Profesie 131
Donald Trump Spring Op Soos Springmielies!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
Ontvang 29 Junie – Vrygestel 9 Julie 2016

* * * * * * *
Die Profesie volg hieronder soos wat dit uitgekom het – deur Profete Ezra en Elisheva se “Heilige Tale”, terwyl GOD se GEES uitleg gee (Hand. 2:3-4) oor hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1. Elisheva spreek in tale en bring Profesie (1 Kor,. 14:6). Ezra begin bid met intersessor-tale (Rom. 8:26:26-27); (1 Kor. 14:15).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD

YAH/YAH is GOD se HEILIGE, ... NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik “Loof/Prys YAH” beteken:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER:

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGGEBORE SEUN-

(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”, ELOHIM beteken “GOD”);

Terwyl die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” –

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) – ook hierin genoem word.

(HA SH’KHINYAH (SHEKINAH) is Hebreeus vir

GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Bykomend, beteken ABBA YAH “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”

Skrifgedeeltes is uit die Ou Afrikaanse Vertaling (OAV) tensy anders aangedui. Kliek regs op die voetnota-nommers om ‘n tweede ‘tab’ te open.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:

ELISABETH (ELISHEVA), EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU

OM NIE HIERDIE BEDIENING NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE.

SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS HET EK DIT IN JOU GEES GEPLAAS.

WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HANDE TOT STAND GEKOM NIE.

NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET.

DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI, DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET.

EK IS die HERE, dit is MY NAAM; en

MY eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY lof aan die gesnede beelde nie

(Jesaja 42:8) (1933/1953 Afrikaanse vertaling)

(PROFESIE 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot:

MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN GOD UITGELAG EN SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT, TOTDAT DIE GRIMMIGHEID VAN DIE HERE TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE. – 2 Kron. 36:16

Toe in Julie 2016:

ELLENDE WAG VIR ENIGEEN WAT DIT DURF WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES LEED AAN TE DOEN. JULLE SAL SELFS DIE DAG BEROU WAT JULLE GEBORE WAS. RAAK MY GESALFDES NIE AAN NIE EN DOEN HIERDIE TWEE GESALFDES GEEN KWAAD NIE. (Vry vertaal en sien ook Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22.) DIT SOU VIR JOU BETER GEWEES HET AS EK, ABBA YAHUVEH, JOU TONG UITGESKEUR HET!

(PROFESIE 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,- ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se Staf op julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.

* * * * * * *

Hierdie Profesie was via opnemer opgeneem. Hier is die transkripsie.

(Ezra bid in Heilige Tale...)

Elisheva : ABBA YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA (bid ons).

Ezra: HEMELSE VADER ek vra U vir ons om onsigbaar te wees – om ons toe te maak ABBA YAHUVEH – in die fisiese realm en in die geestelike realm, om toegemaak te wees met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA wat die wapen bo alle wapens is (2 Kor. 10:3-5; Openb. 12:11). Ons vra U ABBA YAHUVEH om dit vir ons te doen in die NAAM VAN U HEILIGE SEUN YAHUSHUA.

En satan ek praat nou direk met jou en al jou vorste en die demone wat aan jou gebind is, ek bind julle uit hierdie byeenkoms. Ek bind julle van hierdie Internet konneksie. Wat ek ookal op aarde bind is ook in die Hemel gebind, (Matt. 18:18) daarom is julle is nou op hierdie aarde gebind, in hierdie plek in YAHUSHUA se NAAM.

Ek vra U, ABBA YAHUVEH om hom terug te stuur waar hy hoort, na die plekke wat U vir almal van hulle, vir hom en sy demone (2 Petr.2:4)) voorberei het tot die dag van oordeel, in YAHUSHUA se NAAM.(Matt. 8:29)

Elisheva & Ezra : Amen.

(Ezra bid in Heilige Tale; Elisheva sluit aan).

Elisheva :(Fluister) Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê YAHUSHUA?

(Heilige tale....)

