Profesie 122
“Jy Kan Nie Die Poorte Van Die Hemel Afbreek Nie!” So sê YAHUSHUA HA MASHIACH!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel en Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 21 Februarie 2012 - Vrygestel 5 Januarie 2013

Redakteur se opmerkings: Ons was in gebed rakende ‘n saak ten opsigte van YouTube. Elisheva het die woorde “anti-mashiach” (antichris) onderskei in ‘n Heilige Taal. Sy het gewonder of hy in ‘n droom was wat sy gehad het waarin sy dopgehou was.


* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

deur Profeet Elisheva se “Heilige tale” terwyl GOD se GEES uiting gee (Hand. 2:3-4) aan hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie bring (1 Kor. 14:6)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Loof YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”

ELOHIEM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- word ook hier genoem.

(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID)

Bykomend, ABBA YAH beteken “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifaanhalings vanuit die Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:


Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal ek aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word vir diegene wat spot:


Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag en SY Woorde verag
en met SY Profete gespot, totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
– 2 Kronieke 36:16

Hierdie was opgeneem deur middel van audioband. Hier volg die oorskrywing.

Profesie 122 Begin:

21 Februarie 2012

[Elisheva], hoekom is jy so verbaas? Jy het die aandag gehad van hom [anti-messias, antichris] vir ‘n lang tyd. Wie dink jy is agter die aanvalle?

Hierdie is MY geveg! EK gebruik AmightyWind!

EK gebruik MY spesiale Vegters, MY spesiale Bruid,

-maar almal van julle het ‘n beskerming:

almal van julle dra MY Wapenrusting -

want EK is daar reg, langs jul sy.

YouTube was asof dit 'n smeltoond was, was dit nie? Hoeveel keer het julle gesê, “O, nee, ek weet nie hoe ek gaan oorleef nie,” - terwyl die woorde van haat dreig om julle te verteer.

Maar elke keer het EK vir julle gegee wat dit verg om te oorkóm!

Elke keer rig EK julle weer op!

En EK praat met al diegene wat aangeval was.

Waar julle swak was, maak EK julle sterker!

Waar julle in vrees was, maak EK julle dapperder!

O, MY kleintjies! Moenie die KRAG onderskat wat vir julle gegee was om te veg teen die vyande van jul siel nie!

MY vyande - is julle vyande!

Julle vyande - is MY vyande!

So moenie vrees nie!

Die oorlog wat teen julle gewoed het

-alhoewel dit lyk of dit kom deur mense hande -

is meer as net sterflike mens.

Solank julle doen wat EK vir julle sê om te doen,

Solank julle MY gehoorsaam, sal EK julle veilig hou.

Moenie die krag onderskat van die vyand nie. Maar moenie MY KRAG onderskat nie! Want, EK sal hierdie vyande vernietig!

Dit sal kom op ‘n tyd wat julle nie dink nie. Moenie dom kanse vat nie. Neem alles na MY toe in gebed. Hou daardie onsigbare kragveld gebid rondom julle. Want weer sê EK: julle het die aandag van die anti-messias. Dis later as wat julle dink! Tyd is korter as wat julle dink! Wees net dapper. Moenie dat die vyande julle sien sweet nie.

Sylvester, wil jy weet [wat] die beste video was wat EK jou ooit laat opneem het? Dis jou onlangste video. Toe die vyande gesien het, ten spyte van alles wat hulle aan jou gedoen het, het jy sterk gestaan. En jy is geseënd met 'n geliefde vrou aan jou sy en EK gee vir julle gelag! En hierdie gelag verafsku hulle. Hulle weet daar’s NIKS wat hulle gedoen het om daardie seëninge weg te neem nie. En nou weet hulle ook, waar hulle gedink het daar’s een - sien hulle nou twee.

Want die blydskap- MY blydskap, is julle sterkte!

O, MY lieflinge! Julle begin nie eens om te verstaan nie ewemin kan julle die OMVANG snap van die siele wat julle bereik - die oortuiging wat kom oor hulle terwyl hulle, met traanbevlekte gesigte, hulle wil en hulle lewe oorgee aan MY.

