Profesie 112
Pasop vir die onbekeervolle sondaar, bemoedig die Heiliges wat bekeer & YAHUSHUA gehoorsaam!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 10 Julie 2009 Vrygestel 14 Julie 2009

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Ek het ‘n droom gehad op 9 Julie 2009, en toe ek wakker geword het, het ek begin om YAHUSHUA te Loof en Aanbid en onverwags het YAHUSHUA hierdie Woord voortgespreek. Die droom is geplaas onderaan hierdie Profetiese Woord. Ons vra vir enigiemand wat die uitlegging van hierdie droom het, om ons asseblief te e-pos. Alle uitleggings waarop ons getuies kry, sal op die Bedieningswebwerf geplaas word.

* * * * * * *

Terwyl jy nog slaap giet EK MY LEWENDE WATER oor jou (Jeremia 2:13, Johannes 4:10-14). Jy het hierdie altyd geweet dat die Salwing wat EK vir jou gegee het elektries is. Hoe baie maal in die verlede het mense jou hand vasgehou en hulle hand het lam geword? Wees nou gehoorsaam, skryf neer die droom (Hand 2:17; Hab 2:2) na die beste van jou vermoë want wat jy onthou het is wat EK wou hê jy moes onthou.

En weet net hierdie, diegene wat EK YAHUSHUA se Demon Stompers genoem het, diegene wat EK ook jou geestelike kinders genoem het, roep uit na MY om hul geestelike moeder en mentor, MY Ringmaagd te genees. Jy sê vir hulle terwyl hulle bid vir jou en die ander wat bedien aan jou sy: EK neem hierdie seëninge, EK neem hierdie gebede , EK hou dit dig teen MY hart. Hulle is ‘n soete geur vir MY neusgate (Gen 8:20-21; Ps 141:2, Eseg 20:41; 2 Kor 2:15-16; Filipense 4:18; Open 8:3-4).

Jy wag vir ‘n spesiale dag M’Lady [my lady], dit is nie enige iets [in jou vlees] wat jy kan verhaas nie. En tog sê EK vir jou hierdie, vir elkeen wat hierdie gebede oplig vir jou EK salf jou net meer. EK gee vir jou dinge terug en EK herstel, hoewel [selfs al] is dit nie dit wat jy wou gehad het nie, maar dit verhaas wel die tyd. So getrou is hulle.

En wanneer jy diegene sien wat jy gedink het is getrou en jy sien hulle kan nie meer langs jou sy stap nie (omdat EK hulle verdeel het) – hierdie is vir al die YDS’e waarmee EK nou praat wat MY getroue voorste linie is, die getroue gebedsintersessors, die Heiliges, MY elite mag:

Haal julle oë af van die gevallenes. Gaan voort om nie te treur oor die gevallenes nie – diegene wat begin het in die YDS en hulle hand aan die ploeg geslaan en gesê het, “Hierdie is te moeilik, ek neem my hand van die ploeg af. Die MEESTER verwag te veel. Hierdie is nie soveel pret soos ek gedink het dit sou wees, om getrou te dien aan jou sy nie [Elisheva]! Hierdie is te moeilik. Ek wil hierdie wêreld geniet. Ek wil dinge doen op my manier”.

Hierdie is die gevallenes. Hierdies is diegene wat in die Groot Verdrukking sal wees. (Mattheus 24:21). Hierdies is diegene wat op ‘n ander manier sal ly, maar MY dierbare – EK praat met die getroue YAHUSHUA’s Demon Stompers:

Net soos Moses moeg geword het en iemand moes hê om in staat te wees om sy hande omhoog te hou in die geveg (Eksodus 17:12) – solank as sy hande en sy arms omhoog gehou was omdat hy nie die krag gehad het om hulle alleen omhoog te hou nie – gebruik EK hierdie YAHUSHUA’s Demon Stompers. EK gebruik die gebede rondom hierdie wêreld en gesigte wat jy nie ken nie – die vermiste dele van die Bruid, MY gehoorsame Bruid. Hulle tree in en hulle bid vir jou en tog ken jy nie hulle name nie. Baie van hulle name ken jy nie maar EK gebruik die gebede van hierdie regverdiges, die regverdiges van die voorste linie YDS’e om jou arms op te lig voor die geveg.