Elisheva: Wat is dit wat U wil sê ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê YAHUSHUA? Hallelu YAH! (Heilige tale ....)

ABBA YAHUVEH in die NAAM van YAHUSHUA, ek dank U en ek prys U nou. (Fluister). Gee asseblief vir my ‘n Woord oor Donald Trump in die NAAM VAN YAHUSHUA. (Heilige tale....)

Ons wag vir U MAMMA (RUACH HA KODESH). Ons wag vir U. Wat is dit wat U wil sê? Wat is dit wat u wil sê? (Intensiewe tale....)

PROFESIE 131 BEGIN:

29 Junie 2016

EK, YAHUVEH sê EK HET vir Donald Trump opgerig vir ‘n tyd en uur soos hierdie!

Elisheva: O My!

Profesie Gaan Voort:

Die sataniese elite wat die Withuis vol maak het so baie bloed aan hulle hande (Ps. 94:20-23) – die bloed van ‘n moordenaar, die bloed van die ongeborenes – maar EK het Donald Trump opgerig, wie die heiligheid van lewe waardeer. En dit is sy begeerte, en EK het hom hierdie begeerte gegee: Om daardie bloed van die hande af te was! Om die aborsiewette te verander! Om die regte terug te gee vir die state!

PSALM 94:20: HET DIE REGTERSTOEL WAT ONHEIL STIG, MET U GEMEENSKAP; WAT MOEITE VERSIN TEEN DIE INSETTINGE IN? 21 HULLE BESTORM DIE LEWE VAN DIE REGVERDIGE EN VEROORDEEL ONSKULDIGE BLOED. 22 MAAR DIE HERE IS ‘N ROTSVESTING VIR MY, EN MY GOD DIE ROTS VAN MY TOEVLUG. 23 EN HY LAAT HULLE ONGEREGTIGHEID OP HULLE TERUGKEER EN VERDELG HULLE IN HUL BOOSHEID; DIE HERE ONSE GOD VERDELG HULLE.

Elisheva, EK het jou hart verander!

Jy het hom net gesien waar vloekwoorde sy mond vul. Jy het hom gesien waar hy ‘n man is wat die materiële dinge van hierdie wêreld aanbid. Maar toe soos EK jou in ‘n droom gewys het, die Profesieë, waar hy sou kom en sou lees – en EK trek hom selfs nou terwyl jy praat!

OM SY KNIE VOOR MY TE BUIG!

-EK, YAHUSHUA-

Alhoewel ander (met negatiwiteit) na hom kyk en voordat jy die gebeds-intersessors aangesê het om vir hom te bid, het jy ook - net die gemors gesien wat uit sy mond kom – maar EK rig hom op en EK gebruik ‘n man wie nog nie geregtigheid ken nie. En tog het EK in hom die begeerte na geregtigheid geplaas. (Matt. 5:6)!

MATT. 5:6: SALIG IS DIE WAT HONGER EN DORS NA DIE GEREGTIGHEID, WANT HULLE SAL VERSADIG WORD.

Hy wil doen wat reg is. Hy wil die slagting van die ongeborenes stopsit! Hy wil die reg op vryheid van spraak - weer terug hê! Hy wil nie die gelykgeslagtelikheid agenda (homoseksualisme) hê nie! Dit is ‘n gruwel!

Hy het baie vervolging verduur – terwyl hy poog om ‘n reguit pad te loop sodat hy hierdie verkiesing kan wen – daarom hou hy so baie van sy gedagtes vir homself. Maar wanneer EK vir hom sê, en dit kom, om nie langer om te gee wat mense dink nie en “Hou op om daardie reguit pad te loop. Sê reguit wat jy dink” – gaan [1] julle ‘n veranderde man sien!

Want hierdie man het nie bloed van 'n moordenaar aan sy hande nie! Inteendeel, hy wil daardie mense in die Withuis agter tralies sit!

