Profesie 125

GOD Se Toorn Vir Hierdie Wêreld Staan Op Die Punt Om Gestuur Te Word!

“Doen Geen Skade aan MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Uitgesoektes nie!”
Geskryf/Gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 12 April --- Vrygestel 12 Julie 2016

Hierdie is die eerste Profesie lewendig en aktueel soos dit voortgekom het — met beide Profeet Ezra van Israel en Elisheva Eliyahu teenwoordig. YAHUVEH GOD salf hom kragtig om haar te beskerm en te bedek, en die Salwing aan te wakker om te Profeteer.

Die volgende sluit hulle geseënde, gesalfde gesprek in, op 12 April 2016, wat lei tot vurige Heilge tale teen YAH se vyande, en Profesie 126 wat voortkom. Die gesprek wys dat Profete inderdaad ook normale mense is met 'n sin vir humor!

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het met Profete Ezra en Elisheva se “Heilige tale” terwyl GOD se GEES uiting gee (Hand 2:3) van Hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie voortbring (1 Kor.13:1). Ezra begin met gebed in intersessor tale (Rom 8:26-27; 1 Kor.14:15).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD

soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH”

Wat letterlik beteken: “Loof YAH”

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN

HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”

ELOHIEM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID’ – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH. In Afrikaans genoem “Die Heilige Gees”- word ook hier genoem.

(HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID)

Bykomend beteken ABBA YAH “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH”

Skrifgedeeltes kom uit Woord en Getuienis Bybel vertaling tensy anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:


Elisheva, EK het jou lank gelede gewaarsku
om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan het deur jou hande tot stand gekom nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH dat geboorte gegee was.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHWEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal ek aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jesaja 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word vir diegene wat spot:


“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
– 2 Kronieke 36:16

Asook die volgende in Julie 2016:
Wee enige iemand wat dit waag om hierdie twee Gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore was. Moet MY gesalfdes nie aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou gewees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong sou uitskeur!

(Profesie 128)

Toe in Julie 2016:

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle – al diegene wat kom teen hierdie Bediening EN PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Bedienaars van AmightyWind Bediening - ek waarsku julle nou: ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) sodat die Toorn van YAH se Roede op julle sal neerkom nie. Maar vir diegene wat geseënd is en ‘n seën is vir hierdie Bediening en getroues, en wie die Profesieë ontvang, baie seën sal oor julle kom – alles om dít te beskerm wat behoort aan YAH, in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Agtergrond:
Elisheva was onder sulke geestelike aanval, vervolging en mishandeling, sy het nie geweet of sy ooit weer sou profeteer nie. Dit het hierdie gesalfde Profeet geverg uit Israel, opgerig deur YAHUVEH GOD, om die verflenterde vlerke heel te maak en te genees van hierdie skoenlapper Elisheva en haar los te laat in die geestesrealm– alles in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Aanskou hoe YAHUVEH alreeds 2 Salwings bymekaar gebring het as een. Aanskou hoe die Salwing vloei tussen hulle. Aanskou die liefde wat YAHUSHUA hulle gegee het vir mekaar.

Ons vra om verskoning vir enige moeite om Elisheva se stem te hoor op die opname/video. Die Profesie begin na 7 minute.

Elisheva: Hierdie video is die eerste lewendige en aktuele Profesie wat ek ontvang het saam met Apostel Ezra van Israel op 12 April 2016. Min het ons geweet dat binne 2 maande gedurende Shavu'ot/Pinkster 12 Junie 2016, ons liefde sou aanhou om te blom en groei tot sulke nuwe hoogtes en dat my geliefde Ezra aangekondig sou word as die nuwe mede-leier van AmightyWind Bediening op die dag toe ons ons liefde geproklameer het vir mekaar voor die wêreld. [SKAKELS KOM].

Hy is nou die manlike bedekking van die Bediening en my, en my ware sielsgenoot, die liefde van my lewe. Hy het die plek oorgevat van 'n verworpeling wat nou niks is nie behalwe vir 'n vervloë herinnering. Ezra wandel in die mantel van ‘n Apostel en Profeet en skram nooit weg van goeie ouderwetse harde werk vir die Koninkryk van die Hemel of van die Salwing nie!

Ons is nou gelyk gejuk in leierskap en liefde, waar daar voorheen net 'n illusie was van ‘n manlike mede-leier. Beide ek en Ezra plaas die HEILIGE DRIE-EENHEID eerste bo alles. Ons bedank almal wat die nuwe leierskap aankondiging ondersteun het.

Vandag, 3 maande nadat dit ontvang was op 12 April 2016, word Profesie 126 nou vrygestel op 12 Julie 2016.