Waarom dink julle het julle die anti-messias se aandag? Want julle doen dit nie net in een taal nie! Een taal is moelik genoeg vir die vyand om te verdra, maar wetende dat hulle jul nie kan snoer of stilmaak nie – en om te weet, julle begeerte is om hierdie wêreld te bereik in al die tale! Dit is hoekom EK julle hier gesit het. En EK gebruik die vyand se eie masjien om dit te doen. O, groot, groot, groot, groot, groot is julle seëninge!

Hou net aan om te staan.

Moet nooit dat die vyand julle sien val in neerlaag nie.

Vat net MY Hand - want MY Krag kan nie eers begin

om vergelyk te word aan enige vrou of man nie.

EK, YAHUSHUA, rig julle op.

EK, YAHUSHUA, vou MY Arms van Liefde om julle.

EK, YAHUSHUA, vee die trane van julle oë af.

En EK, YAHUSHUA, sal diegene doodmaak wat EK verag!

MY Woord lieg nie! Wat die VADER haat, haat EK!

Mense wil die Boek verdeel genaamd Die Bybel. En hulle wil reguleer en sê EK’S net in die Nuwe Testament. Hulle vergeet dat EK IS die BOEK! EK IS DIE WOORD - wat vlees gemaak is! Daar is GEEN verdeling nie! EK was ook in dit wat julle noem die Ou Testament; EK was gespreek van – soos in Daniël.

Daniël het gespreek van MY.

Kyk en julle sal sien.

Hou julle net aan preek wat EK vir julle gee.

Nie alles daarvan het op dowe ore geval nie.

Diegene wat MY skape en lammers is, hulle sal hoor.

Selfs al verstaan hulle nie ALLES wat julle sê nie, herken hulle MY stem. Hulle herken dat die goeie vrug in hierdie Bediening kom uit die Hemel daarbo. Hierdie is die woorde wat EK wil sê vir julle - terwyl julle probeer om ‘n deur af te hamer waarvoor EK nog nie ‘n antwoord wil gee nie.

Rus net in MY. Verfris in MY!

Laat MY toe om MY Liefde in julle te giet - Restorasie.

EK‘S nooit te vroeg nie. EK’S nooit te laat nie.

Jy sal weet wanneer dit tyd is. Jy jou werk gedoen het. Jy na MY geluister het – selfs nou - trek MY GEES jou om te luister en gehoorsaam.

Dis al wat EK vra. Jy doen jou deel en EK doen MYNE. Wanneer EK vir jou sê om voorsorg te tref, selfs wanneer jy sê, “O ek is nie bekommerd daaroor nie. GOD sal beskerm….” - solank as jy MY gehoorsaam…Solank as jy MY gehoorsaam. [d.i. as julle MY gehoorsaam, sal EK julle beskerm]

Hou aan om tot MY te nader. Vra vir MY om met julle te praat in die stilte van die nag. Hou net aan om tot MY te nader. Want GEEN wapen wat teen julle gevorm was is groter as EK IS nie (Jesaja 54:17).

Daar is NIKS wat ek nie kan vernietig nie.

Daar’s GEEN oë wat EK nie kan verblind nie.

Daar’s geen masjien wat EK nie kan vernietig nie.

Hê geloof in MY.

Hê geloof in die legioene van Heilige Engele

wat EK gestasioneer het oral rondom.

MY Kosbare Bruid –

Hê geloof in MY. Moenie twyfel nie.

Moenie twyfel in MY Liefde vir julle nie.

Verdoof julle ore vir die wat skree,

en sê dat julle nie behoort aan MY nie.

Julle preek MY Woord

Julle leef MY Woord.

[Elisheva] EK gee vir jou die instruksie.

Al wat jy doen - is gee hulle déúr.

Jy is nie die OPPER-BEVELVOERDER NIE—EK IS!

Jy gee net die bevele deur wat EK vir jou gee.

Jy is nie verantwoordelik vir wat die mense doen nie!

Jy is nie verantwoordelik as hulle misverstaan nie.