Elisheva: Ek sien ‘n visioen van springmielies. Hy gaan...hy is soos dit. Jy sit die pitte in ‘n pan en YAHUSHUA sê HY gaan hulle skud. HY skud daardie pan. En waar daar net ‘n paar pitte van waarheid toegelaat was, gaan dit daardie pan tot oorlopens toe vul - met springmielies, want dit is soos dit is – en hy maak groot “geraas”! ABBA YAH sê...

Profesie Gaan Voort:[2]

Hy is gesalf om die geraas te maak! Julle kan hom nie stilmaak nie! - hulle het probeer.

Hulle het probeer om hom te intimideer! Hulle probeer om hom te beskaam! Hulle het hom gespot! Hulle het sy reputasie besoedel! Hulle het probeer om hom te laat lyk of hy laer by die stembusse is. Hy is in werklikheid hoër.

Elisheva: Om die waarheid te sê dit is ABBA YAHUVEH wat hom geseën het! Want YAHUSHUA sê weereens....

Profesie Gaan Voort:

Moenie na hom kyk met die oë van die verlede nie. Besef dat EK sy hart gedurende hierdie tyd verander – selfs met die geboorte van sy kleinkind.

Elisheva: Ek sien sy begeerte is om te herskryf

– YAHUSHUA sê vir my...

Profesie Gaan Voort:

Sy begeerte is om so baie wette te herskryf en die mag/gesag terug te gee – aan die state – wat nooit weggeneem moes wees nie. Daarom Elisheva, gee EK jou hierdie mandaat vandag. Jy en Ezra! Ag, maak nie saak wie aanstoot gaan neem nie, julle gaan vir hulle vertel.

Daar is niemand anders nie!

Net soos ek uit die mond van 'n donkie gepraat het (Num. 22:22-35; 2 Petrus 2:16)[3] en MY wil het geskied[4] – weet EK, YAHUVEH hoe om hom nederig te maak - selfs al lyk dit of hy so ‘n ‘hoë toon inslaan’![5]

Kry daarom die mense wie AmightyWind Bediening as ‘n seën beskou om vir hom te begin bid. Want Ezra, net soos jy deur gebede getrek was (as gevolg van almal oor die wêreld) toe EK vir Elisheva die mandaat gegee het om vir Kaleb te bid om te kom – (sy het gevra, “Wat is sy naam?” en EK het gesê, Jy kan hom net Kaleb noem,” maar nou weet sy jou naam is Ezra) en sy verstaan nou – dieselfde mandaat gee EK vandag vir hierdie Bediening: Bid vir Donald Trump! Om alles te doen wat hy kan! Om die bloed uit die Withuis te was![6]

Elisheva: Daar is so baie bloed! HY gee my ‘n visioen.

Profesie Gaan Voort:

Hulle dien die god van molok (Lev. 18:21; Deut. 12:31)[7] Hulle offer die ongeborenes. En wat in Amerika gedoen was, was soos 'n kettingreaksie deur die hele wêreld.

LEVITIKUS 18:21 EN JY SAL NIE DAT ENIGE VAN JOU SAAD DEUR DIE VUUR VIR MOLOK GAAN NIE, OOK SAL JY NIE DIE NAAM VAN JOU GOD BESOEDEL NIE : EK IS DIE GOD YAHUVEH. (OAV) Afr en Vry vertaal).

DEUT. 12:31 SO MAG JY NIE HANDEL MET DIE HERE JOU GOD NIE; WANT ALLES WAT VIR DIE HERE 'N GRUWEL IS, WAT HY HAAT, HET HULLLE VIR HULLLE GOD GEDOEN; WANT SELFS HULLE SEUNS EN HULLE DOGTERS VERBRAND HULLE MET VUUR VIR HULLE GODE. (OAV)

Elisheva: Ek het nou hierdie vreemde visioene, Ezra. Ek sien hom weer met 'n (vuur)tuinslang[8] Dit is die begeerte wat YAH in sy hart gesit het, om daardie Withuis skoon te maak! En ek sien hom met 'n (vuur)tuinslang! En Ek weet nie – so baie bloed! Hy het 'n (vuur)tuinslang en hy was die vloere van die Withuis en bloed kom net by die deure uit! GOD is besig om hom op te rig!