Op 7 Maart 2016 op wat ek gedink het sou die swartste dag van my lewe wees, was instede die eerste dag wat ek die eerste keer met Ezra gepraat het. GOD ALMAGTIG sê dat ons verhouding gegroei het in hierdie 4 maande waar dit ander meer as 4 jaar vat, en hierdie is net die begin! Ons moet wonder wat YAH volgende gaan doen?

Hierdie Profesie was opgeneem deur middel van audio. Hier is die oorskrywing.

[ Ezra bid in Heilige tale... ]

Kathrynyah: Okay...

Ezra: Hallo, Hallo.

Kathrynyah: Ek is veronderstel om vir haar [Elisheva] te sê wat jy aanhet.

Ezra: O my…

Kathrynyah: [Lag] O my...

Ezra: Laat ek dan my klere aantrek.

Kathynyah: Hy sê “laat ek dan my klere aantrek” - hy is regtig snaaks.

[Gelag]

Kathrynyah: Hy het 'n blou T-hemp aan.

Elisheva: O, ek wou geweet het hoe hy lyk in blou gister!

Kathrynyah: Donker blou wat sê “U.S.A.”

Elisheva: Jy moes my in die gees gehoor het want ek het net gewonder … onthou gister? Ek het gesê “Ek wonder hoe hy lyk in blou?”

Kathrynyah: En daarsy. Hy dra nou blou. So, daarsy.

Elisheva: Ek weet, so jy sal vir hom moet vertel ek het so gesê wanneer hy terugkom.

Kathrynyah: Hy’s hier. Hy het jou gehoor.

Elisheva: Wel ek kan hom nie hoor nie. Praat met my.

Kathrynyah: Ag! Ek het nou net my foon laat val! [Lag]

Ezra: Ek, ek- ek probeer om nie te onderbreek nie – elke keer wat ek jou hoor.

[ Kathrynyah lag]

Elisheva: En ek probeer hierdie kant om vir haar te sê, “Nee. sms vir Ezra. Ek het gebed nodig."

Kathrynyah: Ek het!

Elisheva: Dit was soos, “Ek kan nie met hom praat nie. Ek het nie 'n stem nie!”

Ezra: Ja..

Elisheva: En terwyl ek jou epos gelees het, het my stem teruggekom reg voor Kathrynyah!

Kathrynyah: Terwyl sy jou epos gelees het het haar stem teruggekom.

Ezra: Wat ek vir jou geskryf het - Ek het in die epos genoem – Ek het dit nooit gedeel met enigiemand nie, totdat die HERE vir jou geopenbaar het dat jou gees vermeng is met my gees en as dit dieselfde gees is, is dit dieselfde gees.

Elisheva: Jy is kosbaar. Dit is al wat ek kan sê. Jy is nie net kosbaar vir YAH nie, jy is kosbaar vir my ook. OKay?

Ezra: Dankie, dankie. So is jy.

Kathrynyah: [Herhaal] So is jy.

Elisheva: Die enigste ding is, toe jy jou skoenlapper losgelaat het daar anderkant het sy regtig toiingrige vlerke nou - uhm, deur geloof glo ek ek sal vlieg...hoe klink dit?

Ezra: Ja, Ek....ek het eintlik...ek het jou eintlik voorgestel - ek het jou ....ek het daardie skoenlapper in my hande gesit. Ek het eintlik - jy sal dit sien die video [wat ek vir jou gemaak het].

Ek het die skoenlapper in my hande gesit en het verbind [gelap] - die (gebreekte) vlerke aanmekaar gelap, en toe blaas ek– (Maak blaasgeluid) – ‘n sagte briesie, vir jou om die wind op te vang en te vlieg en — ek het jou losgelaat.

Kathrynyah: Dit is so pragtig.

Elisheva: So kosbaar. Het jy oor my foto ook gebid?

Kathrynyah: Het jy oor haar foto ook gebid?

Ezra: Ja, ek sien jou foto die heeltyd.

Elisheva: Watter foto het jy gekies?

Kathrynyah: Watter een?

Ezra: Die een wat sy laaste vir my gestuur het, die onlangse een.

Elisheva: Nou het ek 'n man wat lewe oor my spreek en my loslaat om te vlieg. [Lag vrolik]

Ezra: Dis reg.

[ Elisheva lag vrolik]

Ezra: Het die HERE nie in die Profesie vir ons gesê “Ezra leer haar hoe om te vlieg" nie?

Elisheva: Ja, ja.

Kathrynyah: Dankie vir jou gebede geliefde broer. Dankie dat jy daar was, net soos dit.