[Die geveg] is so swaar – want EK het jou gesalf [Elisheva]. EK het in jou ‘n unieke Salwing deelagtig gemaak en daar is ‘n prys om te betaal vir hierdie Salwing – want jy sien ander kan praat en EK hoor hulle maar jou unieke Salwing is, jy praat en, as jy net maar sal glo, is daar niks wat jy nie sal vra wat EK nie sal antwoord nie. (1 Sam 3:19). En jy sal die antwoord hoor.

EK praat met jou in jou slaap. EK vertel vir jou van hierdie groot Salwing wat EK plaas in jou hande. En EK het keer-op-keer bewys in maniere wat geheim is – selfs anderkant jou greep of begrip.

[MY kinders] wees dankbaar EK forseer jul nie om die kruis te dra wat EK [Elisheva] forseer nie. EK salf julle hande selfs terwyl julle slaap. Sê MY Woord nie, “EK salf jou hande vir oorlog” nie? (Jesaja 45:1, Psalm 89:20-23, 92:9-11).

Kosbare YDS – YAHUSHUA’s Demon Stompers – EK het julle monde gesalf. EK het julle hande gesalf om oorlog te maak, om die vestings af te breek, om die prinse, magte en owerhede te bind van hierdie wêreld (2 Korinthiers 10:4). Wanneer julle net praat, is MY oor geneig tot julle, terwyl julle bid en julle leef in heiligheid, terwyl julle die vyand en die versoekings beveg van hierdie wêreld.

Omdat julle gehoorsaam en julle lief is vir hierdie Bediening & MY Ringmaagd en julle getrou intree vir hulle – hierdie Bediening – sowel as vir Kathrynyah en Adam omdat hulle ‘n span is. Moenie julle posisie onderskat nie. Al die vertalers wat die Heilige Vuur vat en dit omsit in ander tale moenie julle rang onderskat nie. Maar hou aan almal van julle, om nederig te bly voor MY – want elkeen van YAHUSHUA’s Demon Stompers, julle marsjeer in jul eie range. Julle hou jul oë op julle Hemelse prys.

Jy is ‘n Heilige intersessor. En wanneer julle die ander sien val langs die kant, diegene wat nie kan opweeg om MY Heilige Bruid genoem te word nie, haal julle oë af van die gevallenes. Hou julle oë op diegene wat sterk gestaan het ongeag wat gekom het, ongeag die vervolging, die versoeking. EK sê nie julle is volmaak nie; almal van julle is ‘n werk in wording.

Julle sal weet wanneer julle daardie graad bereik want dit sal wees wanneer EK vir [Elisheva] sê, “Kondig dit nou aan”. En EK sal ‘n teken stuur van die Heilige Engele en hulle sal weer na jou toe kom [Elisheva]. Die tyd is nie ver nie (Mattheus 25:6). As EK vir julle te vroeg sou sê en as EK vir julle ‘n datum kon gee, sou julle die fout maak om net te leef vir daardie datum. Die werk sou nie gedoen word nie. Die siele sou nie bereik word nie. Julle sou net aftel. Hierdie is hoekom EK gesê het, “EK sal julle nie laat weet nie totdat dit tyd is vir julle almal om huis toe te kom”.

Dankie Geliefde YAHUSHUA’s Demon Stompers. Dankie vir julle gebede. Terwyl julle bid vir haar en die ander, so ook kom die seëninge oor julself. Terwyl julle hierdie uur afstaan om te fokus op ander, is MY oë ewig op julle. Nie almal is gekwalifiseerd om ‘n Heilige intersessor te wees nie. Diegene wat geval het – dit is omdat hulle nie langer begeer om op te staan en hulle hand te hou aan daardie ploeg nie. Treur nie, maar jubel eerder, want EK het julle nie alleen gelaat nie. Julle is die betekenis van ‘n Heilige familie. Nie net in die goeie tye nie, maar in die slegte tye deel julle mekaar se laste.