GOD, ABBA YAHUVEH sê....

Profesie Gaan Voort:

EK het – EK [9] is besig om sy hart te verander! EK het alreeds begin!

En Elisheva, as Ek selfs meer Woorde sou spreek – en EK sal wanneer dit die regte tyd is, maar as EK meer moet sê van wat EK jou wys – sou dit teen hom gebruik word. Want hy is teen alles waarvoor “obamanation”[10] gestaan het. Hulle bespot hom oor die geboortesertifikaat.[11] Hulle bespot hom oor sy standpunt oor gelykgeslagtelikheid.

Maar EK, YAHUVEH sê, EK het gedurende al hierdie tyd sy hart verander – terwyl hy voor die mense gestaan het, terwyl hy opreg omgee vir die mense – EK, YAHUSHUA sê, EK was sy hart, EK was sy hart! Hy het nog nie totaal oorgegee aan MY nie. Maar onthou die mandaat wat EK vir hierdie Bediening gee:

BEGIN BID!

Ezra onthou jy was nog nie eers gered toe EK vir Elisheva daardie droom gegee het, toe EK haar daardie liefde vir jou gegee het nie! Kyk wat het EK vir jou gedoen! Kyk hoe het EK jou gepromiveer!

Kyk hoe EK jou hart verander het!

En EK sê dit, terwyl die gebede van die mense – hulself verootmoedig en op hulle knieë val en bely: Dit is die gebede van die regverdiges wat baie vermag. (Jak.5:16). Dit is slegs deur MY Hand alleen dat hy nog lewe. Want EK het Heilige engele gestuur om te verseker dat hy oorleef! Want daar was alreeds aanslae (op sy lewe) wat vrugteloos was – nooit bereik het wat die duiwel wou laat gebeur het nie.

Onthou dit! EK is nie klaar met Donald Trump nie.

Toe hy gespot was omdat hy nie die Bybel geken het nie, het hy in die Bybel gaan soek. Hy het na Skrifgedeeltes gesoek. En sommige van hulle het hy in sy hart gebêre. (Psalm 119:11), en dit is toe dat die skoonmaak begin het.

Psalm 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen u nie sal sondig nie.

Toe die ondervraer gesê het, “Gee vir ons 'n paar Skrifgedeeltes! Jy sê jy is 'n Christen!” moes hy gaan soek het. En EK het hom gelei waar EK wou hê hy moes lees. En Elisheva, die droom wat EK jou gegee het: Hy gaan daardie Profesieë lees. Hy sal die betekenis wil weet. Hy sal vra.

EK het jou hart verander Elisheva, waar jy voorheen net na hom gekyk het en jy gesê het, “Hy is 'n gruwel! Kyk na hom! So vol van trots! Hy gebruik vloekwoorde[12] – na elke ander woord.

Maar EK herinner jou Elisheva, EK, YAHUSHUA het daardie PRYS op Golgota vir Donald Trump betaal!

Dit is EK, YAHUSHUA wat die hart skoonmaak. En jou gebede - toe jy dit vir “YAHUSHUA se Demon Stompers” gegee het, moes EK jou hart verander na 'n hart van liefde vir Donald Trump voordat jy vir hom kon intree en bid.

Jy sien, dit gaan nie net daaroor om Amerika te verander nie. Amerika het die wêreld besoedel! Dit gaan nie daaroor om Amerika weer groot te maak nie! Want Amerika sal nooit weer groot wees nie. Hulle is besmet met sonde.

Maar dit gaan oor die gebede van die regverdiges wie uitroep na MY en wie vra, “ABBA YAHUVEH doen iets! Help ons staatkundig. Gee ons 'n stem om hierdie wette te verander!”

Waar dit eens net die minderheid was wat geglo het – en nou dwing hulle dit om te lyk of dit die meerderheid is en dit gaan oor alles tot aborsie, tot homoseksualisme, tot gelyke geslagte, (wette teen) die moraliteit, die vryheid van spraak – die leuens, Donald Trump wil terugdraai na die waarheid! Hy wil hê die waarheid moet gespreek word.