Húlle is verantwoordelik.

-om dit na MY toe te neem en te sê “Help my om te verstaan.”

EK IS GOD ALMAGTIG!

EK en die VADER is EEN!

EK kan in alle plekke wees —en EK IS!

Jy is een vrou—en jy kan nie.

So doen dit wat EK vir jou sê om te doen.

Almal van julle doen dit wat EK vir julle sê om te doen.

EK IS dieselfde YAHUSHUA

wat die vyeboom vervloek het want dit het geweier om vrug te produseer

en dit het verwelk en doodgegaan, voor almal se oë.

EK het nie verander nie: EK beide seën en EK vervloek.

Die vyande wil julle ore verdoof en hulle wil sê, “ ’Jesus Christus’ is net 'n GOD VAN LIEFDE. Ek hoef nie te bekommer om die 10 gebooie te hou nie. Ek weier om te lewe volgens daardie wette. Ek kan lewe enige manier wat ek wil en ek gaan Hemel toe. Julle gaan hel toe - want julle dink dat julle GOD kan behaag, omdat julle ons oordeel – sal ons julle vernietig.”

Hulle skree keer-op-keer-op-keer.

[Nou skree EK, YAHUVEH:]

Boodskap! Boodskap! Boodskap! Aan die hele wêreld nou!

Julle kan nie die Poorte van die Hemel afbreek nie!

Julle kan nie vir MY, YAHUVEH & YAHUSHUA

en die RUACH HA KODESH van ONS Trone afstamp nie!

EK lag vir julle! O, julle pieperige mans en vrouens!

Julle is maar stof —kaf, in die wind,

wat EK kan kies om weg te blaas.

O, julle vyande van AmightyWind Bediening - so baie van julle - EK skud MY kop in walging, want julle sal daar wees - wanneer julle uitroep en julle ‘n rotsstorting wil hê om julle te verberg van die woede van HOM WAT SIT OP DIE TROON en die LAM VAN YAH (Openbaring 6:16). Julle dink net julle weet wat swaarkry is. Julle begin nie eens verstaan nie. As jy 'n vyand is van hierdie Bediening - wat alleenlik MY Woord en Heiligheid preek, wat 'n boodskap het van Johannes die Doper, en soos Elia (Eliyahu) van Ouds- is jy 'n vyand van YAHUVEH, van EK YAHUSHUA, & MY RUACH HA KODESH!

Jy wat sê, “ek sal hierdie Bediening vernietig.” - nee dit is EK wat jóú sal vernietig. Net soos EK daardie vyeboom vervloek het, so ook vervloek EK die vyande van Amightywind Bediening! Want hierdie Bediening is nie van 'n man of 'n vrou nie! Hierdie bediening is gemaak deur MY Eie Hande. Dis nét die SALWING VAN DIE KOSBARE RUACH HA KODESH wat manne en vroue na MY toe trek sodat hulle siele gered kan word, maar EK gebruik hierdie Bediening ook op ‘n manier om die verworpeling te vernietig.

So, MY dierbares wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën - want julle kan die wêreld deur soek en julle sal nie enige vind soos dit nie - EK gee vir julle hierdie Woorde van Bemoediging. Diegene wat julle haat, haat MY. Diegene wat julle probeer vernietig, probeer MY vernietig. En EK en die HEMELSE VADER, julle ABBA YAHUVEH lag vir die beramings van hierdie pieperige mans en vrouens wat stof is – maar [blote] stof is – in ONS Oë. En baie, baie spoedig sal die vyande sien dit is vir julle, julle, hoeveel EK liefhet en dis hulle wat EK soveel verag.

So julle hou aan werk in hierdie oesland. Daar is soveel meer seëninge wat EK het wagtend op julle. Die Bruid van YAHUSHUA herken wie julle is. Die Bruid van YAHUSHUA herken mekaar. Die Bruid van YAHUSHUA - soos n magneet – word na julle toe getrek. Want hulle weet vir hierdie bediening was die Waarheid gegee. Julle is ‘n uitreiking na beide Jood & Heiden. Julle is soos geen ander georganiseerde kerk nie. Julle is soos die eerste Apostels toe hulle saam vergader het - en tekens, wonders en wonderwerke volg, diegene wat gehoorsaam is aan MY.