Ezra: Ek vertel julle, ek was veronderstel om uit te wees vandag en alles was vertraag en ek kon nie gaan nie.

Kathrynyah: O! wow, GOD het hom vertraag. Hy kon nie gaan nie so hy was beskikbaar om hier te bid.

Elisheva: Wel, ek loof U ABBA YAHUVEH daarvoor want ek het jou nodig gehad (Ez{ra}, ek het jou nodig gehad [om te bid]!

Elisheva: Ja HEMELSE VADER, wie is die een wat daardie vloek gestuur het VADER? [Na Ezra toe] Sal julle, sal julle net bid in die GEES asseblief?

Ezra: Ja.

[ Kathrynyah bind die duiwel in YAHUSHUA se NAAM & Ezra bid in Heilige tale... ]

Elisheva: Ons wag net vir U ABBA YAH om die Woord voort te spreek nou in Engels deur geliefde, U geliefde Ezra. Jy is kosbaar Ezra. Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê YAHUSHUA? Wat is dit wat U wil sê IMMAYAH?

ABBA YAHUVEH soos U ‘n Woord uitgespreek het, [spreek weer] deur hierdie lippe van klei, van my - en U het hulle gesalf – en hulle was U Woorde ABBA YAHUVEH, die SKEPPER van alle dinge.

VADER wat is dit wat U wil hê ons moet weet? Wat is dit ABBA YAH?

[Elisheva bid in Heilige tale en raak al vuriger, vol van YAH se Drif totdat YAH spreek deur haar]

Elisheva: Heilig, Heilig, Heilig, Heilig... O my! HY is so smoorkwaad!

Profesie 126 Begin:
12 April 2016


Raak nie MY Profete aan nie! Raak nie MY Gesalfdes aan nie en doen ook nie MY Profete skade aan nie (1 Kron. 16:22; Ps. 105:15)! Hy (Paul Hellem) het MY Drif laat ontvlam!

MOENIE MY BRUID SKADE AANDOEN NIE – EK MISHANDEL NIE MY BRUID NIE!

WEE enige iemand wat die hare aanraak van die hoof van MY BRUID! Weet julle nie? Dit is MY Toorn, MY Raserny, My Drif wat die hel aan die brand hou! Hierdie dag het die vlamme net warmer geword! Moenie skade aanrig aan MY Babas, Bruid, MY Uitverkorenes & Uitgesoektes nie!

WEE hierdie wêreld! Om boos te noem wat EK Heilig noem! WEE vir HIERDIE WÊRELD Wee! Wee! Wee! Dit gaan nie meer lank wees nou nie. Hierdie wêreld gaan MY Drif voel! En dit gaan nie net die Voetstamping wees van ABBA YAHUVEH nie — maar dit sal wees EK, YAHUSHUA & IMMAYAH!

Hou op toets! Hou op om MY Geduld te toets! — hoe vêr julle kan oorleun oor die hel en nie inval nie – HOU OP OM MY TE TOETS!

EK spreek nie hierdie waarskuwing tot MY kosbare Babas, Bruid, Uitverkorenes en Uitgesoektes — diegene wat gewas is in die GESTORTE BLOED, diegene wat MY GESKENK ontvang by Golgota nie. Julle! Julle! Julle! Omhels EK! Julle het niks te vrees nie.

EK praat met die vyande – die verworpelinge (2 Tim. 3:8; Titus 1:16) die gebroedsel van satan. Ek praat met die “louwarme” (Op. 3:16) wat hulself ”Christen” noem, maar selfs die Naam BESMET van CHRISTUS.

2 Timotius 3:8:

..so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

Titus 1:16

Hulle bely dat hulle GOD ken, maar hulle verloën HOM deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Openbaring 3:16
Maar nou, omdat jy lou is sal EK jou uit MY Mond spuug.

Julle vat MY Tien Gebooie en julle rol hulle op in 'n bal en sê, “Hierdie is net gemors. Dit was alles volbring by die Kruis van Golgota. Jy sien my siel sal nie verlore wees nie. HY het die prys betaal! Nou kan ek sondig soveel ek wil. Daar is geen reëls nie. YAHUSHUA vir wie ons 'Jesus Christus' noem is algehele liefde. Hy is algehele liefde! Hy sal ons nie in die hel werp nie!'

O! O o o, julle dwase, dwase mense!

Daar is 'n prys om te betaal — vir al diegene wat die BLOED VAN YAHUSHUA vertrap onder julle voete. Daar is 'n prys om te betaal — vir die vloeke, vir die haat, vir die leuens en beswaddering wat julle gestuur het vir hierdie Profeet in AmightyWind se rigting. Daar is 'n prys om te betaal! Julle beter bekeer!