En daar is bewende knieë! Want hy het waarlik die feite! Om so baie van die politikusse agter tralies te sit – en dit is waarlik 'n begeerte van sy hart.

Daarom, EK eindig dit nog eenmaal.

Soos jy teen Obama gewaarsku het, Elishiva. Jy het gewaarsku en jy het gewaarsku – voordat die man selfs verkies was – en 'n verandering het gekom, maar dit was 'n verandering tot agteruitgang. En Amerika was op 'n manier vervloek soos nog nooit tevore nie.

Nou gee EK jou hierdie mandaat – met Ezra aan jou sy, beide van julle, kry die mense wie AmightyWind Bediening as 'n seën beskou bymekaar – om vir Donald Trump te begin bid. Dat hy in die voorhoede sal bly!

Want hy is in 'n perderesies en nie eers die nuus openbaar die waarheid oor hom nie: hoeveel mense ondersteun hom! Hoekom? Omdat die Withuis die media besit! Maar selfs dit gaan verander.

Elisheva: (Sien 'n visioen). Ek sien regtig 'n perderesies en dit lyk waarlik of hy in die eerste plek is. Hy is waarlik. ABBA YAHUVEH ek het nooit, ooit, ooit gedink dat ek ooit so 'n gebed sou bid nie!

Maar ons bid regtig met ons hele harte vir die verlossing/redding van Donald Trump; dat hy regtig in daardie Withuis sal wees (en alhoewel hy eens op 'n tyd oortref was in getalle – maar U sê vir my – selfs die negatiewe pers het hom gehelp om in die eerste plek te kom.)

Daarom staan ek in ooreenstemming -



Profesie Gaan Voort:

Hy gaan na hierdie Bediening toe kom. HY sal die Profesieë hoor, veral dié wat opstaan vir die heiligheid van lewe. Hy is so teen aborsie. Hy is waarlik lief vir daardie klein babatjies in die baarmoeders.

Elisheva: Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Ons glo in geloof dat U hom in daardie Withuis gaan plaas. U sal vir hom daardie (vuur)tuinslang gee! En hy gaan daardie bloed uitwas!

Profesie Gaan Voort:



Dit is nie net die bloed van die ongeboreres nie! Dit is al hierdie oorloë wat begin is! Dit is al hierdie – ag! So baie bloed! So baie bloed (Ps. 106:37; Pr. 1:16)! Ag, ag, hoe boos, hoe boos is die politikusse!

PSALM 106: 37 BOWENDIEN HET HULLE HUL SEUNS EN HUL DOGTERS AAN DIE DUIWELS GEOFFER 38 EN ONSKULDIGE BLOED VERGIET – DIE BLOED VAN HUL SEUNS EN HUL DOGTERS WAT HULLE AAN DIE AFGODE VAN KANAÄN GEOFFER HET – SODAT DIE LAND DEUR BLOEDSKULD ONTHEILIG IS.

SPREUKE 1:16: WANT HULLE VOETE HARDLOOP NA DIE KWAAD EN HAAS HULLE OM BLOED TE VERGIET. (OAV).

Elisheva dit is hoekom ek vir jou sê Donald Trump speel nie die spel van 'n politikus nie Hy spreek die woorde wat die mense sal wil sê – hulle wat enige moraliteit oor het. En hulle wie hulle land liefhet. Hy praat nie soos 'n politikus nie.

Elisheva: Daar is so baie meer wat ek nou sou wou sê, maar as EK doen sou hy verloor! (Elisheva lag.) Dit is al wat EK gaan sê! Daar is sommige dinge wat 'n Profeet nie toegelaat word om te sê nie. Ek sal dit nie doen nie!