En aan al die onsigbares dieselfde seëninge gaan vir hulle. Ja die vyand val erger aan, maar dit is omdat die belonings soveel groter is. Julle stoor nie julle skatte hier op die aarde nie, maar dit is gestoor in die Hemel. (Mattheus 19:21). En [Elisheva], hulle sal staan langs jou sy saam met MY geliefde Adam en Kathrynyah en al diegene wat ‘n seën was vir jou, al diegene wat ‘n seen was vir hierdie Bediening en hulle offers opgeoffer het en gewillig was om vervolg te word (Mattheus 5:11-12) om ‘n landbouer, ‘n tuinier te wees in die oesland van Amightywind Bediening (Mattheus 13:35), (wat behoort aan die Aleph en die Tav en die RUACH ha KODESH). EK vertel vir jou hierdie, hulle sal staan langs jou sy en EK sal hulle bedank, persoonlik een vir een. En jul belonings alles sal mense wees, vergader uit alle lande en nasies, wat in ‘n lang ry staan net wagtend om julle te ontmoet en te sê dankie.

Die van julle wat julself verneder het en jul getuienis toegelaat het om geplaas te word voor die wêreld, julle sal voorgestel word aan diegene wat se lewens verander en gewysig was as gevolg van julle getuienis. Sê MY Woord nie, “Deur MY Bloed en hulle getuienis ...” (Open 12:11) word mense se lewens gewysig en verander – as hulle maar net kan glo EK ‘n beloner van goeie dinge vir diegene wat aanhou om MY te volg.

So treur nie oor die gevallenes nie. Treur vir ‘n rukkie en besef – maar moenie aanhou om te leef in hierdie droefheid nie – want EK moet wys en EK moet bewys wie is waarlik die gehoorsame Bruid. Waarlik sê EK vir julle hierdie, die Heiliges is Heiliger. Maar hulle betaal ‘n prys vir hierdie Heiligheid – net soos diegene wat die pad stap van onheiligheid wat begin het op die regte pad draend aan hulle kruis en dit toe neergegooi en gesê het, “ek gaan nie langer hierdie kruis dra nie. Ek gaan nie langer die rigting volg gegee uit die Hemel nie. Ek gaan nou voort op my eie. Wat YAHUSHUA ha MASHIACH vra is te moeilik.” (Lukas 14:25-27).

Maar julle sien EK sal ‘n ander een stuur langs die pad. En hulle sal daardie kruis sien wat verlaat en neergelê was: die roeping en die werk wat EK georden het. Hulle sal dit optel en hulle sal daardie kruis dra (Markus 8:34). Hulle sal gewillig wees om vervolging en bespotting te ly. Hulle sal gewillig wees om hulle tyd en hulle finansies op te offer. Hulle sal bereid wees om op te offer wat dit ookal is wat EK van hulle eis om op te offer. En die Salwing vir ‘n taak wat neergegooi en verlaat was, sal EK net meer salf. En ja, EK sal meer eis maar eendag in die Hemel, MY Geliefde Skatte, sal julle sien dit is dit alles werd wanneer EK julle persoonlik bedank in julle gesig.

So, EK sê “welgedaan” aan diegene wat MY getroue, gehoorsame Bruid is. EK sê “Welgedaan, maar moet nooit julself toelaat om in trots in te gaan nie”. Want EK weet baie goed hoe om elkeen van julle te verneder so hou julle oë op MY en hou aan om te groei in die Salwing wat EK vir hierdie Bediening gegee het.”

[Einde van Deel 1 van hierdie woord. Hou aan lees vir Deel 2. Moenie Elisheva se gebed oorslaan nie. ]

Elisheva: Dank U, dank U, dank U, dank U. Dank U YAHUSHUA, dank U ABBA YAHUVEH, dank U Geliefde IMMAYAH ons MAMMA RUACH ha KODESH, ons MAMMA WYSHEID, ons MAMMA HEERLIKHEID, ons MAMMA SHKHINYAH.

Dank U, dank U, dank U, dank U, dank U, dank U. Seën al die getroues regoor die wêreld. Seën diegene wie se name ons nie ken nie. Seën diegene wie se name ons ken.

Dank U, dank U, dank U, dank U [vir] die werk in hierdie oesland wat U die Bediening noem.

Dank U, dank U, dank U dat hulle ons name oplig en dank U, dank U, dank U dat die seën terugkom op hulle.

Dank U ABBA YAHUVEH, ons oë is af van die gevallenes nou. Ons treur net maar vir ‘n rukkie. Ons sal ons oë gefokus hou op diegene wat daarna strewe om U te gehoorsaam ABBA YAH.

(Elisheva begin weer bid in Heillige Tale).