Vir sommige van julle is dit te laat. Julle sal hierdie boodskap hoor en julle sal net meer haat terugstuur na haar toe!

MAAR EK HET 'N PROFEET! En sy sal dit onverskrokke voortspreek! So, julle kan nie sê julle was nie gewaarsku nie! My ware Profete sal voortspreek. Julle sal hulle nie snoer nie.

En Ezra, EK het jou na vore geroep. Jy sal ook MY Woorde neem. En waar jy voorheen net nederig weggedraai het met trane in jou oë, SAL EK VUUR DAAR SIT! — waar dit nie voorheen was nie.

Want EK het hierdie twee Salwings bymekaargevoeg. En niemand gaan dit uitmekaar skeur nie! En dit maak nie saak of enige iemand verstaan nie. EK weet wat EK ingesit het in hierdie vrou en hierdie man.

Julle spreek net MY Woorde voort. Dis al waarvoor julle verantwoordelik is om te doen. Julle is nie verantwoordelik [vir] wat hulle doen met hulle nie! Julle spreek net MY Woorde voort – wat in die Profesieë is, wat opgesluit is in die Boek [“Secrets of the HOLY SPIRIT (RUACH HA KODESH)”]

Diegene met ware oë om te sien, sal die Waarhede ontsluit in daardie Boek - deur IMMAYAH. SY sal die Wysheid gee. SY sal die Openbaring gee vir al diegene wat soek en begeer om te hoor van MY.

EK IS WIE EK IS!

En EK vra om verskoning vir geen man of vrou nie!

Dit sal gedoen word op MY manier!

En EK waarsku hierdie aarde!

Vir julle rebellie,
gaan julle betaal.

Diegene wat die Woorde ontvang van die Waarheid van hierdie Bediening – is apart gestel - sal beskerm en geseën word. Want julle sien dis nie 'n vrou of 'n man se woorde nie. Maar hulle is uit die Hemel gestuur!

Wees gewaarsku vir elke vloek, elke towerspreuk, elke ritueel, elke demoon wat julle probeer stuur het — wees gewaarsku julle wat die okkulte beoefen — 'n miljoenvoudig terug na JULLE toe sal dit gestuur word! EK het gesê 'n miljoenvoudig terug na JULLE toe sal dit gestuur word! Maar dit sal nie net op hierdie aarde wees nie, dit sal in die hel wees—hel gekombineer met die Poel van Vuur!

Dit is beter jy bedek jou mond—dit is beter jy hardloop in die ander rigting as jy nie van die Woorde hou wat EK sê nie!

O! O! O! O! O! Vir MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Uitgesoektes! O! O! O! Vir My Bruid, MY kosbare, kosbare, pragtige Bruid - dit sal nie lank wees voor EK, YAHUSHUA, julle trek tot aan MY sy nie. Hou styf vas aan die Soom van MY Kleed!

HOU STYF VAS EN MOET JULLE NIE WAAG OM TE LAATLOS NIE!


Somtyds sal julle dink julle sal met MY moet stoei vir seëninge maar dit help net julle geloof om te groei! EK sal julle nie verlaat nie, EK sal julle nie versaak nie! Roep net uit in MY NAAM! Want EK het julle lief met 'n liefde wat julle nie eers kan begin om te verstaan nie! En julle belonings wag vir julle net hier in die Hemel!

Kathrynyah: Loof YAHUSHUA!

Profesie gaan voort:

O EK HET JULLE LIEF! EK HET JULLE LIEF! EK HET JULLE LIEF! EK HET JULLE LIEF! Julle was die rede waaroor EK Golgota toe gegaan het sodat julle kan terugkeer na MY toe! Al diegene—waarmee EK praat nou—in die LAM se Boek van Lewe, julle was die rede waaroor EK Golgota toe gegaan het!

En geen goeie ding sal EK weerhou van julle nie — as julle net styf vashou en nie terugdraai nie — EK begeer om julle te seën!

En julle wat arbei in die oesland, julle wat arbei by AmightyWind — HOU STYF VAS! Moet julle nie durf laatlos nie! Want julle doen 'n werk van liefde vir ABBA YAHUVEH, EK YAHUSHUA, & IMMAYAH.

En EK IS so so so behaag met die gebeds-intersessors, “YAHUSHUA SE demon stompers.” En daar is meer as net diegene wat die name geken word. Want hulle is versprei oral oor die wêreld — 500,000 vegters op daardie muur, net soos EK geprofeteer het lank gelede! En hulle is die sterk vegters! In alle stamme en tale!