Maar ABBA YAH het vir my dinge rakende hom gewys. En Donald Trump is waarlik, waarlik, waarlik na YAHUSHUA toe getrek. Um...die Judaisme waarin sy dogter getroud is.[13] - hy het 'n liefde vir die Joodse mense. En dis wat ABBA YAH my toestemming gee om te sê.

Profesie aan Voort:

Hy is waarlik lief vir Israel. Hy sal waarlik - Hy sal waarlik, waarlik 'n vriend vir Israel wees -

Elisheva: - ABBA YAH sê –

Profesie Gaan Voort:

-en dit is sy dogter wie hom gelei het om daardie liefde vir Israel te hê -

Elisheva: En ek hou net aan om hierdie een Skrifgedeelte te hoor, “En 'n klein kindjie sal hulle lei” (Jes. 11:6)

Wel ABBA YAH is daar enigiets anders wat U wil sê? Ons staan vandag, watter datum dit ook al is, in ooreenstemming. Ons sal iets opsit – vertel U vir ons, vertel Ezra wat om te skryf. En ek sal in ooreenstemming staan want hy is 'n man van min woorde.

Elisheva: (Spreek wat sy van die Hemel hoor om te sê) En ons sal in ooreenstemming staan. En ons sal die mense vra en ons sal dit in 'n video sit – dat AmightyWind Bediening vir Donald Trump ondersteun met ons gebede. EERSTE vir sy verlossing en dan dat U, ABBA YAH hom kan gebruik – om die bloed uit die Withuis te was.

Einde van Woord.

Elisheva: Dit is wat ek hoor.

Ezra: Dank U! Ons prys U, ABBA YAHUVEH! Dank U YAHUSHUA! Dank U IMMAYAH vir die bevestiging dat hy die President is wat U opgerig het. En ek het met Elisheva gepraat en vir haar vertel en dit het uitgekom. En dit is die waarheid!

Elisheva: Ja!

Ezra: Daarom ondersteun ons hom 100% ABBA YAHUVEH, want dit is U wil dat hy 'n president moet wees – om al die gemors wat in daardie Withuis gedoen is, skoon te maak. Daarom dank ons U ABBA YAHUVEH vir hierdie Openbaring en vir die Woord aan die publiek. Ons seën U HEILIGE NAAM ABBA YAHUVEH in YAHUSHUA se NAAM! Amen.

Elisheva: En ons bid net VADER, dat mense sal verstaan – dit is U plan. Dit is, dit is, dit is U plan. Ons gaan vermink hier uit VADER. Ek het vooruit geweet, ek het geweet, ek het geweet, ek het geweet van die “obamanation” en het vir die mense gesê.

Maar nou VADER, bid ons vir die verlossing van die Donald Trump se siel. Mense moet dit baie, baie ernstig opneem en waarlik vir hierdie man bid! Want hy het alreeds – hy het die begeertes wat U in sy hart geplaas het en hy besef nie eers hoeveel hy alreeds verander het nie, in die NAAM VAN YAHUSHUA.

Daarom is dit... (lag) daarom sê 'n deel van my, “Ag VADER ek het alreeds 'n bewerige mankheid met die nuwe leierskap (aankondiging),” en U sê net, U sê net, “Gaan 'n bietjie verder uit op daardie mankheid, Elisheva & Ezra!” Maar prys YAHUSHUA, U is die EEN WIE die mankheid beskerm sodat dit nie breek nie! Daarom gee ons U die Eer VADER! Ons dank U en ons prys U!

Kosbaar – elkeen, elkeen wie AmightyWind Bediening as 'n seën beskou, maak nie saak watter taal u praat nie, dankie dat julle begin om te bid – te bid dat ABBA YAH se wil sal geskied in Donald Trump en dat die man sy knie gaan buig en YAHUSHUA as MESSIAS gaan aanneem!

Want wanneer hy doen, sal hy 'n President wees soos geen ander nie. En dit sal – dit sal 'n effek hê– dit sal die lande oor hierdie aarde affekteer!