Ons aanbid U. Ons aanbid U. Watter prys U ookal eis, ons tel ons kruis op en ons volg U. (Markus 8:34). Ons is, in geloof, waterlopers deur u Naam YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH.

Ons dank U dat U ons groter Salf. Ons dank U vir die Salwing in ons hande. Ons dank U ABBA YAHUVEH, ons Loof U ABBA YAHUVEH vir alles wat U gedoen het en alles wat U gaan doen.

Vir die getroues wat U waarlik gehoorsaam ABBA YAHUVEH, dank ons U. U eise kan swaar wees vir hierdie sterflinge se vlees maar dit is dit alles werd. Elkeen betaal ‘n verskillende prys, diegene wat U volg en U aanbid en U eerste stel in hul lewe en hul liefde, diegene wat strewe om te wees soos ‘n Henog om behaaglik te wees vir U op alle maniere. Hebreërs 11:5).

Dank U geliefde YAHUSHUA MASHIACH, dank U kosbare RUACH ha KODESH ons IMMAYAH.

Wat ons nie kan doen deur die vlees nie, kan ons doen deur die Naam en die Bloed en die Gees binne-in ons alles net as gevolg van U liefde –alles net as gevolg van U Bloed waarin ons gewas word voortdurend 24 uur per dag, alles net as gevolg van die Efesiërs 6 wapenrusting wat nooit, ooit afkom nie.

O Geliefde YAHUSHUA, ons aanbid U. Dank U vir die getroues wat staan aan die kant van die Waarheid. Hierdie Bediening wat U my gebruik het om te baar op hierdie aarde, deur hierdie internet is ongewoon. En net diegene wat geestelike vleis wil eet sal hierdie Waarhede ontvang. En wat ’n prys moet ek betaal, maar YAHUSHUA vergewe my as ek nie sê dit is dit werd elke minuut van die dag nie.

Die leuens, die kwaadsprekers, die vyande wat verrys, diegene wat my eerder sal doodmaak net om my stil te maak, diegene vol jaloesie en hebsug, diegene wat sê,

“Omdat ek nie hierdie GOD kan hoor van my verlossing soos jy doen nie [Elisheva], dan gooi ek net hierdie woorde terug na jou toe want ek kan nie Heilig wandel nie, want my hande is deurweek in sonde, want ek swig voor die versoeking. Wie is jy om te sê dat jy nie kan nie?

So ek haat ek jou met ‘n haat want jy wys hoe smerig ek regtig is. Ek haat jou met ‘n haat – en ek vervloek jou daagliks – waar ek jou eenmaal ‘n vriend genoem het want jy het vir my die pad gewys na Heiligheid en jy het vir my die pad gewys na Waarheid. Maar ek haat jou nou, jou Ringmaagd, want jy wys vir my ‘n Lig uit die Hemel. Jy lei my na ‘n nuwe verhouding met YAHUSHUA MASHIACH. Maar omdat ek die duisternis verkies – omdat die lig my oë verblind – haat ek jou.

Los my uit en laat my leef in duisternis (1 Johannes 3:19). Los my uit Amightywind Bediening. My sondes wil ek nie sien nie. Los my uit. Ja, ek het begin op die regte pad. Ja, ek het probeer om sonde te versaak. Ja, ek het probeer om te lewe vir hierdie YAHUSHUA ha MASHIACH. Maar dit is te moeilik om HOM te volg. Los my uit. Ek wil my sonde hê. Ek brandmerk jou ‘n leuenaar. Jy kan nie ‘n Profeet wees nie want ek is nie een nie. Jy kan nie Heilig wees nie. Hoe kon hierdie God leef binne-in? Ek brandmerk jou as ‘n leuenaar, anders sal ek moet erken ek is die leuenaar. Ek wys my vinger en sê, ‘jy moet ‘n sondaar wees, jy moet net so smerig wees soos ek’. Ek probeer jou oordeel volgens my eie standaarde en ek gee nie om wat jou God sê nie.