Want die mond-tot-mond het hierdie Bediening gevat regoor die wêreld en dit sal selfs meer wees terwyl die dae vorentoe — julle meer mense bereik wat julle nie instaat was om te bereik voorheen nie!

Want die BRUID VAN ISRAEL roep uit! Daar’s 'n BRUID IN LIBANON. Daar’s 'n Bruid! Daar’s 'n Bruid! Daar’s 'n Bruid — wat uitroep na MY, wat Heilig wandel voor MY in meer plekke rondom hierdie wêreld — en sommiges het julle nog nie eens bereik wat wag vir julle nie.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het terwyl, Ezra, jy die nuwe Profesie aangewakker het hierdie dag. Hierdie is die rede hoekom die duiwel probeer het om hierdie Profeet dood te maak hierdie dag — hy wou nie gehad het hierdie Profesie moes voortkom uit MY dogter se lippe nie — MY Ringmaagd.

So Ezra, Jy hou aan doen wat jy geroep is om te doen.

Want nou is daar nie net een nie, maar daar’s twee.

En daar's meer oppad!

Daar’s die Hebreeuse vertalers! Julle hou julle oë soekend na hulle. Want hierdie Boek is bedoel om in die Hebreeuse taal te wees, net soos EK geprofeteer het dit sou wees in die Asiatiese taal.

Julle hou julle oë oop vir al diegene wat hierdie Boek ontvang as Waarheid in Israel, al diegene wat die Hebreeuse taal kan voortspreek en die Engels/e [taal] goed ken. Hulle sal staan aan jou sy. Hulle sal geëerd wees om jou te help. EK roep’le [hulle] na vore hierdie dag.

EK ken reeds julle name. EK spreek dit in die geestesrealm in en EK roep julle na vore.

Welgedaan, welgedaan, welgedaan MY getroue dogter! Welgedaan, welgedaan MY getroue seun!

Julle bly net op daardie pad. Julle bly op daardie koers. Want 'n nuwe avontuur het pas begin. Julle hou aan uitroep tot MY. Julle hou aan vra vir daardie Wysheid! En EK sal getrou lei, salf en meer Wysheid gee vir julle vrylik.

Maar wee, wee, wee, wee, WEE julle vyande! EK stel julle in kennis vyande. Wee, wee, wee, wee almal wat staan teen MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Uitgesoektes!

En vir alle ander wat hierdie hoor en sê, “O! Ek wil nie YAH se vyand wees nie,”

dan beter julle vinnig bekeer!

Want MY TOORN vir hierdie wêreld is op die punt om gestuur te word!

Julle beter op julle knieë kom en uitroep tot YAHUSHUA voor dit te laat is! Bekeer! Bekeer! Bekeer! Aanvaar SY GESKENK by Golgota sodat die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA – [HY] julle MASHIACH kan wees — en julle sal beskerm en vergewe en verlos.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het, terwyl die duiwel raas in verwoedheid pogend om hierdie Profeet stil te maak weereens. Instede, laat EK haar net harder skree! Julle kan nie MY Profete stilmaak nie.

O vyande van MY, onthou hierdie!

'n Profeet is MY vriend! Wat julle ookal doen aan hulle, is dit asof julle gedoen het aan MY!

En EK IS YAHUVEH!

Hierdie dag het julle nie net gehoor van MY, ABBA YAHUVEH nie, maar julle het gehoor van MY SEUN, YAHUSHUA! Nou wat gaan julle doen met die Woorde wat EK tot julle gespreek het? Alles voortgespreek as gevolg van IMMAYAH. Wat gaan julle doen?

Want nou word julle aanspreeklik gehou vir die Woorde wat voortgespreek was.

Einde van die Woord.

Elisheva: [neem ‘n diep asemteug] Dit is al.

Kathrynyah: Loof YAHUVEH! Loof YAHUSHUA! Loof IMMAYAH!

Ezra: Dankie! Amen!

[Elisheva lag]

Kathrynyah: Dankie VADER!

Elisheva: Jy beter gekry het— dit gehoor het — Ezra, het jy?

Ezra: Wat het jy gesê?

Kathrynyah: Het jy dit gehoor?

Ezra: Ja. [Lag]

Kathrynyah: Ja.

Ezra: [Lag] Loof GOD.

Elisheva: [Lag] VADER, ek dank U net en EK loof U iets regtig groots het gebeur vandag. Wow, hierdie is 'n nuwe Profesie. 12 April 2016. Hierdie is 'n nuwe Profesie.

Kathrynyah: Loof YAHUVEH! Loof YAHUSHUA! Loof IMMAYAH!

Elisheva: En dit alles omdat 'n man gekom het—wie nou in Israel is.