En ons dank U ABBA YAHUVEH in die NAAM VAN YAHUSHUA. Ons prys U, ons prys U, ons prys U! Ons prys U ABBA YAHUVEH dat U 'n man oprig wat niemand ooit sou kon verwag nie! En U doen dit! En ek hou aan om hierdie perderesies te sien, VADER en hy is definitief voor, in YAHUSHUA se NAAM! En dit is wat ek te sê het!

Ezra: Amen.

Elisheva: Wat het jy - ? Ag ja! Kathrynyah het visioene gehad!

Meer Visioene

Kathyrynyah: Ek het vir haar gevra (Elisheva) of ek moes deel wat ek gesien het, net 'n paar dinge. Ek het haar (Elisheva) gesien buig voor YAHUSHUA en HY het Sy Hand op haar hoof gehad.

Elisheva: Ag ! Dankie! Ek het dit nodig gehad!

Kathrynyah: En toe.......

Elisheva: Wel, Ezra is hier, waar ek ook al is.

Kathrynyah: Daarom luister ek en ek sien 'n witbrood met die bokant en dit het (swart) peper op dit. Dit is afgekrap op die bokant. Ek dink dit verteenwoordig Donald Trump – soos die bokant, miskien 'n halwe duim grote stuk is afgekrap en dit is wit daaronder. Maak dit sin?

Elisheva: Ja! Dit vat 'n laag peper -

Kathrynyah: —maar daar is peper op die bokant wat donker kolle is, jy weet?

Elisheva: Ja, wel ja.

Kathrynyah: Maar onder dit is wit. So ons, ons lig hom op na U toe VADER.

Elisheva: VADER ek bid net in die NAAM VAN YAHUSHUA – U ken die geheime droom wat ek nie gaan vrystel voor die wêreld nie. Ons kan moontklik die datum (van die droom) uitvind, maar toe ek die YDS aangesê het om te begin bid.

Ek gaan nie. Ek gaan nie....Donald Trump het 'n geheim wat U aan my toevertrou het. Ek bid VADER dat daardie droom waarlik waar sal word in die NAAM VAN YAHUSHUA.

En Donald Trump sal 'n vriend van hierdie Bediening word. En hy gaan deur die Profesieë leer wat hy nie voorheen geweet het nie, in YAHUSHUA se NAAM. En ek ontvang elke gedeelte van daardie droom in YAHUSHUA se NAAM!

Ezra: Amen! Amen!

Elisheva: Ontsaglik (awesome)! Ontsaglik Ontsaglik! Ontsaglik!

Wie sou kon dink dat dit sou gebeur!

Einde van Opname.

Ek wil hierdie byvoeg. Dit was afgesny op die audio. Bid en stem - en ondersteun hom.

So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,

29 Junie 2016

Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu

* * * * * * *

1 familiaar tot “gaan” en van 'n gevoel van opgewondenheid of dringendheid byvoeg.

2 Elisheva is so gesalfd dat dit met tye moeilik kan wees wanneer sy hoogs gesalfd is om te sê of dit sy is wat praat versus YAHUVEH wat deur haar praat. Daarom wanneer sy praat, dat “Profesie Gaan Voort” baie keer in hierdie transkripsie voorkom.

3 As YAH selfs deur 'n donkie kon praat, bewys dit dat HY enigiemand kan gebruik wie HY verkies, of dit Donald Trump, of Elisheva & Ezra is! Maak nie saak wat ander verwag nie, maak nie saak of ander hulle waardig ag of nie!

