God YAHUVEH alleen is regter en jurie en laksman. YAHUSHUA ha MASHIACH het gekom sodat julle lewe en lewe in oorvloed kan hê. BEKEER! Draai weg van hierdie sonde af want EK sal julle aanspreeklik hou. Die bloed van die ongeborenes is op julle hande.

Hoekom, omdat EK die mens 'n keuse gegee het? 'n Keuse om dit wat instinktief is te gehoorsaam gegee aan elke vrou en man, om die jongelinge te beskerm, die jongelinge te versorg. En tog word hulle wreedaardig vermoor. Wee diegene wat dit wettig noem. Wee die dokters en verpleegsters wat deelneem aan hierdie moord. Wee die politici wat die wette uitgevaardig het van hierdie onskuldige babas om vermoor te word.

Wee julle wat heeltemal te lank stilgebly het. Want EK hoor hulle gille. Die babas se siele keer terug na waar hulle vandaan gekom het uit die Hemel. Maar hulle siele word ongenadiglik uit hierdie wêreld geskeur. Wreedaardigheid te veel vir woorde. EK laat die siele toe om te gaan net om die mensdom se onmenslikheid teenoor die mens te bewys. Wetende watter keuse daardie moeder alreeds gemaak het. Bedroef en haar elke kans gee om te bekeer. Wetende sy sal nie, woedend omdat sy nie wil bekeer nie.

Sê vir hulle, sê vir hulle MY Dogter. Weereens alhoewel selfs diegene wat hul by MY Naam noem steeds niks doen nie behalwe om hulle koppe te skud nie en ander waarop EK so trots is om MY Kinders te noem hul lewens, reputasies en finansies neerlê om die onskuldige babas in die moederskote te beskerm. Hulle is diegene vir wie EK sal beloon. Hoekom ondersteun die kerke nie diegene wat gewillig is om alles op te offer om te protesteer teen hierdie moorde op onskuldige babas nie?

Hulle verloor hulle beroepe, opgesluit, gespot en hoekom? Omdat hulle MY stem gehoor het en oortuiging wat gesê het, "Praat, moenie stilbly nie." EK het hulle gebede verhoor, EK het hulle trane gesien en EK het hulle pyn gevoel, het jý? Elke kerkdiens is veronderstel om vir hulle te bid. Elke kerkdiens is veronderstel om te bid vir MY oortuiging, MY oordeel op hulle wat sulke dinge doen, wat hierdie moorde toelaat, maar hoe min doen dit. EK IS SMARTLIK VERTOORN. Want julle sê julle is MYNE en julle ignoreer die uitroepe van die ongeborenes, en die uitroepe van diegene wat hulle alles opoffer om te beskerm en om die slagting van die ongeborenes te stop. Staan op, praat, in MY Naam, Bid, Bid, Bid totdat julle hierdie afgryse sien ophou,

Wil julle weet hoekom EK toegelaat het dat hierdie aangaan, omdat EK gewag het vir MY Kinders om MY Naam aan te roep om dit te stop. Om te bewys dat hulle omgee. Nie net 'n handjie vol nie. maar miljoene moes gepraat het toe hierdie wette teen MY gebooie uitgevaardig was. Daar behoort nooit 'n kerkdiens te wees sonder dat hierdie gebed uitgaan nie. Pastore julle sal verantwoordelik gehou word. Julle was gewaarsku. Gemeentes waarsku julle pastore. Hulle is veronderstel om MY te verteenwoordig. Dring by hulle aan om tydens elke diens te bid dat hierdie afgryse moet ophou, vir MY oordeel om te kom oor diegene wat weier om te bekeer. Hou op om vir MY louwarm gebede te gee. EK sal nie luister nie. Gee vir MY gebede met passie en met 'n hart wat omgee. Stop die rituele-gebede wat net memorisering van woorde is, EK sal nie luister nie. Dit is uit julle verstand en mond, nie julle hart nie.

Groot sinkgate sal oopmaak en die aarde sal hierdie aborsieklinieke insluk. Nie iets wat die mens gedoen het nie maar MY hand sal die aarde ‘n vuishou toedien. Waar die meeste bloed vergiet is, onskuldige bloed. Want selfs nie eens in oorlog word onskuldige bloed so vergiet nie. Maar op die altare van satan word hierdie kinders geslag om gerieflikheids onthalwe, vir ydelheid, vir selfsug, vir vrees en vir gulsigheid. EK sal hulle iets gee om te vrees. Hulle sal die Almagtige God YAHUVEH vrees wie hierdie siele geskape het wat hulle so wreedaardig vermoor. Hulle sal YAHUVEH vrees vir wie hulle spot en sê dit is wettig. Hulle sal diegene vrees wat die Christene in hul gesigte daarstel om hulle te waarsku hierdie is moord, hierdie is sonde. Want dit sal nie enige iets wees wat die Christene doen wat sal maak dat hulle vrees nie, buiten om te bid en die hand van YAHUVEH in beweging te bring deur daardie gebede.

Maar die vroue, dokters, verpleegsters, politici, diegene wat die moorde van MY onskuldige siele toejuig sal MY aangesig en MY Gees sien op MY kinders wat as troepe uitgestuur word om te bid. Onthou die mure van Jerigo. Onthou hoe dit nie mensehande was wat die mure van Jerigo afgebreek het nie. So sal dit weer gedoen word en hulle sal nie instaat wees om die aborsieklinieke vinnig genoeg te bou nie. Vertel vir hulle MY Kind en leer hulle.