Kathrynyah: [Herhaal] Alles omdat 'n man gekom het—wie nou in Israel is.

Ezra: Wow, ongelooflik. Ongelooflik!

Elisheva: Julle sien ek hoor — ek kan nie verduidelik hoe hierdie gawe werk nie. Ek kan dit nie verduidelik nie. Dit is net....soms sal HY... Daar is net so baie wat na my toe kom op een slag. Daar is geen manier om dit te verduidelik nie.

Maar Ezra het die Salwing aangewakker — en ons het gewag en ons het gewag en ons het gewag vir 'n Woord om na vore te kom. Hy het gespreek in Heilige tale, [ons] het voor die Troon gegaan en ek het gesê “Wat is dit wat U [YAHUVEH] wil sê?” En ons het gewag en ons het gewag en hy [Ezra] bid weer in tale.

En dan wag ons....en ek het gesê [in my gedagtes], “O my, gaan daar geen Woord wees wat U te sê het nie?” En U is die EEN wie vir my gesê het om te bid, vir my gesê het om hom [Ezra, in tale] te laat bid - en natuurlik, weet ons hoe dit gebeur het -

Ek het net nie ‘n idee gehad nie, soos gewoonlik. En dan toe HY gepraat het, was HY so woedend...

Ezra: Ja.

Elisheva:... vir die een [Paul Hellem] vandag wat my so erg seergemaak het. En uhm...

Ezra: Wow.

Elisheva: Ek wil net hierdie op rekord sit. Ja. Wee ons vyande.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: Dit is al.

Ezra: Amen.

Elisheva: Wee daardies.....

Ezra: Wow.

Elisheva: Julle gaan antwoord vir elke woord wat julle gesê het. Julle gaan antwoord voor die GOD VAN DIE SKEPPING. Julle ken my nie. Julle weet niks van my af nie. En nogtans het julle die mees...julle het my gesig gesit… en julle sit dit in 'n pornografiese [video] …julle durf so iets doen? Om ‘n pornografie ster te vat en sê dat dit ek is? Julle kan nie eens ver...

Profetiese Woord

Julle kan nie eers verstaan - ABBA YAH sê nou - die MARTELINGS!...wat julle het wagtend op julle nie. Julle wat durf sê en videos maak, dat ek “'n apostel is van die satanistiese kerk” julle begin nie eens verstaan nie – sê ABBA YAH vir my — die martelings wat julle het wagtend op julle nie want met elke woord wat julle gespreek het, het dit gegaan voor die Troon van die Hemel.

Elisheva: En my PAPPA YAH, YAHUSHUA & IMMAYAH....

Ezra: Wow.

Elisheva: HULLE weet, vir meer as 30 jaar het ek behoort aan HULLE. HULLE weet.

Ezra: Amen.

Elisheva: En wee julle. Wee, wee, wee! Man!

Ek hoop, my gebed is — en ek sê hierdie voor die hele wêreld — ek wil weet die oomblik wat daardie marteling begin. Ek wil weet.

Ek wil nie lank daarna kyk nie, maar dit was net soos Lazarus en die ryk man. Hy het die ryk man sien soebat vir water — net 'n druppel op die tong. Ek wil weet wat my PAPPA YAH doen aan julle.

Want julle...julle dink julle het die oorwinning. Julle dink julle het my verneder.

Maar raai wat? Daar is niks wat julle kan doen wat my PAPPA YAH julle nie toegelaat het om te doen nie. En dit was vir julle eie oordeel. Julle het julle eie vlak gegrawe ondertoe na die put van die hel [tot waarheen] julle sal neerdaal.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: So julle mense wat wil aanhou om hierdie videos te maak, aanhou om my naam te beswadder, aanhou om al hierdie boosheid te spreek teen hierdie Bediening...Julle is onnosel.

Kathrynyah: Amen. [Lag]

Elisheva: Julle moes net weggehardloop het.

Ezra: Ja.

Elisheva: En vir julle wat hierdie hoor en julle gaan kwaad word, ek stel voor julle bly stil.

Kathrynyah: Amen!

Elisheva: Julle beter weghardloop.

Ezra: Amen.

Elisheva: Want my PAPPA YAH speel nie speletjies nie. HY weet wie hoort, en wie se name is geskryf in die Lam se Boek van Lewe, tot die Hemel.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: Dit is die woorde wat ek te sê het.

Ezra: Amen.

Elisheva: Op 12 April 2016.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: YAHUSHUA is oppad.

Ezra: Wow.

Elisheva: HY is oppad.

Ezra: Wow.