4 YAH noem Bileam se donkie en die idioom ''n hoë toon aanslaan”, naby mekaar. Want volgens Bybelse vergelyking, kan donkies simbole van vrede en nederigheid wees (Sag. 9:9). - terwyl perde oorlog, mag en trots simboliseer. (Sag. 9:10). Die storie van “Bileam se esel” d.i. Donkie (Num. 22) gaan oor 'n trotse man wat YAH verneder het. Selfs nadat hy geweet het YAH wou nie hê dat hy Israel moes vervloek of na die koning van die Moabiete moes gaan nie (verse 12-13) – het hy nogtans volhard en gegaan (v19). GOD was kwaad (Num.22), maar het Bileam toestemming gegee om te gaan om hom 'n les te leer: YAH het 'n engel gestuur en om vir Bileam te verhinder en te verneder – en 'n nederige eselin gebruik wat die vermoë ontvang het om te praat. (Vers 28-30). Sy het YAH gehoorsaam, nie Bileam nie (Verse 22-35). Later was die heidense koning Balak nie instaat om Israel deur Bileam te vervloek nie, wie instede daarvan gedwing was om Israel driemaal te seën (Num. 23:7-10;18-24; 24:3-9). Hulle het waarlik YAH se oppermag en Heiligheid geleer (Num.23:19-21) en in instede daarvan het 'n Profesie uitgekom dat Israel die finale oorwinning oor Moab sou hê deur die MESSIAS - “Daar sal Een uit Jakob kom”. (Num. 24:14-19). Dus het YAH se wil geskied soos in daardie Profesie 126 aangedui word – albei op daardie tyd en later. Later toe Bileam totaal op die verkeerde weg afgedwaal het (Num.31:16; Judas. 1:11; Openb. 2:14) was dit toe YAH se wil om hom te veroordeel. (Jos.13:22; 2 Petr.2:15).

5 “High horse”('n hoë toon inslaan) is 'n algemene Engelse idioom vir 'n hardkoppige, arrogante houding van superioriteit oor ander. YAH sê dit is slegs huidiglik hoe Trump “voorkom” en later sê YAH ook “hy is in 'n perderesies”. In daardie geval, is die mees magtigste resiesperd nodig om te wen. Ja, Bileam is as 'n voorbeeld van 'n trotse man gebruik wie GOD maklik instaat was om te verneder en YAH sê HY weet hoe om vir Trump te verneder en HY sal. Nogtans, let daarop dat YAH ook vergelyk dat HY uit Ezra, Elisheva & Donald Trump praat soos om deur die nederige donkie te praat – nie trotse Bileam wie eintlik meer soos die opponente is wie Israel sal vervloek en al GOD se mense vervloek as hulle die kans kry.

6 Hierdie kan verskeie betekenisse hê, dat ons:(1) vir Donald op dieselfde wyse sal bid as vir Kaleb om na vore te kom en om in die algemeen vir hom te bid soos gelei word; en ook (2) spesifiek sal bid dat Trump alles vir geregtigheid sal kan doen wat hy kan: en spesifiek bid om geestelik die Withuis skoon te maak van onskuldige bloed. Deur dit anders te beskryf as “Bid vir Donald Trump om alles wat hy kan te doen om die bloed uit die Withuis te was, sou die bedoeling daarvan beperk tot slegs die laaste gedeelte. Bid op beide maniere.

7 'molok = naam van 'n outydse Kananitiese godheid wat kinderoffers vereis het en wie die sataniese elite steeds dien en aanbid.

8 Profeet Elisheva het 'n groot hoë vuurslang gesien, nie 'n klein tuinslang nie.

9 Ek het – ek is besig om, is beide reg. “Ek het (verledetyd) en Ek is (teenswoordige tyd) sy hart verander, want dit het alreeds begin.

10 'n 'pun' is woordspelling (samestelling van woorde) wat twee of meer betekenisse voorstel. Obama-Nation is 'n spel van gruwelikheid. Hier verwys YAHUVEH na die gruwelikheid van wette wat in Amerika toegepas was (waar Obama president is), deur homoseksualisme en selfdegeslag-huwelike te aanvaar as iets om te verdra, terwyl dit in der waarheid gruwelik is. YAHUVEH het die nasie as 'n gruwel begin sien weens die ongoddelikheid onder Obama.

11 dit is die twispunt rondom Obama se geboortesertifikaat.

12 “praat vloekwoorde” (mouths off curse words)” as 'n werkwoord bv. 'n samestelling (woordspelling) van 'gebruik/praat vloekwoorde.

13 dit is: sy is met 'n Jood getroud.

* * * * * * *