So los my uit, Amightywind Bediening. Ek wil nie hoor ek is ongelyk gejuk nie. In plaas daarvan gaan ek jou Bediening brandmerk as ‘n bose grap. Ek gaan nie bekommerd wees om voor YAHUVEH te staan nie want HY is algehele genade en algehele liefde. Weg van my Amightywind Bediening ek wil nie hoor dat ek in Heiligheid moet lewe nie. Ek haat jou [Elisheva]. Ek vervloek jou naam elke dag meer. Ek vergader met die vyand elke dag wat saamsweer om jou lewe dood te maak. O maar ek noem steeds myself ‘n Christen. Wie kan sê ek is nie? Want ek weet wie Jesus Christus is. Ek ken die prys wat HY betaal het by Golgota. En sien, dit is al wat dit verg. Dit maak nie saak of ek Heilig is nie. Dit maak nie saak as ek leef om te sondig nie. Dit maak nie saak dat ek jou en al die waarhede in hierdie Bediening bestraf nie, ek behoort nogsteeds aan HOM.

So, weg van my Amightywind Bediening, ek wil geen deel hê aan jou salwing meer nie. Ek het my hand aan die ploeg geslaan en ek het dit probeer, maar ek wil geen deel meer hê hieraan nie. Waar ek jou eens omhels het as ‘n vriend, ek jou omhels het as familie, ek selfs jou Bediening ondersteun het – ongeag hoe hard jy geskree het en sê, ‘hierdie Bediening behoort nie aan my nie maar dit behoort aan die Hemel’, het ek geglimlag en ek het gesê, ‘dit is steeds jou Bediening’. En ek het selfs saad geplant finansieel. Ek het gereken ek mag dalk ‘n paar seëninge koop as ek gaaf was met jou. Maar niks meer nie, niks meer nie, dit is dit net nie werd nie.

Ek sien hoe die ander rondom my geseënd is en ek word kwaad en ek bal my vuis. Ek sien hoe die getroues, die heiliges, die gehoorsames, die berouvolles wat die pad stap van Heiligheid jou omhels en ek is jaloers vir daardie liefde. Ek is jaloers want ek het nie wat jy het nie. En ek haat jou en ek haat wat hierdie Bediening voortspreek, want dit het die lig daarvan geskyn op my duisternis. En ek wil net wegkruip – wetende ek is nie deel van YAHUSHUA se Bruid is nie want die vereistes is veels te hoog. En diep binne-in my siel weet ek deur die Groot Verdrukking sal ek gaan en die prys sal ek moet betaal, want ek weier om te luister na jou hierdie dag.

So binne-in my hart, weet ek die Waarheid kom voort – maar ek wil geen deel hê aan daardie waarheid nie want ek kan nie die pad wandel wat jy doen nie, die pad wat YAHUSHUA wil hê ek moet neem nie. Ek sou te veel moes prysgee. Ek sou moet erken ek is verkeerd en jy is reg en die GOD van Verlossing spreek waarlik voort uit jou mond. Ek wil hierdie nie erken nie, want as ek doen – en ek hou op om jou te haat – want as ek doen, is ek klaar. Ek sou nie kon verdra om meer na myself te kyk in die spieël nie – om te erken dat jy ryk is in geloof en ek is arm.

So sal ek aanhou om jou te haat. Ek sal voortgaan om hierdie Ringmaagd te vervloek. Ek sal voortgaan om almal te vervloek wat die Waarheid volg, want ek verkies om te leef in my leuen tot die dag wat ek sterf.

So los my uit, jou Ringmaagd. Los my uit, YAHUSHUA. Ek verkies om aan U te dink as net ‘n God van liefde – nie as die EEN wie daardie vyeboom vervloek het wat nie vrugte geproduseer het vir U nie. Los my uit en laat my ore doof bly. Los my uit en laat my oë blind bly. Los my uit en laat ek vervloek en beswadder en lieg en jou einste naam [Elisheva Eliyahu] belaster ek [praat skadelike onwaarhede en beswadder]. En ek bly by jou vyande en ek veg [teen jou] saam met hulle want ten minste aanvaar hulle my vir wie ek is.

So los my uit Amightywind Bediening, nie langer wil ek my sonde sien nie. Ek verkies om die Bybel te glo op die manier wat ek glo. Ek weet in my hart ek sal eendag die prys moet betaal, maar dit is dit werd hierdie dag. Want ek kan nog nie die Hemel sien nie. Ek kan nie uit die Hemel hoor soos jy doen nie en hierdie wêreld rondom my is al wat ek het. So dit is so maklik [Elisheva] om jou te haat (Psalm 37:32). Ek het nog nie die woorde gehoor ‘gaan weg van MY jou werker van ongeregtigheid, EK het jou nooit geken nie’ (Mattheus 7:23). En ek weier om te glo YAHUSHUA sou dit vir my sê. Ek hou nie eens van die Naam wat jy HOM noem nie. Ek noem HOM Jesus Christus want as ek moet erken aan daardie Hebreeuse Naam sal ek moet erken tot my algehele skande.