So hierdie is wat EK wil doen hierdie dag.

EK wil vir julle 'n Woord gee van Troos

- wanneer julle dit die minste verwag-

EK wil diegene oprig wat so neergegooi was.

EK wil die trane afdroog in julle oë.

EK wil al diegene restoreer wat restorasie nodig het.

EK wil vir julle dapperheid gee waar julle vrees geken het.

EK wil julle herinner dat EK IS hier.

EK IS nader as julle volgende asemteug. MY GEES leef in julle

En, o, hoe lief het EK julle!

So hou net aan om styf vas te hou aan die Soom van MY Kleed. Moenie laatlos nie! Want EK sal julle nie verlaat of versaak nie. EK weet wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Wêreld…EK weet wie se name bly! En hierdies is diegene met wie EK praat hierdie dag. As jy hierdie Woord ontvang as ‘n seën van MY, weet dat jou naam daar is. Dit was NIE uitgewis nie.

As jy hierdie Woord ontvang as ‘n vervloeking - net om te spot en lag - weet dit, EK het jou nooit geken nie! EK gee nie om hoe jy MY Woorde aanhaal nie. EK gee nie om hoe jy skree nie. EK sê vir jou dit, as jy hierdie Woorde ontvang, as 'n vervloeking, as jy hierdie Bediening ontvang, as ‘n vervloeking, as jy nie bekeer en goedmaak wat jy gedoen het nie - wees verseker, EK ken jou nie.

Elisheva: Is U seker U wil hê ek moet dit sê? Ek bedek my lippe met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. ABBA YAHUVEH, as dit nie U is nie – as dit nie U is nie, YAHUSHUA, moet dit dan nie laat voortkom nie.

SPREEK DIT! EK BEVEEL JOU SPREEK DIT VOORT!

EK sê hierdie hard en EK sê hierdie duidelik!

Diegene wat nie bekeer nie, diegene wat nie die bose woorde goedmaak wat hulle gespreek het teen hierdie ALEPH & TAV, AMIGHTYWIND, RUACH HA KODESH, HEILIGE VUUR Bediening nie - wat liefdevol genoem word “AmightyWind of AlmightyWind” - EK sê vir jou dit - EK gaan dit herhaal weereens. Want MY Profeet, jy het probeer om MY stil te maak en die woorde te sensor wat EK sou sê, so EK sal dit weer herhaal – diegene wat kyk na hierdie Bediening en dit haat en die Woorde haat wat voortkom, EK ken jou NIE eens nie!

JY IS SOOS ‘n ONEGTE KIND!!! – eisend dat, soos [asof] 'n “erfgenaam” sê, jy het ‘n reg op die erfporsie. Maar EK sê vir jou dit - diegene wat weier om te bekeer, diegene wat weier om die gesproke bose woorde en die bose dade goed te maak, diegene wat die Tien Gebooie gevat het en dit verpletter het teen die grond en sê, “Ons hoef nie te gehoorsaam nie. Ons hoef nie Heilig te leef nie. Maak stil daardie Profeet. Maak dood daardie Profeet!” - EK sê vir jou hierdie:

EK ken jou nie!

JY IS 'N ONEGTE KIND!‼!!!!

Jy sal jou erfdeel kry;

En dit sal die vlamme van die hel wees!

Jy wat sê, “daar is geen hel nie.”

Jy haat hierdie Bediening want dit preek daar is 'n hel.

Jy haat hierdie Bediening want dit waarsku dat

Deuteronomium 28 vloeke steeds staan – vir diegene wat rebelleer

en weier om te bekeer -

Jy sal jou erfdeel ontvang,

EN DIS DIE POEL VAN VUUR VIR JOU!

Net omdat jy ontken daar’s 'n hel

maak dit [jou ontkenning] nie reëel nie!

O daar’s die Hemel om te verwerf!

O daar’s 'n hel om te vermy en vrees!