Daar is nog tyd om te bekeer, maar binnekort sal daar niks meer wees nie. Onthou Sodom en Gomorra dit was nie mensehande wat hierdie vuur en swael gebring het nie, dit het uit die Hemel gereën waar dit opgeberg is en dit sal weer kom. Bose mense, diegene wat hierdie dinge beoefen en soveel erger, julle was gewaarsku. Julle wette kan homoseksuele huwelike wettig maar EK het verklaar dat dit sonde is. Dit is 'n bespotting van die huwelik en wat EK geskape het om Heilig te wees. Dit is nie gewettig in MY oë nie. Pastore, sommige van julle het gedeel in hierdie liefdesfeeste van vreemde vlees. Deur niks te sê nie, het julle deelgeneem daaraan. Staan op, praat, sê vir die heidene om stil te bly in MY Naam. Moenie langer na hulle leuens luister nie. Hulle is agter die kinders aan. Julle is gewaarku, julle eie kinders.

Julle moet NOU BEKEER of anders sal julle ook ly onder dit wat kom en spoedig kom. Julle was gewaarsku. So bekommerd oor julle belastingvrystelling-status maar nie bekommerd oor wat die God waarop julle aanspraak maak om te dien aan julle gaan doen nie, deur nie daarteen te bid nie en om nie MY hand in beweging te bring om dit te stop nie. Weereens behoort daar nooit ‘n kerkdiens afgesluit te word sonder dat gebed uitgaan om hierdie gees te stop wat uitgestuur is om alles wat Heilig is te besmet nie. Die gebede van 'n regverdige mens vermag baie. Louwarm gebede verhoor EK nie en EK verafsku dit. Wees óf warm of koud maar moenie louwarm na MY toe kom nie, want EK sal julle uit MY Mond uitspuug.

Moenie sê julle is MYNE en nie opstaan vir alles wat Heilig is nie of stilbly terwyl julle ander sien opstaan vir Heiligheid en vervolg word terwille van MY, en hulle nie help op enige manier wat julle kan uit vrees om julle belastingvrystelling-status te verloor nie. Julle sal meer verloor as julle belastingvrystelling-status. Julle sal meer as julle lewens verloor. Julle sal julle SIELE verloor. Julle was gewaarsku. Die tyd is nou. Staan op, praat, vertel die heidene om stil te bly in YAHUSHUA se Naam. Een met YAHUSHUA aan hul kant is 'n meerderheid. 'n Miljoen sonder YAHUSHUA aan hulle kant is 'n minderheid. Die tyd is nou.

'n Gebroke erdekruik, maar magtige kryger van YAHUSHUA MESSIAS!

Pastoor Elisheva Eliyahu

*******

Van nou af is ek beveel om die tyd in te skryf. Ek weet nie om watter rede nie. Ek het ook gedurende die skryf van hierdie profesie, Internet verbinding verloor, ek het probeer om weer in te skakel net om uit te vind dat al die telefoonlyne op een of ander manier aangeval is, dit is nou 2 ure en hierdie is nog nie gestuur nie. Dit is 3:37 NM en ek kan nie eens die operateur bereik nie.

Vir ure lank word gesê, "Hierdie lyn is besig!" Dit het nog nooit van tevore gebeur nie. EK bedek hierdie rekenaar en e-pos, met profetiese boodskappe, met die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH by Golgota. In geloof glo ek dat almal, wat die RUACH ha KODESH wil hê moet hierdie boodskap kry, dit sal kry. Die hele aand nie in staat om in te skakel en dit vanaand te stuur nie. Kan nie eers die operateur bereik, of langafstand skakel nie. Iets het in die hemele gebeur terwyl ek hierdie skryf. Slegs plaaslike oproepe gaan deur.

Dit is die eerste keer wat ek ooit aangesê was om die tyd by te voeg. Julle sal sien dat iets gaan gebeur wat ooreenstem met hierdie datum of tyd. Ek weet nie wat nie. Ek vra dat oral, waarheen hierdie Profesie gepubliseer of gestuur word, die volledige bladsy gestuur sal word.

Want daar is 'n rede daarvoor en weereens weet ek dit is YAHUVEH wat my beveel om dit te sê, moenie een woord uitlaat of verander nie, los dit in geheel soos wat ek dit stuur. Duiwel moet woedend wees. Want na alles, word dit dwars-oor die luggolwe gestuur en die Bybel sê satan is prins en het mag oor die luggolwe deur middel van sy owerhede. Maar ek bedek die luggolwe waar hierdie deur beweeg, en die rekenaars met die gestorte Bloed van YAHUSHUA, en ons telefoon dienste en Internet dienste. Die Bloed van YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, is teen jou satan.

En demone, julle kan nie die Bloed kruis nie. In die Naam van YAHUSHUA. Telefoonlyne werk nou om 11:15 NM. Nou kan dit gestuur word. Diegene met ore van die RUACH ha KODESH sal die stem van Ons Almagtige God YAHUVEH hoor, al die ander sal doof bly. In die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH stuur U boodskappe uit na almal wat ons Meester en Skepper se stem sal herken.

Slegs vir U Lof, Eer en Heerlikheid YAHUSHUA, vra ek dit.

Amen.