Jy het vir my geestelike vleis gevoer (1 Korinthiërs 10:3), wel nou spoeg ek dit terug in jou gesig, want dit is maklik om die melk te drink (1 Petrus 2:2, Hebreërs 5:12), maar so moeilik om daardie geestelike vleis in te sluk. Gee my net die melk om te drink, ek kan dit glo. Gee my die God wat net sê, EK is pure liefde, dat ‘EK is genade’. Moet my nie leer van hierdie YAHUVEH van oordeel nie en dieselfde een wat my seën is dieselfde een wat my vervloek nie. Los my net Amightywind Bediening. Moenie meer na my huis toe kom nie. Moenie met my eggenoot of my familie of my vriende praat nie, anders sal hulle my op die ou end verlaat en die regte sondaar wys wat opgesluit is binne-in. En dan sal hulle my verag en hulle sal my vervloek as hulle uitvind dat jy die waarheid vertel het en ek het gelieg. En wat sal dan my einde wees? ‘n Lewe van eensaamheid is al wat ek sal sien”.

[Elisheva se Tale verander en Deel 2 van die Woord gaan voort]

Nou [Elisheva], EK weet jy het gewonder wat in die wêreld, het EK nou net gedoen. EK het vir jou ‘n nuwe Salwing gegee, MY Geliefde Een. Nou hoor jy die woorde van jou vyande. En EK spreek hulle voort – waart hulle sal weet dat EK jou vertel selfs wat hulle sê. Nie net dit nie, terwyl ander na hierdie woorde luister gaan hulle besef hoekom die vyande hierdie leuens vertel.

So [Elisheva], is dit die prys werd om vervolg te word terwille van MY Naam? Want nou het jy nie net die Woorde uit die Hemel gehoor nie, nou ken jy die woorde wat opgesluit is in jou vyande se harte en siele – diegene wat jy eens jou vriende, jou familie genoem het, diegene wat jy eens dogter en seun genoem het. Niks is verborge nie MY dogter, want nou hierdie dag het EK vir jou ‘n nuwe Salwing gegee.

Diegene wat MY waarlik volg en aanbid, diegene wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe sal sê, “Ek wil die waarheid volg wat die pad verlig. Ek is vasbeslote om YAHUSHUA ha MASHIACH te volg. Ek is vasbeslote om nie terug te kyk nie. Ek sal nie soos ‘n Lot se vrou wees nie (Gen 19:15-26).” Hierdie wêreld is vol van Lot se vroue. Die kerke loop oor van hulle, maar [Elisheva], hulle sal kom en hulle sal gaan. Maar op die einde sal EK die gees openbaar binne-in hulle.

En nou sal hierdie Profetiese boodskap weer vertaal word in ander tale. Sommige sal huil en hul gesigte verberg in skaamte en weer bekeer tot MY en jou laat weet die gees binne-in hulle het EK gewys. En hulle sal alles doen wat hulle kan om te bewys “ek is in hierdie Bediening saam met jou, ek sal hierdie Waarhede voort preek”.

En aan diegene wat dit gedoen het, EK sal hulle vergewe en EK sal hulle hand weer salf om aan die ploeg te slaan – as hulle maar net sal erken, “ek het gesondig nou” en besef EK IS geen aannemer van persone nie (Hand 10:34). EK beloon wel diegene wat ywerig soek na MY.
EK is die ALEPH en die TAV. Hou aan om dit te proklameer aan almal – want daar is geen MASHIACH, daar is geen HERE, daar is geen VERLOSSER buiten (behalwe) EK, YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Enig verwekte SEUN van YAHUVEH, en daar is geen weg by die Hemel se poorte behalwe deur MY Bloed en MY Naam nie.

So hou aan om dit voort te spreek, Amightywind Bediening. O Heilige Bruid, kom sluit aan by hul sy en word een. Diegene wat lees van ver af stel julself nie eens voor aan diegene wat arbei in hierdie Bediening nie, maar nou is die tyd op uit te kom. Laat hulle weet julle was daar nog al die tyd, sodat hulle nie alleen voel nie.