Elisheva: [Bid in Heilige tale] Hallelu YAH — ABBA YAH! Dankie dat U my versterk het hierdie dag. [Lag] O ja.... Dankie dat U my versterk het hierdie dag. Dank U, dank U vir hierdie man van YAH wat U gebring het na ons kant toe om ons te help op 'n manier wat niemand ons nog ooit gehelp het vantevore nie – terwyl die begeerte van my hart is om Israel te bereik.

Ezra: Amen.

Elisheva: En die Hebreeuse volk, die Joodse volk wat versprei is reg oor hierdie wêreld, maar ons stop nie daar nie. Ons stop nie daar nie.

Ezra: Ja, wow....

Elisheva: Hierdie is 'n internasionale Bediening en ons is lief vir alle volke, stamme en tale-

Ezra: Loof GOD.

Elisheva: - wie se name geskryf is in die LAM se Boek van Lewe en YAHUSHUA gaan nie een verloor nie.

Ezra: Amen

Elisheva: [Lag vrolik] Dis ons eerste Profesie saam.

Kathrynyah: Sy sê, “Dis ons eerste Profesie saam.”

Ezra: O... [Lag]

Elisheva: Dit is nadat jy die skoenlapper vrygelaat het.

Kathrynyah: [Herhaal] Dit is nadat jy die skoenlapper vrygelaat het.

Ezra lag: Sy was vry inderdaad.

[ Elisheva lag]

Kathrynyah: [Herhaal] Sy is vry inderdaad!

Elisheva: Dit was my eerste Profesie, vandat ek nie geweet het of ek meer sou profeteer nie.

Kathrynyah: Jy sê dit elke keer, ek is jammer maar [lag] jy sê dit altyd.

Elisheva: [Lag] Sy is reg. Ek doen dit elke...wel, nie elke keer nie. Maar dit was nadat jy my vlerke heelgemaak en my losgelaat het [dat ek weer geprofeteer het]. Dankie ABBA YAH. Dank U dat U vir my gewys het.

Visioene

Kathrynyah: ....en toe het julle begin bid en ek het gesien [in 'n visioen] dat julle altwee bofbalkolwe gehad het en hulle was gekruis, asof julle gereed gemaak het om hulle te gebruik. Julle weet, soos julle jul swaarde kruis en dan begin julle veg, soortvan....

Elisheva: Maar 'n bofbalkolf?! [Lag]

Kathrynyah: Slaan’lle [hulle die vyande] oor die kop dink ek.

Elisheva: [Lag] OKay!

Kathrynyah: En dan toe GOD vuur voortgespreek het in Ezra het ek vuur gesien in sy hand, asof jy jou hand opgelig het en daar soos vuur was aan die punt daarvan, julle weet, soos 'n vlam. Dit was wat ek gesien het.

Elisheva: Wow, loof YAH. Sien wat kry jy wanneer jy blou dra!?

Kathrynyah: [Herhaal] Sien wat kry jy wanneer jy blou dra?

Ezra: Ja. [Lag]

[Elisheva lag]

Kathrynyah: Dit gaan alles oor die kleure. Ek is net laf ABBA YAHUVEH. U weet dit.

Elisheva: Okay.

Ezra: Ja. [Lag]

Elisheva: Hierdie is net die begin van wanneer jy en ek bymekaar kom in die Salwing.

Ezra: Ja inderdaad.

Kathrynyah: Awesome!

Elisheva: Wanneer die duiwel dink hy gaan my breek [sy hoor hierdie uit die Hemel], ABBA YAH het gesê, “Die enigste ding wat EK gedoen het vandag was buig.” Dit is al. Die enigste rede hoekom ek vandag net gebuig het en nie gebreek het nie, is omdat - daar 'n man was [Ezra] wat 'n Staf het en hy is my ander helfte van die Salwing.

Kathrynyah: Amen!

Ezra: [Met gesag] Amen.

Elisheva: En dit is wat ek te sê het. En die ganse hel bewe nou.

Kathrynyah: Goed!

Ezra: Dis reg.

Elisheva: Die duiwel was verslaan.

Kathrynyah: In die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, goed!

Ezra: Sê vir haar vat vyf. “Gee my vyf.”

Kathrynyah: Hy gee jou 'vyf', vat 'vyf'. [Lag].

Elisheva: Wel wat van 'n soen op die wang?

Kathrynyah: [Herhaal] Wat van 'n soen op die wang? [Lag]

Ezra: Goed.

Kathrynyah: Goed, hy druk sy wang teen die skerm.

Elisheva: [Lag] Ek wil nie jou arm draai nie!

Kathrynyah: Nee, hy wil vir jou 'n 'vat vyf' gee!