O EK beide seën EN EK vervloek

net so seker as EK daardie vyeboom vervloek het!

So hierdie is wat EK te sê het: dit is jou keuse om aangeneem te word - of om verwerp te word as 'n onegte kind! En die duiwel is daar om die onegte kinders te eis. Dit is jou keuse.

Maar MY skape ken MY Stem. MY lammers ken MY Stem.

En hulle sal kom na geen ander Herder toe nie.

En hulle weet dat EK diegene tugtig wat EK liefhet (Spreuke 3:12)

En hulle bedank MY daarvoor.

Hierdies is MY geliefde kinders.

Hierdies is die kinders van die VADER.

Hierdies is diegene wat

gevul is met die RUACH HA KODESH, SOETE HEILIGE GEES.

EK vertroos julle met hierdie woorde. Julle is MYNE!

En EK beskerm ALLES wat MYNE is.

EK deel wat EK het met julle.

En EK bemagtig julle. En EK praat met julle.

As julle nie MY Stem kan hoor soos [Elisheva] nou hoor nie, het EK ander maniere om met julle te praat. Nader net tot MY want EK sê vir julle die Salwings gaan net sterker word in diegene wat MY waarlik gehoorsaam en volg - en (wie) veg vir die standaard van Heiligheid en alles bestraf wat onheilig is.

Die salwing gaan net sterker word.

Hierdie is MY Erfdeel vir julle.

Die Heilige Engele wat wag staan en julle beskerm,

Hierdie is MY Erfdeel vir julle.

EK gee dit vir julle, want EK het julle lief.


Einde van Profesie


Elisheva: [asem in] Dis dit! [Hulle] het hier ingehardloop met die kasset opnemer…

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

aan Apostel Elisheva Eliyahu

Offensief vir meeste, en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid van

YAHUSHUA ha MASHIACH/’JESUS CHRISTUS’

Lukas 6:46

En wat noem julle MY: Meester, Meester! en doen nie wat EK sê nie?

Johannes 14:15

As julle MY liefhet, bewaar MY Gebooie.

2 Timotheus 3:5

Mense wat 'n gedaante van toewyding het, maar die KRAG daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Markus 11:12-14

En die volgende dag, onderwyl hulle uit bet-anyah gaan, het HY honger gehad; en toe HY op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het HY daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe HY daarby kom, vind HY niks as blare nie, want dit was nie tyd van vye nie. En YAHUSHUA praat en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En SY dissipels het dit gehoor.

Mattheus 25: 1-13
1 Dan sal die Koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die BRUIDEGOM te ontmoet.
2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
5 En terwyl die BRUIDEGOM talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
6 En middernag was daar 'n geroep: Kyk die BRUIDEGOM; gaan uit HOM tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die BRUIDEGOM gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: MENEER, MENEER, maak vir ons oop!
12 Maar HY antwoord en sê: Amein EK sê vir julle, EK ken julle nie. 13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie

Deuteronomium 32:39-43
39 Aanskou nou dat dit EK IS en dat daar GEEN ELOHIEM naas MY is nie; EK maak dood en maak lewend, EK het verbrysel en EK genees; en daar is niemand wat uit MY Hand red nie.
40 Want EK sal MY Hand na die Hemel ophef en sê: So waar as EK ewig LEEF –
41 As EK MY glinsterende Swaard skerp gemaak het en MY Hand na die Strafmaatreël gryp, sal EK wraak oefen op MY teëstanders en MY haters vergeld.
42 EK sal MY pyle dronk maak van bloed, en MY Swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.
43 Jubel, O nasies, oor SY Volk, want HY sal die bloed van SY Knegte wreek, en HY sal wraak oefen op SY teëstanders en versoening doen vir SY land en SY Volk.

Deut. 4:24

Want YAHWEH jou ELOHIEM is 'n Verterende Vuur, 'n Jaloerse EL.

Job 4:8-9

Ooreenkomstig ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, daardie een maai dit. 9 Deur die Asem van ELOHA kom hulle om, en deur die Geblaas van SY Toorn word hulle vernietig.