‘n Spesiale seën op elkeen wat EK beslis het uit die Hemel – wanneer julle die Heilige Profesieë lees en julle skryf en julle sê, “Ek ontvang hulle” – ‘n seën het julle wat wag op maniere wat julle nie verstaan nie, net deur hierdie bemoediging vir hulle te gee.

Hierdie is die seën wat EK vir jou het hierdie dag [Elisheva] terwyl jy wakker word onwetend - MY lief- EK sou weereens voortspreek. Maar skryf hierdie neer en neem dit op want jy het gehoor uit die Hemel.

So terwyl EK vir jou ‘n woord van bestraffing gee vir ‘n ander een en jy treur. En jy rou terwyl jy nog’n gevallene sien. Haal jou oë van hulle af, en sit jou oë op diegene wat sterk staan. En alhoewel hulle deur die vyand platgeslaan word by tye, roep hulle MY Naam aan en deur MY Bloed rig EK hulle weer op.

Hierdies is diegene wat veg vir die Waarhede wat EK vrystel deur hierdie Bediening – want wat hierdie Bediening verkondig is slegs dit wat EK opgeteken het lank gelede, opgesluit in MY Heilige Woord, opgesluit in die Boeke van Ouds. Hierdies is diegene wat jou omhels en jou liefhet want hulle weet EK is binne-in jou, want hulle weet EK spreek voort uit jou, want hulle bemerk die RUACH ha KODESH binne-in jou.

EK spreek nie net tot jou nou nie, maar EK spreek met elkeen wat bedien aan jou sy. O hoe groot, hoe groot, hoe groot, hoe groot sal julle seëninge wees. Hou net aan, hou aan om MY te volg. En dieselfde belonings wat EK opgeberg het vir MY Ringmaagd en die ganse getroue Bruid met julle eie oë sal julle ook sien – die belonings aan diegene wat MY volg en getrou is aan MY. Julle YAHUSHUA, julle MASHIACH sal julle nooit begewe of verlaat nie. So, haal julle oë af van die gevallenes en hou julle oë op diegene wat MY volg in gehoorsaamheid en in lojaliteit en in opregtheid hulle het MY waarlik lief.

[Einde van Woord]


Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH

10 Julie 2009

Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.

* * * * * * *


Droom 9 Julie 2009

Uitnodiging na die Hemel se Partytjie

Ons was vergader in ‘n vertrek en ek (Elisheva) was in ‘n rooi stoel, daar was nie baie van ons nie net miskien ‘n handvol van ons en daar sou ‘n groot partytjie wees, ‘n groot feesviering en almal was baie opgewonde. Al die mense in die vertrek het geweet dat hulle sou gaan behalwe vir een man en hy was hartseer. Die een man het gesê, “ek sal nie gaan nie. Ek moet hier bly en werk. Ek is nie waardig om na hierdie partytjie toe te gaan nie. Ek wag vir my volgende oproep.” Ek was die een wat vir die ander in die vertrek gesê het dat hulle na die partytjie toe gaan. Ek het na hierdie man gekyk en gesê, “Maar jy gaan partytjie toe. Jy is genooi,” en hy het weer gesê, “Nee ek is nie waardig om te gaan nie.” Die res van die mense het gesê, “Bewys dit, bewys dit Elisheva dat hy na die partytjie toe kom. Slaan jou hande saam en klap 3 maal.”

My hande het op die armleunings van die stoel gerus en ek het gesê, “Julle weet ek wil dit nie doen nie,” maar die mense het aangehou om vir my te sê om my hande 3 maal te klap en hulle het gesê, “YAHUSHUA wil hê jy moet dit doen.” Ek het gesê, “Die Salwing is so sterk.” Toe het ek gekyk na die hartseer gesig van hierdie een man en hy het begin hoop kry in sy oë dat ek my hande 3 maal sou klap. So, ek vat toe my hande en ek het my palms bymekaar gesit. Ek het YAHUSHUA toe hoor sê vir my, “Klap jou hande 3 maal.” So ek klap toe my hande 3 maal baie vinnig en die een man het uitgebreek in ‘n breë glimlag en almal het gejuig en YAHUSHUA geloof want ons almal het toe geweet ons gaan vertrek vir die partytjie en ons gaan hierdie een man nie agterlaat nie.