Ezra: Jy het dit gedraai laat ek jou vertel. [Grappenderwys]

Kathrynyah: Nee, hy wil vir jou 'n “vat vyf” gee.

Elisheva: [Laggend] Wat is 'vat vyf'? O! Gee my ‘vyf'! [Lag]

Kathrynyah: Goed, nou het sy dit!

Elisheva: Ek hou my hand op. Ons gesalfde hande is saamgevoeg.

Kathrynyah: Sy hou haar hand op vir 'n 'vat vyf'. Sy sê — Okay sy het dit nou. nou het hy dit....

Elisheva: Nou is ons gesalfde hande saamgevoeg.

Kathrynyah: Amen!

Ezra: Onthou net, met al hierdie onstuimigheid/verdrukking wat jy daar deurgemaak het, het iets goeds daar uitgekom. So daar was ‘n goeie rede daarvoor. Oorwinningsdag.

Elisheva: Amen.

Kathrynyah: Sy het altyd gesê, “I’m five and I’m alive!”

Elisheva: Wel, ons het eintlik nou meer as dit gekry! Ons het vir Ezra gekry! Jy weet! En hy is daar vêr bo [geestelik]! [Lag]

Kathrynyah: Goed.

Ezra: Nou verstaan ek hoekom my hele dag vertraag was en ek nie daar kon uitkom nie en....dit was om daardie rede, absoluut.

Elisheva: Dankie dat jy daar was vir my.

Ezra: O, jy is welkom.

Elisheva: En VADER, DANK U om hom daar te gehad het vir my. Want as jy uit was - sou jy nie daar gewees het vir my vandag nie. En hierdie Woord sou nie voortgekom het nie.

Ezra: Net soos ek gesê het, alles wat ons doen is geordineer “vantevore”.

Elisheva: Amen. Amen, amen, amen. So nou het jy.....jy het nou die eerste Profesie gesien saam met jou. [Lag]

Kathrynyah: Sy het [vroeër] gesê ons het so lank gewag vir nog 'n Profesie en sy het Profesieë wat nog nie vrygestel is nie—

Elisheva: - as gevolg van hom [Paul Hellem].

Ezra: Wel - daar het ons dit. Ja, vir seker.

Kathrynyah: As gevolg van 'klip-kop'.

Elisheva: Ja.

Ezra: Vir seker.

Elisheva: Want hy.....

Kathrynyah: Ek kan nie aan 'n sleg genoem naam dink vir hom [Paul Hellem] nie.

Elisheva: [Lag] Ek kan ook nie.

Ezra: Ek het gedink 'dom-kop' is goed.

(Opname afgesny, maar die dames antwoord en sê, beide hierdie name is nie sleg genoeg vir die verworpeling Paul Hellem nie!)

Elisheva: Ek moet jou gesig sien. Ek moet my man sien daar oorkant in blou! Daardie gesalfde kleur! Het die Salwing aangewakker!

Ezra: O, okay.

Kathrynyah: Dit het die Salwing aangewakker.

Elisheva: Dit het die salwing aangewakker...

Ezra: Het julle geweet, ek gaan hiermee eindig, as jy die naam “Jerusalem” vat - as jy die naam “Jerusalem” vat is “U.S.A.” reg in die middel van “Jerusalem”.

Kathrynyah: Ja.

Elisheva: Ja ek weet.

Ezra: “U.S.A” was slegs as gevolg van Jerusalem geseën. As gevolg van Israel.

Kathrynyah: Ja...

Elisheva: Ek glo dat....

Ezra: En nou versaak hulle vir Israel.

Elisheva: Hulle is vyande en nogtans wil hulle nie erken hulle is vyande nie. Pasop vir die Trojaanse Perd! [Profesie 57]. Julle het [wat YAH het gespreek het] Profesieë vir Israel. Ek kon hulle nie bereik met hierdie Profesieë nie, jy kan – waarsku hulle.

Ezra: Ja.

Elisheva: En wanneer jy in die Verenigde State kom, waarsku jy hulle daar ook.

Ezra: Ja, Inderdaad.

Elisheva: Daar is so baie Profesieë vir Amerika. Okay?

Ezra: Ja, ja!

Elisheva: Wel, ek sal jou nou laat gaan. En...

Elisheva: Al wat ek kan doen is om te sê dankie. Daar is niks anders wat ek kan sê nie.

Ezra: Okay.

Kathrynyah: YAHUVEH seën jou!

Elisheva: YAHUSHUA seën jou.

Ezra: Tot siens!

Kathrynyah: Tot siens!

Ezra: Dankie!

Einde van Opname.

So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,

12 April 2016